Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers _hlayiso.com_--9af7e827-a70d-49e8-bc80-27fcfd2cf2ff/v1-ac715ce16afc4e2e29d2/card.webp)
_hlayiso.com_--583b954e-0b96-4adf-b8cf-99a3857368bf/v1-b148f486de1ccdb1482b/card.webp)




View all





Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP
Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 943.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2013
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Biodiversity and classification of micro-organisms20 marks
- Question 1.2Biodiversity and classification of micro-organisms10 marks
- Question 1.3Biodiversity and classification of micro-organisms20 marks
- Question 2.1Biodiversity and classification of micro-organisms8 marks
- Question 2.2Biodiversity and classification of micro-organisms11 marks
- Question 2.3Biodiversity in animals6 marks
Show all 12 questions
- Question 2.4Human impact on the environment15 marks
- Question 3.1Human impact on the environment8 marks
- Question 3.2Human impact on the environment9 marks
- Question 3.3Human impact on the environment12 marks
- Question 3.4Biodiversity in plants and reproduction11 marks
- Question 4.1Human impact on the environment20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.
3. Begin die antwoorde vir ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag beantwoord
word NIE, sal kandidate punte verbeur.
6. Maak alle sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Bakterieë is ...
A eensellig en sonder ʼn selkern.
B eensellig en parasities in plante en diere.
C mikroskopiese plante met ʼn saprofitiese voedingswyse.
D eensellig met ʼn selkern en parasities in plante en diere.
1.1.2 Virusse het ʼn ...
A nukleïensuurkern en proteïenomhulsel.
B DNA-bevattende kern en ʼn vetomhulsel.
C nukleïensuurkern en ʼn plasmamembraan.
D DNA-kern en ʼn proteïenomhulsel.
1.1.3 Die volgende is ʼn lys wat virusse beskryf:
(i) Speel ʼn belangrike rol as ontbinders
(ii) Is die hoofpatogene in die mens
(iii) Is parasities
(iv) Vermeerder binne-in gasheerselle
Watter van die volgende is van biologiese belang in virusse?
A (i); (ii) en (iii)
B (ii); (iii) en (iv)
C (i); (iii) en (iv)
D (ii) en (iv)
1.1.4 Briofiete is terrestriële plante met GEEN ...
A sellulose.
B risoïede.
C vaatweefsel.
D sporofiet-fase.
1.1.5 Blare wat sporangieë dra word … genoem.
A sporofille
B sori
C keëls
D sporogoniums
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2013)
1.1.6 Die oorsake van aardverwarming kan geklassifiseer word as:
A ʼn Biofisiese kwessie
B ʼn Politieke kwessie
C ʼn Sosio-ekonomiese kwessie
D Al die bogenoemde
1.1.7 Die hoeveelheid en gehalte van die water word onderhou deur ...
A die bou van verskeie damme langs die strome van ʼn
opvangsgebied.
B skoonmaak van vleilande langs strome in die opvanggebied.
C herbebossing van die opvanggebied met inheemse bome.
D sny van kanale om water uit vleilande na strome en riviere te
herlei.
1.1.8 ʼn Watermonster geneem vanuit ʼn stroom onthul die
teenwoordigheid van die volgende ongewerweldes: bloedsuiers,
rot-stert maaiers, bloedwurms, en naaldekoker larwes. Dit dui
daarop dat die stroom ... is.
A skoon en sonder besoedellende stowwe
B geskik vir menslike gebruik stroomaf
C erg besoedel
D besoedel
1.1.9 ʼn Saad en ʼn spoor verskil ten opsigte daarvan dat:
A Spore diploïed en sade haploïed is
B Spore dehidrasie kan weerstaan terwyl sade nie
C Spore gamete is terwyl sade aan nuwe plante oorsprong gee
D Spore slegs eensellig kan wees
1.1.10 Triploblastiese diere wat nie ʼn deurlopende spysverteringskanaal
en seloom het nie:
A Cnidaria
B Platwurms
C Annelida
D Arthropoda (10 x 2) (20)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die vegetatiewe deel van ʼn swam
1.2.2 Die bakterieë soort wat bolvormig is
1.2.3 ʼn Verhouding tussen twee organismes wat saamleef tot voordeel
van een of albei organismes
1.2.4 Die konsentrasie van sinsorgane aan die anterior kant van ʼn dier
se liggaam wat tot die vorming van ʼn kop lei
1.2.5 Medisyne wat veg teen infeksies wat deur bakterieë veroorsaak
word
1.2.6 ʼn Vloeistof gevulde holte wat met mesoderm uitgevoer is
1.2.7 Plekke waar sade gestoor word om te help om biodiversiteit te
bewaar
1.2.8 Die verdeling van die liggaam van ʼn dier in ʼn reeks van soortgelyke
eenhede
1.2.9 Die bergingsweefsel wat in die embriosak gevind word
1.2.10 Diere wat aan ʼn substraat vasgeheg is (10 x 1) (10)
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2013)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 ʼn Afdeling van die plante met ʼn A Gimnosperme
vaskulêre-stelsel, sade, en geen blomme B Angiosperme
1.3.2 Die doel van blomme A Lok bestuiwers
B Vorm vrugte
1.3.3 Tree as ontbinders op A Lintwurms
B Slakke
1.3.4 ʼn Liggaamsplan met twee lae selle A Triploblasties
B Diploblasties
1.3.5 Hierdie laag is verantwoordelik vir die A Mesoderm
ontwikkeling van organe B Endoderm
1.3.6 ʼn Produk, wat tydens die maak van bier A Alkohol
gevorm word B Koolstofdioksied
1.3.7 Baie van hulle is parasiete en het dus ʼn A Platyhelminthes
negatiewe invloed op landbou B Annelida
1.3.8 Die hoogs aangepaste blomblare, wat A Vrugblare
die stamper van die blom vorm B Kroonblare
1.3.9 Die begin van die groei van die saad A Bestuiwing
B Ontkieming
1.3.10 Die buitenste laag van die saadknop A Blombodem
B Mikropilum
(10 x 2) (20)
TOTAAL AFDELING A: 50
•
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die grafiek hieronder wat die liggaam se reaksie op inenting deur
ʼn inspuiting en ʼn versterkingsinspuiting toon. Beantwoord die vrae wat volg.
2.1.1 Noem TWEE algemene maniere hoe entstowwe toegedien word. (2)
2.1.2 Wat in die inenting stimuleer die liggaam om teenliggaampies te
vorm? (1)
2.1.3 Watter selle in die immuunstelsel produseer die teenliggaampies? (1)
2.1.4 Wat het met die teenliggaamvlak na die eerste inspuiting gebeur? (2)
2.1.5 Wat het met die teenliggaamvlak na die tweede inspuiting gebeur? (2)
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2013)
2.2 Die volgende tabel toon hoe effektief Na-Blootstellingsprofilakse (PEP)-
dwelms is as dit na verskillende periodes van blootstelling aan die MI-virus
geneem word. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Tydperk van blootstelling (ure) 0 24 72 76 96
Doeltreffendheid (%) 100 100 52 0 0
2.2.1 Teken ʼn eenvoudige lyngrafiek om bostaande inligting aan te toon. (7)
2.2.2 Hoe effektief sal PEP dwelms wees as dit 48 uur na blootstelling
aan MIV geneem word? (2)
2.2.3 ʼn Skoolseun raak met sy kaal hande aan die bloed van ʼn beseerde
rugbyspeler op ʼn Vrydagmiddag. Op advies van sy ouers het hy
besluit om sy dokter te gaan sien, maar doen dit eers die volgende
Dinsdag. Dink jy dat die dokter het hom PEP-dwelms sou gee?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
2.3 Bestudeer die diagram wat drie diere verteenwoordig en beantwoord die
vrae wat volg.
A B C
2.3.1 Watter soort simmetrie het elkeen van die diere? (3)
2.3.2 Verduidelik die voordele vir die diere (A en C) om hierdie soort
simmetrie te hê. (3)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
2.4 Lees die inligting oor renosterstroping en verwys na die grafiek om die vrae
wat volg te beantwoord.
Renosterstropery steeds aan die toeneem
Ekonomiese kragte dryf renosterstropery. Die aantal renosters wat
onwettig doodgemaak was in Suid-Afrika gedurende die eerste 134 dae van
2013 het ʼn verbysterende 313 bereik – net 20 minder as 2010 se dodetal
van 333. Renosters word gestroop vir hul horings wat hoë pryse in Asië
behaal – renosterhorings was in 2011 verkoop vir R400 000 per kilogram. In
Asië word renosterhoring gebruik vir medisinale doeleindes. Die verbod op
die handel in renosterhoring het nie gehelp nie, want die swartmark-prys van
die horings het net toegeneem. Dit het gelei tot ʼn toename in die stropery.
Soveel so dat die weermag in 2011 ingebring is om die stropery te beveg.
Een manier om die renosters te beskerm sou wees om mense oor die ware
medisinale waarde van renosterhoring op te voed. Dit is moeilik om mense
se kulturele oortuigings te verander, aangesien hulle gewoonlik nie op
wetenskaplike feite gebaseer is nie. So, die idee dat ʼn lewende renoster
meer waardevol is as ʼn dooie renoster, is iets wat gebruik kan word om die
renosters te beskerm. Renosterhoring word gemaak van keratien en is
soortgelyk aan naels. Indien die horing afgesny word, sal dit weer begin
groei.
[Aangepas uit: www.rhino-economics.com]
Grafiek 1
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2013)
Beraamde renosterbevolking in Suid-Afrika
vanaf 1993 tot 2010
25000
Totale aantal renosters
1940918780
18352
20000 16273
15941
Grafiek 2 13555
15000
10796
Wit renoster
10000 6376 7095 7913
5000 1916 Swart
867 962 1043 1328 1384 1456 1512 1587 1678
renoster
0
1993 1995 1997 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010
Tyd (jare)
2.4.1 Bereken die totale aantal renosters wat gestroop was in 2010 en
2011. Toon alle berekeninge. (4)
2.4.2 Teken ʼn tabel om die bevolkings van swart en wit renosters in 1997
en 2010 te vergelyk. (4)
2.4.3 Beskryf die tendens van wit renostergetalle soos in grafiek 2
getoon. Verduidelik jou antwoord. (4)
2.4.4 Wat kan gedoen word om renosters teen stropery te beskerm?
Stel DRIE maniere voor. (3)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
VRAAG 3
3.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kaapstad se stortingsterrein-krisis
Ongeveer 6 000 ton afval word tans daagliks in die stad Kaapstad
gegenereer. Vyf-en-vyftig persent van afval wat by die Raad se ses
stortingsterreine beland, word direk ontvang van die industriële en
kommersiële sektore, terwyl die huishoudelike afval van huishoudings vir
ongeveer 30% van die afvalstroom verantwoordelik is.
ʼn Totaal van 1,7 miljoen ton afval was in stortingsterreine in Kaapstad
gedurende 2002 ontvang in vergelyking met die 1,6 miljoen ton in 2001 en
die 1,5 miljoen ton in 2000. Dit is ʼn jaarlikse verhoging van sowat 7%.
Ongeveer 80% van afval uit lae-inkomste huishoudings bestaan uit
organiese afval in vergelyking met dié van gegoede voorstede, wat tipies
ongeveer 60–70% van verpakkingsafval bevat. Van die totale hoeveelheid
afval wat geproduseer word, word meer as 90% deur die stad Kaapstad
gestort.
Daar is ʼn dringende behoefte aan ʼn nuwe stortingsterrein soos die stad voor
die sluiting van die meeste van sy huidige stortingsterreine staan.
Skoonmaakkoste van rommel en storting oorskry R100 miljoen per jaar. Dit
is geld wat aan veel meer belangriker kwessies in die stad bestee kan word,
veral as die behuisingkrisis in ag geneem word.
[Aangepas vanuit: www.capetown.gov.za/en/SolidWaste]
3.1.1 Bereken hoeveel ton huishoudelike afval per dag geproduseer
word. Toon alle berekeninge. (3)
3.1.2 Stortingsterreine is bekend daarvoor om besoedeling in die
omgewing te veroorsaak. Beskryf kortliks TWEE moontlike
maniere hoe dit kan gebeur. (4)
3.1.3 Noem EEN manier hoe laer inkomste huishoudings die
hoeveelheid afval wat hulle na stortingsterreine stuur, kan
verminder. (1)
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2013)
3.2 Lees die volgende paragraaf en beantwoord die vrae wat volg.
Hedendaagse plaag
Ontbossing is die permanente vernietiging van inheemse woude en
bosveld. Een van die redes vir ontbossing is die omskakeling van woude en
boswêreld tot landbougrond om die groeiende getalle van mense te voed.
Tans word ongeveer 12 miljoen hektaar woude jaarliks skoongemaak. Met
die verlies aan beskermende dekking van plantegroei deur ontbossing, word
meer grond verloor. Jaarlikse verliese aan grond in Suid-Afrika word geskat
op 300–400 miljoen ton. Ons woude tree ook op as ʼn groot koolstof-stoor
omdat koolstofdioksied (CO2) uit die atmosfeer geneem word. Huidiglik kom
tot 20 persent van die globale koolstofvrystellings van ontbossing en die bos
agteruitgang – meer as die totale uitlaatgasse van die globale vervoer-
sektor.
Ontbossing sal ook ʼn impak op die watersiklus hê, want bome is
verantwoordelik om grondwater deur hul wortels op te neem en dit in die
atmosfeer vry te stel (transpirasie). Byna al hierdie ontbossing vind in die
klam woude en oop boswêreld van die trope (keerkringe) plaas. Teen
hierdie koers, kan alle klam tropiese woude verlore gaan teen die jaar 2050.
[Aangepas uit: www. botany.uwc.ac.za]
3.2.1 Verduidelik hoe die verwydering van plante deur ontbossing lei tot
ʼn toename in die konsentrasie van kweekhuise-gasse. (3)
3.2.2 Verduidelik hoe ontbossing gronderosie verhoog. (3)
3.2.3 Verduidelik hoe ontbossing die watersiklus beïnvloed. (3)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
3.3 Bestudeer die grafiek hieronder, wat die hoeveelheid osoonvermindering in
die stratosfeer tussen 1982 en 1996 aantoon.
3.3.1 Lewer kommentaar oor die osoonvermindering gedurende die
tydperk 1982–1996. (4)
3.3.2 Hoeveel van die osoon het vanuit die atmosfeer in 1990 verlore
gegaan? (1)
3.3.3 Behalwe chloorfluoorkoolstowwe (CFK's), noem DRIE ander
kweekhuisgasse. (3)
3.3.4 CFK’s kan vir 100 jaar in die atmosfeer bly. Wat is die implikasie
hiervan vir die osoonlaag? (1)
3.3.5 Gee DRIE moontlike redes vir die afname in osoonvermindering na
1994. (3)
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2013)
3.4 Bestudeer die diagram wat ʼn filogenetiese boom van vier plantspesies toon
en beantwoord die vrae wat volg.
3.4.1 Verskaf ʼn definisie van ʼn filogenetiese boom. (2)
3.4.2 Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. In elke geval
gee ʼn rede vir jou antwoord.
(a) Die soliede sirkel genommer 3 verteenwoordig die
gemeenskaplike voorouer van die suikerbos, palm- en mielie-
plant. (2)
(b) Die suikerbos is nader verwant aan die denneboom as wat dit
is aan die mielieplant, want hulle is langs mekaar op die
filogenetiese boom geleë. (2)
(c) Palmbome het ontstaan uit dennebome. (2)
(d) Suikerbos, palmbome en mielieplante is almal blomplante. (2)
3.4.3 Hoeveel miljoen jare gelede het die voorouer van die palm- en
mielieplant van mekaar geskei? (1)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
AFDELING C
VRAAG 4
4.1 Eutrofikasie en suurmynwater-dreinering is twee van die belangrikste
watergehalte probleme in Suid-Afrika. Skryf ʼn mini-opstel en beskryf wat dit
is, wat dit veroorsaak en die uitwerking daarvan op die omgewing.
Inhoud (17)
Sintese (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm
van vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--9af7e827-a70d-49e8-bc80-27fcfd2cf2ff/v1-ac715ce16afc4e2e29d2/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 Memo
_hlayiso.com_--583b954e-0b96-4adf-b8cf-99a3857368bf/v1-b148f486de1ccdb1482b/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 National Exemplar November 2013 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 National Exemplar November 2013 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Memorandum