You're offline
Skip to content
Question paper

LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2021 AFR D hlayiso.com

Subject: Life SciencesGrade 12202124 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 LEWENSWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *LFSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instuksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik. 11. Alle berekeninge word afgerond tot TWEE desimale plekke 12. Skryf netjies en leesbaar Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Watter EEN van die volgende beskryf die natuurlike vorm van die DNA-molekuul? A Dit het ʼn suiker-fosfaat raam B Dit bestaan uit ʼn dubbelstring C Dit het ʼn dubbel heliks-struktuur D Dit het komplementêre nukleotiede 1.1.2 Die diagram hieronder stel verskillende fases van meiose voor. Die korrekte volgorde waarin die fases plaasvind, is ... A 1, 2, 3. B 3, 2, 1. C 1, 3, 2. D 2, 1, 3. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.1.3 Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van sistiese fibrose wat deur ʼn resessiewe alleel in ʼn sekere familie beheer word. Watter EEN van die volgende is die fenotipe vir individu X? A Ongeaffekteerde man B Geaffekteerde man C Ongeaffekteerde vrou D Geaffekteerde vrou 1.1.4 Op die Galapagos-eilande is daar 13 vinkspesies op verskillende eilande. Wetenskaplikes glo dat hulle almal afkomstig is van ʼn gemeenskaplike voorouer wat van die vasteland afkomstig is. Watter EEN van die volgende faktore was die eerste stap in die evolusie van die 13 vinkspesies vanaf ʼn gemeenskaplike voorouer? A Teel op verskillende tye van die jaar B Geografiese skeiding deur die see C Produseer onvrugbare nageslag D Natuurlike seleksie 1.1.5 Krulhare is dominant oor reguit hare. ʼn Vrou wat homosigoties is vir krulhare, trou met ʼn man wat homosigoties is vir reguit hare. Wat is die moontlikheid dat hulle ʼn kind met reguit hare sal hê? A 25% B 50% C 100% D 0% Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V2 5 1.1.6 ʼn Man met bloedgroep A en ʼn vrou met bloedgroep O het saam ʼn kind. Watter EEN van die volgende is die bloedgroep genotipe van die kind? A ii B IA IB C IA IA D IB i 1.1.7 Watter EEN van die volgende vind tydens meiose I plaas? A Chromatiede skei na teenoorgestelde pole B Identiese haploïede selle vorm C Nie-disjunksie D Allele van ʼn geen smelt saam 1.1.8 Watter EEN van die volgende oor mitochondriale DNA (mtDNA) is korrek? A Dit word van die vader na die nakomelinge oorgedra B Dit kan gebruik word om vroulike herkoms te bepaal C Dit kan gebruik word om manlike voorouers van vroulike individue te bepaal D Dit spoor die oudste manlike voorouers tot in Afrika na 1.1.9 Hemofilie is ʼn geslags-gekoppelde resessiewe afwyking by mense. ʼn Pa en sy seun het albei hemofilie, maar die ma is normaal. Haar genotipe sal … wees. A XhXh B XHXh C XHXH D XhY 1.1.10 Wat sal die persentasie guanien, in ʼn DNA-molekuul, wees as 20% van die stikstofbasisse adenien is? A 20% B 30% C 40% D 60% (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die fisiese of funksionele uitdrukking van ʼn geen 1.2.2 Die nie-geslagschromosome 1.2.3 Die punt waar chromatiede tydens oorkruising oorvleuel 1.2.4 ʼn Gedeelte van ʼn DNA-molekuul wat vir ʼn spesifieke eienskap kodeer 1.2.5 Die proses waartydens mRNA vervaardig word tydens proteïensintese 1.2.6 Die produksie van ʼn geneties identiese kopie van ʼn organisme met behulp van biotegnologie 1.2.7 Chromosome wat dieselfde stel gene dra 1.2.8 Die posisie van ʼn spesifieke geen op ʼn chromosoom. (8 x 1) (8) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM Ι KOLOM ΙΙ 1.3.1 Tipe oorerwing waar nie een van die A: Ko-dominansie twee allele dominant is oor die ander B: Onvolledige dominansie nie en ʼn intermediêre fenotipe geproduseer word 1.3.2 ʼn Voorbeeld van ʼn reproduktiewe A: Spesie-spesifieke isolasie meganisme hofmakery B: Voorkoming van bevrugting 1.3.3 Die aantal allele wat die menslike A: Twee bloedgroep beheer B: Drie (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V2 7 1.4 Die onderstaande diagram stel ʼn sel voor tydens seldeling. A D E B F C G 1.4.1 Noem die tipe seldeling wat in die diagram hierbo getoon word. (1) 1.4.2 Identifiseer die fase wat deur die diagram voorgestel word. (1) 1.4.3 Gee die LETTER/S wat … verteenwoordig: (a) die struktuur wat die chromosoom/chromatiede na die pole trek tydens seldeling (1) (b) die deel wat verantwoordelik is vir die vorming van die spoelvesels (1) (c) TWEE identiese chromatiede (2) 1.4.4 Hoeveel chromosome sal in elke dogtersel aangetref word aan die einde van hierdie seldeling? (1) 1.4.5 Gee die naam van die selle wat as gevolg van hierdie tipe seldeling by ʼn man gevorm word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.5 Die diagramme hieronder verteenwoordig drie idees wat voorgestel word om evolusie te verduidelik. IDEE 10 MJG 5 MJG HUIDIGE A B C 1.5.1 Waarvoor staan MJG? (1) 1.5.2 Gee die LETTER van die diagram (A, B of C) wat … die beste sou verteenwoordig: (a) gepunte ewewig (1) (b) Lamarck se verduideliking van evolusie as daar ʼn omgewingsverandering 10mjg was (1) (c) Charles Darwin se verduideliking van evolusie (1) 1.5.3 Gee ʼn rede waarom die 'teorie van evolusie' as ʼn wetenskaplike teorie beskou word. (1) 1.5.4 Noem DRIE bewyse wat gebruik word om die teorie van evolusie te ondersteun. (3) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V2 9 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die diagramme hieronder toon twee vorme van 'n chromosoom. A Diagram 1 Diagram 2 2.1.1 Identifiseer deel A. (1) 2.1.2 Identifiseer die proses wat gelei het tot die vorming van die chromosoom wat deur diagram 2 voorgestel word. (1) 2.1.3 Beskryf die proses wat in VRAAG 2.1.2 genoem is. (4) 2.1.4 Gee TWEE redes waarom die proses wat in VRAAG 2.1.3 beskryf word, belangrik is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.2 Toe ʼn tsoenami ʼn stad in Japan verwoes het, het verskeie mense vermis geraak. ʼn Baba wat uit die ruïnes gered is, is deur drie stelle ouers opgeëis. DNS -toetse is gedoen om vas te stel wie die ouers van die baba is. Hieronder is die resultate van die DNS-toets: Moeder Vader Moeder Vader Moeder Vader Baba 2.2.1 Watter groep ouers (stel 1, 2 of 3) is die biologiese ouers van die baba? (1) 2.2.2 Gee ʼn rede vir u antwoord op VRAAG 2.2.1. (2) 2.2.3 Noem TWEE bronne van DNA wat die polisie kan gebruik om ʼn DNS-profiel te vervaardig. (2) 2.2.4 Noem TWEE ander gebruike van DNS-profilering, afgesien van dié hierbo genoem. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V2 11 2.3 Hemoglobien-A is ʼn normale proteïen in rooibloedselle wat suurstof vervoer. ʼn Mutasie kom soms voor in die geen wat vir hierdie proteïen kodeer, waar timien op ʼn enkele punt deur adenien vervang word. Hierdie mutasie lei tot die vorming van ʼn ander proteïen genaamd hemoglobien-S. Hemoglobien-S veroorsaak dat rooibloedselle styf en sekelvormig word. Die sekelvormige rooibloedselle veroorsaak blokkasies in die bloedvat. ʼn Persoon sal sekelselsiekte hê. Tans is beenmurgoorplantings en stamselbehandeling die enigste geneesmiddel vir sekelselsiekte. Die diagram hieronder toon die vorm van die rooibloedselle en die DNS- volgorde vir hemoglobien-A en hemoglobien-S. Hemoglobien-A Hemoglobien-S G G A C T C C T T G G A C A C C T DNS mRNS C C U G A G G A A C C U G U G G A A Amino 1 2 3 4 5 6 =sure 2.3.1 Gee ʼn rede waarom sekelselsiekte gevaarlik is. (1) 2.3.2 Wat is stamselle? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.3.3 Gebruik die onderstaande tabel om die volgende vrae te beantwoord. Aminosuur tRNS antikodon Leusien GAA Lisien CUU Glisien GGA Glutamiensuur GAG Histidien GUA Metionien UAC Prolien CCU Valien CAC Glutamien CUC (a) Gee die antikodon vir aminosuur 6. (1) (b) Noem aminosuur 1. (1) (c) Verduidelik hoe hierdie mutasie in die hemoglobiengeen die gevormde aminosuurvolgorde beïnvloed. (4) 2.3.4 Die alleel vir hemoglobien-A is dominant (H) oor dié vir hemoglobien-S (h). ʼn Man wat homosigoties vir hemoglobien-A is, het 'n kind by ʼn heterosigotiese vrou. Gebruik ʼn genetiese kruising om die moontlikheid aan te toon dat hulle ʼn kind met hemoglobien-S kan hê. (6) 2.4 Die onderstaande diagramme toon die chromosome in die selle van twee individue aan. Individu A Individu B 2.4.1 Noem die tipe diagram hierbo. (1) 2.4.2 Noem waarom, die gevolgtrekking gemaak kan word dat, diagram A aan ʼn vroulike individu behoort. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V2 13 2.4.3 Noem waarom die diagramme hierbo die chromosome van ʼn somatiese sel toon en nie ʼn gameet nie. (2) 2.4.4 Noem die afwyking wat individu B het. (1) 2.4.5 Beskryf die oorsaak van die afwyking wat in VRAAG 2.4.4 genoem word. (3) 2.5 By katte het twee gene op verskillende outosome die volgende allele. B: swart pelskleur T: geen wit kolle op die pels b: grys pelskleur t: wit kolle op die pels Twee katte is gekruisteel. Hulle werpsel katjies het die volgende fenotipe in die verhouding 9 : 3 : 3 : 1 gehad. Fenotipe A Fenotipe B Fenotipe C Fenotipe D Swart pels met Swart pels met Grys pels met Grys pels met wit geen wit kolle wit kolle geen wit kolle kolle 2.5.1 Noem die tipe kruising wat hier voorgestel word. (1) 2.5.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.1. (1) 2.5.3 Gee die: (a) Genotipe van fenotipe D (2) (b) Fenotipes van die ouers (2) 2.5.4 Verduidelik waarom alle katjies wat ʼn swart pels met wit kolle het, nie dieselfde genotipe het nie. (2) 2.5.5 Noem Mendel se beginsel van Segregasie. (3) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) VRAAG 3 3.1 Sommige mieliegewasse is geneties gemodifiseer om onkruiddoderbestand te wees. Dit beteken dat wanneer die boer sy landerye met onkruiddoder bespuit, die mielies nie geaffekteer sal word nie. Die melkbossie is ʼn onkruid wat tussen mieliegewasse groei. Die koningvlinder lê haar eiers op die melkbossie. Die larwes voed op die blare van die melkbossie. (ʼn Vlinder is ʼn skoenlapper) Wetenskaplikes het ondersoek ingestel of die toenemende gebruik van onkruiddoder die aantal koningvlinderkolonies in ʼn landery beïnvloed. Hulle het onkruiddoderbestande mieliegewasse van 1994 tot 2010 geplant. Vanaf 1998 het hulle die onkruiddoders begin toedien om die onkruid dood te maak. Elke jaar het hulle die aantal koningvlinderkolonies getel. Die onderstaande grafiek toon die data wat hulle van 1994 tot 2010 versamel het. 25 Monargvlinderkolonies /hektaar 20 15 10 5 0 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 Jaar 3.1.1 Gee ʼn titel/opskrif vir die grafiek hierbo. (1) 3.1.2 Identifiseer die: (a) Onafhanklike veranderlike (1) (b) Afhanklike veranderlike (1) 3.1.3 Gebruik bewyse uit die grafiek en verduidelik waarom die onkruiddoders die enigste faktor is wat die afname in die koningvlinderkolonies veroorsaak het. (2) 3.1.4 Wat is ʼn geneties gemodifiseerde organisme? (2) 3.1.5 Verduidelik EEN ekonomiese voordeel van die gebruik van onkruiddoderbestande mieliegewasse vir ʼn boer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V2 15 3.2 Lees die onderstaande uittreksel. In Brasilië is daar verskillende akkedissoorte wat op termiete voed. Termiete is klein mieragtige insekte. Hulle wissel in grootte. Groter akkedisspesies het groter koppe en kan groter termiete eet. In 1996 het 'n dam in Brasilië oorstroom en gevolglik het verskeie eilande ontstaan. Elkeen van hierdie eilande het verskillende soorte akkedisse. Die groter akkedisspesies op die eilande het gesterf, omdat daar nie genoeg voedsel was om te oorleef nie. Maar 'n baie klein akkedisspesie, Gymnodactylus amarali, kon oorleef. Daar was baie termiete wat hulle kon eet. Maar daar was 'n probleem: Gymnodactylus amarali akkedisse het klein koppe gehad en sommige van die termiete was byna dieselfde grootte as hulle. Sommige van die Gymnodactylus amarali -akkedisse het egter effens groter koppe gehad en kon hierdie termiete eet. Toe wetenskaplikes hierdie eilande 15 jaar later besoek, het hulle gevind dat die akkedisse van Gymnodactylus amarali op die eilande vier persent groter was as dié wat op die vasteland aangetref word. The Gymnodactylus amarali lizard 3.2.1 Noem waarom die groter akkedissoorte nie op die klein eilande oorleef het nie. (1) 3.2.2 Verduidelik waarom daar geen geenvloei tussen die populasies/bevolkings van hierdie akkedissoort was, na die oorstromings in 1996 nie? (2) 3.2.3 Gebruik Darwin se teorie oor natuurlike seleksie om te verduidelik waarom die populasie/bevolking van die Gymnodactylus amarali- akkedisse op die eilande groter koppe het. (5) 3.2.4 Beskryf hoe daar bewys kan word dat die akkedissoorte, op die verskillende eilande, dieselfde spesie is as dié op die vasteland. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.3 Die diagramme hieronder toon die skedel van ʼn mens en ʼn gorilla. Diagram A Diagram B 3.3.1 Gee die wetenskaplike naam van die organisme in diagram A. (1) 3.3.2 Verduidelik waarom die tande in die skedel in diagram B groter is. (2) 3.3.3 Behalwe die grootte van die tande, tabuleer DRIE ander waarneembare strukturele verskille tussen die skedel van die mens en die gorilla. (7) 3.3.4 Noem TWEE strukturele ooreenkomste tussen die voorste ledemaat van ʼn mens en gorilla. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V2 17 3.4 Die diagram hieronder stel die moontlike evolusie van die mens voor, sowel as die tydsduur vir die evolusie van tweevoetigheid/bipedalisme, die gebruik van klipgereedskap en die gebruik van vuur. Tweevoetigheid/Bipedalisme A.ramidus Gebruik van gereedskap Gebruik van vuur A. afarensis A. africanus H. erectus H. neanderthalensis H. sapiens 5 4 3 2 1 Huidige Miljoene jare gelede Australopithecus Homo Ardipithecus spesie spesie spesie 3.4.1 Noem die TWEE genera wat tweevoetig was, maar nie vuur gebruik het nie. (2) 3.4.2 Wanneer het A. afarensis ontwikkel? (1) 3.4.3 Hoe lank het dit geneem voordat die hominienspesies vuur begin gebruik het nadat hulle tweevoetigheid ontwikkel het? (2) 3.4.4 Verduidelik TWEE skeletveranderings wat plaasgevind het om bipedalisme moontlik te maak. (4) 3.4.5 Mev. Ples is 'n hominienfossiel wat in 1947 in Suid -Afrika ontdek is. (a) Gee die volledige wetenskaplike naam vir Mev. Ples. (1) (b) Waar in Suid-Afrika is Mev. Ples ontdek? (1) (c) Noem EEN wetenskaplike wat Mev. Ples ontdek het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.5 Die onderstaande kaart toon die oorsprong en bewegings van vroeë mense volgens die ‘Uit Afrika’-hipotese. Die ouderdom van die oudste fossiele wat op elke kontinent aangetref word, word ook onder die naam aangedui. 3.5.1 Beskryf die ‘Uit Afrika’-hipotese. (2) 3.5.2 Gee TWEE bewyse wat gebruik word om die ‘Uit Afrika’-hipotese te ondersteun. (2) 3.5.3 Watter kontinent is, volgens die kaart, die laaste wat deur vroeë mense gekoloniseer is? (1) 3.5.4 Bereken die verskil in die ouderdom van die oudste fossiele in Afrika en dié wat in Europa gevind is? Toon AL jou bewerkings. (2) (7) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Life Sciences

Explore more published documents in this catalogue.

View all