Skip to content

Life Sciences Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 10201215 pages

Grade 10 Life Sciences Paper 2 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE V2 MODEL 2012 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Beantwoord die vrae volgens die instruksies by elke vraag. 6. Maak ALLE tekeninge met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D. 1.1.1 Watter van die volgende is 'n abiotiese komponent? A Vegetatief B Diere C Lemoenbome D Water 1.1.2 Watter van die volgende beskryf 'n gemeenskap binne-in 'n ekosisteem? A Al die diere in 'n gebied B Al die plante in 'n gebied C Al die plante en diere in 'n gebied D Die totale getal van een spesie in 'n gebied 1.1.3 Verwys na die kenmerke hieronder genoem: (i) Groot oppervlakarea (ii) In noue kontak met weefselselle (iii) Bevat dun wande Watter kombinasie van kenmerke is van toepassing op die kapillêre netwerk? A Slegs (i) en (ii) B Slegs (ii) en (iii) C Slegs (i) en (iii) D (i), (ii) en (iii) 1.1.4 Die vyfrykstelsel, voorgestel deur Whittaker, gebruik die volgende taksa/taksons om organismes te klassifiseer: A Monera, Protista, Fungi, Plantae, Animalia B Eubacteria, Protista, Fungi, Plantae, Animalia C Bacteria, Archae, Eukaryotes, Plantae, Animalia D Archaebacteria, Protista, Eukaryotes, Plantae, Animalia Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.1.5 As deel van 'n ekologiese studie is die biomassa van organismes in 'n gemeenskap bepaal. Die tabel hieronder toon die biomassa. ORGANISME BIOMASSA (kg) R 50 S 10 T 250 U 200 V 3 000 W 75 Uit die data hierbo, watter EEN van die volgende sal 'n moontlike voedselketting wees? A S W U V B T V R S C U T W R D V T W S 1.1.6 'n Persoon wat fossiele bestudeer, is 'n ... A argeoloog. B paleontoloog. C antropoloog. D radioloog. 1.1.7 Watter klassifikasiestelsel gee aan elke spesie 'n naam wat uit twee dele bestaan? A Taksonomiese stelsel B Hiërargiese stelsel C Tweerykstelsel D Binomiale stelsel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 1.1.8 en 1.1.9 is op die diagramme hieronder gebaseer. 1 2 3 4 1.1.8 Die diagramme hierbo illustreer ... A tektoniese plate. B kontinentale drywing. C asteroïed-impak. D vulkaniese aktiwiteit. 1.1.9 Die korrekte volgorde van gebeure gedurende die proses hierbo is … A 4, 3, 2, 1. B 1, 3, 4, 2. C 1, 2, 3, 4. D 1, 4, 3, 2. (9 x 2) (18) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Plante wat aangepas is om in droë habitats te leef 1.2.2 'n Groep voedselkettings wat gerangskik is om aan te dui hoe voeding van organismes ineengeskakel is 1.2.3 Al die stowwe wat 'n pH van minder as 7 het 1.2.4 Die onrekbare membraan wat 'n lagie rondom die hart vorm 1.2.5 'n Operasie uitgevoer om die bloed weg te lei van 'n geblokkeerde deel van 'n koronêre arterie deur 'n klein aartjie uit die been of arm daaraan te heg 1.2.6 Die hoogte bo seevlak 1.2.7 Die verskeidenheid lewende organismes op Aarde 1.2.8 Die verteenwoordiging van 'n tydskaal wat die geskiedenis van lewe op Aarde vertoon 1.2.9 Kalksteengrotte, noordwes van Johannesburg, waar die grootste hoeveelheid hominiedfossiele in die wêreld gevind word 1.2.10 Die dood van alle individue van 'n spesie in die wêreld (10 x 1) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.11) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Die posisie van 'n area in verhouding tot A: Aspek die son B: Helling 1.3.2 Organismes wat op dooie of verrottende A: Saprofiete materiaal voed B: Karnivore 1.3.3 'n Plek wat deur 'n organisme in 'n A: Habitat ekosisteem bewoon word en die interaksie B: Nis daarmee en met ander organismes 1.3.4 Die deel van die Aarde waar lewe gevind A: Atmosfeer word B: Hidrosfeer 1.3.5 Die verlies van water in dampvorm A: Transpirasie B: Verdamping 1.3.6 Wanneer koolstofdioksied uit die A: Respirasie atmosfeer verwyder word B: Fotosintese 1.3.7 Spesies wat slegs in een spesifieke area A: Inheems en nêrens anders in die wêreld gevind B: Endemies word nie 1.3.8 Die tipe organisme wat as 'n skakel tussen A: Dinosourus visse en amfibieë beskou word B: Selakant 1.3.9 'n Fossiel wat kenmerke besit van A: Oorgangsfossiele organismes wat aan twee verskillende B: Afdrukfossiele taksa/taksons behoort 1.3.10 Vroeë landplante in die A: Kolfmosse Grahamstadgebied B: Archaebacteria 1.3.11 Moontlike oorsake vir die sesde massa- A: Klimaatsverandering uitwissing B: Menslike impak (11 x 2) (22) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n voedselketting in 'n tuin. 'n VOEDSELKETTING IN 'n TUIN Roos Roos Groen Liewenheersbesie Lyster plantluis 'n Voedselketting in 'n tuin 2.1.1 Noem die organisme hierbo wat die volgende verteenwoordig: (a) Herbivoor (1) (b) Produsent (1) 2.1.2 'n Roosplant beskik oor 1 000 kJ/m2/jaar energie en slegs 10% van hierdie energie word by elke trofiese vlak van die voedselketting oorgedra. Hoeveel energie sal aan die lyster oorgedra word? Toon AL jou berekeninge. (4) 2.1.3 Indien al die groen plantluise in hierdie tuin verwyder sou word, verduidelik wat met die bevolkings van die volgende sou gebeur: (a) Roosplante (2) (b) Liewenheersbesies (2) (c) Lysters (2) (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 2.2 Drie grondmonsters wat in verskillende streke bymekaargemaak is, is vir luginhoud, waterhouvermoë en humusinhoud ontleed. Die resultate wat verkry is, word in die tabel hieronder vertoon. GRONDMONSTER A B C Luginhoud (%) 30 10 60 Waterhouvermoë (mℓ water wat deur 100 g 20 5 70 grond per minuut beweeg) Humusinhoud (%) 25 10 5 2.2.1 Na aanleiding van die resultate hierbo, watter grondmonster (A, B of C) sal die volgende wees: (a) Leem (1) (b) Klei (1) (c) Sand (1) 2.2.2 Verduidelik die nadele vir die plante wat in grondmonster B groei met verwysing na die waterhouvermoë van water. (2) 2.2.3 Noem TWEE faktore met betrekking tot die samestelling van grondmonster B wat die grond se lae waterhouvermoë tot gevolg gehad het. (2) 2.2.4 Noem TWEE voordele van 'n hoër persentasie humus vir die grond. (2) (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 2.3 Lees die leesstuk hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die Kaapse fynbos-ryk is die kleinste van die wêreld se blomryke. Dit is die tuiste vir meer endemiese en inheemse plante as enige ander streek in Suid-Afrika. Ongeveer 70% van die gebied se 9 000 plantspesies word nêrens anders in die wêreld aangetref nie. Die plante van hierdie bioom, wat meestal klein struike is, groei in grond wat arm aan voedingstowwe is. Hulle oorleef ook die lang, droë somertoestande, asook gereelde brande. Die flora van die Kaap word onder meer deur indringerplante bedreig, asook deur habitatvernietiging deur die mens. Verskeie spesies van die bioom is alreeds uitgewis. Daarom is die bewaring daarvan 'n nasionale bewaringsprioriteit. In 'n poging om hierdie bioom te bewaar, is daar verskeie projekte met die doel om verantwoordelike uitstappies na natuurlike gebiede te onderneem om die omgewing te bewaar, asook om die welstand van plaaslike gemeenskappe te verbeter. 2.3.1 Wat is die naam van die bioom in die leesstuk hierbo? (1) 2.3.2 Definieer 'n bioom. (1) 2.3.3 Gee TWEE redes vir die vernietiging van die habitat deur mense. (2) 2.3.4 Gee TWEE moontlike redes hoekom mense die natuur behoort te bewaar. (2) 2.3.5 Bereken die totale getal spesies wat endemies aan hierdie bioom is. Toon jou berekeninge. (3) 2.3.6 Benoem die tipe toerisme wat in die paragraaf genoem word. (1) 2.3.7 Noem TWEE maniere waarop die plaaslike gemeenskappe uit die tipe toerisme, genoem in VRAAG 2.3.6, voordeel sal trek. (2) (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 2.4 Bestudeer die diagrammatiese voorstelling hieronder van 'n dwarssnee deur 'n aar/vene en 'n slagaar/arterie. 1 2 3 A B 2.4.1 Watter diagram (A of B) verteenwoordig 'n slagaar/arterie? (1) 2.4.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (2) 2.4.3 Watter bloedvat (A of B) het kleppe? (1) 2.4.4 Verskaf die byskrifte vir die dele genommer: (a) 1 (1) (b) 2 (1) (c) 3 (1) (7) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 3 3.1 Bestudeer die twee fossiele (Diagram A en Diagram B) wat ontdek is en as oorgangsfossiele geklassifiseer word. DIAGRAM A DIAGRAM B 3.1.1 Wat is die wetenskaplike naam van die prehistoriese voël in Diagram A? (2) 3.1.2 Verduidelik hoekom wetenskaplikes kon aflei dat hierdie prehistoriese voël 'n oorgangsfossiel is. (4) 3.1.3 Beskryf hoe hierdie fossiel gevorm kon word. (4) 3.1.4 Noem die organisme in Diagram B geïllustreer en noem waar dit in Suid-Afrika gevind is. (2) (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 3.2 Bestudeer die tabel hieronder wat die verval van koolstof-14 oor tyd vertoon en beantwoord dan die vrae wat volg. VERVAL VAN KOOLSTOF-14 Jare van nou af 0 5 730 11 460 17 190 22 920 X 34 380 40 110 Getal halflewens wat verval het 0 1 2 3 4 5 6 7 Persentasie van oorspronklike 100 50 25 12,5 6,25 Z 1,56 0,78 koolstof-14 wat oorbly 3.2.1 Noem TWEE tipes metodes wat gebruik word om die ouderdom van fossiele te bepaal. (2) 3.2.2 Bereken die waarde van: (a) X (2) (b) Z (2) 3.2.3 Verduidelik hoekom dit nie moontlik is om die ouderdom van 'n fossiel wat 80 miljoen jare gelede geleef het, te bepaal deur die gebruik van die verval van koolstof-14 nie. (2) 3.2.4 Gee TWEE redes hoekom daar gapings in die fossielrekords is. (2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 3.3 Bestudeer die grafiek hieronder wat die hoof- uitwissingsgebeurtenisse toon en beantwoord die vrae wat volg. Kryt- uitwissing Ordovisium- uitwissing Permiese uitwissing 3.3.1 Wanneer het die Senosoïkum-tydperk begin? (2) 3.3.2 Watter massa-uitwissing het aan die einde van die Paleosoïkum- tydperk plaasgevind? (1) 3.3.3 Ongeveer hoeveel families van spesies het aan die einde van die Paleosoïkum-tydperk uitgesterf? Toon AL die bewerkings. (3) 3.3.4 Verduidelik hoekom die getal families van organismes na elke massa-uitwissing vinnig toegeneem het. (3) (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V2 15 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 3.4 Die volgende vrae is op die uitwissing van dinosourusse op Aarde gebaseer. 3.4.1 Watter bewyse gebruik wetenskaplikes om aan te toon dat dinosourusse lank gelede op die Aarde geleef het? (1) 3.4.2 Hoe lank gelede het dinosourusse uitgesterf? (2) 3.4.3 Beskryf 'n hipotese wat voorgestel is vir die uitwissing van baie spesies, insluitend die dinosourusse, gedurende die tyd genoem in VRAAG 3.4.2. (6) (9) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 AFDELING C VRAAG 4 Beskryf pulmonêre sirkulasie (die bloedvloei tussen die hart en die longe) en verduidelik hoe die hart geskik is om sy funksie te verrig. Inhoud: (17) Sintese: (3) LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van diagramme of vloeidiagramme toegeken word nie. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 10 Life Sciences

View all