Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE V1
2018
PUNTE: 150
TYD: 2 ½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5/v1-499a43c2f8a8d4c117a2/card.webp)


View all





Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 630.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)18 marks
- Question 1.2HUMAN REPRODUCTION7 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 1.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 1.5MEIOSIS9 marks
- Question 2.1HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS12 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)12 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)13 marks
- Question 3.1HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS18 marks
- Question 3.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS5 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS5 marks
- Question 3.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS11 marks
- Question 3.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)9 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/2018
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
1.1.1 Watter deel van die manlike voortplantingstelsel skei testosteroon
af?
A Cowper se kliere
B Prostaatklier
C Testis
D Epididimis
1.1.2 Watter EEN van die volgende verteenwoordig die KORREKTE
volgorde van ontwikkeling by mense?
A Sigoot morula blastosist fetus
B Morula blastosist sigoot fetus
C Fetus morula blastosist sigoot
D Sigoot fetus morula blastosist
1.1.3 'n Funksie van die medulla oblongata is om …
A hoër verstandelike vermoëns te beheer.
B bloedglukosevlakke te reguleer.
C asemhaling te reguleer.
D willekeurige beweging te inhibeer.
1.1.4 'n Afwyking van die brein wat deur geheueverlies en verwarring
gekenmerk word, is …
A Alzheimer-siekte.
B hemofilie.
C veelvuldige sklerose.
D Down-sindroom.
1.1.5 Watter EEN van die volgende is 'n deel van die oor waar
dreineringspypies ingeplaas word?
A Ovale venster
B Halfsirkelvormige kanaal
C Timpaniese membraan
D Oorskulp/Pinna
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/2018
SSE
1.1.6 Dieptepersepsie verwys na die vermoë om afstand te skat.
'n Ondersoek is gedoen om te bepaal wat die invloed sou wees as
slegs een oog of beide oë op dieptepersepsie gebruik word.
Deelnemers is gevra om garing deur die oog van 'n naald te steek
as 'n toets van dieptepersepsie. Die getal kere wat nodig was om
die garing suksesvol deur die oog van die naald te steek met
gebruik van slegs een oog en dan met beide oë, is getel.
Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder gegee.
OË GEBRUIK GETAL POGINGS
Slegs een oog 12
Beide oë 2
Die resultate van hierdie ondersoek toon dat …
A binokulêre visie dieptepersepsie verminder.
B deur slegs een oog te gebruik, dieptepersepsie verhoog.
C die getal oë wat gebruik word, geen invloed op dieptepersepsie
het nie.
D binokulêre visie dieptepersepsie verhoog.
1.1.7 Watter EEN van die volgende verwys na 'n deel van die
senuweestelstelsel wat by die regulering van liggaamstemperatuur
betrokke is?
A Corpus callosum
B Serebellum
C Hipotalamus
D Rugmurg
1.1.8 'n Persoon ondervind die volgende simptome:
• Verloor vinnig gewig
• Is altyd honger
• Kry nooit koud nie
Die waarskynlikste verduideliking vir hierdie kombinasie van
simptome is dat die persoon …
A te veel groeihormoon afskei.
B 'n ooraktiewe tiroïedklier het.
C 'n diabeet is en pas 'n insulieninspuiting gehad het.
D 'n onderaktiewe hipotalamus het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/2018
SSE
1.1.9 Die diagram hieronder stel 'n sel tydens die vroeë stadiums van
profase I voor.
Verskeie kombinasies van chromosoomrangskikkings word
hieronder gegee.
(i) (ii) (iii) (iv)
Watter diagramme, (i) tot (iv), is moontlike voorstellings van die
chromosome by die pole van die sel tydens telofase I van normale
meiose?
A Slegs (iii) en (iv)
B Slegs (i) en (ii)
C Slegs (i) en (iii)
D Slegs (i), (ii) en (iv) (9 x 2) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/2018
SSE
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die stelsel in die liggaam wat prosesse beheer deur die afskeiding
van hormone direk in die bloedstroom
1.2.2 Die boerderypraktyk waar 'n oes met slegs 'n enkele spesie
gekweek word
1.2.3 Die produsering van manlike gamete deur meiose
1.2.4 Die hormoon wat die produksie van melk na die geboorte van 'n
baba in 'n moeder stimuleer
1.2.5 Skerp strukture wat in plante aangetref word vir beskerming teen
herbivore
1.2.6 'n Meting van die totale hoeveelheid koolstofdioksiedvrystellings van
'n persoon/bevolking/maatskappy per jaar
1.2.7 'n Groeireaksie by plante as gevolg van 'n uitwendige/eksterne
stimulus (7 x 1) (7)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Verminder voedselsekerheid A: Indringing van uitheemse
plante
B: Eksponensiële groei van die
menslike bevolking
1.3.2 Die gebruik van planthormone A: Chemiese beheer
om die indringing van B: Meganiese beheer
uitheemse plante te beveg
1.3.3 Hormoon wat deur die pituïtêre A: Aldosteroon
klier afgeskei word B: Groeihormoon
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/2018
SSE
1.4 Die diagram hieronder stel 'n moontlike 'pad', gevolg deur 'n impuls, voor
wanneer 'n persoon aan 'n warm plaat raak.
C
D
B
E
G
A F
1.4.1 Noem die 'pad' wat in die diagram voorgestel word. (1)
1.4.2 Identifiseer die tipe neuron voorgestel deur:
(a) B (1)
(b) C (1)
(c) E (1)
1.4.3 Gee slegs die LETTER van die deel wat die volgende voorstel:
(a) Reseptor (1)
(b) Effektor (1)
1.4.4 Gee die LETTER en NAAM van die:
(a) Gebied waar die impuls chemies vervoer word (2)
(b) Deel wat 'n isoleringsfunksie het (2)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/2018
SSE
1.5 Die diagramme hieronder stel twee fases van meiose in 'n organisme voor.
A B C
D
Diagram 1 Diagram 2
1.5.1 Identifiseer die fase van meiose wat in Diagram 1 verteenwoordig
word. (1)
1.5.2 Identifiseer deel:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.5.3 Noem wat met struktuur D in die volgende fase van meiose
gebeur. (1)
1.5.4 Noem die proses waartydens genetiese materiaal uitgeruil is, soos
in die diagramme hierbo getoon. (1)
1.5.5 Noem die gevolg indien die proses genoem in VRAAG 1.5.4 nie
plaasvind nie. (1)
1.5.6 Gee die getal chromosome teenwoordig in:
(a) Die oorspronklike ouer-sel van hierdie organisme (1)
(b) 'n Menslike sel in dieselfde fase as wat in Diagram 2 getoon
word. (1)
(9)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/2018
SSE
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die grafiek hieronder toon die konsentrasie progesteroon in 'n vrou se bloed
tydens tydens die beginstadium van swangerskap.
Progesteroonvlakke in 'n vrou se bloed tydens die
beginstadium van swangerskap
45
39,5
Progesteroonvlakke (ng/mℓ)
40
35 33,4
30
30 28
26,2
25 21,6
20
15
10
5
0
4 6 8 10 12 14
Gestasieperiode (weke)
2.1.1 Noem TWEE strukture wat tydens swangerskap verantwoordelik is
vir die produsering van progesteroon. (2)
2.1.2 Beskryf die algemene tendens in die verandering in
progesteroonvlakke in die vrou se bloed tydens die beginstadium
van swangerskap. (1)
2.1.3 Beskryf die negatiewe-terugkoppelingsmeganisme wat tussen
progesteroon en FSH tydens swangerskap plaasvind. (2)
2.1.4 Noem die belangrikheid van die negatiewe-terugkoppelings-
meganisme wat in VRAAG 2.1.3 beskryf word. (1)
2.1.5 Bereken die persentasie toename in progesteroonvlakke tussen
week 4 en week 14. Toon ALLE berekeninge. (3)
2.1.6 Die vrou se progesteroonvlak in week 16 was 25 ng/mℓ.
(a) Verduidelik waarom hierdie vrou bekommerd moet wees oor
die afname in progesteroonvlakke. (2)
(b) Stel EEN manier voor waarop hierdie probleem moontlik deur
'n dokter behandel kan word. (1)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/2018
SSE
2.2 Die diagram hieronder stel die struktuur van 'n grondopvullingsterrein voor.
grondvlak skoorsteen
lae
vaste
lae afval
sand
toksiese vloeistowwe
2.2.1 Noem die vlambare gas wat deur die skoorsteen ontsnap. (1)
2.2.2 Noem EEN moontlike gebruik vir die gas in VRAAG 2.2.1. (1)
2.2.3 Gee EEN rede waarom die afval by grondopvullingsterreine met
gereelde tussenposes met lae sand bedek moet word. (1)
2.2.4 Gee EEN sigbare rede waarom hierdie grondopvullingsterrein nie
veel langer gebruik sal word nie. (1)
2.2.5 Noem TWEE maniere waarop die:
(a) Grondopvullingsterrein na rehabilitasie gebruik kan word (2)
(b) Hoeveelheid afval wat na die grondopvullingsterrein geneem
word, verminder kan word (2)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/2018
SSE
2.3 Die diagram hieronder stel 'n deel van die menslike oor voor.
A
B
C
2.3.1 Noem die deel van die brein wat impulse ontvang van:
(a) Deel A en B (1)
(b) Deel C (1)
2.3.2 Noem die reseptor wat in deel C aangetref word. (1)
2.3.3 Verduidelik TWEE maniere waarop deel A in die diagram
struktureel geskik is om balans te handhaaf. (4)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/2018
SSE
2.4 Die diagram hieronder toon die struktuur van die menslike oog.
B
C
D
A
E
2.4.1 Identifiseer deel:
(a) B (1)
(b) C (1)
2.4.2 Verduidelik die invloed op 'n persoon se sig indien deel E gesny
word. (2)
2.4.3 Deel D kan in baie skerp lig beskadig word.
Beskryf hoe deel A help om deel D in baie skerp lig te beskerm. (4)
2.4.4 Lense verloor hulle elastisiteit en behou gevolglik 'n konstante plat
vorm tydens 'n siekte wat presbiopie genoem word.
