layiso.com_
basic education
Department:
Basic Education
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
2015
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, 3 bylaes en 1 antwoordblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6cb0661c-9e1c-49bb-a37b-db7f3504733d/v1-0eeecd6946f4492d4fe5/card.webp)



View all


%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)


Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 4.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
2: Gebruik BYLAE A om VRAAG 1.2 te beantwoord, BYLAE B vir VRAAG 3 en
BYLAE C vir VRAAG 4. Beantwoord VRAAG 4.7 op die aangehegte
ANTWOORDBLAD. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies
op die ANTWOORDBLAD. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met jou
ANTWOORDEBOEK in.
35 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
6. Toon AL die berekeninge duidelik aan.
vi Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
aangedui.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 3 DBE/2015
SSE
VRAAG 1
Ls] Mev. Venter het voorafbetaalde elektrisiteitmeter in haar huis. Die munisipaliteit
gebruik glyskaaltariewe vir voorafbetaalde elektrisiteit. Hoe meer elektrisiteit iy
aankoop in 'n kalendermaand, hoe hoér word die opeenvolgende tarief.
TABEL 1 hieronder toon die standaardglyskaaltariewe per maand vir voorafbetaalde
elektrisiteit.
TABEL 1: 2014/2015 Standaardglyskaaltariewe per maand vir voorafbetaalde
elektrisiteit
GETAL EENHEDE TARIEF
(14% BTW INGESLUIT))
Die eerste 500 kWh R1,0746_ per eenheid
501 tot 1 000 kWh R1,2208 per eenheid
1 001 tot 2: 000 kWh R1,3109 per eenheid
2 001 tot 3 000 kWh R1,4809 per cenheid
Meer as 3 000 kWh R1,6048 per eenheid
[Bron: citypower.co.za]
1 eenheid = 1 kWh
Die volgende foto's van mey. Venter se elektrisiteitsmeter toon die meterlesings
(in kWh) voor en na haar eerste elektrisiteitsaankope vir Meimaand.
02/05/15 02/05/15
Voor aankope Na aankope
1.1.1 Mev. Venter het op 2 Mei 2015 elektrisiteit ter waarde van R360 gekoop.
(a) Toon aan dat die meterlesing na die aankope KORREK is.
(b) Bereken die BTW-bedrag op hierdie elektrisiteitaankope.
L112 Die meterlesing op 25 Mei 2015 was 250,7 kWh. Hoeveel kWh-eenhede
elektrisiteit is gebruik vanaf die dag van aankope tot op hierdie datum?
1.1.3 Mev. Venter het 560 eenhede elektrisiteit op 1 Junie 2015 gekoop.
Bereken die koste van haar aankope.
1.1.4 Indien die voorafbetaalde elektrisiteitstarief op 1 Julie 2015 met 13,5%
gaan styg, bereken die nuwe tarief per eenheid vir eenhede tussen 2 001
en 3 000 kWh.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
@)
(3)
(2)
(6)
(3)
Wiskundige Geletterdheid/V1 4 DBE/2015
SSE
1.2 Mev. Yengopal se maatskappy het 'n paar jaar gelede 'n motor op 'n spesiale
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
koopkontrak gekoop. Geen deposito is betaal nie en die afbetalingsplan het vaste
maandelikse paaiemente vir vyf jaar en 'n ballon(oorblywende)-paaiement as 'n finale
61° paaiement vereis. 'n Ballon(oorblywende)-bedrag is 'n enkelbedrag wat aan die
einde van die spesiale koopkontrak aan die finansier verskuldig is nadat gereelde
vaste maandelikse paaiemente betaal is.
Die maatskappy ontvang maandeliks 'n belastingfaktuur en 'n opgedateerde bankstaat.
BYLAE A toon die belastingfaktuur vir 5 September 2014.
12.1 Gebruik BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord.
(a) Hoeveel vaste maandelikse paaiemente moet nog betaal word vanaf
die datum van die faktuur tot die vervaldatum van die spesiale
koopkontrak?
(b) Identifiseer die agterstallige bedrag soos op die faktuur aangetoon.
(c) Druk die maandelikse rente uit wat op die faktuur as 'n persentasie
van die vaste maandelikse paaiement gegee word.
(d) Bepaal die totale bedrag wat die maatskappy teen die einde van die
tydperk vir die motor sou betaal het (ingeslote die oorblywende
bedrag).
1.22 TABEL 2 toon die bankstaat wat die maatskappy saam met die
belastingfaktuur ontvang het. (Sommige besonderhede is weggelaat.)
TABEL 2: Bankstaat vir dic tydperk 2014/08/06 tot 2014/09/05
D any UITSTAANDE
TRANSAKSIES | DATUM KAPITAAL-
KREDIETE
BALANS
(KT)
Beginsaldo 2014/08/06 oon
Debietorder 2014/08/20 | R4249,78 KT | R140 446.50 DT
Rente 2014/08/20 | R1321,21 DT [R141 767.71 DT
| Diensfoo! 2014/08/20 | *R57,00 DT _| R141 824.71 DT
Eindsaldo 2014/09/05 R141 824,71 DT
*Transaksie sluit BTW (14%) in.
(a) Bereken die beginsaldo op 6 Augustus 2014.
(b) Identifiseer die transaksie op die bankstaat waarby BTW ingesluit is.
(c) Verduidelik, in woorde, hoe die eindsaldo op hierdie staat bercken is.
Blaai om asseblief
(2)
2)
(3)
(4)
(3)
(2)
(3)
[36]
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 5 DBE/2015
SSE
VRAAG 2
2.1 Freda gebruik 'n resep wat melk benodig. Hieronder is 'n prent van 'n reghoekige melkboksie
met sommige van die mates, asook 'n diagram van 'n liniaal wat die breedte van die boksie
toon.
Melkboksie
Baw
4
210 mm
v
i | 7 Lee SP ee EEE Sry, i
0 1 23 4 5 6 7 8 1 11 12 13 14 15
sentimeter (cm)
Die afstand tussen die twee pyltjies op die liniaal stel die breedte van die boksie voor.
Jy kan die volgende formules gebruik:
Volume van 'n reghoekige prisma = lengte x breedte x hoogte
Oppervlakte van 'n reghoek = lengte x breedte
2.1.1 Verduidelik die term kapasiteit. (2)
212 Lees die breedte (in mm) van die boksie af. (2)
2.1.3 Bereken die volume (in mm*) van die boksie. (3)
2.1.4 Die vervaardiger se logo en inligting oor melk is op die vier sykante van
die boksie gedruk. Die vervaldatum is op die bokant van die boksie
gedruk. Daar is geen drukwerk aan die onderkant van die boksie nie.
Bepaal die totale buite-oppervlakte (in cm?) van die boksie wat vir
drukwerk gebruik kan word. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 6 DBE/2015
SSE
2.2 Freda besluit om terselfdertyd twee papterte te maak. Sy gebruik die resep (vir een
paptert) hieronder, wat sy by 'n vriendin gekry het.
Bestanddele (vir EEN tert)
125 me melk 10 minute staan om te stol voor
720 mé hoenderaftreksel
5 teelepel sout
150 g growwe mieliemeel
2 pakkies polonie (gesnipper) _ ‘
4 koppies gerasperde kaas 1 000 mé= 4 koppies
Metode
Berei die mieliepap met die melk,
aftreksel, sout en mieliemeel.
Laat die pap vir 30 minute prut.
Voeg die polonie by die pap.
Strooi die kaas as 'n bolaag op die
pap.
Bak die tert vir ongeveer 15 minute
in 'n voorafverhitte oond teen 180 °C.
Laat die paptert vir ongeveer
opdiening.
2.2.1
2.2.2
22:3
2.2.4
2.2.5
Kopiereg voorbehou
Hoeveel koppies melk is nodig om TWEE papterte te maak?
Bereken die totale volume (in mf) van die vloeibare bestanddele wat vir
TWEE papterte nodig is.
Herlei die massa van die mieliemeel wat vir TWEE papterte nodig is na
kilogram.
Freda het die twee papterte om 11:20 begin maak en het dit teen 12:30
bedien, direk nadat dit gestol het.
Bepaal die ekstra tyd wat sy geneem het om die twee papterte voor te
berei.
Freda het die resep vir die paptert per e-pos aan haar vriend in Londen
gestuur, maar het die temperatuur na Fahrenheit (°F) herlei.
Herlei die temperatuur van 180 °C na °F.
Jy kan die volgende formule gebruik:
Temperatuur (in °F) = temperatuur (in °C) x 1,8 + 32
Blaai om asseblief
(2)
(2)
(2)
G3)
2)
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V 1 7 DBE/2015
SSE
2:3: Manchu wil visdamme bou. Hy teken die boaansigplanne van twee visdamme op
vierkantige blokkiespapier soos in die diagramme hieronder aangetoon. Die
geskakeerde gedeeltes stel die boonste buite-oppervlakte van dic visdamme voor.
Visdam A Visdam B
/
=
Elke vierkantige blokkie stel 1 m? voor.
2.3.1 Bepaal die benaderde boonste buite-oppervlakte (in m?) van visdam A.
Toon AL die berekeninge. (3)
2.3.2 Visdam B het 'n boonste buite-oppervlakte van presies 8 m?. Grond is tot
‘n uniforme diepte van 76 cm verwyder om die visdam te maak. Bepaal
die volume (in m*) van die grond wat verwyder is.
Jy kan die volgende formule gebruik:
Volume van die visdam = boonste buite-oppervlakte x uniforme diepte (3)
[29]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 8 DBE/2015
SSE
VRAAG 3
Mnr. Nass doen instandhoudingswerk by die Nelson Mandelabaai-stadion. Hy gebruik sy
privaat voertuig om na die stadion te reis. Die uitlegplan van 'n gedeelte van dic
stadionkompleks word op BYLAE B aangetoon.
Gebruik BYLAE B om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Watter aansig van die stadionkompleks word op die uitlegplan gegee? (2)
3.2 Noem die moontlike voertuighekke waardeur mnr. Nass kan ry om sy voertuig in
Prins Alfredpark te parkeer. (3)
3.3 Noem die toegangspad wat na hek G10 lei. (2)
3.4 Indien 'n persoon by voetgangerhek BC ingaan, bepaal aan watter kant Imatupark sal
wees. (2)
3.5 Identifiseer die sone(s) wat noordwes van Imatupark geleé is. (2)
3.6 Die versamelpunte aan drie kante van die stadion is op die plan aangedui. Skryf die
naam van die versamelpunt aan die westelike kant van die stadion neer deur dieselfde
tipe byskrifte te gebruik as wat vir die ander versamelpunte gebruik is. (2)
3.7 Bepaal:
3.701 Die getal voertuighekke by die stadionkompleks wat NIE op die
uitlegplan aangetoon is NIE (al die hekke is van G1 tot G13 genommer) (2)
3.7.2 Die algemene rigting van Hek CD vanaf Lake Side (2)
3.8 Indien EEN van die hysbakke van die stadion stukkend is, bepaal die waarskynlikheid
dat die stukkende hysbak aan die westelike kant van die stadion geleé sal wees. Druk
die waarskynlikheid uit as 'n persentasie afgerond tot EEN desimale plek. (3)
3.9 Verduidelik kortliks waarom mediesebystand-sentrums vir 'n stadion nodig is. (2)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 9 DBE/2015
SSE
VRAAG 4
Keano is 'n rugbyondersteuner wat die 2014 Rugbykampioenskap gevolg het. Hy was
teleurgesteld dat die Suid-Afrikaanse span tweede op die punteleer geéindig het. Hy het die
uitslae, soos aangetoon in TABEL 3 op BYLAE C, ontleed. Die land waar die wedstryd
plaasvind, word die gasheerland genoem en hierdie land verskyn eerste op die uitslagtabel. Die
gasheerland se uitslae word ook eerste genoem.
Gebruik BYLAE C om die volgende vrae te beantwoord.
4.1
42
43
44
4.5
4.6
4.7
48
Kopiereg voorbehou
Noem die stadion en stad waar die Suid-Afrikaanse span Australié gewen het.
Watter land was die gasheer vir die wedstryd met die grootste verskil in die telling?
Bepaal hoeveel keer die een span meer as dubbel die punte aangeteken het as wat die
ander span aangeteken het.
Bereken die waarskynlikheid (in vereenvoudigde breukvorm) om willekeurig 'n
wedstryd te kies wat in Suid-Afrika gespeel is.
Watter land se span het hul gasheerwedstryd in September verloor?
Gebruik die punte wat deur die Suid-Afrikaanse span aangeteken is, om die volgende
vrae te beantwoord.
4.6.1 Rangskik die aangetekende punte in dalende volgorde.
4.6.2 Gevolglik, bereken:
(a) Die gemiddelde punte aangeteken
(b) Die mediaanpunte aangeteken
(c) Die omvang (variasiewydte) van die punte aangeteken
(d) Die modale punte aangeteken
Die lyngrafiek op die ANTWOORDBLAD toon die punte wat die Suid-A frikaanse
span aangeteken het. Teken nog 'n lyngrafiek op dieselfde rooster om die punte wat
teen die Suid-Afrikaanse span aangeteken is, voor te stel.
Gebruik die grafiek of die tabel om die volgende vrae te beantwoord.
4.8.1 Op watter datum was die verskil tussen die aangetekende punte die
grootste?
4.8.2 Hoeveel dae het verloop tussen die speel van die tweede en derde
wedstryde?
Blaai om asseblief
(2)
(2)
(2)
(3)
2)
(2)
(3)
(2)
(2)
2)
(6)
Q)
(2)
[32]
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 10 DBE/2015
SSE
VRAAG 5
Sel Die petrolprys word deur die Departement van Minerale en Energie bepaal. Op die
eerste Woensdag van elke maand word die petrolprys vir 'n maand vasgestel.
TABEL 4 hieronder toon die petrolprys (in sent per liter) vanaf Januarie 2014 tot
September 2014 vir beide loodvrye (93 oktaan en 95 oktaan) petrol en loodvervangde
petrol (LVP).
TABEL 4: Petrolprys (in sent per liter) vanaf Januarie 2014 tot September 2014
Binnelandse Prys Kusprys
Datum van Loodvry LVP Loodvry LVP
prysvasstelling 93- 95- 93- 93- 95- 95-
oktaan | oktaan | oktaan | oktaan | oktaan | oktaan
3 September 1341 1366 1341 1317 1325 1325
6 Augustus 1408 1433 1408 1384 1392 1392
2 Julie 1408 1433 1408 1384 1392 _ 1392
4 Junie 1379 1402 1379 1355 1361 1361
7 Mei 1401 1424 1401 | 1377 1383 1383
| 2 April 1416 1439 1416 1392 1398 1398
5 Maart 1411 1432 1411 1391 1395 1395
5 Februarie 1375 1396 1375 1355 1359 1359
1 Januarie 1336 1357 1336 1316 1320 1320
[Bron: www.aa.co.za]
5.1.1
5.1.6
Kopiereg voorbehou
Op watter datum was die kusprys van 93-oktaan loodvrye petrol die
laagste?
Gedurende watter maand was die prys van 95-oktaan loodvrye petrol
die hoogste?
Bepaal die verskil tussen die binnelandse prys en die kusprys per liter van
93-oktaan loodvrye petrol op 1 April 2014.
Gedurende watter maand het die prys van 93-oktaan loodvrye petrol
onveranderd gebly?
Tussen watter twee opeenvolgende maande was die afname in die
binnelandse prys van 93-oktaan loodvrye petrol die grootste?
Bepaal die persentasie verandering in die kusprys van 93-oktaan LVP-
petrol tussen Mei 2014 en Junie 2014. Rond jou antwoord af tot TWEE
desimale plekke.
Jy kan die volgende formule gebruik:
Verskil in prys
Aanvanklike prys
Persentasie verandering = x 100%
Blaai om asseblief
2)
(3)
(2)
(2)
(4)
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 11 DBE/2015
SSE
5.2 Mnr. Mthembu moet 'n sakereis onderneem. Hy beplan om een dag in Barberton en
twee dae in Oos-Londen oor te bly. Hy bekom 'n weervoorspelling vir die twee dorpe
om hom te help om te besluit watter klere hy vir sy reis nodig het. 'n Opsomming
van die inligting wat hy gekry het, met minimum- en maksimumtemperature in
grade Celsius, word hieronder gegee.
Drie-dag-weervoorspelling vir Barberton
Vrydag — 25/09/2015 Saterdag — 26/09/2015 Sondag — 27/09/2015
32°/1 7° 33°/15° 18°/13°
od
Reén: 0% Reén: 0% Reén: 50%
Drie-dag-weervoorspelling vir Oos-Londen
Saterdag — 26/09/2015 Sondag — 27/09/2015 Maandag — 28/09/2015
18°/11° 15°/13° 21°/12°
= 04
Reén: 20% Reén: 80% Reén: 100%
[Aangepas uit accuweather.com]
52.1 Op watter dag sal dit definitief in Oos-Londen reén? (2)
5.2.2 Skryf die naam van die dorp en die datum neer waarop die voorspelling
vir reén ewekansig getoon word. (2)
5.2.3 Identifiseer die laagste voorspelde minimumtemperatuur vir Barberton
gedurende die drie dae. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V]
72.
SSE
DBE/2015
5.3
Sizwe en Bongi se inkomste uit die verkope van blikkies koeldrank
Sizwe en Bongi koop elkeen dieselfde getal kaste koeldrank. 'n Kas met 24 blikkies koeldrank
kos R153,60. Sizwe verkoop sy blikkies teen R9,00 elk.
Die volgende lyngrafieke toon die inkomste van Sizwe en Bongi_ onderskeidelik vir
verskillende getalle blikkies koeldrank wat hulle verkoop het.
800 — a — —
700 __| __ _ = — _ i 4 Bongi —
- a — fe Sizwe-
600 — — ~ ea
— — - |
500 —— - — a ZA — -
=} } — fog: |
= 300 7 qm ra — - -
200 So —
100 +4 — —_—— -
10 20 30 40 50 60 70 80
Getal blikkies verkoop
5.3.1 Bereken die kosprys van EEN blikkie koeldrank. (2)
5.3.22 Bereken Sizwe se wins indien hy 96 blikkies koeldrank koop en verkoop. (3)
5.3.3 Gebruik die grafiek om die volgende te bepaal:
(a) Bongi se verkoopprys vir EEN blikkie koeldrank (3)
(b) Die getal blikkies koeldrank wat verkoop moet word sodat Bongi se
wins presies R60 meer is as die wins wat Sizwe maak indien hulle
albei dieselfde getal blikkies koeldrank koop en verkoop (2)
[31]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 DBE/2015
SSE
BYLAE A
VRAAG 1.2
BELASTINGFAKTUURNR: WB/97471224 ed
DATUM: 2014/09/05 heels ank
NCR-registrasienr.: NCRCPOO1
Fisiese Adres: Boomstraat |
Oakville
2221
Posadres: Privaatsak X01
Oakville
2201
0861 222 1212
0861 222 1213
E-pos: service@wheelsbank.co.za
'n Afdeling van SA Bank Beperk
'n Gemagtigde en Geregistreerde Krediet- en Finansiéle
Diensteverskaffer
BESONDERHEDE VAN KLIENTE-OOREENKOMS
Kligntenommer
Rekeningnommer
In die naam van
Goederebeskrywing
10022227955
85165354295
Mev. R Yengopal
Mercedes-Benz C1 80k Be Classic A/T
Oorspronklike kapitaalsaldo R298 716,00
Paaiementbedrag (vasgestel) R4 249,78
Frekwensie van paaiement MAANDELIKS
Aanvangsdatum 2010/06/04
Vervaldatum 2015/06/20
Oorspronklike termyn (maande) 61
Getal oorblywende paaiemente 9
Ballon/Oorblywende R115 491,44
Uitstaande kapitaalsaldo R14] 824,71
Werklike kontraksaldo R153 320,62
Opsomming van Transaksies vir Staattydperk
Betalings ontvang R4 249,78
Rente RI 321,21
Fooie gehef R57,00
Paaiementbesonderhede
Paaiement-vervaldatum 2014/09/20
Paaiement-vervalbedrag R4 249,78
Vooruitbetaalde bedrag RO,00
Agterstallige bedrag RO,00
Bedrag betaalbaar R4 249,78
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
S$10¢/dad
[uelddapin-wawaspunyy ssoooy yn sedaduey]
noyaqgsooa Bauaidoy
yuedping
jundjawesisn,
yeybinyac,,
@%
yeysebuebya0/,
QO
Wunujuas
-puejshqasaipayy
+)
yeqsky res
abiswi0y30 |
ASS
£ OVVUA
aaAVvTAd
1 A/playpsayjajay asipunysi 4
Wiskundige Geletterdheid/V1
Downloaded from hlayiso.com
BYLAE C
VRAAG 4
SSE
TABEL 3: Uitslae van die 2014 Rugbykampioenskap
DBE/2015
Oktober 2014
Datum Punte Plek
5 Argentinié 21-17 | Australié Estadio Malvinas Argentinas, Mendoza
4 Suid-Afrika 27-25 | Nieu-Seeland | Ellispark-rugbystadion, Johannesburg
September 2014
Datum Punte Plek
27 Suid-Afrika 28-10 Australié Nuweland, Kaapstad
27 Argentinié 13-34 | Nieu-Seeland | Estadio Ciudad de La Plata, La Plata
13 Australié 32-25 Argentinié Skilled Park, Gold Coast, Queensland
a 13 Nieu-Seeland 14-10 | Suid-Afrika Westpac-stadion, Wellington
6 Australié 24 —23 Suid-Afrika Patersons-stadion, Perth
6 Nieu-Seeland 28-9 Argentinié McLean Park, Napier |
Augustus 2014
Datum Punte Plek
23 Argentinié 31-33 | Suid-Afrika Padre Ernesto Martearena, Salta
23 Nieu-Seeland 51-20 Australié Eden Park, Auckland
16 Suid-Afrika 13-6 Argentinié Loftus Versfeld, Pretoria |
- 16 Australié 12-12 | Nieu-Seeland | ANZ-stadion, Sydney
Kopiereg voorbehou
[Bron: www.supersport.co.za]
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdhetd/V1 DBE/2015
SSE
ANTWOORDBLAD
VRAAG 4.7
SENTRUMNOMMER: itt f[fTfftoftdtrisd
EKSAMENNOMMER: LIT TTTTTTtITCSTSifyi
Punte aangeteken deur en teen die Suid-Afrikaanse span
tydens die 2014 Rugbykampioenskap
30 7 “x
nN
nm
y
Ss
| |
~
hes
|
i}
Pe
|
-_
wn
Getal punte aangeteken
L
16-Aug 23-Aug 6-Sep 13-Sep 27-Sep 4-Okt
Datum van wedstryd
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC June 2015 Memo (Eng)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6cb0661c-9e1c-49bb-a37b-db7f3504733d/v1-0eeecd6946f4492d4fe5/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Eng)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Eng)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Eng)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo
%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum