Skip to content

Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12201518 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2015 10831 LEWENSWETENSKAPPE EERSTE VRAESTEL PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Bladsye 18 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 2 (Eerste Vraestel) 10831/15 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN LEWENSWETENSKAPPE (Eerste Vraestel) TYD: 2½ uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte in blou of swart ink. 7. Teken diagramme of vloeidiagramme slegs indien dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik nie. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, ʼn gradeboog en ʼn passer gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 3 (Eerste Vraestel) 10831/15 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Watter van die volgende is KORREK oor meiose? A ʼn Haploïede sel gee oorsprong aan twee haploïede selle B ʼn Diploïede sel gee oorsprong aan twee haploïede selle C ʼn Haploïede sel gee oorsprong aan vier haploïede selle D ʼn Diploïede sel gee oorsprong aan vier haploïede selle 1.1.2 ʼn Koolstofvoetspoor kan gedefinieer word as die hoeveelheid koolstof … A wat deur plante vrygestel word in ʼn jaar. B wat gebruik word vir menslike aktiwiteite in ʼn jaar. C wat geproduseer word tydens menslike aktiwiteit in ʼn jaar. D wat deur plante gebruik word in ʼn jaar. 1.1.3 Watter term beskryf die ontwikkeling in voëls, waar die jong voëls beweeglik is onmiddellik na uitbroeiing, die beste? A Prekosiële ontwikkeling B Altrisiële ontwikkeling C Oviparie D Ovoviviparie 1.1.4 Watter van die volgende selle ondergaan meiose? A Spermselle in die seminale buisies B Diploïede selle in die seminale buisies C Diploïede selle in die fallopiese buise D Somatiese selle in die uterus b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 4 (Eerste Vraestel) 10831/15 VRAAG 1.1.5 TOT 1.1.7 IS OP DIE ONDERSTAANDE SKETS GEBASEER C D B A E F 1.1.5 Die diagram verteenwoordig … A ʼn refleksboog. B ʼn selliggaam. C ʼn struktuur van ʼn motoriese neuron. D die corpus callosum. 1.1.6 Die strukture A, B, C en F in die KORREKTE volgorde is: A Sensoriese neuron, grysstof, witstof en interneuron B Sensoriese neuron, witstof, grysstof en effektor C Effektor, motoriese neuron, sensoriese neuron en interneuron D Sensoriese neuron, motoriese neuron, interneuron en effektor 1.1.7 ʼn Sinaps kom voor tussen struktuur … A B en C. B C en D. C D en E. D A en B. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 5 (Eerste Vraestel) 10831/15 1.1.8 Watter van die volgende oor ʼn stimulus en geassosieerde reseptor is KORREK? A Die retina is die reseptor vir lig B Die timpaniese membraan is die reseptor vir vibrasie C Die medulla oblongata is die reseptor vir kopbeweging D Makula is die reseptor vir die posisie van die kop (8 x 2) (16) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die gesamentlike naam vir die membrane wat die brein beskerm 1.2.2 Die deurskynende membraan wat die kornea beskerm 1.2.3 ʼn Struktuur in die brein wat aptyt, dors en slaap reguleer 1.2.4 Die eindproduk van meiose in ʼn vrou 1.2.5 Die vetlaag wat die akson van ʼn neuron isoleer 1.2.6 ʼn Planthormoon wat ontkieming van sade aanmoedig 1.2.7 Die vroulike hormoon wat ovulasie veroorsaak 1.2.8 Die praktyk om enkelgewasse herhaaldelik op groot stukke grond aan te plant (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 6 (Eerste Vraestel) 10831/15 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Berei die liggaam voor vir ʼn A: Simpatiese senuweestelsel noodsituasie B: Adrenalien 1.3.2 ʼn Fase in meiose waar A: Metafase I chromosoompare op die B: Metafase II ewenaarsvlak in die sel lê 1.3.3 ʼn Afwyking in die A: Alzheimer se siekte senuweestelsel wat lei tot B: Veelvuldige sklerose geheueverlies 1.3.4 Vorm deel van die perifêre A: Spinale senuwees senuweestelsel B: Kraniale senuwees 1.3.5 ʼn Senuwee wat impulse na die A: Optiese senuwee serebrum gelei B: Gehoorsenuwee 1.3.6 ʼn Struktuur wat op ʼn A: Sentromeer chromosoom gevind word B: Sentrosoom 1.3.7 ʼn Behandeling vir oorinfeksies A: Kogleêre inplantings B: Katarakke 1.3.8 Vind plaas tydens meiose II A: Homoloë pare lê op ewenaarsvlak van die sel B: Oorkruising (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 7 (Eerste Vraestel) 10831/15 1.4 Die diagram hieronder toon strukture in die menslike oog. STRUKTURE IN DIE MENSLIKE OOG A B C D Pupil E F Suspensoriese Suspensoriese ligamente (styf getrek) ligamente (verslap) 1.4.1 Identifiseer die oogdefekte wat verteenwoordig word deur diagram: (a) A (1) (b) B (1) 1.4.2 Gee slegs die LETTER van die diagram wat die oog voorstel: (a) In toestande van skerp lig (1) (b) Wanneer na ʼn voorwerp nader as ses meter gekyk word (1) (c) Wat reggestel kan word met ʼn konkawe lens. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 8 (Eerste Vraestel) 10831/15 1.4.3 Gee die NAAM van die spier wat saamtrek in diagram: (a) C (1) (b) D (1) (c) F (1) 1.4.4 Noem die vloeistof wat in die oog gevind kan word tussen die lens en retina. (1) 1.4.5 Noem die meganisme verantwoordelik vir die verandering van die vorm van die lens. (1) (10) TOTAAL AFDELING A: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 9 (Eerste Vraestel) 10831/15 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram toon ʼn deel van die menslike vel. SNIT DEUR DIE MENSLIKE VEL A B 2. 1.1 Identifiseer die deel genommer A. (1) 2.1.2 Verduidelik die rol van: (a) Deel A in termoregulering op ʼn warm dag. (2) (b) Deel B in termoregulering op ʼn koue dag (2) (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 10 (Eerste Vraestel) 10831/15 2.2 Die vloeidiagram hieronder toon die interaksie tussen twee kliere (X en Y) in die menslike liggaam. INTERAKSIE TUSSEN TWEE KLIERE Hoë Lae tiroksienvlakke tiroksienvlakke in die bloed in die bloed Klier X Verlaagde Verhoogde afskeiding van afskeiding van hormoon A hormoon A Klier Y Skei minder Skei meer tiroksien af tiroksien af Tiroksienvlakke keer terug na normaal 2.2.1 Noem TWEE funksies van tiroksien. (2) 2.2.2 Identifiseer: (a) Klier X (b) Hormoon A (2) 2.2.3 Verduidelik wat met die vlakke van hormoon A sal gebeur, indien klier Y nie in staat was om tiroksien te produseer nie. (4) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 11 (Eerste Vraestel) 10831/15 2.3 Insulien is die hormoon wat die bloedglukosevlakke reguleer. Sommige pasiënte het ʼn siektetoestand en kan nie insulien vervaardig nie en daarom moet hulle gereeld insulieninspuitings kry. Twee tipes insulien word gebruik, NPH-insulien en LANTUS-insulien. Wetenskaplikes wou vasstel watter van die twee tipes insulien bloedglukosevlakke vir langer periodes beheer in insulien-afhanklike pasiënte.  Hulle het 20 pasiënte in twee groepe van 10 pasiënte elk verdeel.  Die een groep is met NPH-insulien ingespuit en die ander groep met LANTUS-insulien.  Al die pasiënte het dieselfde hoeveelheid en dieselfde konsentrasie insulien ontvang.  Die glukose-opname deur die selle is elke uur oor ʼn tydperk van 24 uur gemeet en die gemiddelde is bereken. Die insulien is as effektief beskou indien die opname deur die selle bo 0,4mg/kg/min is. Die grafiek hieronder toon die resultate verkry uit die ondersoek. GEMIDDELDE GLUKOSE ABSORPSIE DEUR SELLE OOR TYD 3.5 3.5 33 2.5 2.5 Glukose- 22 absorpsie deur selle NPH insulien 1.5 1.5 (mg/kg/min) LANTUS- 11 insulien 0.5 0.5 0 0 0 22 4 4 6 6 88 10 10 12 12 14 14 16 16 18 18 20 20 22 22 24 24 Tyd na inspuiting (ure) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 12 (Eerste Vraestel) 10831/15 2.3.1 Voorsien ʼn geskikte hipotese vir hierdie ondersoek. (2) 2.3.2 Noem die toestand wat ontstaan wanneer die liggaam nie insulien kan produseer nie. (1) 2.3.3 Noem TWEE faktore wat nie hierbo genoem is nie, wat konstant gehou moes word tydens hierdie ondersoek. (2) 2.3.4 Beskryf hoe die gemiddelde glukose-absorpsie vir ʼn groep bereken sal word. (2) 2.3.5 Hoe lank na die inspuiting het die insulien effektief geblyk met LANTUS? (1) 2.3.6 Watter insulien het gelei tot die hoogste glukose-absorpsie deur die selle? (1) 2.3.7 Watter insulien sal vir insulienafhanklike pasiënte aanbeveel word? (1) 2.3.8 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.3.7. (1) 2.3.9 Verduidelik hoe insulien te werk gaan om die bloedglukosevlakke te verlaag. (2) (13) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 13 (Eerste Vraestel) 10831/15 2.4 Die diagram hieronder stel die menslike, manlike voortplantingstelsel voor. MANLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL 2.4.1 Gee slegs die LETTERS van DRIE kliere. (3) 2.4.2 Wat is die funksie van die struktuur genommer G? (1) 2.4.3 Verduidelik hoe vrugbaarheid geaffekteer sal word indien klier C verwyder word. (2) 2.4.4 Verduidelik hoe swangerskap verhoed word indien die deel genommer A gesny en verseël word aan beide kante. (2) 2.4.5 Sal die operasie genoem in VRAAG 2.4.4 die verspreiding van seksuele oordraagbare siektes verhoed? (1) 2.4.6 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.4.5 (1) 2.4.7 Verduidelik hoe die manlike voortplantingstelsel aangepas is vir interne bevrugting. (2) 2.4.8 Gee EEN voordeel van interne bevrugting. (2) (14) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 14 (Eerste Vraestel) 10831/15 VRAAG 3 3.1 Die onderstaande diagram toon strukture wat deel vorm van die menslike oor. B C STRUKTURE IN DIE OOR 3.1.1 Identifiseer: (a) Die gehoorbeentjie A (1) (b) Struktuur C (1) 3.1.2 Verduidelik hoe elk van die strukture in die uitwendige oor aangepas is om hul funksies uit te voer. (4) 3.1.3 Die struktuur genommer B kan deur ʼn virus geïnfekteer word en op so ʼn manier beskadig word. Verduidelik die effek wat dit op ʼn persoon sal hê. (2) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 15 (Eerste Vraestel) 10831/15 3.2 Grassaailinge is in ʼn eksperiment gebruik om die rol van ouksiene in die groeirespons op lig te ondersoek. Die volgende prosedure is gevolg:  Gedeeltes van die punte van die saailinge (koleoptiele) is met swart papier bedek.  Lig kon nie die dele wat met papier bedek was, bereik nie, maar kon wel die onbedekte dele van die koleoptiele bereik.  Die verskillende toestande is genommer A tot E. Koleoptiel Papierbedekking Eensydige beligting A B C D E 3.2.1 Wat word die groeirespons van plante op lig genoem? (1) 3.2.2 Gee slegs die LETTERS van die punte wat na die lig sal buig. (3) 3.2.3 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 3.2.2. (3) 3.2.4 Wat is die doel van die opstelling in A? (1) 3.2.5 Voorspel ʼn gevolgtrekking vir hierdie eksperiment. (2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 16 (Eerste Vraestel) 10831/15 3.3 Lees die artikel hieronder. Swak boerderytegnieke, eerder as droogte, was die rede waarom ʼn hektaar vrugbare grond (grond wat geskik is vir boerdery) in Afrika minder as die helfte van die oeste gelewer het as die res van die ontwikkelende wêreld. Terwyl wispelturige weerpatrone as ʼn bydraende faktor geïdentifiseer is wat bydra tot voedselonsekerheid, is dit nie voldoende om die hoë vlakke van wanvoeding te verklaar nie. Navorsers beweer dat twee basiese, maar noodsaaklike boerderytegnieke nie wyd genoeg toegepas word in Afrika nie – besproeiing en die toediening van kunsmis. Die probleem is dat besproeiing duur is vir ʼn kontinent wat die armste ter wêreld is. Dit is ook uitgewys dat boerdery in Afrika belemmer word deur ʼn gebrek aan groot rivierstelsels wat benodig word vir besproeiing. Die gewasopbrengste vir Sub-Sahara-Afrika sal verdubbel moet word om hongersnood en wanvoeding op die kontinent te elimineer. [http://www.iol.co.za/news/africa] 3.3.1 Na aanleiding van die artikel, noem TWEE maniere waarop voedselsekerheid in Afrika verbeter kan word. (2) 3.3.2 Behalwe swak boerderypraktyke, noem EEN ander faktor, uit die artikel, wat ʼn moontlike oorsaak is vir die dalende gewasproduksie in Afrika. (1) 3.3.3 Gee EEN rede, na aanleiding van die artikel, waarom daar ʼn afname in die waterbeskikbaarheid vir plase in Afrika is. (1) 3.3.4 Verduidelik hoe die gebruik van kunsmis dalk kan lei tot ʼn verlaagde waterkwaliteit. (4) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 17 (Eerste Vraestel) 10831/15 3.4 Herwinning is een manier om die koolstofvoetspoor te verminder. Die tabel hieronder toon die massa van verskillende materiale wat herwin is in 2004 en 2010. Massa van verskillende materiale herwin in 2004 en 2010. MASSA ( IN MILJOENE TON) TIPE MATERIAAL 2004 2010 Papier 2,5 3,0 Glas 1,0 1,7 Plastiek 0,4 0,6 Hout 0,8 0,9 Aangepas uit: http://sawic.environment.gov.za/documents/1567.docx 3.4.1 Gebruik die inligting in die tabel en trek twee kolomgrafieke op dieselfde assestelsel. (7) 3.4.2 Bereken die persentasie toename in die massa papier herwin tussen 2004 en 2010. (2) 3.4.3 Watter materiaal is die minste in beide jare herwin? (1) 3.4.4 Gee TWEE moontlike verduidelikings vir die verskil in die getal herwinning vanaf 2004 tot 2010. (4) (14) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 18 (Eerste Vraestel) 10831/15 AFDELING C VRAAG 4 Beskryf hoe die verskillende dele van die vroulike voortplantingstelsel funksioneer om die ontwikkelende embrio en fetus te beskerm en te voed. Inhoud: (17) Sintese: (3) (20) LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all