Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*LFSCA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 


%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 478.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10 ) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 Tydens watter fase van meiose skei homoloë chromosome?
A Metafase I
B Anafase I
C Anafase II
D Telofase II
1.1.2 ʼn Kodon is ʼn reeks van drie nukleotiede op ʼn … -molekuul.
A rRNA
B mRNA
C tRNA
D DNA/DNS
1.1.3 Watter van die volgende onderskei profase 1 van meiose, van profase
tydens mitose?
A Homoloë chromosome paar met mekaar
B ʼn Spoel vorm
C Die kernmembraan breek op
D Chromosome word sigbaar
1.1.4 Wetenskaplikes het die liggaam van ʼn wollerige mammoet uit die
bevrore grond in Siberië opgegrawe. Die DNA/DNS-volgorde van die
wollerige mammoet was baie soortgelyk aan die DNA/DNS-volgorde
van die Afrika-olifant. Watter een van die volgende is ʼn gevolgtrekking
vir hierdie data?
A Die wollerige mammoet en die Afrika-olifant het ʼn
gemeenskaplike voorouer
B Die wollerige mammoet is nie verwant aan die Afrika-olifant nie
C Die wollerige mammoet het dieselfde chromosoomgetal as die
Afrika-olifant
D Die wollerige mammoet en die Afrika-olifant behoort as dieselfde
spesie geklassifiseer te word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.1.5 Die analise van DNA/DNS het getoon dat dit 14% T (timien) bevat.
Watter persentasie van die molekuul is sitosien?
A 14%
B 28%
C 36%
D 72%
1.1.6 Watter een van die volgende stellings is ʼn korrekte beskrywing van
ʼn hipotese en ʼn teorie?
A ʼn Aanvaarde teorie word ʼn hipotese
B ʼn Aanvaarde hipotese word ʼn teorie
C Hipoteses en teorieë is verskillende name vir dieselfde konsep
D Teorieë kan eksperimenteel getoets word, terwyl hipoteses nie
kan nie
1.1.7 ʼn Ekstra vinger by die mens is raar, maar word veroorsaak deur ʼn
dominante geen. Wanneer een ouer normaal is en die ander ouer ʼn
ekstra vinger het, maar homosigoties is vir die eienskap, wat is die
kans dat hul kinders normaal sal wees?
A 0%
B 25%
C 50%
D 75%
1.1.8 Watter EEN van die volgende is ʼn korrekte beskrywing van die
ploïedie en die aantal selle wat aan die einde van meiose
geproduseer word?
PLOÏEDIE AANTAL SELLE
A haploïed twee
B haploïed vier
C diploïed twee
D diploïed vier
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.9 Wetenskaplikes wat ʼn groep van vier eilande P, Q, R en S besoek
het, het soortgelyke spinnekoppe op elke eiland gevind. Hulle het
ondersoeke uitgevoer om vas te stel of die spinnekoppe van die
verskillende eilande aan dieselfde spesie behoort.
Die resultate verskyn in die onderstaande tabel ( toon suksesvolle
inteling. X toon onsuksesvolle inteling)
Spinnekoppe van
P S R S
P X X
Q X X
R X X X
S X X X
Watter twee bevolkings behoort aan dieselfde spesie?
A Q en R
B R en S
C Q en S
D P en Q
1.1.10 ʼn Sekere geen in ʼn bakterie kodeer vir ʼn polipeptied wat uit 120
aminosure bestaan. Hoeveel mRNA-nukleotiede is nodig om hierdie
polipeptied te kodeer?
A 30
B 40
C 360
D 480 (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die analise van DNA/DNS monsters om individue of
verwantskappe tussen individue te identifiseer
1.2.2 Die stikstofbasis wat in RNA aangetref word, maar nie in
DNA/DNS nie
1.2.3 Die verdeling van die sitoplasma nadat ʼn selkern verdeel het
1.2.4 Die organel waar proteïensintese plaasvind
1.2.5 ʼn Suiker wat ʼn komponent van DNA/DNS is
1.2.6 Die bewaarde oorblyfsels van antieke organismes
1.2.7 Verskillende vorme van ʼn geen
1.2.8 Die dood van die laaste individu van ʼn spesie
1.2.9 ʼn Gesig met prominente kake
1.2.10 Posisie van ʼn geen op ʼn chromosoom (10 x 1) (10)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Bewys van evolusie A: Biogeografie
B: Modifikasie deur afstamming
1.3.2 Identiese allele vir ʼn A: Homosigoties
eienskap B: Heterosigoties
1.3.3 Ontdekking van A: Mendel
DNA/DNS B: Darwin
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.4 Die tabel hieronder toon sommige van die gebeure wat tydens
proteïensintese plaasvind.
A tRNA-molekules bring spesifieke aminosure na die mRNA-molekule
B RNA-nukeotiede heg aan DNA/DNS-templaat en vorm ʼn mRNA-
molekuul
C Die twee stringe van ʼn DNA/DNS-molekule skei van mekaar
D Peptiedbindings vorm tussen die aminosure
E Die mRNA-molekule verlaat die kern
F Die mRNA-molekuul heg aan ʼn ribosoom
1.4.1 Skryf die letters in die korrekte orde om die volgorde van gebeure
tydens proteïensintese te wys, begin met die vroegste. (2)
1.4.2 In watter deel van ʼn sel vind C plaas? (1)
1.4.3 Kies uit die letters (A–F) enige EEN gebeurtenis wat by translasie
betrokke is. (3)
1.4.4 Die tabel hieronder toon sommige mRNA-kodons en die aminosure
waarvoor hulle kodeer.
.mRNA kodon Aminosuur
GUU Valien
CUU Leusien
GCC Alanien
AUC Isoleusien
GAA Glutamiensuur
ACC Treonien
Gee die DNA/DNS-basisvolgorde vir threonine kodes. (1)
1.4.5 ʼn tRNA-molekule het die anticodon-GAA. Watter aminosuur dra die
tRNA-molekule? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.5 Muise kan wit pels of swart pels hê. Die diagram toon die oorerwing van
pelskleur by muise.
1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16
KEY: vroulik met wit pels vroulik met swart pels
manlik met wit pels manlik met swart pels
1.5.1 Wat word hierdie diagram genoem? (1)
1.5.2 Hoeveel stelle ouers word deur hierdie diagram verteenwoordig? (1)
1.5.3 Gee die fenotipe:
(a) Wat dominant is (1)
(b) Van individu 9 (1)
1.5.4 Gebruik die letter A vir die dominante allele en a vir die resessiewe
allele om die genotipe te gee van:
(a) 8 (1)
(b) 16 (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die onderstaande diagram is ʼn voorstelling van die chromosome in ʼn
menslike sel.
2.1.1 Hoeveel outosome is in hierdie sel? (1)
2.1.2 Die individu is vroulik. Verduidelik waarom hierdie afleiding gemaak
is? (1)
2.1.3 Watter bewyse is daar om te toon dat hierdie individu ʼn genetiese
afwyking het? (1)
2.1.4 Identifiseer die genetiese afwyking in VRAAG 2.1.3 genoem. (1)
2.1.5 Noem die proses wat tot hierdie genetiese afwyking gelei het. (1)
2.2 Beskryf die proses waartydens ʼn kopie van ʼn DNA/DNS-molekuul gemaak
word. (7)
2.3 Mense het verskillende bloedgroepe waarvoor daar gekodeer word deur ʼn
aantal allele.
Mary het die genotipe IA i en haar seun Joseph het bloedgroep AB.
2.3.1 Hoeveel allele kodeer vir bloedgroepe? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.3.2 Gee:
(a) Mary se bloedgroep (1)
(b) Joseph se genotipe (1)
(c) Al die moontlike genotipes van Joseph se pa (3)
2.4 In katte is die allele vir kort hare (H) dominant oor die allele vir lang hare (h).
ʼn Heterosigotiese korthaar kat word met ʼn langhaar kat. gekruis
Gebruik ʼn genetiese kruising om die persentasie kans te bepaal dat die
nageslag heterosigoties vir haarlengte sal wees. (6)
2.5 Die Europese Mielieboorder (EMB)-wurm is ʼn pes wat die mielie-opbrengs
op plase verminder. Die grond-bakterie Bacillus thuringiensis (Bt) bevat ʼn
geen wat ʼn gif produseer wat die EMB-wurm doodmaak. In ʼn poging om die
EMB-wurm te beheer, het wetenskaplikes die Bt-gifgeen in ʼn mielieplant
geïnkorporeer (ingebou) wat gelei het tot mielieplante wat dieselfde gif
vervaardig.
Hulle wou vasstel of die gebruik van Bt-mielies die opbrengs van die gewas
sou verhoog.
Die wetenskaplikes het die ondersoek as volg uitgevoer:
Hulle het Bt-mielies in een landery, en nie-Bt-mielies in ʼn ander landery
aangeplant
(Die omgewingstoestande vir beide landerye was presies dieselfde.)
Die Europese mielieboorder is in beide landerye losgelaat
Die plante is toegelaat om te groei en is na ʼn tydperk van vyf maande
geoes
Die gemiddelde opbrengs van die plante is opgeteken
Die eksperiment (ondersoek) is vier keer herhaal en ʼn gemiddelde is
bereken
Die resultate word in die onderstaande tabel getoon:
TABEL WAT DIE GEMIDDELDE OPBRENGS VAN VERSKILLENDE
MIELIEPLANTVARIËTEITE TOON
Gemiddelde opbrengs van gewas
(mandjies per hektaar)
Mielie variteit Met EMB
Nie-Bt 146
Bt-mielies 158
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.5.1 Noem die proses waardeur die Bt-geen in die mielies geplaas
word om Bt-mielies te maak. (1)
2.5.2 Noem die hipotese vir hierdie ondersoek. (2)
2.5.3 Noem die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
2.5.4 Beskryf EEN manier waarop die betroubaarheid in hierdie
ondersoek verseker is. (1)
2.5.5 Gee die gevolgtrekking van hierdie ondersoek. (2)
2.5.6 Verduidelik EEN voordeel vir ʼn boer om Bt-mielies te gebruik. (2)
2.5.7 Op dieselfde assestelsel, teken ʼn staafgrafiek om die gemiddelde
opbrengs van die twee mielieplantvariëteite te toon. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 3
3.1 Gebruik die onderstaande diagramme fases wat ʼn selsiklus verteenwoordig
om die volgende vrae te beantwoord.
3.1.1 Noem die proses wat deur die bostaande diagramme voorgestel
word. (1)
3.1.2 Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 3.1.1. (2)
3.1.3 Identifiseer die fases gemerk C en D. (2)
3.2 ʼn Insekbevolking is vanaf 1995 tot 1998 met ʼn insekdoder behandel. Die
persentasie wat bestand was teen die insekdoder is bereken.
Die data word in die onderstaande tabel getoon.
PERSENTASIE VAN INSEKBEVOLKING WAT BEESTAND IS TEEN
INSEKDODER
Eienskap Persentasie van Persentasie van
bevolking 1995 bevolking 1998
Bestand 0,1 99,1
Nie bestand nie 99,85 0,9
3.2.1 Beskryf die veranderinge in die insekbevolking tussen 1995 en 1998. (3)
3.2.2 Verduidelik hoe natuurlike seleksie insekdoder weerstandigheid in
hierdie bevolking veroorsaak het. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
3.3 Die onderstaande diagram toon 'n evolusionêre proses wat het in ʼn
salamanderbevolking in die Sentrale Vallei in Kalifornië plaasgevind.
Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. Die proses het,
miljoene jare gelede, geleidelik plaasgevind.
OORSPRONKLIKE BEVOLKING
SPESIE A SPESIE B
3.3.1 Watter evolusionêre proses word in die bostaande diagram
geïllustreer? (1)
3.3.2 Gebruik die diagram om te verduidelik hoe die nuwe Spesie B uit
die oorspronklike bevolking ontwikkel het. (6)
3.3.3 Verduidelik waarom hierdie nie ʼn voorbeeld van gepunte ewewig is
nie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
3.4 Die volgende diagramme toon die pelvis en skedels van drie organismes,
Australopithecus, ʼn gorilla en ʼn moderne mens in geen spesifieke volgorde.
3.4.1 Gee slegs die nommer van die skedel wat by die pelvis pas:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
3.4.2 Gee die LETTER van die pelvis en die NOMMER van die skedel van die
organisme wat vir die grootste deel van sy volwasse lewe bipedal is. (2)
3.4.3 Tabuleer TWEE anatomiese verskille tussen skedels 1 en 3 met
verwysing na byskrifte X en Y. (5)
3.4.4 Lys EEN kenmerk van die tande van skedel 3. (1)
3.4.5 Verduidelik hoe mitochondriale DNA/DNS gebruik word om die “Uit
Afrika” hipotese te ondersteun. (5)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf die meganismes wat variasie binne in ʼn spesie veroorsaak. (17)
Sintese (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum