Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE SENIOR
SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2018
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

View all
Life Sciences P1 Nov 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 19
- File size
- 537.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.0) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Watter van die volgende is hormone wat die ontwikkeling van die
endometrium direk stimuleer?
A FSH en LH
B Progesteroon en estrogeen
C FSH en progesteroon
D LH en estrogeen
1.1.2 'n Funksie van die iris van die oog is om …
A lig te breek om 'n duidelike beeld te vorm.
B die hoeveelheid lig wat die oog binnedring, te beheer.
C die ligprikkels na impulse om te skakel.
D die weerkaatsing van lig in die oog te voorkom.
1.1.3 Diagram A en diagram B hieronder stel dieselfde gedeelte van
dieselfde menslike oog onder verskillende toestande voor.
Diagram A Diagram B
Watter diagram, met 'n ooreenstemmende rede, stel 'n persoon
voor wat na 'n voorwerp kyk wat 10 meter weg is?
A Diagram A omdat die draagligamente (suspensoriese
ligamente) styf/saamgetrek en die lens minder konveks is
B Diagram A omdat die lens meer konveks en die
draagligamente slap/ontspanne is
C Diagram B omdat die lens meer konveks en die
draagligamente ontspanne is
D Diagram B omdat die draagligamente styf/saamgetrek en die
lens minder konveks is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/November 2018
NSS
1.1.4 Watter van die volgende is plantgroeihormone?
A Prolaktien en absisiensuur
B Absisiensuur en glukagon
C Gibberelliene en absisiensuur
D ADH en gibberelliene
1.1.5 'n Funksie van die plasenta is om …
A afval vanaf die moeder na die fetus te vervoer.
B die chorion te vorm.
C progesteroon af te skei.
D die vloeistof wat die fetus omring, af te skei.
1.1.6 Watter EEN van die volgende sal tot 'n afname in watergehalte lei?
A Eutrofikasie
B Gebruik van akwifere (waterdraers)
C Instandhouding van moeraslande
D Droogte
1.1.7 'n Chemikalie wat in laboratoriums gebruik word, voorkom dat
spoelvesels in selle wat meiose ondergaan, gevorm word.
Die gevolg is dat meiose nie kan begin nadat interfase voltooi is
nie.
Tydens 'n ondersoek is hierdie chemikalie by die selle in die
helmknoppe van rysplante se blomme gevoeg. Elke sel in die
helmknop het 24 chromosome.
Wat is die verwagte getal chromosome in elke sel aan die einde
van die ondersoek?
A 12 gerepliseerde chromosome
B 24 gerepliseerde chromosome
C 24 ongerepliseerde chromosome
D 48 ongerepliseerde chromosome
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/November 2018
NSS
1.1.8 'n Wetenskaplike het 'n ondersoek ontwerp om die volgende te
toets:
Om meer sout te eet, sal urienproduksie laat afneem en
waterverbruik laat toeneem.
Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.
HOEVEELHEID VOLUME URIEN HOEVEELHEID
SOUT GEBRUIK GEPRODUSEER WATER
(g) (mℓ) VERBRUIK
(mℓ)
3 1 803 2 800
6 1 800 2 700
9 1 805 2 600
12 1 802 2 500
15 1 801 2 400
'n Moontlike gevolgtrekking uit die resultate hierbo is dat om meer
sout te eet, …
A urienproduksie laat afneem en die hoeveelheid water wat
verbruik word, laat toeneem.
B urienproduksie laat toeneem en die hoeveelheid water wat
verbruik word, laat afneem.
C min invloed op urienproduksie het en dat die hoeveelheid water
wat verbruik word, afneem.
D min invloed op urienproduksie het en dat die hoeveelheid water
wat verbruik word, toeneem.
1.1.9 'n Voordeel van inwendige bevrugting is dat ...
A sperms en ovums in die vrou se liggaam beskerm word.
B daar beter ouersorg is.
C meer gamete geproduseer sal word.
D die fetus voedsel direk vanaf die ma ontvang.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/November 2018
NSS
1.1.10 Die grafieke hieronder stel die resultate van 'n ondersoek voor om
te bepaal of daar 'n moontlike verwantskap tussen temperatuur en
die opgeloste suurstofinhoud van water en die grootte van visse is.
Opgeloste O2 in water
Gemiddelde grootte
van 'n visspesie
Temperatuur van water Opgeloste O2 in water
Watter EEN van die volgende is 'n moontlike interpretasie
gebaseer op die inligting van beide grafieke?
A Daar sal geen verwantskap tussen die watertemperatuur en
die grootte van visse wees nie.
B Soos wat die watertemperatuur styg, styg die hoeveelheid
opgeloste suurstof.
C Die gemiddelde grootte van die vis sal afneem soos wat die
watertemperatuur styg.
D Die hoeveelheid opgeloste suurstof in die water sal nie die
grootte van visse beïnvloed nie.
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/November 2018
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die tipe eier wat reptiele produseer wat ekstra-embrioniese
membrane het
1.2.2 Die tipe ontwikkeling by voëls waar jong voëltjies se oë oop is en
hulle liggame met donsvere bedek is
1.2.3 Die deel van die brein wat impulse vanaf die makula ontvang
1.2.4 Die donker gepigmenteerde laag van die oog
1.2.5 Die struktuur wat die linker- en regterhemisfere van die brein
verbind
1.2.6 Die deel van die brein wat liggaamstemperatuur beheer
1.2.7 Die gas in die bloed wat, wanneer dit toeneem, 'n toename in die
asemhalingstempo tot gevolg het
1.2.8 Plantgroeireaksie op uitwendige prikkels
1.2.9 'n Stof wat planthormone bevat wat gebruik word om ongewenste
plante dood te maak
1.2.10 Die onwettige jag en doodmaak van diere (10)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Verdubbeling van DNS/DNA A: Profase I
B: Profase II
1.3.2 'n Kwaal wat die kornea van die oog A: Astigmatisme
affekteer B: Katarak
1.3.3 Voeding word deur die eier voorsien A: Oviparie
B: Ovoviviparie
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/November 2018
NSS
1.4 Die diagram hieronder stel 'n opeenvolging van gebeure voor wat in die
vroulike voortplantingstelsel van die mens kan plaasvind.
I II
A B C
1.4.1 Identifiseer die proses wat by I in die diagram hierbo plaasvind. (1)
1.4.2 Noem die tipe seldeling wat by II in die diagram hierbo plaasvind. (1)
1.4.3 Noem TWEE funksionele ekstra-embrioniese membrane wat deur
struktuur C gevorm word. (2)
1.4.4 Identifiseer die stadium van ontwikkeling aangedui deur:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.4.5 Noem die deel van die vroulike voortplantingstelsel waar die
gebeure in die diagram hierbo normaalweg plaasvind. (1)
1.4.6 Gee die chromosoomgetal van die sel by A indien hierdie sel in 'n
kind met Down-sindroom sou ontwikkel. (1)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/November 2018
NSS
1.5 Die diagram hieronder toon die hormone wat betrokke is by die
homeostatiese beheer van metabolisme in die menslike liggaam. X is 'n klier
wat om die larinks in die nek aangetref word.
meer minder
hormoon A hormoon A
minder meer
hormoon B hormoon B
X
1.5.1 Identifiseer ELK van die volgende:
(a) Die klier wat hormoon A afskei (1)
(b) Hormoon B (1)
1.5.2 Noem die meganisme in die diagram wat die vlak van hormoon B
reguleer. (1)
1.5.3 Die helfte van klier X is chirurgies by 'n persoon verwyder.
Noem TWEE moontlike gevolge wat dit op die afskeiding van die
hormone, waarna in die diagram hierbo verwys word, sou hê. (2)
(5)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagramme hieronder stel verskillende fases van meiose voor.
A B C
2.1.1 Identifiseer die fase van meiose in diagram:
(a) A (1)
(b) B (1)
2.1.2 Teken 'n benoemde diagram om die selle te toon wat aan die einde
van meiose van die sel in diagram C gevorm sal word. (5)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/November 2018
NSS
2.2 Lees die uittreksel hieronder oor 'n mediese toestand by babaseuntjies
bekend as kriptorgidisme.
Kriptorgidisme kom by pasgebore babas voor wanneer een of beide testes
nie tydens geboorte in die skrotumsak afsak nie, maar in die buikholte bly.
Kriptorgidisme kom by ongeveer 3–5% voltermyn-babaseuntjies voor, terwyl
ongeveer een derde van vroeggebore babaseuntjies met hierdie toestand
gebore word.
Indien die testes nie teen die ouderdom van een jaar natuurlik afgesak het
nie, is behandeling nodig. Behandeling kan die toediening van testosteroon
behels, maar die algemeenste behandeling is chirurgie.
Indien kriptorgidisme nie opgelos word nie, kan dit tot steriliteit lei indien beide
testes nie afsak nie en 'n verhoogde risiko van testikulêre kanker teen die
ouderdom van 30 tot 40 jaar tot gevolg het.
2.2.1 Noem EEN funksie van testosteroon wat nie in die uittreksel hierbo
genoem word nie. (1)
2.2.2 Volgens die uittreksel, noem TWEE maniere waarop kriptorgidisme
behandel word. (2)
2.2.3 Watter persentasie vroeggebore babaseuntjies word met
kriptorgidisme gebore? (1)
2.2.4 Gee EEN rede uit die uittreksel, behalwe steriliteit, waarom
kriptorgidisme behandel moet word indien die siekte nie natuurlik
opgelos word nie. (1)
2.2.5 Verduidelik waarom onafgesakte testes tot steriliteit by jong mans
kan lei. (2)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/November 2018
NSS
2.3 Sommige vroue neem langer as ander om swanger te word. 'n Vrou met 'n
normale, vrugbare manlike lewensmaat, wat langer as 12 maande neem om
swanger te raak, word as subfertiel beskou.
'n Ondersoek is gedoen om die uitwerking van LMI (liggaamsmassa-indeks)
en rook op subfertiliteit te bepaal.
Liggaamsmassa (kg)
LMI word soos volg bereken: LMI = (Lengte in meter)2
'n Totaal van 2 587 vroue tussen die ouderdomme van 20 en 30 het aan die
ondersoek deelgeneem. Al die vroue was ten minste 20 weke swanger, het
beplan om swanger te word en het natuurlik swanger geraak.
Die volgende inligting is by elke vrou bekom:
• Lengte en massa
• Tyd geneem om swanger te word (in maande)
• Rookgewoontes
Van die totale getal vroue wat deelgeneem het, was 1 510 subfertiel.
Die persentasie vroue wat nie-rokers is en die wat wel
rook wat in elke LMI-kategorie subfertiel is
45
Persentasie subfertiele vroue
40
35
30
25 Non-smoking
Nie-roker
20 41 Smoking
Roker
15
10 17
5 7 7 7 7 7 7
0
< 20 20–24,9
20 - 24.9 2525–29,9
- 29.9 ≥ 30
LMI-kategorieë (kg/m2)
2.3.1 Noem EEN rede waarom die vroue vir hulle lengtes en massas
gevra is. (1)
2.3.2 Bepaal hoeveel van die deelnemers subfertiele rokers met 'n
LMI ≥30 was. Toon ALLE berekeninge. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/November 2018
NSS
2.3.3 Stel voor waarom slegs vroue wat beplan het om swanger te raak
by die ondersoek ingesluit is. (2)
2.3.4 Noem EEN faktor wat tydens die ondersoek konstant gehou is. (1)
2.3.5 Gebaseer op die inligting in die grafiek op bladsy 12, watter advies
moet aan vroue gegee word wat hulle kanse om swanger te raak,
wil verhoog? (2)
2.3.6 Die ondersoek is in 'n ander land uitgevoer en die resultate
hieronder is verkry.
% SUBFERTIELE VROUE
LMI
Nie-
(kg/m2) Rokers
rokers
<20 7,2 18
20–24,9 7,4 7,3
25–29,9 7,4 7,3
≥30 7,4 38
Verduidelik waarom die uitslae van die oorspronklike ondersoek as
betroubaar beskou kan word.
(2)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/November 2018
NSS
2.4 Bestudeer die diagram hieronder.
A B C D
F
E
2.4.1 Noem EEN funksie van deel:
(a) A (1)
(b) E (1)
(c) F (1)
2.4.2 Skryf slegs die LETTER neer van die deel waar klank in die
volgende vorm vervoer word:
(a) 'n Drukgolf in 'n vloeistof (1)
(b) 'n Elektriese impuls (1)
2.4.3 Verduidelik die uitwerking as die reseptore in deel C beskadig is. (3)
2.4.4 Beskryf hoe die dele van die middeloor, die membrane ingesluit,
help om klankgolwe te versterk. (3)
2.4.5 Beskryf die rol van die halfsirkelvormige kanale om balans te
behou. (4)
(15)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3
3.1 Die diagramme hieronder stel die groeireaksies (groeibewegings) van twee
verskillende plantorgane op uitwendige prikkels voor.
A C
B
D
3.1.1 Noem die groep planthormone wat verantwoordelik is vir die
groeireaksies wat in die diagramme waargeneem word. (1)
3.1.2 Noem die uitwendige prikkel by:
(a) A (1)
(b) D (1)
3.1.3 Gee EEN waarneembare rede waarom plantorgaan B 'n stingel is. (1)
3.1.4 Verduidelik die groeireaksies wat by plantorgaan C waargeneem
word. (3)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 16 DBE/November 2018
NSS
3.2 Die diagram hieronder stel twee moontlike bane, A en B, voor wat 'n
senuwee-impuls in die menslike liggaam kan volg.
Brein
1
Baan A Baan B
2
3.2.1 Watter baan, A of B, stel 'n refleksboog voor? (1)
3.2.2 Gee 'n waarneembare rede in die diagram vir jou antwoord op
VRAAG 3.2.1. (1)
3.2.3 Beskryf die belangrikheid van 'n refleksaksie in die menslike
liggaam. (3)
3.2.4 Identifiseer die deel van die senuweestelsel wat deur 1 voorgestel
word. (1)
3.2.5 Verduidelik EEN manier waarop die miëlienskede (murgskede) vir
die funksionering van neurone belangrik is. (2)
3.2.6 Beskryf hoe die persoon beïnvloed sou word indien die akson van
neuron 2 deurgesny word. (2)
3.2.7 Beskryf baan B. (6)
(16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 17 DBE/November 2018
NSS
3.3 Die grafieke hieronder toon die invloed van die eet van baie klein maaltye en
die eet van minder groot maaltye op bloedglukose- en insulienkonsentrasies
by 'n normale persoon.
Die pyle op die grafieke hieronder dui aan wanneer maaltye geëet is. Die
normale bloedglukosekonsentrasie is 100 mg/dl.
Invloed van die eet van baie klein maaltye op
bloedglukose- en insulienkonsentrasies
180 glukose insulien
Bloedglukose- en
160
140
120
insulienkonsentrasies
100
80
60
(mg/dl)
40
20
0
06:00 08:00 10:00 12:00 14:00 16:00 18:00 20:00
Tyd (uur)
Invloed van die eet van minder groot maaltye op bloedglukose- en
insulienkonsentrasies
glukose insulien
180
Bloedglukose- en
160
140
120
insulienkonsentrasies
100
80
60
(mg/dl)
40
20
0
06:00 08:00 10:00 12:00 14:00 16:00 18:00 20:00
Tyd (uur)
3.3.1 Noem wat met die bloedglukosekonsentrasie gebeur onmiddellik
nadat 'n maaltyd geëet is. (1)
3.3.2 Gebruik die inligting in die grafieke.
Tabuleer TWEE maniere waarop die eet van minder groot maaltye
en die eet van baie klein maaltye die insulienvlak verskillend
beïnvloed. (5)
3.3.3 Verduidelik hoekom dit vir 'n persoon met diabetes beter is om baie
klein maaltye op 'n dag te eet as om minder groot maaltye per dag
te eet. (4)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 18 DBE/November 2018
NSS
3.4 Die diagramme hieronder stel strukture in die vel van twee persone voor. Albei
persone was op dieselfde tyd in dieselfde vertrek, maar een persoon was
besig om te oefen terwyl die ander een stilgesit het. Die temperatuur van die
veloppervlakke van albei persone is na 10 minute gemeet.
Persoon A Persoon B
3.4.1 Watter persoon, A of B, was besig om te oefen? (1)
3.4.2 Gee TWEE waarneembare redes vir jou antwoord op
VRAAG 3.4.1. (2)
3.4.3 Noem EEN hormoon wat dieselfde uitwerking op die bloedvate sou
hê as wat by persoon A waargeneem kan word. (1)
3.4.4 Die veloppervlaktemperatuur van elke persoon is na 10 minute
gemeet. Die resultaat was soos volg:
• Persoon A: 37,2 °C
• Persoon B: 36,6 °C
Verduidelik waarom die veltemperatuur van persoon A na
10 minute hoër was. (3)
(7)
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 19 DBE/November 2018
NSS
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf hoe menslike aktiwiteite tydens die laaste eeu vinnig toenemende
aardverwarming veroorsaak het, die impak van aardverwarming op weerpatrone en
hoe die verandering in weerpatrone voedselsekerheid beïnvloed.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme
of diagramme toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
LIFE SCIENCES QP GR12 JUNE 2025 AFR D_watermark.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES QP GR12 JUNE 2025 ENG D_watermark.pdf
Question paper
Life-Sciences-Grade-12-NSC-QP-March-2025-KZN.pdf

Question paper
Life-Sciences-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-North-West.pdf
Question paper
Life Sciences P2 May-June 2025 Afr.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Life Sciences P1 Nov 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Life Sciences P1 Nov 2018 FINALMemo Eng_hlayiso.com_._hlayiso.com_.pdf
Question paper
Life Sciences P1 May June 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Life Sciences P1 Feb March 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Life Sciences P1 Nov 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Life Sciences P1 Nov 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Life Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
LIFE SCIENCES P1 MEMO GR12 SEPT 2025_watermark.pdf

Memorandum
Life-Sciences-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Free-State.pdf
Memorandum
Life-Sciences-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Gauteng.pdf
Memorandum
LIFE SCIENCES P1 MEMO GR12 SEPT2024_English_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Life-Sciences-MEMO-May-June-2024-Free-State_hlayiso.com_.pdf
Memorandum