Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2018 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201821 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2018 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 2 datablaaie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL DRIE afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir die Delphi-programmeringstaal is. 4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word. 5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die datastrukture verskaf word. 9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/November 2018 NSS 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRNov2018.exe gebruik. Doen die volgende: • Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer. • Klik op die 'Extract'-knoppie. • Sleutel die volgende wagwoord in: Rest2Rant*& Nadat dit onttrek is ('extracted'), sal die volgende lys met lêers in die lêergids DataAFRNov2018 beskikbaar wees: LÊERS WAT VERSKAF IS: Vraag1: Vraag1_P.dpr Vraag1_P.dproj Vraag1_P.res Vraag1_U.dfm Vraag1_U.pas Vraag2: BetalingsDB.mdb BetalingsDBRugsteun.mdb ConnectDB_U.pas Vraag2_P.dpr Vraag2_P.dproj Vraag2_P.res Vraag2_U.dfm Vraag2_U.pas Vraag3: Restaurant_U.pas Vraag3_P.dpr Vraag3_P.dproj Vraag3_P.res Vraag3_U.dfm Vraag3_U.pas Vraag4: Besoekers.txt Vraag4_P.dpr Vraag4_P.dproj Vraag4_P.res Vraag4_U.dfm Vraag4_U.pas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/November 2018 NSS AFDELING A VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Doen die volgende: • Maak die onvolledige program in die Vraag1-lêergids oop. • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_U.pas-lêer in. • Kompileer en voer die program uit. Die gebruikerskoppelvlak vertoon VIER oortjieblaaie ('tab sheets') met die byskrifte VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4. Die program het tans geen funksionaliteit nie. • Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1 te voltooi, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 beskryf is. 1.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 1.1] Paneel [1.1 – Vertoon opskrif] Skryf kode om die eienskappe van paneel pnlV1_1 soos volg op te stel: • Agtergrondkleur op lemmetjiegroen ('lime') • Fontkleur op rooi ('red') • Fontgrootte op 20 pt • Opskrif na 'Inligtingstegnologie Vraestel 1' Voorbeeld van afvoer: (4) 1.2 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 1.2] Knoppie [1.2 – Volume] 'n Verskaffer van koeldrankblikkies moet die volume van 'n blikkie bepaal voordat dit met vloeistof gevul word. Alle blikkies word met vloeistof gevul, wat 'n spasie van 1 cm vanaf die bokant oop laat. 1 cm Volume van vloeistof Hoogte van blikkie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/November 2018 NSS Skryf kode om die volgende te doen: • Verklaar veranderlikes vir die hoogte en radius van die blikkie. • Bereken die volume van die vloeistof wat nodig is (volgens die spesifikasies) om 'n blikkie te vul indien die hoogte en radius van die blikkie as toevoer deur die gebruiker verskaf word. Die volume van 'n silinder (blikkie) word soos volg bereken: Volume = pi x radius2 x hoogte van silinder • Gebruik 'n dialoogblokkie om die volume van die vloeistof in die blikkie te vertoon, bereken tot EEN desimale plek. Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die hoogte van die blikkie 5.4 cm en die radius 1.2 cm is: (9) 1.3 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 1.3] Knoppie [1.3 – Vertoon faktore en toets of dit 'n priemgetal is] Skryf kode om die volgende te doen: • Verklaar geskikte veranderlikes. • Maak die 'rich edit'-komponent redV1_3 skoon. • Genereer 'n ewekansige heelgetal in die reeks 5 tot 50 (inklusief). • Bepaal en vertoon die faktore van die gegenereerde getal in die 'rich edit'- komponent redV1_3. • Indien die getal wat gegenereer is, 'n priemgetal is, vertoon die getal en 'n boodskap wat aandui dat dit 'n priemgetal is. LET WEL: • 'n Faktor is 'n getal wat deur 'n ander getal deelbaar is sonder 'n res. • 'n Priemgetal het slegs twee faktore, naamlik die waarde van 1 en die getal self. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/November 2018 NSS Voorbeeld van afvoer as die getal wat gegenereer is, 6 is: Voorbeeld van afvoer as die getal wat gegenereer is, 13 is: (13) 1.4 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 1.4] Knoppie [1.4 – Sleutel reël met instruksies in en vertoon opdragte] 'n Robot moet 'n reël met instruksies ontvang om uit 'n doolhof te beweeg deur nie meer as 10 stappe (treë) vorentoe te gebruik nie. Die robot reageer op die karakters S, R en L, wat die volgende opdragte verteenwoordig: S: Een stap (tree) vorentoe R: Draai regs L: Draai links Voorbeeld van 'n reël met instruksies: SSSRSLSLLSSR Kode is verskaf wat die volgende doen: • Skakel die reël met instruksies wat ingelees is, na hoofletters om en ken die reël met instruksies aan die veranderlike sInstruksies toe. • Maak die afvoerarea redV1_4 skoon. Skryf kode om die volgende te doen: • Vertoon die reël met instruksies wat ingelees is in die afvoerarea redV1_4, gevolg deur 'n oop reël. • Dekodeer die reël met instruksies na kort beskrywende opdragte wat die bewegings van die robot aandui. • Vertoon die beskrywende opdragte in die 'rich edit'-komponent redV1_4, soos getoon in die voorbeeld wat volg. • Sodra die stappe (treë) vorentoe die waarde van 10 oorskry, moet die boodskap 'Getal stappe vorentoe meer as 10' vertoon word en geen van die oorblywende opdragte wat in die reël met instruksies voorkom, moet gedekodeer word nie. LET WEL: Jou kode moet enige reël met instruksies kan dekodeer en nie slegs die reël met instruksies wat in die voorbeelde wat volg, getoon word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/November 2018 NSS Voorbeeld van afvoer as SSSRSLSLLSSR as die reël met instruksies ingesleutel is: Voorbeeld van afvoer as SSSRSLSLLSSRSSSS as die reël met instruksies ingesleutel is: (14) • Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is. • Stoor jou program. • Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/November 2018 NSS AFDELING B VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING Die databasis BetalingsDB bevat die inligting van die personeellede van 'n restaurant. Die databasis bevat twee tabelle, naamlik tblWerknemers en tblBetalings, met data wat spesifiek met die jaar 2017 verband hou. Die databladsye wat aan die einde van die vraestel aangeheg is, verskaf inligting oor die ontwerp van die databasis en die inhoud daarvan. Doen die volgende: • Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag2- lêergids oop. • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_U.pas-eenheidlêer in. • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/November 2018 NSS • Volg die instruksies wat volg om die kode vir elke afdeling, soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi. • Gebruik SQL-kode om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 2.2 te beantwoord. LET WEL: • Die [Herstel databasis]-knoppie is verskaf om die data wat in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die oorspronklike data moet toets, kan jy op hierdie knoppie klik om die data te herstel. • Die inhoud van die databasis word met 'n wagwoord beskerm. Jy sal dus nie met Microsoft Access toegang tot die inhoud van die databasis kan kry nie. • Moet NIE enige van die data wat verskaf is, verander NIE. • Kode is verskaf om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel. • TWEE veranderlikes is as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder beskryf word: Veranderlike Datatipe Beskrywing tblWerknemers TADOTable Verwys na die tabel tblWerknemers tblBetalings TADOTable Verwys na die tabel tblBetalings 2.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 – SQL] In hierdie afdeling mag jy SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te beantwoord. Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te vertoon, word verskaf. Die SQL-stellings is onvolledig. Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/November 2018 NSS Doen die volgende om die onvolledige SQL-stellings wat onderskeidelik aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 per vraag toegeken is, te voltooi: 2.1.1 Knoppie [2.1.1 – Alfabetiese lys] Vertoon AL die besonderhede van werknemers wat alfabeties volgens die van-veld in die tblWerknemers-tabel gesorteer is. Voorbeeld van afvoer van die eerste vier rekords: (3) 2.1.2 Knoppie [2.1.2 – Getal kinders van permanente werknemers] Vertoon die van, voornaam en getal kinders van al die permanente werknemers met meer as drie kinders. Voorbeeld van afvoer van die eerste vier rekords: (5) 2.1.3 Knoppie [2.1.3 – Werknemers betaal op geselekteerde datum] Vertoon die betaalnommer en ID-nommer van al die werknemers wat op 2017/01/17 betaal is. Voorbeeld van afvoer: (6) 2.1.4 Knoppie [2.1.4 – Vee betaling uit] Vee die rekord met die betaalnommer 110 uit die tblBetalings- tabel uit. Kode is verskaf om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat die inhoud van die databasis verander is. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/November 2018 NSS 2.1.5 Knoppie [2.1.5 – Totale netto salarisse per maand] Die netto salaris van 'n werknemer word bereken deur die aftrekkings van die bruto salaris af te trek. Bereken en vertoon die totale bedrag wat die restaurant per maand aan netto salarisse betaal het. Vertoon die maand deur die veldnaam MaandNom te gebruik en vertoon die berekende bedrag deur die veldnaam TotaleBedragBetaal te gebruik. Formateer die bedrag as geldeenheid. Voorbeeld van afvoer vir die eerste drie maande indien die oorspronklike data gebruik is: (8) 2.2 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 – Delphi-kode] In hierdie afdeling mag slegs Delphi-programmeringskode gebruik word om VRAAG 2.2.1 tot VRAAG 2.2.3 te beantwoord. GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie. Die gebruikerskoppelvlak vir VRAAG 2.2 word hieronder vertoon. 2.2.1 Knoppie [2.2.1 – Tydelike werknemers] Skryf kode om die van, voornaam en getal kinders van al die tydelike werknemers uit die tblWerknemers-tabel in die 'rich edit'- komponent redV2 te vertoon. LET WEL: Kode is vir opskrifte en kolomme verskaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/November 2018 NSS Voorbeeld van afvoer vir eerste vier rekords: (6) 2.2.2 Knoppie [2.2.2 – Voeg 'n werknemer by] Skryf kode om 'n rekord by die tblWerknemers-tabel te voeg. Die data van die werknemer wat bygevoeg moet word, word hieronder gegee: Van: Zwelini Voornaam: Lungile ID-nommer: 7601050179081 Permanent: Yes Kinders: 3 Voorbeeld van die laaste paar rekords in die tblWerknemers-tabel nadat die rekord vir Lungile bygevoeg is: (5) 2.2.3 Knoppie [2.2.3 – Dateer aftrekkings op] Die aftrekkingsbedrag vir 'n spesifieke betaling is verkeerd ingesleutel. Die gebruiker moet 'n rekord uit die DBGrid dbgBetalings selekteer. Skryf kode om die aftrekkingsveld van die rekord wat geselekteer is, op te dateer deur die aftrekkingsbedrag met 1% van die bruto salaris te verhoog. Voorbeeld van inhoud van rekord indien betaalnommer 112 geselekteer is: Voorbeeld van opgedateerde inhoud van rekord met betaalnommer 112: (4) • Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is. • Stoor jou program. • Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/November 2018 NSS AFDELING C VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING 'n Nuwe restaurant benodig sagteware om 'n identifikasiekode saam te stel en personeelgetalle te bestuur. Doen die volgende: • Maak die onvolledige program in die Vraag3-lêergids oop. • Maak die onvolledige objekklas Restaurant_U.pas oop. • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die Vraag3_U.pas- en Restaurant_U.pas-lêer in. • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon: • Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 vir die Restaurant_U-objekklas gespesifiseer en in VRAAG 3.2 vir die Vraag3_U-vormklas. 3.1 Die onvolledige objekklas (TRestaurant) wat verskaf is, bevat die volgende: • Verklarings van drie attribute wat 'n Restaurant-objek definieer • 'n Voltooide toString-metode Die attribute vir die Restaurant-objek is soos volg verklaar: Name van attribute Beskrywing fNaam Naam van die restaurant fJaarGeopen Jaar waarin die restaurant oopgemaak het in die formaat JJJJ fAantWerknemers Die getal werknemers by die restaurant Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/November 2018 NSS 3.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die naam van die restaurant, die jaar waarin die restaurant oopgemaak het en die getal werknemers as parameterwaardes sal ontvang. Ken hierdie waardes aan die onderskeie attribute toe. (5) 3.1.2 Skryf kode vir 'n metode met die naam getAantWerknemers wat die getal werknemers sal terugstuur. (2) 3.1.3 Skryf kode vir 'n metode met die naam vermeerderAantWerknemers om 'n heelgetalwaarde as 'n parameter te ontvang. Die getal werknemers moet met die waarde wat as 'n parameter ontvang is, vermeerder word. (3) 3.1.4 Skryf kode vir 'n metode met die naam skepKode wat die volle naam van die eienaar as 'n parameter ontvang en 'n identifikasie-kode in die volgende formaat saamstel en terugstuur: %$JJJJ waar: % die eerste letter van die naam van die restaurant verteenwoordig $ die laaste twee letters van die volle naam van die eienaar verteenwoordig JJJJ die jaar waarin die restaurant oopgemaak het, verteenwoordig Voorbeeld van 'n identifikasiekode vir die volgende toevoerwaardes: Restaurant se naam: Simply Fabulous Food Jaar oopgemaak: 2018 Eienaar se volle naam: Pieter van Wyk Identifikasiekode: Syk2018 (7) 3.2 Die onvolledige eenheid Vraag3_U wat verskaf is, bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en 'n objekveranderlike objRestaurant. Volg die instruksies hieronder om die oplossing te kodeer. 3.2.1 Knoppie [3.2.1 – Instansieer en vertoon objek] Die gebruiker moet die naam van die restaurant, die jaar waarin restaurant oopgemaak het en die getal werknemers insleutel deur die komponente wat verskaf is, te gebruik. Die volgende toevoerdata is verskaf om die program te toets: Restaurant se naam: Simply Fabulous Food Jaar oopgemaak: 2018 Getal werknemers: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/November 2018 NSS Skryf kode om die volgende te doen: • Gebruik die data wat ingesleutel is om 'n restaurant-objek te instansieer. • Gebruik die toString-metode om die besonderhede van die objek in die 'rich edit'-komponent redV3 te vertoon. (8) 3.2.2 Knoppie [3.2.2 – Identifikasiekode] Die gebruiker moet die volle naam van die eienaar in die redigeerblokkie ('edit box') wat vir toevoer verskaf is, insleutel. Skryf kode om die volgende te doen: • Roep die skepKode-metode deur die eienaar se volle naam as 'n argument te gebruik. • Vertoon die gekompileerde identifikasiekode in die redigeerblokkie edtIDKode. Voorbeeld van afvoer as die toetsdata, wat as toevoerwaardes in VRAAG 3.2.1 verskaf is, gebruik is en Pieter van Wyk as die volle naam van die eienaar gebruik is: (3) 3.2.3 Knoppie [3.2.3 – Voeg werknemers by] Die gebruiker moet die getal werknemers wat in die edtVoegby- redigeerblokkie bygevoeg moet word, insleutel. Kode is verskaf om 'n konstante veranderlike met die naam iMaksWerknemers te verklaar wat die maksimum getal werknemers by die restaurant verteenwoordig en stel die waarde daarvan op 40. Skryf kode om die volgende te doen: • Onttrek die getal werknemers wat uit die redigeerblokkie ingevoer is. • Bepaal of die getal werknemers wat onttrek is, bygetel kan word sonder om die maksimum getal werknemers by die restaurant te oorskry. • Indien die getal werknemers bygevoeg kan word: o Roep die relevante metode om die getal werknemers te vergroot. o Vertoon die totale getal werknemers in die edtOpgedateer-redigeerblokkie. • Indien die getal werknemers wat ingesleutel is, nie bygetel kan word nie (oorskry die maksimum getal werknemers), vertoon 'n geskikte boodskap in die edtOpgedateer-redigeerblokkie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/November 2018 NSS Voorbeeld van afvoer vir die toetsdata wat in VRAAG 3.2.1 gebruik is en die waarde 4 word nou ingesleutel vir die werknemers wat bygevoeg moet word: Voorbeeld van afvoer vir die toetsdata wat in VRAAG 3.2.1 gebruik is en die waarde 20 word nou ingesleutel vir die werknemers wat bygevoeg moet word: (10) • Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en vormklas ingesleutel is. • Stoor al die lêers. • Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING C: 38 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/November 2018 NSS AFDELING D VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING SCENARIO 'n Plaaslike restaurant het rekord gehou van die getal klante wat per dag gedurende die afgelope jaar die restaurant besoek het. Doen die volgende: • Maak die onvolledige program in die Vraag4-lêergids oop. • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_U.pas-lêer in. • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon: Die program bevat die kode wat hieronder getoon word vir die verklaring van drie skikkings met die name arrDae, arrTempKlante en arrKlante. • arrDae is 'n konstante skikking wat afkortings vir die sewe dae van die week bevat. • arrTempKlante is 'n konstante skikking wat SLEGS gebruik moet word om VRAAG 4.2 te beantwoord indien jou kode om arrKlante te vul in VRAAG 4.1 NIE suksesvol was NIE. • arrKlante is verklaar met 'n maksimum grootte van 31 elemente. const arrDae : array[1..7] of String = ('Son', 'Maa', 'Din', 'Woe', 'Don', 'Vry', 'Sat'); arrTempKlante : array[1..31] of integer = (248, 81, 189, 141, 163, 163,233, 64, 145, 188, 108, 124, 120, 130, 57, 64, 131, 54, 138, 71, 75, 152, 126, 170, 56, 157, 230, 82, 199, 119, 136); var arrKlante : array[1..31] of integer; Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/November 2018 NSS 'n Tekslêer met die naam Besoekers.txt is verskaf en bevat 365 reëls met data wat die getal klante verteenwoordig wat die restaurant van 1 Januarie 2017 tot 31 Desember 2017 besoek het. Elke reël data bevat 'n datum (dag-maand), 'n hutskarakter (#) en 'n getal wat die getal klante wat die restaurant op daardie datum besoek het, aandui. Die data word in die volgende formaat gestoor: <datum>#<getal klante> Voorbeeld van reëls data in die tekslêer: 1-Jan#177 2-Jan#96 3-Jan#152 : 31-Jan#152 1-Feb#174 : 31-Des#250 Verduideliking van die eerste twee reëls data in die Besoekers.txt-tekslêer: Op 1 Januarie het 177 klante die restaurant besoek. Op 2 Januarie het 96 klante die restaurant besoek. LET WEL: • Moet NIE die kode wat verskaf is, verander NIE. • Pas goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp in jou oplossing toe. Voltooi die kode soos in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2 hieronder beskryf word. 4.1 Knoppie [4.1 – Vul klante-skikking] Die gebruiker moet 'n maand uit die cmbMaande-kombinasielys ('combo box') selekteer. Gebruik die tekslêer Besoekers.txt om die arrKlante-skikking met die data van die geselekteerde maand te vul. Voorbeeld van die inhoud van die skikking as Mei geselekteer is: arrKlante 1 248 2 81 3 189 : : 31 136 'n Boodskap moet vertoon word wat aandui dat die skikking suksesvol gevul is. (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/November 2018 NSS 4.2 Knoppie [4.2 – Vertoon] Gebruik die cmbDae-kombinasielys ('combo box') om 'n dag van die week as die eerste dag van die maand te selekteer. Gebruik die geselekteerde dag en die gevulde skikking uit VRAAG 4.1 en skryf kode om 'n kalender te vertoon, soos hieronder getoon. Die getal klante wat die restaurant elke dag besoek het, moet tussen hakies vertoon word. Voorbeeld van afvoer as Vrydag as die eerste dag van Mei geselekteer is: LET WEL: Kode om die opskrifte en subopskrifte te vertoon, is verskaf. Voorbeeld van afvoer as Woensdag as die eerste dag van Februarie geselekteer is: (18) • Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is. • Stoor jou program. • Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING D: 32 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 1 DBE/November 2018 NSS INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 VRAAG 2: DATABASISINLIGTING ONTWERP VAN DIE DATABASISTABELLE: Tabel: tblWerknemers Hierdie tabel bevat die persoonlike inligting van die werknemers wat by die restaurant werk. Field name Data type Description WerknemerNommer AutoNumber 'n Unieke nommer wat aan elke werknemer toegeken is Van Text (20) Die van van die werknemer Voornaam Text (20) Die voornaam van die werknemer IDNommer Text (15) Die Suid-Afrikaanse ID-nommer van die werknemer Permanent Boolean Boolese veld wat aandui of die werknemer deel van die permanente personeel is of nie Kinders Number Getal kinders wat van die werknemer afhanklik is Voorbeeld van data van die eerste tien rekords: Tabel: tblBetalings Hierdie tabel bevat die rekords van al die betalings wat gedurende die afgelope jaar (2017) aan die werknemers gemaak is. Field name Data type Description BetaalNommer AutoNumber 'n Unieke nommer wat aan 'n betaling wat aan 'n werknemer gemaak is, toegeken is WerknemerNommer Number 'n Nommer wat die werknemer wat die betaling ontvang het, identifiseer BetaalDatum Date/Time Die datum waarop die betaling gemaak is BrutoSalaris Currency Die salaris voor aftrekkings Aftrekkings Currency Die totale bedrag wat van die bruto salaris afgetrek gaan word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2018 NSS Voorbeeld van data van die eerste tien rekords: Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die twee tabelle in die databasis: Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all