(a) Verduidelik hoe hierdie siekte 'n persoon se sig kan beïnvloed. (4)
(b) Stel die vorm van die lens voor wat moontlik deur 'n dokter
voorgeskryf kan word om hierdie afwyking reg te stel. (1)
(13)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/2018
SSE
VRAAG 3
3.1 Die tabel hieronder gee inligting oor die bronne van seebesoedeling.
BRONNE VAN PERSENTASIE BYDRAE TOT
SEEBESOEDELING BESOEDELING
Riool 30
Boerdery-afloop 20
Lugbesoedeling 20
Mariene vervoer 10
Nywerheidsafval 10
Olie langs die kus 5
Organiese rommel 5
3.1.1 Trek 'n kolomgrafiek om die persentasie bydrae van riool,
boerdery-afloop, nywerheidsafval en organiese rommel tot
seebesoedeling voor te stel. (7)
3.1.2 Onbehandelde riool en organiese rommel vloei soms in damme in.
Beskryf hoe hierdie besoedeling suurstofvlakke in die water
verlaag. (4)
(11)
3.2 Die endokriene stelsel speel 'n rol om 'n persoon te help om 'n gevaarlike
situasie te hanteer.
3.2.1 Noem die hormoon wat in die persoon se liggaam afgeskei word in
reaksie op 'n gevaarlike situasie. (1)
3.2.2 Noem DRIE gevolge wat die hormoon in VRAAG 3.2.1 op die
liggaam het. (3)
(4)
3.3 Beskryf die homeostatiese beheer van die bloedglukosevlakke van 'n persoon
wat 'n drankie met 'n groot hoeveelheid suiker gedrink het. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/2018
SSE
3.4 'n Ondersoek is gedoen om die invloed van alkohol op die volume urien
geproduseer, te bepaal.
12 gesonde, 23-jaar oue mans met dieselfde lengte en massa het aan die
ondersoek deelgeneem.
Die ondersoek is soos volg uitgevoer:
• Die mans is in twee groepe van ses elk verdeel, Groep A en Groep B.
• Die twee groepe het vir die 24-uur tydperk voordat die toets uitgevoer is,
dieselfde voedsel geëet en dieselfde oefeninge gedoen.
• Elke groep is die volgende gegee om na die 24-uur tydperk te drink:
- Groep A: 1 liter alkoholvrye bier (bier wat geen alkohol bevat nie)
- Groep B: 1 liter alkoholiese bier
• Urien is elke uur van elke man versamel.
Neem aan dat die volume urien wat versamel is, gelyk is aan die volume urien
wat geproduseer is.
Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.
TYD VAN GEMIDDELDE VOLUME URIEN
VERSAMELING VERSAMEL (mℓ)
GROEP A GROEP B
Na 1 uur 599 643
Na 2 ure 413 504
Na 3 ure 112 132
3.4.1 Noem:
(a) Die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek (1)
(b) TWEE beplanningstappe wat die navorsers moes neem
voordat die ondersoek kon begin (2)
(c) TWEE faktore wat konstant gehou moes word, behalwe dié
wat reeds genoem is (2)
(d) TWEE stappe wat die navorsers geneem het om die
betroubaarheid van die ondersoek te verseker (2)
3.4.2 Verduidelik, gebaseer op die resultate, hoe die inname van alkohol
die sekresie van ADH en gevolglik die volume urien wat deur die
niere geproduseer word, beïnvloed. (4)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/2018
SSE
3.5 Die diagram hieronder toon twee plante (A en B) aan die begin van 'n
ondersoek. Die plante is op die volgende maniere behandel:
• Geen veranderinge is op plant A gemaak nie.
• Die eindknop/apikale knop van plant B is verwyder.
• Elke plant is met 'n houer met 'n enkele opening bedek, soos in die
diagram getoon, en in 'n verligte vertrek geplaas.
eindknop
houer
Plant A Plant B
3.5.1 Noem die rol van die houers in die ondersoek. (1)
3.5.2 Noem die hormoon wat verwyder word wanneer die eindknop by
plant B afgesny word. (1)
3.5.3 Tabuleer TWEE verskille wat jy na twee weke tussen plant A en
plant B sou verwag. (5)
3.5.4 Die diagram hieronder toon plant B sewe dae nadat dit met
gibberelliene bespuit is.
Verduidelik die invloed wat die gibberelliene op die plant gehad het
deur te verwys na die veranderinge wat in die diagram
waargeneem word. (2)
(9)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 16 DBE/2018
SSE
AFDELING C
VRAAG 4
Beskerming, voeding en gaswisseling is belangrike vereistes vir die suksesvolle
ontwikkeling van 'n embrio.
Beskryf hoe gaswisseling en die voeding van die embrio in 'n amniotiese eier plaasvind
en hoe gaswisseling en voeding, asook beskerming, van die fetus by die mens
plaasvind.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of
diagramme toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Eng)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5/v1-499a43c2f8a8d4c117a2/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum