Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2015
10832
LEWENSWETENSKAPPE
TWEEDE VRAESTEL
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Bladsye 19
3
b.o.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053/v1-b62a65a6fc5398637791/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10/v1-5cb894254b419c7cafff/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
View all
Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 19
- File size
- 636.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 2
(Tweede Vraestel) 10832/15
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE
(Tweede Vraestel)
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme en tabelle slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik nie.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 3
(Tweede Vraestel) 10832/15
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie keuses word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11D.
1.1.1 Die enigste verskil tussen die DNA van een lid van ʼn spesie en ʼn
ander lid van dieselfde spesie, is die …
A volgorde waarin hulle basisse in hulle chromosome voorkom.
B bindingstipe teenwoordig tussen die basisse.
C getal stringe wat die DNA vorm.
D posisie van die fosfaat- en suikergedeelte in die DNA.
1.1.2 Indien 20% van die basisse in ʼn DNA-molekuul sitosien is, wat is
die verhouding van guanien tot timien in dieselfde molekuul?
A 1:1
B 3:1
C 3:3
D 2:3
1.1.3 Die nakomelinge van ʼn eggeteelde bruin perd wat gekruis is met ʼn
eggeteelde wit merrie (vroulike perd), is ingeteel. Bruin is dominant.
Die verwagte persentasie van dié nakomelinge is ...
A 50% bruin en 50% wit.
B 100% bruin.
C 25% bruin en 75% wit.
D 75% bruin en 25% wit.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 4
(Tweede Vraestel) 10832/15
1.1.4 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn fase in meiose.
Die volgende gebeurtenisse vind plaas in meiose.
(i) Chromosome is in metafase I.
(ii) Oorkruising het plaasgevind.
(iii) Chromosome is in die metafase II stadium.
(iv) Chromosome is gerangskik in homoloë pare.
Watter stellings aangaande die bostaande diagram is
WAAR?
A (i),(ii) en (iii)
B (ii),(iii) en (iv)
C Slegs (i) en (ii)
D (i),(ii) en (iv)
1.1.5 Die natuurlike vorm van ʼn DNA-molekuul is …
A ʼn enkel gedraaide string.
B ʼn dubbelheliks.
C dieselfde as die van tRNA.
D dieselfde as die van mRNA.
1.1.6 In DNA, as die volgorde van die basisse AGG TTA CCG op die
een string is, sal die ooreenstemmende basisse op die ander string
… wees.
A ACC GGA TTC.
B TAA CCG CCT.
C TCC AAT GGC.
D CTT GGT CCT.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 5
(Tweede Vraestel) 10832/15
1.1.7 ʼn Tentatiewe verduideliking vir ʼn waarneming staan bekend as
ʼn…
A hipotese.
B teorie.
C wet.
D feit.
1.1.8 Darwin het die meeste van sy waarnemings aangaande evolusie
op die eilande van … gemaak.
A Hawaii
B Indonesië
C Galapagos
D Phi Phi
1.1.9 Homoloë chromosome word beskryf as ...
A dieselfde in struktuur en kodeer vir dieselfde eienskappe.
B ʼn produk van die verdeling van chromosome.
C identiese dogterchromatiede wat gevorm is deur DNA-
replisering.
D twee chromosome wat vir verskillende eienskappe kodeer.
1.1.10 Vier verskillende fenotipes is moontlik in die F1-generasie indien
die ouers se bloedgroepe ... is.
A B en B.
B A en B.
C O en AB.
D AB en AB. (10 x 2) (20)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 6
(Tweede Vraestel) 10832/15
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die voorstelling van die DNA van ʼn persoon as ʼn reeks van ligte en
donker bande
1.2.2 ʼn Gedeelte van ʼn DNA-molekuul wat vir ʼn spesifieke eienskap
kodeer
1.2.3 Die verandering van die genetiese materiaal van ʼn organisme,
deur die mens, om verlangde veranderinge te verkry
1.2.4 Die verduideliking dat spesies lang periodes van geen fisiese
verandering ondervind, gevolg deur kort periodes van vinnige,
fisiese verandering
1.2.5 Die fase van meiose waar homoloë chromosome skei en begin
beweeg na die teenoorgestelde pole
1.2.6 Die fout in seldeling wat lei tot Downsindroom
1.2.7 Die struktuur wat gevorm word deur twee chromatiedes wat deur ʼn
sentromeer verbind word
1.2.8 ʼn Groep organismes met soortgelyke eienskappe wat kan inteel en
vrugbare nakomelinge kan voortbring
(8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 7
(Tweede Vraestel) 10832/15
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Het die vorm van die DNA- A: Francis Crick
molekuul ontdek B: James Watson
1.3.2 Bewys vir evolusie A: Biogeografie
B: Genetika
1.3.3 Darwin se waarnemings A: Variasies in bevolkings
B: Produsering van meer
nakomelinge as wat nodig is
1.3.4 ʼn Voorbeeld van ʼn A: Spesie-spesifieke hofmakery
voortplantingsisoleringsme- B: Onvrugbare nakomelinge
ganisme
1.3.5 Fossielterrein/e in Afrika A: Sterkfontein
B: Groot Skeurvallei
1.3.6 ʼn Tipe seldeling wat A: Meiose
plaasvind in gameetproduksie B: Mitose
(6 x 2) (12)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 8
(Tweede Vraestel) 10832/15
1.4 ʼn Ondersoek is uitgevoer oor ʼn periode van 32 weke om die hipotese dat
muskiete ʼn weerstand teen DDT ontwikkel, te toets. Die resultate van die
ondersoek word hieronder gegee. Bestudeer die onderstaande grafiek en
beantwoord die vrae.
Aantal muskiete wat oorleef het nadat DDT gespuit is
11000
Aantal muskiete wat oorleef het
10000
9000
8000
7000
6000
5000
4000
3000
2000
1000
0
0 4 8 12 16 20 24 28 32
Tyd (weke) wat DDT gespuit is
1.4.1 By watter tydsperiode nadat bespuiting plaasgevind het, het die
muskiete begin om ʼn weerstand teen DDT te ontwikkel? (2)
1.4.2 Hoeveel muskiete was moontlik nie bestand teen DDT tydens die
eerste bespuiting nie? (Toon alle bewerkinge) (2)
1.4.3 Hoe lank het dit die muskietbevolking geneem om hulle maksimum
getal te bereik? (1)
[5]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 9
(Tweede Vraestel) 10832/15
1.5 Lees die onderstaande paragraaf oor die ‘Afkomstig uit Afrika’-hipotese.
Oorsprong van die moderne mens
Die ‘Afkomstig uit Afrika’-hipotese stel voor dat die moderne mens slegs
uit Afrika afkomstig is; daarna het hulle migreer en omtrent 1 000 000
jaar gelede bevolkings van Homo in Asië en Europa gevestig.
[Aangepas uit: Biologie, 6de uitgawe, p.359]
1.5.1 Watter kontinent word beskou as die ‘moederland’ van die Homo
spesie? (1)
1.5.2 Noem TWEE tipes bewyse wat gebruik kan word om die ‘Afkomstig
uit Afrika’-hipotese te ondersteun. (2)
1.5.3 Gee die naam van die oudste hominied wat in Afrika gevind is. (2)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 10
(Tweede Vraestel) 10832/15
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die volgende diagram toon ʼn belangrike proses wat tydens seldeling
plaasvind.
PROSES IN SELSIKLUS
Diagram A
2.1.1 Gee die naam van die proses wat in die bostaande diagram
voorgestel word. (1)
2.1.2 Gedurende watter fase in die selsiklus vind die proses genoem in
VRAAG 2.1.1 plaas? (1)
2.1.3 Beskryf die proses wat geïllustreer word in diagram A. (3)
(5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 11
(Tweede Vraestel) 10832/15
2.2 Mense toon variasies in eienskappe soos hulle vingerafdrukke. Die mens het
vyf hooftipes vingerafdrukke, soos getoon word in die onderstaande diagram.
Gepunte boog Gewone Lus Dubbele lus Gewone
boog krans
Leerders het ʼn ondersoek uitgevoer wat gebasseer was op die volgende
hipotese wat hulle geformuleer het:
“Meeste leerders het die gewone boogtipe vingerafdruk.”
2.2.1 Gee TWEE beplanningsstappe wat deur die leerders oorweeg moet
word voordat die ondersoek gedoen word. (2)
2.2.2 Verduidelik EEN voorsorgmaatreël wat die leerders moet neem om te
verseker dat die resultate geldig is. (2)
2.2.3 Gee TWEE maniere hoe die betroubaarheid van die ondersoek
verbeter kan word. (2)
2.2.4 Die resultate van die ondersoek word in die onderstaande tabel
getoon.
Hooftipes vingerafdrukke Aantal leerders
Dubbele lus 60
Lus 126
Gepunte boog 115
Gewone boog 120
Gewone krans 159
(a) Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)
(b) Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)
(c) Verduidelik of die leerders se hipotese in terme van die
aangetekende resultate in die tabel, aanvaar of verwerp sal word. (2)
(10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 12
(Tweede Vraestel) 10832/15
2.3 Twee paleoantropoloë het dieselfde fossieldata gebruik om ʼn model van ʼn
evolusionêre hominiedstamboom te teken. Die twee modelle deur hulle
vervaardig word hieronder getoon. Bestudeer die modelle en beantwoord die
vrae wat volg.
FILOGENETIESE STAMBOOM WAT MENSLIKE EVOLUSIE TOON
Aangepas vanuit ‘Advanced Biology’, M Kent, 2000
2.3.1 Gee die naam van die gemeenskaplike voorouer, in beide modelle,
van alle hominiede. (1)
2.3.2 Hoeveel miljoen jaar gelede het Homo erectus in beide modelle die
eerste keer op aarde verskyn? (1)
2.3.3 Tabuleer TWEE verskille aangaande die evolusie van Homo
erectus en Homo habilis in beide modelle. (5)
2.3.4 Gee EEN rede waarom Homo ergaster in Model 1 beskou sal word
as ʼn ‘oorgangsfossiel’. (1)
2.3.5 Noem TWEE fossiele wat in Suid-Afrika gevind is wat kenmerke
van Australopithecus africanus gehad het. (2)
(10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 13
(Tweede Vraestel) 10832/15
2.4 In 1997, het wetenskaplikes van die Roslininstituut in Skotland aangekondig dat
hulle ʼn lam gekloon het van ʼn sel wat geneem is uit die melkklier van ʼn skaap. Die
lam is ‘Dolly’ genoem en sy was baie bekend omdat sy die eerste soogdier was wat
gevorm is vanuit ʼn nie-reproduktiewe sel.
Die onderstaande diagram toon ʼn opsomming van die proses wat die
wetenskaplikes gebruik het.
Aangepas vanaf James Torrence
2.4.1 Is Sel A gevorm deur mitose of meiose? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
2.4.2 Gee EEN rede waarom die nukleus van die eiersel van die ‘ander skaap’
weggegooi is. (1)
2.4.3 Verduidelik waarom die woorde ‘bevrugte eiersel’ in aanhalingstekens is. (1)
2.4.4 Gee EEN rede waarom sommige mense gekant kan wees teen kloning. (1)
(5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 14
(Tweede Vraestel) 10832/15
2.5 Daar is gevind dat in ʼn sekere papegaaitipe rooi oogkleur (R) dominant is oor
swart oogkleur (r), terwyl grys stertvere (G) dominant is oor wit stertvere (g).
ʼn Papegaaiteler het ʼn wyfie wat homosigoties is vir rooi oë en grys stertvere
gekruis met ʼn mannetjie wat homosigoties is vir swart oë en wit stertvere.
2.5.1 Gee die genotipe van die:
(a) Papegaaiwyfie (1)
(b) Papegaaimannetjie (1)
2.5.2 Skryf die genotipes van die gamete van die wyfie neer. (2)
2.5.3 Gee die fenotipe van ʼn nakomeling wat die volgende genotipe het:
(a) rrGg (1)
(b) RrGg (1)
(6)
2.6 Onderskei tussen:
2.6.1 Kontinue en (2)
2.6.2 Diskontinue variasie (2)
(4)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 15
(Tweede Vraestel) 10832/15
VRAAG 3
3.1 Die volgende diagram illustreer die evolusionêre seleksieproses vir lang
slurpe in olifante. Die mees waarneembare eienskap van alle olifante is ʼn
lang slurp, wat vir verskeie doeleindes gebruik word, veral asemhaling, opsuig
van water en die gryp van voorwerpe.
B
A
C
3.1.1 Gebruik die bostaande diagramme en verduidelik hoe Darwin
rekenskap sou gee vir die lang slurpe van olifante. (6)
3.1.2 Gee TWEE wette van Lamarck. (2)
(8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 16
(Tweede Vraestel) 10832/15
3.2 Mense word geklassifiseer as primate, ʼn groep wat sjimpansees insluit.
Alhoewel daar verskille is tussen mense en lewende primate, deel ons ook
baie kenmerke met hulle, wat ʼn gemeenskaplike voorouer impliseer.
Bestudeer die onderstaande diagramme wat die pelvis van Pan troglodyte
(sjimpansee) en Homo sapiens voorstel en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Wat word bedoel met die term bipedalisme? (2)
3.2.2 Verduidelik TWEE voordele van bipedalisme. (4)
3.2.3 Verskaf TWEE redes waarom die pelvis van Homo sapiens in
vergelyking met sjimpansees beter aangepas is vir bipedalisme. (4)
(10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 17
(Tweede Vraestel) 10832/15
3.3 Die onderstaande diagram toon die skedels van twee verskillende hominiede.
Gebruik die diagramme en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Watter een van die diagramme verteenwoordig ʼn Australopithecus
sp.? (1)
3.3.2. Tabuleer TWEE waarneembare verskille tussen die kranium en
wenkbrouriwwe van A en B wat aandui dat daar ʼn evolusionêre
tendens is in homoniede. (5)
3.3.2 Beskryf EEN manier waarop die skedel van A aangepas is vir ʼn
dieet van rou, harde voedsel. (2)
(7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 18
(Tweede Vraestel) 10832/15
3.4 Die onderstaande stamboomdiagram toon die oorerflikheid van kleurblindheid
in ʼn familie. Die normale alleel word verteenwoordig deur XD en die alleel wat
kleurblindheid veroorsaak deur Xd.
STAMBOOMDIAGRAM OM DIE OORERFLIKHEID VAN
KLEURBLINDHEID TE TOON
3.4.1 Bepaal die :
(a) Fenotipe van individu D (1)
(b) Genotipe van individu A (2)
3.4.2 Gee EEN rede waarom kleurblindheid beskou word as ʼn
geslagsgekoppelde afwyking. (1)
3.4.3 Verduidelik waarom vrouens ʼn kleiner kans het as mans om aan
kleurblindheid te lei. (3)
3.4.4 Stel ʼn genetiese kruising voor om aan te dui wat die persentasie kans
is vir individue B en C om nog ʼn kleurblinde seun te hê. (7)
(14)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 19
(Tweede Vraestel) 10832/15
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf die proses waartydens proteïene vervaardig word in die selle van die menslike
liggaam en verduidelik hoe geenmutasies lei tot veranderde eienskappe wat hemofilie,
albinisme en kleurblindheid tot gevolg het.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
EINDE
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
LIFE SCIENCES QP GR12 JUNE 2025 AFR D_watermark.pdf
Question paper
Life-Sciences-Grade-12-NSC-QP-March-2025-KZN.pdf

Question paper
Life-Sciences-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-North-West.pdf
Question paper
Life Sciences P2 May-June 2025 Afr.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Life Sciences P1 Nov 2024 MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%202015%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053/v1-b62a65a6fc5398637791/card.webp)
Memorandum
Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10/v1-5cb894254b419c7cafff/card.webp)
Memorandum
Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Life Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
LIFE SCIENCES P1 MEMO GR12 SEPT 2025_watermark.pdf

Memorandum
Life-Sciences-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Free-State.pdf
Memorandum
Life-Sciences-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Gauteng.pdf
Memorandum
Life-Sciences-MEMO-May-June-2024-Free-State_hlayiso.com_.pdf
Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-12-March-2024-QP-and-Memo_hlayiso.com_.pdf
Memorandum