Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 




%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 438.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC November Exam 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
1.1.1 Watter EEN van die volgende verwys na 'n geleidelike verandering
in die struktuur van organismes met verloop van tyd?
A Natuurlike seleksie
B Mutasie
C Evolusie
D Spesiasie
1.1.2 Bestudeer die meganismes hieronder:
(i) Spesie-spesifieke hofmakery
(ii) Onvrugbare nakomelinge
(iii) Aanpassing by verskillende bestuiwers
(iv) Teel/Broei op dieselfde tyd van die jaar
Watter EEN van die kombinasies hieronder verteenwoordig
voortplantingsisoleringsmeganismes?
A Slegs (i), (ii) en (iv)
B Slegs (ii), (iii) en (iv)
C Slegs (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii), (iii) en (iv)
1.1.3 'n DNS/DNA-monster het 60 guanienbasisse en 30 adenien-
basisse.
Hoeveel fosfaatmolekules sou jy in hierdie DNS/DNA-monster
verwag?
A 30
B 90
C 180
D 270
1.1.4 Die evolusieteorie word deur 'n vergelykende studie oor die
struktuur van die voorste ledemate van gewerweldes uit die
fossielrekord ondersteun.
Watter EEN van die volgende verteenwoordig die stelling hierbo?
A Genetiese bewyse
B Modifikasie deur afstammeling
C Natuurlike seleksie
D Biogeografie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/November 2019
NSS
1.1.5 Die diagram hieronder toon die oorerwingspatroon van 'n afwyking.
SLEUTEL
Man nie geaffekteer nie
Vrou nie geaffekteer nie
Vrou geaffekteer
Daar kan afgelei word dat die afwyking deur 'n …, veroorsaak
word.
A resessiewe alleel, met beide ouers heterosigoties
B dominante alleel, met beide ouers heterosigoties
C resessiewe alleel, met een ouer homosigoties resessief terwyl
die ander een heterosigoties is
D dominante alleel, met een ouer heterosigoties terwyl die ander
een homosigoties resessief is
1.1.6 Die tabel hieronder vergelyk die uitsterwingstempo van
soogdierspesies oor twee verskillende tydperke.
TYDPERK UITSTERWINGSTEMPO
(JARE) (PER 100 JAAR)
1500–1900 4,5
1900–2000 90
Wat is die verhouding tussen die uitsterwingstempo van 1500 tot
1900 in vergelyking met die uitsterwingstempo van 1900 tot 2000?
A 1 : 20
B 1:2
C 2:1
D 20 : 1
1.1.7 Bestudeer die volgende effekte:
(i) Die dubbele heliks DNS/DNA sal nie tydens DNS/DNA-
replisering afdraai nie
(ii) bRNS/mRNA sal nie vorm nie
(iii) DNS/DNA-replisering sal nie plaasvind nie
(iv) Translasie in proteïensintese sal nie plaasvind nie
Watter EEN van die volgende kombinasies van effekte sal die
gevolg wees indien die waterstofbindings in DNS/DNA sterk was?
A Slegs (i), (ii) en (iv)
B Slegs (i), (ii) en (iii)
C Slegs (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE DIAGRAM HIERONDER WAT 'N
DEEL VAN 'N DNS/DNA-MOLEKUUL VOOR EN NA 'N MUTASIE TOON.
A A C T A G C T T mutasie A A C T C G C T T
Voor Na
1.1.8 Die mutasie …
A sal 'n ekstra chromosoom tot gevolg hê.
B sal dieselfde proteïen produseer indien daar vir 'n ander
aminosuur gekodeer word.
C sal 'n ander proteïen produseer indien daar vir 'n ander
aminosuur gekodeer word.
D is die gevolg van 'n ekstra chromosoom.
1.1.9 Watter EEN van die volgende beskryf die mutasie die beste?
A Meer as een stikstofbasis is verander.
B Adenien is na sitosien verander.
C Adenien is na timien verander.
D Sitosien is na adenien verander. (9 x 2) (18)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die stikstofbasis wat in boodskapper-RNS/mRNA, maar nie in
DNS/DNA aangetref word nie
1.2.2 'n Verduideliking wat evolusie as lang tydperke met min verandering
wat afgewissel word deur kort tydperke met vinnige verandering
beskryf
1.2.3 Die permanente verdwyning van 'n spesie vanaf die Aarde
1.2.4 Genus waaraan Little Foot en Mev. Ples behoort
1.2.5 Die selorganel waaraan bRNS/mRNA tydens proteïensintese heg
1.2.6 Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom
1.2.7 Die suiker wat deel van 'n nukleotied in RNS/RNA vorm
1.2.8 Die gebruik van lewende organismes en hul biologiese prosesse om
die gehalte van menselewens te verbeter (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/November 2019
NSS
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Ligging van DNS/DNA in 'n A: Mitochondrium
mens B: Nukleus
1.3.2 Oorerwing van verworwe A: Mendel
eienskappe B: Darwin
1.3.3 Was die eerste om die dubbele A: Mendel en Watson
heliksstruktuur van DNS/DNA B: Watson en Crick
te ontdek
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/November 2019
NSS
1.4 Die diagramme hieronder verteenwoordig verskillende fases van meiose.
1 2
A
3 4
B C
1.4.1 Identifiseer deel:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.4.2 Gee die NOMMER en NAAM van die fase wat die volgende toon:
(a) Ewekansige rangskikking van chromosome op die ewenaar (2)
(b) Oorkruising (2)
(c) Nie-verdeling/-skeiding (2)
1.4.3 Hoeveel chromosome sal aangetref word by:
(a) Die selle aan die einde van meiose soos in die diagramme
getoon (1)
(b) 'n Normale, menslike sperm (1)
(c) Die somatiese selle van 'n normale moeder wat 'n seun met
Down-sindroom het (1)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/November 2019
NSS
1.5 'n Sekere plantspesie het die volgende allele vir elke eienskap:
Getal sade per peul P: een saad
p: drie sade
Blaarvorm L: normale vorm
l: verrimpelde vorm
Die tabel hieronder toon die nageslag wat geproduseer is deur 'n genetiese
kruising tussen twee plante van hierdie spesie.
FENOTIPE GETAL NAKOMELINGE
Een saad en verrimpelde blare 100
Een saad en normale blare 290
Drie sade en verrimpelde blare 32
Drie sade en normale blare 96
1.5.1 Hoeveel gene van die plant word hier in aanmerking geneem? (1)
1.5.2 Noem die dominante fenotipes van die plant. (2)
1.5.3 Gee die:
(a) Genotipe van elke ouer (2)
(b) Getal nakomelinge wat homosigoties resessief vir beide
kenmerke is (1)
(6)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van 'n proses wat by die vorming van
'n proteïen betrokke is.
W X
X X
Y
X
G A U U U C Z
A U G A C C C U A A A G A C C AX A U
2.1.1 Identifiseer:
(a) Molekuul Y (1)
(b) Die groep stikstofbasisse Z (1)
2.1.2 Indien X die volgende aminosuur is wat na W benodig word,
identifiseer dan:
(a) Stikstofbasis 1, 2 en 3 (2)
(b) Die DNS/DNA-basisdrietal wat vir X kodeer (2)
(6)
2.2 Beskryf die proses van transkripsie. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/November 2019
NSS
2.3 By sekere mariene ongewerweldes is die kleur van die skulp onder die
beheer van een geen met drie allele. In verskillende kombinasies produseer
die drie allele vier fenotipes: oranje, geel, oranje-geel en swart.
Die tabel hieronder toon die resultate van die nageslag wat voortgebring is
deur kruisings wat ouers van verskillende fenotipes betrek.
FENOTIPES VAN SKULPE
KRUISING
OUERS NAGESLAG
1 Geel x Geel 27 geel: 9 swart
2 Swart x swart Almal swart
3 Oranje x oranje 30 oranje: 10 swart
4 Oranje x geel Almal oranje-geel
2.3.1 Noem en beskryf die dominansie wat deur kruising 4 getoon word. (3)
2.3.2 Watter skulpkleur word deur die resessiewe alleel beheer? (1)
2.3.3 Gebruik inligting in die tabel om jou antwoord op VRAAG 2.3.2 te
ondersteun. (2)
(6)
2.4 Die rug van die luiperdpadda (Rana pipiens) kan gevlek wees, soos in die
diagram hieronder, of ongevlek wees.
Gevlekte paddas is toegelaat om te kruisteel en hulle het 150 gevlekte
nakomelinge en 50 nakomelinge sonder vlekke opgelewer.
2.4.1 Watter fenotipe is dominant? (1)
2.4.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (2)
2.4.3 'n Padda wat heterosigoties vir gevlekte rug is, is met 'n padda
sonder vlekke gekruis.
Gebruik die letters D en d en stel 'n genetiese kruising voor om die
verwagte genotipes en fenotipes van die F1-generasie aan te dui. (6)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/November 2019
NSS
2.5 Die E. coli-bakterie leef in die ingewande van varke waar hulle vinnig
voortplant. Sekere E. coli-stamme veroorsaak diarree by jong varkies.
Wetenskaplikes het 100 varkies gebruik om 'n ondersoek te doen om die
weerstand van E. coli teen twee antibiotikums, A en B, vas te stel.
Die wetenskaplikes het:
Die varkies met antibiotikum A en antibiotikum B ingespuit
'n Week later 'n monster van E. coli uit die ingewande van elke varkie
geneem en in verskillende petribakkies geplaas
Toegelaat dat die bakterieë vir 24 uur groei
Antibiotikum A by een petribakkie en antibiotikum B by die ander
petribakkie gevoeg
Die groei van die bakterieë in elke petribakkie na 24 uur gemeet
Die groeimeting gebruik as 'n aanduiding van die weerstand van die
bakterieë teen elke antibiotikum
Die proses oor 'n periode van ses maande herhaal
Die gemiddelde persentasie weerstand teen beide antibiotikums bereken
Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
Gemiddelde persentasie weerstand van E. coli teen
twee tipes antibiotikums
Gemiddelde weerstand (%)
100
Antibiotikum A
80
60
40
Antibiotikum B
20
0
0 1 2 3 4 5 6 7
Tyd (maande)
2.5.1 Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)
2.5.2 Identifiseer TWEE faktore wat tydens hierdie ondersoek konstant
gehou moet word. (2)
2.5.3 Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die
betroubaarheid van die ondersoek verseker het. (2)
2.5.4 Watter antibiotikum sal jy vir die beheer van E. coli by varkies
aanbeveel? (1)
2.5.5 Ondersteun jou antwoord op VRAAG 2.5.4 met gebruik van
bewyse in die grafiek. (2)
2.5.6 Verduidelik die resultate wat vir antibiotikum A in die grafiek getoon
word ten opsigte van natuurlike seleksie. (5)
(13)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3
3.1 Die diagramme hieronder toon die skedels van twee spesies van primate.
Skedel 1 Skedel 2
3.1.1 Tabuleer DRIE sigbare verskille tussen skedel 1 en skedel 2 wat
tendense in menslike evolusie toon. (7)
3.1.2 Gee VIER eienskappe van die boonste ledemate wat mense met
ander primate deel. (4)
3.1.3 Verduidelik hoe 'n toename in kraniale volume met intelligensie
verband hou. (3)
(14)
3.2 Mense is tweevoetige (bipedale) organismes.
3.2.1 Wat word met tweevoetigheid (bipedalisme) bedoel? (2)
3.2.2 Verduidelik hoe elk van die volgende skeletstrukture tot
tweevoetigheid by die mens bygedra het:
(a) Foramen magnum (2)
(b) Bekkengordel (2)
(c) Ruggraat (2)
(8)
3.3 Beskryf die proses van spesiasie deur geografiese isolasie. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/November 2019
NSS
3.4 Lees die volgende uittreksel.
MUTASIE IN GEEN STEL TIBETTANE IN STAAT
OM OP HOË HOOGTE BO SEESPIEËL TE OORLEEF
Dit is moontlik om die lae suurstofinhoud op hoë hoogtes te hanteer.
Een manier is vir die liggaam om meer rooibloedselle te produseer in reaksie
op 'n toename in hoogte bo seespieël.
'n Ander manier om dit te hanteer het by die Tibettane ontwikkel as gevolg
van 'n geenmutasie wat hulle by hul voorouers oorgeërf het. Die mutante
geen help hulle om die lae hoeveelheid suurstof teenwoordig meer
doeltreffend te gebruik. Die mutante geen is in 87% van die Tibettaanse
bevolking gevind, maar slegs in 9% van die Han-bevolking wat op 'n laer
hoogte bo seespieël as die Tibettane leef.
3.4.1 'n Geenmutasie het variasie tussen die Tibettaanse bevolking en
die Han-bevolking veroorsaak.
Noem DRIE ander vorme van variasie in 'n menslike bevolking. (3)
3.4.2 Gee bewyse in die uittreksel wat voorstel dat die oorlewing van
mense wat op hoë hoogtes bo seespieël woon, moontlik kan wees:
(a) As gevolg van 'n geneties oorgeërfde eienskap (1)
(b) Deur 'n omgewingsfaktor veroorsaak (1)
3.4.3 Verduidelik die voordeel daarvan om meer rooibloedselle te
produseer. (2)
3.4.4 Beskryf hoe Lamarck die oorlewing van die Tibettane op hoë
hoogtes bo seespieël sou verduidelik het. (5)
(12)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/November 2019
NSS
AFDELING C
VRAAG 4
Soms word die vaderskap van 'n seun of 'n dogter betwis.
Beskryf geslagsbepaling by die mens en verduidelik hoe bloedgroepering en
DNS/DNA-profiele in vaderskaptoetse gebruik word.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van 'n tabel,
vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum