Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2013
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2013 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 468.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2013
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN REPRODUCTION20 marks
- Question 1.2HUMAN REPRODUCTION6 marks
- Question 1.3HUMAN REPRODUCTION14 marks
- Question 1.4HUMAN REPRODUCTION5 marks
- Question 1.5HUMAN REPRODUCTION5 marks
- Question 2.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)14 marks
Show all 16 questions
- Question 2.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 3.1EVOLUTION6 marks
- Question 3.2EVOLUTION10 marks
- Question 3.3EVOLUTION5 marks
- Question 3.4EVOLUTION4 marks
- Question 3.5EVOLUTION6 marks
- Question 4.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)10 marks
- Question 4.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS20 marks
- Question 4.3HUMAN REPRODUCTION17 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE tekeninge met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/November 2013
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 'n Verhouding waar organismes van twee spesies wisselwerking
toon wat tot beide se voordeel is, staan as … bekend.
A kommensalisme
B parasitisme
C predasie
D mutualisme
1.1.2 Die sosiale organisasie wat oorlewing van 'n spesie bevorder, is …
A uitwendige bevrugting.
B verdeling van arbeid tussen lede van 'n kolonie.
C simbiose tussen lede van 'n spesie.
D saamwoon in verskillende habitatte.
1.1.3 Watter van die volgende sal lei tot die grootste toename in die
hoeveelheid CO 2 in 'n gebied nadat bome in 'n woud afgekap is?
A Aanplant van gewasse in dieselfde gebied
B Gebruik die afgekapte bome as boumateriaal
C Laat diere in die gebied vry
D Los die grond kaal
1.1.4 Bevolkings groei eksponensieel (teen 'n hoë tempo) as die ...
A immigrasie- en emigrasietempo dieselfde is.
B sterftesyfer bo die geboortesyfer bly.
C geboortesyfer ver bo die sterftesyfer bly.
D emigrasietempo die immigrasietempo oorskry.
1.1.5 'n Navorser het die hipotese getoets dat 'die reeks
klankfrekwensies wat 'n persoon kan hoor, met ouderdom afneem'.
Mans en vroue van verskillende ouderdomme is gekies en
'n klankgenerator wat klank met verskillende frekwensies
voortbring, is gebruik.
Wat was die afhanklike veranderlike in die ondersoek?
A Ouderdom
B Geslag (manlik of vroulik)
C Die klankgenerator
D Die reeks frekwensies wat 'n persoon kan hoor
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/November 2013
NSS
1.1.6 Die tabel hieronder toon die gemiddelde lengte van mans en vroue
van geboorte tot 24 jaar.
Ouderdom Gemiddelde lengte Gemiddelde lengte
(jaar) van mans (cm) van vroue (cm)
0 50 50
4 100 90
8 120 120
12 130 135
16 150 150
20 170 160
24 175 160
Uit hierdie data kan jy geredelik aflei dat …
A mans en vroue hulle maksimum lengte teen dieselfde ouderdom
bereik.
B vroue, in vergelyking met mans, hulle maksimum lengte later
bereik.
C mans langer as vroue is by alle ouderdomme.
D manlike volwassenes gemiddeld langer as vroulike
volwassenes is.
VRAAG 1.1.7 EN 1.1.8 IS OP DIE INLIGTING HIERONDER GEBASEER.
Bevolkingsgrootte kan geskat word deur die formule hieronder te gebruik:
P = bevolkingskatting
M = getal organismes gevang en gemerk
C = getal organismes weer gevang (tweede vangs)
R = getal gemerkte organismes in tweede vangs
M×C
P=
R
In 'n ondersoek om die visbevolking in 'n sekere dam te skat, is die volgende
data verkry:
Vis gevang, gemerk en vrygelaat = 40
Gemerkte vis in die tweede vangs = 12
Ongemerkte vis in die tweede vangs = 48
1.1.7 Die geskatte grootte van die visbevolking is ...
A 1 920.
B 160.
C 200.
D 100.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/November 2013
NSS
1.1.8 Die geldigheid van die ondersoek kan afneem indien die ...
A ondersoek herhaal word en die gemiddelde skatting bereken
word.
B merk wat gebruik is, onskadelik vir die vis was.
C tweede vangs lank na die eerste vangs uitgevoer is.
D eienaar van die dam nie toestemming gegee het dat die
ondersoek gedoen mag word nie.
1.1.9 Bestudeer die diagram hieronder, wat verskeie parameters wat
bevolkingsgrootte beïnvloed, illustreer.
Immigrasie
W Bevolkingsgrootte Emigrasie
Mortaliteit
Watter EEN van die volgende parameters word deur W aangedui?
A Migrasie
B Nataliteit
C Predasie
D Kompetisie
1.1.10 Die tabel hieronder toon die geboorte- en sterftesyfers van vier
verskillende lande in 'n spesifieke jaar.
Land Geboortesyfer Sterftesyfer
(per 1 000 van bevolking) (per 1 000 van bevolking)
1 15 16
2 60 24
3 40 15
4 42 10
Watter land het die hoogste bevolkingsgroei in daardie jaar
getoon?
A Land 1
B Land 2
C Land 3
D Land 4 (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/November 2013
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die fisiese telling van elke individu in 'n bevolking
1.2.2 Die maksimum getal individue wat deur 'n omgewing onder
heersende toestande onderhou kan word
1.2.3 'n Groep bevolkings wat in dieselfde habitat saamwoon
1.2.4 Die strukturele veranderinge wat sommige insekte ondergaan
voordat hulle die volwasse voorkoms bereik
1.2.5 Die struktuur in angiosperme wat tot 'n saad ontwikkel
1.2.6 Die struktuur in 'n blom wat die stempel ondersteun (6)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B OF GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 tot 1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Belangrikheid van sade A: Voedselbron
B: Beskerm die embrio
1.3.2 Organismes wat in staat is om hul eie A: Ontbinders
voedsel deur middel van fotosintese B: Primêre verbruikers
te vervaardig
1.3.3 'n Tipe ongeslagtelike voortplanting in A: Bestuiwing
plante B: Vegetatief
1.3.4 Gebruik vir die behandeling van A: Kogleêre inplantings
middeloorontsteking B: Dreineringspypies
1.3.5 Die oordra van stuifmeel van 'n A: Kruisbestuiwing
helmknop na 'n stempel van B: Selfbestuiwing
dieselfde blom
1.3.6 Bestuiwing wat blomme behels met A: Insek
kroonblare wat gereduseerd of B: Wind
afwesig is
1.3.7 Beperk hitteverlies uit die bloed A: Vasokonstriksie
B: Vasodilasie
(7 x 2) (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/November 2013
NSS
1.4 Bestudeer die grafiek hieronder.
A
Bevolkingsgrootte
B
D
C
Tyd (jaar)
1.4.1 Benoem die volgende fases:
(a) B (1)
(b) C (1)
(c) D (1)
1.4.2 Wat stel die pyle by A op die grafiek voor? (1)
1.4.3 Watter tipe groeikurwe word deur die grafiek voorgestel? (1)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/November 2013
NSS
1.5 Bestudeer die diagram hieronder.
A
B
C
D
E
F
Pas die strukture (A tot F) by die beskrywings (1.5.1 tot 1.5.5) hieronder,
byvoorbeeld 1.5.6 G. 'n Letter mag meer as een keer gebruik word, of glad
nie.
1.5.1 Waar gaswisseling tussen die ma en die fetus plaasvind (1)
1.5.2 Verwyder uitskeidingsprodukte van die fetus (1)
1.5.3 Bevat sterk spiere wat die fetus tydens geboorte sal uitstoot (1)
1.5.4 Afgebind en afgeknip nadat die baba gebore is (1)
1.5.5 Dien as 'n skokabsorbeerder vir die ontwikkelende fetus (1)
(5)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/November 2013
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder toon 'n deel van die sentrale senuweestelsel.
G
A F
E
B
D
C
2.1.1 Gee byskrifte vir elk van die volgende:
(a) C
(b) Mikroskopiese gaping D
(c) E
(d) F
(e) G (5)
2.1.2 Verduidelik EEN gevolg vir die liggaam indien A beskadig sou
word. (2)
2.1.3 Gee TWEE voorbeelde van refleksaksies. (2)
2.1.4 Teken 'n benoemde diagram van neuron B om sy bou te toon. (5)
(14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/November 2013
NSS
2.2 'n Leerder wou ondersoek instel of houtluise verkies om in droë of in klam
toestande te leef. Hy het twee petribakkies gebruik wat aan mekaar verbind is
sodat die houtluise tussen die twee petribakkies kon beweeg. Twintig
houtluise is in sy ondersoek gebruik.
Petribakkie
Droë Nat
filtreer- filtreer-
papier papier
Verbindingskanaal
2.2.1 Noem VIER beplanningstappe wat die leerder in ag moet neem
voordat die ondersoek hierbo op houtluise uitgevoer kan word. (4)
2.2.2 Noem die volgende vir die ondersoek hierbo:
(a) Afhanklike veranderlike (1)
(b) Onafhanklike veranderlike (1)
2.2.3 Noem TWEE faktore wat gedurende die ondersoek hierbo konstant
gehou moet word. (2)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/November 2013
NSS
2.3 Wanneer 'n persoon van helder lig na byna totale donkerte beweeg, is hy
tydelik blind. Na 'n paar minute reageer die stafieselle in elke retina en kan hy
redelik goed sien. Sy oë is nou aangepas vir donkerte. Wanneer hy na helder
lig terugkeer, kan hy vir 'n kort tydperk nie duidelik sien nie totdat die
keëltjieselle in elke retina reageer. Dan kan hy weer goed sien en sy oë is nou
aangepas vir lig.
Die graad van skerpte van detail wat deur 'n oog waargeneem word, word
gesigskerpte (visuele akuïteit) genoem. Die grafiek hieronder toon die
gesigskerpte (visuele akuïteit) vir 'n oog wat aangepas is vir donkerte en 'n
oog wat aangepas is vir lig.
Toenemende relatiewe gesigskerpte
Punt Y
Oë aangepas vir lig
Streek X
Oë aangepas vir donkerte
Kant van oog Geel Kant van oog
vlek
Retina
2.3.1 Verduidelik die verskil tussen 'n oog wat aangepas is vir lig en 'n
oog wat aangepas is vir donkerte. (2)
2.3.2 In watter tipe oog is die relatiewe gesigskerpte die grootste by die:
(a) Geel vlek (2)
(b) Kant van die oog by punt Y (2)
2.3.3 Identifiseer streek X op die grafiek. (1)
2.3.4 Gee die rede waarom die gesigskerpte vir beide tipes oë nul is by
streek X op die retina. (1)
(8)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 3
3.1 Die grafiek hieronder toon die oorlewing in twee lande (A en B).
Survivorship in two countries
Oorlewing in twee lande
10 000
GetalNumber
of survivors
B
8 000
oorlewendes
6 000
4 000
A
2 000
0
0 20 40 60 80 100
Age as a percentage
Ouderdom of the life-span
as 'n persentasie
van lewensduur
3.1.1 Watter kurwe (A of B) verteenwoordig oorlewing in 'n
ontwikkelende land? (1)
3.1.2 Gee TWEE verduidelikings vir jou antwoord op VRAAG 3.1.1. (4)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/November 2013
NSS
3.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Statistiek oor renosterstropery in Suid-Afrika toon dat renosterstropery aan
die toeneem is. In 2005 is 13 renosters gestroop. Hierdie syfer styg elke jaar
geleidelik en in 2011 is 448 renosters gestroop.
Die renosterhorings word na sekere lande in die Ooste gesmokkel, waar dit
onwettig en teen baie hoë pryse verkoop word.
Hierdie renosterhorings word gebruik om seksstimuleermiddels en ook
ornamente te maak. Dit word ook gebruik om geneesmiddels te maak, wat, so
word daar geglo, kanker en ander kwale kan genees.
[Aangepas uit the iol news, April 2012]
3.2.1 Wat is stropery? (1)
3.2.2 Gee EEN rede wat in die teks hierbo genoem word, vir die
toename in renosterstropery in Suid-Afrika. (1)
3.2.3 Noem TWEE maniere waarop Oosterse lande hierdie
renosterhorings gebruik. (2)
3.2.4 Verduidelik waarom ons bekommerd moet wees oor die probleem
van toenemende renosterstropery in Suid-Afrika. (2)
3.2.5 Verduidelik TWEE maniere waarop die Suid-Afrikaanse regering
renosterstropery kan voorkom. (4)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/November 2013
NSS
3.3 Twee seevoëls, Phalacrocorax aristotelis (algemeen bekend as die seeduiker)
en Phalacrocorax canbo (algemeen bekend as die kormorant) het dieselfde
voedingsgebied en bou hul neste op dieselfde berghange.
Die tabel hieronder toon die persentasies van die verskillende prooie wat deur
elk van hierdie tipes seevoëls gevreet word.
% prooi deur elk gevang
Prooi Seeduiker Kormorant
Swem naby die Sandpaling 49 2
oppervlak van die Haring 48 4
water
Swem naby die Platvis 1 42
bodem van die Garnaal 2 52
water
3.3.1 Verduidelik waarom die seeduikers en die kormorante nie in direkte
kompetisie met mekaar is nie, alhoewel hulle dieselfde
voedingsgebied het. (2)
3.3.2 Noem die verskynsel wat in VRAAG 3.3.1 verduidelik is. (1)
3.3.3 Noem EEN bron wat hierbo genoem is, waarvoor die twee spesies
met mekaar kompeteer. (1)
3.3.4 Noem die tipe kompetisie wat tussen die twee spesies plaasvind vir
die bron in VRAAG 3.3.3 genoem. (1)
(5)
3.4 Die vloeidiagram hieronder toon 'n sekere tipe plantsuksessie wat op kaal
rots, wat nog nooit voorheen bewoon/gekoloniseer is nie, begin.
Kors- Grasse en
Kaal mosse kruidagtige Klein Woude
rots en plante struike
mosse
1 2 3 4 5
3.4.1 Noem die tipe suksessie waarby die organismes in die diagram
betrokke is. (1)
3.4.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1. (1)
3.4.3 Skryf die versamelnaam neer van die plante in blokkie 2, op grond
van hulle rol in suksessie. (1)
3.4.4 Noem EEN rol van die organismes in VRAAG 3.4.3 genoem in
suksessie. (1)
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 15 DBE/November 2013
NSS
3.5 'n Tipe seegras (Caulerpa taxifolia) is per ongeluk in 'n nuwe omgewing
ingebring. In hierdie nuwe omgewing het hierdie seegras twee keer vinniger
as die plaaslike seegrasse gegroei. Herbivore kon nie C. taxifolia eet nie
omdat dit 'n chemikalie vervaardig het wat dit oneetbaar gemaak het.
Wetenskaplikes het aanvanklik chloor gebruik om C. taxifolia uit te roei,
maar oorweeg dit nou om see-naakslakke (marineslakke), wat van die
seegras leef, te gebruik.
3.5.1 Verduidelik wat met die bevolkingsgrootte van die vleisetende vis
(karnivoor) wat van die herbivore leef, kan gebeur indien die
plaaslike seegrasse deur C. taxifolia verdring word. (3)
3.5.2 Noem 'n moontlike rede waarom dit nie raadsaam is om chloor te
gebruik om C. taxifolia uit te roei nie. (1)
3.5.3 Verduidelik 'n moontlike nadeel daarvan om see-naakslakke te
gebruik om die C. taxifolia-bevolking te beheer. (2)
(6)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 16 DBE/November 2013
NSS
AFDELING C
VRAAG 4
4.1 'n Leerder het die uitwerking van twee plantgroeistowwe, gibberelliene en
ouksiene, op apikale dominansie ondersoek. Die apikale knoppe van nege
ertjieplante van dieselfde spesie, ouderdom en hoogte is verwyder. Hierdie
plante is toe gelykop in drie groepe verdeel. In elke groep is die gesnyde
oppervlak van die oorblywende loot (groeiende stingel) van die ertjieplante op
een van die volgende maniere behandel:
Groep 1: Bedek met 'n pasta wat gibberelliene van dieselfde konsentrasie
bevat
Groep 2: Bedek met 'n pasta wat ouksiene van dieselfde
konsentrasie bevat
Groep 3: Bedek met slegs 'n pasta (wat geen plantgroeihormone bevat
nie)
Die hormone versprei (diffundeer) in die plant in totdat geen hormone meer in
die pasta oorbly nie.
Die behandelde plante is almal onder dieselfde toestande in die laboratorium
gekweek. Die lengte van die sytakke van elke plant is na elke tweede dag vir
'n tydperk van 12 dae gemeet. Metings is op dieselfde tyd vir al die
behandelde plante geneem en die gemiddeld is vir elke groep bereken.
Die resultate van die ondersoek word in die grafiek hieronder getoon.
Gemiddelde lengte van sytakke vir drie groepe oor tyd
Gemiddelde lengte van Ouksiene
Gibberelliene
sytakke (mm)
Slegs pasta
Dae na behandeling
4.1.1 Noem EEN funksie van die gibberelliene wat tot die resultate in die
ondersoek gelei het. (1)
4.1.2 Bereken die verskil in die gemiddelde lengte van die sytakke
tussen die plante wat met gibberelliene behandel is en die plante
wat slegs met die pasta behandel is op die 8ste dag ná die
behandeling. Toon ALLE bewerkings. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 17 DBE/November 2013
NSS
4.1.3 Noem TWEE maniere waarop die betroubaarheid van die
ondersoek verhoog kan word. (2)
4.1.4 Gebruik die resultate om die uitwerking van ouksiene op die groei
van die sytakke te verduidelik. (4)
(10)
4.2 Diabetes mellitus word gewoonlik gekoppel aan die liggaamsmassa-indeks
(LMI), wat soos volg bereken word:
massa (kg)
LMI =
lengte 2 (m 2 )
'n Ondersoek is gedoen om die relatiewe risiko vir die ontwikkeling van
diabetes mellitus in vroue vir elke LMI te bepaal.
Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
Liggaamsmassa-indeks Relatiewe risiko vir die
(LMI) ontwikkeling van diabetes
(kg/m2) mellitus in vroue (%)
<20 7,5
20–25 18,0
26–30 37,5
31–35 57,0
>35 74,5
[Aangepas uit American Diabetics Association, Maart 2007]
4.2.1 Gebruik die data in die tabel hierbo en trek 'n histogram. (6)
4.2.2 Noem die hormoon wat diabetes mellitus veroorsaak indien dit
ontoereikend is. (1)
4.2.3 Noem die orgaan wat die hormoon genoem in VRAAG 4.2.2 afskei. (1)
4.2.4 Noem TWEE ander hormone (behalwe die een in VRAAG 4.2.2
genoem) wat die bloedglukosevlak beïnvloed. (2)
(10)
4.3 Beskryf die menstruele siklus en hoe dit deur verskillende hormone beïnvloed
word.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme of diagamme nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2013 Memo (English)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2013 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum