Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to content





View all





Life Sciences Grade 12 Life Sciences 2021 Guideline (Afr)
Grade 12 Life Sciences exam guideline from the Life Sciences 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download.
Life Sciences · Grade 12 · Life Sciences · 2021. Exam guideline, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Life Sciences
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 512.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. SPESIFIEKE DOELWITTE VIR GRAAD 12 (KABV) 4
3. ASSESSERING IN GRAAD 12
3.1 Gewigstoekenning van kognitiewe vlakke vir graad 12 (KABV) 4
3.2 Gewigstoekenning van moeilikheidsgrade (KABV GEWYSIG) 4
3.3 Volgorde van onderwerpe vir graad 12 (KABV GEWYSIG) 5
3.4 Program van formele assessering vir graad 12 (KABV) 5
3.5 Formaat van die vraestel (KABV GEWYSIG) 5
3.6 Die verspreiding van onderwerpe oor die twee vraestelle (KABV GEWYSIG) 6
4. UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV GEWYSIG) 7–17
5. SLOT 18
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Lewenswetenskappe beskryf die
aard en doel van die vak Lewenswetenskappe. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is
van die onderrig en assessering van die vak in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
Seniorsertifikaat-eksamen (NSS)-eksamen in Lewenswetenskappe geassesseer gaan word.
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.
Hierdie eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV): Lewenswetenskappe
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasiona-
le Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk
(NKR), rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasiona-
le Kurrikulumstelling, graad R–12
Graad 12 Verkorte KABV Wysigings aan Afdeling 4 (Implementering: Januarie 2021)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
2. SPESIFIEKE DOELWITTE VIR GRAAD 12 (KABV)
Daar is drie breë vakspesifieke doelwitte in Lewenswetenskappe wat verband hou met die doel
van die leer van wetenskap, soos hieronder aangedui.
SPESIFIEKE UITBREIDING
DOELWIT
Spesifieke Doel 1 Hou verband met die ken van die vakinhoud
Spesifieke Doel 2 Hou verband met die doen van wetenskaplike of praktiese werk en
ondersoeke
Spesifieke Doel 3 Hou verband met die begrip van toepassings van Lewenswetenskappe in
die alledaagse lewe, sowel as 'n begrip van die geskiedenis van
wetenskaplike ontdekkings en die verhouding tussen inheemse kennis
en wetenskap
Hierdie spesifieke doelwitte word in groter besonderhede in die KABV-beleidsdokument
(bladsy 13–18) beskryf. Dit is belangrik dat hierdie spesifieke doelwitte in beide leer en
assessering aangepak word.
3. ASSESSERING IN GRAAD 12
Assessering in graad 12 moet voorsiening maak vir die verskillende vermoëns van leerders deur
'n verskeidenheid kognitiewe vlakke en moeilikheidsgrade te dek. Dit, tesame met die
vakinhoud, spesifieke doelwitte en 'n verskeidenheid vaardighede, moet gebruik word om die
beplanning en ontwikkeling van assesseringstake toe te lig.
3.1 GEWIGSTOEKENNING VAN KOGNITIEWE VLAKKE VIR GRAAD 12 (KABV)
Die volgende gewigstoekennings is van toepassing op assesseringstake wat vir graad 12
opgestel word:
KATEGORIE KOGNITIEWE VLAKKE PERSENTASIE
A Kennis 40
B Verstaan/Begrip 25
C Toepassing 20
D Analise, Sintese en Evaluering 15
3.2 MOEILIKHEIDSGRADE VIR EKSAMENS EN TOETSE (KABV GEWYSIG)
30% 40% 25% 5%
Maklik vir die Matig uitdagend vir die Moeilik vir die ge- Baie moeilik vir die gemiddelde
gemiddelde gemiddelde leerder om middelde leerder leerder om te antwoord. Die vaardig-
leerder om te te antwoord. om te antwoord. hede en kennis wat nodig is om die
antwoord. vraag te beantwoord, maak voorsie-
ning vir vlak 7-leerders (uiters hoë-
presterende/leerders met 'n hoë ver-
moë) om teen ander leerders met
'n hoë vermoë/vaardighede te
diskrimineer.
