Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
*LFSCA1*
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper
Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 516.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte in blou of swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle SLEGS wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
12. Rond alle berekenings af tot twee desimale syfers na die komma.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer en kies die antwoord deur die
korrekte letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die
ANTWOORDEBOEK te skryf, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Voor kopulasie word die manlike sperm tydelik in die ... gestoor.
A seminale vesikels
B skrotum
C prostaatklier
D epididimis
1.1.2 ʼn Toename in die groei van alge as gevolg van te veel voedingstowwe
in die water staan as ... bekend.
A bleiking
B eutrofikasie
C ionisasie
D loging
1.1.3 Die fotoreseptore wat deur dowwe lig gestimuleer word:
A Lens en stafies
B Stafies en keëltjies
C Slegs keëltjies
D Slegs stafies
1.1.4 Die gemiddelde tydsduur van swangerskap by die mens (van
bevrugting tot geboorte) is ...
A 280 dae.
B 310 dae.
C 20 dae.
D 210 dae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 1.1.5 EN VRAAG 1.1.6 VERWYS NA DIE DIAGRAM
HIERONDER. DIE DIAGRAM STEL DIE MENSLIKE BREIN EN ʼn
GEDEELTE VAN DIE RUGMURG VOOR.
1
4 2
Pons
3
1.1.5 Watter deel van die brein word geassosieer met balans en die
koördinasie van spierbeweging?
A 1
B 2
C 3
D 4
1.1.6 Watter deel beheer asemhalingstempo en hartklop?
A 1
B 2
C 3
D 4
1.1.7 Tydens die ontwikkeling van die embrio is die funksie van die
amnion om …
A as reserwe voedsel te dien.
B oorsprong aan die plasenta te gee.
C te voorkom dat die ontwikkelende fetus rondbeweeg.
D die vloeistof wat die embrio teen beserings beskerm, te omsluit.
1.1.8 Watter EEN van die volgende kenmerke van geneties gemodifiseerde
gewasse het die potensiaal om voedselsekuriteit te verbeter?
GM-gewasse …
A verhoog die aantal uitheemse plantspesies.
B verhoog opbrengs.
C verhoog die afhanklikheid van plaagdoders.
D verminder genetiese diversiteit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 Ouers sal dikwels vir hul kinders sê om NIE direk in die son te staar
nie, al is dit selfs net vir ʼn paar minute, want …
A helder lig veroorsaak skade aan die retina.
B die helder lig sal die lens beskadig.
C dit droog die watervog uit.
D die ligenergie verander na hitte-energie in die oog.
1.1.10 Een van die funksies van die hormoon, progesteroon, is om …
A die uteruswand vir die inplanting van die embrio voor te berei.
B die ontwikkeling van die follikels te versnel.
C die vorming van die corpus luteum te veroorsaak.
D die afskeiding van sweet te stimuleer. (10 × 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 ʼn Proses waardeur ʼn DNA-molekuul ʼn kopie van homself maak
1.2.2 Die struktuur in die kop van ʼn spermsel wat ensieme bevat wat die
membraan rondom die eiersel afbreek
1.2.3 Die verdeling van die sitoplasma tydens die proses van meiose
1.2.4 ʼn Verandering in die interne of eksterne omgewing wat deur ʼn reseptor
waargeneem word en in ʼn impuls omgeskakel word
1.2.5 Die herplant van bome en struike in ʼn woud
1.2.6 Die hormoon wat vir die ontwikkeling van sekondêre geslagskenmerke
by mans verantwoordelik is
1.2.7 ʼn Rotslaag van die aarde wat water bevat
1.2.8 Strukture, wat slegs in dierselle en laer plantselle aangetref word, wat
die spoel tydens seldeling vorm
1.2.9 Die proses waartydens ʼn gebied/streek progressief droër en droër word
1.2.10 Die deel van die senuweestelsel wat uit kraniale- en spinale senuwees
bestaan (10 × 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II. Skryf
Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM І KOLOM ІІ
1.3.1 ʼn Voortplantingsmetode waar die A ovoviviparie
kleintjies met ʼn naelstring verbind word en
B viviparie
binne-in die moeder se liggaam ontwikkel
1.3.2 Kleintjies is hulpeloos by geboorte of A prekosiale
wanneer hulle uitbroei en benodig ontwikkeling
ouerlike sorg vir ʼn tydperk B altrisiële ontwikkeling
1.3.3 Bevrugting waar die teenwoordigheid van A inwendige bevrugting
water noodsaaklik is om plaas te vind B uitwendige bevrugting
(3 × 2) (6)
1.4 Bestudeer die onderstaande diagram van ʼn seldelingsproses en beantwoord die
vrae:
F E
A B C D
1.4.1 Noem:
(a) Die tipe seldeling (mitose of meiose) waartydens hierdie proses
plaasvind (1)
(b) Die proses wat by C plaasvind (1)
(c) Die fase waartydens die proses in VRAAG 1.4.1(b) genoem,
plaasvind (1)
(d) Die struktuur wat die twee chromatiede aanmekaar heg (1)
(e) Die streek wat F gemerk is (1)
(f) Die fase wat die fase wat in die diagramme hierbo voorgestel
word, opvolg (1)
1.4.2 Identifiseer EEN waarneembare kenmerk wat aandui dat
chromosoompaar A en B hierbo as homoloog beskou kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.5 Die foto hieronder is een van ʼn stortingsterrein. Beantwoord die vrae wat volg:
1.5.1 Watter tipe stortingsterrein word deur die foto aangetoon? (1)
1.5.2 Noem ʼn nuttige gas wat van hierdie tipe stortterrein verkry kan word. (1)
1.5.3 Gee EEN gebruik van die gas wat in VRAAG 1.5.2 genoem word. (1)
1.5.4 Gee die naam van die proses waar die produkte van hierdie
stortingsterrein versamel word om weer gebruik te word. (1)
1.5.5 Noem EEN van die afvalkomponente wat nie deur natuurlike metodes
ontbind kan word nie. (1)
1.5.6 Gee die gesamentlike naam van die gasse wat aardverwarming
veroorsaak. (1)
1.5.7 Identifiseer ʼn gesondheidsrisiko wat swak bestuur van hierdie
stortingsterrein op die gemeenskap, wat daar naby woon, kan hê. (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram toon twee oë (X en Y) wat op voorwerpe (voorgestel deur pyle) op
verskillende afstande van die oog gefokus is. Voorwerpe A en C was 3 meter
van die oog af. Voorwerpe B en D was 8 meter van die oog af.
LW: Die diagramme is nie volgens skaal geteken nie
Voorwerp A Voorwerp B
3 m weg 8 m weg
Oog X vanaf die vanaf die
oog oog
Voorwerp C Voorwerp D
Oog Y
2.1.1 Skryf SLEGS die LETTER van die voorwerp neer:
(a) Waarop Oog Y gefokus is (1)
(b) Waarop Oog X gefokus is (1)
2.1.2 (a) Noem die ooggebrek wat die gevolg is van die onvermoë van
Oog Y om op Voorwerp D te fokus. (1)
(b) Noem die tipe lens wat gebruik word om die defek wat in
VRAAG 2.1.2(a) genoem word, reg te stel. (1)
2.1.3 Noem en beskryf die proses wat Oog Y toelaat om ʼn duidelike beeld op
die retina te vorm. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
2.2 Die onderstaande diagram toon ʼn sekere gedeelte van die menslike
spysverteringskanaal.
Lewer
Pankreas
Die bloedglukosevlak word binne ʼn speling van 70–110 mg per 100 mℓ bloed
in ʼn normale persoon gereguleer. As dit vir ʼn lang tydperk bo hierdie vlak styg,
kan die persoon diabetes mellitus hê.
2.2.1 Noem die chemiese stof wat deur die pankreas afgeskei word wat sal
verseker dat die glukosevlak in ʼn gesonde persoon nie hoër as 110 mg
per 100 mℓ bloed sal styg nie. (1)
2.2.2 Verduidelik hoe die wanfunksionering van die pankreas die handhawing
van die korrekte glukosevlakke in die bloed sal affekteer. (3)
2.2.3 Verduidelik die moontlike negatiewe invloed op die liggaamselle indien
die glukosevlak vir ʼn lang tyd hoër as 110 mg per 100 mℓ bloed is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.3 ʼn Graad 12-leerder het ʼn ondersoek uitgevoer om die effek van lig op die groei
van plantstingels te bepaal. Die leerder het die plante wat gebruik was in drie
groepe soos volg verdeel:
Groep A Die punt van die stingel was ongeskonde.
Groep B Die punt van die stingel is verwyder.
Groep C Die punt van die stingel is bedek met ʼn kappie wat nie lig deurlaat
nie.
Die diagram in elke groep (A, B en C) hieronder toon elke stingel aan die begin
van die ondersoek en langsaan elk, dieselfde stingel aan die einde van die
ondersoek.
Die pyltjies dui die rigting aan waaraan elkeen van die stingels A, B en C
blootgestel.
Eensydige lig
Kappie
Begin Einde Begin Einde Begin Einde
A B C
2.3.1 Noem die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)
2.3.2 Watter planthormoon word in hierdie eksperiment ondersoek? (1)
2.3.3 Noem TWEE faktore wat tydens hierdie ondersoek konstant gehou
moet word. (2)
2.3.4 Verduidelik die resultate waargeneem in:
(a) ondersoek A (3)
(b) ondersoek C (3)
2.3.5 Noem TWEE maniere waarop die leerder die betroubaarheid van
hierdie ondersoek kon verbeter. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.4 Die onderstaande diagram toon ʼn refleksaksie.
A B
E
D C
2.4.1 Identifiseer dele:
(a) A (1)
(b) E (1)
2.4.2 Noem EEN funksie van elk van die dele:
(a) B (1)
(b) C (1)
2.4.3 Verduidelik hoekom die brein nie aanvanklik betrokke is by ʼn
refleksaksie soos hierbo getoon nie. (3)
2.4.4 Verduidelik wat die effek sal wees op die aksie wat in die diagram hierbo
getoon word, indien ʼn persoon aan veelvuldige sklerose ly. (2)
Verduidelik die effek op die liggaam indien die deel gemerk D
2.4.5
gesny/beskadig word. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 3
3.1 Die onderstaande diagram toon die ontwikkeling van ʼn eiersel in ʼn vroulike
ovarium. 2n en n verwys na die chromosoomgetal (2n is diploïed en n is
haploïed).
A
1
2n
n
B
2
3.1.1 Noem die prosesse wat plaasvind by:
(a) A (1)
(b) B (1)
3.1.2 Verduidelik die effek op die ovariale siklus wat hierbo getoon word
indien ʼn voorbehoedmiddel wat progesteroon bevat, ingespuit word
voordat die siklus begin. (3)
3.1.3 Beskryf die veranderinge wat plaasvind, onder die invloed van
hormone, vanaf 1 tot 2 op die diagram. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
3.2 Rekords van menslike vrugbaarheid vir die tydperk 1941 tot 1990 het
veranderinge in die spermtelling van normale mans getoon. Die tabel hieronder
toon ʼn opsomming van die veranderende persentasies van mans met ʼn hoë of
lae spermtelling oor ʼn tydperk van 50 jaar.
MANS MET ʼn HOË MANS MET ʼn LAE
TYDSPERIODE
SPERMTELLING (%) SPERMTELLING (%)
1941–1950 50 4
1951–1960 45 5
1961–1970 28 11
1971–1980 21 14
1981–1990 15 18
3.2.1 Gedurende watter tydperk was daar:
(a) Die hoogste persentasie mans met ʼn lae spermtelling (1)
(b) Die laagste persentasie mans met ʼn hoë spermtelling (1)
3.2.2 Bereken die persentasie-toename van mans met lae spermtellings
vanaf 1971 tot 1990. (2)
3.2.3 Teken ʼn staafgrafiek om die persentasies van mans met ʼn hoë
spermtelling te toon vir die tydperk wat in die tabel aangedui word. (6)
3.3 Die diagram hieronder toon die lengtesnit van ʼn menslike oor.
B
A
C
3.3.1 Gee die letter van die deel wat ekstra druk/vibrasies in die koglea
absorbeer. (1)
3.3.2 ʼn Chirurg plaas ʼn buis genaamd ʼn ‘grommet’ (dreineringspypie) in die
struktuur gemerk A. Sodra dit in posisie geplaas is, mag die kind nie
swem nie. Verduidelik hierdie opdrag (instruksie). (2)
3.3.3 Verduidelik die betekenis van die posisies van die strukture gemerk B. (3)
3.3.4 Noem die buis wat die middeloor met die keel verbind en verduidelik
watter rol dit met betrekking tot druk in die oor speel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
3.4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae:
Omgewingsimpak van Suurmynwaterdreinering
Piriet is ʼn mineraal bestaande uit yster en swawel wat in groot hoeveelhede in
mynhope voorkom. Wanneer piriet aan suurstof en water blootgestel word,
breek dit geleidelik af om swawelsuur te vorm. Die swawelsuur dreineer in die
grondwater in en maak die grondwater suur.
Volgens wet word daar van myne verwag om suurwater in reservoirs
(opgaardamme) te pomp. In die reservoir meng die suurwater met kalksteen
om die suurvlakke te verlaag. Dit word ʼn neutraliseringsproses genoem.
In ouer goud- en steenkoolmyne, wat nie meer in produksie is nie, word die
suurwater nie uitgepomp en geneutraliseer nie, maar hoop dit op in mynskagte
en vloei uiteindelik uit om die omliggende waterweë en die grondwater te
besoedel.
3.4.1 Vanuit die uittreksel, noem die mineraal wat in mynhope voorkom en
grondwater suur maak. (1)
3.4.2 Vanuit die uittreksel, beskryf die vorming van suurwater in myne. (2)
3.4.3 Verduidelik die invloed van suurmynwaterdreinering op:
(a) Die infrastruktuur in ʼn nabygeleë dorp (2)
(b) Landbouproduksie op ʼn nabygeleë plaas (2)
3.4.4 Verduidelik waarom verlate goud- en steenkoolmyne voedselkettings
in poele/riviere/damme kan affekteer. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
AFDELING C
VRAAG 4
ʼn Marathonatleet het slegs 1 liter water saam met hom geneem toe hy op ʼn warm dag
aan ʼn wedloop deelgeneem het. Beskryf die veranderinge wat in sy liggaam plaasvind
in ʼn poging om ʼn normale liggaamstemperatuur te handhaaf. Beskryf die rol van die
hipotalamus in die regulering van die waterbalans in sy liggaam.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van tabelle of
diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum