Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*LFSCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers %20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)


%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)

%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 592.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN REPRODUCTION
- Question 1.2HUMAN REPRODUCTION10 marks
- Question 1.3HUMAN REPRODUCTION12 marks
- Question 1.4HUMAN REPRODUCTION8 marks
- Question 1.5MEIOSIS6 marks
- Question 2.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 2.3HUMAN REPRODUCTION9 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 2.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)5 marks
- Question 3.1HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS14 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)9 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS7 marks
- Question 3.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 2
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Watter EEN van die volgende vorm deel van die plasenta?
A Chorion
B Amnion
C Naelstring
D Uterus
1.1.2 Die onderstaande lys verteenwoordig sekere voortplantingstrategieë by
diere:
(i) Amniotiese eier
(ii) Uitwendige bevrugting
(iii) Ovipare ontwikkeling
(iv) Altrisiële ontwikkeling
Watter van die bogenoemde strategieë is op hoenders van toepassing?
A Slegs (i) en (ii)
B Slegs (i) en (iii)
C Slegs (i), (ii) en (iii)
D Slegs (i), (ii) en (iv)
1.1.3 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn proses wat tydens meiose
plaasvind.
Watter EEN van die volgende stellings beskryf die proses korrek?
A Die proses is oorkruising en dit lei tot gamete wat geneties identies is
B Die proses is nie-disjunksie en dit lei tot gamete met dieselfde
chromosoomgetal
C Die proses is oorkruising en dit lei tot gamete wat geneties verskillend
is
D Die proses is nie-disjunksie en dit lei tot gamete met ’n abnormale
chromosoomgetal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 4
1.1.4 Die onderstaande tabel toon die gemiddelde lengte van menslike
fetusse.
TYD (weke) FETALE LENGTE (cm)
Vroulik Manlik
8 1 1
16 13 14
24 31 33
36 43 46
40 49 51
Watter van die volgende stellings oor die inligting in die tabel is korrek?
A Die vroulike fetusse groei teen dieselfde tempo as die manlike
fetusse.
B Die vroulike fetusse groei vinniger as die manlike fetusse.
C Die manlike fetusse groei vinniger as die vroulike fetusse in die
begin en aan die einde sal die vroulike fetusse vinniger groei as
die manlike fetusse.
D Die manlike fetusse groei vinniger as die vroulike fetusse.
1.1.5 Die onderstaande diagram toon twee oë wat op voorwerpe, wat op
verskillende afstande van die oog is, gefokus is.
M N O P
X
Q R S T
Y
Die voorwerpe waarop oog X en Y gefokus is, is ...
A onderskeidelik N en R.
B onderskeidelik M en T.
C onderskeidelik O en S.
D onderskeidelik M en R.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.6 Die onderstaande diagram toon die ontwikkeling van ʼn sigoot in die
mens.
Ontwikkeling van die sigoot
1 2 3 4 5 6
Die korrekte volgorde van die strukture is:
A 1, 4, 2, 3, 5, 6
B 6, 4, 2, 5, 3, 1
C 2, 4, 5, 1, 6, 3
D 2, 5, 4, 1, 6, 3
1.1.7 Watter deel van die brein interpreteer inligting afkomstig van die
kristas?
A Serebellum
B Serebrum
C Medulla oblongata
D Corpus callosum
1.1.8 Die aanvang van die voortplantingsouderdom word … genoem.
A menstruasie
B puberteit
C menarg
D menopouse
1.1.9 Watter kombinasie van die onderstaande strukture dui die korrekte
volgorde aan waarlangs die sperm beweeg totdat dit die ovum van ʼn
vrou bereik?
A Vagina → serviks → uterus → fallopiusbuis
B Vagina → fallopiusbuis → serviks → uterus
C Vagina → uterus → serviks → fallopiusbuis
D Vagina → fallopiusbuis → uterus → serviks
1.1.10 Die onderstaande lys toon die eienskappe van ʼn spermsel:
(i) Kop met kern
(ii) Ensiem-ryke struktuur in die kop
(iii) Baie mitochondria
(iv) Beweegbare stert
Watter van die bogenoemde eienskappe stel die spermsel in staat
om te beweeg?
A Slegs (i), (iii) en (iv)
B Slegs (ii), (iii) en (iv)
C Slegs (ii) en (iii)
D Slegs (iii) en (iv)
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 6
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die gebruik van hulpbronne, op so ʼn wyse, dat hulle vir toekomstige
geslagte beskikbaar is
1.2.2 Die hormoon wat die hoeveelheid sout in die bloed reguleer
1.2.3 Die struktuur wat voedingstowwe aan die ontwikkelende embrio in
ovipare organismes verskaf
1.2.4 ʼn Diagram wat die aantal en voorkoms van chromosome in 'n sel toon
1.2.5 Die verdeling van die sitoplasma tydens seldeling
1.2.6 Die soort bevrugting waar die eiersel binne die vroulike
voortplantingsorgane bevrug word
1.2.7 Die vroulike orgaan waar meiose plaasvind
1.2.8 Chemiese stowwe wat gebruik word om plae uit te wis
1.2.9 Punte op homoloë chromosoompare waar oorkruising plaasvind
1.2.10 Die struktuur, in die kop van die spermsel, wat ensieme bevat
(10 x 1) (10)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,
BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM І KOLOM ІІ
1.3.1 Inhibeer die groei van sytakke A: Absissiensuur
B: Ouksiene
1.3.2 ʼn Struktuur betrokke by A: Allantoïs
gaswisseling in die amniotiese B: Amnion
eier
1.3.3 Komponent(e) van die A: Perifere senuweestelsel
outonome senuweestelsel B: Somatiese senuweestelsel
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.4 Die onderstaande diagram verteenwoordig die bou (struktuur) van die manlike
voortplantingstelsel.
G
A
B
C F
E
D
1.4.1 Gee byskrifte vir dele:
(a) G (1)
(b) F (1)
1.4.2 Verskaf die LETTER en die NAAM van die strukture met die volgende
funksies:
(a) Die gedeelte waar die spermselle volwasse word (2)
(b) Die struktuur wat die temperatuur vir spermproduksie beheer (2)
1.4.3 Beskryf die gemeenskaplike funksie van dele A en B. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 8
1.5 Die onderstaande diagramme toon verskillende fases tydens die meiose-
proses.
1 2
3 4
Gee die NOMMER van die fase waar:
1.5.1 Die chromosome haploïed is (1)
1.5.2 Spoelvesels die chromosome na teenoorgestelde pole trek (1)
1.5.3 Oorkruising plaasvind (1)
1.5.4 ʼn Nuwe kernmembraan rondom ongerepliseerde chromosome vorm (1)
1.5.5 Die spoelvesels begin vorm (1)
1.5.6 Onwillekeurige/lukrake rangskikking van chromosoompare plaasvind (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 ʼn Fabriek is op ʼn heuwel langs ʼn dam gebou, soos in die onderstaande diagram
getoon. Die dam is ʼn bron van water vir ʼn informele nedersetting wat langs die
fabriek gebou is. As gevolg van die aktiwiteite van die fabriek, word warm water
vanaf die fabriek na die dam gepomp.
Fabriek Warm water wat van
die fabriek in die
waterbron vloei
Heuwel Waterbron
2.1.1 Definieer die term termiese besoedeling. (2)
2.1.2 Verduidelik EEN voordeel van die dam vir die gemeenskap. (2)
2.1.3 Die bestuur van die fabriek het ʼn verklaring uitgereik waarin daar gesê
word dat die warm water wat in die dam gepomp word, geen invloed op
die water en lewende organismes in die water het nie.
Verduidelik TWEE redes waarom hierdie stelling onwaar is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 10
2.2 Die onderstaande diagram toon die proses van die kweekhuiseffek.
A
B
[Aangepas uit www.blogs.ntu.edu.sg]
2.2.1 Die proses by B word veroorsaak deur ʼn toename in die konsentrasie
van kweekhuisgasse, koolstofdioksied ingesluit.
Noem TWEE menslike aktiwiteite wat ʼn toename in die
koolstofdioksiedkonsentrasie in die atmosfeer veroorsaak. (2)
2.2.2 Beskryf wat by die volgende dele op die diagram gebeur:
(a) A (1)
(b) B (1)
2.2.3 ʼn Toename in koolstofdioksiedkonsentrasie in die atmosfeer, lei tot ʼn
verhoogde kweekhuiseffek wat verder ʼn verhoogde gemiddelde
temperatuur van die aardoppervlak meebring, bekend as
aardverwarming.
Verduidelik TWEE uitwerkings (effekte) van die verhoging in die
gemiddelde temperature op die aarde. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.3 Gonadotropien-vrystellingshormoon is ʼn hormoon wat vrygestel word deur die
hipotalamus by vroue. Dit sit ʼn reeks gebeure tydens die menstruele siklus aan
die gang. Die onderstaande diagram is ʼn voorstelling van die stappe tydens die
menstruele siklus by vroue.
Hipotalamus
Gonadotropien-vrystellingshormoon
Klier A
FSH en LH
Ovaria
[Aangepas uit www.open.edu]
2.3.1 Benoem klier A. (1)
2.3.2 Volgens die diagram, wat is die funksie van gonadotropien-vrystellings
hormoon? (2)
2.3.3 Beskryf die effek van FSH op die ovaria. (2)
2.3.4 ʼn Ovulasie-indikatortoets kan gebruik word om die ovulasie-tydperk van
ʼn vrou te voorspel. Dit meet die hoeveelheid LH in die bloed of urine.
Verduidelik hoekom ʼn vrou wat swanger wil raak ʼn ovulasie-indikator-
toets sal gebruik. (2)
2.3.5 In sommige vroue word te min progesteroon afgeskei.
Verduidelik EEN probleem wat dit kan veroorsaak in ʼn vrou wat swanger
probeer raak. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 12
2.4 Lees die volgende uittreksel oor motorneuronsiekte.
Motorneuronsiektes (MNS’s) verwys na ʼn groep toestande wat veroorsaak dat
die motoriese neurone in die senuwees van die rugmurg en brein hul funksie
progressief verloor. MNS’s is ʼn skaars maar ernstige en ongeneeslike vorme van
progressiewe neurodegenerasie(senuwee-agteruitgang). Motoriese neurone is
senuweeselle wat impulse na die spiere stuur.
Genetiese, virale en omgewingskwessies kan ʼn rol speel om MNS’s te
veroorsaak. Motorneuronsiektes (MNSs) kan op enige ouderdom voorkom,
maar die meeste pasiënte is ouer as 40 jaar as ʼn diagnose gemaak word. Dit
raak mans meer as vroue.
[Aangepas uit www.medicalnewstoday.com]
2.4.1 Volgens die uittreksel, wat is die definisie van motorneuronsiekte? (1)
2.4.2 Lys TWEE faktore vanuit die uittreksel wat motorneuronsiekte kan
veroorsaak. (2)
2.4.3 Verduidelik die moontlike effek wat hierdie siekte op die refleksaksie sal
hê indien ʼn persoon op 'n doring sou trap. (3)
2.4.4 Teken ʼn diagram met byskrifte van ʼn motoriese neuron. (4)
2.5 Een van die gebreke van die oog is astigmatisme.
2.5.1 Beskryf hoe astigmatisme veroorsaak word. (2)
2.5.2 Beskryf hoe astigmatisme behandel kan word. (1)
2.5.3 Noem TWEE defekte van die oog wat met die lens geassosieer word. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
VRAAG 3
3.1 ʼn Ondersoek is deur wetenskaplikes gedoen om die effek van ʼn lae GI-ontbyt
en ʼn hoë GI-ontbyt op die gemiddelde bloedglukosekonsentrasie van vroue te
bepaal.
LET WEL:
• Hoë GI-voedsel word vinnig verteer en geabsorbeer.
• Lae GI-voedsel word stadig verteer en geabsorbeer.
• GI is die Glikemiese Indeks van ʼn persoon. Glikemiese Indeks is ʼn syfer
wat die relatiewe vermoë van koolhidraatvoedsel, om die vlak van glukose
in die bloed te verhoog, voorstel.
Die volgende stappe is tydens die ondersoek gevolg:
• Tien vroue tussen die ouderdomme van 28 en 30, het vrywillig deelgeneem.
• Die bloedglukosekonsentrasie van elke vrou is gemeet voordat hulle ontbyt
geëet het.
• Nadat hulle ontbyt geëet het, is die bloedglukosekonsentrasie met intervalle
van 15 minute, oor ʼn tydperk van 120 minute, gemeet.
Die resultate van hierdie ondersoek word in die onderstaande grafiek
voorgestel.
G ra fi e k va n di e ge mi dde l de bl oe dgl uk os e vl a k
va n 1 0 vroue na ontbyt oor 1 2 0 mi nute
Low GI High GI
Gemiddelde bloedglukosevlakke na
9 Hoë GI
8
7
6
5
4 Lae GI
ete (mmol / ℓ)
3
2
1
0
0 15 30 45 60 75 90 105 120
Tyd (minute)
[Aangepas uit www.ncbi.nih.gov]
3.1.1 Verduidelik EEN moontlike rede waarom bloedmonsters geneem is
voordat hulle ontbyt geëet het. (2)
3.1.2 Gee die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek. (1)
3.1.3 Gee die bloedglukosekonsentrasie, in mmol/ℓ, 45 minute nadat ʼn hoë GI-
ontbyt geëet is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 14
3.1.4 Met verwysing na die grafiek, beskryf die verskil tussen die effek van die
eet van lae GI-voedsel in vergelyking met die eet van hoë GI-voedsel op
die bloedglukosevlakke van die vroue. (2)
3.1.5 Noem die hormoon wat deur die pankreas afgeskei word, wat die
uitwerkings op die bloedglukosevlakke het, soos in die grafiek getoon
van 45 tot 120 minute. (1)
3.1.6 Verduidelik die effek van ʼn hoë-GI ontbyt op die afskeiding van die
hormoon in VRAAG 3.1.5 genoem. (2)
3.1.7 Ses maande later het die wetenskaplikes besluit om die ondersoek te
herhaal. Vyf addisionele vroue het as ’n kontrolegroep by die ondersoek
aangesluit en het nie ontbyt geëet nie.
(a) Gee EEN rede waarom die wetenskaplikes besluit het om die
ondersoek te herhaal. (1)
(b) Verduidelik die belangrikheid van ʼn kontrolegroep vir hierdie
ondersoek. (2)
3.1.8 Gee TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die geldigheid van die
oorspronklike ondersoek verseker het. (2)
3.2 ʼn Groep graad 12-leerders het die volgende apparaat in hul klaskamer opgestel.
Hulle het twee plante gebruik. Een is op ʼn roterende klinostaat geplaas (Diagram
A) en die ander een het stilgestaan (Diagram B).Hulle het die apparaat, in hierdie
posisies,vir twee weke in ʼn donker kas gelos, voordat die waarnemings soos in
die onderstaande diagram aangedui, gemaak is.
LET WEL: ʼn Klinostaat is ʼn apparaat wat in staat is om te roteer.
Klinostaat
c
A c
B
3.2.1 Watter tipe plantgroeibeweging is waargeneem? (1)
3.2.2 Verduidelik kortliks die resultate in:
(a) A (3)
(b) B (4)
3.2.3 Noem EEN rede waarom die apparaat vir die duur van die ondersoek in
ʼn donker kas geplaas is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
3.3 Uitheemse indringerplante kan tot die verlies van biodiversiteit lei.
3.3.1 Noem DRIE maniere waarop uitheemse indringerplante beheer kan
word. (3)
3.3.2 Verduidelik hoe uitheemse indringerplante tot die verlies van
biodiversiteit kan lei. (2)
3.3.3 Behalwe indringerplante, noem TWEE ander oorsake vir die verlies van
biodiversiteit. (2)
3.4 Die onderstaande diagram toon die struktuur van ʼn menslike oor.
C D E
G
F
3.4.1 Gee byskrifte vir:
(a) A (1)
(b) C (1)
(c) D (1)
3.4.2 Identifiseer die LETTER wat die gehoorsenuwee verteenwoordig. (1)
3.4.3 Noem die tipe neuron wat in die gehoorsenuwee aangetref word. (1)
3.4.4 Verduidelik die belangrikheid daarvan dat die strukture gemerk C in
verskillende vlakke gerangskik is. (2)
3.4.5 Indien ʼn persoon na aan ʼn bomontploffing is, word ʼn aansienlike
hoeveelheid druk op die oor uitgeoefen.
Verduidelik die effek wat dit op die gehoorproses sal hê. (3)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 16
AFDELING C
VRAAG 4
ʼn Marathon-hardloper het deelgeneem aan ʼn wedren wat voor sonsopkoms begin
het.
Beskryf hoe haar liggaamstemperatuur en waterbalans gedurende die wedren
gereguleer is. Beskryf ook die veranderinge wat in haar oë plaasgevind het soos die
son voor haar opgekom het.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van tabelle of
diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum