Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
NOVEMBER 2012
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 3 bylaes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all


%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)


Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 543.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2012
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Beantwoord VRAAG 3.1.2(c), VRAAG 3.2.3 en VRAAG 4.2.2 op die aangehegte
BYLAES. Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die ruimtes voorsien op
die BYLAES en lewer die BYLAES saam met jou ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
6. Toon AL die berekeninge duidelik aan.
7. Rond AL die finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders aangedui.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 3 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 1
1.1 Die Nel-gesin woon in Klerksdorp in Noordwes. Hulle het per motor na George in die
Wes-Kaap gereis vir 'n vakansie. 'n Kaart van Suid-Afrika word hieronder gegee.
KAART VAN SUID-AFRIKA WAT DIE NASIONALE PAAIE AANTOON
N
SLEUTEL: N1–N12, N17 stel nasionale paaie voor.
Gebruik die kaart hierbo om die volgende vrae te beantwoord.
1.1.1 In watter algemene rigting is George vanaf Klerksdorp? (2)
1.1.2 Identifiseer die nasionale pad wat deur slegs EEN provinsie gaan. (2)
1.1.3 Die gesin het met die N12 Kimberley toe gery. Toe hulle in Kimberley
aankom, het hulle die verkeerde afdraaipad gevat en gevind dat hulle op die
N8 in die rigting van Bloemfontein ry.
Beskryf TWEE moontlike roetes, sonder om na Kimberley terug te draai,
wat die gesin sou kon volg om van Bloemfontein na George te reis. Noem
die nasionale paaie en enige relevante dorpe in die beskrywing van die twee (4)
roetes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 4 DBE/November 2012
NSS
1.2 Die Nel-gesin (twee volwassenes en twee kinders) was vir byna een week met
vakansie.
• Hulle het hul huis na ontbyt die Saterdagoggend verlaat en betyds by die gastehuis
aangekom vir aandete.
• Sondag en Woensdag het hul al hulle etes by die gastehuis geëet.
• Maandag het hulle 'n wildreservaat besoek.
• Dinsdag het hulle 'n natuurstaproete gestap.
• Donderdag het hulle 'n bootrit onderneem.
• Hulle het George Vrydag na ontbyt verlaat en na Klerksdorp teruggekeer.
TABEL 1: Die Nel-gesin se vakansiekoste
ITEM KOSTE*
1 Slegs verblyf R1 050 per dag vir die gesin
2 Maaltye by die gastehuis:
Ontbyt R60 per persoon per dag
Middagete R90 per persoon per dag
Aandete R120 per persoon per dag
3 Reiskoste:
Langafstand-motorrit (na en van R1 602,86 vir die retoerrit
Klerksdorp) en maaltydkoste op pad
Plaaslike rondry (in en om George) R513,60 vir die duur van die
vakansie
4 Vermaaklikheidskoste:
Natuurstaproete, ontbyt ingesluit R120 per volwassene en
R100 per kind
Besoek aan die wildreservaat, R200 per persoon
middagete ingesluit
Bootrit, aandete ingesluit R200 per volwassene en
R150 per kind
Ander vermaak R2 000
* Alle koste hierbo sluit belasting op toegevoegde waarde (BTW) in.
Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.
1.2.1 Bepaal die totale bedrag wat hulle vir verblyf betaal het. (2)
1.2.2 (a) Skryf 'n vergelyking neer wat gebruik kan word om die totale koste
van maaltye wat by die gastehuis geëet is, te bereken in die vorm:
Totale koste (in rand) = ... (3)
(b) Gebruik TABEL 1 en die vergelyking verkry in VRAAG 1.2.2(a) om
die totale koste vir die maaltye by die gastehuis te bereken indien
hulle daagliks DRIE maaltye geëet het. (4)
1.2.3 Mnr. Nel beweer dat die totale koste van die vakansie minder as R20 000
was. Verifieer of mnr. Nel se bewering korrek is of nie. ALLE
berekeninge moet getoon word. (9)
[26]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 5 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 2
2.1 Op 14 Februarie 2012 was daar 'n ry kliënte wat gewag het om by Danny's Diner, 'n
gewilde eetplek in Matatiele, te eet.
Die tyd (in minute) wat 16 van Danny se kliënte in die ry moes wag, word hieronder
gegee:
30 15 45 36 A 40 34 B
B 42 26 32 38 35 41 28
B is 'n waarde groter as 20.
2.1.1 Die variasiewydte (omvang) van die wagtye was 37 minute en die
gemiddelde wagtyd was 34 minute.
(a) Bereken die ontbrekende waarde A, die langste wagtyd. (2)
(b) Bereken gevolglik die waarde van B. (4)
(c) Bepaal gevolglik die mediaan-wagtyd. (3)
2.1.2 Die onderste kwartiel en die boonste kwartiel van die wagtye is
onderskeidelik 27 minute en 41,5 minute.
Hoeveel van die 16 kliënte in die ry moes vir 'n korter tyd as die onderste
kwartiel wag? (2)
2.1.3 Danny se vorige rekords, vir 16 kliënte op 7 Februarie 2012, het getoon
dat die mediaan, variasiewydte (omvang) en gemiddelde wagtyd
onderskeidelik 10 minute, 5 minute en 10 minute was.
Vergelyk die statistiese maatstawwe vir die wagtye op 7 en 14 Februarie
en identifiseer dan TWEE moontlike redes om hierdie verskil in die
wagtye te verduidelik. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 6 DBE/November 2012
NSS
2.2 Die sirkeldiagram hieronder toon die persentasie kliënte wat op 14 Februarie 2012
verskillende maaltye by Danny's Diner bestel het.
Persentasie kliënte wat verskillende
maaltye bestel het
Wors
10% Hoender
Lamsvleis
25%
Beesvleis
20%
Vis
30%
2.2.1 Indien 40 kliënte beesvleismaaltye bestel het, bepaal hoeveel kliënte
hoendermaaltye bestel het. (4)
2.2.2 'n Kliënt word willekeurig gekies. Wat is die waarskynlikheid dat die
kliënt NIE 'n lamsvleismaaltyd bestel het nie? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 7 DBE/November 2012
NSS
2.3 Danny het 'n braaidrom gekoop om voorsiening te maak vir kliënte wat 'shisanyama'
of braaivleis wil hê. Die braaidrom word gemaak deur 'n silindriese drom in die helfte
deur te sny en dit op 'n staander te plaas, soos in die prentjie hieronder getoon.
Die semisilindriese braaidrom het 'n deursnee van 572 mm en 'n volume van 108 ℓ.
'n Reghoekige metaalrooster met afmetings 1% groter as die afmetings van die
braaidrom is bo-op geplaas.
H D
H = Hoogte van die drom
D = Middellyn van die drom
Die volgende formules kan gebruik word:
Volume van 'n silinder = π × (radius) 2 × (hoogte) waar π = 3,14
Oppervlakte van 'n reghoek = lengte × breedte
1ℓ = 1 000 000 mm3 = 0,001 m3
2.3.1 Danny vul 13 van die basis van die drom met sand.
Gee TWEE praktiese redes waarom sand in die drom geplaas is. (4)
2.3.2 Bereken die lengte (in mm) van die reghoekige metaalrooster. Toon AL
jou berekeninge. (9)
[34]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 8 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 3
Longhorn Heights Hoërskool het R7 000,00 nodig om 'n nuwe rekenaar te koop. Die finansiële
komitee besluit om lootjies ('raffle tickets') te verkoop om fondse in te samel. 'n Kosmandjie
wat deur een van die skool se verskaffers geskenk is, sal die prys in die lotery wees.
'n Lotery is 'n manier om fondse in te samel deur genommerde kaartjies te verkoop. 'n Kaartjie
word willekeurig gekies en die gelukkige kaartjiehouer wen die prys.
3.1 Die komitee besluit om die kaartjies teen R2,00 elk te verkoop. Die kaartjies sal
gelykop tussen 'n aantal kaartjieverkopers verdeel word.
3.1.1 Skryf 'n formule neer wat gebruik kan word om die getal kaartjies te
bereken wat aan elke kaartjieverkoper gegee moet word in die vorm:
Getal R2,00-kaartjies per verkoper = … (2)
3.1.2 TABEL 2 hieronder toon die verhouding tussen die getal kaartjie-
verkopers en die getal kaartjies wat elke verkoper moet verkoop.
TABEL 2: Verkope van R2,00-loterykaartjies
Getal kaartjie-
P 20 25 35 50 100 125 140
verkopers
Getal kaartjies per
250 175 140 100 70 35 Q 25
verkoper
(a) Identifiseer die tipe eweredigheid wat in TABEL 2 hierbo voorgestel
word. (1)
(b) Bereken die ontbrekende waardes P en Q. (4)
(c) Gebruik die inligting in TABEL 2 hierbo of die formule verkry in
VRAAG 3.1.1 om 'n kromme op BYLAE A te teken om die getal
kaartjieverkopers en die getal kaartjies wat elke verkoper verkoop
het, voor te stel. (4)
3.2 Die finansiële komitee verander hul plan en besluit om eerder die kaartjies teen R5,00
elk te verkoop.
3.2.1 Gee 'n moontlike rede vir hierdie besluit. (2)
3.2.2 Noem EEN moontlike nadeel as die prys van die kaartjies verhoog word. (2)
3.2.3 Op BYLAE A, teken nog 'n kromme wat die getal kaartjieverkopers en
die getal R5,00-kaartjies wat elke verkoper verkoop het, voorstel. Toon
AL die nodige berekeninge. (8)
3.2.4 Gebruik jou grafiek, of andersins, om die verskil in die getal R2,00- en
R5,00-kaartjies te bereken wat deur 70 kaartjieverkopers verkoop moet
word as daar aanvaar word dat die kaartjieverkopers al hul kaartjies
verkoop. (3)
[26]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 9 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 4
'n Plaaslike lugredery gebruik drie tipes vliegtuie vir hul binnelandse en internasionale vlugte,
naamlik Jetstreams, Sukhoi's en Avro's.
Hieronder is 'n foto van die Jetstream-vliegtuig asook 'n tabel wat inligting oor die drie tipes
vliegtuie gee.
Lengte van die Jetstream
TABEL 3: Inligting oor die drie tipes vliegtuie
TIPE VLIEGTUIG JETSTREAM SUKHOI AVRO
Maksimum getal passasiers 29 37 83
Lengte 19,25 m 26,34 m 28,69 m
Vlerkbreedte* 18,29 m 20,04 m 21,21 m
Hoogte 5,74 m 6,75 m 8,61 m
Brandstofkapasiteit (in kg)** 2 600 kg 5 000 kg 9 362 kg
Maksimum werkhoogte*** 25 000 vt (voet) 37 000 vt (voet) 35 000 vt (voet)
Maksimum vliegspoed**** 500 km/h 800 km/h 780 km/h
[Bron: Skyway, November 2011]
* Die afstand vanaf die punt van die linkervlerk tot by die punt van die regtervlerk
** Die massa van die brandstof in die tenk
*** Die aanbevole maksimum hoogte waarop die vliegtuig moet vlieg vir die beste
brandstofverbruik
**** Die maksimum gemiddelde spoed waarteen die vliegtuig by sy maksimum hoogte vlieg
4.1 Gebruik TABEL 3, wat ook op BYLAE B gegee word, om die volgende te
beantwoord:
4.1.1 Mnr. September vlieg vanaf Johannesburg na Polokwane saam met
37 ander passasiers.
Met watter vliegtuig het hy gevlieg? Verduidelik jou antwoord. (3)
4.1.2 Die lengte van die Jetstream in die prentjie is 9,9 cm, terwyl sy werklike
lengte 19,25 m is.
Bepaal die skaal (afgerond tot die naaste 10) van die prentjie in die
vorm 1: … (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 10 DBE/November 2012
NSS
4.1.3 'n Seemyl is 'n meeteenheid wat op die omtrek van die aarde gebaseer is.
1 seemyl = 1,1507 myl
= 6 076 voet
= 1,852 kilometer
Bereken die maksimum werkhoogte (tot die naaste seemyl) van die
Jetstream. (3)
4.1.4 Me. Bobe het in 'n vliegtuig gevlieg wat 'n afstand van 510 km in
39 minute afgelê het. Bepaal, deur ALLE bewerkings te toon, in watter
EEN van die drie vliegtuie sy kon gevlieg het.
Die volgende formule kan gebruik word:
Afstand = gemiddelde vliegspoed × tyd (4)
4.1.5 Bepaal die brandstofkapasiteit (tot die naaste liter) van die Avro-vliegtuig.
Gebruik die formule:
brandstofkapasiteit (in kg)
Brandstofkapasiteit (in liter) =
820 g (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 11 DBE/November 2012
NSS
4.2 Die tabel hieronder toon die skedule van vlugte tussen Johannesburg en Polokwane.
TABEL 4: Skedule van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vlugte tussen
Johannesburg en Polokwane
VLUGNOMMER ROETE VERTREK- AANKOMS- WERKSDAE
TYD TYD
SA 8801 JNB–POL 06:35 07:25 1 2 3 4 5
SA 8802 POL–JNB 07:55 08:50 1 2 3 4 5
SA 8809 JNB–POL 11:40 12:40 1 2 3 4 5 6
SA 8809 JNB–POL 11:40 12:30 7
SA 8810 POL–JNB 13:00 14:05 1 2 3 4 5 6
SA 8810 POL–JNB 13:00 13:55 7
SA 8817 JNB–POL 13:15 14:05 1 2 3 4 5 6 7
SA 8818 POL–JNB 14:25 15:20 1 2 3 4 5 6 7
SA 8815 JNB–POL 16:30 17:20 1 2 3 4 5 7
SA 8816 POL–JNB 17:45 18:40 1 2 3 4 5 7
[Bron: Skyways, November 2011]
SLEUTEL: JNB = Johannesburg; POL = Polokwane
1 = Maandag 2 = Dinsdag 3 = Woensdag 4 = Donderdag 5 = Vrydag
6 = Saterdag 7 = Sondag
Gebruik TABEL 4 hierbo om die volgende vrae te beantwoord.
4.2.1 Mnr. Likobe moet op 'n Donderdag van Johannesburg na Polokwane vlieg
om 'n sakevergadering by te woon wat presies om 13:00 begin en presies
om 15:30 eindig. Hy moet vir die volle duur van die vergadering
teenwoordig wees. Voor sy vlug moet hy om 08:30 'n 1 uur-vergadering
met 'n kliënt in sy kantoor in Johannesburg bywoon. Sy kantoor is
30 minute se ry van die OR Tambo Internasionale Lughawe in
Johannesburg af. Die vergadering-lokaal in Polokwane is 5 minute se ry
van die lughawe af.
Passasiers moet ten minste 1 uur voor die vertrektyd van hul vlug by die
lughawe aanmeld.
Watter vlugnommers moet hy vir sy reis bespreek indien hy op dieselfde
dag na Johannesburg moet terugkeer? (3)
4.2.2 Op BYLAE B is 'n lyngrafiek wat die getal vlugte wat daagliks vir die
Johannesburg-na-Nelspruit-roete beskikbaar is, voorstel.
(a) Gebruik BYLAE B en die inligting in TABEL 4 hierbo om 'n
lyngrafiek te teken wat die getal vlugte wat daagliks vir die
Johannesburg-na-Polokwane-roete beskikbaar is, voorstel. (4)
(b) Gebruik die lyngrafieke op BYLAE B om te bepaal op watter dag
elk van die roetes die minste beskikbare vlugte het. Gee EEN rede
waarom daar minder vlugte op hierdie spesifieke dag is. (3)
[27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 12 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 5
5.1 Mnr. Stanford besit 'n maatskappy wat gesondheidsorgprodukte verkoop. Die
maatskappy betaal R50 per artikel plus R3 500 vir versending en verpakking. Hulle
verkoop die artikels teen R120 elk.
Die grafiek hieronder toon die maatskappy se koste en inkomste vir die getal artikels
verkoop.
KOSTE EN INKOMSTE VAN
GESONDHEIDSORGPRODUKTE
8000
Inkomste
Koste
6000
Bedrag (in rand)
4000
2000
0
0 20 40 60
Getal artikels
5.1.1 Gebruik die grafiek hierbo om die presiese getal artikels te bepaal wat
verkoop moet word om 'n verlies van R1 400 te gee. (3)
5.1.2 Mnr. Stanford beweer dat die maatskappy gelyk sal breek indien
40 artikels teen R137,50 elk verkoop word.
Verifieer of mnr. Stanford se bewering korrek is of nie. Toon AL die
nodige berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 13 DBE/November 2012
NSS
5.2 Mnr. Stanford het agt verkoopspersone by sy maatskappy in diens geneem.
Hy het R300 000 begroot vir bonusse vir sy verkoopspersone aan die einde van 2010.
Hy het die bonusse toegewys volgens elke verkoopspersoon se bydrae tot die totale
verkope vir die jaar.
TABEL 5 hieronder toon die totale jaarlikse verkope van gesondheidsorgprodukte vir
elke verkoopspersoon gedurende 2010 en 2011 met sommige inligting weggelaat.
TABEL 5: Totale jaarlikse verkope van gesondheidsorgprodukte gedurende
2010 en 2011
2010 2011
NAAM VAN VERKOPE VERKOPE VERKOPE VERKOPE
VERKOOPS- (IN AS 'N (IN AS 'N
PERSOON DUISENDE PERSENTASIE DUISENDE PERSENTASIE
RAND) RAND)
Carl 350 7 440 8
Themba 750 K 715 13
Mabel 1 050 21 1 320 24
Vanessa L 17 935 17
Henry 800 16 1 100 20
Vivesh 900 M 660 12
Peter 200 4 220 4
Cindy 100 2 110 2
TOTAAL N 100 5 500 100
Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.
5.2.1 Bereken die ontbrekende waardes N, K en L. (7)
5.2.2 Vivesh het 'n bonus van R50 000 in 2010 ontvang. Die ander verkoops-
persone het beswaar gemaak en gesê dat hy minder as hierdie bedrag
moes ontvang het.
Verifieer, deur AL die nodige berekeninge te toon, of hierdie beswaar
geldig was of nie. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 14 DBE/November 2012
NSS
5.2.3 Mnr. Stanford het vir 2011 besluit om 6,5% van die totale verkope aan
bonusse toe te wys en dat elke verkoopspersoon 'n basiese bonus betaal
sou word soos in TABEL 6 hieronder getoon.
Die res van die begrote bedrag vir bonusse sou dan gelykop tussen al die
verkoopspersone verdeel word.
TABEL 6: Basiese bonusstruktuur vir 2011
KATEGORIE BEDRAG IN RAND
Verkope tot en met 10% 10 000
Verkope meer as 10% tot en met 20% 50 000
Verkope meer as 20% 100 000
(a) Gebruik TABEL 5 en TABEL 6 op BYLAE C om Henry se basiese
bonus te bepaal. (2)
(b) Verifieer, met AL die nodige berekeninge, of Mabel se totale bonus
meer as R104 000 is. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 15 DBE/November 2012
NSS
5.3 Mnr. Stanford het die volgende grafiek by sy verkoopsdirekteur gekry wat die
persentasie verkope van elke verkoopspersoon in 2011 en 2012 toon.
PERSENTASIE VERKOPE IN 2011 EN 2012
Cindy
Naam van verkoopspersoon
Peter
Vivesh
Henry 2011
Vanessa 2012
Mabel
Themba
Carl
0 10 20 30 40 50
Persentasie verkope
5.3.1 Interpreteer die verandering in die persentasie verkope vir Vivesh van
2011 na 2012. (2)
5.3.2 Nadat hy die grafiek bestudeer het, het mnr. Stanford vir Henry en Mabel
as die twee beste verkoopspersone vir 2012 met verkope van 45% elk
geïdentifiseer.
Watter foute het mnr. Stanford in sy vertolking van die grafiek gemaak?
Verduidelik jou antwoord. (4)
5.3.3 Noem TWEE ander tipes grafieke wat die verkoopsdirekteur kon gebruik
het sodat mnr. Stanford die grafiek nie so maklik verkeerd kon vertolk het
nie. (2)
[37]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2012
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
BYLAE A
VRAAG 3.1.2(c) en VRAAG 3.2.3
VERKOPE VAN LOTERYKAARTJIES
280
240
Getal kaartjies deur elke verkoper verkoop
200
160
120
80
40
0
0 40 80 120 160
Getal kaartjieverkopers
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2012
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
BYLAE B
VRAAG 4.1
TABEL 3: Inligting oor die drie tipes vliegtuie
TIPE VLIEGTUIG JETSTREAM SUKHOI AVRO
Maksimum getal passasiers 29 37 83
Lengte 19,25 m 26,34 m 28,69 m
Vlerkbreedte* 18,29 m 20,04 m 21,21 m
Hoogte 5,74 m 6,75 m 8,61 m
Brandstofkapasiteit (in kg)** 2 600 kg 5 000 kg 9 362 kg
Maksimum werkhoogte*** 25 000 vt (voet) 37 000 vt (voet) 35 000 vt (voet)
Maksimum vliegspoed**** 500 km/h 800 km/h 780 km/h
[Bron: Skyway; November 2011]
VRAAG 4.2.2
GETAL VLUGTE DAAGLIKS BESKIKBAAR
6
Getal vlugte
4 JNB - NEL
2
0
Maandag
Sondag
Woensdag Donderdag
Saterdag
Dinsdag Vrydag
Dag
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2012
NSS
LET WEL: HIERDIE IS SLEGS 'N INLIGTINGSBLAD. MOET NIE VRAAG 5.2
HIEROP BEANTWOORD NIE EN MOET DIT NIE INLEWER NIE.
BYLAE C: INLIGTINGSBLAD
VRAAG 5.2
TABEL 5: Totale jaarlikse verkope van gesondheidsorgprodukte gedurende 2010 en 2011
2010 2011
NAAM VAN VERKOPE VERKOPE VERKOPE VERKOPE
VERKOOPS- (IN DUISENDE AS 'N (IN DUISENDE AS 'N
PERSOON RAND) PERSENTASIE RAND) PERSENTASIE
Carl 350 7 440 8
Themba 750 K 715 13
Mabel 1 050 21 1 320 24
Vanessa L 17 935 17
Henry 800 16 1 100 20
Vivesh 900 M 660 12
Peter 200 4 220 4
Cindy 100 2 110 2
TOTAAL N 100 5 500 100
VRAAG 5.2.3(a)
TABEL 6: Basiese bonusstruktuur vir 2011
KATEGORIE BEDRAG IN RAND
Verkope tot en met 10% 10 000
Verkope meer as 10% tot en met 20% 50 000
Verkope meer as 20% 100 000
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2012 Memo

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2012 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2021 Addendum

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2020 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2017 Memo
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo
%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum