Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)

Question paperInformation TechnologyGrade 12201619 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 2016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/2016 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te gebruik)). 4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken word. 5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 8. Datastrukture wat nie voorsien is nie, moet deur jou, die programmeerder, verklaar word. 9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegun word. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/2016 SSE 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. LET WEL: • Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRJunie2016.exe gebruik. • Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRJunie2016.exe gebruik. Doen die volgende: • Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer. • Klik op die 'Extract'-knoppie. • Sleutel die volgende wagwoord in: Hosp9@%$ Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids DelphiDataAFRJunie2016/JavaDataAFRJunie2016 beskikbaar wees: DELPHI-LÊERS JAVA (NETBEANS)-LÊERS Vraag1: Vraag1: Vraag1_P.dpr Vraag1.form Vraag1_P.res Vraag1.java Vraag1_U.dfm Vraag1_U.pas Vraag2: Vraag2: VoorskrifItem.pas VoorskrifItem.java Vraag2_P.dpr Vraag2.form Vraag2_P.res Vraag2.java Vraag2_U.dfm Vraag2_U.pas Vraag3: Vraag3: Vraag3_P.dpr Vraag3.form Vraag3_P.res Vraag3.java Vraag3_U.dfm DataV3.txt Vraag3_U.pas DataV3.txt Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/2016 SSE SCENARIO Die Goeie Gesondheid Mediese Sentrum verskaf hoogs opgeleide dokters en mediese dienste aan die publiek. AFDELING A VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Die mediese sentrum het 'n aantal verskillende fasiliteite wat vir die gemeenskap beskikbaar is. Doen die volgende: • Kompileer en voer die program uit wat in die Vraag1-lêergids voorkom. Die koppelvlak vertoon vier verskillende afdelings wat Vraag1_1 tot Vraag1_4 genoem word. Die program het tans geen funksionaliteit nie. • Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos wat in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 op die volgende bladsy beskryf word. Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) ('GUI'): Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/2016 SSE 1.1 Skryf kode om die fontgrootte van die teks op die byskrif lblVraag1_1 op 14 pt te stel en vertoon die teks 'Goeie Gesondheid Mediese Sentrum' op die byskrif wanneer die program uitgevoer word. (2) 1.2 Knoppie [Vraag1_2] Die gemeenskap word aangemoedig om tot 'n mediese hulpskema by te dra. Die skema bied vier opsies: Opsie A tot Opsie D. Opsie A verskaf die minimum hoeveelheid voordele en is die goedkoopste opsie met 'n bedrag van R1 000,00 per maand as bydrae vir die hooflid van 'n gesin. Hierdie bedrag neem met 20% toe vir elke opsie (Opsie B, Opsie C en Opsie D) wat volg. Gesinslede van die hooflid word as afhanklikes by die rekening van die hooflid gevoeg. 'n Bedrag van 50% van die hooflid se paaiement sal vir elke afhanklike by sy/haar rekening gevoeg word. Die gebruiker moet 'n opsie uit die lysblokkie ('list box') kies en die getal afhanklikes in die teksblokkie ('text box') insleutel. Skryf kode om die totale maandelikse paaiement wat die lid tot die mediese hulpskema moet bydra, te bereken. Vertoon die maandelikse paaiement in 'n dialoogblokkie ('dialog box') met 'n geskikte boodskap. As geen opsie gekies is nie, vertoon 'n boodskap wat die gebruiker die instruksie gee om 'n opsie te kies. Voorbeeld van afvoer as Opsie A gekies word en die getal afhanklikes een is: Voorbeeld van afvoer as Opsie B gekies word en die getal afhanklikes drie is (op die volgende bladsy): Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/2016 SSE (10) 1.3 Knoppie [Vraag1_3] Die pasiënt se rekening kan oor 'n periode van 12 maande betaal word. Die eerste paaiement word as 15% van die rekeningsaldo bereken. Nadat die eerste paaiement afgetrek is, moet die balans in gelyke paaiemente oor die res van die maande afbetaal word. Die gebruiker moet die rekening se balans in die teksblokkie insleutel. Skryf kode om die nommer van die paaiement, die bedrag wat maandeliks betaal moet word en die afnemende balans te bereken en in netjies kolomme met geskikte opskrifte te vertoon. Die bedrae moet as 'n geldeenheid met twee desimale plekke geformatteer word. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/2016 SSE 1.4 Daar is elke dag drie dokters aan diens: Dokter 1, Dokter 2 en Dokter 3. Die totale getal pasiënte moet gelykop tussen die drie dokters verdeel word. As daar enige oorblywende pasiënte is, moet die eerste pasiënt aan die eerste dokter (Dokter 1) toegeken word en die tweede pasiënt aan die tweede dokter (Dokter 2). Die algoritme hieronder is saamgestel om die getal pasiënte wat elke dokter deur die dag sal spreek, te bereken en te vertoon. Algoritme: 1. getal  Sleutel die totale getal pasiënte in 2. pasiënte_per_dokter  getal heelgetaldeling deur 3 3. dokter1  pasiënte_per_dokter 4. dokter2  pasiënte_per_dokter 5. dokter3  pasiënte_per_dokter 6. res  getal modulus 3 7. as res = 1 dan dokter1  dokter1 + 1 as res = 2 dan dokter2  dokter2 + 1 8. vertoon dokter1, dokter2 en dokter3 1.4.1 (a) Skakel die instruksies wat in die algoritme hierbo verskaf is om na programmeringskode om die getal pasiënte per dokter te bereken en te vertoon. (10) (b) Die verkeerde getal pasiënte word aan die dokters toegeken as gevolg van 'n logikafout in een van die IF-stellings in die algoritme. Identifiseer die foutiewe IF-stelling en korrigeer dit in jou kode sodat die korrekte getal pasiënte aan elke dokter toegeken word. Voorbeeld van die korrekte afvoer vir 'n totaal van vyf pasiënte: Voorbeeld van korrekte afvoer vir 'n totaal van tien pasiënte (op die volgende bladsy): Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/2016 SSE (3) 1.4.2 Die dokters wat aan diens is, moet wag totdat al die pasiënte op die lys aandag geniet het voordat hulle as 'n span kan uitteken. Hulle moet die getal ure en minute wat hulle gewerk het, verskaf deur die getal ure en minute wat die eerste dokter gewerk het, te gebruik. Hulle mag slegs op die uur uitteken. Byvoorbeeld, as hulle vir 3 uur en 30 minute gewerk het en 08:00 begin werk het, sal hulle almal om 12:00 uitteken. Voeg kode by die VRAAG1_4-knoppie om die volgende te doen: Verkry die duur van een konsultasie in minute. Die verstek ('default')- tyd is 15 minute, maar die gebruiker kan enige ander waarde insleutel. Verkry die tyd van die dag wanneer konsultasie begin. Bereken en vertoon die tyd wat die dokters gewerk het en die tyd van die dag wanneer hulle sal uitteken. Voorbeeld van afvoer as die totale getal pasiënte vyf is, die duur van 'n konsultasie 15 minute is en konsultasie om 08:00 begin: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/2016 SSE Voorbeeld van afvoer as die totale getal pasiënte tien is, die duur van 'n konsultasie 20 minute is en konsultasie om 13:00 begin: (10) • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. • Stoor jou program. • Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/2016 SSE AFDELING B VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING Die Goeie Gesondheid Apteek stel aptekers in staat om die voorskrif wat die pasiënt vir pille ontvang het, elektronies in te sleutel. Die etikette vir die pilhouers en 'n pasiënt se rekening sal dan geskep moet word. Die totale koste van al die voorskrifte wat vereis word, moet dan bereken word. Doen die volgende: DELPHI-PROGRAMMEERDERS JAVA-PROGRAMMEERDERS • Maak die onvoltooide program wat in • Maak die onvoltooide program wat in die Vraag2-lêergids gevind word, oop. die Vraag2-lêergids gevind word, oop. • Maak die onvoltooide objekklas • Maak die onvoltooide objekklas VoorskrifItem.pas oop. VoorskrifItem.java oop. • Sleutel jou eksamennommer as • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van kommentaar in die eerste reël van beide die lêers Vraag2_U.pas en beide die klasse Vraag2.java en VoorskrifItem.pas in. VoorskrifItem.java in. • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van die koppelvlak: LET WEL: Die pnlGeneries-paneel is gestel om nie sigbaar te wees as die program uitgevoer word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/2016 SSE • Voltooi die kode vir hierdie program soos gespesifiseer in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 hieronder. 2.1 Die gegewe onvolledige objekklas (TVoorskrifItem/VoorskrifItem) bevat die verklaring van vier attribute wat die VoorskrifItem-objek beskryf. Die gegewe attribute vir die VoorskrifItem-objek is soos volg: NAME VAN ATTRIBUTE BESKRYWING Delphi Java fKode kode 'n Unieke ses-karakter-kode wat aan elke voorgeskrewe pil toegeken is fDosis dosis 'n String wat uit vier karakters bestaan om aan te dui hoeveel pille geneem moet word (Sien die verduideliking in die nota hieronder.) fDae dae Die voorgeskrewe getal dae wat die pille geneem moet word fPrys prys Die prys van 'n enkele pil Voltooi die kode in die gegewe VoorskrifItem-klas (TVoorskrifItem/PVoorskrifItem) soos wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 hieronder beskryf word. LET WEL: Die dosis-attribuut bestaan uit vier karakters in die formaat XX#X, waar die # gebruik word as 'n simbool om inligting te skei. Voorbeeld 1: D1#B Voorbeeld 2: H2#8 Eerste Verduideliking karakter D Pille moet een keer per dag geneem word. Tweede karakter: Getal pille wat op 'n slag geneem moet word Vierde karakter: B: Na ontbyt S: Na aandete Voorbeeld: D1#B beteken: Neem een pil daagliks na ontbyt. H Pille moet uurliks geneem word. Tweede karakter: Getal pille wat op 'n slag geneem moet word Vierde karakter: Verwys na die uurlikse periode wat 'n pil geneem moet word. Die uurlikse periode kan 2, 3, 4, 6 of 8 wees. Voorbeeld: H2#8 beteken: Neem twee pille elke 8 uur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/2016 SSE 2.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktor-metode om die pil se kode, dosiskode, getal dae en die prys per pil as parameterwaardes te ontvang. Ken hierdie waardes aan die relevante attribute toe. (4) 2.1.2 Skryf 'n metode met die naam berekenPillePerDag wat die dosiskode sal gebruik om die getal pille wat per dag voorgeskryf word, te bepaal en terug te stuur. 'n Dag word as 'n periode van 24 uur beskou. Voorbeeld 1: As die dosiskode D1#S is, beteken dit dat een pil daagliks na aandete geneem moet word. Voorbeeld 2: As die dosiskode H2#4 is, beteken dit dat twee pille elke vier uur geneem moet word, wat 'n totaal van 12 pille per dag uitmaak. (8) 2.1.3 Skryf 'n metode met die naam stelsaamGereeldheidBoodskap wat die dosiskode sal gebruik om 'n boodskap saam te stel en terug te stuur wat aandui wanneer die pille geneem moet word. Voorbeeld 1: As die dosiskode D1#S is, is die boodskap wat teruggestuur moet word: Neem 1 pil(le) daagliks na aandete. Voorbeeld 2: As die dosiskode H4#8 is, is die boodskap wat teruggestuur moet word: Neem 4 pil(le) elke 8 uur. (8) 2.1.4 Skryf 'n metode met die naam berekenTotaalPille om die totale getal pille vir hierdie voorskrifitem te bereken en terug te stuur. (3) 2.1.5 Skryf toegangs('accessor')-metodes vir die attribute van die pil se kode en prys. (2) 2.1.6 Skryf 'n stelsaamEtiket-metode om die nodige inligting terug te stuur wat op die etiket van die pilhouer gedruk moet word, in die formaat hieronder getoon. Pil se kode: <kode> <Gereeldheid van gebruik boodskap> vir <getal dae> dae (<Totale getal pille ingesluit> pille) Voorbeeld van afvoer as die pil se kode HPCMCN, die dosiskode H2#8 en die getal dae vier is: Pil se kode: HPCMCN Drink 2 pil(le) elke 8 uur vir 4 dae. (24 pille) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/2016 SSE 2.2 Twee parallelle skikkings word in die onvoltooide klas Vraag2_U.pas/Vraag2.java gegee. Die skikking met die naam arrKodes bevat die kodes van al die beskikbare pille. Die skikking met die naam arrPryse bevat die pryse per enkele pil vir elke ooreenstemmende kode. Voorbeeld van data in die skikkings wat verskaf is: Die eerste vier kodes in die arrKodes-skikking: CBLTAD, HPCMCN, TRVKMG, BGJKPT Die eerste vier pryse in die arrPryse-skikking: 17.89, 14.60, 23.50, 22.75 Die data vir die eerste pil kan soos volg geïnterpreteer word: • Die kode van die pil is CBLTAD. • Die prys van 'n enkele pil is 17.89. Doen die volgende om die kode te voltooi vir elke knoppie in die hoofvormeenheid (Delphi)/GGK-klas (Java): LET WEL: Die objek objVoorskrifItem is in die program verklaar. 2.2.1 Kode vir die kombinasielys ('combo box') Die gebruiker moet die kode van die pil uit die relevante kombinasielys selekteer. As die kode wat geselekteer is, met die letter 'G' eindig, beteken dit dat daar 'n generiese ekwivalent vir die pil beskikbaar is. Die pnlGeneries-paneel wat die gebruiker toelaat om die generiese ekwivalent van die pil te kies, moet vertoon word. 'n Generiese pil word gedefinieer as 'n pil wat gebruik word om dieselfde siekte te behandel as die oorspronklike pil, maar wat gewoonlik teen 'n laer prys verkoop word. In hierdie program is die koste van die generiese ekwivalent 40% laer as die koste van die oorspronklike pil. Die arrPryse-skikking bevat die pryse van die oorspronklike pille. Die pnlGeneries-paneel moet nie sigbaar wees as daar geen generiese ekwivalent vir die pil beskikbaar is nie. WENK: Die indekse van die kodes in die arrKodes-skikking is dieselfde as dié van die kodes in die kombinasielys. (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/2016 SSE 2.2.2 Knoppie [2.2.2 – Instansieer Voorskrifitem] Gebruik die inligting wat deur die gebruiker verskaf is en instansieer 'n nuwe VoorskrifItem-objek. Die pil se kode, dosiskode, getal dae en die prys per pil moet as argumente gebruik word om die objek te instansieer. As die pnlGeneries-paneel verskyn en die generiese kontroleblokkie ('check box') word geselekteer, moet die pil se prys met 40% verlaag word voordat die objek geïnstansieer word. Vertoon 'n boodskap in 'n dialoogblokkie wat aandui dat die objek suksesvol geïnstansieer is. (8) 2.2.3 Knoppie [2.2.3 – Vertoon] Gebruik die ontwerpEtiket-metode om die etiket se inligting in die afvoerarea op die VoorskrifItem-paneel te vertoon. Vertoon ook die pil se kode en die koste van hierdie voorskrifitem in die Voorskrifrekening-paneel se afvoerarea. Die koste moet na 'n geldeenheid met twee desimale plekke geformateer wees. LET WEL: Die totale koste van al die voorskrifitems moet bereken word sodat dit vertoon word as die 2.2.4 – Totaal van alle Voorskrifitems-knoppie geklik word. Voorbeeld van afvoer vir die voorskrifitem en rekening- besonderhede as die pil se kode HPCMCN, die dosiskode D2#B en die getal dae wat ingesleutel is, 3 is: (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/2016 SSE 2.2.4 Knoppie [2.2.4 – Totaal van al die Voorskrifitems] Vertoon die totale bedrag wat vir hierdie spesifieke voorskrif verskuldig is, geformatteer na 'n geldeenheid met twee desimale plekke. Voorbeeld van afvoer vir die Voorskrifrekening-afvoerarea nadat al die voorskrifitems ingesleutel is: (2) 2.2.5 Knoppie [2.2.5 – Maak alles skoon] Maak die afvoerarea vir die voorskrifitem en die voorskrifrekening skoon. Maak ook al die toevoerkomponente skoon en stel die relevante veranderlikes op 0. (3) • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die vorm in. • Stoor jou program. • Druk die kode van beide die klas en die vorm indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING B: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/2016 SSE AFDELING C VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING SCENARIO Daar is drie afdelings in die vroulike pasiënte se vleuel by die Goeie Gesondheid Mediese Sentrum. Afdeling 1 is vir noodgeval-pasiënte, Afdeling 2 vir kinders en Afdeling 3 vir volwasse pasiënte. Elke afdeling het vyf sale en elke saal het tien beddens. Doen die volgende: • Kompileer en voer die program in die Vraag3-lêergids uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. • Voltooi die kode vir elke vraag soos wat in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 hieronder beskryf is. GGK ('GUI') wat voorsien is: Die GGK ('GUI') wat voorsien is, bevat komponente vir gebeurtenisse wat moet plaasvind. 'n Voorbeeld van die GGK ('GUI') word hieronder gegee. Gebruik die programvereistes in die vrae wat volg om op 'n geskikte afvoerkomponent te besluit wat in die afvoerarea op die GGK wat Saal-statistiek genoem is, geplaas moet word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/2016 SSE Data wat verskaf is: LET WEL: • Jy mag nie data wat verskaf is, met die hand verander nie. Kode moet geskryf word om die data wat verskaf is, volgens die vereistes te manipuleer. • Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word. Jy word voorsien van 'n tweedimensionele skikking met die naam arrSaalStats wat die getal beddens bevat wat tans in elk van die vyf sale deur pasiënte beset word. Die waardes wat in die arrSaalStats-skikking voorkom, is die volgende: LET WEL: Die byskrifte is nie deel van die inhoud van die skikking nie. Saal 1 Saal 2 Saal 3 Saal 4 Saal 5 Noodgeval 10 9 10 8 9 Kinders 9 10 10 9 10 Volwassenes 9 3 8 2 1 3.1 Knoppie [3.1 – Vertoon Saal-statistiek] Die program moet die verskillende afdelings, saalnommers en die getal pasiënte in elke saal vertoon. Die inligting moet netjies in kolomme met geskikte opskrifte en byskrifte vertoon word. Voorbeeld van afvoer: (8) 3.2 Knoppie [3.2 – Plaas Nuwe Pasiënte] 'n Tekslêer met die naam DataV3.txt bevat inligting oor nuwe pasiënte wat opgeneem moet word. Elke teksreël in die lêer bevat die volle naam en die geboortedatum (JJJJ-MM-DD) van die pasiënt, geskei deur 'n hutskarakter. As die pasiënt in die noodgeval-saal opgeneem moet word, is 'n kommapunt, gevolg deur die karakter 'N' in die teksreël, bygevoeg. Voorbeeld van die eerste drie teksreëls in die lêer: Debra Jenkins#2005-10-12 Geraldine Mathews#1992-01-09 Nosipho Mbele#2010-09-23;N Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/2016 SSE Skryf kode om die volgende te doen: Toets of die tekslêer DataV3.txt bestaan. As die tekslêer nie bestaan nie, vertoon 'n geskikte boodskap en maak die program toe. As die tekslêer bestaan, doen die volgende vir elke nuwe pasiënt: • Bepaal die afdeling: Noodgeval, Kinders of Volwassenes. 'n Pasiënt word as 'n kind beskou as hy/sy jonger as agttien jaar oud is. • Vind 'n saal met 'n beskikbare bed in die afdeling. Die soekproses moet by Saal 1 begin. As daar geen beskikbare beddens in Saal 1 is nie, moet Saal 2 nagegaan word, en so aan. Elke saal het 'n minimum van tien beddens. • Stel 'n plasingskode saam wat die afdeling en die nommer van die saal waar die pasiënt geplaas sal word, bevat. Voorbeeld: V3 beteken dat die pasiënt in die afdeling vir volwassenes in saal 3 geplaas sal word. As al die sale in die spesifieke afdeling vol is, moet die plasingskode vir die pasiënt die woord 'Waglys' wees. As 'n noodgeval-pasiënt op 'n waglys geplaas word, moet die kleur van die 'Noodgeval'-paneel na rooi verander word. • Vertoon die naam, ouderdom en plasingskode in die afvoerarea vir nuwe pasiënte. • As 'n pasiënt in 'n saal geplaas word, moet die waardes in die arrSaalStats-skikking ooreenkomstig opgedateer word. Vertoon die opgedateerde arrSaalStats-skikking nadat al die pasiënte in die tekslêer verwerk is. Voorbeeld van afvoerarea vir Nuwe Pasiënte (op die laaste bladsy): Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/2016 SSE Voorbeeld van afvoerarea vir Saal-statistiek nadat nuwe pasiënte se besonderhede verwerk is: PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 3.2 Lees en verkry inligting uit die tekslêer. 10 Bepaal die afdeling waarin die pasiënt opgeneem gaan word. 8 Bepaal die saal wat in die spesifieke afdeling beskikbaar is. 7 Stel die plasingskode of die woord 'Waglys' saam. 6 Dateer die arrSaalStats-skikking op. 2 Vertoon die naam, ouderdom en plasingskode of woord van die nuwe 3 pasiënt. Vertoon opgedateerde arrSaalStats-skikking. 1 TOTAAL 37 • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. • Stoor jou program. • Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING C: 45 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all