Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2021
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 647.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN REPRODUCTION18 marks
- Question 1.2HUMAN REPRODUCTION8 marks
- Question 1.3HUMAN REPRODUCTION6 marks
- Question 1.4HUMAN REPRODUCTION11 marks
- Question 1.5HUMAN REPRODUCTION7 marks
- Question 2.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)9 marks
Show all 15 questions
- Question 2.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)13 marks
- Question 2.3HUMAN REPRODUCTION12 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)7 marks
- Question 2.5HUMAN REPRODUCTION13 marks
- Question 3.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)13 marks
- Question 3.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS12 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS13 marks
- Question 3.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)18 marks
- Question 3.5HUMAN REPRODUCTION12 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/November 2021
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
1.1.1 Dreineringspypies ('grommets') word gebruik vir die behandeling
van ...
A doofheid.
B blindheid.
C middeloorontsteking.
D veelvuldige sklerose.
1.1.2 Die vermoë van die lens van die oog om sy vorm te verander
wanneer daar gekyk word na 'n voorwerp wat naby of ver is,
word ... genoem.
A binokulêre visie
B akkommodasie
C pupilmeganisme
D breking van ligstrale
1.1.3 Watter EEN van die volgende is die gesigsgebrek wat die gevolg
van die onewe kromming van die kornea is?
A Katarakte
B Versiendheid
C Bysiendheid
D Astigmatisme
1.1.4 Die reseptor(e) betrokke by die handhawing van balans is …
A slegs die orgaan van Corti.
B slegs die makula.
C slegs die makula en die crista.
D die orgaan van Corti, makula en crista.
1.1.5 Watter van die volgende strukture is betrokke by die handhawing
van balans wanneer daar 'n verandering in die rigting en beweging
van die liggaam is?
A Halfsirkelvormige kanale en serebellum
B Eustachius-buis en serebellum
C Halfsirkelvormige kanale en serebrum
D Eustachius-buis en serebrum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/November 2021
NSS
1.1.6 Watter van die volgende strukture word deur die breinvliese/
meninges beskerm?
A Rugmurg en reseptore
B Rugmurg en brein
C Brein en effektore
D Effektore en reseptore
1.1.7 Twee mans is op dieselfde tyd 'n glukose-ryke maaltyd
gegee (0 uur). Een van die mans is diabeties en die ander een is
nie-diabeties. Die diabeet het geen mediese behandeling ontvang
nie. Hulle bloedglukosevlakke is oor 'n tydperk van 3 uur gemeet.
Die grafieke hieronder toon die moontlike bloedglukosevlakke van
die twee mans in hierdie tyd.
W X
Diabeet Diabeet
Glukose-vlakke (mg/dℓ)
Glukose-vlakke (mg/dℓ)
Nie-diabeet Nie-diabeet
I I I I I I
0 1 2 3 0 1 2 3
Tyd (uur) Tyd (uur)
Y Z
Nie-diabeet
Diabeet
Glukose-vlakke (mg/dℓ) Glukose-vlakke (mg/dℓ)
Diabeet
Nie-diabeet
I I I I I I
0 1 2 3 0 1 2 3
Tyd (uur) Tyd (uur)
Wattter EEN van die grafieke toon die bloedglukosevlakke van die
twee mans korrek aan?
A W
B X
C Y
D Z
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/November 2021
NSS
1.1.8 Tydens 'n refleksaksie gaan impulse die rugmurg binne deur
middel van 'n …
A sensoriese neuron deur die ventrale wortel van die
rugmurgsenuwee.
B sensoriese neuron deur die dorsale wortel van die
rugmurgsenuwee.
C interneuron deur die ventrale wortel van die rugmurgsenuwee.
D interneuron deur die dorsale wortel van die rugmurgsenuwee.
1.1.9 'n Persoon produseer heel waarskynlik 'n kleiner hoeveelheid urien
omdat die …
A ADH-vlakke in die bloed hoog is en die nierbuisies meer
deurlaatbaar vir water is.
