Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE V2
2018
PUNTE: 150
TYD: 2 ½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 597.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1EVOLUTION18 marks
- Question 1.2EVOLUTION8 marks
- Question 1.3EVOLUTION6 marks
- Question 1.4DNA: THE CODE OF LIFE6 marks
- Question 1.5EVOLUTION6 marks
- Question 1.6MEIOSIS6 marks
Show all 17 questions
- Question 2.1GENETICS AND INHERITANCE8 marks
- Question 2.2DNA: THE CODE OF LIFE9 marks
- Question 2.3DNA: THE CODE OF LIFE6 marks
- Question 2.4MEIOSIS12 marks
- Question 2.5GENETICS AND INHERITANCE6 marks
- Question 2.6GENETICS AND INHERITANCE9 marks
- Question 3.1DNA: THE CODE OF LIFE5 marks
- Question 3.2GENETICS AND INHERITANCE5 marks
- Question 3.3EVOLUTION6 marks
- Question 3.4EVOLUTION7 marks
- Question 3.5EVOLUTION17 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/2018
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
1.1.1 Watter EEN van die volgende is 'n meganisme van voortplantings-
isolasie?
A Uitsterwing
B Teel/Broei op verskillende tye van die jaar
C Mutasie
D Onafhanklike sortering
1.1.2 Wie het die wet van gebruik en onbruik geformuleer?
A Lee Berger
B Rosalind Franklin
C Gregor Mendel
D Jean Baptiste de Lamarck
1.1.3 Watter EEN van die volgende kenmerke word in BEIDE die mens en
Afrika-ape gevind?
A Kort boarms
B Kloue in plaas van naels
C Opponerende duime
D Klein brein
1.1.4 Wetenskaplikes het waargeneem dat sommige vlinderspesies se
getalle hoër is in nat somers as in droë somers. Die volgende stap
om dit te ondersoek, sou wees om …
A die resultate aan te teken.
B 'n hipotese te stel.
C die resultate te meet.
D 'n gevolgtrekking te maak.
1.1.5 Watter EEN van die volgende is die KORREKTE definisie van
'n spesie? 'n Groep ...
A eenderse organismes wat op dieselfde tyd in dieselfde habitat
bly
B eenderse organismes wat dieselfde chromosoomgetal het
C organismes wat dieselfde grootte, vorm en kleur het
D eenderse organismes wat kan kruisteel om 'n vrugbare
nageslag te voort te bring
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/2018
SSE
VRAAG 1.1.6 EN 1.1.7 VERWYS NA DIE DIAGRAM HIERONDER WAT DIE
OORERWING VAN HEMOFILIE IN 'N FAMILIE TOON.
1 2
3 4 5 6 7
SLEUTEL:
Vrou sonder hemofilie Man sonder hemofilie
Vrou met hemofilie Man met hemofilie
1.1.6 Watter EEN van die kombinasies in die tabel hieronder is KORREK
vir BEIDE individu 1 en 5?
FENOTIPE VAN GENOTIPE VAN
INDIVIDU 1 INDIVIDU 5
A Vrou sonder hemofilie XhXh
B Vrou sonder hemofilie XhY
C Vrou met hemofilie XHXh
D Vrou sonder hemofilie XHY
1.1.7 Wat is die persentasie kans dat individu 3 en 4 'n kind met hemofilie
sal hê?
A 100%
B 75%
C 25%
D 0%
1.1.8 'n Kleurstof verkleur 'n sekere nukleïensuur rooi. Toe hierdie
kleurstof gebruik is om te identifiseer watter organelle in 'n sel
hierdie nukleïensuur bevat, het slegs die nukleus en ribosome rooi
verkleur.
Hierdie resultaat toon dat die kleurstof strukture verkleur wat …
bevat.
A DNS/DNA
B RNS/RNA
C DNS/DNA en proteïen
D beide DNS/DNA en RNS/RNA
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/2018
SSE
1.1.9 Bestudeer die diagram hieronder.
TANS Vegetariese Klein Medium Groot Wortelboom- Spegvink
boomvink boomvink boomvink boomvink vink
EEN MILJOEN Gemeenskaplike
JAAR GELEDE voorouervink
Watter vink tans is die MINSTE verwant aan al die ander?
A Spegvink
B Groot boomvink
C Wortelboomvink
D Vegetariese boomvink (9 x 2) (18)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 'n Diagrammatiese voorstelling van moontlike evolusionêre
verwantskappe tussen spesies
1.2.2 Die skeiding van die sitoplasma tydens seldeling
1.2.3 Die proses waardeur DNS/DNA 'n presiese kopie van homself maak
1.2.4 'n Tipe variasie waar daar 'n reeks fenotipes vir dieselfde eienskap is
1.2.5 Die hedendaagse verspreiding van lewende organismes
1.2.6 Die onvermoë van chromosoompare om tydens meiose te skei
1.2.7 Soortgelyke strukture by verskillende spesies wat modifikasie deur
afstamming aantoon
1.2.8 'n Individu wat twee nie-identiese allele vir 'n eienskap het
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/2018
SSE
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Wet van die oorerwing van A: Darwinisme
verworwe eienskappe B: Modifikasie deur
afstamming
1.3.2 Mense selekteer die eienskappe A: Kunsmatige seleksie
by die teel van organismes B: Natuurlike seleksie
1.3.3 'n Toetsbare stelling wat A: Teorie
aanvaar of verwerp kan word B: Wet
(3 x 2) (6)
1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig die proses van translasie.
W
AUUGCAGGUUAC
V
X
Y
Z
1.4.1 Benoem:
(a) Organel X (1)
(b) Molekuul W en Y (2)
(c) Die monomeer van molekuul W (1)
1.4.2 Waar in die sel word:
(a) Organel X aangetref (1)
(b) Molekuul W gevorm (1)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/2018
SSE
1.5 Bestudeer die grafiek hieronder.
Die verandering in kraniale kapasiteit van 'n paar spesies met tyd
2000
1800
Kraniale kapasiteit (cm )
3
1600
Homo sapiens
1400
1200
1000 Homo erectus
800
600 Homo habilis
400 Australopithecus africanus
4,0 3,0 2,0 1,0 0,0
Miljoene jare gelede
1.5.1 Benoem die familie waaraan al hierdie spesies behoort. (1)
1.5.2 Wat is die grootste kraniale kapasiteit (in cm3) van Australopithecus
africanus? (1)
1.5.3 Wanneer het Homo habilis uitgesterf? (1)
1.5.4 Noem TWEE Australopithecus fossiele wat in Suid Afrika gevind is. (2)
1.5.5 Watter van die organismes wat hierbo verteenwoordig word, het die
grootste omvang in kraniale kapasiteit? (1)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/2018
SSE
1.6 Diagramme 1 tot 3 hieronder verteenwoordig sommige van die fases van
meiose, in die korrekte orde getoon.
A
C
B
D
E
1 2 3
1.6.1 Identifiseer die fase verteenwoordig deur diagram:
(a) 1 (1)
(b) 3 (1)
1.6.2 Gee slegs die LETTER van die deel wat:
(a) DNA/DNS bevat (1)
(b) Vasheg aan die sentromere van chromosome (1)
(c) Die spoelvesels vorm (1)
1.6.3 Noem die orgaan in 'n menslike, manlike individu waar meiose
plaasvind. (1)
(6)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/2018
SSE
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 'n Dief het sy arm met die gebreekte glas gesny toe hy by 'n motor ingebreek
het. Wetenskaplikes het DNA/DNS onttrek van die bloed wat op die gebreekte
glas gevind is. Hulle het hierdie DNA/DNS-monster ontleed en dit met die
DNA/DNS van drie verdagtes, P, Q en R, vergelyk.
Die tabel hieronder toon die resultate van die ontleding van die DNA/DNS van
elke bron.
Bloed van
gebreekte glas P Q R
2.1.1 Wat word deur die diagramme hierbo voorgestel? (1)
2.1.2 Watter verdagte is heel moontlik die dief? (1)
2.1.3 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.2. (1)
2.1.4 Noem TWEE moontlike nadele daarvan om hierdie bewyse in 'n hof
te gebruik. (2)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/2018
SSE
2.2 Insulien is een van die hormone wat verantwoordelik is vir die beheer van
bloedglukosevlakke by die mens. Dit bestaan uit twee lang aminosuur-
kettings, A en B, wat verbind is. Ketting A bestaan uit 21 aminosure en
ketting B uit 30 aminosure.
Die diagram hieronder verteenwoordig die aminosure teenwoordig in elke
ketting.
X
Ile Val
Gln
Ketting A
Gly
Asn
Val
Gln
Ketting B
Phe
2.2.1 Noem die proses waardeur insulien in 'n normale menslike sel
geproduseer word. (1)
2.2.2 Identifiseer verbinding X. (1)
2.2.3 Hoeveel stikstofbasisse in 'n DNA/DNS-molekuul kodeer vir die
aminosure in ketting A? (1)
2.2.4 Die tabel hieronder toon die mRNA/RNS-kodons wat vir sommige
aminosure kodeer.
mRNA/RNS-KODON AMINOSUUR
UUC Fenielalanien (Phe)
AUC Isoleusien (Ile)
AAU Asparagien (Asn)
GAA Glutamiensuur (Glu)
GUA Valien (Val)
CAG Glutamien (Gln)
CAU Histidien (His)
GGA Glisien (Gly)
(a) Noem die stikstofbasis wat deur G in die mRNA/RNS-kodon
CAG verteenwoordig word. (1)
(b) Lees die kettings van links na regs en gee die:
(i) Kodon vir die vierde aminosuur in ketting B (1)
(ii) DNA/DNS-basisdrietal wat vir die eerste aminosuur in
ketting A kodeer (1)
(c) Gee die antikodon vir valien. (1)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/2018
SSE
2.3 Beskryf die proses van transkripsie. (6)
2.4 Die diagram hieronder toon die kariotipes van twee individue.
INDIVIDU P INDIVIDU Q
1 2 3 4 5 1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12 6 7 8 9 10 11 12
1
13 14 15 16 17 18 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 19 20 21 22 23
2.4.1 Watter term word gegee vir die chromosome genommer:
(a) 1 tot 22 (1)
(b) 23 (1)
2.4.2 Noem die geslag van individu P. (1)
2.4.3 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.2. (2)
2.4.4 Elk van die pare wat gertoon word, is 'n homoloë chromosoompaar.
Noem die oorsprong van elke chromosoom in 'n homoloë
chromosoompaar. (2)
(7)
2.5 Lindiwe het twee seuns en sy is nou vir die derde keer swanger.
Gebruik 'n genetiese kruising om die persentasie kans te toon dat hierdie kind
'n seuntjie kan wees. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/2018
SSE
2.6 Pelsvoorkoms by honde word gekontroleer deur twee gene; een vir pelskleur
en een vir pelspatroon (teenwoordigheid of afwesigheid van wit vlekke).
Die allele vir elke eienskap word in die tabel hieronder getoon.
EIENSKAP ALLELE
Pelskleur Swart (B) Grys (b)
Pelspatroon Sonder wit vlekke (T) Met wit vlekke (t)
In 'n kruising tussen twee honde, het die vier honde in die nageslag, V, W, X
en Y, die fenotipes gehad soos in die diagram hieronder aangedui.
Fenotipes van die F1-generasie
V W X Y
2.6.1 Wat is die term wat gegee word vir 'n genetiese kruising wat twee
eienskappe behels? (1)
2.6.2 Gee die fenotipe van:
(a) Die dominante pelskleur (1)
(b) Hond V (1)
(c) 'n Hond wat homosigoties resessief vir beide eienskappe is (1)
2.6.3 Verduidelik hoekom alle honde met die fenotipe van hond W dalk nie
dieselfde genotipe het nie. (2)
2.6.4 Die twee eienskappe word oorgeërf na aanleiding van Mendel se
beginsel van onafhanklike sortering.
Stel hierdie beginsel in woorde. (3)
(9)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/2018
SSE
VRAAG 3
3.1 Lees die uittreksel hieronder.
Stamselchirurgie is vir die eerste keer in Suid-Afrika in 'n Kaapstadse
hospitaal uitgevoer. 'n Pasiënt is in 'n duikongeluk verlam. Hy het geen
beweging of gevoel in enige van sy ledemate gehad nie omdat sy
senuweeselle beskadig is. Embrioniese stamselle is gebruik in 'n poging om
'n defek in die rugmurg van die pasiënt te herstel. Hy het nou gedeeltelike
sensasie regdeur sy liggaam ontwikkel.
3.1.1 Verduidelik hoekom stamselle geskikte selle is om vir die
behandeling van hierdie pasiënt te gebruik. (3)
3.1.2 Verduidelik hoekom sommige mense die gebruik van naelstringe as
'n bron van stamselle verkies eerder as die gebruik van menslike
embrio's. (2)
(5)
3.2 'n Baba is onmiddellik na haar geboorte uit 'n hospitaal ontvoer. Dit het vyftien
jaar later aan die lig gekom dat mnr. en mev. Thomas, wat haar grootgemaak
het, nie haar biologiese ouers was nie. Mnr. en mev. George, wie se baba
ongeveer dieselfde tyd gebore is, het daarop aanspraak gemaak dat sy hulle
kind was.
Die bloedgroepe van beide families word in die tabel hieronder getoon.
INDIVIDU BLOEDGROEPE
Kind O
Mnr. Thomas O
Mev. Thomas AB
Mnr. George B
Mev. George A
3.2.1 Hoeveel gene beheer die oorerwing van bloedgroepe? (1)
3.2.2 Benoem die individu wie se bloedgroep kodominansie toon. (1)
3.2.3 Verduidelik hoekom mnr. en mev. George moontlik die ouers van
hierdie kind kan wees. (3)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/2018
SSE
3.3 In 'n studie om die manier van beweging van sommige spesies vas te stel, het
wetenskaplikes die bekkenstrukture van hulle fossiele vergelyk. Hulle het
vasgestel dat twee van hierdie spesies die vermoë gehad het om permanent
regop te loop. Die diagramme (A, B en C) hieronder toon die bekkenstruktuur
van drie spesies, volgens skaal geteken.
A B C
3.3.1 Watter term word gebruik om organismes wat in staat is om
permanent regop te loop, te beskryf? (1)
3.3.2 Watter TWEE diagramme hierbo verteenwoordig die bekkens van
die organismes in VRAAG 3.3.1? (2)
3.3.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.3.2. (2)
3.3.4 Noem EEN eienskap van die ruggraat van die organisme wat deur C
verteenwoordig word. (1)
(6)
3.4 Tabuleer DRIE verskille tussen die skedels van mense en Afrika-ape. (7)
3.5 Lees die uittreksel hieronder.
Pekelgarnale is klein artropodes (geleedpotiges) wat in soutwatermere gevind
word. Gedurende gunstige toestande produseer vroulike garnale eiers wat
uitbroei en lewende kleintjies voortbring. Wanneer toestande egter ongunstig
is, produseer die garnale siste. Elke sist bevat die embrio wat met 'n harde,
beskermende omhulsel bedek word. In hierdie toestand hou die embrio op
groei en word dit dormant genoem. Die embrio kan vir baie jare in hierdie
dormante toestand bly en die sist sal slegs uitbroei by die optimum
soutkonsentrasie.
Wetenskaplikes wou ondersoek watter soutkonsentrasie die hoogste
persentasie uitgebroeide siste tot gevolg gehad het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 15 DBE/2018
SSE
Hulle het die volgende gedoen:
• Soutoplossings van verskillende konsentrasies voorberei: 0%, 0,5%, 1%,
1,5% en 2%
• 30 mℓ van elke oplossing in een van vyf bekers geplaas
• Monsters van pekelgarnaalsiste met behulp van 'n drupper versamel
• Die getal siste in elke monster getel
• Dit as die aanvanklike getal siste aangeteken
• Die monsters in elk van die vyf bekers geplaas
• Die bekers vir 48 uur by kamertemperatuur geplaas
• Die getal siste wat in elke beker uitgebroei het, aangeteken
• Die persentasie siste wat uitgebroei het, bereken
Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
SOUT- GETAL SISTE AAN GETAL SISTE PERSENTASIE
KONSENTRASIE DIE BEGIN WAT UITGEBROEI SISTE WAT
(%) GEBRUIK HET UITGEBROEI HET
0 54 0 0
0,5 34 2 6
1 40 6 15
1,5 40 1 2,5
2 53 1 X
3.5.1 Noem TWEE beplanningstappe om in ag te neem voordat die
monsters versamel word. (2)
3.5.2 Noem die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
3.5.3 Bereken die waarde van X in die tabel. Toon ALLE bewerkings. (3)
3.5.4 Noem DRIE faktore wat konstant gehou is om die geldigheid van
hierdie ondersoek te verseker. (3)
3.5.5 Watter soutkonsentrasie het die hoogste persentasie uitgebroeide
siste tot gevolg gehad? (1)
3.5.6 Gebruik die evolusieteorie deur natuurlike seleksie om te verduidelik
hoe die vermoë om siste te produseer, tot die oorlewing van die
pekelgarnaal gelei het. (6)
(17)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 16 DBE/2018
SSE
AFDELING C
VRAAG 4
Daar was variasie in die neklengte by 'n bevolking Galapagos-skilpaaie. Die
oorspronklike bevolking vanaf die vasteland is in twee eilande met verskillende
omgewingstoestande geskei. Daar is baie jare later vasgestel dat spesiasie van die
skilpaaie plaasgevind het.
Verduidelik hoe mutasies en meiose tot variasie in 'n bevolking lei en die rol van
variasie in die spesiasie van die skilpaaie.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of
diagramme toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum