Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2016
10832
LEWENSWETENSKAPPE
TWEEDE VRAESTEL
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
19 bladsye
3
b.o.
Skip to contentAll 2016 papers %20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10/v1-5cb894254b419c7cafff/card.webp)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262/v1-9fddf458683371f84878/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 733.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Gauteng Mock Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1GENETICS AND INHERITANCE20 marks
- Question 1.2EVOLUTION8 marks
- Question 1.3GENETICS AND INHERITANCE8 marks
- Question 1.4GENETICS AND INHERITANCE6 marks
- Question 1.5DNA: THE CODE OF LIFE8 marks
- Question 2.1GENETICS AND INHERITANCE6 marks
Show all 15 questions
- Question 2.2DNA: THE CODE OF LIFE6 marks
- Question 2.3GENETICS AND INHERITANCE8 marks
- Question 2.4GENETICS AND INHERITANCE14 marks
- Question 2.5GENETICS AND INHERITANCE4 marks
- Question 2.6EVOLUTION4 marks
- Question 3.1GENETICS AND INHERITANCE24 marks
- Question 3.2GENETICS AND INHERITANCE9 marks
- Question 3.3EVOLUTION13 marks
- Question 3.4EVOLUTION6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 2
(Tweede Vraestel) 10832/16
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE
(Tweede Vraestel)
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.
3. Begin die antwoorde vir elke vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.
9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nie- programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 3
(Tweede Vraestel) 10832/16
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1. to 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Watter van die volgende is die korrekte basispaar-volgorde in DNS?
A G-S, A-T
B T-U, A-G
C G-T, A-S
D G-S, A-U
1.1.2 ʼn Navorser het ʼn stamboom (familieboom) saamgestel om genetiese
siektes in ʼn familie op te spoor.
SLEUTEL
ʼn Man met ʼn genetiese siekte
ʼn Vrou met ʼn genetiese
siekte
ʼn Vrou met geen genetiese
siekte
Hoe kan die alleel wat die toestand veroorsaak die beste beskryf word?
A Ko-dominant
B Dominant
C Resessief
D Geslagsgekoppeld
1.1.3 Hoeveel geslagschromosome sal ʼn normale menslike vrou erf van haar
ma?
A 1
B 2
C 23
D 46
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 4
(Tweede Vraestel) 10832/16
1.1.4 Watter van die volgende stellings is waar ten op sigte van ʼn mutasie wat ʼn
dominante alleel sal produseer?
A Dit word verwag om dood te veroorsaak.
B Dit sal glad nie ʼn populasie beïnvloed nie.
C Dit sal ʼn waarneembare funksionele fenotipe in ʼn heterosigotiese
genotipe gee.
D Dit sal ʼn waarneembare funksionele fenotipe in ʼn homosigotiese
genotipe gee.
1.1.5 Die onderstaande diagramme is ʼn kunstenaar se afdrukke van die
voorkoms van talle mens of verwante spesies. Die diagramme is nie
volgens skaal geteken nie.
1 2 3 4
Lys die diagramme in volgorde van mees primitief tot minder primitief.
A 3, 1, 2, 4
B 2, 3, 4, 1
C 3, 2, 1, 4
D 3, 4, 2, 1
1.1.6 Deur wie en waar was die beroemde fossiel Australopithecus sediba
gevind?
A Lee Burger by die ‘Wieg van die Mensdom’
B Robert Broom by die ‘Wieg van die Mensdom’
C Raymond Dart by Taung
D Louis en Mary Leaky in Tanzanië
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 5
(Tweede Vraestel) 10832/16
1.1.7 Die diagramme stel een paar homoloë chromosome gedurende meiose
voor. Oorkruising is besig om plaas te vind.
1 2 3 4
Sleutel:
Oorkruisingspunt
Die genotipes wat geproduseer is in chromatiede 1 – 4 na oorkruising
plaasgevind het is... .
A ABC, abC, ABc, abc
B ABC, aBC, Abc, abc
C ABC, ABC, abc, abc
D ABC, aBc, Abc, abc
1.1.8 ʼn Wetenskaplike wat die oorerwing van pelskleur in ʼn trop korthoring
beeste bestudeer het, het die volgende kruising uitgevoer:
X
Die resultate van dié kruising word in die onderstaande tabel getoon.
Fenotipe Hoeveelheid
nakomelinge
Witpels 0
Rooipels 0
Rooi en wit pels 157
Totaal 157
Van watter tipe oorerwing was die rooi en wit pelskleur ʼn resultaat?
A Onvolledige dominansie
B Volledige dominansie
C Heterosigotiese ouers
D Ko-dominansie
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 6
(Tweede Vraestel) 10832/16
1.1.9 Die onderstaande lys toon fossiele wat in Suid-Afrika ontdek is:
1. Taung kind
2. Klein Voet
3. Karabo
4. Mevrou Ples
Watter van die bogenoemde fossiele word geklassifiseer onder die genus
Australopithecus?
A 1, 2 en 3
B 1, 3 en 4
C 2, 3 en 4
D 1, 2, 3 en 4
1.1.10 Noem die fase van meiose wat deur die onderstaande diagram
voorgestel word.
A Metafase I
B Anafase I
C Telofase II
D Anafase II
(10x2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term langs die vraagnommer (1.2.1 to 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.2.1 Plek van DNS replikasie en transkripsie
1.2.2 Oorblyfsels van organismes wat miljoene jare terug bestaan het
1.2.3 ʼn Stukkie DNS op ʼn chromosoom wat kodeer vir ʼn sekere eienskap
1.2.4 ʼn Gesig te hê waar die kake uitwaarts projekteer
1.2.5 Rangskikking van tande in ʼn kaak
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 7
(Tweede Vraestel) 10832/16
1.2.6 ʼn Individu met twee kopieë van dieselfde alleel van ʼn spesifieke
eienskap
1.2.7 Die aksie om op vier bene te kan loop
1.2.8 Geen skeiding van chromosome gedurende meiose nie
(8x1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Bestaan uit dié nukleotied basisse:
A: DNS
Adenien, Guanien, Sitosien en
B: RNS
Urasiel
1.3.2 ʼn Geslagsgekoppelde kondisie waar A: Hemofilie
bloed nie behoorlik kan stol nie B: Albinisme
1.3.3 ʼn Wit blom word met ʼn rooi blom A: Onvolledige dominansie
gekruis en produseer pienk blomme B: Volledige dominansie
A: Kunsmatige seleksie
1.3.4 Die omgewing is die selektiewe krag
B: Natuurlike seleksie
(4x2) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 8
(Tweede Vraestel) 10832/16
1.4 Vaderskap toetse sluit TWEE prosedures in wat gebruik kan word om die
biologiese pa van die kind te bepaal.
Prosedure 1: ABO bloedgroepe
Prosedure 2: DNS-profilering
Die volgende data toon die resultate van twee verskillende prosedures wat
aangewend word om die biologiese pa van die kind te identifiseer. Die ma van
die kind is bevestig.
Prosedure 1: ABO bloedgroep data
Ma Kind Man 1 Man 2 Man 3
A O O A B
Prosedure 2: DNS-profilering data
Ma Kind Man 1 Man 2 Man 3
1.4.1 Vanaf die ABO bloedgroep data, identifiseer watter man(s) moontlik die
biologiese pa van die kind kan wees. (1)
1.4.2 Vanaf die DNS-profiel, identifiseer watter man(s) moontlik die biologiese
pa van die kind kan wees. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 9
(Tweede Vraestel) 10832/16
1.4.3 Gee die genotipe van die bloedgroep:
(a) Van die kind (1)
(b) Van die ma (1)
1.4.4 Kies TWEE gebruike (anders as vir vaderskaptoetsing) vir DNS-
profilering vanuit die onderstaande lys. Skryf slegs die toepaslike
nommers neer.
(i) Toets vir spesifieke allele wat ʼn genetiese siekte kan veroorsaak
(ii) Groei van weefsels vir orgaanoorplantings
(iii) Data navorsing in populasie verspreiding
(iv) Identifisering van kriminele (2)
(6)
1.5 Die onderstaande diagram toon ʼn deel van ʼn bRNS- molekuul wat vasgeheg is
aan ʼn organel in die sitoplasma.
Aminosuur
Organel X
Molekuul Y
bRNS molekuul
Die kort lengte van bRNS-volgorde word hieronder getoon:
AUG GSS USG AUS ASG GSS AUS AUG
1.5.1 Waar in ʼn sel word bRNS gevorm? (1)
1.5.2 Meld die maksimum hoeveelheid van aminosure in dié polipeptied
waarvoor die bogenoemde stuk bRNS kan kodeer. (1)
1.5.3 Gee die DNS-stikstofbasis drietal vir die bRNS-kodon USG. (1)
1.5.4 Watter proses van proteïensintese stel bogenoemde diagram voor? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 10
(Tweede Vraestel) 10832/16
1.5.5 Benoem:
(a) Organel X (1)
(b) Molekuul Y (1)
1.5.6 Bepaal hoeveel verskillende tipes van Molekuul Y soos getoon in die
diagram, gebruik sal word om ʼn polipeptied van dié stuk bRNS te
produseer. (1)
1.5.7 Indien die bRNS-kodon AUS is. Gee die antikodon volgorde in Molekuul
Y wat sal bind met die bRNS by die bindingsplek. (1)
(8)
TOTAAL AFDELING A: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 11
(Tweede Vraestel) 10832/16
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Hemoglobien word gemaak van twee tipes polipeptiedkettings. In mense met
sekelsel anemie, sal een polipeptiedketting een aminosuur hê wat verskillend is
van die normale volgorde. Dit is as gevolg van ʼn mutasie wat die basisvolgorde
SAT produseer in plaas van STT in die DNS-molekule.
Die tabel hieronder toon die bRNS-kodon vir sommige aminosure.
bRNS basis Aminosuur
kodon
SAU histidien
SAA glutamien
GUA valien
GAA glutamiensuur
SUU leusien
GAU aspartiensuur
2.1.1 Meld wat met ʼn mutasie bedoel word. (1)
2.1.2 Is die bogenoemde mutasie ʼn voorbeeld van ʼn geenmutasie of ʼn
chromosomale abberasie? (1)
2.1.3 Verduidelik jou antwoord in Vraag 2.1.2. (2)
2.1.4 Gebruik ALLE bogenoemde inligting sowel as die tabel om die volgende
te bepaal:
(a) Aminosuur teenwoordig in normale hemoglobien (1)
(b) Aminosuur teenwoordig in sekelsel hemoglobien (1)
(6)
2.2 Beskryf die proses van hoe ʼn polipeptied gevorm word in die ribosoom
gedurende proteïensintese. (6)
(6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 12
(Tweede Vraestel) 10832/16
2.3 In twee afsonderlike eksperimente word bloedgroep frekwensie in mense en
eiergrootte in hoenders ondersoek. Die volgende data is ingesamel en die
resultate word grafies voorgestel.
Grafiek A Grafiek B
Bloedgroep frekwensie Eiergrootte frekwensie
Bloedgroep getalle in ʼn populasie
Getal hoenders
Bloedtipe Eiergewig (g)
2.3.1 Identifiseer watter grafiek die volgende voorstel:
(a) Kontinue (deurlopende) variasie (1)
(b) Diskontinue variasie (1)
2.3.2 Beskryf die verskille tussen die grafieke, ondersteun jou antwoord met ʼn
beskrywing van kontinue en diskontinue variasie. (4)
(6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 13
(Tweede Vraestel) 10832/16
2.4 ʼn Ondersoek is opgestel om die effek van ʼn antibiotika op drie stringe bakterieë
(A, B en C) te bestudeer. Agar borde is opgestel soos hieronder getoon.
Agar bord 1 Agar bord Agar bord 3 SLEUTEL
Skyf met
dieselfde
antibiotika x
wat op elke
Area bedek Area bedek Area bedek bord
Metode
met met met geplaas is
bakterium A bakterium B bakterium C
Helder area
met geen
bakterieë
Bakteriële
groei
Ure inkubasie by 37oC vir 48 uur
Resultaat
[Aangepas uit 2004 HSC NSW: Afdeling I - Deel B Q27]
Die borde is geïnkubeer by 37oC vir 48 uur. Die diagram van borde 1, 2 en 3 in die
onderste ry toon die resultate van dié ondersoek.
2.4.1 Formuleer ʼn hipotese vir die ondersoek. (2)
2.4.2 Gee die afhanklike veranderlike vir die ondersoek. (1)
2.4.3 Skryf ʼn gevolgtrekking vir die eksperiment. (2)
2.4.4 Gee TWEE ander faktore, wat nie in die vraag gegee is nie, wat konstant
gehou moet word gedurende die ondersoek. (2)
2.4.5 Identifiseer EEN veilige werkpraktyk wat gebruik kan word om risiko’s
geassosieer met die hantering of identifisering van bakterieë te veminder. (1)
2.4.6 Gee EEN manier waarin die betroubaarheid van die resultate verbeter kan
word. (1)
2.4.7 Die wydverspreiding van die gebruik van antibiotika vir behandeling van
bakteriële infeksies het gelei tot die ontwikkeling van weerstand in
sommige bakteriële spesies. Gebruik jou kennis oor evolusie en
verduidelik hoe weerstand in bakteriums ontwikkel het. (5)
(14)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 14
(Tweede Vraestel) 10832/16
2.5 Kloning is ʼn tegniek wat gebruik kan word om die getalle te verhoog van
bedreigde spesies.
2.5.1 Verduidelik watter effek kloning het op die genetiese diversiteit van ʼn
spesie. (2)
2.5.2 Beskryf TWEE maniere waar kloning in diere of plante voordelig kan wees
vir die mens. (2)
(4)
2.6 Beskryf TWEE maniere waarin gepunktueerde ekwilibrium verskil van Darwin se
Teorie van natuurlike seleksie. (4)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 15
(Tweede Vraestel) 10832/16
VRAAG 3
3.1 Kleurblindheid is ʼn geslagsgekoppelde oorerwende kondisie wat die
fotoreseptore van die oog beïnvloed. Dit word veroorsaak deur ʼn resessiewe
alleel. Die onderstaande diagram toon die oorerwing van kleurblindheid in een
familie.
1 2
3 4 5 6 7 8 9
10 11
12 13 14 15
SLEUTEL:
= Kleurblinde man
= Normale visie man
= Kleurblinde vrou
= Normale visie vrou
3.1.1 Gee bewyse vanaf die diagram wat voorstel dat kleurblindheid:
(a) Geslagsgekoppeld is (1)
(b) Veroorsaak word deur ʼn resessiewe alleel (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 16
(Tweede Vraestel) 10832/16
3.1.2 Gebruik die volgende simbole.
XD = ʼn X chromosoom wat die normale alleel dra
Xd = ʼn X chromosoom wat die alleel vir kleurblindheid dra
Identifiseer al die moontlike genotipes vir die volgende persone:
(a) 5
(b) 7
(c) 8 (4)
3.1.3 Neem aan dat Persoon 14 ʼn draer is van die kleurblindheid alleel.
Sy het onlangs met Persoon 15 getrou.
Gebruik ʼn genetiese kruising om vas te stel wat die waarskynlikheid is
dat die eerste kind met kleurblindheid gebore kan word. (6)
(12)
3.2 Indiese mielies het vier graan tipes wat kombinasies van kleur en voorkoms
insluit. Vier allele is betrokke, wat op twee pare homoloë chromosome (elke
geen op ʼn aparte chromosoom) geleë is. Die allele is:
B = swart b= geel R = rond r = gerimpeld
Die onderstaande tabel toon die resultate van ’n kruising tussen twee hibried
Indiese mielieplante.
Waarneembare hoeveelheid
Graan Fenotipe
nakomelinge
Swart en rond 144
Swart en gerimpeld 48
Geel en rond 48
Geel en gerimpeld 16
TOTAAL 256
3.2.1 Gee die tipe genetiese kruising wat deur bogenoemde tabel voorgestel word. (1)
3.2.2 Gee die fenotipe van die ouers. (2)
3.2.3 Bepaal die genotipes van die geel en ronde nakomelinge. (2)
3.2.4 Voorspel die moontlike gamete wat deur die ouers geproduseer word. (2)
3.2.5 Gebruik die data en bereken die fenotipiese verhouding van dié kruising. (2)
(9)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 17
(Tweede Vraestel) 10832/16
3.3 Bioloë glo dat Mense, Gorillas en Sjimpansees ʼn gemeenskaplike voorvader
deel. Hulle stem nie altyd saam oor hoe die gemeenskaplike voorvader
geëvolueer het in dié drie spesies nie.
Die diagram toon drie modelle wat die evolusionêre verhouding tussen die drie
spesies en voorvader toon.
Model 1 Model 2 Model 3
Mense is nou verwant aan Mense is nou verwant aan Sjimpansees en gorillas
gorillas sjimpansees is nou verwant
Mense Mense Mense
Voorvader
Gorillas Sjimpansees Sjimpansees
Voorvader Voorvader
Sjimpansees Gorillas Gorillas
[Aangepas uit AQA-AHSH.20-QP-NOV07]
Die tabel hieronder is ʼn opsomming van sommige beskikbare bewyse van die
verhouding tussen dié drie spesies.
Eienskap Gorillas Mense Sjimpansees Model
aanwysing
Ledemaat Bene korter Arms korter Bene korter
3
lengte as arms as bene as arms
Duime Kort Lank Kort A
Molekules Nie van
Menslike Klein verskil toepassing Identies B
hemoglobien nie
3.3.1 Gee die relevante evolusionêre verhouding van:
(a) A (1)
(b) B (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 18
(Tweede Vraestel) 10832/16
3.3.2 Tabuleer die anatomiese verskille van die skedelrif en werwelkolom
tussen die Afrika aap en die mens. (4)
3.3.3 Baie bewyse van menslike evolusie kom van bestudering van fossiele.
Stel TWEE maniere voor hoekom fossielbewyse soms moeilik is om te
interpreteer. (2)
3.3.4 (a) Definieer die term oorgangspesie. (2)
(b) Verduidelik hoekom Australopthecines as die oorgangsspesie
tussen Ardipithecus en Homo spesies geag word met betrekking
tot die posisie van die foramen magnum. (3)
(13)
3.4. Gebruik die inligting in die onderstaande diagram en verduidelik die vorming
van ʼn nuwe paddaspesie.
Moddderbank Oorstroming veroorsaak
ʼn modderstorting
Modderbank
Geenvloei
Populasie and Spesie Populasie Populasie Spesie X Spesie Y
A B
Diagram 1 Diagram 2 Diagram 3
(6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 19
(Tweede Vraestel) 10832/16
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf hoe meiose, mutasies, willekeurige bevrugting en willekeurige paring bydra tot
variasie tussen individue van dieselfde spesie.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10/v1-5cb894254b419c7cafff/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262/v1-9fddf458683371f84878/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum