Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201514 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *INFTDM2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: AFDELING A: Meervoudigekeuse-vrae (10) AFDELING B: Stelseltegnologieë (20) AFDELING C: Kommunikasie en Netwerktegnologieë (30) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (25) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (25) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (40) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees AL die vrae deeglik deur. 4. Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ʼn aanduiding van die aantal feite/redes wat benodig word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE VRAAG 1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1 Die gebruik van iemand anders se Internetkonneksie sonder om daarvoor te betaal word ook ... genoem. A piggybacking B diefstal C agtervolging (‘stalking’) D roofkopiëring (‘piracy’) (1) 1.2 ʼn Rekenaarstelsel wat ontwerp is om inligting vanaf ʼn wye reeks bronne te versamel, dit te analiseer en dit as ʼn opsomming of in grafiese formaat te vertoon sodat dit besluitneming kan ondersteun, word ook … genoem. A DBMS B SQL C DSS D DMS (1) 1.3 Vastetoestand-skyfaandrywers (solid state drives (SSDs’) gebruik ʼn spesiale soort … geheue. A elektriese B meganiese C magnetiese D elektroniese (1) 1.4 ʼn Klein stukkie programmatuur wat ontwikkel is om ʼn spesifieke fout in ʼn program reg te maak, word ʼn … genoem. A regstelling (‘patch’) B bugger C toolkit D doc (1) 1.5 Volwaardige kliënte (‘Fat clients’) … A gebruik hul plaaslike hardeskywe om meeste van hul toepassings aan te dryf. B het laer apparatuurspesifikasies. C is byna heeltemal afhanklik van ʼn bediener om hul toepassings uit te voer. D is kragtige rekenaars. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) 1.6 ʼn Intranet is ʼn … A netwerkbedryfstelsel. B netwerkliasseringstelsel. C privaat maatskappy netwerk. D globale netwerk. (1) 1.7 Tussentydse databuffering (‘spooling’) beteken om … A ʼn onderbrekingsversoek na die drukker te stuur. B ʼn printlêer na ’n lêer op die hardeskyf te stuur. C bladsye tussen virtuele geheue en die hardeskyf te ruil. D bladsye in omgekeerde volgorde te druk. (1) 1.8 ʼn Waardeparameter … A het ʼn ‘var’ voor. B ontvang inligting wat via argumente na die metode gestuur word. C bepaal die grootste waarde. D word net in prosedures gebruik. (1) 1.9 Programme wat waarde en eienskappe tot die sisteem bydra, spesifiek in terme van instandhouding en sekuriteit, word … genoem. A drywers B netskanse (‘firewalls’) C anti-virus programmatuur D nutsprogramme (1) 1.10 RSS … A laai klank- en videolêers op jou toestel af sodat jy later daarna kan kyk. B laai enige nuwe inhoud outomaties af, sonder dat die gebruiker nodig het om op hierdie webtuistes in te teken. C versamel data en instruksies vanaf die geheue. D verhoed jou om e-posse te ontvang. (1) TOTAAL AFDELING A: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1 Rekenaars is uit baie dele saamgestel. 2.1.1 Wat is die term wat gebruik word om bogenoemde tipe ontwerp te beskryf? (1) 2.1.2 Noem TWEE redes waarom dit makliker is vir rekenaars om uit baie dele te bestaan, eerder as om een funksionerende geheel te wees. (2) 2.1.3 Waar sal jy ’n nuwe SVE aan die moederbord koppel? (1) 2.2 Die SVE doen byna al die werk in ʼn rekenaar. 2.2.1 Lys die VIER stappe van die masjiensiklus. (4) 2.2.2 Daar is TWEE faktore van die SVE wat die werksverrigting van die rekenaar kan beïnvloed. Hierdie faktore is spoed en die kern. Beskryf elkeen kortliks. (4) 2.2.3 Die twee hoofkategorieë van verwerkers is 32-bit en 64-bit. Behalwe spoed, noem EEN ander groot verskil tussen 32-bit verwerkers en 64-bit verwerkers. (1) 2.2.4 Meeste SVE’s het deesdae superskalaar argitektuur. Wat beteken superskalaar? (2) 2.2.5 Wanneer ʼn SVE beskryf word as ‘Quad Core’, watter tipe verwerkingstegniek word gebruik wat nie by ʼn enkelverwerker gebruik kan word nie? (1) 2.3 Software as a service (SaaS) het meer algemeen geword. 2.3.1 Verduidelik kortliks die konsep van SaaS. (2) 2.3.2 Differensieer tussen wolk (‘cloud’)-gebaseerde toepassings en aflaaibare toepassings as twee verskillende vorms van SaaS. (2) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 3.1 Die lewe sonder Internet is ondenkbaar. Om Internetkonneksie te bewerkstellig benodig jy ʼn rekenaar of enige ander Internettoeganklike toestel, ʼn Internet-diensverskaffer (IDV / ISP Internet service provider), Internetkonneksie en programmatuur. 3.1.1 Definieer die term Internet. (2) 3.1.2 Beskryf wat ʼn IDV (ISP) is. (2) 3.2 Daar is TWEE hoofmetodes om aan die Internet te koppel, naamlik deur bekabeling met ADSL en koordloos deur van sellulêre tegnologie gebruik te maak. 3.2.1 Gee TWEE voordele vir die gebruik van ADSL teenoor sellulêre konneksies. (2) 3.2.2 ʼn Modem en ʼn roteerder word geassosieer met Internetkonneksies. Differensieer tussen hierdie twee toestelle. (2) 3.2.3 Het jy nodig om ʼn aparte modem en roteerder te koop wanneer jy ʼnhuisnetwerk opstel? Verskaf ʼn rede vir jou antwoord. (1) 3.2.4 WiMax is ʼn opgradering op WiFi. Behalwe vir die verhoogde spoed, hoe het WiMax teenoor WiFi verbeter? (1) 3.3 Wanneer ʼn soekengin soos Google gebruik word, gebeur dit dat advertensies wat verskyn altyd van toepassing op jou voorkeure is. Hoe is dit moontlik? (2) 3.4 Die web het gegroei van ʼn 1.0 weergawe tot ʼn 2.0 weergawe en sal volledig na Web 3.0 groei. 3.4.1 Web 1.0 is deur statiese webblaaie gekenmerk. Wat word bedoel met die term ‘statiese’ in hierdie konteks? (1) 3.4.2 Behalwe vir statiese webblaaie, wat was die groot skuif van Web 1.0 na Web 2.0? (1) 3.4.3 Web 3.0 word gereeld na verwys as die ‘semantiese web’. Die semantiese web is ʼn web vir die toekoms wat rekenaars sal toelaat om outomatiese soektogte vir inligting te maak. Hoe sal webblaaie aangepas moet wees om dit te fasiliteer of toe te laat om te groei? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 3.5 Vandag word meeste rekenaartoestelle aan een of ander netwerk gekoppel, van ʼn Persoonlike Area Netwerk (PAN) tot Wye Area Netwerke (WAN). 3.5.1 Verduidelik wat ʼn Persoonlike Area Netwerk (PAN) is deur te verwys na die kenmerke daarvan. (2) 3.5.2 Verduidelik kortliks wat ʼn Virtuele Privaatnetwerk (VPN) is. (3) 3.5.3 In plaas daarvan om ʼn VPN te gebruik, noem EEN ander metode wat jy kan gebruik om dieselfde resultate te kry as wat jy deur ʼn VPN sou kry. (1) 3.5.4 Watter tipe netwerk sal dit wees as al die rekenaars by jou skool (rekenaarlaboratoriums, klasse en die kantoor) met mekaar verbind sou wees? (1) 3.6 BitTorrent is ʼn peer-to-peer- of eweknie-protokol. 3.6.1 Gee TWEE voordele van die gebruik van BitTorrent. (2) 3.6.2 Gee TWEE risiko’s vir die gebruik van BitTorrent. (2) 3.6.3 Definieer ʼn protokol in ʼn netwerk. (1) 3.6.4 Noem die protokol wat vir kommunikasie oor ʼn netwerk of die Internet gebruik word. (1) 3.6.5 Watter protokol sal gebruik word vir die stuur van lêers tussen verafgeleë rekenaars wat Internetkonneksie het? (1) TOTAAL AFDELING C: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 4.1 ʼn Databasisbestuurstelsel (‘database management system – DBMS’) is programmatuur wat jou in staat stel om met elektroniese databasisse te werk. 4.1.1 Lys die TWEE kategorieë waarin DBMS-programmatuur val. (2) 4.1.2 Wat is ʼn verspreide databasis? (2) 4.1.3 Gee ʼn voorbeeld van waar ʼn verspreide databasis belangrik word. (1) 4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder wat uit ʼn databasis vasgevang is met data oor diere wat na verskillende wildreservate gestuur word en beantwoord die vrae wat volg. 4.2.1 Watter TWEE onreëlmatighede bestaan in hierdie tabel? Motiveer jou antwoorde. (4) 4.2.2 Watter veld sal jy as oortollig beskou? Motiveer jou antwoord. (2) 4.2.3 Die tabel moet genormaliseer word. (a) Verskaf TWEE reëls vir normalisasie na die eerste normaalvorm. (2) (b) Normaliseer die tabel en verdeel dit in DRIE tabelle. Alle oorspronklike velde moet in die tabelle voorkom. Jy mag nog velde byvoeg indien nodig. Dui die volgende duidelik aan waar moontlik: - Primêre sleutel(s) - Vreemde sleutel(s) - Verwantskappe tussen die tabelle (7) 4.2.4 Skryf ʼn SQL-stelling neer om die Naam, Prys, Geboortedatum en Park te vertoon van al die Olifante in die tblDiere tabel, in alfabetiese volgorde volgens Naam gesorteer. (3) 4.2.5 Dumbo gaan dood. Skryf ʼn SQL-stelling om Dumbo uit tblDiere te skrap. (2) TOTAAL AFDELING D: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 5.1 Die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn GUI wat ontwerp is om ʼn pasiënt se BMI te bereken. Bestudeer die ontwerp en beantwoord die vrae wat daarop volg. 5.1.1 Lys VIER maniere waarop die uitlegontwerp en gebruikers- vriendelikheid verbeter kan word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) 5.1.2 Met uitvoer van die program, kom die volgende foutboodskap voor. (a) Waarom het hierdie foutboodskap voorgekom? (1) (b) Lys EEN voorsorgmaatreël wat jy tydens die programmering van die program kan neem om so ʼn boodskap te voorkom. (1) 5.2 Bestudeer die algoritme hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Reël 1 Nommer1  7 2 Nommer2  19 3 As Nommer1 > Nommer2 dan 4 As Nommer1 MOD Nommer2 = 0 5 Dan Vertoon 6 Anders Vertoon Fout 7 As Nommer2 > Nommer1 dan 8 As Nommer2 MOD Nommer1 = 0 9 Dan Vertoon 10 Anders Vertoon Fout 5.2.1 Wat is die doel van hierdie programmeerkode? (2) 5.2.2 Skep gepaste boodskappe om in reëls 5 EN 6 te vertoon. (2) 5.2.3 Noem die datatipe wat is vir Nommer1 en Nommer2 gebruik. (1) 5.2.4 As die waarde van Nommer2 verander word na 0, watter soort fout sal voorkom? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11 5.3 Jy moet ʼn toepassing ontwerp wat die radius van ʼn sirkel sal lees en dan die omtrek en die area van die sirkel sal vertoon. Die toepassing moet van ʼn klas gebruik maak wat die radius as eienskap (‘attribute’) sal ontvang en metodes sal hê om die omtrek en area te bereken. 5.3.1 Deur van ʼn geparametriseerde konstruktor gebruik te maak, teken ʼn klasdiagram om die bogenoemde probleem op te los. (3) 5.3.2 Wat is doel van ʼn geparametiseerde konstruktor? (2) 5.3.3 Wat is die verskil tussen ʼn privaatmetode en ʼn publieke metode? (2) 5.3.4 Skryf ʼn roepstelling neer om ʼn objek van die geheue te verwyder wanneer die program nie meer die objek nodig het nie. (2) 5.4 Gee ʼn voorbeeld van ʼn onvoorwaardelike lus-struktuur. (1) 5.5 Bestudeer die volgende pseudokode en beantwoord die vraag wat volg. Reël 1. Plek  gebruiker toevoer 2. Begin lus vanaf Plek tot by NomElemente – 1 3. ArrName[lus_waarde]  ArrName[lus_waarde + 1] 4. NomElemente  NomElemente – 1 Aanvaar die oorspronklike skikking is as volg gevul: arrName Roeltin Jason Daniel Reuben Quintus Wian Jandré [1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] Aanvaar die toevoer van die gebruiker is 3. Teken die diagram wat ArrName voorstel in jou ANTWOORDEBOEK oor. Gebruik die gegewe algoritme en bogenoemde inligting om die diagram in te vul soos wat dit sal wees na uitvoer van die program. (3) TOTAAL AFDELING E: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 Die uitvoerende komitee (prefekte) van jou skool wil ʼn klein netwerk met ʼn paar rekenaars by die skool opstel. Die gebruik daarvan sal grootliks wees om hul beplanning op te doen, data te deel en om die drukker te kan deel. Natuurlik sal hulle Internetkonneksie ook wil hê. Joshua, ook op die uitvoerende komitee, is ʼn IT-student. Hy neem die leiding in hierdie projek. 6.1 Die uitleg van die netwerk is die eerste stap. Wat is die term wat gebruik word om die fisiese uitleg van ʼn netwerk te beskryf? (1) 6.2 ʼn Koordlose konneksie is nie moontlik nie, so julle sal van kabels gebruik maak. Die twee opsies is UTP-kabels of optiese veselkabels. 6.2.1 Noem TWEE kenmerke vir elk van die tipe kabels wat hierbo genoem is. (MOENIE na koste verwys nie.) (4) 6.2.2 Watter EEN van hierdie twee tipes kabel sal jy aanbeveel moet die uitvoerende komitee gebruik? (1) 6.2.3 Analiseer die fisiese beperkings van die verskillende kommunikasiemedia. Lys dan TWEE fisiese beperkinge wat uitslag sal lewer om nie WiFi as kommunikasiemedia te gebruik nie. (2) 6.3 Behalwe vir die medium wat gebruik word om data oor te dra, is ʼnNKK (netwerkkoppelvlakkaart/NIC/network interface controller) belangrik om ʼn netwerk op te stel. 6.3.1 Verduidelik wat ’n NKK is deur na sy funksie te verwys. (2) 6.3.2 Nie alle rekenaars het ʼn NKK nie. Lys TWEE maniere hoe hierdie probleem opgelos kan word. (2) 6.4 Die gebruik van e-pos vir kommunikasie tussen die komiteelede sal handig wees. 6.4.1 Ongelukkig het nie alle lede van die komitee toegang tot hul eie e- posadresse nie. Onderskei tussen ’n webgebaseerde e-pos en ʼn IDV-gebaseerde e-pos. (2) 6.4.2 Wanneer ʼn e-pos aan al die lede van die komitee deurgestuur word, moet jy die e-posadresse byvoeg deur Cc of Bcc te gebruik. Evalueer watter een die beste sal wees. Regverdig jou keuse. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13 6.5 Een van die grootste bedreigings vir ʼn rekenaarkamer soos hierdie, is die versprei van virusse. 6.5.1 Definieer ʼn rekenaarvirus. (2) 6.5.2 Noem die term wat gebruik word om enige sagteware te beskryf wat met negatiewe bedoelings geskryf is. (1) 6.5.3 Skimkaping (‘Pharming’) is ʼn groot bedreiging wanneer dit by Internetgebruik kom. Verduidelik kortliks wat Skimkaping (‘Pharming’) is. (2) 6.5.4 ʼn Goeie anti-virus program kan jou rekenaar teen meeste dreigemente beskerm. Daar is egter sekere tipes bedreigings wat nie deur die gebruik van anti-virussagteware gekeer kan word nie. In sulke gevalle is ʼn netskans (‘firewall’) nodig. Wat is die doel van ʼn netskans (‘firewall’) in terme van rekenaars? (2) 6.6 Een van die klagtes wat op die uitvoerende komitee se tafel beland het, is kuberafknouery (‘cyber bullying’). Joshua se IT-kennis word benodig. Verduidelik wat kuberafknouery is. (1) 6.7 Leerders is mal oor sosiale netwerke en besef nie altyd wat se impak sosiale netwerke op hulle kan hê nie. 6.7.1 Die lewe van ʼn sosiale ingenieur word by die minuut makliker. Wat is ʼn sosiale ingenieur? (2) 6.7.2 Die gebruik van sosiale netwerke kan tydrowend wees. Lys enige DRIE praktiese maniere waarop jy die aantal steurnisse wat deur sosiale netwerke in jou daaglikse lewe plaasvind, kan verminder. (3) 6.8 Sommige van die leerders is nie gemaklik met die gebruik van rekenaars nie of het nie rekenaars by die huis nie, terwyl ander baie gemaklik is en werk al van ʼn baie jong ouderdom op rekenaars. Wat word hierdie ‘gaping’ genoem? (1) 6.9 Joshua stel die gebruik van aanlynstoor voor, wat onder wolk- rekenarisering (‘cloud computing’) val. Lys TWEE nadele van wolk- rekenarisering (‘cloud computing’). (2) 6.10 Daar is effense verwarring tussen die terme virtualisasie en virtuele geheue. Los die verwarring op deur hierdie twee terme te definieer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) 6.11 Die tesourier van die uitvoerende komitee moet Internetbankbetalings maak. 6.11.1 Lys TWEE voordele van die gebruik van Internetbankdienste. (2) 6.11.2 Dit is belangrik dat die persoon ʼn veilige webtuiste kan herken. Lys TWEE maniere om ʼn veilige webtuiste te identifiseer. (2) 6.12 Verduidelik hoe kasberging die verwerkingspoed van die verwerker vermeerder. (2) TOTAAL AFDELING F: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all