Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2016
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 

%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)



View all





Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 529.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)20 marks
- Question 1.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)16 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 1.4MEIOSIS3 marks
- Question 1.5HUMAN REPRODUCTION10 marks
- Question 2.1HUMAN REPRODUCTION6 marks
Show all 15 questions
- Question 2.2HUMAN REPRODUCTION12 marks
- Question 2.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS9 marks
- Question 2.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS4 marks
- Question 2.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)9 marks
- Question 3.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)12 marks
- Question 3.3GENETICS AND INHERITANCE8 marks
- Question 3.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)19 marks
- Question 3.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
kruisie (X) oor die letter (A tot D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.11 A B C D
1.1.1 Die deel van die brein wat senuwee-impulse vanaf die
halfsirkelvormige kanale ontvang, is die …
A serebrum.
B serebellum.
C hipotalamus.
D medulla oblongata.
1.1.2 'n Ligprikkel word in 'n senuwee-impuls omgeskakel in die ….
A iris.
B retina.
C optiese senuwee.
D sklera.
1.1.3 'n Somatiese sel/Liggaamsel van 'n mens het …
A 46 outosome en 2 gonosome.
B 2 outosome en 44 gonosome.
C 44 outosome en 2 gonosome.
D 23 outosome en 23 gonosome.
1.1.4 Watter EEN van die volgende stellings is KORREK ten opsigte van
die oë wat in die diagramme hieronder voorgestel word?
Diagram A Diagram B
A Diagram A kyk na 'n voorwerp wat nader as 6 meter is, terwyl
diagram B na 'n voorwerp kyk wat verder as 6 meter is.
B Diagram A kyk na 'n voorwerp wat verder as 6 meter is, terwyl
diagram B na 'n voorwerp kyk wat nader as 6 meter is.
C Die oog in diagram A is in dowwe lig en die oog in diagram B is
in helder lig.
D Die oog in diagram A is in helder lig en die oog in diagram B is
in dowwe lig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/November 2016
NSS
1.1.5 Die diagram hieronder toon 'n refleksboog.
3
4
2
1
Watter deel stel die effektor voor?
A 4
B 1
C 3
D 2
1.1.6 'n Persoon met middeloorontsteking word gewoonlik afgeraai om in
'n vliegtuig te vlieg omdat die …
A makulae in die halfsirkelvormige kanale nie die prikkel kan
ontvang nie.
B ronde venster nie klankgolwe kan absorbeer nie, wat tot eggo's
lei.
C Eustachius-buis nie die druk aan weerskante van die
trommelvlies konstant kan hou nie.
D optiese senuwee beskadig sal word, wat tot gehoorverlies
sal lei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/November 2016
NSS
1.1.7 Die grafiek hieronder toon die persentasies van bevolkings in
sommige ontwikkelende wêreldstreke wat deur voedselonsekerheid
geraak word.
Persentasies van bevolkings in sommige ontwikkelende
wêreldstreke wat deur voedselonsekerheid geraak word
Persentasies van bevolkings wat deur
40
35
30
25
20
voedselonsekerheid geraak word
15 1990's
1900's
10 2000's
2000's
5
0
Sub-Sahara-Afrika
Sub-Sahara- Oos- en Noord- Suid-Asië
Suid-Asië Latyns-Amerika
Afrika Afrika
Ontwikkelende wêreldstreke
[Aangepas uit www.fao.org]
Watter EEN van die streke hierbo het NIE sy voedselsekerheid
verbeter in die tydperk wat getoon word nie?
A Latyns-Amerika
B Sub-Sahara-Afrika
C Oos- en Noord-Afrika
D Suid-Asië
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE ONDERSOEK HIERONDER.
'n Wetenskaplike het 'n ondersoek op 'n gesonde persoon gedoen om die
invloed wat die drink van water op urienproduksie het, te bepaal.
Die deelnemer is versoek om vir vier uur voordat die ondersoek begin het,
niks te eet of te drink nie. Die ondersoek is oor 'n tydperk van drie dae
uitgevoer.
Die prosedure was soos volg:
• Op dag 1 is die deelnemer 600 mℓ water gegee om te drink.
• Op dag 2 is die deelnemer 800 mℓ water gegee om te drink.
• Op dag 3 is die deelnemer 1 000 mℓ water gegee om te drink.
• Vir elke dag is die hoeveelheid urien wat die deelnemer geproduseer het,
oor die daaropvolgende vier uur gemeet en aangeteken, en die
gemiddeld bereken.
1.1.8 Watter EEN van die volgende dui die afhanklike en onafhanklike
veranderlikes KORREK aan?
ONAFHANKLIKE AFHANKLIKE
VERANDERLIKE VERANDERLIKE
Die hoeveelheid urien
A Tyd in uur
geproduseer
Die hoeveelheid urien
B Die hoeveelheid water gedrink
geproduseer
Die hoeveelheid urien
C Die hoeveelheid water gedrink
geproduseer
D Die mense wat deelneem Tyd in uur
1.1.9 Die lys hieronder bevat sommige van die stappe wat voor en tydens
die ondersoek gevolg is.
(i) Toestemming is verkry om aan die ondersoek deel te neem.
(ii) Daar is besluit oor watter meetinstrument gebruik sou word.
(iii) Water is aan die deelnemer gegee om te drink.
(iv) Die hoeveelheid urien wat geproduseer is, is gemeet.
Watter van die stappe hierbo kan beskou word as deel van die
beplanningstappe voordat die ondersoek uitgevoer is?
A (i), (ii), (iii) en (iv)
B Slegs (i) en (ii)
C Slegs (ii), (iii) en (iv)
D Slegs (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/November 2016
NSS
1.1.10 Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen die produksie van
groeihormoon en ouderdom.
2000
1800
Hoeveelheid groeihormoon
1600
1400
1200
1000
afgeskei (µg)
800
600
400
200
0
10 20 30 40 50 60 70 80 90
Ouderdom (jaar)
'n Algemene gevolgtrekking wat uit die resultate gemaak kan word,
is dat …
A groeihormoon nie ná die ouderdom van 50 jaar afgeskei
word nie.
B die hoeveelheid groeihormoon wat afgeskei word, met
ouderdom afneem.
C die hoeveelheid groeihormoon wat afgeskei word, met
ouderdom toeneem.
D die hoeveelheid groeihormoon wat afgeskei word, oor die jare
konstant bly. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/November 2016
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die fase in die selsiklus wanneer DNS/DNA-replisering plaasvind
1.2.2 Die deel van die perifere senuweestelsel wat onwillekeurige aksies
beheer
1.2.3 'n Planthormoon wat veroorsaak dat blare in die herfs van bome
afval
1.2.4 Meting van die totale hoeveelheid koolstofdioksied wat per jaar
deur 'n individu vrygestel word
1.2.5 Die verdeling van die sitoplasma deurdat die selmembraan aan die
einde van seldeling saamtrek
1.2.6 Die struktuur in die amniotiese eier wat afvalstowwe berg
1.2.7 Die binneste voering van die uterus waar inplanting van die embrio
plaasvind
1.2.8 Deel van die vroulike voortplantingstelsel waar bevrugting
plaasvind (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,
BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Wyfiepaddas lê eiers in water en A: Viviparie
die mannetjies stort hulle sperm B: Ovoviviparie
oor die eiers.
1.3.2 Die fase in meiose wanneer A: Anafase II
onafhanklike sortering plaasvind B: Metafase I
1.3.3 Die tipe ontwikkeling by A: Prekosiële ontwikkeling
vertebrate waar die kleintjies B: Altrisiële ontwikkeling
goed ontwikkel is en self na hul
geboorte kan beweeg
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/November 2016
NSS
1.4 Die diagramme hieronder stel sommige fases van meiose in 'n diersel voor.
Diagram 1 A Diagram 2
B
C
Diagram 3 Diagram 4
1.4.1 Identifiseer die volgende dele in Diagram 3:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.4.2 Gebruik die diagramme se NOMMERS (1, 2, 3, 4) wat sommige
van die fases toon, en rangskik die diagramme hierbo in die
volgorde waarin dit tydens meiose plaasvind. (2)
1.4.3 Hoeveel chromosome was in die sel voordat meiose begin het? (1)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/November 2016
NSS
1.5 Die skematiese diagram hieronder toon 'n menslike ovum wat op die punt is
om bevrug te word. Die diagram is nie volgens skaal geteken nie.
G
A
B
F
C
D
E
1.5.1 Identifiseer deel:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
(d) F (1)
1.5.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Die mitochondriums bevat (2)
(b) Ensieme bevat wat nodig is om die ovum binne te dring (2)
(c) Die ovum tydens bevrugting binnedring (2)
(10)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder toon die manlike voortplantingstelsel van die mens.
F
A
B
E
D
C
2.1.1 Identifiseer deel A. (1)
2.1.2 Skryf slegs die LETTERS neer van TWEE dele wat tot die vorming
van semen bydra. (2)
2.1.3 Verduidelik die gevolge vir voortplanting by die mens indien 'n man
voortdurend noupassende onderklere sou dra. (3)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/November 2016
NSS
2.2 'n Vrugbaarheidsmonitor meet die konsentrasie van estrogeen en
luteïniseringshormoon (LH) in 'n vrou se urien. 'n Vrugbaarheidsperiode is die
tyd wanneer die ovum gereed is om bevrug te word.
Die grafiek hieronder verskyn op die inligtingsblad wat saam met die
vrugbaarheidsmonitor verskaf word.
HOOGSTE
HOË VRUGBAARHEID
VRUGBAARHEID
LAE VRUGBAARHEID LAE VRUGBAARHEID
Hormoonvlak
estrogeen
LH
Dag van siklus
[Aangepas uit http://www.amazon.co.uk]
2.2.1 Noem die klier wat LH afskei. (1)
2.2.2 Verduidelik waarom die vrugbaarheidsmonitor die konsentrasie van
LH meet. (2)
2.2.3 Verduidelik waarom sommige vroue 'n vrugbaarheidsmonitor sal
gebruik. (2)
2.2.4 Watter bewys in die grafiek dui aan dat 'n gesonde follikel besig is
om tydens die eerste helfte van die siklus in die ovarium te
ontwikkel? (2)
2.2.5 Indien 'n vrou wat die vrugbaarheidsmonitor gebruik, vind dat haar
LH-vlak op dag 17 die hoogste is, tussen watter dae sal sy die
'hoogste vrugbaarheid' ondervind? (2)
2.2.6 Verduidelik waarom die vrugbaarheidsmonitor nie die
progesteroonvlak in die bloed meet om vrugbare dae te voorspel
nie. (3)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/November 2016
NSS
2.3 'n Ondersoek is uitgevoer om die uitwerking van kafeïen op
liggaamstemperatuur en polsslag te bepaal. 'n Groep van 200 mans het aan
die ondersoek deelgeneem.
Die prosedure was soos volg:
• Elke man se liggaamstemperatuur is aan die begin van die ondersoek
gemeet, en die gemiddeld van al die deelnemers is bereken.
• So ook is elke man se polsslag aan die begin van die ondersoek gemeet,
en die gemiddeld van al die deelnemers is bereken.
• Die mans het elk 100 mℓ van 'n energiedrankie gedrink wat dieselfde
hoeveelheid kafeïen bevat het.
• Hulle liggaamstemperatuur is toe elke 15 minute vir 'n tydperk van 1 uur
gemeet, en 'n gemiddeld van al die deelnemers is bereken.
• So ook is hulle polsslag elke 15 minute vir 'n tydperk van 1 uur gemeet,
en 'n gemiddeld van al die deelnemers is bereken.
• Al die deelnemers het vir die duur van die ondersoek gesit.
Die tabel hieronder toon die resultate van die ondersoek.
TYD GEMIDDELDE GEMIDDELDE
(minute) TEMPERATUUR POLSSLAG
(°C) (SPM)
0 36,6 76
15 37,4 91
30 38 95
45 37,8 89
60 37,4 89
[Aangepas uit www.meliordiscovery.com en
http://homeostasiseleishabiology.weebly.com]
2.3.1 Beskryf die uitwerking wat kafeïen ná 15 minute op
liggaamstemperatuur en polsslag gehad het. (2)
2.3.2 Hoe lank nadat die energiedrankie gedrink is, het die kafeïen sy
maksimum uitwerking gehad? (1)
2.3.3 Kafeïen veroorsaak vasokonstriksie en 'n toename in metabolisme.
Verduidelik hoe hierdie uitwerkings/effekte bydra tot die
temperatuurveranderings wat plaasgevind het. (4)
2.3.4 Noem TWEE faktore wat tydens hierdie ondersoek konstant
gehou is. (2)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/November 2016
NSS
2.4 Beskryf hoe die bloedglukosevlak in die menslike liggaam na normaal
terugkeer wanneer die glukosevlak tot onder normaal daal. (4)
2.5 Die diagram hieronder toon die resultate van 'n ondersoek wat uitgevoer is
om die invloed van ouksiene op die groei van koleoptiele (jong lote) te bepaal.
Die prosedure was soos volg:
• Drie koleoptiele is gebruik.
• Koleoptiel A se apikale knop is verwyder.
• Koleoptiel B se apikale knop is met 'n swart plastiekdeksel bedek.
• Koleoptiel C se apikale knop is met 'n deursigtige plastiekdeksel bedek.
• Al drie die koleoptiele (A, B en C) is daarna aan eensydige sonlig
blootgestel.
Die diagram hieronder toon die resultate van die ondersoek.
Deursigtige
Swart plastiekdeksel plastiekdeksel
Eensydige
sonlig
2.5.1 Verduidelik die resultate wat verkry is, soos getoon deur koleoptiel:
(a) B (3)
(b) C (4)
2.5.2 Verduidelik waarom sytakke in koleoptiel A sal ontwikkel. (2)
(9)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3
3.1 Die diagram hieronder stel 'n neuron in 'n mens voor.
A
B C
3.1.1 Identifiseer die tipe neuron wat in die diagram voorgestel word. (1)
3.1.2 Noem EEN funksie van deel B. (1)
3.1.3 Verduidelik die rol van deel C in die funksionering van die neuron. (2)
3.1.4 Verduidelik die gevolg vir 'n refleksaksie indien die neuron wat in
die diagram getoon word, beskadig word. (2)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 16 DBE/November 2016
NSS
3.2 Die diagram hieronder illustreer hoe ligbreking in die menslike oog tot 'n
visuele defek lei.
C
B
A
3.2.1 Identifiseer deel:
(a) B (1)
(b) C (1)
3.2.2 Noem die visuele defek wat in die diagram geïllustreer word. (1)
3.2.3 Beskryf die gevolge van die visuele defek in jou antwoord op
VRAAG 3.2.2. (2)
3.2.4 Verduidelik die gevolge indien die ligstrale op deel A sou val. (3)
3.2.5 Verduidelik TWEE maniere waarop die lens struktureel geskik is
om sy funksie te verrig. (4)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 17 DBE/November 2016
NSS
3.3 Lees die uittreksel oor GMO's hieronder.
Sommige vrugte word gewoonlik geoes wanneer hulle volwassenheid bereik
en ondergaan dan vinnige rypwording tydens berging en vervoer. Ander kan
slegs geoes word wanneer hulle heeltemal ryp is.
Boere pluk gewoonlik hulle produkte terwyl dit nog groen is. Vrugte wat egter
voortydig (te vroeg) geoes word, is geneig om sleg te smaak en die kwaliteit
daarvan neem af soos wat dit koel gehou en oor lang afstande vervoer word.
'n Strategie wat deesdae gebruik word, is om die vrugtebome geneties te
manipuleer deur 'n geen by te voeg van 'n ander organisme wat die
rypwordingsproses vertraag.
[Aangepas uit www.ncbe.reading.ac.uk]
3.3.1 Na aanleiding van die uittreksel, noem TWEE nadele vir boere
indien hulle hul produkte te vroeg pluk. (2)
3.3.2 Verduidelik waarom die aanplant van die GM vrugtebome die
volgende ekonomies sal bevoordeel:
(a) Verbruiker (2)
(b) Boer (2)
3.3.3 Noem TWEE faktore wat, as gevolg van klimaatsveranderinge, 'n
negatiewe uitwerking op voedselsekerheid het. (2)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 18 DBE/November 2016
NSS
3.4 Lees die uittreksel hieronder, wat inligting oor alkoholpetrol verskaf.
Petrol is 'n brandstof wat uit ruolie vervaardig word. Wanneer petrol in enjins
verbrand word, stel dit besoedelende stowwe en kweekhuisgasse in die
atmosfeer vry. Daar was sedert die vroeë 1970's 'n tekort aan ruolie, wat 'n
'oliekrisis' veroorsaak het.
Petrol stel 34,8 megajoule energie per liter vry.
Alkoholpetrol is 'n mengsel van 10% etanol en 90% petrol. Dit kan in die
meeste motorenjins gebruik word sonder om enige veranderings aan die enjin
aan te bring. Dit stel 23,5 megajoule energie per liter vry. Alkoholpetrol word
in verskeie lande gebruik. Die gebruik van alkoholpetrol kan
koolstofmonoksiedvrystellings van 20% tot 30% verminder. Dit kan ook
vrystelling van kweekhuisgasse met 'n beraamde 2% laat afneem in
vergelyking met die gebruik van gewone petrol. Etanol verdamp maklik en
kan sekere besoedelende stowwe in die atmosfeer in warmer weer laat
toeneem.
Die etanol in alkoholpetrol word dikwels verkry deur suikerriet of mielies te
fermenteer. Etanol wat van mielies gemaak word, is duur en energie-intensief
om te vervaardig. Dit is ook belangrik dat die persentasie etanol korrek moet
wees, want, indien dit te hoog is, kan dit rubberseëls en verf van voertuie
beskadig.
[Aangepas uit www.wikipedia.org en www.encyclopedia.com]
3.4.1 Noem TWEE voordele daarvan om alkoholpetrol eerder as petrol
te gebruik. (2)
3.4.2 Bereken die verskil in die energie (in megajoule) wat deur petrol in
vergelyking met alkoholpetrol vrygestel word. Toon ALLE
berekeninge. (2)
3.4.3 Verduidelik waarom die gebruik van alkoholpetrol as 'n oplossing
vir die 'oliekrisis' beskou word. (2)
3.4.4 Verduidelik waarom dit beter is om alkoholpetrol in lande met
kouer klimate te gebruik. (3)
3.4.5 Stel EEN rede voor waarom voedselprodukte soos suikerriet en
mielies NIE gebruik moet word om brandstof te vervaardig NIE. (1)
(10)
3.5 Beskryf hoe termiese besoedeling die gehalte van water en biodiversiteit kan
beïnvloed. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 19 DBE/November 2016
NSS
AFDELING C
VRAAG 4
Terwyl Paul in die bos stap, hoor hy 'n geluid wat hy dink die gebrul van 'n leeu is.
Hy hardloop onmiddellik na veiligheid.
Beskryf hoe hy die geluid hoor en beskryf die rol van adrenalien om te verseker dat sy
spiere in staat is om doeltreffend te funksioneer terwyl hy weghardloop.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle
of diagramme toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum