Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE V2
2023
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 
%20QP_hlayiso.com_--bb04c5c6-158b-47c6-b2ca-a195e96e93ef/v1-66e2db51f12ca1af3ce5/card.webp)




View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 680.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC June Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1EVOLUTION18 marks
- Question 1.2DNA: THE CODE OF LIFE7 marks
- Question 1.3GENETICS AND INHERITANCE6 marks
- Question 1.4MEIOSIS8 marks
- Question 1.5GENETICS AND INHERITANCE7 marks
- Question 1.6EVOLUTION6 marks
Show all 17 questions
- Question 2.1DNA: THE CODE OF LIFE12 marks
- Question 2.2DNA: THE CODE OF LIFE4 marks
- Question 2.3DNA: THE CODE OF LIFE5 marks
- Question 2.4GENETICS AND INHERITANCE3 marks
- Question 2.5GENETICS AND INHERITANCE18 marks
- Question 2.6GENETICS AND INHERITANCE7 marks
- Question 3.1GENETICS AND INHERITANCE14 marks
- Question 3.2EVOLUTION11 marks
- Question 3.3EVOLUTION7 marks
- Question 3.4EVOLUTION13 marks
- Question 3.5EVOLUTION8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
1.1.1 Volgens Lamarck se teorie vir evolusie …
A word verworwe eienskappe nie oorgeërf nie.
B evolueer organismes omdat hulle by hulle omgewing aanpas.
C is daar variasie tussen nakomelinge.
D het omgewingsveranderinge geen invloed op spesiediversiteit
nie.
1.1.2 Die genotipe vir 'n spesifieke eienskap …
A bevat twee chromosome.
B is die fisiese voorkoms van 'n individu.
C is die samestelling van 'n geenpaar.
D word deur een alleel verteenwoordig.
1.1.3 Nadat wetenskaplikes 'n fossiel ontdek het, het hulle dit as 'n
Afrika-aap geklassifiseer omdat dit 'n ... het.
A groot kranium, 'n prognatiese kakebeen en groot slagtande
B klein kranium, 'n nie-prognatiese kakebeen en groot slagtande
C klein kranium, 'n prognatiese kakebeen en groot slagtande
D groot kranium, 'n prognatiese kakebeen en klein slagtande
1.1.4 Die stellings hieronder beskryf die stappe in die proses om 'n dier
te kloon.
(i) Die embrio word vir ontwikkeling in die uterus van 'n volwasse
vroulike dier ingeplant.
(ii) Die selkern/nukleus van 'n somatiese sel van die skenker
word onttrek.
(iii) Die selkern/nukleus van die somatiese sel word in die ovum
ingeplant.
(iv) Die selkern/nukleus van die ovum van 'n ander individu word
verwyder.
(v) Die ovum met die nuwe selkern/nukleus word 'n elektriese
skok toegedien om seldeling en die vorming van die embrio te
stimuleer.
Watter kombinasie toon die KORREKTE volgorde van die stappe?
A (ii) (iv) (iii) (v) (i)
B (ii) (iii) (iv) (v) (i)
C (i) (ii) (iii) (iv) (v)
D (ii) (iv) (v) (iii) (i)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/2023
SS/NSS
1.1.5 Struike van die familie Proteaceae (bv. Waratahs en proteas) kan
in Australië, Suid-Amerika, Indo-China en dele van Afrika gevind
word, soos in die kaart hieronder getoon.
Suid-
Amerika Afrika Australië
Daar is 'n hipotese dat alle kontinente vroeër een groot kontinent,
met die naam Pangaea, was en dat hulle weens kontinentale
drywing geskei het.
Dit is 'n bewys dat die familie Proteaceae …
A almal aan dieselfde spesie behoort.
B eweredig oor al die kontinente versprei is.
C uitgesterf het toe Pangaea geskei is.
D uit 'n gemeenskaplike voorouer ontstaan het toe Pangaea
geskei is.
1.1.6 Die diagram hieronder toon die DNS/DNA-profiele van 'n meisie,
haar moeder en vier mans.
Mans
Meisie Moeder
1 2 3 4
Watter man is die meisie se biologiese vader?
A 1
B 2
C 3
D 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/2023
SS/NSS
1.1.7 Die volgende is eienskappe van 'n groep diere:
(i) In staat om te kruisteel
(ii) Bewoon dieselfde habitat
(iii) Produseer steriele nakomelinge
(iv) Behoort aan dieselfde spesie
Watter kombinasie verteenwoordig 'n populasie KORREK?
A (i), (ii), (iii) en (iv)
B Slegs (i), (ii) en (iv)
C Slegs (i), (ii) en (iii)
D Slegs (i) en (iv)
1.1.8 Tydens Anafase II van meiose word die twee chromatiede van 'n
chromosoom weg van mekaar getrek en elkeen beweeg na
teenoorgetelde pole teen 'n tempo van 1 mikrometer per sekonde.
Die afstand, in mikrometer, na 20 sekondes tussen die
chromatiede is …
A 10.
B 20.
C 30.
D 40.
1.1.9 Watter EEN van die volgende dui die tipe variasie aan vir elk van
die menslike eienskappe wat gegee word?
Lengte Velkleur Tipes oorlelle
A diskontinue kontinue diskontinue
B kontinue kontinue diskontinue
C diskontinue diskontinue kontinue
D diskontinue kontinue kontinue
(9 x 2) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/2023
SS/NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die tipe oorerwing wat 'n intermediêre fenotipe produseer
1.2.2 Die punt waar naasliggende chromatiede tydens oorkruising
oorvleuel
1.2.3 Die proses waartydens inligting van DNS/DNA na RNS/RNA in die
nukleus van 'n sel gekopieer word
1.2.4 Die suiker wat in 'n DNS/DNA-molekuul gevind word
1.2.5 Die binding wat tussen stikstofbasisse in 'n DNS/DNA-molekuul
voorkom
1.2.6 Die manipulasie van 'n organisme se gene om 'n verlangde
eienskap te verkry
1.2.7 Die voorstelling wat die rangskikking van 'n diploïede stel
chromosome aandui (7 x 1) (7)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Bron van variasie in 'n spesie A: ewekansige paring
B: ewekansige bevrugting
1.3.2 'n Organisme besit twee A: wet van dominansie
faktore wat skei sodat elke B: beginsel van onafhanklike
gameet slegs een van hierdie sortering
faktore besit
1.3.3 Voortplantingsisolasie- A: broei/teel in dieselfde seisoen
meganisme in spesies van die jaar
B: steriele nakomelinge
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/2023
SS/NSS
1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n sel in 'n vroeë stadium van meiose.
R
S
T
1.4.1 Gee die:
(a) Fase van meiose wat verteenwoordig word (1)
(b) Getal chromosome wat getoon word (1)
(c) Getal homoloë chromosoompare (1)
1.4.2 Identifiseer struktuur:
(a) R (1)
(b) S (1)
(c) T (1)
1.4.3 Noem TWEE organe in 'n dier waar meiose plaasvind. (2)
(8)
1.5 Die eiervrugplant dra eetbare vrugte. Wetenskaplikes het die oorerwing van
twee gene, een vir stingeltekstuur en die ander vir vrugvorm, bestudeer.
Die stingels kan glad (N) of stekelrig (n) wees, terwyl die vrugvorm rond (R) of
verleng (r) kan wees.
1.5.1 Noem die tipe kruising wat twee eienskappe bestudeer. (1)
1.5.2 Noem die:
(a) Dominante eienskap vir stingeltekstuur (1)
(b) Resessiewe eienskap vir vrugvorm (1)
1.5.3 Gee die:
(a) Genotipe van 'n plant met 'n stekelrige stingel en verlengde
vrugte (2)
(b) Fenotipe van 'n plant met die genotipe NnRR (2)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/2023
SS/NSS
1.6 Die tabel hieronder toon inligting oor geselekteerde hominiede fossiele.
Wetenskaplikes
Algemene naam
Spesie Fossielterrein verantwoordelik
van die fossiel
vir ontdekking
Malapa-grot
Australopithecus
P in die Wieg van Q
sediba
die Mensdom
Sterkfontein-
Taung-kind R S
grotte
1.6.1 Noem fossiel P. (1)
1.6.2 Identifiseer die spesie by R. (1)
1.6.3 Gee die naam van die wetenskaplike by:
(a) Q (1)
(b) S (1)
(4)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n proses wat tydens proteïensintese
plaasvind.
X
Y
Z C A U A U G G A C
2.1.1 Identifiseer molekuul:
(a) X (1)
(b) Z (1)
2.1.2 Gee die stikstofbasisvolgorde van:
(a) Die DNS/DNA-basisdrietal wat komplementêr is aan die
middelste kodon op molekuul Z (2)
(b) Y (1)
2.1.3 Noem en beskryf die proses wat in die diagram tydens die vorming
van 'n proteïen getoon word. (7)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/2023
SS/NSS
2.2 Die tabel hieronder toon die kodons wat vir sommige aminosure kodeer.
bRNS/mRNA kodon Aminosuur
AUG metionien
CAU histidien
CUA leusien
GUA valien
GAC aspartiensuur
GAG glutamiensuur
GAU aspartiensuur
'n Mutasie het veroorsaak dat 'n DNS/DNA-basisdrietal van CTG na CTA
verander het.
Beskryf die effek van hierdie mutasie op die proteïen wat gevorm is. (4)
2.3 Tabuleer TWEE verskille tussen DNS/DNA- en RNS/RNA-nukleotiede. (5)
2.4 Down-sindroom is die gevolg van 'n individu wat 'n ekstra kopie van
chromosoom 21 besit.
Twee genetiese variasies wat Down-sindroom kan veroorsaak, is:
Trisomie 21
Al die somatiese selle in 'n individu het drie kopieë van chromosoom 21
as gevolg van 'n abnormale proses wat tydens gameetproduksie
plaasvind.
Mosaïek-Down-sindroom
Die individu besit slegs sommige selle met 'n ekstra kopie van
chromosoom 21 wat deur 'n abnormale proses tydens seldeling na
bevrugting veroorsaak word.
2.4.1 Noem die:
(a) Tipe mutasie wat tot Trisomie 21 aanleiding gee (1)
(b) Abnormale proses tydens gameetproduksie wat tot drie kopieë
van chromosoom 21 aanleiding gee (1)
(c) Tipe seldeling wat na bevrugting plaasvind (1)
2.4.2 Beskryf hoe die proses in VRAAG 2.4.1(b) tot Trisomie 21
aanleiding gee. (5)
2.4.3 Beskryf TWEE verskille tussen Trisomie 21 en Mosaïek-Down-
sindroom. (4)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/2023
SS/NSS
2.5 Die diagram hieronder toon die oorerwing van Tay-Sachs, 'n seldsame siekte
wat tot die vernietiging van neurone aanleiding gee. Dit word oorgeërf as 'n
outosomale afwyking wat deur twee allele, (T) en (t), beheer word.
1 2
3 4 5 6
7
Sleutel:
Man sonder Tay-Sachs Man met Tay-Sachs
Vrou sonder Tay-Sachs Vrou met Tay-Sachs
2.5.1 Beskryf wat bedoel word met 'n outosomale afwyking. (2)
2.5.2 Hoeveel seuns het individue 1 en 2? (1)
2.5.3 Gebruik individue 3, 4 en 7 en verduidelik hoe dit afgelei kan word
dat Tay-Sachs-siekte deur 'n resessiewe alleel beheer word. (5)
2.5.4 Individue 1 en 2 kan kinders met drie moontlike genotipes
voortbring.
Maak 'n lys van AL die genotipes wat 'n 25%-kans het om
voortgebring te word. (2)
(10)
2.6 By die mens word hemofilie deur 'n resessiewe alleel op die
X-chromosoom (Xh) veroorsaak.
'n Vrou, wat heterosigoties vir hemofilie is, trou met 'n man met hemofilie.
Gebruik 'n genetiese kruising om die persentasie kans te toon vir die paartjie
om 'n dogter te hê wat homosigoties vir normale bloedstolling is. (7)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 3
3.1 Leerders het 'n ondersoek uitgevoer om vas te stel watter bloedgroep die
algemeenste in hulle gemeenskap was.
Hulle het inligting oor die bloedgroepe van 200 bloedskenkers by elk van die
drie bloedskenk-klinieke in hulle gemeenskap versamel. Hulle het nie persone
wat vir die eerste keer skenk by hulle ondersoek ingesluit nie.
Die sirkelgrafiek hieronder toon die resultate van die ondersoek.
Persentasie van elke bloedgroep in die monster
Bloedgroep A
25%
Bloedgroep O
55%
Bloedgroep B
15%
Bloedgroep AB
5%
3.1.1 Noem die doel van die ondersoek. (2)
3.1.2 Beantwoord die volgende vrae:
(a) Noem DRIE beplanningstappe om in gedagte te hou by die
uitvoer van hierdie ondersoek. (3)
(b) Noem EEN manier waarop die leerders die betroubaarheid van
die resultate verseker het. (1)
(c) Gee EEN rede hoekom hulle nie persone wat vir die eerste
keer bloed skenk, ingesluit het nie. (1)
3.1.3 Bereken die getal deelnemers wat bloedgroep B gehad het. Toon
ALLE bewerkings. (3)
3.1.4 Noem die bloedgroep wat:
(a) Slegs resessiewe allele in die genotipe het (1)
(b) 'n Resultaat van kodominansie is (1)
3.1.5 Gee AL die moontlike genotipes van die bloedgroep wat deur 25%
van die skenkers verteenwoordig word. (2)
(14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/2023
SS/NSS
3.2 Honde is oor baie jare geselekteer en geteel om ongeveer 340 verskillende
honderasse te produseer. Hulle is geteel vir sekere eienskappe wat vir mense
gewens is.
'n Analise van 736 basispare van die sitochroom-b-geen het getoon dat
gryswolwe die enigste direkte voorouer van hedendaagse honderasse is. Alle
honderasse behoort aan die spesie Canis familiaris.
Die tabel hieronder toon 'n paar honderasse en hulle gewenste eienskappe.
Gryswolf Honderasse Eienskappe
Intelligent
Poedel
Liefdevol, vriendelik en
spelerig
Mopshond ('Pug')
Ekstrovert en
avontuurlustig
Sint Bernard
Sterk, atleties en vinnig
Rhodesiese rifrug
3.2.1 Noem die proses waardeur die verskillende honderasse
geproduseer is. (1)
3.2.2 Beskryf hoe mense die proses genoem in VRAAG 3.2.1, uitgevoer
het. (3)
3.2.3 Verduidelik hoe dit bevestig kan word dat al hierdie honderasse aan
dieselfde spesie behoort. (2)
3.2.4 Verduidelik watter honderas wat getoon word, die beste vir jag
gebruik kan word. (2)
3.2.5 Verduidelik hoe hedendaagse honderasse moontlik benadeel word
met betrekking tot hulle gemeenskaplike voorouer. (3)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/2023
SS/NSS
3.3 Beskryf die proses van spesievorming deur geografiese isolasie. (7)
3.4 Die diagram hieronder verteenwoordig die evolusie van die familie Hominidae.
Orangoetang
P Gorilla
Q Bonobo
S
R Sjimpansee
Mens
3.4.1 Noem die tipe diagram wat hierbo verteenwoordig word. (1)
3.4.2 Gee die LETTER van die organisme wat:
(a) Die gemeenskaplike voorouer van alle hominiede is (1)
(b) Die mees onlangse gemeenskaplike voorouer met die gorilla
deel (1)
3.4.3 Noem TWEE organismes wat:
(a) S as 'n gemeenskaplike voorouer het (2)
(b) Viervoetig is (2)
3.4.4 Beskryf DRIE anatomiese eienskappe van die skelet van 'n
viervoetige hominied. (3)
(10)
3.5 Fossielbewyse word gebruik om die 'Uit Afrika'-hipotese te ondersteun.
3.5.1 Stel die 'Uit Afrika'-hipotese. (2)
3.5.2 Beskryf hoe fossielbewyse gebruik word om die 'Uit Afrika'-hipotese
te ondersteun. (6)
(8)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
%20QP_hlayiso.com_--bb04c5c6-158b-47c6-b2ca-a195e96e93ef/v1-66e2db51f12ca1af3ce5/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 GP Prelim 2023 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo (English)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum