Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*ILFSCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP
Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 965.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 Die bloedvat wat bloed met suurstof en voedingstowwe na die niere
vervoer, is die ...
A nieraar.
B inferior vena cava.
C nierslagaar.
D aorta.
1.1.2 Die vorm waarin oortollige glukose in die liggaam gestoor word.
A Stysel
B Vet
C Proteïene
D Glukagon
VRAAG 1.1.3 EN 1.1.4 IS OP DIE TABEL HIERONDER GEBASEER.
Gas Konsentrasie in Konsentrasie in
ingeasemde lug (%) uitgeasemde lug (%)
Suurstof 21 16
Koolstofdioksied 0,04 4
Stikstof 78 78
Waterdamp 0,96 2
1.1.3 Die rede waarom die hoeveelheid stikstof dieselfde is in ingeasemde
en uitgeasemde lug, is as gevolg van:
A Stikstof word in die bloedstroom opgeneem en dieselfde
hoeveelheid beweeg na die alveoli om uitgeasem te word
B Stikstofgas bereik nie die alveoli nie maar bly in die brongiole
totdat uitaseming plaasvind
C Stikstofgas word in die liggaam gebruik, maar dieselfde
hoeveelheid word in die liggaam geproduseer as 'n afvalproduk,
wat dan uitgeasem word
D Stikstof kan nie in gasvorm deur die liggaam opgeneem word
nie, dus is die hoeveelheid wat ingeasem word dieselfde as die
hoeveelheid wat uitgeasem word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.1.4 Waarom is die hoeveelheid water in die uitgeasemde lug meer as in
die ingeasemde lug?
A Water vanuit die selle word as waterdamp uitgeskei
B Bloedplasma syfer in die alveoli, wat dan as waterdamp
uitgeskei word
C ʼn Klein hoeveelheid water wat tydens sellulêre respirasie
geproduseer word, word uitgeskei
D Die asemhalingsoppervlak moet te alle tye klam gehou word en
ʼn deel van hierdie vog verdamp en word uitgeasem
1.1.5 Watter EEN van die volgende faktore sal optimale groei in
kweekhuise veroorsaak?
A Verryking met koolstofdioksied
B Temperatuur tussen 10 °C en 15 °C
C Dowwe beligting in die kweekhuis
D Besproei slegs een keer per week
1.1.6 Die onderstaande eienskappe is almal op chloroplaste van
toepassing.
(i) Bevat ʼn dubbele membraan
(ii) Bevat ʼn vloeistofmatriks met ensieme
(iii) Bevat parallelle sakkies wat lamellae genoem word
(iv) Bevat ʼn groen pigment wat chlorofil genoem word
(v) Bevat styselkorrels
Watter kombinasie van eienskappe maak die chloroplast geskik om
sy funksie te verrig?
A (i), (ii), (iv) en (v)
B (ii), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) (iv) en (v)
D (i), (ii), (iii) en (v)
1.1.7 ʼn Siekte-tekort wat veroorsaak word deur ʼn gebrek aan alle
voedselgroepe en ʼn tekort aan energie, word ... genoem.
A Kwasjiorkor
B Bulimie
C Anoreksie
D Marasmus
1.1.8 Watter EEN van die volgende eienskappe maak die blaar geskik vir
fotosintese om plaas te vind?
A Die sponsagtige mesofil is langwerpig
B Die blaar het baie stoma vir gaswisseling in die onderste
epidermis
C Die boonste epidermis het ʼn wit kutikula
D Xileem is aanwesig om die produkte van fotosintese te vervoer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 ʼn Sekere persoon is oorgewig en het vernoude slagare weens
oormatige voeding.
Watter EEN van die volgende toestande kan hieruit voortvloei?
A Anorexia nervosa
B Lae bloeddruk
C Hoë bloeddruk
D Lae bloedsuiker
1.1.10 Waarom het ʼn tienerseun meer proteïene in sy dieet as ʼn volwasse
man nodig?
A Tienerseuns het meer proteïene in hul dieet nodig om ʼn siekte-
tekort soos ragitis te voorkom
B Die seun groei steeds en benodig die aminosure vir
spierontwikkeling
C Volwasse mans het slegs ʼn klein hoeveelheid proteïene vir
sellulêre respirasie nodig, terwyl seuns groot hoeveelhede
proteïene benodig, aangesien proteïene die belangrikste
brandstof vir die proses is
D Tienerseuns benodig meer proteïene in hul dieet om
beenskade te voorkom
(10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die toestand wanneer die niere ophou funksioneer
1.2.2 ʼn Organisme wat sy prooi jag, vang en doodmaak
1.2.3 Die eenvoudige suiker wat tydens fotosintese by groen plante gevorm
word
1.2.4 Die hormoon wat deur die pankreas vrygestel word, wat die
bloedglukosekonsentrasie verminder
1.2.5 Die permanente beweging van organismes uit 'n spesifieke gebied
1.2.6 Die proses om groot vetmolekules in klein druppels op te breek
1.2.7 Die struktuur in die menslike asemhalingstelsel wat die larinks
toemaak
1.2.8 Die kouproses wat voedselmolekules meganies opbreek
1.2.9 Die finale waterstofontvanger tydens sellulêre respirasie
(9 x 1) (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1–1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Die longsiekte waar die alveoli A: Longkanker
beskadig word deur groot B: Emfiseem
ongelyke sakkies te vorm
1.3.2 Die plek in die menslike A: Die maag
spysverteringstelsel waar die B: Die dikderm
meeste absorpsie van verteerde
voedsel plaasvind
1.3.3 Die tipe energie wat tydens A: Chemiese energie
fotosintese in voedselmolekules B: Potensiële energie
gestoor word
1.3.4 Maniere waarop suurstof in die A: Los in die bloedplasma op
bloed vervoer word B: Vorm ʼn verbinding met
hemoglobien
(8 x 1) (8)
1.4 Die grafiek hieronder toon die bevolkingsgroei van ʼn kolonie bakterieë.
1.4.1 Watter tipe groeikurwe word in die grafiek getoon? (1)
1.4.2 Watter fase (A, B, C of D) het die volgende kenmerke?
(a) Bevolkingsgroei word stadiger (1)
(b) Die bevolking groei stadig weens die nuwe omgewing (1)
(c) Die fase waarin omgewingsweerstand begin toeneem (1)
(d) Die fase waar groei vinnig plaasvind omdat daar geen
beperkende faktore is nie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.5 Die diagram hieronder toon ʼn opstelling van ʼn eksperiment om vas te stel of
koolstofdioksied vir fotosintese nodig is. Die plant is ontstysel voordat die
apparaat opgestel is soos in die diagram getoon en in ʼn sonnige kamer geplaas.
1.5.1 Noem vloeistof C. (1)
1.5.2 Gee die funksie van vloeistof C. (1)
1.5.3 Watter resultaat kan by A gesien word? (1)
1.5.4 Verduidelik EEN rede vir die resultaat by B. (2)
1.5.5 In watter fase van fotosintese word koolstofdioksied gebruik? (1)
1.5.6 Waar in die sel sal die fase genoem in VRAAG 1.5.5 plaasvind? (1)
1.5.7 Waarom is die plant eers ontstysel voordat die eksperiment uitgevoer
is? (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die onderstaande diagramme wat die bevolkingspiramides van
Malawi en Japan in 2017 toon.
Manlik Vroulik Manlik Vroulik
25-29
15-19
15-19
2.1.1 Watter van die lande wat in die bevolkingspiramides hierbo
verteenwoordig is, is ʼn ontwikkelde land? (1)
2.1.2 Gee EEN sigbare rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1. (1)
2.1.3 Wat kan jy uit die grafiek aflei, oor die ouderdomsgroep 0–19 jaar in
Malawi? (2)
2.1.4 Noem DRIE faktore wat die samestelling van die grootte van ʼn
bevolking kan verander. (3)
2.1.5 Verduidelik waarom dit belangrik is vir die regering van ʼn land om
toegang tot bevolkingspiramides te hê. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
2.2 Bestudeer die volgende diagram oor ʼn deel van die menslike
spysverteringstelsel.
B
2.2.1 Gee byskrifte vir die volgende dele:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
(d) E (1)
2.2.2 Gee die LETTER van die deel met die volgende funksie of
kenmerk:
(a) Verantwoordelik vir die opname van die meeste water (1)
(b) Verantwoordelik vir die afbreek van voedselmolekules deur
meganiese en chemiese vertering (1)
(c) Bevat die kringspier wat verantwoordelik is vir die beheer
van defekasie (1)
2.2.3 Teken ʼn benoemde diagram van die strukture in E wat
verantwoordelik is vir die absorpsie van verteerde molekules. (4)
2.2.4 Bulimie is ʼn kondisie waar ʼn persoon groot hoeveelhede voedsel
eet, gevolg deur ʼn skuldgevoel en dan probeer om van die kos uit
te braak of lakseermiddels te gebruik.
Verduidelik die gevolge van hierdie toestand op struktuur A. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
2.3 Die foto hieronder toon ʼn stinklelie. Hierdie blomplant het geen blare nie en
gebruik ander plantgashere om voedsel te kry.
2.3.1 Watter soort voedingsverhouding bestaan tussen die stinklelie en sy
gashere? (1)
2.3.2 Verduidelik waarom hierdie plant hierdie soort voeding sal moet
gebruik. (2)
2.3.3 Die gashere van die stinklelie is hoofsaaklik wingerde van baie lande.
Verduidelik hoe dit die ekonomie van hierdie lande kan beïnvloed. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.4 Die diagram hieronder toon ʼn fotosintese-eksperiment wat gedoen is om te
ondersoek of ʼn gas tydens die proses geproduseer word. Voordat die
eksperiment begin is, is ʼn klein hoeveelheid natriumkarbonaat by die water
gevoeg.
2.4.1 Noem die gas wat deur die plant geproduseer word. (1)
2.4.2 Beskryf ʼn toets vir die gas in VRAAG 2.4.1 genoem. (2)
2.4.3 Verduidelik waarom natriumkarbonaat by die water gevoeg is. (2)
2.4.4 Waarom is hierdie eksperiment onder water gedoen? (1)
2.4.5 Verduidelik TWEE maniere waarop die tempo van hierdie
eksperiment verhoog kan word. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3
3.1 ʼn Eksperiment is in ʼn laboratorium uitgevoer om die effek van die
konsentrasie sukrose op die respirasietempo in gisselle te ondersoek. Die
volgende stappe is gevolg:
Vier proefbuise is gebruik, elk met ʼn verskillende sukrose konsentrasie.
Proefbuis A het 100 mℓ water gehad en geen sukrose is bygevoeg nie;
proefbuis B het 0,5 g sukrose opgelos in 100 mℓ water gehad, proefbuis C
het 1 g sukrose in 100 mℓ water gehad en proefbuis D het 1,5 g sukrose
in 100 mℓ water gehad.
Dieselfde spesie gis is by elke proefbuis gevoeg.
ʼn Klein hoeveelheid sout is by elke proefbuis gevoeg om die tempo van
sellulêre respirasie te vertraag.
Elke apparaat is vir tien minute laat staan.
Die volume gas wat deur die gisselle in elke proefbuis geproduseer word,
is gemeet en die resultate is getabuleer soos hieronder getoon.
Volume gas geproduseer deur die gisselle (m )
Tyd (min) 0 g sukrose 0,5 g 1 g sukrose 1,5 g
per 100 m sukrose per per 100 m sukrose per
100 m 100 m
0 2,0 2,0 2,0 2,0
1 2,0 2,1 2,2 2,8
2 2,0 2,2 2,4 3,0
3 2,0 2,4 2,6 3,1
4 2,0 2,6 2,9 3,4
5 2,0 2,8 3,0 3,7
6 2,0 3,0 3,6 4,6
7 2,0 3,5 4,0 5,5
8 2,0 3,8 4,6 6,7
9 2,0 4,3 5,2 8,2
10 2,0 5,0 6,2 9,4
[Inligting aangepas uit httpa://ngss.ntsa.org]
3.1.1 Identifiseer die:
(a) Afhanklike veranderlike (1)
(b) Onafhanklike veranderlike (1)
3.1.2 Noem die gas wat deur die gisselle geproduseer is. (1)
3.1.3 Verduidelik hoe die ondersoekers ʼn toets kan doen om die gas
genoem in VRAAG 3.1.2 te verifieer. (2)
3.1.4 Noem TWEE maniere waarop die ondersoekers die geldigheid van
hierdie ondersoek kon verhoog het. (2)
3.1.5 Verduidelik die belangrikheid van die insluiting van proefbuis A in die
eksperiment. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
3.1.6 Watter gevolgtrekking kan gemaak word op grond van die inligting in
die tabel? (2)
3.1.7 Verduidelik hoe hierdie proses in gisselle gebruik kan word om
alkoholiese drank soos bier te produseer. (3)
3.2 Die volgende tabel toon die hoeveelheid lug wat deur ʼn persoon binne ʼn
tydperk van 120 sekondes ingeasem word.
Tyd (sek) Volume lug ingeasem (liter)
10 3,5
20 3,5
30 3,5
40 3,5
50 3,5
60 5,0
70 5,0
80 5,0
90 4,5
100 4,0
110 3,5
3.2.1 Gebruik die inligting in die tabel om ʼn lyngrafiek vir 30 tot
100 sekondes te teken. (7)
3.2.2 Hoe lank het hierdie persoon geoefen? (2)
3.2.3 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 3.2.2. (2)
3.2.4 Verduidelik hoe die inligting in die tabel anders sou wees as hierdie
persoon aan asma sou ly. (2)
3.3 Lees die volgende uittreksel oor hulpbronverdeling onder roofdiere.
ʼn Studie uit die laat 1990s in die Serengeti het getoon dat beide leeus en
hiënas die jagluiperde uitkompeteer. Beide leeus en hiënas vang meer
Thomson-gemsbokke, wat die gemeenskaplike prooi van al drie spesies is.
Dieselfde studie het getoon dat jagluiperde die beste oorleef in gebiede met
ʼn laer konsentrasie gemsbokke. Hierdie gebiede trek minder ander roofdiere
aan, en die gemsbokke in hierdie gebiede sal waarskynlik nie deur die
jagluiperde opgemerk word nie.
[Aangepas uit Study & Master, bl. 25]
3.3.1 Definieer die term hulpbronverdeling. (1)
3.3.2 Noem die tipe kompetisie tussen leeus, jagluiperde en hiënas. (1)
3.3.3 Wat was die oorspronklike doel van die ondersoek volgens die
inligting in die uittreksel? (2)
3.3.4 Verduidelik hoe plante met verskillende soorte wortels ook ʼn
voorbeeld van hulpbronverdeling is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.4 ʼn Groep studente het verskillende soorte plante in die binneland van ʼn sekere
oewergebied ondersoek.
Op die oewer is ʼn klein plantspesie met die naam ‘Sand Couch’ (Elytrigia
juncea) gevind.
Toe hulle weg van die oewer beweeg, het hulle Marram-gras gevind wat
meer grond bedek het met ʼn paar kolle kaal sand.
Nog verder weg het hulle blomplante gevind, met ʼn beperkte ruimte tussen
die plantegroei, en daarna kleiner en dan groter houtagtige plante soos
bome.
3.4.1 Watter soort verskynsel word in hierdie ondersoek aangetoon? (1)
3.4.2 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 3.4.1. (1)
3.4.3 Volgens hierdie verskynsel, as watter soort spesie kan die ‘Sand
Couch’ geklassifiseer word? (1)
3.4.4 Verduidelik EEN faktor wat hierdie proses kan beïnvloed. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf hoe die sout- en watervlakke van ʼn gedehidreerde persoon wat hoë
konsentrasies sout verbruik het, gehandhaaf word.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: GEEN punte word toegeken vir antwoorde in die vorm van ʼn tabel,
vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Memorandum