B ADH-vlakke in die bloed hoog is en die nierbuisies minder
deurlaatbaar vir water is.
C ADH-vlakke in die bloed laag is en die nierbuisies meer
deurlaatbaar vir water is.
D ADH-vlakke in die bloed laag is en die nierbuisies minder
deurlaatbaar vir water is. (9 x 2 ) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/November 2021
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die vrystelling van 'n ovum vanaf die ovarium
1.2.2 Die mikroskopiese gaping tussen twee opeenvolgende neurone
1.2.3 Die ontwikkelingstydperk van die fetus in die uterus
1.2.4 Die groeibeweging van 'n plant in reaksie op 'n prikkel/stimulus
1.2.5 Die tipe ontwikkeling by voëls waar die jong voëls in staat is om
onafhanklik rond te beweeg en hulself te voed nadat hulle
uitgebroei het
1.2.6 Die ekstra-embrioniese membraan wat verantwoordelik is vir die
uitskeiding van afval in 'n amniotiese eier
1.2.7 Buisies in die testes waar spermatogenese plaasvind
1.2.8 Die planthormoon wat, wanneer toestande ongunstig is, die
dormansie van sade veroorsaak (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 'n Eksokriene klier A: Cowper se klier
B: Pankreas
1.3.2 'n Komponent van die perifere A: Kraniale senuwees
senuweestelsel B: Rugmurg
1.3.3 'n Siekte van die senuweestelsel A: Goiter
wat deur die degenerasie van die B: Alzheimer se siekte
breinselle gekenmerk word
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/November 2021
NSS
1.4 Die diagram hieronder toon die dele van die manlike voortplantingstelsel.
A
B
H C
G D
E
F
1.4.1 Identifiseer deel:
(a) C (1)
(b) F (1)
(c) H (1)
1.4.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Sperms tydelik stoor (2)
(b) Beide semen en urien vervoer (2)
(c) Testosteroon produseer (2)
1.4.3 Gee die LETTERS van TWEE dele wat tot die vorming van semen
bydra. (2)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/November 2021
NSS
1.5 Die diagram hieronder stel 'n ovum en 'n sperm voor.
A B C
E F G H
D
1.5.1 Identifiseer deel:
(a) B (1)
(b) D (1)
(c) H (1)
1.5.2 Noem die organel wat in groot getalle in deel G aangetref word. (1)
1.5.3 Gee die LETTERS van die TWEE dele wat tydens bevrugting
versmelt. (2)
1.5.4 Noem die meiotiese proses waardeur ovums geproduseer word. (1)
(7)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/November 2021
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder stel 'n soort neuron wat in die menslike liggaam
aangetref word, voor.
NEURON 1 NEURON 2
C
A B
2.1.1 Identifiseer die soort neuron wat getoon word. (1)
2.1.2 Gebruik slegs die LETTERS A, B en C en gee die korrekte
volgorde vir die oordrag van 'n impuls langs neuron 1. (2)
2.1.3 Verduidelik hoe die spoed van oordrag van die impulse vir
neuron 1 en neuron 2 sal verskil. (3)
2.1.4 Verduidelik waarom 'n persoon die prikkel sal voel, maar nie in
staat sal wees om te reageer nie indien slegs hierdie soort neuron
beskadig is. (3)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/November 2021
NSS
2.2 Die diagram hieronder stel die bou van die menslike oog voor.
B C
A D
F
E
2.2.1 Identifiseer deel C. (1)
2.2.2 Gee EEN funksie van deel E. (1)
2.2.3 Noem waarom die helderste beeld sal vorm wanneer die ligstrale
op deel D val. (1)
2.2.4 Verduidelik EEN manier waarop deel B struktureel verskillend van
deel F is. (4)
2.2.5 Beskryf hoe die spiere in deel A funksioneer om die hoeveelheid lig
wat die oog binnedring, te vermeerder. (3)
2.2.6 Beskryf hoe 'n dowwe beeld gevorm word terwyl 'n boek gelees
word indien 'n persoon met normale sig 'n bril met bikonvekse (3)
lense dra. (13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/November 2021
NSS
2.3 Lees die uittreksel hieronder.
Endometriose is 'n mediese toestand wat voorkom wanneer die endometrium
in of op ander strukture soos die Fallopiusbuise, ovariums of pelvis ontwikkel.
Dit word deur hoër as normale estrogeenvlakke veroorsaak. Vroue met
hierdie kondisie sal heel waarskynlik matige tot hewige menstruele pyn
ervaar. Die toestand kan soms tot onvrugbaarheid lei.
Dokters kan 'n voorbehoedpil as behandeling voorskryf om die ontwikkeling
van die endometrium te verminder. Die pil bevat progesteroon.
2.3.1 Noem die struktuur waar die endometrium normaalweg ontwikkel. (1)
2.3.2 Verduidelik waarom endometriose in die Fallopiusbuise tot
onvrugbaarheid kan lei. (3)
2.3.3 Gebruik die negatiewe terugkoppelingsmeganisme om te
verduidelik waarom die pille wat progesteroon bevat, suksesvol is
om endometriose te behandel. (4)
(8)
2.4 Beskryf die gehoorproses. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/November 2021
NSS
2.5 Die diagram hieronder toon 'n ontwikkelende menslike fetus.
A
D
C
Na die ma
B
Na die
fetus
2.5.1 Identifiseer deel D. (1)
2.5.2 Noem TWEE funksies van die vloeistof in deel C. (2)
2.5.3 Beskryf die ontwikkeling van die sigoot totdat inplanting plaasvind. (4)
2.5.4 Noem TWEE maniere waarop deel A funksioneer om die
ontwikkelende fetus te beskerm. (2)
2.5.5 Identifiseer bloedvat B. (1)
2.5.6 Beskryf hoe die voeding van 'n menslike fetus verskil van dié van
organismes wat ovipaar is. (3)
(13)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3
3.1 Die diagramme hieronder toon 'n mens se brein en 'n mens se nier.
D
Klier E
C
A
B
3.1.1 Identifiseer deel A. (1)
3.1.2 Noem EEN funksie van deel C. (1)
3.1.3 'n Persoon het tydens 'n motorongeluk 'n hoofbesering opgedoen
en het sy geheue verloor.
Skryf die LETTER en NAAM neer van die deel van die brein wat
geaffekteer is. (2)
3.1.4 Tydens 'n noodsituasie stel klier E 'n hormoon vry wat die liggaam
vir die 'veg-of-vlug'-reaksie voorberei deur 'n styging in die
asemhalingstempo en hartklop te stimuleer. Hierdie styging lei tot
verhoogde energieproduksie in die skeletspiere asook 'n verhoging
van die koolstofdioksiedvlakke in die bloed.
(a) Noem die hormoon wat tydens 'n noodsituasie deur klier E
afgeskei word. (1)
(b) Verduidelik hoe 'n styging van die asemhalingstempo en
hartklop 'n verhoogde energieproduksie in die skeletspiere tot
gevolg het. (4)
(c) Beskryf hoe deel B betrokke is by die homeostase van
koolstofdioksied. (4)
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/November 2021
NSS
3.2 Die tabel hieronder toon die gemiddelde tempo van bloedvloei na die vel by
verskillende omgewingstemperature.
OMGEWINGSTEMPERATUUR GEMIDDELDE TEMPO VAN
(°C) BLOEDVLOEI NA DIE VEL
(mℓ /100 mℓ weefsel/min)
0 2,5
5 4
20 4,5
35 11
45 18
50 19
3.2.1 Gee die omgewingstemperatuur waar die hoogste gemiddelde
tempo van bloedvloei na die vel was. (1)
3.2.2 Beskryf die verwantskap tussen die omgewingstemperatuur en die
gemiddelde tempo van bloedvloei na die vel. (2)
3.2.3 Bereken die persentasie styging in die bloedvloei na die vel tussen
5 °C en 35 °C. Toon AL jou berekeninge. (3)
3.2.4 Verduidelik die gemiddelde tempo van bloedvloei na die vel tussen
20 °C en 45 °C. (4)
3.2.5 Vriesbrand is 'n toestand waar langtermyn-blootstelling en uiterste
koue toestande (0 °C of minder) tot die doodgaan van weefsel in
gedeeltes, soos die hande en voete, kan lei.
Gebruik die data in die tabel om te verduidelik waarom die weefsel
kan doodgaan. (2)
(12)
3.3 3.3.1 Beskryf die negatiewe terugkoppelingsmeganisme wat plaasvind
wanneer die tiroksienvlakke in die bloed hoog is. (5)
3.3.2 'n Persoon het 'n mediese toestand wat 'n onderafskeiding van
tiroksien tot gevolg het.
Verduidelik waarom hierdie persoon se gewig sal toeneem indien
die tiroksienvakke in die bloed aanhoudend laag bly. (3)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/November 2021
NSS
3.4 'n Groep leerders het 'n ondersoek uitgevoer om die invloed van ouksien op
die groei van die stingels van boontjiesaailinge te bepaal.
Die prosedure was soos volg:
30 boontjiesade is toegelaat om vir 5 dae te ontkiem om saailinge te
vorm.
Die saailinge is in 3 groepe (A, B en C) met 10 saailinge in elke groep,
ingedeel.
Die punte van al die saailinge is op dieselfde lengte afgesny.
By groep A is die afgesnyde punt op die jong stingelpunt teruggeplaas.
By groep B is die punt nie teruggeplaas nie.
By groep C is 'n stukkie plastiek op die punt van die afgesnyde
oppervlak geplaas en die stingelpunt is toe bo-op die plastiek geplaas.
Die saailinge van al die groepe is vir 'n week in 'n donker kas geplaas.
Die groei van die stingel is toe waargeneem.
Die diagram hieronder toon hoe die saailinge in elke groep behandel is.
Punt Gesnyde Plastiek
gesny en punt
terug-
geplaas
Jong
stingel
Jong
wortel
Groep A Groep B Groep C
3.4.1 Identifiseer die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek. (1)
3.4.2 Waarom het die leerders die punte van die jong stingels gesny? (1)
3.4.3 Gee EEN rede waarom 10 boontjiesaailinge in elke groep gebruik
is. (1)
3.4.4 Skryf die LETTER(S) (A, B of C) neer van die groep(e) waar daar
geen opwaartse groei van die stingel sal wees nie. (2)
3.4.5 Beskryf hoe ouksien apikale dominansie veroorsaak. (3)
3.4.6 Noem die planthormoon:
(a) Behalwe ouksien, wat die ontkieming van sade bevorder (1)
(b) Wat die ontkieming van sade inhibeer (1)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 16 DBE/November 2021
NSS
3.5 Lees die uittreksel hieronder.
Die blouvin-tuna, die grootwithaai en die bottelneusdolfyn is drie akwatiese
spesies wat in die Indiese Oseaan voorkom.
'n Volwasse blouvintuna stel jaarliks tot 540 000 000 eiers in die water vry,
terwyl die wyfie-grootwithaai elke twee jaar 2 tot 12 nakomelinge deur middel
van ovoviviparie voortbring. 'n Wyfie-bottelneusdolfyn, wat 'n soogdier is, is
viviparie en bring elke twee tot drie jaar een nakomeling voort.
3.5.1 Noem die soort bevrugting wat by bottelneusdolfyne plaasvind. (1)
3.5.2 Verduidelik hoe TWEE van die voortplantingstrategieë van die
grootwithaai sy voortplantingsukses verhoog. (4)
3.5.3 Verduidelik EEN rede waarom die blouvin-tuna groot hoeveelhede
eiers vrystel. (2)
(7)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum