Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
2016
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)



View all





Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2016 QP (Afr)
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 513.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC June Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (15)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (26)
AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (23)
AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (27)
AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (22)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (37)
2. Lees AL die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.
5. Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die aantal
feite/redes wat vereis word.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/2016
SSE
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1–1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 E.
1.1.1 'n Lêer met 'n .dll-uitbreiding …
A word gebruik om direkte skakels na LAN-bedieners te
implementeer.
B is 'n dinamiesebinding-biblioteeklêer.
C word gebruik om kommunikasie na randtoestelle te verskaf.
D is die bronkode vir 'n databasisbestuurstelsel. (1)
1.1.2 … is 'n protokol wat gebruik word om boodskappe op 'n Internet-/
Intranet-e-posbediener te herwin.
A POP3
B HTTPS
C HTTP
D EPOP ('SMTP') (1)
1.1.3 'n 64-bis-verwerker verwys na die …
A verwerkingspoed van die verwerker.
B getal basiese instruksies wat die verwerker kan herken.
C grootte van die registers in die verwerker.
D grootte van vlak 1-kasgeheue in die verwerker. (1)
1.1.4 Die lisensie waaronder die meeste vryware ('freeware') versprei
word, staan as … bekend.
A EGLO ('EULA')
B 'FTP'
C AGB ('AUP')
D GNU (1)
1.1.5 … is wanneer jy nie by die maatskappy se standaardwerkplek werk
nie en die Internet gebruik om met die kantoor te kommunikeer.
A Telependelary ('Telecommuting')
B Wolkrekenarisering ('Cloud computing')
C Abba ('Piggybacking')
D Uitkontraktering ('Outsourcing') (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/2016
SSE
1.2 Gee die korrekte rekenaarterm vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 'n Tekslêer wat doelgemaakte instellings vir 'n webtuiste op jou
lokale rekenaar stoor (1)
1.2.2 'n Tegnologie wat die konfigurasieproses van 'n toestel outomatiseer
voordat dit gebruik kan word (1)
1.2.3 'n Algemene term vir misleidingstegnieke wat gebruik word om
elektroniese kommunikasie te laat lyk asof dit van 'n erkende bron
afkomstig is (1)
1.2.4 'n Praktyk waar navrae in datavelde ingesleutel word wat dan
ongemagtigde toegang tot die databasis toelaat (1)
1.2.5 Die onmiddellike en intydse aflewering van media-inhoud oor die
Internet na 'n ontvangende toestel en wat begin wanneer die
medialêer oopgemaak word (1)
1.2.6 Simulasie van menslike besluitnemingsprosesse deur 'n
rekenaarstelsel wat geprogrammeer is om te reageer op grond van
toevoer wat vanaf sensors gekry word (1)
1.2.7 'n Tipe soek wat deur mense bestuur word eerder as om op
algoritmes staat te maak (1)
1.2.8 Die algemene term vir sagteware wat jou toelaat om met
elektroniese databasisse te werk (1)
1.2.9 'n Tipe webtuiste wat dieselfde inligting aan die gebruiker vertoon
elke keer wanneer toegang verkry word (1)
1.2.10 Lokalearea-netwerk waarin bronne tussen werkstasies gedeel word
sonder om 'n toegewysde bediener te gebruik (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/2016
SSE
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
'n Groep IT-vriende het besluit om 'n klein besigheidsonderneming te begin. Hulle wil
'n Internetkafee by die plaaslike gemeenskapsentrum bedryf.
2.1 Die vriende oorweeg dit om 'n notaboekrekenaar ('notebook') te gebruik om
hulle besigheid te bedryf.
2.1.1 Die notaboek wat oorweeg word, bevat 'n 2.16 GHz-verwerker met
2 MG ('MB') kasgeheue en 'n 500 GG ('GB') 'HDD' (hardeskyf-
aandrywer).
(a) Verduidelik kortliks hoekom die gebruik van kasgeheue in
'n verwerker die werkverrigting van die stelsel verbeter. (2)
(b) Waarom sal dit nie moontlik wees om die 2 MG-kasgeheue
in die SVE ('CPU') van die notaboek op te gradeer nie? (1)
(c) Gee TWEE redes waarom 'n notaboek met 'n VTA ('SSD')
'n beter opsie sal wees as een wat 'n konvensionele 'HDD'
bevat. (2)
2.1.2 Die notaboek sal met die Windows 10 PRO-bedryfstelsel uitgereik
word.
(a) Kasbergingbestuur ('management of caching') en netwerk-
vermoëns is van die funksies van 'n bedryfstelsel.
Noem TWEE ander primêre funksies van 'n bedryfstelsel. (2)
(b) Behalwe vir die Windows-bedryfstelsels is daar 'n reeks
ander bedryfstelsels.
Noem kortliks vir watter toepassingsarea elk van die
volgende bedryfstelsels hoofsaaklik ontwerp is:
(i) Android (1)
(ii) Unix (1)
(c) Vinnige toegang tot die Internet is belangrik vir hulle
besigheid.
Verduidelik hoe webkasberging ('web caching') toegepas
word om die rondblaaiproses op die Internet te verbeter. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/2016
SSE
2.2 Stelselsagteware bestaan uit bedryfstelsels en nutsprogram-sagteware ('utility
software').
2.2.1 Verduidelik die algemene doel van nutsprogram-sagteware. (1)
2.2.2 Noem EEN tipe nutsprogram-sagteware wat gebruik word om te
keer dat ander vensters op die skerm verskyn terwyl jy op die
Internet rondblaai. (1)
2.2.3 Hoekom is dit beter om 'n program te deïnstalleer in plaas daarvan
om slegs die programlêergids uit te vee? (2)
2.2.4 Lêers word normaalweg saamgepers ('compressed') voordat dit
geargiveer ('archive') word.
(a) Verduidelik die verskil tussen die argivering van lêers en
die rugsteun van lêers. (2)
(b) Verduidelik verliesende samepersing ('lossy compression'). (2)
2.3 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HARDESKYF
Adresruimte op
die hardeskyf
Adresruimte in
ETG ('RAM')
Logiese adresruimte van ETG ('RAM')
geïmplementeerde adresse
2.3.1 Wat word die segment op die hardeskyf genoem, wat deur die
swart pyl in die diagram hierbo aangedui word? (1)
2.3.2 Verduidelik die konsep van die proses wat in die diagram hierbo
geïllustreer word. (3)
2.4 Alhoewel vryware ('freeware') en oopbronsagteware ('open-source software')
gewoonlik gratis verskaf word, is daar voorgestel dat die leerders eerder
oopbronsagteware moet gebruik. Motiveer hierdie voorstel deur TWEE
geldige argumente te gee. (2)
TOTAAL AFDELING B: 26
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/2016
SSE
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
3.1 Alhoewel netwerking in 'n besigheidsomgewing baie voordele het, kan daar 'n
paar uitdagings vanuit 'n opstellings- en bestuursoogpunt wees.
Noem TWEE van hierdie uitdagings. (2)
3.2 Stertopologie is 'n gewilde keuse vir die opstelling van netwerke vir
besighede.
3.2.1 Teken 'n eenvoudige diagram om 'n stertopologie te illustreer. (3)
3.2.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n stertopologie. (2)
3.3 Die leerders sal 'UTP'-kabels gebruik om die rekenaars by die besigheid op te
stel.
3.3.1 Gee EEN voordeel van die gebruik van 'UTP'-kabels. (1)
3.3.2 Sou dit sinvol wees om veseloptiese kabels in die Internetkafee
te gebruik?
Gee TWEE argumente om jou antwoord te motiveer. (2)
3.4 Dataversending word deur protokolle gereguleer.
3.4.1 Watter protokol word vir 'n veilige webtuiste gebruik? (1)
3.4.2 Wat is die funksie van die VoIP? (1)
3.5 Bestudeer die voorstelling van 'n netwerk hieronder wat deur 'n klein
besigheid gebruik kan word.
Tablet
Roeteerder
Selfoon
VRAAG 3.5.4
3.5.1 Waarvoor staan 'VOD'? (1)
3.5.2 Wat is die naam van die fisiese plek in 'n openbare area waar
gebruikers Wi-Fi-toegang gegee kan word om kabelloos op hulle
mobiele toestelle aan die Internet te koppel? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/2016
SSE
3.5.3 Wat is die funksie van 'n IDV ('ISP')? (1)
3.5.4 Wat stel die simbool voor wat deur die swart pyl in die diagram
aangedui word? (1)
3.5.5 Bluetooth-tegnologie kan deur 'n selfoon gebruik word om sy
Internettoegang te deel.
Noem EEN nadeel van die gebruik van Bluetooth om toegang te
deel. (1)
3.6 Plek-gebaseerde verwerking vereis dat die tegnologie die plek vanaf 'n toestel
na die rekenaar wat dit verwerk, stuur.
3.6.1 Watter tegnologie word gewoonlik vir plek-gebaseerde verwerking
gebruik? (1)
3.6.2 Stel EEN voordeel vir die eienaars van die Internetkafee voor
indien hulle plek-gebaseerde verwerking sou gebruik. (1)
3.7 Die leerders sal hulle mobiele toestelle gebruik om e-pos te stuur en te
ontvang terwyl hulle hulle besigheid bedryf.
3.7.1 Verduidelik hoe 'push'-tegnologie leerders op hoogte van nuwe
e-posse sal hou. (2)
3.7.2 Noem TWEE tekortkominge wanneer e-pos op 'n mobiele toestel
ontvang word. (2)
TOTAAL AFDELING C: 23
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/2016
SSE
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
Die Internetkafee moet rekord hou van die gebruikers en in staat wees om gebruikers
te laat betaal vir die tyd wat hulle op die Internet aangeteken was. 'n Databasis vir
hierdie doel is vir die Internetkafee ontwerp.
4.1 Die GGK ('GUI') van die sagtewarestelsel vir die gebruikers van die
Internetkafee word hieronder getoon.
4.1.1 Motiveer die keuse van radioknoppies ('radio buttons') vir die
Geslag-opsie. (2)
4.1.2 Sonder om die byskrif te verander, stel EEN manier voor waarop
die GGK verander kan word om vir die gebruiker die formaat aan te
dui waarop die tyd ingesleutel behoort te word. (1)
4.1.3 Die integriteit van data is altyd 'n probleem.
Verduidelik die verskil tussen geldige data en korrekte data deur
die inligting in die GGK hierbo te gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/2016
SSE
4.2 Twee tabelle, tblRekenaars en tblGebruikers, is vir die databasis geskep.
tblRekenaars: Hou data oor die rekenaars wat by die Internetkafee gebruik
word.
tblGebruikers: Hou data oor die kliënte wat die rekenaars by die
Internetkafee gebruik.
Die struktuur van die tblRekenaars-tabel word hieronder getoon.
Die struktuur van die tblGebruikers-tabel word hieronder getoon.
Voorbeeld van die inhoud in die tblGebruikers-tabel.
4.2.1 Dui aan hoe die tabelle hierbo gekoppel kan word sodat 'n een-tot-
baie-verwantskap gevorm kan word. (2)
4.2.2 Skryf SQL-kode vir die vrae hieronder.
(a) Vertoon die uittekentyd van die gebruikers wat met
debietkaarte betaal het in sekwensiële volgorde. (4)
(b) Verander die betalingsmetode vir 7311017564076 na
'Kredietkaart'. (3)
(c) Vertoon die getal gebruikers wat kontant betaal het. Die getal
gebruikers moet in 'n veld met die naam TelKontantIds
vertoon word. (4)
(d) Vertoon 'n lys gebruikers wat na 12:00 op 2016/02/25
aangeteken het. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/2016
SSE
4.3 'n Ouditspoor ('audit trail') is opgestel om die integriteit van die databasis
te behou.
Noem die basiese inligting wat tydens 'n ouditspoor vasgelê word. (2)
4.4 Groot hoeveelhede data, vir navorsings- en bemarkingsdoeleindes, word in
'n datapakhuis ('data warehouse') versamel.
4.4.1 Van die data word deur middel van onsigbare datavaslegging
versamel.
Dui TWEE maniere aan waarop data onsigbaar vasgelê word. (2)
4.4.2 Gesofistikeerde sagteware word gebruik om belangrike patrone
tussen die data-items statisties te bepaal.
Wat word hierdie proses genoem? (1)
TOTAAL AFDELING D: 27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/2016
SSE
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
Die groep IT-vriende skryf doelgemaakte programme vir hulle besigheid.
Beantwoord die vrae wat volg om hulle met hulle probleemoplossingsvaardighede
te help.
5.1 Dui aan hoeveel keer elk van die volgende lusse uitgevoer sal word:
5.1.1 k1
herhaal
… instruksies wat uitgevoer moet word
totdat k = 1 (2)
5.1.2 k 0
terwyl k >= 0
begin
… instruksies wat uitgevoer moet word
inkrementeer k
eindig (2)
5.2 Elke gebruiker sal op die stelsel aanteken en 'n objek met die naam
Gebruiker sal met die volgende uitleg geïnstansieer word:
Gebruiker
Velde Metodes
-Naam:string +konstruktor skep()
-Van:string +KryNaam()
-KontakBesonderhede:string +KryVan()
-AantekenTyd:DatumTyd +StelAantekenTyd(AantekenTyd)
+BerekenKoste(UittekenTyd)
5.2.1 Wat beteken dit om 'n objek te instansieer? (2)
5.2.2 Verduidelik die doel van:
(a) 'n Toegangsmetode (1)
(b) 'n Wysigingsmetode (1)
5.2.3 Die koste om 'n Internetaansluiting te gebruik, is R3,00 per minuut.
Die aanteken- en uittekentyd word ingesleutel deur die 24-uur-
horlosiestelsel te gebruik. Byvoorbeeld, die aantekentyd word as
15:25 en die uittekentyd as 16:05 ingesleutel.
Skryf 'n algoritme vir die BerekenKoste(UittekenTyd)-metode in
pseudokode om die koste vir die hoeveelheid tyd te bepaal wat die
gebruiker op die Internet aangeteken was. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/2016
SSE
5.3 Vir een van die speletjies op die rekenaar moet die gebruiker enige
heelgetalwaarde tussen 0 en 100 insleutel. Die rekenaar moet ewekansige
getalle genereer totdat die getal wat gegenereer is, dieselfde is as die een
wat deur die gebruiker ingesleutel is. Die getal waardes wat ewekansig
gegenereer is, moet vertoon word.
'n Algoritme om hierdie probleem op te los word hieronder gegee.
1 Sleutel getal in (byvoorbeeld gebruiker sleutel die getal 40 in)
2 Gevind vals
3 Terwyl nie gevind doen
4 eweKansGet Genereer 'n ewekansige getal in die reeks 0 tot 100
5 As eweKansGet <> getal dan
6 Inkrementeer Teller
7 Anders
8 Gevind waar
9 Einde van lus
10 Vertoon die Tellerwaarde
Hierdie algoritme bevat foute. Kopieer en voltooi die naspeurtabel om die
reëlnommers aan te dui waar foute voorkom. Dui aan hoe die foute
reggemaak kan word.
Gevind Is Gevind eweKansGet Is eweKansGet Teller Vertoon
waar? = getal?
(4)
5.4 Bestudeer die pseudokode-segment hieronder.
X 0
Y 1
Lus(loop) Z van 0 tot 1
Begin
antwoord (X = 1) OR (NOT (Y = 1) OR (Z = 1))
As antwoord waar is dan
afvoer 1
anders
afvoer 0
Vertoon X, Y, Z en afvoer
Eindig lus(loop)
Skryf die waardes neer wat vertoon sal word elke keer as die lus uitgevoer
word. (2)
TOTAAL AFDELING E: 22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/2016
SSE
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Die IT-leerders gaan die Internetkafee vanaf die plaaslike gemeenskapsentrum bedryf
waar een lokaal aan hulle toegeken is. Die lokaal moet opgestel word sodat die
rekenaars in 'n LAN kan koppel en lede van die gemeenskap toegang tot die
verskillende rekenaarfasiliteite kan hê.
6.1 Alle hardeware in die Internetkafee sal met 'n RFID-etiket toegerus wees.
6.1.1 Watter tegnologie word deur RFID-etikette gebruik? (1)
6.1.2 Gee TWEE voordele van 'n RFID-etiket op die hardeware. (2)
6.2 Een van die leerders sal die netwerkadministrateur wees.
6.2.1 Motiveer die behoefte aan 'n netwerkadministrateur. (1)
6.2.2 Daar sal eenmalig 'n wagwoord aan alle gebruikers uitgereik word
wat verander moet word wanneer hulle op die rekenaarstelsel
aanteken.
Behalwe vir die gebruik van letters en syfers, noem TWEE ander
vereistes sodat wagwoorde sterk sal wees. (2)
6.2.3 Die netwerkadministrateur sal afstandstoegang tot die bediener
moet hê.
Noem en bespreek kortliks TWEE tipes afstandstoegang-
tegnologie. (4)
6.2.4 Hoe kan die administrateur die rekenaars teen virusaanvalle
beveilig? (1)
6.2.5 Behalwe om wagwoorde uit te reik en om virusaanvalle te
vermy, noem TWEE ander verantwoordelikhede van die
netwerkadministrateur. (2)
6.3 'n Hulptoonbankfasiliteit is deel van die diens wat deur die leerders gelewer
word. Die lede van die gemeenskap word aangemoedig om vrae oor
rekenaars, etiese kwessies en sekuriteit te vra.
Beantwoord die volgende vrae.
6.3.1 Wat is spam-e-pos? (2)
6.3.2 Stel TWEE maniere voor waarop 'n gebruiker identiteitsdiefstal kan
vermy. (2)
6.3.3 Watter tegniek word gebruik om te verseker dat Skype-oproepe
veilig is? (1)
6.3.4 Party webtuistes het 'n digitale sertifikaat.
Wat is die doel van 'n digitale sertifikaat? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/2016
SSE
6.3.5 Noem TWEE praktiese maniere waarop gebruikers die geldigheid
van die inligting wat hulle op die web vind, kan nagaan wanneer
hulle navorsing doen. (2)
6.3.6 Verduidelik die konsep Internet of Things. (2)
6.3.7 Sommige mense het gekla dat die batterye in hulle altyd-aan-
toestelle nie baie lank hou nie.
Gee hulle TWEE idees oor hoe om die batterylewe van hulle
toestelle te verbeter. (2)
6.3.8 Bestudeer die inligting hieronder.
Verduidelik wat 'n skimverklikker ('rootkit') is. (2)
6.4 Gebruikers sal flieks by die Internetkafee kan aflaai. Sommige gebruikers sou
graag BitTorrent wou gebruik om flieks af te laai.
6.4.1 Watter tipe netwerk word deur BitTorrent ondersteun? (1)
6.4.2 Een nadeel van die gebruik van BitTorrent is die verspreiding van
kwaadwillige sagteware ('malware').
Noem EEN ander nadeel van die gebruik van BitTorrent. (1)
6.5 Daar is baie dienste, soos Google Drive, wat gebruikers toelaat om data en
ander dienste te deel wat lêersinkronisering ('file syncing') aanbied.
6.5.1 Motiveer die gebruik van 'n lêer-deel-diens in plaas daarvan om
'n dokument per e-pos te stuur. (2)
6.5.2 Noem DRIE voordele wat 'n lêer-sinkroniseringsdiens aan
gebruikers bied. (3)
6.6 Die leerders wil 'n besigheid begin om toeps ('apps') vir mobiele toestelle te
ontwikkel.
Noem DRIE aspekte wat oorweeg moet word wanneer toeps vir gebruikers
van mobiele toestelle ontwerp word. (3)
TOTAAL AFDELING F: 37
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2016 Memo (Eng)
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2016 Memo

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2016 Memo (Afr)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum