Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2018
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 548.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC November Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
1.1.1 Wat is die wetenskaplike naam van die fossiel, mev. Ples?
A Homo erectus
B Homo habilis
C Australopithecus africanus
D Australopithecus afarensis
1.1.2 Watter EEN van die volgende is 'n strukturele eienskap van
'n bipedale organisme?
A Lang, smal bekken
B Kort, breë bekken
C C-vormige werwelkolom
D Langer arms
1.1.3 'n Ma het bloedgroep B en 'n pa het bloedgroep O. Hulle het drie
biologiese kinders en 'n aangenome kind. Die bloedgroepe van al
die kinders word in die tabel hieronder voorgestel.
KINDERS BLOEDGROEP
Nobuhle O
William B
Milly AB
Patrick O
Watter kind is aangeneem?
A Nobuhle
B William
C Milly
D Patrick
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 1.1.4 EN 1.1.5 IS OP DIE TYDLYN HIERONDER GEBASEER, WAT
DIE MOONTLIKE EVOLUSIE VAN SOMMIGE HOMINIEDE TOON.
Australopithecus
afarensis Homo erectus
Tyd
5 4 3 2 1 0
(mjg)
Ardipithecus Homo Homo
ramidus habilis sapiens
1.1.4 Watter spesie het die Aarde vir die langste tydperk bewoon?
A Australopithecus afarensis
B Homo erectus
C Homo habilis
D Homo sapiens
1.1.5 Hoeveel jaar gelede het die genus Homo die eerste keer verskyn?
A 2,2 mjg
B 2,0 mjg
C 1,6 mjg
D 0,2 mjg
1.1.6 Die lys hieronder beskryf sommige evolusionêre gebeure.
(i) Elke bevolking ondergaan natuurlike seleksie verskillend en
onafhanklik.
(ii) Daar is geen geenvloei tussen die twee bevolkings nie.
(iii) 'n Bevolking raak geskei.
(iv) 'n Geografiese hindernis vorm.
(v) Die twee bevolkings word fenotipies en genotipies verskillend.
Watter EEN van die volgende kombinasies gee die KORREKTE
volgorde van hierdie gebeure?
A (v) (iii) (ii) (i) (iv)
B (iv) (v) (ii) (i) (iii)
C (iv) (iii) (ii ) (i) (v)
D (ii) (iii) (iv) (i) (v)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/November 2018
NSS
1.1.7 Die diagram hieronder toon die vrugbaarheid van die nageslag wat
voortgebring word wanneer drie muisbevolkings, X, Y en Z,
kruisteel.
Bring 'n vrugbare X Bring 'n onvrugbare
nageslag voort nageslag voort
Y Z
Bring 'n onvrugbare nageslag voort
Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?
A Al drie bevolkings is van dieselfde spesie.
B Bevolking X en Z is van dieselfde spesie, maar bevolking X
en Y is verskillende spesies.
C Bevolking Y en Z is verskillende spesies, maar bevolking X
en Y is van dieselfde spesie.
D Bevolking X en Y is verskillende spesies, maar bevolking Y
en Z is van dieselfde spesie.
VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 IS OP DIE INLIGTING HIERONDER GEBASEER.
In 'n sekere spesie konyne word liggaamskleur deur twee allele beheer waar
swart (B) dominant oor wit (b) is. Oorvorm word deur 'n tweede geen beheer.
Die alleel vir breë ore (E) is dominant oor die alleel vir smal ore (e).
1.1.8 Wat is die moontlike genotipe vir 'n swart konyn met smal ore?
A BbEe
B bbee
C BBEe
D Bbee
1.1.9 Wat is die moontlike genotipe van gamete wat deur 'n wit konyn
met smal ore voortgebring word?
A bbee
B be
C BE, Be, bE en be
D bE en be (9 x 2) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/November 2018
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die bindings tussen stikstofbasisse in 'n DNS/DNA-molekuul
1.2.2 Al die gene waaruit 'n organisme bestaan
1.2.3 Die tipe bewys vir menslike evolusie wat die maak van gereedskap
insluit
1.2.4 Die proses waardeur nuwe spesies gevorm word
1.2.5 'n Oorgeërfde siekte waar bloed nie behoorlik kan stol nie
1.2.6 Die opening in die basis van die skedel waardeur die rugmurg strek
1.2.7 Twee of meer alternatiewe vorme van 'n geen by dieselfde lokus
1.2.8 Die tipe variasie in 'n bevolking met geen intermediêre fenotipes nie
1.2.9 Chromosome betrokke by geslagsbepaling (9 x 1) (9)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Tipe oorerwing waar beide A: Kodominansie
allele eweredig in die fenotipe B: Volledige dominansie
uitgedruk word
1.3.2 Bewys van evolusie A: Modifikasie deur afstamming
B: Fossielrekord
1.3.3 Het die struktuur van die A: Watson en Crick
DNS/DNA-molekuul ontdek B: White en Dart
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/November 2018
NSS
1.4 Die diagram hieronder toon die struktuur van 'n chromosoom.
B
A
C
E
D
1.4.1 Identifiseer deel D en E. (2)
1.4.2 Hoeveel pare chromosome word in 'n normale menslike somatiese
sel aangetref? (1)
1.4.3 Gee slegs die LETTER van die deel wat:
(a) Tydens seldeling aan die spoelvesels heg (1)
(b) 'n Geen verteenwoordig (1)
1.4.4 Noem:
(a) TWEE organelle in 'n diersel waar DNS/DNA aangetref word (2)
(b) Die natuurlike vorm van 'n DNS/DNA-molekuul (1)
(c) Die proses waardeur DNS/DNA 'n identiese kopie van homself
maak (1)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/November 2018
NSS
1.5 Lees die uittreksel hieronder.
Trilobiete is 'n uitgestorwe groep marine-artropodes (geleedpotiges). Baie van
hulle fossiele is ontdek. Hulle het 'n taai eksoskelet gehad en daar word
vermoed dat hulle aan drie ander filums van uitgestorwe artropodes, naamlik
helmetiede, tegopeltiede en naraoïede, nou verwant is.
Die tegopeltiede en helmetiede is die twee filums wat die naaste verwant is
en nader verwant aan trilobiete as aan naraoïede is.
Bestudeer die diagram hieronder, wat die moontlike evolusionêre
verwantskappe tussen die vier filums, wat deur die letters M, N, O en P
verteenwoordig word, illustreer.
M N O P
Q
R S
U
T
1.5.1 Noem die tipe diagram wat geïllustreer word. (1)
1.5.2 Watter strukturele eienskap van trilobiete, wat in die uittreksel
beskryf word, het die kanse op fossilering verbeter? (1)
1.5.3 Gee slegs die LETTER van die mees onlangse algemene voorouer
vir filum:
(a) M en O (1)
(b) M, N, O en P (1)
1.5.4 Watter van die uitgestorwe artropodes (trilobiete, helmetiede,
tegopeltiede of naraoïede) word verteenwoordig deur filum:
(a) M (1)
(b) N (1)
(c) O (1)
(d) P (1)
(8)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagramme hieronder stel die verspreiding van chromosoompaar 21 voor,
soos wat dit in gamete aan die einde van meiose II by 'n manspersoon
voorkom.
A B C D
2.1.1 Verduidelik hoekom die gamete, wat deur diagram C en D
verteenwoordig word, nie enige chromosome het nie. (3)
2.1.2 Indien gameet A by bevrugting betrokke is, beskryf hoe dit
Down-sindroom tot gevolg kan hê. (3)
2.1.3 As gevolg van die proses van oorkruising kom die chromosome in
diagram A en B verskillend van mekaar voor.
(a) Identifiseer die fase van meiose waartydens oorkruising
plaasvind. (1)
(b) Beskryf die gebeure tydens oorkruising. (3)
(c) Verduidelik die belangrikheid van oorkruising by natuurlike
seleksie. (3)
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/November 2018
NSS
2.2 Erge gekombineerde immuungebreksindroom ('SCID') is 'n afwyking wat die
immuniteitstelsel beïnvloed. Dit word deur 'n geslagsgekoppelde resessiewe
alleel (Xd) veroorsaak.
Die diagram hieronder toon die oorerwing van die afwyking in 'n familie. Dit is
nie bekend of individu 1 die afwyking het of nie.
?
1 2
3 4
5
SLEUTEL:
Man sonder SCID Vrou sonder SCID
Man met SCID Vrou met SCID
2.2.1 Gee die:
(a) Fenotipe van individu 2 (1)
(b) Fenotipe van individu 1 (1)
(c) Genotipe van individu 3 (2)
2.2.2 Verduidelik hoe individu 5 die afwyking oorgeërf het. (2)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/November 2018
NSS
2.3 Lees die uittreksel hieronder.
Die eerste gekloonde dier in Afrika, 'n kalf genoem Futhi, is op
19 April 2003 in Noordwes in Suid-Afrika gebore. Geen bevrugting was by die
maak van Futhi betrokke nie. Sy is voortgebring uit 'n enkele sel wat uit die
oor van 'n skenkerkoei, genoem LMJC 865, geneem is. Die skenkerkoei het 'n
hoë gemiddelde melkopbrengs van 78 liter per dag gehad. Kloning maak die
produksie van organismes met gewenste eienskappe moontlik.
Sommige mense redeneer dat kloning genetiese variasie in die nageslag
verminder, met geen verdere genetiese verbetering nie. Kloning is 'n duur
prosedure en is moontlik nie lonend vir kommersiële landbou nie.
2.3.1 Volgens die uittreksel, noem EEN:
(a) Voordeel van kloning (1)
(b) Nadeel van kloning (1)
2.3.2 Noem hoekom die skenkersel by LMJC 865 geneem is en nie by
enige ander koei nie. (1)
2.3.3 Noem hoekom 'n oorsel, en nie 'n ovum nie, gebruik is. (2)
2.3.4 Beskryf kortliks die proses van kloning. (4)
(9)
2.4 Blomkleur (pers of wit) in 'n spesifieke plantspesie word deur twee allele,
D en d, beheer.
Vier kruisings is uitgevoer om te bepaal watter alleel dominant is. Veertig (40)
nakomelinge is in elke kruising voortgebring. Die fenotipes van die ouers en
die nageslag in elke kruising is aangeteken.
Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
FENOTIPE
KRUISING
OUER 1 OUER 2 NAGESLAG
1 pers wit 40 pers
2 pers pers 31 pers, 9 wit
3 wit wit 40 wit
4 pers wit 21 pers, 19 wit
2.4.1 Noem die dominante blomkleur. (1)
2.4.2 Gebruik kruising 1 om jou antwoord op VRAAG 2.4.1 te verduidelik. (2)
2.4.3 Stel Mendel se Wet van Segregasie. (3)
2.4.4 Gebruik 'n genetiese kruising om te toon hoe die kruising van twee
plante met pers blomme, wit nakomelinge kan voortbring, soos in
kruising 2. (6)
(12)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3
3.1 Die diagramme hieronder toon die bokake van sommige fossiele. Hierdie
diagramme is volgens skaal geteken.
Sjimpansee Australopithecus afarensis Homo sapiens
3.1.1 Beskryf EEN sigbare verskil tussen die kaak van 'n sjimpansee en
dié van Homo sapiens wat tendense in menslike evolusie toon. (2)
3.1.2 Gebaseer op die verskille in gebit, watter gevolgtrekking kan oor
die verandering in dieet van Australopithecus afarensis na
Homo sapiens gemaak word? (2)
3.1.3 Australopithecus kan as 'n oorgangspesie tussen die sjimpansee en
Homo sapiens beskryf word.
(a) Definieer 'n oorgangspesie. (1)
(b) Gebruik EEN sigbare eienskap van die kaak om te verduidelik
hoekom A. afarensis moontlik as 'n oorgangspesie beskryf kan
word. (2)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/November 2018
NSS
3.2 Daar is twee variasies in die kleur van koningsslange. Sommige het 'n helder
kleurvolle patroon en ander het 'n dowwe patroon. Koningsslange is nie giftig
vir hulle predatore nie.
Koraalslange het ook 'n helder kleurpatroon, maar is giftig vir hulle predatore.
Dit is 'n verdedigingsmeganisme omdat predatore hulle vermy.
Wetenskaplikes het waargeneem dat waar koningsslange dieselfde habitat
met koraalslange deel, daar meer koningsslange met helder kleurvolle
patrone was.
Die diagram hieronder verteenwoordig die verspreiding van die slange.
SLEUTEL:
Koraalslange
Helderkleurige koningsslange
Dowwe koningsslange
3.2.1 Verduidelik hoe die helder kleurpatroon van koraalslange hulle
oorlewing beïnvloed. (3)
3.2.2 Gebruik Darwin se evolusieteorie deur natuurlike seleksie om te
verduidelik hoekom daar meer helderkleurige koningsslange in
hierdie habitat is. (6)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/November 2018
NSS
3.3 Kunsmatige-seleksie-programme het twee variëteite mielies opgelewer. Die
een het pitte met 'n hoë olie-inhoud (Variëteit F) en die ander een het pitte
met 'n lae olie-inhoud (Variëteit G).
Die grafiek hieronder toon die veranderinge in olie-inhoud van die pitte van
die twee variëteite oor 100 jaar van kunsmatige seleksie.
Veranderinge in die olie-inhoud van die pitte van twee
variëteite mielies gedurende 100 jaar
120
Olie-inhoud (mg per pit)
100 Variëteit F
80
60
40
20
Variëteit G
0
1900 1920 1940 1960 1980 2000
Jaar
3.3.1 In watter jaar het die twee mielievariëteite dieselfde olie-inhoud
gehad? (1)
3.3.2 Bereken die persentasie toename in die olie-inhoud van Variëteit F
oor die 100 jaar-tydperk. Toon ALLE berekeninge. (3)
3.3.3 Tabuleer TWEE verskille tussen natuurlike seleksie en kunsmatige
seleksie. (5)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 15 DBE/November 2018
NSS
3.4 Onkruid is 'n probleem vir boere omdat dit landerye op plase inneem en beter
as gesaaides ten opsigte van spasie presteer. Dit verklein die oesopbrengs.
Boere bespuit hulle landerye met chemikalieë, bekend as onkruiddoders, om
die onkruid uit te roei. Sommige onkruid het egter weerstand teen
onkruiddoders ontwikkel.
Wetenskaplikes het die tyd wat dit 'n onkruidspesie neem om weerstand teen
vyf tipes onkruiddoders te ontwikkel, ondersoek. Die resultate word in die
tabel hieronder getoon.
TIPES TYD WAT DIT ONKRUID NEEM OM
ONKRUIDDODER WEERSTAND TE ONTWIKKEL (JAAR)
2,4-D 9
Dalapon 9
Picloran 25
Dicloflop 7
Trifluralin 26
3.4.1 Verwys na die leesstuk hierbo en noem hoe onkruid optree om
oesopbrengs te verklein. (1)
3.4.2 Identifiseer die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
3.4.3 Noem die onkruiddoder:
(a) Waarteen die onkruid die vinnigste weerstand ontwikkel het (1)
(b) Wat vir die langste tydperk effektief gebly het (1)
3.4.4 Die wetenskaplikes het dieselfde onkruidspesie gebruik toe
weerstand teen die verskillende onkruiddoders ondersoek is.
(a) Beskryf hoe die wetenskaplikes die weerstand van die onkruid
teen die onkruiddoders sou kon bepaal. (2)
(b) Verduidelik hoe die gebruik van dieselfde onkruidspesie die
geldigheid van die ondersoek verbeter het. (2)
3.4.5 Trek 'n kolomgrafiek om die tyd wat die evolusie van weerstand teen
die onkruiddoders neem, te toon. (6)
(15)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 16 DBE/November 2018
NSS
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf die struktuur van RNS/RNA in 'n sel en die betrokkenheid van die verskillende
tipes RNS/RNA in proteïensintese.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of
diagramme toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum