Skip to content

Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12202017 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2020 10831 LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 1 TYD: 2½ uur PUNTE: 150 17 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 2 (Vraestel 1) 10831/20 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer. 3. Begin die antwoorde vir elke vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy KAN ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 3 (Vraestel 1) 10831/20 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1. tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. Vraag 1.1.1 en 1.1.2 is gebaseer op die onderstaande diagram van ʼn jong haai wat te vroeg gebore is. dooiersak 1.1.1 Watter van die volgende is die beste beskrywing vir die tipe bevrugting en metode van voortplanting, soos in haaie gesien? A Inwendige bevrugting en ovipaar B Uitwendige bevrugting en vivipaar C Inwendige bevrugting en ovovivipaar D Uitwendige bevrugting en ovipaar 1.1.2 Die funksie van die dooiersak is … A om die ontwikkelende embrio te beskerm. B om die ontwikkelende embrio te voed. C om afval te stoor, van die embrio. D om die liggaamstemperatuur van die embrio te reguleer. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 4 (Vraestel 1) 10831/20 1.1.3 Indien geen individu van ʼn spesie bestaan nie, dan word daar gesê die spesie is … A bestaande. B bedreigd. C uitgesterf. D kwesbaar. 1.1.4 Die korrekte volgorde van die dele waardeur spermatosoa beweeg is ... A vas deferens → epididimis → ureter. B vas deferens → semenale vesikel → uretra. C epididimis → vas deferens → uretra. D epididimis → vas deferens → ureter. VRAAG 1.1.5 en 1.1.6 is gebaseer op die onderstaande grafiek wat bekend staan as ʼn spirometeruitslag en word gebruik om die volume lug wat ʼn persoon inasem en uitasem, sowel as hul asemhalingstempo (die aantal asemhalings oor ʼn tydperk) te bepaal. Oefening Volume Tyd 1.1.5 Die spirometeruitslag toon dat oefening veroorsaak dat die... A asemhalingstempo toeneem, terwyl die asemhalingsdiepte konstant bly. B asemhalingstempo toeneem, terwyl asemhalingsdiepte afneem. C asemhalingstempo afneem, terwyl asemhalingsdiepte toeneem. D asemhalingstempo en asemhalingsdiepte toeneem. 1.1.6 Watter van die volgende is verantwoordelik vir die verandering in die spirometeruitslag, gedurende oefening? A Afname in respirasie in spierselle. B Toename in die pH-vlakke van bloed. C Toename in energie nodig vir spierselle. D Afname in koolstofdioksiedvlakke in die bloed. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 5 (Vraestel 1) 10831/20 1.1.7 Waterkwaliteit word verminder deur… A eutrifikasie. B suiwering. C ontsouting. D verdamping. VRAAG 1.1.8 en 1.1.9 is gebaseer op die onderstaande diagram wat die refleksboog toon. 1.1.8 Bestudeer die onderstaande lys eienskappe. (i) Vorm deel van die perifere seunuweestelsel. (ii) Bevat die akson van ʼn motoriese neuron en dendriete van ʼn sensoriese neuron. (iii) Bevat die akson van ʼn sensoriese neuron en dendriete van ʼn motoriese neuron. Watter van die eienskappe wat bo gelys is, is van toepassing op Deel B? A i, ii en iii B i en ii C i alleenlik D ii en iii b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 6 (Vraestel 1) 10831/20 1.1.9 Die interneuron..... A is geleë in die grysstof van die rugmurg. B stuur ʼn impuls van die motoriese neuron na die sensoriese neuron. C stuur die impuls vanaf die reseptor direk na die effektor toe. D is ʼn effektor. 1.1.10 Om die ontwikkeling van sytakke in ʼn plant te stimuleer, moet ʼn persoon die bokant van die plant gereeld snoei. Die rede hoekom meer sytakke vorm, is as gevolg van... A apikale dominansie. B die teenwoordigheid van Ouksiene. C die afwesigheid van apikale dominansie. D die teenwoordigheid van Absisiensuur. (10 x 2) (20) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.2.1 Die aanplant van dieselfde tipe gewas spesie, jaar na jaar 1.2.2 ʼn Leë bal van selle wat in die fallopiusbuis gevorm word, na bevrugting 1.2.3 Selle in die retina wat sensitief is vir lig 1.2.4 Die hormoon wat verantwoordelik is vir ʼn toename in bloedglukosevlakke 1.2.5 Die onwettige verwydering van plante of diere uit hul natuurlike omgewing 1.2.6 ʼn Verskeidenheid lewende organismes op aarde 1.2.7 Vloeistof wat die ontwikkelende fetus in die uterus omring (7 x 1) (7) 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Veroorsaak dat plante hul blare laat val A Absisiensuur B Gibberelliene 1.3.2 Jong voëls word gebore met hul oë oop A Altrisiële ontwikkeling B Vroegselfstandige (prekosiële) ontwikkeling 1.3.3 Respiratoriese beheersentrum A Hipotalamus B Hipofise (3 x 2) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 7 (Vraestel 1) 10831/20 1.4 Die onderstaande diagram toon die groeireaksie op ʼn jong loot, na lig toe. ʼn Loot van ʼn plant of stingel 1.4.1 Wat word die groeireaksie hierbo genoem? (1) 1.4.2 Noem die hormoon wat verantwoordelik is vir die groeireaksie in dié loot. (1) 1.4.3 Op watter kant (A of B) van die loot sal die meeste hormone versamel? (1) 1.4.4 Watter kant (A of B) van die loot sal die minste selverlenging ervaar? (1) 1.4.5 Noem EEN ander groeireaksie, wat veroorsaak word deur die hormoon wat in VRAAG 1.4.2 genoem is. (1) 1.4.6 In watter plantorgaan is die groeireaksie soos genoem in VRAAG 1.4.5 positief? (1) 1.4.7 Indien die punt van die loot met foelie bedek word, hoe sal dit die groei van die loot beïnvloed? (1) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 8 (Vraestel 1) 10831/20 1.5 Die onderstaande diagram toon die interne struktuur van die brein. Skryf die LETTER van die deel neer, wat: 1.5.1 Betrokke is by hoër denkprosesse (1) 1.5.2 Die sentrum bevat wat spiertonus en balans beheer (1) 1.5.3 Die sentrums het wat bepaal watter emosies ons ervaar (wat ons voel) (1) 1.5.4 Witstof aan die buitekant en grysstof aan die binnekant bevat (1) 1.5.5 Die twee hemisfere van die brein aan mekaar verbind (1) [5] b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 9 (Vraestel 1) 10831/20 1.6 Die onderstaande foto’s toon verskeie bedreigings vir die omgewing. Foto 1 Foto 2 Foto 3 1.6.1 Wat is die oorsake van gronddegradasie (grondagteruitgang) soos getoon in ... (a) Foto 1? (b) Foto 2? (c) Fotot 3? (3) 1.6.2 Noem EEN kweekhuisgas wat vrygestel word deur die aktiwiteite getoon in Foto 1 en 2, onderskeidelik . (2) (5) TOTAAL AFDELING A: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 10 (Vraestel 1) 10831/20 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Diabetes insipidus(verdunde uriene) is ʼn siekte wat veroorsaak word deur ʼn tekort aan ADH afskeiding, binne-in plasma. Wetenskaplikes wil die effek van die siekte op die volume uriene wat ʼn persoon per dag produseer, bepaal. Die ondersoek word uitgevoer op 5 manlike deelnemers, oor ʼn tydperk van 30 dae. Die mans was van dieselfde ouderdom en gewig. Hulle gemiddelde urienproduksie was bereken en in die onderstaande tabel aangeteken. NOTA: Normale daaglikse produksie van uriene is tussen 600 mℓ – 1800 mℓ. Gemiddelde volume uriene Individu geproduseer in ℓ/day 1 2,9 2 1,5 3 1,3 4 1,0 5 1,2 2.1.1 Watter individu sal wetenskaplikes vermoed, het Diabetes insipidus? (1) 2.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1. (1) 2.1.3 Wat vertel die woord “plasma” jou van die tipe klier, wat ADH vrystel? (1) 2.1.4 Identifiseer die afhanklike veranderlike in dié ondersoek. (1) 2.1.5 Identifiseer TWEE faktore wat konstant gehou moet word, gedurende dié ondersoek. (2) 2.1.6 Verskaf EEN voorsorg (veiligheidmaatreël) wat wetenskaplikes moet neem wanneer hulle die ondersoek uitvoer. (1) 2.1.7 Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die betroubaarheid van hul ondersoek, verbeter het. (2) 2.1.8 Teken ʼn sirkelgrafiek, deur die inligting in die tabel te gebruik. Toon ALLE berekeninge. (6) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 11 (Vraestel 1) 10831/20 2.2 Die onderstaande diagram toon die manlike en vroulike voortplantingstelsels. 2.2.1 Wat is die funksie van die struktuur, wat D gemerk is? (1) 2.2.2 Noem die hormoon wat deur ... afgeskei word. (a) A (b) F (2) 2.2.3 Tabuleer TWEE verskille tussen strukture gemerk C en E. (5) 2.2.4 Verduidelik TWEE maniere hoe deel B, struktureel aangepas is om sy funksie te verrig, gedurende gestasie. (4) 2.2.5 ʼn Vasektomie is ʼn chirurgiese prosedure vir manlike sterilisasie of permanente voorbehoeding. Gedurende die prosedure, word die manlike vas deferens geknip en afgebind of geseël. Verduidelik hoe ʼn vasektomie, manlike vrugbaarheid beïnvloed (vermoë om nakomelinge te produseer). (2) (14) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 12 (Vraestel 1) 10831/20 2.3 Die onderstaande diagramme toon verskillende fases van meiose. A B C Diagram 1 Diagram 2 Diagram 3 Diagram 4 2.3.1 Verskaf byskrifte vir dele A tot C. (3) 2.3.2 Wat word die proses genoem waar ova’s geproduseer word (1) 2.3.3 Watter diagram (1, 2, 3 of 4) dui ʼn proses in meiose aan, wat lei tot genetiese verskillende ova’s?? (1) 2.3.4 Noem en beskryf die proses wat in VRAAG 2.3.3 geïdentifiseer is. (4) 2.3.5 Indien die fases in die bogenoemde diagramme, meiose in mense voorstel, wat sal die chromosoomgetal wees in ... (a) Diagram 1? (b) Diagram 2? (2) (11) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 13 (Vraestel 1) 10831/20 VRAAG 3 3.1 Die onderstaande diagram toon dele van die oor. 3.1.1 Identifiseer die strukture wat A en C gemerk is. (2) 3.1.2 Gee EEN moontlike behandeling vir ʼn bakteriese infeksie in deel D. (1) 3.1.3 Verduidelik hoe beskadiging van deel B, ʼn persoon se gehoor en balans kan beïnvloed. (4) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 14 (Vraestel 1) 10831/20 3.2 Die onderstaande spotprent toon boere wat plaagdoders op hul plase gebruik Metieljodied in gebruik 3.2.1 Watter tipe plaagbeheermeganisme word deur die bogenoemde spotprent uitgebeeld? (1) 3.2.2 Noem EEN ander beheer meganisme wat boere kan gebruik om die plaagbevolking te verminder. (1) 3.2.3 Definieer die volgende terme: (a) Voedselsekerheid (b) Indringerplante (4) 3.2.4 Verduidelik hoe die gebruik van plaagdoder: (a) Voedselsekerheid kan laat afneem (b) Biodiversiteit kan laat afneem (4) 3.2.5 Beskryf hoe die gebruik van geneties gemodifiseerde gewasse die boere se plaagdoder gebruik kan beïnvloed. (3) (13) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 15 (Vraestel 1) 10831/20 3.3 Die onderstaande grafiek toon die spoed wat ʼn impuls deur neurone van verskillende deursnitte beweeg. Die deursnit van die neurone was in mikrometer of µm gemeet. Die spoed van ʼn senuwee-impulse was gemeet in meter per sekonde of m/s. Spoed van ʼn impuls in neurone van verskillende deursnee 70 Spoed van impuls m/s 60 65 50 60 40 45 30 40 20 25 10 0 10 2 4 6 8 10 12 Deursnit van neurone (µm) 3.3.1 Gebruik die grafiek en bereken die persentasie toename in die spoed van ʼn impuls, tussen ʼn neuron met ʼn deursnit van 6 µm en een met ʼn deursnit van 8 µm. Toon ALLE berekeninge. (3) 3.3.2 Watter ander struktuur in ʼn neuron kan die spoed waarteen ʼn impuls beweeg laat toeneem? (1) 3.3.3 Wat is die verhouding tussen die deursnit van ʼn neuron en ʼn refleksaksie? (2) 3.3.4 Noem die funksionele gaping wat gevind word tussen twee aangrensende neurone, waaroor impulse chemies oorgedra kan word. (1) 3.3.5 Teken ʼn benoemde diagram van ʼn sensoriese neuron en dui ook die rigting aan wat die impuls beweeg. (5) (12) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 16 (Vraestel 1) 10831/20 3.4 Bestudeer die onderstaande diagram van die oog van voor gesien, en beantwoord die vrae wat volg. 3.4.1 Gee die naam en funksie van deel C. (2) 3.4.2 Verduidelik hoe deel A en B betrokke is in die pupilmeganisme, wanneer ʼn persoon in ʼn huis instap, nadat hulle buite in helder sonlig was. (4) 3.4.3 ʼn Dronkbestuurder was een aand deur ʼn polisieman afgetrek. Die alkohol in die drywer se sisteem, inhibeer die funksie van ʼn chemiese neuro- oordragstof genaamd asetielcholien, wat ʼn chemiese impulse van een neuron na die volgende oordra. Verduidelik wat ʼn polisieman sal observeer, indien hy ʼn skerp lig in die dronk bestuurder se pupille skyn. (2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 17 (Vraestel 1) 10831/20 AFDELING C VRAAG 4 Die geslagshormone, estrogeen, speel ʼn dubbele rol ʼn Vrou se uterus- en ovariale siklus vorm deel van haar menstruele siklus. Volgens navorsing, speel estrogeen ʼn rol om ʼn vrou se liggaamstemperatuur te verlaag, wat voorkom wanneer ʼn vrou ʼn toename in liggaamstemperatuur ervaar gedurende en na ovulasie. Estrogeen beïnvloed die outonome beheer van die vel, bloedvloei en sweet. Noem en beskryf die rol wat verskillende hormone speel gedurende die uterus- en ovariale siklus, vanaf die tyd wat menstruasie tot ovulasie plaasvind. Beskryf ook hoe estrogeen kon bewerkstellig dat daar ʼn verlaging in ʼn vrou se liggaamstemperatuur gedurende ovulasie is. Inhoud (17) Sintese (3) (20) NOTA: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van ʼn vloeidiagram, diagramme of tabelle nie. TOTAAL AFDELING C: 20 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all