Skip to content

Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12201618 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2016 10831 LEWENSWETENSKAPPE EERSTE VRAESTEL TYD: 2½ uur PUNTE: 150 18 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 2 (Eerste Vraestel) 10831/16 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2016 LEWENSWETENSKAPPE (Eerste Vraestel) TYD: 2½ uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDBOEK neer. 3. Begin die antwoorde vir elke vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nie- programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 3 (Eerste Vraestel) 10831/16 AFDELING A VRAAG 1 KORT VRAE 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1. – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 ʼn Toename in ontbossing lei tot ... A ʼn afname in die hoeveelheid kweekhuisgasse afgegee. B ʼn afname in biodiversiteit. C ʼn toename biodiversiteit. D ʼn afname in die verlies van vrugbare bogrond. 1.1.2 Watter EEN van die volgende pare is deel van die pupilmeganisme in die oog? A Choroïed en retina B Lens en suspensoriese ligamente C Kringspiere en radialespiere D Silliêre spiere en suspensoriese ligamente 1.1.3 Watter EEN van die volgende aspekte het nie ʼn impak op die waterkwaliteit in Suid-Afrika nie? A Wegdoen van afvalwater B Wegdoen van industriële afval C Wegdoen van mynbouafval D Geneties gemanipuleerde voedsel 1.1.4 Watter EEN van die volgende is ʼn bedreiging vir vleilandskappe? A Die bou van ʼn dam om waterbeperkinge teen te werk B ʼn Styging in die voëlbevolking C Herwinning van plastiek wat in die vleilandskap gevind is D Bou van ʼn natuurreservaat 1.1.5 Die hormoon gibberelliene … A bevorder apikale dominansie. B beheer die rigting van spruitgroei. C bevorder ontkieming van sade. D bevorder die val van ryp vrugte van die plant. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 4 (Eerste Vraestel) 10831/16 1.1.6 Hoe verseker meiose variasie tussen lede van ʼn spesie? A Deur identiese dogterselle te vorm B Deur oorkruising en onafhanklike sortering C Deur twee nukleêre verdelings D Verseker dat die chromosoomgetal konstant bly 1.1.7 Watter EEN van die volgende beskrywings is korrek vir mense wat nie ver kan sien nie omdat die beeld voor die retina gevorm word? A Bysiendheid B Versiendheid C Astigmatisme D Katarakte 1.1.8 Die volgende lys bevat voorbeelde van menslike aktiwiteite wat ʼn impak het op die omgewing. (i) Verbranding van fossielbrandstowwe (ii) Afkapping en verbranding van bome (iii) Kunsmis wat in riviere en strome vloei (iv) Verstedeliking Watter EEN van die volgende kombinasies veroorsaak ʼn toename in die gemiddelde konsentrasie van koolstofdioksied in die atmosfeer? A Slegs (ii), (iii) en (iv) B (i), (ii), (iii) en (iv) C Slegs (i), (ii) en (iv) D Slegs (i) en (iv) 1.1.9 Watter EEN van die volgende is die hormoon wat geproduseer word deur die pituïtêre klier, wat die produksie van melk stimuleer? A ADH B Prolaktien C Oksitosien D Relaksien 1.1.10 Die planthormoon absissiensuur ... A bevorder wortelgroei. B bevorder apikale dominansie. C stimuleer blomontwikkeling. D bevorder afval van blare. (10x2) (20) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 5 (Eerste Vraestel) 10831/16 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.10) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.2.1 ʼn Deel van die oor wat klankgolwe in senuwee-impulse omskakel 1.2.2 Kliere wat stowwe direk in die bloedstroom uitskei 1.2.3 Die hormoon wat afgeskei word wanneer bloedglukosevlakke laer is as normaal 1.2.4 Die verbindingsbuis tussen die middeloor en die farinks 1.2.5 Die struktuur waarteen die stiebeuel / stapes druk in die menslike oor uitoefen 1.2.6 Die groei van ʼn deel van ʼn plant in reaksie op swaartekrag 1.2.7 Die handhawing van ʼn konstante interne omgewing ten spyte van die veranderinge in die eksterne omgewing 1.2.8 Die deel van die brein wat die asemhalingspiere stimuleer om saam te trek wanneer die koolstofdioksiedkonsentrasie in die bloed bo normaal styg 1.2.9 Die onwettige jag / lokval stel vir diere 1.2.10 Areas waar water die grond bedek of dit is onder of naby die oppervlak van die grond die hele jaar of vir wisselende periodes tyd, gedurende die jaar (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 6 (Eerste Vraestel) 10831/16 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Groeihormoon A: Adrenale klier B: Pituïtêre klier 1.3.2 Eutrofikasie A: Koolstofvoetspoor B: Verwoestyning 1.3.3 Opbouing van kweekhuisgasse A: Kommersiële plantasies B: Radioaktiewe afval (3x2) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 7 (Eerste Vraestel) 10831/16 1.4 Die onderstaande diagram toon die interaksie tussen die hormone wat deur die pituïtêre klier en die tiroïedklier afgeskei word. PITUÏTÊRE KLIER Hormoon A Hormoon B TIROÏEDKLIER 1.4.1 Wat word die interaksie tussen die twee hormone genoem wat deur die kliere afgeskei word? (1) 1.4.2 Noem die hormoon A wat deur die tiroïedklier afgeskei word. (1) 1.4.3 Noem die hormoon B wat deur die pituïtêre klier afgeskei word. (1) 1.4.4 Gee die respons by die pituïtêre klier wanneer die vlakke van hormoon A laag is. (2) 1.4.5 Watter effek het hoë vlakke van hormoon A op liggaamstemperatuur? (1) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 8 (Eerste Vraestel) 10831/16 1.5 Die onderstaande diagram toon dele van die vroulike voortplantingstelsel. B A C D E Gee die LETTER en die NAAM van die struktuur wat ... 1.5.1 dien as ʼn termoregulerende orgaan. (2) 1.5.2 dien as ʼn suiweraar. (2) 1.5.3 fetale bloed dra. (2) 1.5.4 verwyd gedurende geboorte. (2) (8) TOTAAL AFDELING A: [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 9 (Eerste Vraestel) 10831/16 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. PERSENTASIE DOWN SE SINDROOM GETAL GEBOORTES VAN AFWISSELENDE OUDERDOMME VAN MA’S Down-sindroom voorvalle per per aantal Down se sindroom voorvalle aantal geboortes (%) geboortes (%) Ouderdom van ma (jare) [Aangepas uit: http://www.uic.edu/classes/bios/bios100/lectures/mitosis.htm] 2.1.1 Volgens die grafiek, wat is die verhouding tussen die ouderdom van die moeder en die Down se sindroom voorvalle? (2) 2.1.2 Met hoeveel het die Down se sindroom voorvalle toegeneem vanaf die ouderdom van 40 tot die ouderdom van 48 jaar? Toon alle berekeninge. (2) 2.1.3 Noem die tipe abnormale meiose waar een paar chromosome dalk nie skei gedurende metafase nie. (1) 2.1.4 Wat sal die chromosoomgetal wees in menslike gamete as die verskynsel genoem in Vraag 2.1.3 sou plaasvind? (2) 2.1.5 Watter raad sal ʼn genetiese berader gee vir ʼn vrou, ouer as 40 jaar, wat dit oorweeg om ʼn kind te hê? (3) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 10 (Eerste Vraestel) 10831/16 2.2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg. B A C 2.2.1 Identifiseer die meganisme soos in die bogenoemde diagram getoon. (1) 2.2.2 Skryf SLEGS die LETTER neer wat die volgende voorstel: (a) ʼn Sensoriese neuron (b) ʼn Interneuron (2) 2.2.3 Verduidelik die belangrikheid van die meganisme in Vraag 2.2.1 genoem. (2) 2.2.4 Beskryf die effek van die meganisme soos getoon in die diagram as deel C beskadig word. (2) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 11 (Eerste Vraestel) 10831/16 2.3 Die onderstaande diagram toon ʼn duifeier. X [Aangepas uit: http://www.biology-resources.com/drawing-bird-embryo.html] 2.3.1 Definieer die term ovipariteit. (1) 2.3.2 Struktuur X op die skets stel die dooiersak voor wat eiergeel/dooier bevat. Wat sal die ekwivalente struktuur in soogdiere wees? (1) 2.3.3 Verduidelik die voordele wat dié tipe eier gee vir duiwe. (3) 2.3.4 Watter tipe bevrugting vind plaas in duiwe? (1) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 12 (Eerste Vraestel) 10831/16 2.4 Bestudeer die onderstaande diagram wat twee plantstingels onder verskillende ligkondisies voorstel en beantwoord die vrae wat volg. Lig Eensydige lig A B 2.4.1 Noem die plantgroeistof wat deur die pyle binne die twee plantstingels getoon word. (1) 2.4.2 Beplan ʼn ondersoek om die bogenoemde verskynsel te illustreer, deur die volgende apparaat te gebruik: – twee eenderse potplante – een kartonboks en – ʼn skêr Skryf ʼn eksperimentele metode neer vir die ondersoek. (5) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 13 (Eerste Vraestel) 10831/16 2.5 Lees die onderstaande uittreksel oor hongersnood statistiek en beantwoord die vrae wat volg. Statistiek: Hongersnood Omtrent 795 miljoen mense in die wêreld het nie genoeg kos om ʼn gesonde en aktiewe lewe te lei nie. ʼn Groot meerderheid van die wêreld se honger mense leef in ontwikkelende lande. Die Afrika-kontinent het 42 lande wat ʼn risiko loop van voedselonsekerheid, terwyl Asië 24 lande het wat ʼn risiko van voedselonsekerheid het. Sub-Sahara Afrika het die hoogste voorkoms van hongersnood. Een persoon in vier in dié deel is ondervoed. [Aangepas uit http://www.wfp.org/hunger/stats?gclid=CNDZ] 2.5.1 Definieer die term voedselsekerheid. (2) 2.5.2 Volgens die bogenoemde inligting, watter kontinent het die grootste risiko van voedselonsekerheid? (1) 2.5.3 Noem DRIE swak boerderypraktyke wat ʼn impak het op voedselsekerheid. (3) 2.5.4 Volgens jou mening gee DRIE redes behalwe boerderypraktyke, hoekom Sub-Sahara Afrika die hoogste persentasie honger mense het. (3) 2.5.5 Noem enige TWEE faktore wat kan lei tot die verlies in biodiversiteit. (2) (11) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 14 (Eerste Vraestel) 10831/16 VRAAG 3 3.1 Die onderstaande tabel toon die aantal kinders wat per 1000 vrouens van verskeie ouderdomme in die VSA in 2013 gebore is. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. Ouderdomsgroep Geboortekoers per (jare) 1 000 vrouens 10 – 14 0.3 15 – 19 26.5 20 – 24 80.7 25 – 29 105.5 30 – 34 98 35 – 39 49.3 40 – 44 10.4 [Aangepas uit: http://www.childtrends.org] 3.1.1 Teken ʼn kolomgrafiek deur die data in die bogenoemde tabel te gebruik. (6) 3.1.2 Meld die volgende vir die data in bogenoemde tabel: (a) Die onafhanklike veranderlike (b) Die afhanklike veranderlike (2) 3.1.3 Vanaf die bogenoemde tabel meld watter ouderdomsgroep wat die hoogste geboortekoers per 1000 vrouens het. (1) 3.1.4 Beskryf die tendens vir die aantal kinders wat gebore is van (2) vrouens van verskillende ouderdomsgroepe. (11) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 15 (Eerste Vraestel) 10831/16 3.2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg. A B C D X [Aangepas uit:http://slideplayer.com/slide/3622072/] 3.2.1 Voorsien ʼn opskrif vir bogenoemde diagram. (2) 3.2.2 Noem die proses wat by punt X plaasvind. (1) 3.2.3 Identifiseer struktuur C. (1) 3.2.4 Noem die hormone: (a) A (b) B (2) 3.2.5 Beskryf die interaksie tussen hormoon A, hormoon B en struktuur D wat lei tot proses X. (7) 3.2.6 Gee TWEE observasies vanaf die grafiek wat aandui dat bevrugting nie plaasgevind het nie. (2) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 16 (Eerste Vraestel) 10831/16 3.3 Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat daarop gabaseer is. Dagga staan ook bekend as marijuana of kannabis. Wanneer ʼn persoon dagga rook, beland chemikalieë in die bloed en word vinnig na die brein vervoer. THC (“tetrahydrocannabinol”) heg aan reseptore van neurone wat gebruik word vir korttermyn geheue, denkvermoë, konsentrasie en tyd- en afstandpersepsie. THC vervang normale neurontransmitters in ʼn sinaps, maar word nie vinnig afgebreek of verwyder nie. Die effek is ʼn gevoel van genot gevolg deur geheueverlies, persoonlikheidsteurnis, depressie en angstigheid. Dit verlaag ook fisiese vaardighede. Dit kan dae en selfs weke neem om die effek van THC uit die liggaam te verwyder, om toe te laat dat neurone normaal kan funksioneer. [Geneem uit: SS Life Sciences Grade 12] 3.3.1 Gee TWEE newe-effekte wat dagga het op iemand wat dit (2) gebruik. 3.3.2 Noem die kragtigste chemikalieë wat in dagga gevind word. (1) 3.3.3 Verduidelik hoekom dit gevaarlik sou wees om dagga te gebruik en te bestuur. (3) 3.3.4 Wat is die funksie van ʼn sinaps? (1) 3.3.5 Gee EEN strategie wat die regering gebruik of kan gebruik om mense te verhoed om dagga te gebruik. (1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 17 (Eerste Vraestel) 10831/16 3.4 Die diagramme A en B hieronder toon ʼn toestand van bloedkapillêre van die vel onder verskillende omgewingstoestande. Bestudeer die diagramme en beantwoord die vrae wat volg. Epidermis Kapillêre 3.4.1 Wat dui die pyle wat deur die epidermis, vanaf die bloedkapillêre vloei, aan? (1) 3.4.2 Verduidelik hoekom die bloedkapillêre van die vel in die toestand wat deur A geïllustreer is sal wees. (1) 3.4.3 Verduidelik die effek wat verwyde kapillêre sal hê op sweetkliere. (3) 3.4.4 Onder watter tipe omgewingstoestand sal die bloedkapillêre van die vel in die toestand wat deur B geïllustreer word, wees? (1) (6) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 18 (Eerste Vraestel) 10831/16 AFDELING C VRAAG 4 In ʼn situasie waar ʼn persoon deur ʼn kwaai hond gekonfronteer word, reageer sy liggaam deur die “veg-of-vlugreaksie”. Skryf ʼn opstel waarin jy verwys na die rol wat die outonome senuweestelsel en die hormoon, adrenalien, speel tydens die reaksie. Inhoud (17) Sintese (3) (20) LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie. TOTAAL AFDELING C: 20 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all