Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 2015 Memo (Afr)

MemorandumInformation TechnologyGrade 12201511 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE VRAAG 1: 1.1 A Piggybacking (1) 1.2 C DSS (1) 1.3 D elektroniese (1) 1.4 A Regstelling (‘Patch’) (1) 1.5 A gebruik hul plaaslike hardeskywe om meeste van hul toepassings aan te dryf. (1) 1.6 C ʼn privaat maatskappy netwerk. (1) 1.7 B ʼn printlêer na ʼn lêer op die hardeskyf te stuur. (1) 1.8 B ontvang inligting wat via argumente na die metode gestuur word. (1) 1.9 D nutsprogramme (1) 1.10 B laai enige nuwe inhoud outomaties af, sonder dat die gebruiker nodig het om op hierdie webtuistes in te teken. (1) TOTAAL AFDELING A: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1 2.1.1  Modulêre ontwerp (1) 2.1.2  Jy kan die rekenaar regmaak deur ʼn foutiewe of stukkende komponent te vervang.  Jy kan die rekenaar opgradeer deur nuwe onderdele by te voeg of deur bestaandes met kragtiger weergawes te vervang. (2) 2.1.3 ZIF-inpropgleuf (1) 2.2 2.2.1  Verkry die instruksies en data vanaf die geheue ETG (‘RAM’).  Dekodeer die instruksies.  Voer die instruksies uit.  Stuur data terug na die geheue. (4) 2.2.2 Spoed –  ʼn Hoër spoed beteken meer instruksies kan in dieselfde hoeveelheid tyd verwerk word. Kern –  Elke kern kan aan ʼn aparte program werk, maar op dieselfde tyd. (4) 2.2.3  Die maksimum hoeveelheid geheue ETG (‘RAM’) wat ondersteun word. (1) 2.2.4  Meer as een instruksie word gedurende ʼn kloksiklus uitgevoer  deur die gelyktydige versending van meervoudige instruksies na oortollige funksionele eenhede in die verwerker. ( Daar is pyplyne in die SVE.) (2) 2.2.5  Multitaakverwerking / Multiverwerking (1) 2.3 2.3.1  Met SaaS huur jy die programmatuur vir ʼn maand-/jaarperiode  in plaas daarvan om ʼn lisensie te koop wat jou die reg gee om dit vir altyd te mag gebruik. (2) 2.3.2 Wolk (‘Cloud’)-gebaseerde toepassings  Die programmatuur werk op afgeleë bedienerrekenaars. Jy betaal ʼn maandelikse of jaarlikse bedrag om die programmatuur te mag gebruik. Jy hoef nie enige programmatuur op jou lokale rekenaar te installeer nie, maar jy moet seker maak dat jy ʼn vinnige Internetkonneksie het en jy moet aan die Internet gekoppel wees om om hierdie diens te kan gebruik. Aflaaibare toepassings  Die programmatuur word afgelaai en voer op jou eie rekenaar uit. Jy moet die programmatuur op jou rekenaar installeer. Jy hoef nie aan die Internet gekoppel te wees om die programmatuur te gebruik nie. (2) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 3.1 3.1.1  Die Internet is ʼn wêreldwye rekenaarnetwerk, wat uit rekenaars en netwerke bestaan  wat deur middel van verskillende soorte kommunikasiemediums verbind word. (2) 3.1.2  ʼn ISP is ʼn maatskappy wat ʼn permanente, vinnige Internetverbinding het.  Hierdie maatskappye verkoop Internettoegang en dienste aan individue of organisasies teen ʼn maandelikse bedrag. (2) 3.2 3.2.1  Enige TWEE relevante voordele  Jy het ʼn permanente digitale konneksie tot die Internet.  Moontlik om ʼn gewaarborgde bandwydte te hê.  Datakostes is gewoonlik laer.  Spoed – ADSL kan baie vinniger wees. (2) 3.2.2 Modem  Skakel die data of sein van ʼn rekenaar om na ʼn formaat wat oor ʼn kommunikasiemedium versend kan word. Roteerder  Maak kommunikasie tussen netwerke oor die Internet moontlik. (2) 3.2.3  Nee, baie keer kombineer een toestel al die funksies van ʼn skakelaar (‘switch’), modem, roteerder en koordlose basisstasie. (1) 3.2.4  WiMax laat veiliger kommunikasie oor ʼn groter area toe. (1) 3.3  Maatskappye soos Google moedig jou aan om ʼn rekening te skep deur gratis dienste soos Gmail, Goggle Docs and Google Drive te bied waar jy slegs toegang kan verkry indien jy ʼn rekening by hulle het.  Op hierdie manier kan hulle alles volg waardeur jy soek, die inhoud van jou e-posse en dokumente, sowel as jou aanlyn-stoordienste. Hulle gebruik hierdie inligting om ʼn profiel van jou te skep – en plaas dan advertensies daarvolgens. (2) 3.4 3.4.1  Dit beteken die webblaaie se inhoud was selde of ongereeld opgedateer. (1) 3.4.2  Die gebruikers word inhoudskeppers en nie meer net inhoudverbruikers nie deurdat hulle inhoud wat deur andere gesien en gebruik kan word oplaai. (1) 3.4.3  Sulke soektogte sal moontlik gemak word deur gedetaileerde, gestruktureerde metadata wat aan alle webinhoud bygevoeg is  en die feit dat gebruikers van hul kontekstuele inligting tot aan die rekenaars ‘bekend’ sal maak. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 3.5 3.5.1  PAN is ʼn rekenaarnetwerk met ʼn reikafstand van ʼn paar meter  wat om ʼn individu georganiseer is. (2) 3.5.2  VPN is ʼn netwerk wat via die Internet geïmplementeer word om  die gebruiker in staat stel om oor ʼn afstand by ʼn netwerk in te teken  met dieselfde voordele van privaatheid en sekuriteit soos in ʼn LAN. (3) 3.5.3  Enige EEN  Afgeleë toegang/beheer van ʼn rekenaar  ʼn Toegewyde lyn (1) 3.5.4  LAN / Lokale Area Netwerk (1) 3.6 3.6.1  Enige TWEE  BitTorrent is ʼn vinniger, goedkoper en meer effektiewe metode om groot lêers te versprei as wat die gewone aflaaimetode is.  BitTorrent bied effektiewe gebruik van beskikbare aflaai bandwydte.  BitTorrent-kliënte programme is gewoonlik gratis. (2) 3.6.2  Enige TWEE  Dit is onwettig om BitTorrent te gebruik om films en musiek met kopiereg af te laai.  Jou rekenaar kan word met malware besmet.  Jy is nie anoniem nie en mense sal kan uitvind watter lêers jy afgelaai het.  Jy kan skuldig wees aan roofkopiëring. (2) 3.6.3  ʼn Protokol is ʼn stel reëls vir die kommunikasie tussen netwerktoestelle. (1) 3.6.4  IP (1) 3.6.5  FTP (1) TOTAAL AFDELING C: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 4.1 4.1.1  Tafelblad-databasisse  Bedienerdatabasisse (2) 4.1.2  ʼn Verspreide databasis is ʼn stelsel waar dele in ʼn databasis oor bedieners in verskeie liggings of plekke versprei is. (2) 4.1.3  Enige EEN  Wanneer die potensiële aantal gekonnekteerde gebruikers te veel word vir ʼn enkele bediener om te hanteer.  Wanneer ʼn besigheid oor ʼn groot geografiese gebied versprei is. (1) 4.2 4.2.1  Opdateer-onreëlmatigheid: Indien die kontakbesonderhede van die park verander, moet hulle op meer as een plek die nommer verander.  Skrap-onreëlmatigheid: Indien ʼn rekord van ʼn park geskrap word, sal inligting in verband met die dier ook verwyder word. (4) 4.2.2  Ouderdom  Kan uitgewerk word deur die geboortedatum te gebruik. (2) (a)  Enige TWEE  Geen herhalende kolomme mag voorkom nie.  Een waarde per veld.  Identifiseer die primêre sleutel vir die tabel. (2) (b) DiereTB ParkeTB TipeTB DierlD 1 ParkID 1 TypeID (PK) (PK) (PK) Scientific_Wete Name_Na Park nsk am Telephone Type_Tipe Price_Prys Email_Ep Birth_Geb os oorte Town_Dor Ouderdom p ParkID (FK)∞ TypeID (FK)∞  Tabel Tabel Tabel  PK (vir alle tabelle) (Primêre sleutel)  FKx2 (Vreemde sleutels)  Verwantskappe(1-tot-baie) Verwantskappe (reg gewys) (7) 4.2.4  SELECT Name_Naam, Price_Prys, Birth_Geboorte, Park FROM tblAnimals_Diere WHERE Type_Tipe = “Elephant_Olifant” ORDER BY Name_Naam (3) 4.2.5  DELETE FROM tblAnimals_Diere  WHERE Name_Naam = “Dumbo” (2) TOTAAL AFDELING D: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 5.1 5.1.1  Enige VIER  Die button aan die bokant moet onderaan wees.  Die Edits moet leeg wees.  Die volgorde is verkeerd – plaas die ‘Name’ eerste.  Kan ʼn SpinEdit vir die ouderdom gebruik in plaas van ʼn Edit.  Die spasiëring tussen die Edits moet dieselfde wees. (Of enige ander gepaste antwoord.) (4) (a) Die program verwag ʼn Integer waarde, maar die gebruiker het teks ingetik. (1) (b) Die antwoord moet in die programmering wees – dit kan nie voorsorgmaatreëls op die vorm wees nie (soos verander die Edit na ʼn SpinEdit nie)  Valideer die waarde wat in die ‘Age’-veld ingesleutel is. (1) 5.2 5.2.1  Lees die twee waardes in en toets of die een ʼn faktor van die ander is. (2) 5.2.2 Vertoon  lblBoodskap.Caption := IntToStr(iNommer2) + ' is ʼn faktor van ' + IntToStr(iNommer1) Vertoon Fout  lblBoodskap.Caption := 'Geen Faktore nie’; (Enige gepaste, soortgelyke boodskappe) (2) 5.2.3  Integer (1) 5.2.4  Uitvoerfout (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) 5.3 5.3.1 Sirkel Private attributes Public methods - Radius + Constructor (Radius)  + KryArea() : Real + KryOmtrek : Real   (3) 5.3.2  Om ʼn objek te kan skep en  om individuele waardes op dieselfde tyd in te stel. (2) 5.3.3  ʼn Privaatmetode kan slegs deur ʼn klas/eenheid toegang verkry waarin dit verklaar is.  ʼn Publieke metode kan toegang in ander klasse/eenhede ook verkry. (2) 5.3.4  ObjectNaam.Free (2) 5.4  For..Do-Loop (1) 5.5 arrName Roeltin Jason Reuben Quintus Wian Jandré Roeltin [1] [2] [3] [4] [5] [6] [1]  Daniel is uit die skikking verwyder.  Die indeks gaan slegs tot by 6.  Die name is steeds in die korrekte volgorde en die struktuur korrek lyk. (3) TOTAAL AFDELING E: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 6.1  Topologie (1) 6.2 6.1.2 UTP (Enige TWEE)  Maklik en goedkoop om te installeer.  Die data-oordragspoed is gewoonlik 100 Mbps, maar gigabyte data-oordrag is ook beskikbaar.  Data-oordrag oor kort afstande.  Bestaan uit een of meer pare koperdraad wat om mekaar gedraai is en sodoende die kabel vorm. Optiese vesel (Enige TWEE)  Vesel is dun en liggewig – kan in beknopte areas gebruik word.  Kompleks om te installeer en te konfigureer.  Kan nie om skerp hoeke gaan nie – dit kan maklik beskadig word.  As ʼn deel van die kabel beskadig is, moet die hele kabel vervang word (kan nie reggemaak word nie). (4) 6.2.2  UTP (1) 6.2.3  Afstand of reikwydte – WiFi het ʼn reikwydte limiet van 10 m – 100 m.  Bandwydte of data-oordragspoed – Wifi het oor die algemeen die laagste bandwydte (2) 6.3 6.3.1  Die funksie van die NKK is om data van die res van die rekenaarsisteem te kry en om  die data te enkodeer sodat dit oor ʼn spesifieke medium gestuur kan word. (En vise versa) (2) 6.3.2  Koop ʼn fisiese kaart om by die moederbord in te prop.  Koop ʼn NKK wat deur ʼn USB-poort koppel. (aanvaar ook die koop van ʼn nuwe moederbord met ʼn ingeboude NKK) (2) 6.4 6.4.1 Webgebaseerde e-pos Verkry toegang tot jou e-posrekening vanaf enige plek wat Internettoegang het. Dit is gratis. IDV-gebaseerde e-pos Jy ontvang ʼn e-posadres wanneer jy by ʼn IDV aansluit. Jy verkry toegang tot jou rekening deur programmatuur soos Microsoft Outlook en Outlook Express op die rekenaar waar jou rekeninginstellings gemaak is. (2) 6.4.2 Enige EEN van die twee opsies: Opsie 1 CC − Hulle is vriende, so dit maak nie saak as almal mekaar se e-posadresse kan sien nie. OF Dit is makliker om na almal te reply met CC. Opsie 2 Bcc − Dit is professioneel om Bcc te gebruik omdat nie almal nodig het om die e-posadresse van almal na wie die e-pos gestuur is, te sien nie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) 6.5 6.5.1  ʼn Rekenaarvirus is programmatuur wat geskryf is met die doel om die normale werking van ʼn rekenaar te belemmer  en dit word sonder die medewete of toestemming van die gebruiker op sy rekenaar gelaai. (2) 6.5.2  Kwaadwillige programmatuur (‘Malware’) (1) 6.5.3  Skimkaping (‘Pharming’) is ʼn identiteitsdiefstal-bedrogskema waar die gebruiker se rekenaar geïnfiltreer word, sodat die gebruiker outomaties na ʼn ander (vals) webtuiste herlei word, al tik die gebruiker die korrekte URL in die webblaaier. (2) 6.5.4  ʼn Netskans (‘Firewall’) is apparatuur of programmatuur wat programme wat toegang tot die rekenaar via die Internet wil verkry monitor of wat toegang tot die Internet vanaf jou rekenaar wil verkry. (2) 6.6  Kuberafknouery is wanneer iemand van IKT gebruik maak om iemand anders te spot, te dreig, te intimideer of leed aan te doen. (1) 6.7 6.7.1  ʼn Sosiale ingenieur is iemand wat voorgee om te wees wie hulle nie is nie  om sodoende hulself te bevoordeel (om toegang tot inligting, geld, ens. te verkry.) (2) 6.7.2  Enige DRIE  Skakel die kennisgewings op jou mobiele toestel af of aktiveer dit net vir ʼn beperkte groep mense.  Sit tyd opsy wat spesifiek net vir sosiale netwerke gebruik word.  Wanneer jy huiswerk doen/studeer, is dit belangrik om jou foon af te skakel of op die stil-funksie te sit. (Enige ander aanvaarbare antwoord) (3) 6.8  Digital divide (1) 6.9  Enige TWEE  Jy moet aanlyn wees.  Indien die maatskappy bankrot speel, verloor jy die programme en data.  Die sekuriteit van die dokumente en rugsteun is buite jou beheer.  Die maatskappy kan maklik fooie verander sonder dat jy ʼn keuse het.  Die maatskappy kan jou maklik toegang tot jou data weier indien jy gebrandmerk is as ʼn spammer. (Enige ander aanvaarbare antwoord.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11 6.10 Virtualisasie  Dit is wanneer jy ʼn virtuele rekenaar skep wat saam met jou huidige bedryfstelsel hardloop. Jy installeer verskillende bedryfstelsels en programmatuur op hierdie virtuele rekenaar. Virtuele geheue  ʼn Stoorarea of skryfspasie wat die bedryfstelsel vir sy eie gebruik uithou. (2) 6.11 6.11.1  Enige TWEE  Geen gewag in lang toue nie.  24/7 beskikbaar vir transaksies.  Kan enige plek gebruik word. (Enige ander relevante antwoord.) (2) 6.11.2  ʼn Slot-simbool verskyn in die webblaaier se uitleg.  Die adres sal met HTTPS begin. (2) 6.12  Instruksies wat onlangs gebruik is wat heel moontlik volgende benodig gaan word, word in hoëspoed kasgeheue gestoor  om ʼn bottelnek te voorkom met die herkryging van data en instruksies vanaf die stadiger RAM. (2) TOTAAL AFDELING F: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all