Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2019
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 



%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262/v1-9fddf458683371f84878/card.webp)

View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 399.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC November Exam 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
BEGINSELS MET BETREKKING TOT DIE NASIEN VAN LEWENSWETENSKAPPE
1. Indien meer inligting as die puntetoekenning gegee word
Hou op merk nadat die maksimum punte verkry is en trek 'n kronkellyn en dui
'maks'-punte in die regterkantse kantlyn aan.
2. Indien, byvoorbeeld, drie redes vereis en vyf word gegee
Merk net die eerste drie ongeag of almal of sommige korrek/nie korrek is nie.
3. Indien die hele proses beskryf word terwyl slegs 'n deel vereis word
Lees alles en krediteer die relevante dele.
4. Indien vergelykings vereis word, maar beskrywings word gegee
Aanvaar indien die verskille/ooreenkomste duidelik is.
5. Indien tabulering vereis word, maar paragrawe word gegee
Kandidate sal punte verbeur indien nie getabuleer nie.
6. As geannoteerde diagramme aangebied word, terwyl beskrywings
vereis word
Kandidate sal punte verbeur.
7. Indien vloeidiagramme i.p.v. beskrywings aangebied word
Kandidate sal punte verbeur.
8. Indien die volgorde vaag is en skakelings nie sin maak nie
Krediteer waar volgorde en skakelings korrek is. Waar volgorde en skakelings
nie korrek is nie, moenie krediteer nie. As die volgorde en skakelings weer
korrek is, gaan voort om te krediteer.
9. Onherkenbare afkortings
Aanvaar indien dit aan die begin in die antwoord omskryf is. Indien dit nie
omskryf is nie, moenie die onherkenbare afkorting krediteer nie, maar
krediteer die res van die antwoord indien dit korrek is.
10. Verkeerd genommer
Indien die antwoord die regte volgorde van die vrae pas, maar die verkeerde
nommer word gegee, is dit aanvaarbaar.
11. Indien taal wat gebruik word, die bedoelde betekenis verander
Moenie aanvaar nie.
12. Spelfoute
Aanvaar as dit herkenbaar is, mits dit nie iets anders in Lewenswetenskappe
beteken nie of as dit buite konteks is.
13. Indien gewone name gegee word in terminologie
Aanvaar, mits dit by die nasionale memobespreking aanvaar is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
14. Indien slegs die letter vereis word, maar slegs die naam word gegee (en
andersom)
Moenie krediteer nie
15. As eenhede nie in mate aangedui word nie
Kandidate sal punte verbeur. Memorandum sal afsonderlik punte vir eenhede
aandui.
16. Wees sensitief vir die betekenis van die antwoord, wat soms op
verskillende maniere aangebied kan word.
17. Opskrif
Alle illustrasies (diagramme, grafieke, tabelle, ens.) moet 'n opskrif hê.
18. Vermenging van amptelike tale (terme en konsepte)
'n Enkele woord of twee wat in enige amptelike taal voorkom anders as die
leerder se assesseringstaal waarin die meeste van sy/haar antwoorde
aangebied word, moet gekrediteer word, indien dit korrek is. 'n Nasiener wat
in die relevante amptelike taal vaardig is, moet geraadpleeg word. Dit geld vir
alle amptelike tale.
19. Veranderinge aan die memorandum
Geen veranderinge mag aan die goedgekeurde memorandum aangebring
word sonder dat daar met die provinsiale interne moderator beraadslaag is,
wat op sy/haar beurt met die nasionale interne moderator (en die Umalusi-
moderatore indien nodig) sal beraadslaag, nie.
20. Amptelike memorandums
Slegs memorandums wat die handtekeninge van die nasionale interne
moderator en die Umalusi-moderatore bevat en deur die Nasionale
Departement van Basiese Onderwys via die provinsies versprei word, mag
gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C
1.1.2 C
1.1.3 C
1.1.4 B
1.1.5 A
1.1.6 A
1.1.7 C
1.1.8 C
1.1.9 B (9 x 2) (18)
1.2 1.2.1 Urasiel
1.2.2 Gepunte/gepunkte ewewig
1.2.3 Uitsterwing /Uitsterf/ Uitwissing
1.2.4 Australopithecus
1.2.5 Ribosoom
1.2.6 Lokus
1.2.7 Ribose
1.2.8 Biotegnologie (8 x 1) (8)
1.3 1.3.1 Beide A en B
1.3.2 Geeneen
1.3.3 Slegs B (3 x 2) (6)
1.4 1.4.1 (a) Sentriool/sentrosoom (1)
(b) Chromosoom (1)
(c) Selmembraan/plasmamembraan/plasmalemma (1)
1.4.2 (a) 2- Metafase II (2)
(b) 4- Profase I (2)
(c) 1- Anafase I (2)
1.4.3 (a) 2 /3 en 1 (1)
(b) 23 (1)
(c) 46 (1)
(12)
1.5 1.5.1 2 (1)
1.5.2 - Normale blare/normale vorm
- Een saadper peul (2)
1.5.3 (a) PpLl
OF
PpLlx PpLl/PpLl ; PpLl (2)
(b) 32 (1)
(6)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 (a) tRNA/oRNS /oordrag RNA/RNS (1)
(b) Antikodon (1)
2.1.2 (a) UGG (in die regte orde) (2)
(b) TGG (in die regte orde) (2)
(6)
2.2 - Die dubbele heliks DNA/DNS draai af en
- rits los/swak waterstofbindings breek
- om twee aparte stringe te vorm
- Een string dien as templaat
- om mRNA/bRNS te vorm
- deur vrye RNA/RNS-nukleotiede van die nukleoplasma te
gebruik
- Die mRNA/bRNS is 'n komplement van die DNS/DNA
- Die gekodeerde boodskap vir proteïensintese is dus gekopieer
op mRNA/bRNS Enige 6 (6)
2.3 2.3.1 Kodominansie
- Die fenotipes/allele van die ouers is ewe dominant(oranje en
geel)
- en word beide uitgedruk in die fenotipe van die nageslag (3)
2.3.2 Swart (1)
2.3.3 - In kruising 1 is beide ouers geel/geeneen van die ouers swart
- maar swart verskyn in die fenotipe van die nageslag
OF
- In kruising 3 is beide ouers oranje/geeneen van die ouers
swart
- maar swart verskyn in die fenotipe van die nageslag
OF
- Die verhouding van die nageslag in kruising 1 (geel en geel)/
kruising 3 (oranje en oranje) is 3 geel/oranje :1 swart
- Die kleiner proporsie verteenwoordig die resessiewe alleel/
swart (2)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.4 2.4.1 Gevlekterug (1)
2.4.2 Gevlekte paddas het nakomelinge sonder vlekke geproduseer
OF
Die gevlekte nakomelinge was driemaal meer as die nakomelinge
sonder vlekke /verhouding van gevlekte nakomelinge teenoor
nakomelinge met vlekke is 3:1 (2)
2.4.3 P1 Fenotipe Gevlek x Geen vlekke
Genotipe Dd x dd
Meiose
G/gamete D, d x d, d
Bevrugting
F1 Genotipe Dd ; Dd ; dd ; dd*
Fenotipe (2) gevlek : (2) sonder vlekke*
P 1 en F 1
Meiose and bevrugting 2 Verpligtend + Enige 4 ander
OF
P1 Fenotipe Gevlek x Geen vlekke
Genotipe Dd x dd
Meiose
Gamete D d
Bevrugting d Dd dd
d Dd dd
1 punt vir korrekte gamete
1 punt vir korrekte genotipes*
F1 Fenotipe (2) gevlek : (2) sonder vlekke*
P 1 en F 1
Meiose en bevrugting 2 Verpligtend + Enige 4 ander (6)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.5 2.5.1 Tipe antibiotikum (1)
2.5.2 Dieselfde:
- Omgewingstoestande/voorbeeld
- Hoeveelheid van die antibiotikum
- Konsentrasie van die antibiotikum
- Tyd van die aanvanklike toediening van die antibiotika
- Ouderdom van die varkies
- Spesie van die varkies
- Tipe kos aan varkies gegee
- Hoeveelheid kos aan varkies gegee
- Grootte/massa van die varkies
- Grootte van die petribakkies
- Groeimedium in beide stelle petribakkies
- Monstergrootte van E. coli
- Metode om lesings te neem
- Persoon wat die lesings neem
- Tydsinterval tussen neem van lesings Enige 2 (2)
(Merk slegs die eerste TWEE)
2.5.3 - Die ondersoek is gedoen oor 'n tydperk van ses maande
- Neem baie afmetings/bereken die gemiddelde weerstand
- 'n Groot monstergrootte is gebruik/100 varkies Enige 2 (2)
(Merk slegs die eerste TWEE)
2.5.4 Antibiotikum B (1)
2.5.5 - Die gemiddelde persentasie weerstand van E.coli teen
antibiotikum B is laer as hulle weerstand teen antibiotikum A
- dus sal meer E. coli bakterieë in die teenwoordigheid van
antibiotikum B doodgaan (2)
2.5.6 - Daar was variasie in die bevolking van E. coli bakterieë
- Sommige was weerstandbiedend teen antibiotikum A
- ander was nie weerstandbiedend nie
- Daardie E. coli bakterieë wat nie weerstandbiedend was teen
antibiotikum A nie het doodgegaan
- Die wat weerstandbiedend teen antibiotikum A was het
oorleef/voortgeplant
- en het die weerstandbiedende allele oorgedra aan hul nageslag
- Met verloop van tyd het die weerstand teen antibiotikum A
toegeneem/die persentasie van E. coli bakterieë wat doodgaan
het afgeneem Enige 5 (5)
(13)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Skedel 1 Skedel 2
Wenkbrou-riwwe prominent Wenkbrou-riwwe minder
prominent
Meer uitstaande kake/ Minder uitstaande kake/
prominent of prognaat nie-prominent of nie-prognaat
Groter kake Kleiner kake
Kleiner kraniumgrootte Groter kraniumgrootte
Groter tande/slagtande Kleiner tande/slagtande
Swak ontwikkelde ken Goed ontwikkelde ken
Skuins gesig Plat gesig
(Merk slegs die eerste DRIE) Tabel 1 + (3 x 2) (7)
3.1.2 - Vrylik roterende arms
- Lang boarms
- Rotasie by die elmbooggewrigte
- Rotasie by die handgewrigte
- Opponerende duime
- Kaal vingerpunte/naels in plaas van kloue
- Fyf vingers/pentadaktiele ledemaat
- Vingerafdrukke aanwesig Enige (4) (4)
(Merk slegs die eerste VIER)
3.1.3 - Omdat die kranium die brein huisves
- sal 'n groot kraniumvolume 'n groter brein aandui /meer
breinselle
- wat hoër intelligensie beteken (3)
(14)
3.2 3.2.1 Om op twee bene te loop (2)
3.2.2 (a) - Foramen magnum het na 'n meer vorentoe posisie
beweeg
- om die rugmurg toe te laat om vertikaal binne te gaan (2)
(b) - Bekkengordel is kort en breed
- om die bolyf te ondersteun (2)
(c) - Ruggraat is meer gekrom/S-vormig
- om skok te absorbeer/elastiese beweging toe te
laat/ondersteuning (2)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.3 - Die bevolking van 'n spesifieke spesie word geskei
- deur 'n geografiese versperring
- Daar is geen geenvloei tussen die twee bevolkings nie
- Natuurlike seleksie vind onafhanklik in elk van die bevolkings plaas
- weens blootstelling aan verskillende omgewingstoestande/seleksiedruk
- Die bevolkings begin baie van mekaar verskil
- genotipies en fenotipies
- Selfs al sou hierdie bevolkings weer met mekaar meng
- sal hulle nie in staat wees om te kan kruisteel nie
- Die verskillende bevolkings is nou nuwe spesies Enige 6 (6)
3.4 3.4.1 - Oorkruising
- Lukrake/ewekansige rangskikking van chromosome meiose
- Lukrake/ewekansige paring
- Lukrake/ewekansige bevrugting
- Chromosoommutasie
OF
- Kontinue variasie
- Diskontinue variasie
- Genotipiese variasie
- Fenotipiese variasie/enige EEN voorbeeld
(Merk slegs die eerste DRIE) (3)
3.4.2 (a) Mutante geen/oorgeërf van hul voorouers (1)
(b) Beïnvloed deur hoogte bo seespieël/suurstofvlak (1)
3.4.3 - Meer hemoglobien teenwoordig
- om vir maksimum absorbsie van beskikbare suurstof toe te
laat
OF
- Meer suurstof sal beskikbaar wees
- om aan hul energiebehoeftes te voldoen (2)
3.4.4 - Aanvanklik was die hoeveelheid rooibloedselle dieselfde in alle
mense/het die Tibettane nie 'n groot hoeveelheid
rooibloedselle geproduseer nie
- As gevolg van die lae suurstofinhoud by hoë hoogtes bo
seespieël
- het rooibloedselle probeer om die hoeveelheid suurstof wat
geabsorbeer kan word te verhoog
- As gevolg daarvan het die voorgeslagte van die Tibettane meer
rooibloedselle geproduseer/maniere ontwikkel om suurstof
meer doeltreffend te gebruik
- om die beskikbaarheid van suurstof aan die liggaam te
verhoog
- Hierdie verworwe eienskap
- is toe aan hulle nageslag oorgedra
- Alle Tibettane produseer nou meer rooibloedselle /gebruik
suurstof meer doeltreffend om hoog bo seespieël te oorleef
Enige 5 (5)
(12)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C
VRAAG 4
Geslagsbepaling (S)
- Vrouens besit XX chromosome
- en produseer dus 'n ovum wat altyd die X chromosoom het
- Mans besit XY chromosome
- dus sal 'n sperm of 'n X
- of 'n Y chromosoom besit
- Indien 'n sperm wat die X chromosoom dra 'n ovum bevrug wat
ook 'n X chromosoom dra
- is die gevolg 'n babadogtertjie/vroulik
- Indien 'n sperm wat die Y chromosoom dra 'n ovum bevrug wat
- die X chromosoomdra
- is die gevolg 'n babaseuntjie/manlik
- Daarom is dit die vader se gameet, wat 'n X of Y chromosoom dra,
wat die geslag van die kind bepaal
- Daar is 'n 50% kans dat die kind 'n seun of 'n dogter kan wees Enige 7 (7)
Bloedgroepering (B)
- Die bloedgroep van 'n kind word bepaal deur die allele van beide ouers
- Die bloedgroep van die moeder, die kind en die moontlike vader word bepaal
- Indien die bloedgroep van die moeder en die moontlike vader nie kan lei tot die
bloedgroep van die kind nie
- is die man nie die vader nie
- Indien die bloedgroep van die moeder en die moontlike vader kan lei tot die
bloedgroep van die kind
- kan die man die vader wees
- Dit is egter nie 'n uitgemaakte saak nie
- omrede baie mans dieselfde bloedgroep het Enige 5 (5)
DNA/DNS profiele (P)
- 'n Kind ontvang DNA/DNS van beide ouers
- Die DNA/DNS van die moeder, die kind en die moontlike vader word bepaal
- 'n Vergelyking tussen die DNA/DNS stafies van die moeder en die kind word
getref
- Die oorblywende DNA/DNS stafies word vergelyk met die moontlike vader se
DNA/DNS stafies
- Indien al die oorblywende DNA/DNS stafies in die kind se profiel ooreenstem met
die moontlike vader se DNA/DNS stafies
- dan is die moontlike vader die biologiese vader
- Indien al die oorblywende DNA/DNS stafies in die kind se profiel nie ooreenstem
met die moontlike vader se DNA/DNS stafies nie Enige 5 (5)
- dan is die moontlike vader nie die biologiese vader nie Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERING VAN DIE AANBIEDING VAN DIE OPSTEL
Kriteria Relevant (R) Logiese volgorde (L) Volledigheid (C)
Algemeen Alle inligting verskaf hou Idees is in 'n Alle aspekte wat vir die
verband met die logiese/oorsaak gevolg opstel benodig word is
onderwerp volgorde gerangskik voldoende aangespreek
Vir hierdie Slegs inligting relevant tot: Die beskrywing vir elk van: Ten minste die volgende is
opstel in verskaf:
V4 - Geslagsbepaling - Geslagsbepaling
- Bloedgroepering en - Bloedgroepering en - Geslagsbepaling S (5/7)
vaderskap en vaderskap en - Bloedgroepering en
- DNA/DNS profiele en - DNA/DNS profiele en vaderskap B (3/5)
vaderskap is gegee vaderskap is logies en - DNA/DNS profiele en
ordelik gerangskik vaderskap P (3/5)
Daar is geen irrelevante
inligting nie
Punt 1 1 1
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo (English)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262/v1-9fddf458683371f84878/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Life Sciences

Question paper
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 KZN March Test 2025 Question Paper

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 North West Mock 2025 QP

Question paper