Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
NOVEMBER 2012
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 bylaes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all


%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)


Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 565.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2012
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Beantwoord VRAAG 4.1.7, VRAAG 6.3.3 en VRAAG 6.4.1 op die aangehegte
BYLAES. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes op die
BYLAES en lewer die BYLAES saam met jou ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
6. Toon AL die berekeninge duidelik aan.
7. Rond AL die finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders aangedui.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 3 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 1
1.1 1.1.1 Vereenvoudig: 1 441,62 – 8,7 2 − 13,26 (2)
1.1.2 Skryf 0,0528 as 'n gewone breuk in vereenvoudigde vorm. (2)
1.1.3 Herlei 23,005 liter tot milliliter. (2)
1.1.4 Bepaal die totale prys van 2,5 kilogram vleis wat R63,99 per kilogram
kos. (2)
1.1.5 Shameeg moes 'n vergadering bywoon wat geskeduleer was om 13:15 te
begin. Hoe laat het hy by die vergadering aangekom indien hy
1 uur 18 minute te vroeg was? (2)
1.1.6 Herlei R3 850 tot euro (€) indien die wisselkoers €1 = R10,2584 is. (2)
1.1.7 Noem of die volgende gebeurtenis SEKER, WAARSKYNLIK of
ONMOONTLIK is:
Kersdag is op 25 Desember in Suid-Afrika. (2)
1.1.8 Die prys per liter vir diesel by nege verskillende motorhawens is:
R9,97 R9,97 R10,12
R10,17 R10,29 R10,79
R10,79 R10,79 R10,95
Bepaal die mediaanprys per liter diesel. (2)
1.2 Juffrou Lena het al die leerders in haar klas gevra wat hul gunstelingvrugtesap is. Sy
het die data in die staafgrafiek hieronder geïllustreer.
GUNSTELINGVRUGTESAP
Tipe vrugtesap
Pynappel
Lemoen
Mango
0 12 24 36
Getal leerders
Hoeveel leerders is daar in haar klas? (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 4 DBE/November 2012
NSS
1.3 Mev. Rose het 'n kontantverkopestrokie ontvang nadat sy sekere goedere by
CT-Haven by die Kaapstad Internasionale Lughawe gekoop het.
Hieronder is 'n afskrif van die kontantverkopestrokie met sekere besonderhede
weggelaat.
CT-HAVEN
Kaapstad Internasionale Lughawe
Binnelandse Vertrekke, Regoor Hek 8
Tel: (+2721) 1234567
BTW-Reg# 461010565
BELASTINGFAKTUUR
1705359 Reg 1 ID 41 14:54 01/11/11
SJOKOLADEBLOK 3 @ 14,95 …
ARMBANDE ... @ 13,95 97,65
JOY-TYDSKRIF 1 @ 24,95 24,95
SUBTOTAAL 167,45
TOTAAL (BTW UITGESLUIT) ...
TOTAAL (BTW INGESLUIT) 167,45
KONTANT BETAAL 167,45
BEDRAG AANGEBIED 200,00
KLEINGELD 32,55
Kwitansietotaal sluit 14% BTW in
BEWAAR AS BEWYS VAN AANKOPE
LET WEL: BTW is belasting op toegevoegde waarde
1.3.1 Hoeveel het mev. Rose in totaal vir die DRIE blokke sjokolade betaal? (2)
1.3.2 Hoeveel armbande het mev. Rose gekoop? (2)
1.3.3 'n Joy-tydskrif kos R21,89, BTW uitgesluit. Bereken die bedrag BTW
betaalbaar op 'n Joy-tydskrif. (2)
1.3.4 Bereken die totaal (BTW uitgesluit) vir die goedere gekoop. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 5 DBE/November 2012
NSS
1.4 Suid-Afrika voer ruolie uit verskillende lande in. TABEL 1 hieronder toon
ruolie-invoere gedurende 2010 en 2011.
