Skip to content

Life Sciences Grade 10 P3 National Exemplar 2012 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 1020124 pages

Grade 10 Life Sciences Paper 3 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com 1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE V3 (PRAKTIES) MODEL 2012 PUNTE: 60 TYD: 1 uur Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V3 (Prakties) 2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 1: WAARNEMING EN TEKENVAARDIGHEDE 20 MINUTE NOTA AAN ONDERWYSER Voorsien leerders van die volgende items: mikroskoop, ui (met die epidermis verwyder), mikroskoopplaatjie, dekglasie, drupper en klein bekertjie met water 1.1 Maak 'n natmonteringsplaatjie ('wet mount') van die ui-epidermis. Jou onderwyser sal die voorbereiding van jou plaatjie assesseer. (6) 1.2 Stel jou mikroskoop op en bestudeer jou plaatjie onder die mikroskoop. Jou onderwyser sal assesseer hoe jy die mikroskoop opgestel het. (5) 1.3 Teken en benoem TWEE selle van jou proefmonster soos onder die mikroskoop gesien. (7) [18] VRAAG 2: DOEN 'N PRAKTIES/INTERPRETEER DATA 15 MINUTE NOTA AAN ONDERWYSER Voorsien leerders van die volgende items: onbekende monster (wit poeier – jy kan kies of dit stysel moet bevat of nie), kookwater in 'n beker, klein proefbuis, jodiumoplossing, Benedict se oplossing/Fehlings A en B, Biuret-oplossing/Millon se reagens, water en 'n drupper. 2.1 Toets die onbekende monster vir die teenwoordigheid van stysel. Skryf neer of dit stysel bevat of nie. Jou onderwyser sal die manier waarop jy die toets uitgevoer het, assesseer. (5) 2.2 Bestudeer die tabel hieronder wat die resultate van sekere toetse op VYF verskillende voedselsoorte toon: A, B, C, D en E. VOEDSEL NAAM VAN TOETS EN KLEURVERANDERING TIPE Benedict se/Fehlings Jodium- Biuret-/Millon Toets toets se toets A Oranje Geel Ligblou/wit B Blou Swart Ligblou/wit C Oranje Geel Pers/baksteenrooi D Blou Swart Pers/baksteenrooi E Oranje Swart Pers/baksteenrooi 2.2.1 Watter voedseltipe (A, B, C, D of E) bevat die volgende: (a) Slegs stysel (2) (b) Slegs glukose (2) (c) Slegs proteïene en glukose (2) (d) Stysel, glukose en proteïene (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V3 (Prakties) 3 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 2.2.2 Rys bevat stysel en proteïene, maar geen glukose. Watter voedseltipe (A, B, C, D of E) is moontlik rys? (2) [15] VRAAG 3: TREK 'N GRAFIEK/INTERPRETEER DATA 15 MINUTE NOTA AAN ONDERWYSER Stel die apparaat op soos in die diagram hieronder getoon. takkie met blare watte proefbuis met water Apparaat wat gebruik word om waterverlies van 'n takkie met blare te ondersoek Die apparaat hierbo is opgestel om die waterverlies van 'n takkie met blare te ondersoek. Die totale massa van die apparaat aan die begin van die ondersoek was 150 g. Die apparaat is toe elke 10 minute geweeg, vir die volgende 50 minute. Na 50 minute is die apparaat buitentoe geneem en weer elke 10 minute vir die volgende 50 minute geweeg. Die tabel hieronder toon die afname in die massa van die apparaat oor tyd in verhouding tot die oorspronklike massa van 150 g. BINNE BUITE Tyd (minute) 0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100 Afname in massa 0 1 3 4 5 9 11 21 24 33 39 (g) 3.1 Trek 'n lyngrafiek van hierdie resultate. (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V3 (Prakties) 4 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 3.2 Noem TWEE omgewingsfaktore wat tot 'n groter afname in die massa na 50 minute kon gelei het. (2) 3.3 Noem EEN manier waarop die betroubaarheid van die resultate verbeter kon word. (1) 3.4 Bereken die massa van die apparaat na 80 minute. Toon ALLE bewerkings. (2) [12] VRAAG 4: HARTDISSEKSIE 10 MINUTE NOTA AAN ONDERWYSER Dissekteer 'n skaap-/varkhart om die lengtedeursnee te toon. Steek spelde met vlaggies/byskrifte (A, B, C, D, E) daarop vas soos volg: A – Aorta B – (Linker)-ventrikel (Byskrif moet Kamer B wees) C – Perikardium D – Tendon E – (Regter)-atrium (Byskrif moet Kamer E wees) F – (Regter)-ventrikel (Byskrif moet Kamer F wees) Bestudeer die gedissekteerde hart met die byskrifte en beantwoord die vrae wat volg. 4.1 Benoem dele A, B, C, D en E. (5) 4.2 Noem EEN funksie van elk van dele A, D en E. (3) 4.3 Verduidelik waarom die deel gemerk B dikker spierwande het as die kamer gemerk F. (3) 4.4 Verduidelik die volgende: 4.4.1 Waarom word bloedvate op die oppervlakte van die hart aangetref? (2) 4.4.2 Waarom vloei bloed nie terug in die atrium wanneer die ventrikels saamtrek nie? (2) [15] TOTAAL: 60 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 10 Life Sciences

View all