You're offline
Skip to content
Question paper

LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Subject: Life SciencesGrade 12202315 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 LEWENSWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met ʼn potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik. 11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die onderstaande sleutel toon die hoofkomponente van ʼn DNS/DNA- molekule en die sterkte van die bindings wat hulle bymekaar hou. SLEUTEL swak sterk suiker fosfaat stikstof binding binding groep basis Watter een van die volgende diagramme toon die korrekte kombinasie van komponente van ʼn DNS/DNA-molekule? 1.1.2 Lamarck se ‘wette’ van gebruik en ongebruik en oorerwing van verworwe eienskappe is ... A verwerp, want slegs eienskappe wat die nageslag bevoordeel, kan oorgeërf word. B nie verwerp nie, want bewyse toon dat verworwe eienskappe oorgeërf kan word. C verwerp, want slegs eienskappe waarvoor in die DNS/DNA gekodeer word, kan oorgeërf word. D nie verwerp nie, want Darwin se teorie ondersteun Lamarck se idees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.1.3 ʼn Eienskap wat ʼn reeks fenotipes het, is ʼn voorbeeld van ... A kontinue variasie. B diskontinue variasie. C volledige dominansie. D kodominansie. 1.1.4 Downsindroom is die gevolg van: A ʼn Gameet, sonder chromosoom 21, wat versmelt met ʼn normale gameet B ʼn Normale gameet wat versmelt met ʼn gameet met ʼn ekstra chromosoom 21 C Twee gamete, elk met ʼn ekstra chromosoom 21, wat versmelt D Daar is 3 chromosoom 21 in die gameet 1.1.5 Die onderstaande grafiek toon die broeitye vir verskillende soorte paddas. Paringsaktiwiteit Hout- Bos- Boom Brul padda padda padda padda Maart 1 April 1 Mei 1 Junie 1 Julie 1 Aug 1 TYD Die bostaande grafiek toon ʼn voorbeeld van ... A biogeografie. B natuurlike seleksie. C spesiasie. D reproduktiewe isolasie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 5 1.1.6 Watter hominienspesie het die langste tyd op aarde deurgebring, volgens die tydlyn hieronder? A Homo erectus B Ardipithecus ramidus C Australopithecus afarensis D Homo sapiens 1.1.7 By muise is bruin pels dominant oor wit pels. As ʼn heterosigotiese bruin muis, verskeie kere, met ʼn wit muis gepaar word en 80 nakomelinge word voortgebring, hoeveel kan verwag word om wit te wees? A 80 B 40 C 0 D 20 VRAE 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE VOLGENDE STAMBOOMDIAGRAM Albinisme is ʼn velafwyking wat veroorsaak word deur ʼn resessiewe alleel op ʼn outosoom. Die stamboomdiagram hieronder verteenwoordig die oorerwing van albinisme in ʼn familie. Vrou nie geaffekteer nie Vrou geaffekteer Man nie geaffekteer nie Man geaffekteer Y Z Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.1.8 Hoeveel generasies word deur die bostaande diagram voorgestel? A 1 B 2 C 3 D 4 1.1.9 Die waarskynlikheid dat individue Y en Z ʼn kind met albinisme sal hê, is ... A 25% B 50% C 75% D 100% 1.1.10 Homoloë strukture dui aan dat die ... A strukture op beide chromatiede aangetref word. B organismes dieselfde alleel van albei ouers ontvang het. C organismes ʼn gemeenskaplike voorouer het. D organismes die struktuur vir dieselfde funksie gebruik. (10 x 2) (20) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Strukture, wat in die kern aangetref word, wat uit ʼn DNS/DNA-molekuul en proteïene bestaan 1.2.2 ʼn Gedeelte van ʼn DNS/DNA-molekuul wat vir ʼn spesifieke eienskap kodeer 1.2.3 Die wetenskaplike wat die beginsel van onafhanklike sortering voorgestel het 1.2.4 Die binding wat tussen twee aminosure gevorm word 1.2.5 Die boustene (monomere) van DNS/DNA 1.2.6 Ongedifferensieerde dierselle wat die vermoë het om in enige seltipe te verander 1.2.7 Het ʼn bo- of onderkaak wat abnormaal vorentoe uitsteek 1.2.8 Die verduideliking dat spesies vir lang periodes geen fisiese verandering ondergaan nie, gevolg deur kort periodes van vinnige fisiese verandering (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 7 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM Ι KOLOM ΙΙ 1.3.1 Veroorsaak deur ʼn A: Hemofilie geenmutasie B: Downsindroom 1.3.2 Somatiese sel A: Haploïed B: Sel van die vel 1.3.3 Allele wat slegs uitgedruk word A: Resessief wanneer twee kopieë B: Heterosigoties teenwoordig is (3 x 2) (6) 1.4 Bestudeer die onderstaande diagram van twee chromosome. D A p P q Q C B r R D s S t T C 1.4.1 Noem die proses wat in die bostaande diagram plaasvind. (1) 1.4.2 Gedurende watter fase van meiose vind die proses plaas? (1) 1.4.3 Verskaf byskrifte vir die volgende dele: (a) A (1) (b) B (1) (c) C (1) 1.4.4 Teken chromatied D aan die einde van meiose. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.5 By konyne is die oorerwing van twee kenmerke bestudeer, haarkleur en oogkleur. Elkeen van hierdie kenmerke het twee variasies. Hare kan grys of wit wees en oë kan swart of rooi van kleur wees. Die simbole G en g word vir die twee variasies in haarkleur gebruik en die simbole B en b word vir die twee variasies in oogkleur gebruik. Toe twee konyne, wat heterosigoties was vir haarkleur en oogkleur, gekruis is, is die volgende resultate verkry: Aantal nakomelinge Kenmerk Grys hare en Swart oë 9 Grys hare en Rooi oë 3 Wit hare en Swart oë 3 Wit hare en Rooi oë 1 1.5.1 Noem die term vir 'n genetiese kruising wat twee kenmerke behels. (1) 1.5.2 Gee al die moontlike gamete van die ouers (2) 1.5.3 Gee die: (a) Dominante alleel vir haarkleur (1) (b) Genotipe vir ʼn wit-haar, rooi-oog konyn (2) (c) Fenotipe van ʼn konyn wat heterosigoties is vir haarkleur en homosigoties dominant vir oogkleur (2) [50] TOTAAL ADELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 9 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram toon ʼn gedeelte van die proses betrokke by die maak van ʼn proteïen. Molekuul 1 T G C C A C A C C A C Molekuul 2 X 2.1.1 Verskaf die naam van: (a) Molekuul 1 (1) (b) Molekuul 2 (1) 2.1.2 Noem die proses wat in die diagram hierbo getoon word. (1) 2.1.3 In watter organel in die sel vind die proses plaas wat in VRAAG 2.1.2 genoem word? (1) 2.1.4 Gee die nukleotiedvolgorde vir molekule 2. Skryf die volledige volgorde van links na regs neer (begin met die gegewe basis A). (3) Die onderstaande tabel toon die aminosure waarvoor elke oRNS (tRNA)-antikodon kodeer. oRNS (tRNA) antikodon Aminosuur GAA Leusien CUU Lisien GGA Glisien UGC Sisteïen CGC Alanien UAC Tirosien AGG Arginien CAC Valien ACC Treonien 2.1.5 Gebruik die tabel om die aminosuurvolgorde, van links na regs, waarvoor deur molekuul 1 gekodeer word, te bepaal. (3) 2.1.6 Verduidelik hoe die fout by punt X op molekuul 2 die proteïen wat vorm sal verander. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.2 Lees die uittreksel hieronder. Aangebore nagblindheid is ʼn geslagsgekoppelde afwyking. Dit word veroorsaak deur ʼn resessiewe geen op die X-chromosoom. Mense met hierdie afwyking sukkel om snags duidelik te sien en ervaar ander visuele probleme soos bysiendheid en verlies aan visuele skerpte. Gebruik (N) vir normale nagvisie en (n) vir aangebore nagblindheid. 2.2.1 Noem die: (a) Genotipe van die alleel wat aangebore nagblindheid veroorsaak (1) (b) Genotipe van ʼn vroulike individu met aangebore nagblindheid (2) 2.2.2 Gee TWEE redes waarom mense met hierdie afwyking dalk nie ʼn bestuurslisensie kan kry nie. (2) 2.2.3 ʼn Man met aangebore nagblindheid het ʼn seun by ʼn vrou wat nie die alleel dra nie. (a) Gee die fenotipe van hul seun. (1) (b) Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.2.3 (a). (3) 2.3 ʼn Vrou het twee moontlike mans geïdentifiseer wat die pa van haar kind kan wees. Hieronder is die resultate van ʼn DNS/DNA-profielvaderskaptoets en ʼn bloedvaderskaptoets. Bloedtoets resultate DNS/DNA-profiel resultate Baba Moeder Pa 1 Pa 2 Bloedgroep Baba O Moeder B Pa 1 AB Pa 2 A 2.3.1 Gebruik die DNS/DNA-profielresultate en verduidelik hoekom Pa 2 die vader van die baba is. (3) 2.3.2 Gebruik die bloedtoetsresultate om te verduidelik waarom Pa 1 nie volgens die bloedresultate die pa van die kind kan wees nie. (3) 2.3.3 Gebruik ʼn genetiese kruising om, die persentasie kans, te toon vir die moeder en Pa 2 om ʼn baba met bloedgroep O te hê. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 11 2.3.4 Verduidelik hoekom bloedtoetsresultate nie betroubaar is om vaderskap te bepaal nie. (2) 2.3.5 Noem TWEE ander gebruike van DNS/DNA-profilering behalwe vaderskaptoetse. (2) 2.4 Die onderstaande diagram toon ʼn sel wat meiose ondergaan. SEL 1 SEL 2 X A B 2.4.1 Gee die fase van meiose wat in die diagram hierbo getoon word. (1) 2.4.2 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 2.4.1. (1) 2.4.3 Gee die funksies van die volgende dele tydens meiose: (a) A (1) (b) B (1) 2.4.4 Noem die tipe chromosomale mutasie wat by X voorkom. (1) 2.4.5 Verduidelik TWEE prosesse wat in die diagram getoon word wat tot variasie in die nageslag lei. (4) 2.4.6 Hoeveel chromosome sal in SEL 2 aan die einde van meiose aangetref word? (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 3 3.1 Lees die onderstaande uittreksel. Die kwagga was ʼn subspesie van die vlaktesebra. Hulle is in die 19de eeu tot op die punt van uitwissing gejag. Hulle het korter en breër lywe as die Vlakte- sebra gehad en het ligbruin pels met swart strepe gehad. Die Vlakte-sebra het wit pels met swart strepe oor die hele liggaam. Die kwagga het net strepe op die voorste deel van hul liggame gehad. Wetenskaplikes het al Vlakte-sebras met eienskappe soortgelyk aan dié van die kwagga gekruis en het nou sowat 200 diere voortgebring wat soos die uitgestorwe kwagga in Suid-Afrika lyk. Vlakte-sebra Kwagga 3.1.1 Noem die proses wat deur wetenskaplikes gebruik word om die kwagga te teel. (1) 3.1.2 Gee TWEE kenmerke, uit die uitreksel, waarna wetenskaplikes in die vlaktesebra wat hulle kruis, soek. (2) 3.1.3 Hoe kan wetenskaplikes bepaal of die kwagga steeds dieselfde spesie as die Vlaktesebra is? (2) 3.1.4 Verduidelik hoe uitwissing ʼn positiewe uitwerking op biodiversiteit kan hê. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 13 3.2 In 2012 het professor Lee Berger ʼn nuwe hominienspesie ontdek, wat Australopithecus sediba genoem is. Drie jaar later, in 2015, is nog ʼn nuwe hominienspesie ontdek. Hierdie nuwe spesie is Homo naledi genoem. Fossiele van beide hierdie hominienspesies is in ʼn gebied in Suid-Afrika bekend as die ‘Wieg van die Mensdom’ gevind. Australopithecus sediba Homo naledi Homo sapiens 3.2.1 Watter van die twee fossiele (Australopithecus sediba of Homo naledi) is vermoedelik nader verwant aan moderne mense? (1) 3.2.2 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 3.2.1. (1) 3.2.3 Beskryf DRIE anatomiese kenmerke waarna professor Berger sou gesoek het toe hy die fossiele ondersoek het, om vas te stel dat Australopithecus sediba tweevoetig was. (3) 3.2.4 Gee die wetenskaplike naam van EEN ander hominienspesie waarvan fossiele in die Wieg van die Mensdom ontdek is. (1) 3.2.5 Waarom word hierdie gebied die ‘Wieg van die Mensdom’ genoem? (2) 3.2.6 Verduidelik hoe mitochondriale DNS/DNA gebruik word om te bewys dat moderne mense in Afrika ontstaan het. (4) 3.3 Die evolusieteorie is gebaseer op baie bewyse. 3.3.1 Definieer biologiese evolusie. (2) 3.3.2 Waarom word die evolusieteorie as ʼn wetenskaplike teorie beskou? (2) 3.3.3 Tabuleer EEN verskil tussen ʼn teorie en ʼn hipotese. (3) 3.3.4 Noem TWEE bronne waar wetenskaplikes bewyse vir evolusie aantref. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.4 Mielieplante word deur die Europese mielieboorder aangetas, ʼn klein wurmpie, wat die mielieplant vreet en die vernietiging van ʼn boer se hele oes kan veroorsaak. Die Bt-geen wat in bakterieë voorkom, produseer ʼn gif wat die Europese mielieboorder doodmaak sonder om mense te benadeel. Wetenskaplikes het daarin geslaag om hierdie geen uit die bakterieë te onttrek en dit in die DNS/DNA van mielieplante in te voeg. Wanneer die Europese mielieboorder die mielieplant eet, sal dit baie vinnig vrek. 3.4.1 Noem die proses waardeur die genetiese samestelling van ʼn organisme verander word om ʼn nuwe eienskap in te sluit. (1) 3.4.2 Gee die term wat verwys na DNS/DNA waarby ʼn geen gevoeg is. (1) 3.4.3 Verduidelik EEN manier waarop mielies met die Bt-geen boere ekonomies kan bevoordeel. (2) 3.4.4 Verduidelik EEN rede waarom die gebruik van Bt-gene in mielieplante ʼn negatiewe uitwerking op die omgewing kan hê. (2) 3.5 In Suid-Afrika het tuberkulosebakterieë bestand geword teen baie van die gewone behandelings vir TB. Rifampicin is tans die mees doeltreffende middel wat gebruik word om TB te behandel. Daar is egter ʼn aantal tuberkulose- bakteriestamme wat ook teen hierdie middel weerstandig geword het. Rifampicin-weerstandige bakterieë kan met bedaquiline behandel word. Twee tipes bedaquiline behandelings is beskikbaar: • Tablette wat daagliks by die huis geneem kan word • ʼn Inspuiting waarvoor die pasiënt weekliks na die kliniek moet terugkeer. Wetenskaplikes wou bepaal watter behandeling die hoogste oorlewingsyfer, na 24 maande, sou hê. • ʼn Groep van 200 deelnemers met rifampicin-weerstandige TB is gekies. • Alle deelnemers was 18 jaar of ouer. • 100 pasiënte het die tabletbehandeling vir 9 maande gekry. • 100 pasiënte het die inspuitingbehandeling vir 9 maande gekry. • Hulle gesondheidstatus/-toestand is 24 maande nadat hulle met die behandeling begin het, gemeet. Die tabel hieronder toon die suksessyfer van die twee behandelings. Behandeling Aantal Aantal Aantal Aantal deelnemers deelnemers wat deelnemers deelnemers wat nie die wat aan TB wat van TB herhaaldelik behandeling gesterf het genees is TB gehad het voltooi het nie Tablette 1 4 24 71 Inspuiting 2 12 28 X Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 15 3.5.1 Gee die onafhanklike veranderlike. (1) 3.5.2 Gee EEN rede waarom hierdie studie as betroubaar beskou kan word. (1) 3.5.3 Bereken die aantal deelnemers wat die inspuitingsbehandeling ondergaan het, wat van TB genees is. (3) 3.5.4 Verduidelik EEN moontlike rede waarom meer mense nie die inspuitbare behandeling voltooi het nie. (2) 3.5.5 Verduidelik hoe tuberkulosebakterieë moontlik weerstand teen rifampicin ontwikkel het, volgens Darwin se Teorie van Natuurlike Seleksie. (5) 3.5.6 Gee TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die geldigheid van hierdie studie kan verbeter. (2) 3.5.7 Verduidelik waarom die gesondheidstatus van die deelnemers eers 24 maande na die neem van die behandelings aangeteken is. (2) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Life Sciences

Explore more published documents in this catalogue.

View all