Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
LEWENSWETENSKAPPE V1
MODEL 2013
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 







View all





Life Sciences P1 Grade 11 Exemplar 2013 Afr_hlayiso.com_.pdf
Life Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2013. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 16
- File size
- 678.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies vir elke vraag aan.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken nie.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Lug wat uitgeasem word, verskil van lug wat ingeasem word,
omdat dit …
A minder koolstofdioksied bevat.
B koeler is.
C droër is.
D minder suurstof bevat.
1.1.2 Die longe van 'n langtermynroker sal ... hê.
A saamgetrekte bronchioli
B dunner wande
C 'n groot buite-oppervlakte
D 'n groter kapasiteit vir gaswisseling
1.1.3 Watter EEN van die volgende stellings is WAAR oor die
verwantskap tussen 'n predator en sy prooi?
A Daar is interspesifieke kompetisie.
B Die grootte van die predatorbevolking is digtheidsafhanklik en
word beheer deur die grootte van die prooibevolking
C 'n Toename in die getal predatore lei tot 'n toename in die getal
prooi.
D 'n Afname in die getal predatore lei to 'n afname in die getal
prooi.
1.1.4 Die volgende is betrokke by die proses van selrespirasie:
1. Energie
2. Koolhidrate
3. Koolstofdioksied
4. Water
5. Suurstof
Watter EEN van die volgende vergelykings stel hul betrokkenheid
by die proses van selrespirasie korrek voor?
A 2+3=1+4+5
B 2+4=1+3+5
C 1+2=3+4+5
D 2+5=1+3+4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
1.1.5 'n Fase wat 'n deel van selrespirasie is, is die ...
A Krebssiklus.
B donkerfase.
C ligonafhanklike fase.
D ligfase.
VRAAG 1.1.6 en 1.1.7 is gebaseer op die diagram hieronder wat die menslike
borskas toon.
1.1.6 Watter van die volgende word deur A, D en G voorgestel?
A Larinks, tragea, diafragma
B Tussenribspiere, brongus, larinks
C Larinks, long, alveolus
D Bronchiolus, long, alveolus
1.1.7 Watter EEN van die volgende is 'n funksie van struktuur H?
A Gedurende inaseming trek dit saam en gedurende uitaseming
verslap dit.
B Gedurende inaseming verslap dit en gedurende uitaseming
trek dit saam.
C Gedurende inaseming vorm dit 'n boog en gedurende
uitaseming verslap dit.
D Gedurende inaseming trek dit saam en gedurende uitaseming
word dit platter.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
1.1.8 Bestudeer die kenmerke in die lys hieronder.
1. Uitgevoer met hare om stof te verwyder
2. Het kraakbeenringe wat C-vormig is om die esofagus
gedurende die slukproses te rek
3. Uitgevoer met gesilieerde kolomselle met bekerselle om slym
af te skei wat stof en kieme vasvang
Watter kombinasie van kenmerke is aanpassings van die tragea?
A 1, 2 en 3
B Slegs 1
C Slegs 2 en 3
D Slegs 3
1.1.9 Verskeie kenmerke word hieronder gegee.
1. Groot buite-oppervlakte
2. Dun oppervlak
3. Klam oppervlak
4. Baie kapillêre bloedvate
Watter van die bogenoemde is kenmerke van 'n effektiewe
gaswisselingsoppervlak?
A 1, 2, 3 en 4
B 1, 2 en 4
C 1, 3 en 4
D 2, 3 en 4
1.1.10 Proefbuis A en B hieronder is in helder lig geplaas.
slakke fontein-
kruid
Watter van die volgende is korrek ten opsigte van die proefbuise?
A CO 2 sal in proefbuis A gebruik word.
B O 2 en CO 2 sal in proefbuis B geproduseer word.
C O 2 en CO 2 sal in proefbuis A en B geproduseer word.
D CO 2 sal in proefbuis A en B gebruik word. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.7 suurstof.
1.2.1 Die jag van olifante om hul bevolkingsgrootte te reguleer
1.2.2 'n Beskermende membraan wat die longe omring
1.2.3 Die proses in plante waartydens stralingsenergie tot chemiese
energie omgeskakel word
1.2.4 Die inherente vermoë van 'n bevolking om in grootte toe te neem
1.2.5 Die proses waar die versamelde afvalprodukte van metabolisme uit
die bloed van 'n pasiënt wie se niere nie behoorlik funksioneer nie,
gefiltreer word
1.2.6 'n Kroniese mediese afwyking van die longe waarin die alveoli
geswel of vergroot is en 'n gebrek aan soepelheid toon (6)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.7 slegs B.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Mond-tot-mond-asemhaling A: kunsmatige asemhaling
B: resussitasie
1.3.2 Die maksimum getal individue in 'n A: dravermoë
bevolking wat deur die omgewing B: beperkende faktor
ondersteun kan word
1.3.3 'n Produk van selrespirasie wat A: suurstof
energie voorsien wat benodig word B: ATP
vir metaboliese reaksies in selle
1.3.4 Asemhalingspiere A: tussenribspiere
B: diafragmaspiere
1.3.5 Die reeks veranderinge in 'n A: suksessie
ekosisteem-gemeenskap van kaal B: bronverdeling
rotse tot 'n woud
1.3.6 'n Voorbeeld van sosiale A: verdeling van arbeid by bye
organisasie wat die kanse op B: 'n trop sebras
oorlewing verhoog
(6 x 2) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
1.4 Die diagram hieronder stel 'n alveolus en sy kapillêre bloedvat voor.
C D
H
A F
Alveolus
B E G
Kapillêre
bloedvat
Dui die letter op die diagram aan wat elk van die volgende voorstel. Skryf
slegs die letter (A tot G) langs die vraagnommer (1.4.1 tot 1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H.
1.4.1 Rooibloedliggaampie (1)
1.4.2 Plaveiselepiteelselle van die alveolus (1)
1.4.3 Die rigting waarin die meeste suurstofmolekules tussen die
alveolus en kapillêre bloedvat sal beweeg (1)
1.4.4 Die gedeelte met die hoogste konsentrasie koolstofdioksied in die
kapillêre bloedvat (1)
1.4.5 Die gedeelte met die laagste konsentrasie suurstof in die kapillêre
bloedvat (1)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
1.5 Kies 'n term uit die lys hieronder wat by elk van die volgende voorbeelde van
sosiale gedrag pas. Skryf slegs die letter (A tot F) langs die vraagnommer
(1.5.1 tot 1.5.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.8 G.
A Bronverdeling
B Intraspesifieke kompetisie
C Kommensalisme
D Mutualisme
E Interspesifieke kompetisie
F Parasitisme
1.5.1 Poue vertoon die groot, helderkleurige vere van hulle sterte.
1.5.2 'n Seekoei skei 'n mengsel van mis en uriene op die rand van 'n
weiveld uit.
1.5.3 Aasvoëls en kraaie voed op dieselfde karkas.
1.5.4 'n Remoravis wat aan 'n haai vassuig, kry oorskietkos wanneer die
haai vreet.
1.5.5 Bye besoek blomme om nektar te kry, terwyl stuifmeel aan hulle
liggame vassit.
1.5.6 Verskillende diere voed op verskillende tipes plantegroei, soos
gras, struike en bome.
1.5.7 Muskiete byt en skei die organisme wat malaria veroorsaak in die
bloed van 'n mens af. (7)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die diagram hieronder wat die menslike spysverteringstelsel toon.
A
H B
G
C
D
F
E
2.1.1 Benoem deel A, C, E en H. (4)
2.1.2 Skryf slegs die LETTER neer van die deel:
(a) Wat gal stoor (1)
(b) Waar die chemiese vertering van proteïen begin (1)
(c) Waar die meeste water en mineralesoute geabsorbeer word (1)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
2.2 Wanneer lig op fonteinkruid, Elodea sp, skyn word gasborrels vrygestel. Die
tempo waarteen gasborrels geproduseer word, kan gebruik word om die
tempo van fotosintese te meet.
'n Ondersoek is gedoen om die effek van verskillende kleure lig op die tempo
van fotosintese in die fonteinkruid te bestudeer.
• Die fonteinkruid is aan een kleur lig blootgestel en dan vir 5 minute gelaat
voordat metings geneem is.
• Die tyd wat dit geneem het om 20 borrels vry te stel, is aangeteken.
• Die prosedure is herhaal deur 'n ander kleur lig met dieselfde intensiteit te
gebruik.
• Die apparaat is opgestel soos in die diagram hieronder getoon word.
Gas-
borrels
Fontein-
kruid
Die resultate word in die tabel hieronder gegee.
KLEUR TYD GENEEM OM
VAN LIG 20 BORRELS VRY TE
STEL (SEKONDES)
Violet 80
Blou 40
Groen 160
Geel 140
Rooi 70
2.2.1 Watter kleur lig is die beste vir fotosintese? (1)
2.2.2 Noem die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
2.2.3 Bereken die gemiddelde tyd geneem om 20 borrels vry te stel vir al
die kleure. Toon alle bewerkings. (3)
2.2.4 Druk borrelproduksie onder violet, blou en groen lig as 'n
verhouding uit. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
2.2.5 Verduidelik hoekom die apparaat vir 5 minute onder elke kleur lig
gelaat is voordat die metings geneem is. (2)
2.2.6 Sonder om die apparaat aan te pas, hoe kon die betroubaarheid
van die resultate verhoog word? (1)
2.2.7 Gebruik die resultate en verduidelik hoe, wanneer wit lig op die
plant skyn, die blare groen vertoon. (2)
2.2.8 Trek 'n kolomgrafiek van die resultate wat in die tabel gegee is. (8)
(21)
2.3 Teken 'n benoemde diagram van 'n organel in die blare van plante om aan te
dui waar fotosintese plaasvind. (5)
2.4 Tabuleer DRIE verskille tussen aërobiese en anaërobiese respirasie. (7)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
C
D
E
F
3.1.1 Noem die orgaan wat in die diagram voorgestel word. (1)
3.1.2 Identifiseer streek A en deel B en D. (3)
3.1.3 Gee die funksie van elk van die volgende dele:
(a) E (1)
(b) F (1)
3.1.4 Gee DRIE funksies van die orgaan genoem in VRAAG 3.1.1. (3)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
3.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A B
C
D
Liggaampie van Malpighi van 'n
menslike nefron
3.2.1 In watter streek van die nier sal jy hierdie struktuur vind? (1)
3.2.2 Noem die proses in urienvorming wat in hierdie struktuur voorkom. (1)
3.2.3 Identifiseer deel C. (1)
3.2.4 Beskryf TWEE strukturele aanpassings van deel C vir die proses in
VRAAG 3.2.2 hierbo. (4)
3.2.5 Deel A is breër as deel B. Wat is die belangrikheid hiervan? (2)
3.2.6 Noem die hormoon wat afgeskei word wanneer daar 'n tekort aan
water in A is. (1)
3.2.7 Beskryf hoe die hormoon genoem in VRAAG 3.2.6 sy rol onder
sulke omstandighede vervul. (3)
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
3.3 GRAFIEK A is 'n voorstelling van die aantal bakterieë in 'n groeikultuur oor 'n
tydperk. GRAFIEK B toon veranderinge in die menslike bevolkinggrootte oor
'n tydperk.
A. Groei van 'n bakterie- B. Groei van die
bevolking in 'n proefbuis menslike bevolking
Grootte van bakteriebevolking Menslike bevolking (miljoene)
Periode B
Periode C
Periode A
Tyd (uur) Jaar
Gebruik GRAFIEK A om die volgende vrae te beantwoord.
3.3.1 Gedurende watter periode (A, B of C) het nataliteit mortaliteit vir
baie ure oortref? (1)
3.3.2 Verduidelik die patroon/tendens in groei gedurende Periode B. (3)
Gebruik GRAFIEK B om die volgende vrae te beantwoord.
3.3.3 Op watter manier is die groei van die menslike bevolking
soortgelyk aan die groei van die bakteriebevolking? (1)
3.3.4 Verduidelik hoekom dit die menslike bevolking langer kan
neem om die tipe groei wat die bakteriebevolking in periode B toon,
te bereik. (4)
3.3.5 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat in Suid Afrika
geïmplementeer kan word om die bevolkingsgroei te vertraag. (2)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
3.4 Die diagramme hieronder stel die ouderdomverspreiding van die menslike
bevolking van 'n ontwikkelde land en 'n ontwikkelende land in een jaar op 'n
sekere tydstip voor.
Ouderdomsgroepe in jaar Ouderdomsgroepe in jaar
8 6 4 2 0 0 2 4 6 8 4 2 0 0 2 4
% vroue % mans % vroue % mans
Ouderdomspiramide A Ouderdomspiramide B
3.4.1 Watter persentasie van die vroulike bevolking is tussen die
ouderdom van 5 en 9 jaar in Piramide A? (1)
3.4.2 Watter ouderdomsgroep is presies 5% van die manlike bevolking
in Piramide A? (1)
3.4.3 Watter persentasie van die vroulike bevolking is tussen 65 en 69
jaar oud in Piramide B? (1)
3.4.4 Watter groep (mans of vrouens) het 'n groter persentasie wat hoë
ouderdom bereik in Piramide B? (1)
3.4.5 Watter piramide stel die bevolkingsverspreiding van 'n ontwikkelde
land voor? (1)
3.4.6 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 3.4.5. (2)
(7)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 16 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf die vertering, absorpsie en assimilasie van voedsel wat slegs koolhidrate
bevat.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 QP NOV2025_Afrikaans 2_watermark.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P1 GR11 QP NOV2025_English_watermark.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV2023_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2023_English_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Life Sciences P1 Grade 11 Exemplar 2013 Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Life Sciences P1 Grade 11 Exemplar 2013 Afr Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Life Sciences P1 Grade 11 Exemplar 2013 Eng Memo_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Life Sciences P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Life Sciences P2 Grade 11 Exemplar 2013 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Life Sciences P3 Grade 11 Exemplar 2013 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Life Sciences
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023-24.pdf

Memorandum
LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025_Afrikaans_watermark.pdf

Memorandum
LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025_English_watermark.pdf

Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-11-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
EC-Life-Sciences-Grade-11-June-2024-QP-and-Memo_hlayiso.com_.pdf

Question paper and memo