Skip to content

Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12202315 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 LEWENSWETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D. 1.1.1 Watter EEN van die volgende kliere in die menslike liggaam is ʼn endokriene klier? A Prostaatklier B Speekselklier C Skildklier D Sweetklier 1.1.2 Hieronder is ʼn lys van effekte wat deur hormone veroorsaak word. (i) Vernouing van die bloedvate van die vel (ii) Verhoog bloedsirkulasie na die vel (iii) Versnel die omskakeling van glikogeen na glukose (iv) Verlaag die asemhalingstempo Watter van die volgende effekte word deur adrenalien veroorsaak? A Slegs (i), (ii) en (iii) B Slegs (ii), (iii) en (iv) C Slegs (iii) D Slegs (i) en (iii) 1.1.3 Die bloedglukosevlak van ʼn mens word deur ... beïnvloed. A tiroksien, glukagon en adrenalien B insulien, glukagon en adrenalien C insulien, aldosteroon en glukagon D tiroksien, insulien en aldosteroon 1.1.4 Watter deel van die brein prosesseer visuele impulse? A Serebrum B Serebellum C Medulla oblongata D Hipotalamus 1.1.5 ʼn ‘Grommet’/Dreineringspypie word in die trommelvlies van die oor geplaas om ... A bakterieë toe te laat om die besmette area te verlaat. B lug deurlopend deur die middeloor te laat beweeg. C oordruppels direk in die besmette area toe te dien. D genesingsproses daagliks te monitor. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.1.6 Watter deel van die oog bevat die fotoreseptore? A Sklera B Choroïed C Retina D Kornea 1.1.7 Voorbehoedmiddels word deur baie vroue gebruik om swangerskap te voorkom. ’n Ondersoek is gedoen om die doeltreffendheid van verskillende voorbehoedmiddels te toets. Watter EEN van die volgende resultate kan gebruik word om af te lei watter voorbehoedmiddel die doeltreffendste was? A Aantal vroue wat swanger geraak het. B Aantal vroue wat nie-swanger gebly het nie. C Frekwensie van bloeding onder vroue. D Hoeveelheid bloed tydens elke menstruasie verloor. 1.1.8 Watter deel van die sperm stel ʼn ensiem vry om die buitenste membraan van die eiersel op te los? A Akrosoom B Mitochondria C Nukleus D Chromatien 1.1.9 Menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV) word deur liggaamsvloeistowwe van ʼn besmette persoon na ʼn ander persoon oorgedra. ʼn Besmette man, wat ʼn vasektomie gehad het (ʼn chirurgiese prosedure wat die vasa differentia sny en afbind), is steeds in staat om die MI-virus tydens seksuele omgang oor te dra omdat ... A hy steeds in staat is om sperm, wat die virus dra, te ejakuleer. B hy afskeidings van bykomende kliere wat die virus bevat, kan ejakuleer. C die spore van urine in die uretra die virus bevat. D die voering van uretra die virus tydens ejakulasie vrystel. (9 x 2) (18) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 5 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die spiraal-gedraaibuis buite die testis wat sperms totdat hulle volwasse is stoor 1.2.2 Die veranderinge wat oor ʼn tydperk van 28 dae in die ovarium en uterus van ʼn vrou plaasvind 1.2.3 Die plek van bevrugting 1.2.4 ʼn Hol bol selle waarin die bevrugte ovum ontwikkel 1.2.5 Die struktuur wat stimuli vanuit die omgewing ontvang 1.2.6 Die vloeistof wat die ruimte tussen die kornea en die lens vul 1.2.7 Die reseptore in die koglea 1.2.8 Die deel van die brein wat die koolstofdioksiedvlakke in die bloed beheer 1.2.9 ʼn Groep endokriene selle, in die pankreas, wat insulien afskei (9 x 1) (9) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Manlike hormoon wat deur die A: TSH testes afgeskei word B: Tiroksien 1.3.2 Sekondêre geslagskenmerke A: Ontwikkeling van borste by vroue B: Ontwikkeling van skaamhare 1.3.3 Die beskermende membrane A: Kiemepiteel wat die brein en die rugmurg B: Meninges bedek (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.4 Diagramme 1, 2, 3 en 4 hieronder toon ʼn deel van ʼn homeostatiese proses by mense. C B A D DIAGRAM 1 DIAGRAM 2 F E DIAGRAM 3 DIAGRAM 4 1.4.1 Identifiseer die homeostatiese proses wat in die diagram hierbo voorgestel word. (1) 1.4.2 Noem die proses wat voorgestel word in: (a) DIAGRAM 1 (1) (b) DIAGRAM 2 (1) 1.4.3 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat: (a) Die homeostatiese proses wat in die diagramme voorgestel word beheer (2) (b) Minder aktief op ʼn baie koue dag is (2) 1.4.4 Noem die belangrikheid van die proses wat in DIAGRAM 4 plaasvind. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 7 1.5 Die onderstaande diagram verteenwoordig twee neurone van die menslike senuweestelsel. A B C DIAGRAM 1 DIAGRAM 2 1.5.1 Identifiseer deel B. (1) 1.5.2 Noem die deel(le) wat: (a) Impulse ontvang en dit na deel B stuur (1) (b) Impulse weg van deel B af gelei (1) 1.5.3 Identifiseer die neuron wat deur DIAGRAM 1 voorgestel word. (1) 1.5.4 Noem die tipe neuron wat as ʼn skakel tussen die neurone in DIAGRAM 1 en 2 in die sentrale senuweestelsel dien. (1) 1.5.5 DIAGRAM 2 toon ʼn strukturele defek (afwyking) van die neuron. Noem die: (a) Defek (afwyking) wat in die diagram getoon word (1) (b) Effek van die defek (afwyking) op die oordrag van die impuls (1) (c) Naam van die afwyking wat deur hierdie defek (afwyking) veroorsaak word (1) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig verskillende ontwikkeling- stadiums van die uterusvoering tydens die menstruele siklus. Dae van die maand 2.1.1 Identifiseer: (a) Deel A (1) (b) Die proses wat gedurende die eerste 4 dae plaasvind (1) 2.1.2 Noem die ovariale hormoon wat vanaf dag 15–28 op ʼn hoër vlak is. (1) 2.1.3 Verduidelik die verdikking van die uterusvoering vanaf dag 7–13. (6) 2.2 Sommige voorbehoedpille bevat ʼn hoë dosis progesteroon. Verduidelik hoekom ʼn vrou wat hierdie soort pil gebruik nie swanger sal raak nie. (4) 2.3 Beskryf oögenese. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 9 2.4 ʼn Ondersoek is gedoen om die invloed van ʼn eksterne stimulus op die groeirigting in plante te bepaal. Die prosedure was soos volg: • ʼn Ontkiemende saailing is op ʼn nat sneesdoekie op ʼn skyf vasgesteek soos in die diagram getoon. • Die skyf is in ʼn vertikale/regop posisie in ʼn donker kamer geplaas. • Die saailinge is daagliks versigtig met water gespuit. • Na 4 dae is die skyf na die posisie wat in DIAGRAM 2 getoon word gedraai. Dit is vertikaal regop en stilgehou. • Na ʼn week is waarnemings gemaak en die groeirigting in die jong stam/loot en wortel is aangeteken. Draai die skyf Jong loot A kloksgewys en Jong wortel hou dit stil. B Skyf Skyf Stilstaande skyf DIAGRAM 1 DIAGRAM 2 2.4.1 Noem die verspreidingspatroon van die groeihormoon by: (a) A (1) (b) B (1) 2.4.2 Verduidelik EEN rede waarom die skyf in ʼn donker kamer gehou is. (2) 2.4.3 Teken ʼn netjiese diagram om die groeirigting van die jong loot/stam en wortel in DIAGRAM 2 na ʼn week te toon. (3) 2.4.4 Verduidelik die groeirigting van die jong wortel nadat dit in die posisie geplaas is, soos in DIAGRAM 2 getoon. (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.5 Die soutkonsentrasie in die bloed word deur aldosteroon beheer. 2.5.1 Noem die klier wat aldosteroon afskei. (1) 2.5.2 Noem die stelsel in die liggaam waarvan die klier ʼn deel vorm. (1) 2.5.3 ʼn Persoon eet ʼn maaltyd met ʼn hoë soutinhoud. Verduidelik die verandering in die: (a) Aldosteroonvlak in die bloed van die persoon (3) (b) Samestelling van urien (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 2.6 ʼn Ondersoek is gedoen om die effek van die duur van blootstelling aan selfoonbestraling op spermtelling te bepaal. Die prosedure was soos volg: • 100 gesonde, nie-rokende manlike vrywilligers wat nie alkohol drink nie, is gekies • Die deelnemers was: - In 4 gelyke groepe verdeel, volgens die hoeveelheid tyd wat hulle hul selfone per dag gebruik - Dieselfde tipe selfone gegee om te gebruik - Opdrag gegee om los onderklere vir ʼn week voor die versameling van semen te dra • Semen was individueel van elke deelnemer in die groep ingesamel • Die gemiddelde spermtelling van elke groep is bepaal • Die prosedure is elke 2 maande vir ʼn jaar herhaal Die resultaat van die ondersoek word in die onderstaande grafiek getoon: GRAFIEK WAT DIE INVLOED VAN DIE DUUR VAN BLOOTSTELLING AAN SELFOONBESTRALING OP SPERMTELLING TOON Die gemiddelde Spermtelling per groep 100 90 80 70 60 (arbitrêre eenhede) 50 Groep 1 Groep 2 Groep 3 Groep 4 40 30 20 10 0 0uur/dag <2uur/dag 2–4uur/dag >4uur/dag Duur van blootstelling aan selfoonstraling per dag (in ure) 2.6.1 Identifiseer die: (a) Onafhanklike veranderlike (1) (b) Afhanklike veranderlike (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.6.2 Hoeveel keer in ʼn jaar het hulle semenmonsters van elke groep deelnemers getoets? (1) 2.6.3 Noem EEN manier waarop die ondersoeker die betroubaarheid van hierdie ondersoek verseker het. (1) 2.6.4 Noem DRIE veranderlikes wat konstant gehou moes word om die geldigheid van hierdie ondersoek te verbeter. (3) 2.6.5 Gebruik die resultate van die grafiek om ʼn gevolgtrekking vir hierdie ondersoek te maak. (2) 2.6.6 Gee ʼn rede waarom al die deelnemers opdrag gegee is om los onderklere, ʼn week voor die versameling van semen, te dra. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 13 VRAAG 3 3.1 Die diagram toon ʼn refleksboog. A B spyker Reseptor C Effektor D 3.1.1 Gee die LETTER wat die sentrale senuweestelsel voorstel. (1) 3.1.2 ’n Persoon het met sy voet op ’n spyker getrap en dit dadelik weggetrek. Beskryf die pad van die impuls tydens die refleksaksie vanaf die oomblik dat hy op die spyker getrap het totdat hy sy voet weggetrek het. (5) 3.1.3 In die diagram hierbo verteenwoordig A, B, C en D verskillende gebiede van die menslike senuweestelsel. In ʼn motorongeluk het verskillende mense verskillende senuwee- stelselbeserings opgedoen. By die hospitaal het die dokter ʼn stomp voorwerp gebruik om die voetsole van elke pasiënt liggies te vryf om vir senuweeskade te toets. Skryf slegs die korrekte LETTER vir elke stelling hieronder om die beskadigde gebied van die senuweestelsel aan te dui. (a) Die pasiënt kan die gevryf voel, maar kan nie sy voete beweeg nie. (1) (b) Die pasiënt kan nie die gevryf voel nie, maar is in staat om sy voete te beweeg. (1) (c) Die pasiënt kan nie die gevryf voel of sy voete beweeg nie (1) (d) Die pasiënt kan nie die gevryf voel of sy boonste en onderste ledemate beweeg nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.2 Die onderstaande diagram verteenwoordig die menslike middeloor. 3.2.1 Noem die funksie van deel A. (1) 3.2.2 Beskryf die pad van ʼn klankstimulus EN die rol van die relevante strukture vanaf die trommelvlies tot by die serebrum. (7) 3.2.3 Van watter deel van die liggaam beweeg lug in die middeloor in? (1) 3.2.4 Verduidelik waarom lug deur die buis B in die middeloor geforseer word wanneer die lugdruk buite die liggaam toeneem. (4) 3.3 Die onderstaande diagram stel twee broeilinge, kort nadat hulle uitgebroei het, voor. A B 3.3.1 Noem die tipe ontwikkeling wat in A getoon word. (1) 3.3.2 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1. (1) 3.3.3 Verduidelik DRIE kenmerke van prekosiale voëls wat hulle in staat stel om in hul habitat te oorleef. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 15 3.4 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn oog van ʼn persoon met bysiendheid. Voorwerp 10 m van die oog af 3.4.1 Noem die struktuur van die oog wat die lig die meeste buig. (1) 3.4.2 Gee TWEE strukturele defekte van die oog wat bysiendheid veroorsaak soos in die diagram waargeneem. (2) 3.4.3 Beskryf die visuele vermoë van ʼn persoon wat aan bysiendheid ly. (2) 3.4.4 Noem die tipe lens wat gebruik word om die visuele gebrek reg te stel. (1) 3.4.5 Die onderstaande tabel toon die voorkoms van bysiendheid onder 12-jarige kinders in vyf lande. NAAM VAN LAND 12-JARIGE KINDERS MET BYSIENDHEID (%) Singapoer 62 Hongkong 53 China 50 Verenigde State van Amerika 20 Indië 10 Teken ʼn staafgrafiek om die data in die tabel voor te stel. (6) 3.5 ʼn Persoon was in ʼn woestyn, sonder water, gestrand. Hy moes ʼn lang afstand stap om hulp te soek. Hy was baie dors en gedehidreer omdat hy oormatig gesweet het. Beskryf die homeostatiese meganisme wat die korrekte watervlak in sy bloed handhaaf. (7) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all