Die raamwerk vir denke oor vraag/item moeilikheidsgraad bestaan uit die volgende vier algemene
kategorieë van moeilikheidsgraad:
Inhoud (Onderwerp/konsep) moeilikheidsgraad
Stimulus (vraag- en bronnemateriaal) moeilikheidsgraad
Taak (proses) moeilikheidsgraad en
Verwagte antwoord (memo) moeilikheidsgraad
Verwys na die Graad 12 Verkorte KABV-wysigings van Afdeling 4 vir die raamwerk om oor die
moeilikheidsgraad van vrae te dink.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
3.3 VOLGORDE VAN ONDERWERPE VIR GRAAD 12 (KABV GEWYSIG)
Die volgende volgorde van onderwerpe word vir graad 12 voorgestel, gebaseer op die
progressiewe ontwikkeling van konsepte deur die verskillende onderwerpe:
1. DNS/DNA: Die Kode van die Lewe
2. Meiose
3. Voortplanting by Vertebrate
4. Menslike Voortplanting
5. Genetika en Oorerwing
6. Reaksie op die Omgewing (Mense)
7. Menslike Endokrienstelsel en Homeostase in die Mens
8. Reaksie op die Omgewing (Plante)
9. Evolusie
3.4 PROGRAM VAN FORMELE ASSESSERING VIR GRAAD 12 (KABV)
Daar is 'n paar veranderinge aan die Program van Assessering vir graad 12, wat op bladsy 70 van
die KABV-beleidsdokument genoem word, gemaak. Verwys na Verkorte Afdeling 4 Wysigings.
3.5 FORMAAT VAN DIE VRAESTEL
Die eksamen sal uit twee vraestelle van 2½ uur en 150 punte elk bestaan.
Elke vraestel het die volgende formaat:
AFDELING TIPES VRAE Punte
A Kortantwoord-vrae soos meervoudigekeuse-vrae,
50
terminologie, kolom/item en pasitems
B 'n Verskeidenheid vraagtipes:
Twee vrae van 50 punte elk, onderverdeel in 'n 2 x 50 = 100
aantal subvrae. Elkeen kan verder onderverdeel word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
3.6 DIE VERSPREIDING VAN ONDERWERPE VIR DIE TWEE VRAESTELLE
(KABV GEWYSIG)
VRAESTEL 1
ONDERWERP GEWIG
% PUNTE
Kwartaal 1:
Voortplanting by Vertebrate 5 8
Menslike Voortplanting 27 41
Kwartaal 2:
Reaksie op die Omgewing (mense) 36 54
Kwartaal 3:
Reaksie op die Omgewing (plante) 9 13
Kwartaal 2 en 3:
Endokrien en Homeostase (mense) 23 34
TOTAAL 100 150
VRAESTEL 2
ONDERWERP GEWIG
% PUNTE
Kwartaal 1:
DNS/DNA: Die Kode van die Lewe 18 27
Meiose 14 21
Kwartaal 1 en 2:
Genetika en Oorerwing 32 48
Kwartaal 3:
Evolusie 36 54
TOTAAL 100 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
4. UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV GEWYIG)
'n Onderwerpgebaseerde uitbreiding volg hieronder wat bloot die basiese inhoud wat gedek moet
word, kortliks beskryf. Hierdie inhoud kan op al vier kognitiewe vlakke getoets word.
DNS/DNA: DIE KODE VAN DIE LEWE Kwartaal 1 2 weke
Vraestel 2: 27 punte
Inhoud UITBREIDING
Inleiding Hersiening van die bou van die sel met die klem op die ribosoom, sitoplasma
en die dele van die selkern/nukleus
Die twee soorte nukleïensure: DNS/DNA en RNS/RNA
Nukleïensure bestaan uit nukleotiede
DNS/DNA: ligging, Ligging van DNS/DNA:
struktuur en funksies Teenwoordig in die selkern (selkern-DNS/DNA) – vorm gene op
chromosome
Teenwoordig in mitochondria (mitochondriale DNS/DNA)
Teenwoordig in chloroplaste (plante)
Kort geskiedenis van die ontdekking van die DNS/DNA-molekuul (Watson &
Crick, Franklin & Wilkins)
Struktuur van DNS/DNA
Die natuurlike vorm van die DNS/DNA-molekuul is 'n dubbele heliks
Elke string van die heliks bestaan uit 'n volgorde DNS/DNA-nukleotiede
Drie komponente van 'n DNS/DNA-nukleotied:
• Stikstofbasisse wat met swak waterstofbindings aan mekaar gebind is:
o Vier stikstofbasisse van DNS/DNA: adenien (A), timien (T), sitosien (C),
guanien (G)
o Paring van basisse in DNS/DNA vind soos volg plaas: A : T en G : C
Suikergedeelte (deoksiribose in DNS/DNA)
Fosfaat-gedeelte
Stokdiagram van 'n DNS/DNA molekuul om die bou te illustreer
Funksies van DNS/DNA:
DNS/DNA vorm gene wat draers van oorerflike inligting is
DNS/DNA bevat gekodeerde inligting vir proteïensintese
DNS/DNA-replisering Proses van DNS/DNA-replisering:
Wanneer dit in die selsiklus plaasvind
Waar dit in die sel plaasvind
Hoe DNS/DNA-replisering plaasvind (name van ensieme nie vereis nie)
Die belangrikheid van DNS/DNA-replisering
DNS/DNA-profiele Interpretasie van DNS/DNA-profiele
Gebruike van DNS/DNA-profiel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
Inhoud UITBREIDING
RNS/RNA: ligging, Ligging van RNS/RNA:
struktuur en funksies b-RNS/mRNA word in die selkern gevorm en funksioneer by die ribosoom
o-RNS/tRNA word in die sitoplasma aangetref
Struktuur van RNS/RNA:
'n Enkele string molekule wat uit nukleotiede bestaan
Drie komponente van 'n RNS/RNA-nukleotied:
Stikstofbasisse
o Vier stikstofbasisse van RNS/RNA:
o adenien (A), urasiel (U), sitosien (C), guanien (G)
Suikergedeelte (ribose in RNS/RNA)
Fosfaat-gedeelte
Stokdiagram van b-RNS/mRNA en o-RNS/tRNA-molekule om die bou te
illustreer
Funksie van RNS/RNA
RNS/RNA speel 'n rol tydens proteïensintese
Proteïensintese Die rol van DNS/DNA en RNS/RNA in proteïensintese:
Transkripsie
o Die dubbele heliks DNS/DNA draai af.
o Die dubbele stringe van DNS/DNA rits los/swak waterstofbindings breek
om twee aparte stringe te vorm.
o Een string dien as templaat
o om b-RNS/mRNA te vorm
o deur vrye RNS/RNA-nukleotiede van die nukleoplasma te gebruik.
o Die b-RNS/mRNA is 'n komplement van die DNA.
o b-RNS/mRNA bevat nou die gekodeerde boodskap vir proteïensintese.
b-RNS/mRNA beweeg vanaf die selkern tot in die sitoplasma en heg aan •
Translasie
die ribosoom vas.
o Elke o-RNS/tRNA dra 'n spesifieke aminosuur.
o Wanneer die antikodon op die o-RNS/tRNA
o by die kodon van die b-RNS/mRNA pas
o dan bring o-RNS/tRNA die aminosuur wat benodig word, na die
ribosoom.
o (Name van spesifieke kodons, antikodons en hul aminosure
moenie gememoriseer word nie.)
o Aminosure word aan mekaar verbind deur peptiedbindings
o om die proteïen wat benodig word, te vorm.
Eenvoudige diagram om transkripsie en translasie tydens proteïensintese te
illustreer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
MEIOSE Kwartaal 1 1½weke
Vraestel 2: 21 punte
Inhoud UITBREIDING
Inleiding Hersiening van die struktuur van 'n sel met spesifieke verwysing na die dele van
die selkern/nukleus, die sentrosoom en die sitoplasma
Struktuur/bou van chromosome:
Chromosome bestaan uit DNS/DNA (wat gene vorm) en proteïene
Die getal chromosome in 'n sel is 'n kenmerkend van 'n organisme
(bv. mense het 46 chromosome)
Chromosome wat enkele stringe is, word dubbel (twee chromatiede geheg
deur 'n sentromeer) as gevolg van DNS/DNA-replisering
Onderskei tussen:
Haploïede (n) en diploïede (2n) selle in terme van hul chromosoomgetal
Geslagselle (gamete) en somatiese selle (liggaamselle)
Geslagschromosome (gonosome) en outosome
Hersiening van die proses van mitose
Meiose – Die proses Definisie van meiose
Plek waar meiose in plante en diere plaasvind
Meiose is 'n deurlopende proses, maar die gebeure word gerieflikheidshalwe in
verskillende fases ingedeel
Gebeure tydens interfase:
DNS/DNA-replisering vind plaas
o Enkeldraad-chromosome word dubbel
o Elke chromosoom sal nou uit twee chromatiede bestaan wat deur 'n
sentromeer verbind word
o DNS/DNA-replisering help met die verdubbeling van die genetiese
materiaal sodat dit deur die nuwe selle wat na seldeling onstaan, gedeel
kan word
Die gebeure van die volgende fases van Meiose I, deur diagramme te gebruik:
Profase I – sluit 'n beskrywing van oorkruising in
Metafase I – sluit die ewekansige rangskikking van chromosome in
Anafase I
Telofase I
Die gebeure van elke fase van Meiose II, deur diagramme te gebruik:
Profase II
Metafase II – sluit die ewekansige rangskikking van chromosome in
Anafase II
Telofase II
Belangrikheid van Die belangrikheid van meiose:
meiose Produksie van haploïede gamete
Die halverende effek van meiose oorkom die verdubbelingseffek van be-
vrugting, dus instandhouding van 'n konstante chromosoomgetal van een
generasie na die volgende
Meganisme om genetiese variasie te weeg te bring deur:
o Oorkruising
o Die ewekansige rangskikking van chromosome by die ewenaar
Abnormale meiose Nie-disjunksie en die gevolge daarvan
Nie-disjunksie van chromosome op posisie 21 tydens Anafase by mense om
abnormale gamete met 'n ekstra kopie van chromosoom 21 te vorm
Die versmelting tussen 'n abnormale gameet (24 chromosome) en 'n normale
gameet (23 chromosome) wat tot Down-sindroom kan lei
Vergelyking van mi- Ooreenkomste van mitose en meiose
tose en meiose
Verskille tussen mitose en meiose
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
VOORTPLANTING IN VERTEBRATE Kwartaal 1 ½week
(WERWELDIERE)
Vraestel 1: 8 punte
Inhoud UITBREING
Diversiteit van Die rol van die volgende voortplantingstrategieë by diere om voortplanting-
voortplanting- sukses in verskillende omgewings te verhoog (gebruik toepaslike voorbeelde):
strategieë Uitwendige bevrugting en inwendige bevrugting
Ovipaar, ovovivipaar en vivipaar
Amniotiese eier
Prekosiële en altrisiële ontwikkeling
Ouersorg
MENSLIKE VOORTPLANTING Kwartaal 1 3 weke
Vraestel 1: 41 punte
Inhoud UITWERKING
Inleiding Hersiening van die skematiese oorsig van die menslike lewensiklus om die rol
van meiose, mitose en bevrugting te toon
Bou van die manlike Bou van die manlike voortplantingstelsel, deur 'n diagram te gebruik
voortplantingstelsel
Funksies van die testis, epididimis, vas deferens, semenvesikel, prostaatklier,
Cowper se klier, penis en die uretra
Bou van die vroulike Bou van die vroulike voortplantingstelsel, deur 'n diagram te gebruik
voortplantingstelsel
Funksies van die ovarium, Fallopiusbuise, uterus uitgevoer met die endometrium,
serviks, vagina met sy eksterne opening en die vulva
Bou van die ovarium, gebruik 'n diagram, wat die primêre follikels, die Graafse
follikel en die corpus luteum toon
Puberteit Belangrikste veranderinge wat by manlike eienskappe voorkom tydens puberteit
onder die invloed van testosteroon
Belangrikste veranderinge wat voorkom by vroulike eienskappe tydens puberteit
onder die invloed van estrogeen
Gametogenese Vorming van gamete (gametogenese) deur meiose
Manlike gamete deur spermatogenese gevorm
Vroulike gamete deur oögenese gevorm
Spermatogenese:
Onder die invloed van testosteroon
ondergaan diploïede selle in die saadbuisies/seminale buisies/tubules in die
testes meiose
om haploïede spermselle te vorm
Bou van 'n sperm, deur van 'n diagram gebruik te maak
Funksies van die dele van 'n spermsel (akrosoom, kop met haploïede nukleus,
middelstuk/nek met mitochondria en 'n stert)
Oögenese:
Diploïede selle in die ovarium ondergaan mitose
om talle follikels te vorm.
Sodra puberteit begin
en onder die invloed van FSH
vergroot een sel binne 'n follikel en ondergaan meiose.
Van die vier selle wat gevorm word, oorleef slegs een om 'n volwasse,
haploïede ovum te vorm.
Dit vind in 'n maandelikse siklus plaas
Bou van 'n ovum, deur van 'n diagram gebruik te maak
Funksies van die verskillende dele van die ovum (jellielaag, haploïede nukleus,
sitoplasma)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
Inhoud UITBREIDING
Menstruele siklus Die menstruele siklus sluit die uterus- en ovariale siklus in
Gebeure in die ovariale siklus:
Ontwikkeling van die Graafse follikel
Ovulasie
Vorming van die corpus luteum
Gebeure in die uteriene siklus:
Veranderinge wat in die dikte van die endometrium plaasvind
Menstruasie
Hormonale beheer van die menstruele siklus (ovariale en uteriene siklusse) met
verwysing na die werking van FSH, estrogeen, LH en progesteroon
Negatiewe-terugkoppelingsmeganisme waarby FSH en progesteroon betrokke is
om die produksie van ovums te beheer
Bevrugting en Definisie van kopulasie en bevrugting
ontwikkeling van
sigoot tot blastosist Proses van bevrugting
Ontwikkeling van sigoot embrio (morula en blastula/blastosist) fetus
Inplanting, gestasie Definisie van inplanting
en die rol van die
plasenta Die rol van estrogeen en progesteroon in die handhawing van swangerskap
Struktuur van die ontwikkelende fetus in die uterus, met gebruik van 'n diagram
Funksies van die volgende dele:
Chorion en chorioniese villi
Amnion, amnionholte en amnionvloeistof
Naelstring (insluitend naelstringslagaar/-arterie en naelstringaar/-vene)
Plasenta
GENETIKA EN OORERWING Kwartaal 1 & 2 3½weke
Vraestel 2: 48 punte
Inhoud UITWERKING
Inleiding Noem Mendel as die 'vader' van genetika
Konsepte in Chromatien en chromosome
Oorerwing
Gene en allele
Dominante en resessiewe allele
Fenotipe en genotipe
Homosigoties en heterosigoties
Die Wet van Dominansie
Wanneer twee homosigotiese organismes met kontrasterende eienskappe
gekruis word, sal al die individue van die F 1-generasie die dominante eien-
skap vertoon
'n Individu wat heterosigoties vir 'n bepaalde eienskap is sal die dominante
eienskap as die fenotipe hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
Inhoud UITBREIDING
Monohibried- Die formaat wat gebruik word om genetiese kruisings te toon
kruisings
Mendel se Beginsel van Segregasie – 'n Organisme beskik oor twee 'faktore' wat
skei of segregeer sodat elke gameet slegs een van hierdie 'faktore' bevat
Tipes Dominansie:
Volledige dominansie – een alleel is dominant en die ander is resessief, in so
'n mate dat die resessiewe alleel deur die dominante alleel in die heterosigo-
tiese toestand verberg word
Onvolledige dominansie – geeneen van die twee allele van 'n geen is
dominant oor die ander nie, wat 'n intermediêre fenotipe in die heterosigotiese
toestand tot gevolg het
Kodominansie – beide allele van 'n geen is ewe dominant en beide allele kom
in die fenotipe in die heterosigotiese toestand voor
Genetiese probleme wat elk van die drie soorte dominansie insluit
Proporsie en verhouding van genotipes en fenotipes
Geslagsbepaling 22 pare chromosome by mense is outosome en een paar chromosome is ge-
slagschromosome/gonosome
Mans het XY-chromosome en vrouens het XX-chromosome
Onderskei tussen geslagschromosome (gonosome) en outosome in die
kariotipes van manlike en vroulike individue
Voorstelling van 'n genetiese kruising om die oorerflikheid van geslag aan te toon
Geslagsgekoppelde Geslagsgekoppelde allele en geslagsgekoppelde afwykings
Oorerflikheid
Genetiese probleme wat die volgende geslagsgekoppelde afwykings insluit:
Hemofilie
Kleurblindheid
Bloedgroepe Verskillende bloedgroepe is 'n gevolg van meervoudige allele
A B
Die allele I , I en ii in verskillende kombinasies het vier bloedgroepe tot gevolg
Genetiese probleme wat met oorerwing van bloedgroepe verband hou
Dihibriedkruisings Mendel se Beginsel van Onafhanklike Sortering – Die verskillende 'faktore' wat
die verskillende eienskappe beheer, is afsonderlike entiteite, beïnvloed mekaar
nie op enige manier nie, en sorteer hulself onafhanklik tydens gameetvorming
uit.
Dihibriede genetiese probleme
Bepaal proporsie/verhouding van genotipes en fenotipes
Genetiese 'n Genetiese afstammeling/stamboom spoor oorerflike eienskappe oor baie
afstammelinge/ generasies op
stambome
Interpreteer stamboomdiagramme
Mutasies Definisie van 'n mutasie
Invloed van mutasies: skadelike mutasies, skadelose mutasies en nuttige
mutasies
Mutasies dra tot genetiese variasie by
Definisie van 'n geenmutasie en 'n chromosoommutasie
Twee soorte mutasies wat kenmerke kan verander wat tot genetiese afwykings
lei:
Geenmutasies
Hemofilie – afwesigheid van bloedstollingsfaktore
Kleurblindheid – as gevolg van die afwesigheid van die proteïene wat óf die
rooi óf die groen keëltjies/fotoreseptore in die oog uitmaak
Chromosoommutasies
Down-sindroom – weens die ekstra kopie van chromosoom 21 as gevolg
van nie-disjunksie tydens meiose
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 13 DBE/2021
Eksamenriglyne
Inhoud UITBREIDING
Genetiese manipula- Biotegnologie is die manipulasie van biologiese prosesse om aan menslike
sie behoeftes te voldoen.
Genetiese manipulasie is 'n aspek van biotegnologie en sluit in:
Stamselnavorsing – bronne en gebruike van stamselle
Geneties gemanipuleerde organismes – kort uiteensetting van proses (name
van betrokke ensieme is nie nodig nie) en die voordele van genetiese mani-
pulasie
Kloning – kort uiteensetting van proses en voordele van kloning
Vaderskaptoetse Die rol van elk van die volgende in vaderskapstoetse:
Bloedgroepering
DNS/DNA-profiele
Genetiese skakels Mutasies in mitochondriale DNS/DNA wat gebruik word om vrouens se herkoms
op te spoor
REAKSIE OP DIE OMGEWING (MENSE) Kwartaal 2 4 weke
Vraestel 1: 54 punte
Inhoud UITBREIDING
Inleiding Die senuweestelsel (waar senuwees betrokke is) en endokriene stelsel (waar
hormone betrokke is) as twee komponente wat ons help om op die omgewing te
reageer
Menslike senuwee- Die noodsaaklikheid van 'n senuweestelsel by mense:
stelsel Reaksie op stimuli (stimuli kan uitwendig en inwendig wees)
Koördinasie van die verskillende aktiwiteite van die liggaam
Sentrale Die brein en rugmurg word deur meningisse beskerm
senuweestelsel
Ligging en funksies van die volgende dele:
Brein
o Serebrum
o Serebellum
o Corpus callosum
o Medulla oblongata
Rugmurg
Perifere senuwee- Ligging en funksies van die perifere senuweestelsel (kraniale en rugmurg-
stelsel senuwees)
Outonome senuwee- Ligging en funksies van die outonome senuweestelsel (simpatiese en parasim-
stelsel patiese afdelings)
Bou en Senuwees stuur en dra seine na en van alle dele van die liggaam en bestaan uit
funksionering van 'n neurone (sensoriese of motoriese)
senuwee
Funksies van sensoriese en motoriese neurone
Bou en funksies van die dele van sensoriese en motoriese neurone, gebruik
diagramme: nukleus, selliggaam, sitoplasma, miëlienskede, akson en dendriete
Die eenvoudige re- Definisie van 'n refleksaksie en 'n refleksboog
fleks boog
Bou van 'n refleksboog en noem funksies van elke deel, gebruik 'n diagram:
reseptor, sensoriese neuron, dorsale wortel van rugmurgsenuwee, rugmurg, in-
terneuron, motoriese neuron, ventrale wortel van rugmurgsenuwee, effektor
Die funksionering van 'n eenvoudige refleksaksie deur 'n voorbeeld te gebruik
Die belangrikheid van 'n refleksaksie
Die belangrikheid van sinapse
Afwykings van die Oorsake en simptome van die volgende afwykings van die senuweestelsel:
SSS Alzheimer se siekte
Veelvuldige sklerose
Reseptore Funksies van reseptore, neurone en effektore om op die omgewing te reageer
Die liggaam reageer op 'n verskeidenheid stimuli, soos lig, klank, aanraking,
temperatuur, druk, pyn en chemikalieë (smaak en reuk). (Geen struktuur en
name is nodig nie, behalwe die name van die reseptore in die oog en oor.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 14 DBE/2021
Eksamenriglyne
Inhoud UITWERKING
Menslike oog Bou en funksies van die dele van die menslike oog, gebruik 'n diagram
Binokulêre visie en die belangrikheid daarvan
Die veranderinge wat in die menslike oog by elk van die volgende plaasvind, ge-
bruik diagramme:
Akkommodasie
Pupilmeganisme
Die aard en behandeling van die volgende visuele defekte, gebruik diagramme:
Bysiendheid
Versiendheid
Astigmatisme
Katarakte
Menslike oor Bou van die menslike oor en die funksies van die verskillende dele, gebruik 'n
diagram
Funksionering van die menslike oor tydens:
Gehoor (sluit die rol van die orgaan van Corti in, sonder besonderhede van
die bou daarvan)
Balans (sluit die rol van makulae en kristae in, sonder besonderhede van die
bou daarvan)
Oorsaak en behandeling van die volgende gehoordefekte:
Middeloorinfeksie (die gebruik van dreineringspypies ('grommets')
Doofheid (die gebruik van gehoorapparate en kogleêre inplantings)
ENDOKRIENE STELSEL EN HOMEOSTASE Kwartaal 2 en 3 2½weke
Vraestel 1: 34 punte
Inhoud UITBREIDING
Endokriene stelsel Verskille tussen 'n endokriene en 'n eksokriene klier
Definisie van 'n hormoon
Ligging van elk van die volgende kliere, deur 'n diagram te gebruik, die hormone
wat hulle sekreteer asook die funksie(s) van elke hormoon:
Hipotalamus (ADH)
Pituïtêre / Hipofise (GH, TSH, FSH, LH, prolaktien)
Tiroïedklier (tiroksien)
Eilandjies van Langerhans in die pankreas (insulien, glukagon)
Byniere (adrenalien, aldosteroon)
Ovarium (estrogeen, progesteroon)
Testis (testosteroon)
Inleiding – Homeostase as die proses van die handhawing van 'n konstante, interne omge-
Homeostase wing binne perke, ongeag interne en eksterne veranderinge wat plaasvind
Die toestande binne-in selle is afhanklik van die toestande binne-in die interne
omgewing (weefselvloeistof)
Faktore soos koolstofdioksied, glukose, sout- en waterkonsentrasie, temperatuur
en pH moet konstant in die interne omgewing (weefselvloeistof) gehou word.
Homeostase: Negatiewe terugkoppelingsmeganisme wat elk van die volgende in die liggaam
Negatiewe terug- beheer:
koppelings- Tiroksienvlakke
meganismes Bloedglukosevlakke
Koolstofdioksiedvlakke in die bloed
Waterbalans (osmoregulering)
Sout
Afwykings wat veroorsaak word deur 'n wanbalans in vlakke van:
Tiroksien – Goitre
Bloedglukose – Diabetes mellitus
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 15 DBE/2021
Eksamenriglyne
Inhoud UITBREIDING
Homeostase: Termoregulering
Negatiewe terug- Bou van die vel, gebruik 'n diagram, met 'n klem op die dele wat by termoregule-
koppelings- ring betrokke is
meganismes
Die rol van die volgende in negatieweterugkoppelingsmeganisme vir die beheer
(... vervolg)
van temperatuur/termoregulering:
Sweet
Vasodilatasie
Vasokonstriksie
REAKSIE OP DIE OMGEWING (PLANTE) Kwartaal 3 1 week
Vraestel 1: 13 punte
Inhoud UITBREIDING
Planthormone Algemene funksies van die volgende:
Ouksiene
Gibberelliene
Absisiensuur
Die beheer van onkruid deur planthormone te gebruik
Die rol van ouksiene in:
Geotropisme
Fototropisme
Plantverdedigings- Rol van die volgende as plantverdedigingsmeganismes:
meganismes Chemikalieë
Dorings
Evolusie Kwartaal 3 4 weke
Vraestel 2: 54 punte
Inhoud UITBREIDING
Inleiding Definisie van biologiese evolusieverandering in die kenmerke van spesies met
verloop van tyd
Die verskil tussen 'n hipotese en 'n teorie
Die Teorie van Evolusie word as 'n wetenskaplike teorie beskou word omdat
verskeie hipoteses in verband met evolusie met tyd getoets en geverifieer is
Bewyse vir Rol van die volgende as bewyse vir evolusie:
evolusie Fossielrekord – Koppel aan Graad 10
Biogeografie – Koppel aan Graad 10
Modifikasie deur afstamming (homoloë strukture)
Genetika
Variasie Definisie van 'n biologiese spesie en 'n bevolking
'n Hersiening van die bydrae van elk van die volgende tot variasie wat onder
individue van dieselfde spesie bestaan:
Meiose.
o Oorkruising
o Ewekansige rangskikking van chromosome
Mutasies
Ewekansige bevrugting
Ewekansige paring
Tipes variasie:
Kontinue variasie – daardie eienskappe waar daar 'n verskeidenheid inter-
mediêre fenotipes is, bv. lengte
Diskontinue variasie – daardie eienskappe wat in duidelike kategorieë val,
bv. bloedgroepe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 16 DBE/2021
Eksamenriglyne
Inhoud UITBREIDING
Oorsprong van 'n Idees oor evolusie in die volgorde van hul oorsprong is soos volg:
idee van evolusie Lamarckisme
('n historiese Darwinisme
ontwikkeling) Gepunte ewewig
Lamarckisme Lamarck het twee 'wette' gebruik om evolusie te verduidelik:
(Jean Baptiste de 'Wet' van gebruik en onbruik
Lamarck – 'Wet' van oorerwing van verworwe eienskappe
1744–1829)
Redes vir die verwerp van Lamarck se teorie
Darwinisme Darwin se teorie van evolusie deur natuurlike seleksie:
(Charles Darwin – Daar is 'n groot mate van variasie onder die nageslag.
1809–1882) Sommige besit gewenste eienskappe en sommige nie.
Wanneer daar 'n verandering in die omgewingstoestande is of as kompetisie
ontstaan,
sal organismes met eienskappe wat hulle geskikter maak, oorleef
terwyl organismes met eienskappe, wat hulle minder geskik maak, uitsterf.
Die organismes wat oorleef, plant voort
en dra dus die alleel vir die gewenste eienskap aan hul nakomelinge oor.
Die volgende generasie sal dus 'n groter verhouding hê van individue met die
gewenste eienskap
Gepunte Ewewig Gepunte Ewewig verduidelik die tempo waarteen evolusie plaasvind:
(Eldredge en Gould Evolusie behels lang periodes waartydens spesies glad nie verander nie of
– 1972) geleidelik deur natuurlike seleksie verander (bekend as ewewig).
Dit word afgewissel met (word gepunt deur) kort periodes waartydens vinnige
veranderinge deur natuurlike seleksie plaasvind
waartydens nuwe spesies oor 'n kort periode kan vorm.
Kunsmatige selek- Kunsmatige seleksie met betrekking tot:
sie 'n Mak dierspesie/huisdierspesie
'n Gewasspesie
Vorming van nuwe Biologiese spesie konsep: soortgelyke organismes wat in staat is om te kruisteel
spesies om vrugbare nakomelinge te produseer
Spesiasie/Spesievorming en uitwissing en die uitwerking van elk op biodiversiteit
Spesiasie/Spesievorming deur middel van geografiese isolasie:
As 'n bevolking wat uit 'n enkele spesie bestaan deur 'n geografiese versper-
ring (see, rivier, berg, meer) geskei word
dan verdeel die bevolking in twee.
Daar is nou geen geenvloei tussen die twee bevolkings nie
Omdat elke bevolking aan verskillende omgewingstoestande blootgestel kan
word/die seleksiedruk anders mag wees,
vind natuurlike seleksie onafhanklik in elk van die twee bevolkings plaas
in so 'n mate dat die individue van die twee bevolkings baie van mekaar begin
verskil,
genotipies en fenotipies.
Selfs al sou hierdie twee bevolkings weer met mekaar meng,
sal hulle nie in staat wees om te kan kruisteel nie.
Die twee bevolkings is nou verskillende spesies.
Spesiasie/Spesievorming deur geografiese isolering in EEN van die volgende:
Galapagos-vinke
Galapagos-skilpaaie
Plante op verskillende landmassas (gekoppel aan kontinentale verskuiwing)
o Kremetartbome in Afrika en Madagaskar
o Proteas in Suid-Afrika en Australië
Enige voorbeeld van soogdiere op verskillende landmassas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 17 DBE/2021
Eksamenriglyne
UITBREIDING
Meganismes 'n Kort uiteensetting van voortplantingsisolasiemeganismes wat help om spesies a-
van voortplantings- part te hou:
isolasie Teling/broei op verskillende tye van die jaar
(Hou spesies apart) Spesie-spesifieke hofmakery
Plantaanpassing by verskillende bestuiwingsagente
Steriele nakomelinge
Voorkoming van bevrugting
Evolusie tans Enige EEN voorbeeld van natuurlike seleksie en evolusie tans:
Die gebruik van insekdoders en gevolglike weerstandigheid teen insekdoders by
insekte
Die ontwikkeling van weerstandbiedende variante van die bakterieë wat tuberku-
lose veroorsaak (MDR en XDR) teen antibiotika as gevolg van mutasies
(variasies) by bakterieë en die onvermoë om antibiotikakursusse te voltooi
MIV-weerstandigheid teen antiretrovirale middels
Snawel- en liggaamsgrootte by die Galapagos-vinke
Bewyse van gemeen- Interpreteer 'n filogenetiese stamboom om die plek van die familie Hominidae in die
skaplike voorouers vir diereryk te toon
lewende hominiede,
insluitend die mens Kenmerke wat mense met Afrika-ape in gemeen het
Anatomiese verskille tussen Afrika-ape en mense, deur diagramme te gebruik,
wat op die volgende kenmerke van toepassing is:
Tweevoetigheid/bipedalisme (foramen magnum, ruggraat en bekkengordel)
Breingrootte
Tande (gebit)
Prognatisme
Vorm van verhemelte
Kraniale riwwe
Wenkbrou-riwwe
Tydlyne as bewyse wat die idee van gemeenskaplike voorouers vir lewende
hominiede, insluitend mense, ondersteun:
Fossielbewyse: Bewyse van fossiele van verskillende ouderdomme toon dat die
anatomiese kenmerke van organismes geleidelik met tyd verander het.
Klem op evolusionêre tendense wat deur die anatomiese kenmerke van
fossiele van die volgende drie genera voorsien is:
o Ardipithecus
o Australopithecus
o Homo
o Sowel as:
o Die ouderdom van elke fossiel wat gevind is /tydlyn vir die bestaan van
die drie genera
o Die terreine waar die fossiele gevind is: klem op die fossielterreine wat
deel van die Wieg van die Mensdom vorm
o Die wetenskaplikes wat hulle ontdek
Genetiese bewyse: mitochondriale DNS/DNA
Kulturele bewyse: Die maak van gereedskap
Uit Afrika-Hipotese Die Uit Afrika-hipotese: Die moderne mens het sy oorsprong in Afrika gehad en het
toe na ander kontinente migreer
Bewyse vir die Uit Afrika-hipotese:
Fossielbewyse: inligting oor elk van die volgende fossiele wat dien as bewyse
vir die Uit Afrika-hipotese:
o Ardipithecus (fossiele wat slegs in Afrika gevind is)
o Australopithecus (fossiele wat slegs in Afrika gevind is, Karabo, Little Foot,
Taung Child, Mrs Ples) ingesluit
o Homo (fossiele van Homo habilis wat slegs in Afrika gevind is; oudste fossiele
van Homo erectus en Homo sapiens wat in Afrika gevind is, terwyl die jonger
fossiele is in ander dele van die wêreld gevind is)
Genetiese bewyse: mitochondriale DNS/DNA
Tydlyn vir die bestaan van verskillende spesies van die genus Homo en die
belangrike kenmerke van elke soort fossiel om die verskille tussen hulle te toon
Interpretasie van filogenetiese stambome deur verskillende wetenskaplikes voorge-
stel wat die moontlike evolusionêre verwantskappe toon soos wat dit op hominiede
evolusie van toepassing is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe 18 DBE/2021
Eksamenriglyne
5. SLOT
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.
Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Errata
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2021 Errata

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP
More from Grade 12 Life Sciences

Question paper
Life Sciences Grade 12 KZN March Test 2025 Question Paper

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 North West Mock 2025 QP

Question paper