You're offline
Skip to content
Question paper

Mathematical Literacy P1 Feb March 2018 Afr hlayiso.com

Subject: Mathematical LiteracyGrade 12201813 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
ale basic education ¥ 6 Department: (G) Basic Education OQ REPUBLIC OF SOUTH AFRICA NASIONALE | SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EE ee See eS S55 SS 5 558 5 55 SS = 55,5 5)8 = 5)5,5 55/5555 = tt : WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 " 7 i a FEBRUARIE/MAART 2018 A \g Sooo SoC Eee eC eee eee eee eee eee eee ee eee eee ee ee ee PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n addendum met 3 bylaes (4 bladsye). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V1 2 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 10. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord: e BYLAE A vir VRAAG 3.1 e BYLAE B vir VRAAG 4.1 BYLAE C vir VRAAG 4.2 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders aangedui. Toon ALLE bewerkings duidelik. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders aangedui. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V1 3 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS VRAAG 1 11 'n Meubelwinkel bied 'n eetkamerstel te koop aan. Dit moet in 42 gelyke maandelikse paaiemente van R1 078,26 (14% BTW ingesluit) afbetaal word. Geen deposito is vir hierdie aanbod nodig nie. [Bron: www.rochester.co.za] Druk (in jaar) die totale terugbetalingstydperk vir hierdie aanbod uit. (2) Bepaal die totale terugbetalingskoste vir hierdie eetkamerstel. (2) Die geadverteerde prys vir hierdie eetkamerstel is R29 999,00. Die winkel bied 15% afslag op die geadverteerde prys aan indien die aankoop onmiddellik in EEN paaiement betaal word. Bereken die waarde van die afslagbedrag wat aangebied word. (2) 1.2 Die foto en die skets hieronder toon 'n sirkelvormige swembad in 'n deel van Annette se tuin. SIRKELVORMIGE SWEMBAD | SKETS VAN DIE SWEMBAD IN DIE TUIN MET AFMETINGS (in meter) D c 10,9 4,73 i [Bron: www.megaide.se] | B A 57,5 LET WEL: Die geboé afstand vir AB is 57,5 m. 1.2.1 1.2.2 1.2.3 1.2.4 Kopiereg voorbehou Gee, in vereenvoudigde vorm, die verhouding van afstand AD tot afstand CB. Q) Die omtrek van ABCD is 125,92 m. Bereken die afstand CD. (2) Skryf die lengte van die radius van die swembad neer. (2) ‘n Heining sal teen 'n koste van R97,56 per lopende meter langs die geboé kant AB opgerig word. Bereken die totale koste om die heining op te rig. (2) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V1 4 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS 1.3 TABEL 1 hieronder toon die weervoorspelling vir 29 April 2017 vir drie stede met maksimum en minimum temperatuur. TABEL 1: WEERVOORSPELLING VIR 29 APRIL 2017 VIR DRIE STEDE MET MAKSIMUM EN MINIMUM TEMPERATURE TEMPERATUUR IN WEERVOORSPELLING C (Celsius) STAD MAKSIMUM | MINIMUM SON EN % KANS WOLK- OP REEN BEDEKKING A 24 6 59 fly 32 26 0 8 -7 3 [Aangepas uit AccuWeather.com Kopiereg voorbehou Gebruik TABEL 1 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 1.3.1 1.3.2 1.3.3 Identifiseer die stad met die laagste temperatuur. Bereken die temperatuuromvang vir Stad C. 'n Waarskynlikheidskaal in woorde en as desimale breuke word hieronder gegee. Mees Gelyke Mees onwaarskynlik kans waarskynlik I | | | | | | t t t ul q y 0 0,2 04 0,5 0,6 0,8 1 Onmoontlik Onwaarskynlik Waarskynlik Beslis Gebruik die waarskynlikheidskaal en TABEL 1 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. (a) Identifiseer die stad wat GEEN kans op reén het nie. (b) Skryf, in woorde, die kans op reén vir Stad A neer. Blaai om asseblief (2) (2) (2) (2)
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V1 5 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS 1.4 361948 kandidate het in 2016 Wiskundige Geletterdheid Vraestel 1 geskryf. Die vraestel het uit 150 punte getel en kandidate het drie ure gehad om die vraestel te voltooi. Die grafiek hieronder toon die gemiddelde persentasiepunt per vraag vir hierdie vraestel. 60 50 40 30 Persentasies 20 10 0 GEMIDDELDE PERSENTASIEPUNT PER VRAAG VIR WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL 1 31 47 45 44 | } V1 v2 v3 v4 V5 Vrae [Bron: 2016 NSC Examination Diagnostic Report] Gebruik die inligting en die grafiek hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 1.4.1 1.4.2 1.4.3 1.4.4 Kopiereg voorbehou Noem die tipe grafiek wat gebruik is om die data voor te stel. Skryf die getal kandidate wat hierdie vraestel geskryf het in woorde. Identifiseer die vraag waarin die kandidate die tweede laagste gemiddelde persentasiepunt gekry het. Bepaal (in minute) die gemiddelde tyd per punt wat vir hierdie vraestel nodig was. Blaai om asseblief 2) Q) (2) (2) [30]
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V 1 6 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS VRAAG 2 2.1 Mapotjo dra 'n gereelde maandelikse bedrag van haar salaris tot 'n aftree-annuiteit by. Hierdie bedrag word elke maand op die 15“ met 'n aftrekorder van haar salaris afgetrek. Hieronder is 'n opsomming van die staat van haar aftree-annuiteit, soos op 10 Mei 2017. Polisnommer 0097541 Uitkeerdatum 1 November 2029 Maandelikse bydrae R740,22 Betalingsfrekwensie Maandeliks Huidige doodswaarde R189 817,05 Aftreewaarde — Laer inflasiekoers R536 523,25 Aftreewaarde — Hoér inflasiekoers R940 465,89 (Bron: www.my portfolio.co.za] Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.1.1 Definieer die begrip aftrekorder. (2) 2.1.2 Bereken die verskil tussen die TWEE aftreewaardes. (2) 2.1.3 Bepaal die getal maandelikse bydraes wat Mapotjo nog moet betaal voordat die polis uitkeer. (4) 2.1.4 Bepaal die totale waarde van die bydraes vir vyf jaar indien haar maandelikse bydrae dieselfde bly. 3) 2.1.5 Vul die ontbrekende woord(e) in om die volgende stelling WAAR te maak, ‘n Jaarlikse verhoging van die maandelikse bydrae sal 'n ... uitkeerwaarde tot gevolg hé. (2) 2.1.6 Toon dat indien haar maandelikse bydrae met 8,5% verhoog, die nuwe maandelikse aftrekking van haar salaris R803,14 sal wees. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V 1 7 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS 2.2 Zoom Car Wash het 'n opsigter, agt algemene skoonmakers en 'n masjienoperateur in 2.3 Kopiereg voorbehou diens. Die skoonmakers werk vir sewe dae 'n week, waar Maandag tot Saterdag as normale werkure beskou word. TABEL 2 hieronder toon die uurlikse loontarief vir ELK van die werkergroepe vir 2016 en 2017. TABEL 2: ZOOM CAR WASH NORMALE UURLIKSE LOONTARIEF (IN RAND PER UUR) VIR 2016 EN 2017 WERKERGROEP 2016 2017 Toesighouer A 21,93 Algemene skoonmakers 16,40 17,76 Masjienoperateur 17,90 19,39 {Aangepas uit Mywage.co.za) LET WEL: e Normale werksure: 08:30 tot 17:30 e Oortyd word teen tyd en 'n derde van die normale uurlikse tarief betaal. e Die Sondagloontarief is 150% van die normale uurlikse tarief. Gebruik TABEL 2 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.2.1 Bereken die uurlikse oortydtarief vir 2017 vir 'n algemene skoonmaker. 2.2.2 Bepaal die totale loon wat 'n masjienoperateur sal verdien vir werk op slegs DRIE Sondae. 2.2.3 Al die werkers het 'n loonverhoging aan die begin van 2017 ontvang. (a) Toon, deur middel van berekening, dat die loonverhoging 8,3% was. (b) Bereken die ontbrekende waarde A. 2.2.4 ‘n Algemene skoonmaker het normale werksure vir 'n volle week gewerk. Bereken sy totale weeklikse loon. TABEL 3 hieronder toon die rekord van voertuie wat op 'n sekere dag gewas is. TABEL 3: REKORD VAN VOERTUIE WAT OP 'N SEKERE DAG GEWAS IS KATEGORIE GETAL KOSTE PER VOERTUIG Bakkies 7 R70 Motors 35 R50 Minibus 4 R75 Bereken die totale inkomste ontvang vir die was van die voertuie op hierdie spesifieke dag. Blaai om asseblief (2) (3) 2) (3) 3) (4)
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V1 8 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS 2.4 Die toesighouer by Zoom Car Wash moet van Maandag tot Saterdag 30 minute vroeér as die normale begintyd aanmeld, maar gaan dieselfde tyd as die ander werkers huis toe. Hy ontvang 'n maandelikse salaris, werk elke Sondag en word oortyd betaal. TABEL 4 hieronder toon 'n maandelikse salarisstrokie (sommige data is uitgelaat) vir die toesighouer. TABEL 4: MAANDELIKSE SALARISSTROKIE VIR DIE TOESIGHOUER SALARISSTROKIE Naam van werkgewer Zoom Car Wash Adres Stateway 12 Welkom, 9460 Naam van werknemer M Neubuka ID Nr.: 890106 5387 000 Werknemernr.: 124567 Posisie Toesighouer Betalingstydperk: 1 November 2017 tot 30 November 2017 TARIEF TOTALE URE | BEDRAG (ure x dae x weke) | INRAND Normale ure gewerk 21,93 wee B Sondagure (1,5 normale tarief) 32,90 9x1x4 1184,40 Oortydure gewerk/ we 0,5x6x4 350,88 (1+ van normale tarief) TOTALE Bruto Salaris 6 272,16 WVF (1% van bruto salaris) ae Netto salaris 6 209,44 [Bron: www.zoomhandcarwash.com] LET WEL: Werkgewer en werknemer betaal elk 'n maandelikse bedrag van 1% van die werknemer se bruto salaris aan die WVF. Gebruik TABEL 4 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.4.1 Verduidelik die term werkgewer. (2) 2.4.2 Noem EEN voordeel daarvan om tot die WVF by te dra. (2) 2.4.3 Bereken: (a) Die waarde van B (3) (b) Die totale WVF-bedrag wat namens MNcubuka aan die Departement van Arbeid betaal moet word. (3) [44] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V 1 9 DBE/Feb—Mrt. 2018 NSS VRAAG 3 3.1 'n Verpleegster van Port Allen Kliniek onderneem inligtingstoere om die gebruik van groeikaarte aan ouers te verduidelik. Sy gebruik 'n gewig-per-ouderdomkaart, vir seuns soos op BYLAE A, wat die aangetekende mates van 'n seun vir drie besoeke toon. Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord. 3.1.1 Identifiseer die ouderdomsgroep wat op hierdie kaart voorgestel word. 3.1.2 Gee die seun se gewig met sy eerste besoek. 3.1.3 Bepaal die seun se ouderdom (in maande) tydens 'n besoek toe hy 'n bietjie minder as 9 kg geweeg het. 3.1.4 Die seun se eerste besoek was in Mei. Bepaal die maand waarin die derde besoek plaasgevind het. 3.1.5 Die seun het gedurende die vierde besoek 11,2 kg geweeg en sy liggaamsmassa-indeks (LMI) is as 19,5 kg/m” bereken. Bereken die seun se ooreenstemmende lengte (in meter) afgerond tot DRIE desimale plekke. gewig (in kg) Jy kan die volgende formule gebruik: LMI= i 7 (lengte in m) 3.2 Die verpleegster ry met 'n sedanvoertuig. Die brandstofgebruik van haar voertuig is 7,6 liter per 100 km teen 'n gemiddelde spoed. [Aangepas uit m.automobilio.info] 3.2.1 Bereken (tot die naaste km) die afstand wat haar voertuig met 55 liter petrol kan aflé. 3.2.2 Die verpleegster het op 'n sekere dag 1 uur en 45 minute bestee om tussen twee werkstasies, wat 189 km vanmekaar is, te ry. Bereken die gemiddelde spoed van die voertuig. afstand tyd Jy kan die volgende formule gebruik: Gemiddelde spoed = Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief (2) Q) 9) 2) 4 (3) (3)
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V1 10 DBE/Feb.-Mrt. 2018 NSS 3.3 Die afmetings (in sentimeter) van 'n verpleegster se reghoekige medisynetas word hieronder gegee. REGHOEKIGE AFMETINGS VAN DIE MEDISYNETAS MEDISYNETAS SONDER DIE HANDVATSEL =17,78 cm H = 42,32 em L= 53,34 cm L=lengte B= breedte en H = hoogte LET WEL: [Bron: Amazon.co.uk] | 1 liter= 1 000 cm? 3.3.1 Bereken die volume (tot die naaste liter) van EEN medisynetas sonder die handvatsel. Jy kan die volgende formule gebruik: Volume = lengte x breedte x hoogte (4) 3.3.2 Die medisynetas bevat VIER identiese kleiner houers. In ELKE klein houer is vier verskillende soorte pille in silindriese houers wat A, B, K en U gemerk is, soos hieronder getoon. [Bron: Forgetting The Pill.com] Bepaal (as 'n desimale breuk) die waarskynlikheid om willekeurig 'n tipe U-houer uit die medisynetas te kies. (3) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V1 11 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS VRAAG 4 41 Rammone beplan om slegs met nasionale paaie van Colesberg na Port Elizabeth te reis. BYLAE B toon 'n strookkaart van die roete vanaf Colesberg na Port Elizabeth. Gebruik BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord. 4.11 Noem die nasionale paaie waarop Rammone na Port Elizabeth sal reis. (2) 4.1.2 Watter nasionale park is die verste vanaf die N10? (2) 4.1.3 Rammone het 'n vriend in Paterson ontmoet wat 61 km via die R336 vanaf sy tuisdorp moes reis. Noem die vriend se tuisdorp. (2) 4.1.4 Bereken die reisafstand tussen die TWEE nasionale parke. (3) 42 Rammone het Port Elizabeth besoek om die vordering aan die huis wat vir sy ouers gebou word, na te gaan. BYLAE C toon die vloerplan van die huis. Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord. 4.2.1 Gee (in mm) die buite-lengte van die muur wat die oppervlakte van Slaapkamer 1 groter as Slaapkamer 2 maak. (2) 4.2.2 Bepaal (in m) die totale buite-lengte van die westelike muur van die huis. (2) 4.2.3 Noem die vertrek(ke) wat meer as EEN ingang het. (2) 4.2.4 Identifiseer die vertrek wat dieselfde vloeroppervlakte as die woonvertrek het. (2) 4.2.5 Watter badkamertoebehore is NIE op die vloerplan aangedui NIE? (2) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V1 12 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS VRAAG 5 5.1 Die twee mond-en-snordiagramme hieronder toon die persentasiepunte wat deur twee graad 12-klasse behaal is. Elke klas het 26 leerders. HI} ms [FJ P| Kiss B L it 1 L L 1 it 1 1 L j 0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100 Die geordende persentasiepunte vir Klas A, in volgorde gerangskik, word hieronder gegee: F 58 60 62 62 63 65 65 66 66 66 66 67 69 70 71 73 73 75 75 75 H 80 83 85 90 [SASAMS databasis] LET WEL: e Fis die laagste persentasiepunt e H is 'n persentasiepunt tussen 75 en 80 5.1.1 Watter EEN van die volgende terme beskryf die data hierbo die beste: e = Kategoriaal e Numeries Kwalitatief Q) 5.1.2 Bepaal die persentasie datawaardes wat tussen die boonste en die onderste kwartiel 16. (2) 5.1.3 Die omvang van Klas A is 34. Bereken die waarde van F. (3) 5.1.4 Bereken die mediaan-persentasiepunt vir Klas A. (2) 5.1.5 Bepaal die interkwartielomvang vir Klas B. (3) 5.1.6 Gee die modale persentasiepunt vir Klas A. (2) 5.1.7 Bereken die ontbrekende waarde H indien die gemiddelde persentasiepunt vir Klas A, 70% is. @) 5.1.8 Bepaal (as 'n vereenvoudigde gewone breuk) die waarskynlikheid om willekeurig 'n leerder van Klas A te kies wat 'n persentasiepunt het wat anders as enige ander leerder in die klas is. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V1 13 DBE/Feb.—Mrt. 2018 NSS 5.2 ‘n Opname oor die verspreiding van geletterdheidsvlakke by volwassenes van 35 tot 64 jaar oud is in al die provinsies in Suid Afrika gedoen. TABEL 5 hieronder toon die 2016-geletterdheidsvlakke van volwassenes (35 tot 64 jaar oud) per provinsie. TABEL 5: 2016-GELETTERDHEIDSVLAKKE VAN VOLWASSENES (35 TOT 64 JAAR OUD) PER PROVINSIE GELETTERDHEIDSVLAKKE PROVINSIE NIE-GELETTERD GELETTERD TOTAAL Getal % Getal % Wes-Kaap 288 918 14,1 1 762 494 85,9 2051 412 Oos-Kaap 393 954 26,0 1 120 567 74,0 1514521 Noord-Kaap 94 552 27,9 244 282 72,1 338 834 Vrystaat 192 933 24,1 609 029 75,9 801 962 KwaZulu-Natal 650 033 24,9 1 956 497 75,1 2 606 530 Noordwes 299 994 28,3 760 068 11,7 1060 062 Gauteng 575 371 12,5 4013 463 87,5 4588 834 Mpumalanga 312 273 28,5 784 347 71,5 1096 620 Limpopo 372 090 28,7 922 171 71,3 1 294 261 TOTAAL Q 12 172 918 15 353 036 [Aangepas uit Community Survey, 2016] LET WEL: Party data is weggelaat. Gebruik TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 5.2.1 Bereken die ontbrekende waarde Q. (2) 5.2.2 Bepaal die persentasie geletterde volwassenes in Suid-Afrika. (3) 5.2.3 Druk (as 'n eenheidsverhouding) die getal nie-geletterde volwassenes tot die getal geletterde volwassenes in KwaZulu-Natal uit. (3) 5.2.4 Rangskik die getal geletterde volwassenes per provinsie in stygende orde. (2) 5.2.5 Bepaal die provinsie met die kleinste verskil tussen die getal geletterde en die getal nie-geletterde volwassenes. Kopiereg voorbehou (2) [32] TOTAAL: 150

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Mathematical Literacy

Explore more published documents in this catalogue.

View all