Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 459.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)20 marks
- Question 1.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)12 marks
- Question 1.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)11 marks
- Question 1.5HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS6 marks
- Question 2.1REPRODUCTION IN VERTEBRATES8 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS13 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 2.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS10 marks
- Question 2.5HUMAN REPRODUCTION7 marks
- Question 3.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)14 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)16 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS9 marks
- Question 3.4HUMAN REPRODUCTION15 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik, waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die deel van die brein wat die koolstofdioksiedkonsentrasie in die
menslike liggaam reguleer:
A Hipotalamus
B Serebrum
C Serebellum
D Medulla oblongata
1.1.2 Die energie wat benodig word vir die beweging van ʼn spermsel word
in die … geproduseer.
A mitochondria
B nukleus
C akrosoom
D ribosoom
1.1.3 Watter EEN van die volgende hormone stimuleer puberteit by
vroue?
A LH/Luteïniseringshormoon
B Estrogeen
C FSH/Follikelstimulerendehormoon
D Prolaktien
1.1.4 Ovulasie is die vrystelling van ...
A die ovum in die fallopiusbuis.
B volwasse graafse follikels in die uterus.
C die corpus luteum in die fallopiusbuis.
D ʼn ovum in die uterus.
1.1.5 Watter EEN van die volgende strukture bevat fotoreseptore?
A Retina
B Choroïed
C Glasvog
D Pupil
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.1.6 Die sinapse is ʼn mikroskopiese gaping tussen ʼn/die …
A selliggaam en akson van een neuron.
B reseptor en effektor.
akson van een neuron en die dendriete van ʼn ander
C
neuron.
die akson van een neuron en die akson van ʼn ander
D
neuron.
1.1.7 Die miëlienskede …
A voorkom dehidrasie van die aksone.
B verskaf energie vir die geleiding van impulse.
C bied elektriese insolasie.
D handhaaf ʼn laer temperatuur.
1.1.8 ʼn Man het sy geheue ná ʼn motorongeluk verloor.
Watter EEN van die volgende dele van die brein is moontlik
weens die ongeluk beskadig?
A Serebrum
B Serebellum
C Medulla oblongata
D Corpus callosum
1.1.9 ʼn Lys van moontlike visuele effekte word hieronder gegee.
Is nie meer in staat om ʼn wye gesigsveld waar te neem
(i) nie.
Nie in staat om tussen rooi en blou kleure te onderskei
(ii) nie.
(iii) Nie in staat om ʼn boek onder helder lig te lees nie.
(iv) Nie instaat om ʼn sin van driedimensionele vorm vanaf
visuele insette/die diepte van ʼn voorwerp op 3D-voorwerp
waar te neem nie.
Watter EEN van die volgende kombinasies sal plaasvind as ʼn
persoon een oog tydens ʼn ongeluk verloor het?
A Slegs (i), (ii) en (iii)
B Slegs (i), (iii) en (iv)
C Slegs (i) en (iv)
D Slegs (ii), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.10 ʼn Hoë konsentrasie adrenalien in die bloed lei tot ʼn toename in
bloedglukosevlakke, omdat ...
A glikogeen in die lewer en spiere omgeskakel word in glukose.
B proteïene afgebreek word om meer glukose vry te stel.
C daar ʼn vertraging van metaboliese tempo plaasvind.
D daar ʼn toename in die vertering van koolhidrate is.
(10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die versamelnaam vir die membrane wat die brein beskerm
1.2.2 Die tak van die senuweestelsel wat uit die kraniale (kop)- en spinale
(rugmurg) senuwees bestaan
1.2.3 Die vertakte uitloper van ʼn neuron wat senuwee-impulse na die
selliggaam van dieselfde neuron oordra
1.2.4 Die plantgroeibeweging in reaksie op swaartekrag
1.2.5 Die struktuur in die oor wat oortollige drukgolwe uit die binne-oor
absorbeer
1.2.6 Die hormoon wat ʼn toename in die tempo van die metaboliese
tempo van die selle stimuleer
1.2.7 Die klier wat aldosteroon afskei
1.2.8 ʼn Struktuur in die vroulike voortplantingstelsel waar semen
gedeponeer word
(8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 ʼn Tipe klier wat sy afskeiding deur A: Endokriene klier
ʼn buis na die teikenorgaan vervoer B: Eksokriene klier
1.3.2 ʼn Simptoom van Alzheimer se A: Geheueverlies
siekte B: Verwarring
1.3.3 ʼn Tipe lens wat gebruik word om A: Bikonvekse lens
bysiendheid (miopia) reg te stel B: Konkawe lens
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.4 Die onderstaande diagram stel die refleksboog voor.
1.4.1 Skryf, in die korrekte volgorde, die LETTERS neer wat die
neurone voorstel wat impulse na die effektor oordra. (2)
1.4.2 Noem die belangrikheid/funksie van ʼn refleksaksie. (1)
1.4.3 Gee EEN voorbeeld van ʼn effektor in die menslike liggaam. (1)
1.4.4 Skryf die LETTER en die NAAM neer van: (1)
(a) ʼn Neuron wat slegs in die brein of rugmurg geleë is (2)
(b) Die deel wat ʼn wortel van die spinalerugmurgsenuwee
voorstel (2)
(c) Die neuron wat moontlik beskadig word as iemand pyn
ervaar, maar nie kan reageer nie (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.5 Die onderstaande diagram toon sommige van die endokriene kliere in die manlike
liggaam.
1.5.1 Identifiseer klier:
(a) B (1)
(b) E (1)
1.5.2 Noem die:
(a) Klier wat ʼn groeihormoon afskei (1)
(b) Hormoon wat klier B stimuleer (1)
(c) Klier wat adrenalien afskei (1)
1.5.3 Gee die LETTER van die klier wat ʼn hormoon wat verantwoordelik is vir
die stimulering van die heropname van water deur die nierbuisies, afskei. (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Lees die onderstaande uittreksel oor voortplanting by seeperdjies.
Manlike seeperdjies het ʼn sakagtige struktuur op hul buik, wat ʼn broeisak
genoem word. Tydens ʼn paringsritueel plaas die vroulike seeperdjie ʼn
groot aantal eiers in die sak met behulp van ʼn struktuur wat ʼn ovipositor
genoem word.
Die mannetjie stel dan baie sperms in die sakkie vry om die eiers te
bevrug.
Die ontwikkelende embrio's in die mannetjie se broeisak word deur die
eiergeel (dooier) van die eiers gevoed. ʼn Vloeistof wat in die sakkie
afgeskei word, verwyder afvalprodukte en voorsien suurstof aan die
bevrugte eiers. Die kleintjies word lewendig gebore as hulle uit die
broeisak vrygestel word.
Broeisak
2.1.1 Noem die tipe bevrugting wat by seeperdjies plaasvind. (1)
2.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1. (1)
2.1.3 Verduidelik TWEE maniere waarop die seeperdjies hul
voortplantingsukses verhoog. (4)
2.1.4 Gee EEN verskil tussen die voortplantingstrategie wat die
seeperdjie vertoon en viviparie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
2.2 By dragtige vroulike rotte word progesteroon hoofsaaklik deur die corpus
luteum afgeskei. Dit neem ongeveer 22 dae vir die rot om na bevrugting
geboorte te skenk.
Wetenskaplikes het ʼn ondersoek gedoen om die hoeveelheid progesteroon
te bepaal wat nodig is vir die suksesvolle voltooiing van gestasie by rotte.
Die prosedure was soos volg:
100 vroulike rotte van dieselfde ouderdom is gekies
Hulle is in vyf gelyke groepe verdeel
Al die 100 vroulike rotte is kunsmatig geïnsemineer in die laboratorium
(die sperms is met ʼn spuit in die vroulike voortplantingskanaal geplaas
sodat bevrugting kan plaasvind)
Die ovaria van elke rot is onmiddellik verwyder nadat hulle dragtig
geraak het
Groep 1 het geen progesteroon inspuiting gekry nie
Groep 2 is ʼn daaglikse inspuiting van 5 mg progesteroon toegedien
Groep 3 is ʼn daaglikse inspuiting van 10 mg progesteroon toegedien
Groep 4 is ʼn daaglikse inspuiting van 15 mg progesteroon toegedien
Groep 5 is ʼn daaglikse inspuiting van 20 mg progesteroon toegedien
Die aantal rotte wat deur elke groep gestasie voltooi het, is getel en die
persentasie is bereken
2.2.1 Definieer die term gestasie. (2)
2.2.2 Hoe lank is die gestasie tydperk van rotte? (1)
2.2.3 Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)
2.2.4 Noem TWEE faktore wat tydens die ondersoek konstant gehou
moes word. (2)
2.2.5 Verduidelik waarom die ovaria onmiddellik verwyder is nadat die
rotte dragtig geraak het. (3)
2.2.6 Beskryf hoe die persentasie rotte wat gestasie voltooi het, bereken
is. (2)
2.2.7 Verduidelik waarom groep 1 by die ondersoek ingesluit is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
2.3 Die onderstaande diagram toon die struktuur van ʼn menslike oog.
2.3.1 Identifiseer die dele gemerk:
(a) A (1)
(b) B (1)
2.3.2 Noem EEN funksie van deel C. (1)
2.3.3 Beskryf die akkommodasie van die oog wanneer ʼn persoon op ʼn
voorwerp wat wegbeweeg, fokus. (4)
2.3.4 Verduidelik die gevolge wat ʼn skade aan deel D op die visie (sig)
van ʼn persoon het. (3)
2.4 2.4.1 Definieer homeostase. (2)
2.4.2 ʼn Man spring in yskoue seewater. Sy liggaamstemperatuur was
deur homeostase gehandhaaf.
Beskryf die rol van die vel in termoregulering gedurende hierdie
tyd. (7)
2.4.3 As ʼn persoon blootgestel word aan baie koue temperature,
verloor die liggaam meer hitte as wat dit kan produseer.
Verduidelik waarom langdurige blootstelling aan baie koue
temperature sonder beskerming, tot die dood kan lei. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.5 Die onderstaande diagram stel die manlike voortplantingstelsel voor, na ʼn
chirurgiese prosedure om swangerskap te voorkom.
2.5.1 Identifiseer die deel gemerk B. (1)
2.5.2 Noem EEN funksie van deel A. (1)
2.5.3 Verduidelik waarom deel C op ʼn baie warm dag van die liggaam af
wegbeweeg. (3)
2.5.4 Verduidelik waarom hierdie prosedure nie swangerskap kan voorkom
nie. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 3
3.1 ʼn Persoon het ernstige gehoorverlies gehad wat veroorsaak is deur skade aan
die ossikels (gehoorbeentjies) en binneoor. Hy het ʼn kogleêre inplanting
ondergaan. Die kogleêre inplanting het die gehoor gedeeltelik herstel. As ʼn
persoon ʼn kogleêre oorplanting ondergaan, word die klankgolwe deur die
mikrofoon versamel en deur die ontvanger en sender na ʼn stimulus
omgeskakel. Die impuls word deur ʼn elektrode na die koglea oorgedra.
Die onderstaande diagram toon die struktuur van die oor met ʼn kogleêre
inplanting.
oordraer
ontvanger
klankgolwe
elektrode
A
mikrofoon
gehoorbeentjies
koglea
D
C
B
3.1.1 Identifiseer die deel gemerk B. (1)
3.1.2 Noem EEN funksie van deel C. (1)
3.1.3 Watter deel van die oor funksioneer normaalweg as:
(a) Mikrofoon (1)
(b) Ontvanger en oordraer (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
3.1.4 Verduidelik waarom ʼn persoon die vermoë, om te kan hoor, verloor
as daar:
(a) Skade aan die ossikels is (3)
(b) ʼn Gaatjie in deel D is (3)
3.1.5 Beskryf hoe die deel A en die brein saam balans handhaaf. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
3.2 ʼn Ondersoek is gedoen om die effek van ouksien op die rigting waarin die
stingel groei, te bepaal.
Die prosedure was soos volg:
Twee potplante (1 en 2) van dieselfde spesie en ouderdom is gebruik
Die apikale knoppe van albei plante is verwyder deur dit op dieselfde
hoogte op die stingel deur te sny
Die gesnyde apikale knoppe van albei plante is vir ʼn tydperk van 2 uur
op aparte blokke agarjellie geplaas
Een blok agarjellie is daarna aan die regterkant van die boonste rand
van die gesnyde oppervlak van potplant 1 geplaas en die ander blok
agarjellie is daarna op die linkerkantste boonste rand van potplant 2
geplaas, soos in die onderstaande diagram getoon
Beide potplante is vir twee weke in ʼn donker kartonhouer gebêre
Die groeirigting van die stingels van albei plante is aan die einde van
hierdie periode waargeneem
Deksel
Donker
karton-
agarblok houer agarblok
regter- regter-
kant linker- kant linker-
kant kant
Potplant 1 Potplant 2
3.2.1 Gee ʼn rede waarom die apikale knoppe:
(a) Verwyder is (1)
(b) Vir 2 ure op die blokke agarjellie geplaas was (1)
3.2.2 Verduidelik die resultate wat vir potplant 1 verkry is. (4)
3.2.3 Potplant 2 is blootgestel aan ʼn eensydige lig, vanaf die linkerkant
deur die deksel van die kartonhouer gedurende hierdie tydperk te
verwyder.
Verduidelik die resultate wat verkry is. (4)
3.2.4 Verduidelik waarom vrugteboere gereeld die apikale knoppe van
vrugtebome verwyder. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
3.3 Die onderstaande grafiek toon die homeostatiese beheer van bloedglukose
in ʼn gesonde persoon.
3.3.1 Identifiseer:
(a) Hormoon A (1)
(b) Die klier wat hormoon B afskei (1)
3.3.2 Noem die meganisme wat die vlakke van hormone A en B beheer. (1)
3.3.3 As ʼn persoon vas, hetsy om godsdienstige of gesondheidsredes, eet
hy/sy vir ʼn sekere tydperk nie kos nie.
Verduidelik die vlakke van hormoon A in ʼn persoon tydens ʼn
vasperiode. (2)
3.3.4 Beskryf die rol van hormoon B in die handhawing van normale
glukosevlakke in die bloed. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
3.4 Die diagram hieronder verteenwoordig die vroulike voortplantingstelsel
tydens swangerskap.
3.4.1 Identifiseer:
(a) Vloeistof A (1)
(b) Ekstra embrioniese membraan D (1)
3.4.2 Noem die bloedvat in deel C wat suurstofryke bloed vanaf die
moeder na die fetus vervoer. (1)
3.4.3 Noem TWEE funksies van deel B. (2)
3.4.4 Beskryf die ontwikkeling van die sigoot totdat deel B gevorm is. (8)
3.4.5 Verduidelik EEN strukturele geskiktheid van deel E om sy
funksie te verrig. (2)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum