You're offline
Skip to content
Question paper

Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Subject: Life SciencesGrade 12202017 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2020 10832 LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 2 TYD: 2½ uur PUNTE: 150 17 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 2 (Vraestel 2) 10832/20 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer. 3. Begin die antwoorde vir elke vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 3 (Vraestel 2) 10832/20 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot– 1.1.9) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D. 1.1.1 Watter van die volgende stellings ondersteun die teorie van evolusie? A Alle lewe op aarde het op land ontstaan. B Rotse word gedateer deur radiometriese datering. C Genotipes en fenotipes van individue van dieselfde spesie is almal identies. D Fossiele toon dat lewe, ʼn lang geskiedenis het. 1.1.2 Watter van die volgende is die KORREKTE definisie van ʼn spesie? A ʼn Groep soortgelyke organismes, wat in dieselfde habitat op dieselfde tyd leef B ʼn Groep soortgelyke organismes wat dieselfde chromosoomgetal het C ʼn Groep organismes wat soortgelyke groottes, vorm en kleur het D ʼn Groep soortgelyke organismes wat kan kruisteel om vrugbare nakomelinge te produseer 1.1.3 In konyne, is grys pelskleur dominant oor wit pelskleur. ʼn Heterosigotiese gryskonyn paar met ʼn witkonyn. Wat is die persentasie kans dat die nakomelinge grys is? A 50 B 100 C 0 D 25 1.1.4 Die volgende is die DNS-basisvolgorde kode vir ʼn deel van ʼn spesifieke proteïen: GTT TAC TAC TCT TCT TCT TTA Hoeveel soorte aminosure word gekodeer deur dié volgorde? A 3 B 7 C 4 D 5 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 4 (Vraestel 2) 10832/20 1.1.5 ʼn Filogenetiese stamboom verteenwoordig. .. A die hoeveelheid spesies op aarde. B moontlike evolusionêre verwantskappe. C slegs organismes wat nou uitgesterf het. D slegs spesies wat aan dieselfde genus behoort. 1.1.6 In meervoudige allele … A is daar meer as een geen wat ʼn eienskap beheer. B is daar meer as twee allele wat voorkom vir dieselfde geen. C kodeer baie gene vir dieselfde allele. D is daar slegs twee allele vir ʼn spesifieke geen. 1.1.7 Wetenskaplikes wou ondersoek instel wat die effek van insekdoders op muskiete is. Hulle het enkele van die volgende stappe uitgevoer, hoewel dit nie noodwendig in hierdie volgorde was nie: (i) Die eerste monster muskiete is versamel. (ii) Die data is in ʼn tabel aangeteken. (iii) Daar is besluit waar om die muskiete te versamel. (iv) ʼn Metode is gekies, oor hoe om die muskiete te vang. (v) Die konsentrasie van die dosis insekdoders, is bepaal. Watter van die volgende kombinasies stel die beplanningstappe van dié ondersoek voor? A (i), (ii), (iii), (iv) en (iv) B (ii), (iii), (iv) en (v) alleenlik C (ii), (iii) en (iv) alleenlik D (iii), (iv) en (v) alleenlik b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 5 (Vraestel 2) 10832/20 VRAAG 1.1.8 is gebaseer op die onderstaande inligting, diagram en tabel. Drie verwante insekspesies is bestudeer in drie afsonderlike liggings. Die insekte kan grys of swart in kleur wees en kan vlerke hê of hulle is vlerkloos. Wetenskaplikes gebruik hul fenotipe, ligging en fossielouderdom as bewys vir spesiasie. Eiland A Afrika-kus Eiland B Ouderdom van Ligging Eienskappe fossielbewyse Eiland A Grysliggaam, vlerkloos 100 000 jaar gelede Eiland B Swartliggaam, vlerkloos 100 000 jaar gelede Afrika-kus Grysliggaam, met vlerke 1 000 000 jaar gelede 1.1.8 Hieronder is ʼn lys met moontlike verklarings rakende hul spesiasie: (i) Die Afrika-kus is minder winderig as die ander twee eilande. (ii) Die gemeenskaplike voorouers migreer van eiland A na die Afrika-kus. (iii) Eiland B het donkerder grond. (iv) Die insekte op die twee eilande evoleer as gevolg van identiese omgewingstoestande. (v) Spesiasie het plaasgevind as gevolg van geografiese isolasie. Watter EEN van die volgende is die korrekte kombinasie as ʼn verduideliking, van dié spesiasie? A (i), (ii), (iii), (iv) en (v) B (i), (iii) en (v) alleenlik C (iii) en (iv) alleenlik D (ii), (iii) en (iv) alleenlik b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 6 (Vraestel 2) 10832/20 1.1.9 ʼn Seun is kleurblind. Wat kan die moontlike genotipe van sy ma wees? A bb B XbY C XBXb D XBXB (9 x 2) (18) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.2.1 Die tipe oorerwing wat lei tot ʼn intermediêre fenotipe in die heterosigotiese toestand 1.2.2 Die mislukking van ʼn paar homoloë chromosome om normaal te skei gedurende meiose 1.2.3 Die tipe vinger aan die hand in mense wat voorsiening maak vir beter greep en manipulasie van gereedskap 1.2.4 ʼn Genetiese afwyking wat gekenmerk word deur die afwesigheid van ʼn bloedstollingsfaktor 1.2.5 Die plek waar meiose voorkom in mans 1.2.6 Die fase van meiose waartydens homoloë chromosome pare vorm 1.2.7 Die genus waaraan mense behoort 1.2.8 Ongedifferensieerde selle wat aan enige tipe liggaamsel oorsprong kan gee 1.2.9 ʼn Verduideliking van ʼn waarneming wat ondersteun word deur feite, modelle en wette (9 x 1) (9) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 7 (Vraestel 2) 10832/20 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Bewyse vir evolusie A: Modifikasie deur afstamming B: Biogeografie 1.3.2 Die vorming van haploïede selle A: Meiose B: Mitose 1.3.3 Voorbeeld van diskontinue A: Lengte variasie B: Haarkleur (3 x 2) (6) 1.4 Die onderstaande tabel toon die ouderdom en ontdekkingsterreine van sommige hominiene fossiele aan. Ouderdom van Fossielspesies Fossielterrein fossiel (mjg) Ardipithecus ramidus 5–4 Noordoos-Ethiopië Australopithecus afarensis 4 – 2,7 Ethiopië, Kenia, Tanzanië Australopithecus africanus 3–2 Taung: Sterkfontein Homo habilis 2,2 – 1,6 Tanzanië 1.4.1 Noem die hoof wêrelderfenisterreine waar die volgende fossiele gevind is. (a) Australopithecus africanus (1) (b) Ardipithecus ramidus (1) 1.4.2 Noem die genus van die fossiel wat in Ethiopië ontdek is en as die mees onlangse voorvader van alle Australopithecines beskou word. (1) 1.4.3 Watter ANDER spesies het dieselfde tyd bestaan as: (a) Ardipithecus ramidus? (1) (b) Homo habilis? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 8 (Vraestel 2) 10832/20 1.4.4 Noem EEN eienskap van Australopithecines se ruggraat wat geskik is vir tweevoetige beweging. (1) 1.4.5 Noem TWEE fossiele van Australopithecus africanus, wat in of naby die Sterkfonteingrotte gevind is. (2) 1.4.6 Watter ander spesie van Australopithecus is onlangs ontdek, wat vermoedelik ʼn oorgangsfossiel is? (1) (9) 1.5 Die onderstaande diagram toon twee chromosome in ʼn menslike sel wat meiose ondergaan. Die letters op die chromosome dui die allele aan vir haarkleur en sproete, as volg: swart hare (B); blonde hare (b); sproete (F) en geen sproete (f). X b b B B Y F F f f Z 1.5.1 Identifiseer die fase van meiose wat in die diagram getoon word. (1) 1.5.2 Verskaf byskrifte vir X, Y en Z. (3) 1.5.3 Noem TWEE prosesse in meiose wat verseker dat genetiese variasie voorkom in die geproduseerde gamete. (2) 1.5.4. Gee die: (a) Resessiewe fenotipe vir haarkleur (1) (b) Genotipe van die individu (1) (8) TOTAAL AFDELING A: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 9 (Vraestel 2) 10832/20 AFDELING B VRAAG 2 2.1 ʼn Genetiese toestand in beeste, wat spierhipertrofie of dubbel-spier fenotipe genoem word, wat lei tot ʼn toename in die hoeveelheid spiervesels. Die toestand word veroorsaak deur ʼn resessiewe alleel en veroorsaak probleme om te kalf (geboorte gee), verminderde spanningsverdraagsaamheid, verminderde vrugbaarheid en verminderde kalfoorlewing. Wanneer vleisbeeste kunsmatig geselekteer word weens hul vleisproduserende eienskappe, is dit waargeneem dat die toestand meer gereeld voorgekom het. 2.1.1 Wat is kunsmatige seleksie? (2) 2.1.2 Gee TWEE negatiewe gevolge van spierhipertrofie. (2) 2.1.3 Hoekom sou wetenskaplikes voortgaan met kunsmatige seleksie, alhoewel dit die kanse vir die toestand wat voorkom sal verhoog? (3) 2.1.4 Gebruik ʼn genetiese kruising om aan te toon dat ʼn normale koei en ʼn normale bul nakomelinge met dié toestand kan produseer. Gebruik die letter (N) om normale spierproduksie aan te dui en (n) vir dié dubbel- spier toestand. (6) 2.1.5 Gebruik die genotipiese verhouding van die F1 generasie in VRAAG 2.1.4 om te verduidelik waarom kruisteling van individue van die F1 generasie die herhaaldelike voorkoms van die toestand sal verhoog. (3) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 10 (Vraestel 2) 10832/20 2.2 Bloedgroepe in mense word bepaal deur drie allele, van ʼn enkele geen. Elke alleel kodeer vir ʼn antigeen op ʼn rooibloedsel, wat ʼn spesifieke vorm het. Die allele, antigene en bloedgroepe word in die onderstaande tabel getoon. Allele IA IB i IA IB Antigeen A B Geen Beide Antigeenvorm n.v.t. en Fenotipe (bloedgroep) A B 1 2 Rooibloedsel se voorkoms X Y 2.2.1 Identifiseer die vermiste bloedgroepe 1 en 2 onderskeidelik. (2) 2.2.2 Teken ʼn skematiese diagram van die twee rooibloedselle X en Y, wat bloedgroep 1 en 2 onderskeidelik, voorstel. (5) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 11 (Vraestel 2) 10832/20 2.3 ʼn Man beweer dat hy die vader van ʼn kind is. Die ma ontken dat hy die biologiese pa is en vra ʼn DNS-vaderskaptoets aan. Die DNS-profiel van die ma, kind en beweerde vader word hieronder getoon. Sleutel: M: Ma C: Kind AF: Beweerde Pa 2.3.1 Is dié man die biologiese pa? (1) 2.3.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.1. (3) 2.3.3 Gee TWEE ander gebruike vir DNS-profilering. (2) (6) 2.4 In eekhoringapies, is daar twee allele vir kleurvisie wat op die X chromosome gevind is. XR kodeer vir rooi kleurvisie en XG kodeer vir groen kleurvisie. Manlike apies kan die genotipe XR Y of XG Y alleenlik hê. 2.4.1 Watter gevolgtrekking rakende MANLIKE eekhoringapies kan gemaak word deur bogenoemde inligting, rakende hulle kleurvisie? (2) 2.4.2 Eekhoringapies woon in bome en voed grotendeels op vrugte en insekte. Stel EEN rede voor waarom die vermoë om te onderskei tussen rooi en groen, relevant kan wees vir hul oorlewing. (1) 2.4.3 ʼn Vroulike eekhoringapie kan ook rooi of groen kleurblindheid hê. Verduidelik hoe dit moontlik is. (2) (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 12 (Vraestel 2) 10832/20 2.5 ʼn Outosomale genetiese afwyking, bekend as Marfan-sindroom affekteer die bindweefsel van die liggaam en word veroorsaak deur ʼn dominante alleel (T). Die onderstaande stamboomdiagram toon die oorerwing van dié afwyking, in ʼn familie. SLEUTEL: Man met Marfan-sindroom Man sonder Marfan-sindroom Vrou met Marfan-sindroom Vrou sonder Marfan-sindroom A B C D E F G H I J K L M 2.5.1 Gee die genotipes van individue A en B onderskeidelik. (2) 2.5.2 Gee die letter/s van AL die moontlike heterosigotiese individu/e, in die tweede generasie. (1) 2.5.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.5.2. (2) 2.5.4 Individu M is getroud met ʼn vrou wat heterosigoties is, vir dié afwyking. Watter persentasie van hul nakomelinge sal sonder Marfan-sindroom wees? (1) (6) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 13 (Vraestel 2) 10832/20 VRAAG 3 3.1 Lees die onderstaande uittreksel. Pikkewyne is voëls wat nie kan vlieg nie. Dit maak hulle nie goeie kandidate vir oorlewing nie. In Antarktika, en ander plekke waar pikkewyne woon, is daar slegs ʼn paar natuurlike predatore op land. Daar is ook meer prooi beskikbaar in die water, as op land. Om hul vliegvermoë te verloor is dus nie ʼn groot nadeel vir die pikkewyne nie. Egter, in plaas daarvan om te vlieg, is pikkewyne aangepas om meester swemmers te wees. Dit bevoordeel hulle baie om voedsel te vind en te ontsnap van predatore in die water. Die vlerke is kort met swaar bene, wat hulle beter geskik maak vir swem, as om te vlieg. Die fossiele van pikkewynvoorouers toon dat hul vlerke groter was en hul bene baie ligter. 3.1.1 Noem EEN rede hoekom die pikkewyne nie benadeel word as hulle, hul vliegvermoë verloor nie. (1) 3.1.2 Lys TWEE maniere waarom pikkewyne baat vind by verbeterde akwatiese beweging. (2) 3.1.3 Gebruik Darwin se teorie van natuurlike seleksie om te verduidelik hoe al die pikkewyne geëvolueer het, om kort vlerke met swaar bene te hê. (6) (9) 3.2 Die onderstaande diagram toon evolusie oor ʼn tydperk en is kenmerkend van gepunte ewewig. Evolusie A B Tyd Gebruik die byskrifte A en B op die grafiek om gepunte ewewig te verduidelik. (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 14 (Vraestel 2) 10832/20 3.3 ʼn Meer was eens vol water en ʼn visbevolking kon vrylik deur die meer beweeg. ʼn Erge droogte het veroorsaak dat die watervlakke in die meer daal, sodat die visbevolking geskei is, soos in die diagram hieronder getoon. Baie jare later is ontdek, dat spesiasie plaasgevind het. 3.3.1 Beskryf die soort spesiasie wat in die diagram geïllustreer word. (6) 3.3.2 Verskillende visspesies broei op verskillende tye van die jaar. Beskryf hoe die voortplantingsisolasiemeganisme help, om spesies apart te hou. (3) (9) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 15 (Vraestel 2) 10832/20 3.4 Die onderstaande diagramme toon die skelet van ʼn moderne mens en ʼn Afrika-aap. Die diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE. A B 3.4.1 Watter organisme A of B, het ʼn bekkengordel gepas vir tweevoetigheid? (1) 3.4.2 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 3.4.1. (2) 3.4.3 Tabuleer TWEE verskille tussen die skedel van organisme A en organisme B. (5) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 16 (Vraestel 2) 10832/20 3.5 Die onderstaande kaart illustreer ʼn moontlike teorie oor hoe die moderne mens na alle wêrelddele gemigreer het. 35,000 – 25,000 jare gelede 40,000 jare gelede 12,000? jare gelede 100,000 – 1,400 90,000 jare gelede jare 60,000 – gelede 50,000 jare gelede 3,000 – 150,000 – 100,000 jare gelede 2,000 jare 1,500 gelede jare gelede 1,000 jare gelede 11,000 jare gelede 3.5.1 Noem die hipotese wat dié teorie ondersteun. (1) 3.5.2 Beskryf die genetiese bewyse wat die hipotese in VRAAG 3.5.1 sal ondersteun. (4) 3.5.3 Beskryf die fossielbewyse van hominiede wat in Afrika gevind is, wat die migrasie van moderne mense ondersteun, soos op die kaart getoon. (4) (9) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 17 (Vraestel 2) 10832/20 AFDELING C VRAAG 4 “ ʼn Geen kan beskryf word as die volgorde van basisse op ʼn DNS-molekule wat kodeer vir die sintese van ʼn spesifieke proteïen.” Bespreek die proses van transkripsie en translasie en verduidelik hoe ʼn geenmutasie die proteïen wat gevorm moet word, kan verander. Inhoud: (17) Sintese: (3) (20) NOTA: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie. TOTAAL AFDELING C: 20 TOTAAL: 150 EINDE

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Life Sciences

Explore more published documents in this catalogue.

View all