TABEL 1: Ruolie-invoere gedurende 2010 en 2011
HOEVEELHEID RUOLIE (IN MILJOEN TON)
LAND
2010 2011
Angola 3,409 1,948
Iran 5,528 4,874
Nigerië 3,594 3,755
Saoedi-Arabië 4,584 4,793
Ander lande 2,139 2,264
[Bron: Business Times, 1 April 2012]
1.4.1 Bereken die totale hoeveelheid ruolie wat gedurende 2011 ingevoer is. (2)
1.4.2 Uit watter land het Suid-Afrika die meeste van sy ruolie gedurende
2010 en 2011 ingevoer? (2)
1.4.3 Watter land toon die grootste toename in die hoeveelheid ruolie wat
tussen 2010 en 2011 na Suid-Afrika uitgevoer is? (2)
[34]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 6 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 2
2.1 Didi neem deel aan 'n speletjiesprogram waar hulle 'n wiel draai. Sy kan 'n prys wen
indien die pyl na 'n spesifieke kleur wys nadat sy die wiel gedraai en dit tot stilstand
gekom het.
Die diagram hieronder toon 'n draaiwiel wat in 24 gelyke dele verdeel is wat sektore
genoem word. Wanneer iemand die wiel draai is dit ewekansig dat die pyl na enige
een van die sektore sal wys wanneer die wiel tot stilstand kom.
1
Een helfte van die sektore is grys, een derde van die sektore is wit, 8 van die sektore
1
is swart en 24 van die sektore is gespikkel.
Aanwyser (pyl)
2.1.1 Hoeveel wit sektore is daar op die draaiwiel? (2)
2.1.2 Didi draai die wiel. Na watter sektor sal die pyl MINS waarskynlik wys
wanneer die wiel tot stilstand kom? (2)
2.1.3 Die wiel het 'n radius van 60 cm.
(a) Bereken die omtrek van die wiel.
Gebruik die formule:
Omtrek van 'n sirkel = 2 × π × radius, waar π = 3,14 (2)
(b) Bereken die oppervlakte van EEN van die sektore van die wiel.
Gebruik die formule:
π × (radius ) 2
Oppervlakte van 'n sektor van 'n sirkel =
n
waar π = 3,14 en n = getal sektore (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 7 DBE/November 2012
NSS
2.2 Suid-Afrika se Padverkeerbestuurskorporasie beweer dat die stuur van 'n SMS
(kortboodskapdiens) vanaf 'n selfoon terwyl daar bestuur word, die reaksietyd wat
nodig is om 'n voertuig in 'n noodgeval tot stilstand te bring, van 1,2 sekondes na
1,56 sekondes sal laat toeneem.
2.2.1 Bereken die persentasie toename in die reaksietyd wat dit neem om 'n
voertuig tot stilstand te bring wanneer 'n SMS gestuur word terwyl daar
bestuur word.
Gebruik die formule:
verskil in tyd
Persentasie toename in reaksietyd = × 100%
oorspronklike tyd (3)
2.2.2 Bereken die afstand (in meter) wat 'n voertuig in 1,36 sekondes sal aflê as
dit teen 'n gemiddelde spoed van 27,95 m/s ry.
Gebruik die formule:
Afstand = gemiddelde spoed × tyd (2)
2.3 Twee sakemanne, mnr. Nobi en mnr. Khoza, reis vanaf hul tuisdorpe na Pretoria.
Die afstand vanaf Pretoria en die tyd word op die grafiek hieronder aangedui.
REIS NA PRETORIA
300
Mnr. Khoza
Afstand vanaf Pretoria (in km)
Mnr. Nobi
200
100
0
07:30 08:30 09:30 10:30 11:30
Tyd
2.3.1 Hoe laat het mnr. Khoza sy tuisdorp verlaat? (2)
2.3.2 Watter EEN van die twee sakemanne bly die naaste aan Pretoria? (1)
2.3.3 Hoe lank het dit mnr. Nobi geneem om Pretoria toe te reis? (2)
2.3.4 Skat mnr. Khoza se aankomstyd in Pretoria. (2)
2.3.5 Hoe laat was die twee sakemanne presies 100 km van mekaar af? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 8 DBE/November 2012
NSS
2.4 Kedibone het 'n tjekrekening by Iziko Bank. Die bank vra 'n diensfooi tot 'n
maksimum van R31,50 (BTW ingesluit) op alle transaksiebedrae.
TABEL 2 hieronder toon vyf verskillende transaksies op Kedibone se tjekrekening.
TABEL 2: Transaksies op Kedibone se tjekrekening
NR. BESKRYWING VAN TRANSAKSIE- DIENSFOOI
TRANSAKSIE BEDRAG (IN R)
(IN R)
1 Debietorder vir motorterugbetaling 4 250,00 31,50
2 Debietorder vir selfoonkontrak 344,50 A
3 Terugbetaling van persoonlike lening 924,00 14,59
4 Voertuig- en huishoudelike versekering B 11,85
5 Tjekbetaling 403,46 8,34
2.4.1 Bereken die ontbrekende waarde A, deur die volgende formule te gebruik:
Diensfooi (in rand) = 3,50 + 1,20% van die transaksiebedrag (3)
2.4.2 Bereken die ontbrekende waarde B, deur die volgende formule te gebruik:
diensfooi − 3,50
Bedrag (in rand) =
1,20% (3)
[29]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 9 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 3
3.1 Mnr. De Haan en sy gesin bly in Mosselbaai en hy beplan om 'n nuwe voertuig te
koop. Hy sien die advertensie hieronder vir een van die voertuie waarin hy belangstel.
R199 000 kontant
of
R19 900 deposito + R3 599,85 × 60 maande
op huurkoop
3.1.1 Bereken die totale koste van die voertuig in die advertensie indien dit op
huurkoop gekoop word. (2)
3.1.2 Mnr. De Haan besluit om eerder oor twee jaar 'n nuwe voertuig te koop.
Hy sal dan sy huidige voertuig verkoop en daardie geld as die deposito op
die nuwe voertuig gebruik. Die waarde van sy voertuig is tans R51 600.
Die waarde van die voertuig verminder teen 'n koers van 13,5% per jaar.
Bereken (afgerond tot die naaste R100) die verminderde waarde van sy
voertuig oor TWEE jaar.
Gebruik die formule: A = P(1 – i )n
waar A = verminderde waarde
P = huidige waarde
i = jaarlikse waardeverminderingskoers
n = getal jaar (3)
3.2 Petrolverbruik kan bereken word deur die volgende formule te gebruik:
afstand afgelê
Petrolverbruik (in liter per 100 km) = × 12,5
100
3.2.1 Hoeveel liter petrol sal mnr. De Haan se voertuig gebruik om 100 km af te
lê? (1)
3.2.2 Bereken die petrolverbruik (in liter per 100 km) indien mnr. De Haan 'n
afstand van 325 km aflê. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 10 DBE/November 2012
NSS
3.3 Hieronder is 'n straatkaart van 'n gedeelte van die omgewing waar mnr. de Haan woon.
3.3.1 Gee die ruitverwysing van die Van Riebeeck Sportstadion. (2)
3.3.2 Skryf die name van die strate aan weerskante van die Stadsaalkompleks
neer. (2)
3.3.3 Mnr. De Haan ry by die parkeerterrein van die Van Riebeeck Sportstadion
uit en draai dan regs in Georgestraat. Hy draai dan links in
Montaguestraat en ry aan totdat hy Marshstraat bereik.
In watter rigting moet hy draai indien hy direk na die ingang van die
polisiestasie wil gaan? (2)
3.3.4 Die afstand op die kaart gemeet vanaf mnr. De Haan se huis tot by die
ingang van die Bayview Hospitaal is 8,9 cm.
Bereken die werklike afstand (in km) indien 1 cm op die kaart 0,3 km
voorstel. (2)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 11 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 4
4.1 Lunje se hond het geboorte geskenk aan 9 kleintjies (6 mannetjies en 3 wyfies).
Lunje se hond met haar kleintjies
Lunje het data van 10 van sy vriende met honde wat ook kleintjies gehad het,
ingesamel en die data (sy eie ingesluit) in die tabel hieronder opgesom.
TABEL 3: Getal klein hondjies in 'n werpsel*
NAAM VAN HOND
A B C D E F G H I J K
Werpsel-
14 6 7 9 14 12 11 8 14 8 11
grootte
Getal
13 5 6 6 10 8 9 1 6 0 2
mannetjies
Getal wyfies 1 1 1 3 4 4 2 7 8 8 9
*'n Werpsel is die getal klein hondjies wat op een slag gebore word.
4.1.1 Rangskik die werpselgroottes in stygende volgorde. (2)
4.1.2 Watter hond het sewe meer wyfies as mannetjies gehad? (2)
4.1.3 Gee die modale werpselgrootte. (2)
4.1.4 Bepaal die variasiewydte (omvang) van die getal wyfies. (2)
4.1.5 Bereken die gemiddelde getal mannetjies. (3)
4.1.6 Bepaal die verhouding (in vereenvoudigde vorm) van mannetjies tot
wyfies vir hond E. (2)
4.1.7 Gebruik die inligting in TABEL 3 om die saamgestelde staafgrafiek op
BYLAE A te voltooi. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 12 DBE/November 2012
NSS
4.2 Lunje het 'n reghoekige houer vir sy hond om in te slaap, gemaak. Dit help om die
hondjies veilig en gemaklik te hou.
Die afmetings van die houer is soos volg:
• Die breedte is dieselfde as die lengte van die hond.
• Die lengte is 125% van die lengte van die hond.
• Die hoogte is 6 duim.
Lunje se hond is 105 sentimeter lank.
Gee die volgende afmetings in sentimeter:
4.2.1 Die lengte van die houer (2)
4.2.2 Die hoogte van die houer indien 1 duim = 2,5 cm (2)
[24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 13 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 5
5.1 Maria het 'n huis in Qwaqwa. Die vloerplan van Maria se huis wat die werklike
buiteafmetings aantoon, word hieronder gegee:
7 000 mm
N
Bad-
kamer Slaapkamer
10 714 mm
Kombuis
Woonvertrek
Living Area
Venster
Voordeur
Trap
1 200 mm
5.1.1 Hoeveel vensters het Maria se huis? (1)
5.1.2 Op die vloerplan is die buitelengte van die muur 70 mm. Bepaal die skaal
van die vloerplan in die vorm 1 : ... (2)
5.1.3 Bereken die buitesylengte van die huis sonder die trapgedeelte. (2)
5.1.4 Die kombuis se oppervlakte is 72% kleiner as die oppervlakte van die
woonvertrek.
Bereken die oppervlakte (in m2) van die kombuis indien die oppervlakte
van die woonvertrek 39,54 m2 is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 14 DBE/November 2012
NSS
5.2 Die trap by Maria se voordeur is in die vorm van 'n simmetriese trapesiumprisma soos
hieronder aangetoon. Die trap is van beton gemaak. Die bokant (A) en die sykante
(B en C) sal geteël word.
h
A
B B
s
C
f
Die afmetings van die trap is soos volg:
f = lengte van die voorkant = 1,3 m A = Opp. van die trapesium = 2,52 m2
s = lengte van die skuinssy = 1,6 m B = Opp. van die skuinssy van die trap
h = hoogte van die trap = 0,12 m C = Opp. van die voorkant van die trap
(Opp. is oppervlakte.)
5.2.1 Beton word gemaak deur water by 'n mengsel van sement, sand en klip te
voeg in die verhouding:
sement : sand : klip = 1 : 2 : 4
Hoeveel kruiwaens klip sal Maria nodig hê vir 1 12 sakke sement indien
een sak sement gelyk is aan een kruiwa sement? (3)
5.2.2 Bereken die volume beton (in m3) benodig vir die trap.
Gebruik die formule:
Volume van die trap = opp. van die trapesium × hoogte van die trap (2)
5.2.3 Maria wil die bokant en sykante van die trap teël. Bereken die totale
oppervlakte, afgerond tot EEN desimale plek, wat geteël gaan word.
Gebruik die formule:
Totale geteëlde oppervlakte (in m 2 ) van die trap = A + (2s + f) × h (4)
5.2.4 Maria besluit om 'n metaalstrook op die boonste rand van die trap aan te
bring. Bereken die lengte van die strook.
Gebruik die formule:
Totale lengte van die strook = f + 2s (2)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 15 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 6
6.1 Gracia is 'n atleet en oefen vir 'n 42,2 km-standaardmaraton wat oor vier weke gehou
gaan word. Sy wil die wedloop in minder as 3 uur voltooi.
Gracia se oefenprogram behels uithouoefeninge en spoedoefeninge. Om spierkrag te
bou, doen sy kragoefeninge en hardloop lang afstande teen 'n stadige tempo.
Gracia hardloop 450 meter in 4 minute teen 'n konstante pas. Bereken die afstand wat
sy in 9 minute sal aflê indien sy teen dieselfde konstante tempo hardloop. (2)
6.2 Ander voorbereiding vir die wedloop behels koolhidraatlading ('carbo-loading').
Koolhidraatlading beteken dat 'n spesiale dieet gevolg word waar die hoeveelheid
glukogeen in jou spiere verhoog word sodat die spiere lang periodes van fisiese
inspanning/aktiwiteit kan verduur.
Volgens die Tips For Endurance Athletes (www.beginnertriathlete.com) benodig 'n
atleet tussen 1,4 en 2,27 gram koolhidrate per kilogram liggaamsmassa per maaltyd.
Bereken die MAKSIMUM hoeveelheid koolhidrate in gram wat Gracia per maaltyd
benodig indien sy 65 kg weeg. (3)
6.3 Gracia is seker dat haar oefening haar in staat sal stel om die wedloop in minder as
3 uur te voltooi. Sy wil nie die wedloop te vinnig begin en uitsak (moeg raak en te
stadig hardloop) teen die einde of te stadig begin en dan later as haar beplande tyd
klaarmaak nie.
Om haar wedloop te beplan, het Gracia 'n tabel opgestel wat die tye (in minute) en die
vereiste afstand (in km) wat sy moet aflê, aantoon.
TABEL 4: Gracia se wedloopplan
Tyd na die begin
van die wedloop 15 30 45 60 75 90 105 120 135 150 165
(in minute)
Afstand wat
sy moet aflê 3 6 9 13 17 21 26 31 35 39 42,2
(in km)
6.3.1 Gracia het daarin geslaag om die wedloop in haar beplande tyd te voltooi.
Hoeveel minute het dit haar geneem om die wedloop te voltooi? (1)
6.3.2 Bereken die gemiddelde tempo (in kilometer per minuut) wat sy moet
handhaaf vanaf die 60ste tot die 90ste minuut van die wedloop.
Gebruik die formule:
veranderin g in afstand
Gemiddelde tempo (in km per minuut) =
veranderin g in tyd
verskil tussen die twee afstande
=
verskil tussen die twee tye (4)
6.3.3 Gebruik TABEL 4 om 'n lyngrafiek op BYLAE B te teken wat Gracia se
wedloopplan voorstel. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 16 DBE/November 2012
NSS
6.4 Titus, wat 'n helper by die wedloop was, was by die halfpadpunt gestasioneer.
6.4.1 Titus het die volgende rekord gehou van die atletiekklubs van die eerste
20 atlete wat by hom verbygehardloop het.
Atletiekklubs:
Liberty Striders Harmony Ramblers
Striders Harmony Striders Ramblers
Ramblers Harmony Liberty Harmony
Liberty Liberty Striders Liberty
Harmony Ramblers Striders Harmony
Voltooi die frekwensietabel op BYLAE C wat die atletiekklubs van die
eerste 20 atlete voorstel. (4)
6.4.2 Die data van die klublidmaatskap van die top 300 atlete wat die wedloop
voltooi het, word in die sirkeldiagram hieronder voorgestel.
Klublidmaatskap van die top 300 atlete
A
8%
E
29% B
D C
12% 35%
Sleutel tot die diagram
A Ander
B Striders
C Harmony
D Ramblers
E Liberty
(a) Watter persentasie van die top 300 atlete behoort aan die Striders
Klub? (2)
(b) Watter klub het die tweede grootste getal atlete uit die top 300
gehad? (2)
(c) Bereken die werklike getal Ramblers-atlete wat onder die top 300
klaargemaak het. (2)
[28]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 DBE/November 2012
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
BYLAE A
VRAAG 4.1.7
TABEL 3: Getal klein hondjies in 'n werpsel
NAAM VAN HOND
A B C D E F G H I J K
Werpsel-
14 6 7 9 14 12 11 8 14 8 11
grootte
Getal
13 5 6 6 10 8 9 1 6 0 2
mannetjies
Getal
1 1 1 3 4 4 2 7 8 8 9
wyfies
DIE WERPSELGROOTTE VAN 11 HONDE
16
14
12
Getal klein hondjies
10
8
Wyfies
Mannetjies
6
4
2
0
A B C D E F G H I J K
Naam van hond
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 DBE/November 2012
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
BYLAE B
VRAAG 6.3.3
TABEL 4: Gracia se plan vir die wedloop
Tyd na die begin
van die wedloop 15 30 45 60 75 90 105 120 135 150 165
(in minute)
Afstand wat
sy moet aflê 3 6 9 13 17 21 26 31 35 39 42,2
(in km)
GRACIA SE WEDLOOPPLAN
50
45
40
35
Afstand (in km)
30
25
20
15
10
5
0
0 15 30 45 60 75 90 105 120 135 150 165 180
Tyd (in minute)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1 DBE/November 2012
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
BYLAE C
VRAAG 6.4.1
ATLETIEKKLUB FREKWENSIE
Liberty
Striders
Ramblers
Harmony
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2012 Memo

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Eng)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2012 Memo

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2022 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2021 Addendum

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2020 Addendum
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo
%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum