Downloaded from hlaviso.com
ey
=
Ae basic education
aS Department:
Basic Education
NX La REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
i
GRAAD 12
WISKUNDIGE GELETTERHEID V2 i
NOVEMBER 2015 :
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
|
|
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, 1 antwoordblad en 5 bylaes.
Blaai om asseblief
Kopiereg voorbehou
You're offline
Skip to contentQuestion paper 










%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)
View all


%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)


Mathematical Literacy P2 Nov 2015 Afr hlayiso.com
Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 20
- File size
- 5.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.
2.
w
10.
Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
2.1 Beantwoord VRAAG 1.3.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
2:2 Gebruik die BYLAES om die volgende vrae te beantwoord:
BYLAE A vir VRAAG 2.1
BYLAE B vir VRAAG 3
BYLAE C vir VRAAG 4.1
BYLAE D vir VRAAG 4.3
BYLAE E vir VRAAG 5.3
2.3 Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies op die
ANTWOORDBLAD. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met jou
ANTWOORDEBOEK in.
Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
Toon AL die berekeninge duidelik aan.
Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
vermeld.
Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.
Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 3 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 1
1.1
12
Mev. Letsie is die eienaar van 'n groot nasionale skoonmaakmaatskappy wat
kantoorgeboue in verskeie stede skoonmaak.
Sy het vier jaar gelede 'n bykomende skoonmaakkontrak gekry. Sy het bykomende
werknemers vir die vier jaar op kontrakbasis in diens geneem. Die
Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) vereis dat 'n werkgewer en werknemer elk
1% van die werknemer se bruto maandelikse salaris tot die fonds moet bydra.
Die getal bykomende werknemers en hul bruto salarisse is soos volg:
e 11 nutsmanne wat elk 'n maandelikse salaris van R4 410,37 ontvang
e 272 skoonmakers (mans en vroue in die verhouding 1 : 3) wat elk R18,66 per uur
ontvang en 8 uur per dag vir 'n totaal van 20 dae per maand werk
e 12 toesighouers (in dieselfde geslagsverhouding as die skoonmakers) wat elk
'n maandelikse salaris van R230 meer as 'n skoonmaker se maandelikse salaris
ontvang
e 11 drywers wat weekliks* betaal word en wat elk R734,53 per week ontvang
*LET WEL: Vir die doeleindes van WVF-bydraes moet die weeklikse salaris met
52 vermenigvuldig en dan deur 12 gedeel word om die maandelikse
salaris te bepaal.
[Bron: Staatskoerant Nr. 23064]
1.1.1 Toon, met berekeninge, dat die bruto maandelikse salaris vir 'n bykomende
drywer R3 182,96 is.
1.2.2 Bereken die totale maandelikse WVF-bydraes wat vir al die bykomende
werknemers aan die WVF betaalbaar is.
1.1.3 Mev. Letsie het beweer: 'Die persentasie verskil tussen die salaris van die
laagsbetaalde bykomende werknemer en die gemiddelde salaris van al die
bykomende werknemers is kleiner as 3%.'
Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of haar bewering geldig is.
Elke maand kies die maatskappy willekeurig 'n 'Werknemer van die Maand' uit al die
bykomende werknemers.
1.2.1 Bereken die waarskynlikheid om willekeurig 'n vroulike skoonmaker as die
werknemer van die maand te kies, afgerond tot DRIE desimale plekke.
1.2.2 Verduidelik waarom die kans om 'n manlike toesighouer willekeurig as die
werknemer van die maand te kies, hoogs onwaarskynlik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2)
(10)
(6)
(4)
(2)
Wiskundige Geletterdheid/V2 4
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
DBE/November 2015
NSS
Aan die einde van die kontraktydperk kan sommige werkers dalk werkloos wees.
Hulle sal daarop geregtig wees om vir WVF-voordele aansoek te doen.
TABEL 1 hieronder toon 'n uittreksel van die WVF-voordele wat op verskillende
bruto maandelikse salarisse betaalbaar is.
TABEL 1: Uittreksel van WVF-voordcle wat op verskillende bruto
maandelikse salarisse betaalbaar is
LAASTE BRUTO INKOMSTE- MAANDELIKSE
MAANDELIKSE VERVANGINGS- VOORDEEL
SALARIS KOERS (IVK*) (RAND)
(RAND) (%)
500 55,88 279,40
700 54,53 381,71
1 500 50,25 753,75
2 000 A 964,87
B 41,31 2 065,49
8 099 38,00 3 077,62
9 050 34,01 3 077,62
10 000 30,78 3 077,62
[Bron: Staatskoerant Nr. 23064]
* Inkomstevervangingskoers (IVK) — die persentasie van die laaste bruto
maandelikse salaris wat gebruik sal word om die bedrag van die maandelikse
WVF-voordeel te bepaal
LET WEL: Die bedrag van die maandelikse WVF-voordeel is op 'n maksimum
van R3 077,62 vasgestel.
1.3.1 Bereken die ontbrekende waardes A en B.
1.3.2 Teken 'n lyngrafiek wat die verwantskap tussen die bruto maandelikse
salaris en die IVK voorstel op die rooster wat op die ANTWOORDBLAD
voorsien word.
Blaai om asseblief
(3)
(5)
[34]
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 5 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 2
2.1 Thembeka het besluit om die gewigsverlies van mans en vroue_ wat
(RSA).
gewigsverliesprogramme volg, te ontleed. Sy het data op die Internet gevind oor die
Biggest Loser Club, 'n gewigsverliesprogram in die Verenigde State van Amerika
(VSA), en Weigh-Less, 'n gewigsverliesprogram in die Republiek van Suid-Afrika
Sy het die data in TABEL 2 in BYLAE A gebruik om mond-en-snor-diagramme te
teken wat die gewigsverlies van mans en vroue vir die twee gekombineerde
programme voorstel.
Gebruik die inligting in BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord.
2.1.1
Kopiereg voorbehou
Bepaal, as 'n persentasie, die waarskynlikheid om willekeurig 'n
Suid-Afrikaner te kies wat aan die Weigh-Less-program deelgeneem het en
meer as 20 kg verloor het. (3)
Thembeka beweer dat die mediaangewigsverlies van al die mans
33,8 kg was.
Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of haar bewering geldig is. (7)
Vergelyk, deur middel van berekeninge, die interkwartielomvange van die
mans en vroue wat aan hierdie twee gewigsverliesprogramme deelgeneem
het en lewer kommentaar daarop. (5)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 6 DBE/November 2015
NSS
2.2 Thembeka het die data ontleed en besef dat sy die getal kalorieé wat sy daagliks
inneem, sou moes verminder. Sy het 'n artikel op die Internet gelees oor die
hoeveelheid suiker wat sommige drankies bevat. TABEL 3 hieronder toon die
suikerinhoud per volume van sommige drankies.
TABEL 3: Suikerinhoud per volume van sommige drankies
Drankie eae Getal tere els (t.) Getal kalorieé
Energiedrankie 240 7,75 124
Vitamienwater 240 3.25 52
Suurlemoen-ystee 240 6 96
Lemoensap 240 6 96
Sjokolademelk 240 7,25 116
Vanielje-sojamelk 240 2 32
Kola 330 8,75 140
Dieet-kola 330 0,00 0
vient 330 10,50 168
[Bronne: www.sugarstacks.com/beverages.htm en http://recipes.howstuffworks.com]
LET WEL:
e 61t. suiker=4¢
e = 1 t. suiker = 16 kalorieé
Thembeka het gewoonlik elke dag TWEE 240 mf-blikkies energiedrankie,
EEN 240 mf-bottel sjokolademelk en EEN 330 mf-blikkie suurlemoendrankie (‘Dry
Lemon’) gedrink.
Sy het besluit om meer gesondheidsbewus te wees en het haar daaglikse drankie-
inname tot TWEE 500 mf-bottels vitamienwater, EEN 240 mf€-bottel vanielje-
sojamelk en EEN 330 m€-blikkie dieet-kola verander.
Gebruik TABEL 3 om die volgende vrae te beantwoord.
2:2)1 Bereken die totale massa suiker (in gram) wat in EEN jaar deur EEN
persoon verbruik sal word deur daagliks TWEE 330 m(-blikkies kola
te drink.
2.2.2 Bereken die verskil in die totale hoeveelheid kalorieé wat Thembeka
inneem nadat sy haar daaglikse drankie-inname verander het.
2.2.3 Thembeka het beweer: 'Deur my daaglikse drankie-inname te verander, sal
ek nou slegs 50% van my vorige daaglikse hoeveelheid suiker inneem.'
Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of Thembeka se stelling
geldig is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(4)
(5)
(6)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 7 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 3
Mnr. Vermeulen wil die VIER binnemure van sy woonvertrek met houtpaneelwerk bedek. Die
noordekant van sy huis word gedurende die dag aan die son blootgestel.
Gebruik die vloerplan van sy huis in BYLAE B om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Gee 'n rede waarom dit aanvaarbaar is dat die kombuis en woonvertrek slegs
deuropeninge (sonder deure) het wat na die gang lei. (2)
3.2 Watter vertrekke wat op die vloerplan getoon word, sal in die winter baie koeler
wees? Gee 'n rede vir jou antwoord. GB)
3.3 Mnr. Vermeulen het houtpanele gekoop om die vier binnemure van sy woonvertrek te
bedek, soos in die foto's hieronder getoon word.
Foto van 'n woonvertrek se muur met Nabyfoto van 'n muur met
houtpaneelwerk houtpaneelwerk
en
Die binne-afmetings van die woonvertrekvloer is 7,04% kleiner as die
buite-afmetings, soos op die vloerplan getoon word.
3:31 Toon aan dat die binne-afmetings van die woonvertrekvloer
3,3 m x 3,3 mis. (3)
3.3.2 Bepaal die totale buite-oppervlakte (tot die naaste m*) van die binnemure
van die woonvertrek wat met houtpanele bedek moet word.
Die volgende formule kan gebruik word:
Oppervlakte van 'n reghoek = lengte x breedte (dl)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 8 DBE/November 2015
NSS
3.4 Houtpanele word per kubieke meter (m*) verkoop en nic per lengte nie. Die
houtkleinhandelaar het mnr. Vermeulen 'n kwotasie van RS 000,00 per kubieke meter,
14% BTW uitgesluit, gegee.
Mnr. Vermeulen het die volgende opgemerk:
e Elke houtpaneel is 2 m lank, 150 mm breed en 12,5 mm dik.
e 4.5% meer as die vereiste getal panele word benodig as gevolg van snywerk en
vermorsing.
e — Arbeidskoste vir paneelwerk is R125,00 per vierkante meter, BTW ingesluit.
Hy het R6 000,00 vir die koste van die panele en die arbeid begroot.
Verifieer of mnr. Vermeulen se begrote bedrag voldoende is om die koste van die
panele en arbeid te dek.
Die volgende formules kan gebruik word:
Oppervlakte van 'n reghoek = lengte x breedte
Volume van 'n reghoekige prisma = lengte x breedte x hoogte (12)
[31]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 9 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 4
4.1 Takahiro is 'n Namibiese burger van Okahandja wat in 2014 in Suid-Afrika
gematrikuleer het.
Sy het besluit om vir die graad BA (Sportontwikkeling) te studeer. Sy het aanlyn
aansoek gedoen en is aanvaar om in 2016 by die Departement van Sport en
Bewegingskunde aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) te studeer.
Sy het ook vir studente-akkommodasie in die Amper Daar-dameskoshuis aansoek
gedoen en is aanvaar.
Gebruik BYLAE C, wat inligting oor die gemiddelde jaarlikse onderrigkoste vir
voorgraadse studies, studentetoelatingsgeld en akkommodasiegeld by UJ vir 2016
bevat, om die volgende vrae te beantwoord.
4.1.1
4.1.2
Kopiereg voorbehou
Gee EEN moontlike rede waarom die kursusgeld volgens 'n skaal van
bedrae en nie as 'n enkele bedrag gegee word nie.
Om in 'n dubbelkamer in 'n koshuis te bly, is goedkoper as om in 'n
enkelkamer te bly. Gee EEN rede vir die verskil in gelde.
Bereken die totale onderrigkoste en akkommodasiegeld wat Takahiro in die
eerste jaar van haar studies sal betaal indien sy die minimum jaarlikse
onderriggeld betaal.
Bereken die minimum bedrag wat Takahiro by registrasie sal moet betaal,
die koshuisdeposito ingesluit, indien sy die minimum onderriggeld vir haar
gekose graad sou betaal.
Blaai om asseblief
(3)
(5)
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2
4.2 UJ ken
merietebeurse
10
NSS
aan
verdienstelike
studente toe
toelatingspuntetelling (TPT/'APS'), op grond van hul matrickuitslae.
DBE/November 2015
volgens die
Die totale TPT word bereken deur die TPT vir slegs sewe vakke soos volg bymekaar
te tel:
e Slaagpersentasie van die kandidaat se SES beste vakke met Lewensoriéntering as
die sewende vak
e Vir alle vakke (behalwe Lewensoriéntering) word die persentasies wat in die
NSS-eindeksamen behaal is, gebruik om die TPT te bereken.
e Vir Lewensoriéntering word die persentasie wat behaal is, deur twee gedeel en
dan tot die naaste 10% opwaarts afgerond.
TABEL 5 hieronder toon die TPT. TABEL 6 hieronder toon die merietebeurswaarde,
wat as 'n persentasie van die totale onderrigkoste betaalbaar, toegeken word.
TABEL 5: Toelatingspuntetellings
TABEL 6: Merietebeurswaarde as 'n
(TPT/'APS') persentasie (%) van onderrigkoste
TPT/'APS' | NSS-UITSLAE TOTALE MERIETEBEURS-
7 509% fon 100% TPT/‘APS' WAARDE
6 70% tot 79% Onder 39 ue
5 60% tot 69% 2 30%
4 50% tot 59% —— =
= 43-45 75%
3 40% tot 49% Bo 45 100%
2 30% tot 39% [Bron: www.uj.ac.za]
1 0% tot 29%
Takahiro het matriek met die volgende uitslae voltooi:
VAK FINALE UITSLAG (%)
Afrikaans HT 62
Engels EAT 70
Wiskundige Geletterdheid 64
Lewensoriéntering 92
Rekeningkunde 79
Lewenswetenskappe 84
Ekonomie 85
Geografie 83
Bereken die persentasie van die beurswaarde wat Takahiro sal kry indien sy vir 'n
merietebeurs kwalifiseer.
Kopiereg voorbehou
(6)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 11 DBE/November 2015
43
NSS
Takahiro en haar ma en pa beplan om van Okahandja na Johannesburg te reis met die
B1, A2 en ander paaie soos op die strookkaart in BYLAE D aangedui. Hulle sal die
grens na Botswana oorsteek en beplan om in Gaborone te oornag. Die volgende
oggend sal hulle hul reis voortsit oor die grens na Suid-Afrika en dan via Pretoria na
Johannesburg reis.
Ander inligting oor die reis van Namibié na Suid-Afrika is soos volg:
e Die gemiddelde tyd wat hulle by 'n grenskruising sal spandeer, is 20 minute,
terwyl hulle 15 minute lank by ander plekke op die roete sal stilhou.
Hulle beplan om ongeveer elke 200 km in dorpe of stede stil te hou.
Hulle beplan om twee keer tussen Gaborone en Johannesburg stil te hou.
Verblyf, maaltye ingesluit, kos 680 pula per persoon in Gaborone.
Die koste om per motor die grens na Botswana oor te steek, is soos volg:
- 50 pula per grenskruising
- 50 pula vir derdepartyversekering
- 20 pula vir padfondsbelasting
LET WEL: Die wisselkoerse is soos volg:
AFRIKA-GELDEENHEID SUID-AFRIKAANSE RAND (ZAR)
1 Botswana pula (BWP) 1,2454
1 Namibiese dollar (NAD) 0,998
[Bron: coinmill.com, 11/06/2015]
Gebruik BYLAE D en die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.
43.1 Bereken die totale rytyd (stilhouplekke uitgesluit) vanaf Okahandja na
Johannesburg indien die gemiddelde spoed waarteen hulle ry, 108 km/h is.
Die volgende formule kan gebruik word:
Totale afstand = gemiddelde spoed x rytyd
4.3.2 Verduidelik waarom die lengte van die strook van Lobatse na Gaborone
korter is as die lengte van die strook van Rustenburg na Sun City, terwy]
die werklike afstande wat in die strookkaart aangetoon word, amper ewe
lank is.
4.3.3 Takahiro het geskat dat hulle slegs 2 160 Namibiese dollar nodig sal hé om
vir beide die verblyf in Gaborone en die grenskruising van Namibié na
Botswana te betaal.
Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of haar skatting geldig is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(6)
[31]
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 12 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 5
5.1 Die Volksrepubliek van China (China) en die Verenigde State van Amerika (VSA)
het die twee grootste BBP's* (bruto binnelandse produk) ter wéreld.
TABEL 7 hieronder toon vergelykbare data vir China en die VSA.
TABEL 7: Vergelykbare data vir China en die VSA in 2014
CHINA VSA
BBP (miljoen VSA$) 10 380 380 17 418 925
Bevolking in miljoene 1 356 319
Jaarlikse bevolkingsgroei 0.44% 0,77%
ia. per 1 000 van 0,32 2.45
aihaese. bevolking (werkers) in 797.6 155.4
Olie-invoere in miljoen vate per dag 5,664 9,213
[Aangepas uit http://www.indexmundi.com]
*BBP — die netto monetére waarde van al die vervaardigde goedere en dienste in een
jaar
**Migrasie — die beweging van mense van een land na'n ander
5.1.1 Interpreteer China se netto migrasiekoers. (2)
5.1.2 Bereken die verskil tussen die geprojekteerde bevolkingsgroottes van China
en die VSA aan die einde van 2015 op grond van hulle bevolkingsgroei. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 13 DBE/November 2015
NSS
5.2 China en die VSA voer die meeste van hul ruolie in. Die staafgrafiek hieronder toon
die wéreldproduksie en -verbruik van ruolie volgens streek.
JAARLIKSE WERELDPRODUKSIE EN -VERBRUIK
VAN RUOLIE VOLGENS STREEK
1 400
= 1200
£
c—t
3, 1.000
F |
£ 800 -
2 |
g
£600 -
z
cy
=
2S 400 -
>
2
oc
= 200 7
S Ss aS vo la so ‘O
2 o
D t S ii)
z z 3 =
E a 2 5
a S & Produksie
Streek @ Verbruik
[Aangepas uit 'US Energy Information Administration]
Gebruik die staafgrafiek om die volgende vrae te beantwoord.
5.2.1 Noem die streek wat die grootste verskil toon tussen die hoeveelheid ruolie
wat hulle geproduseer het en die hoeveelheid ruolie wat hulle verbruik het. (2)
5.2.2 Bereken die verskil in die produksie en die verbruik van ruolie in beide
Noord-Amerika en Asié en lewer kommentaar oor die verskil. (3)
5:23 Gee EEN moontlike rede vir die hoé verbruik van ruolie in Noord-Amerika
en Asié. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 14 DBE/November 2015
NSS
5.3 Ongeveer 63% van die wéreld se ruolie word per skip (oor die see) vervoer.
Bottelnekke* in die hoofseehandelsroetes wat vir die vervoer van ruolie gebruik word,
is 'n uiters belangrike deel van wéreldwye ruolie-sekerheid.
Die Straat van Hormuz is die wéreld se belangrikste bottelnek, want:
e 30% van alle ruolie wat oor die see vervoer word, beweeg daardeur.
e Ruolie wat deur hierdie bottelnek vervoer word, is meestal vir Indié, J apan,
Suid-Korea, China en Noord-Amerika bestem.
Ruolie na Europa kan om die Kaap die Goeie Hoop of deur die Suezkanaal vervoer
word.
[Bron: www.eia.gov/emeu/cabs]
*Bottelnekke — nou kanale langs wéreldseeroetes wat die algemeenste gebruik
word/nou deurgange waardeur skepe moet beweeg
Die volgende herleidings kan gebruik word:
1 myl= 1,609344 kilometer
1 vat = 158,9873 liter
Gebruik die inligting wat in BYLAE E voorsien word om die volgende vrae te
beantwoord.
5.3.1 Bepaal die benaderde afstand, in myl, tussen die twee grootste bottelnekke. (3)
5.3.2 30% van alle ruolie wat oor die see vervoer word, beweeg daagliks deur die
Straat van Hormuz.
Bereken die totale hoeveelheid ruolie wat daagliks per skip vervoer word. (3)
3.3.3 Gee TWEE ekonomiese redes waarom dit nie raadsaam is om ruolie om die
Kaap die Goeie Hoop na Europa te vervoer nie. (4)
[24]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2015
NSS
ANTWOORDBLAD
VRAAG 1.3.2
SENTRUMNOMMER
EKSAMENNOMMER | | |
1
DIE VERWANTSKAP TUSSEN BRUTO MAANDELIKSE SALARIS
EN DIE INKOMSTEVERVANGINGSKOERS (IVK)
70
a oso oe ;
Inkomstevervangingskoers (%)
30 | F | |
0 2 000 4 000 6 000 8 000 10 000
Bruto Maandelikse Salaris (Rand)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2015
NSS
BYLAEA
VRAAG 2.1
TABEL 2: Inligting van 25 deelnemers aan twee gewigsverliesprogramme
(van die data is weggelaat)
Biggest Loser Club Weigh-Less-program
in VSA in RSA
Vroulik 66 29,93 Vroulik 16,2
Vroulik 112 50,80 Manlik 23,7
Manlik 100 =| 43,36 Vroulik 36
Vroulik 100 43,36 Vroulik 25
Vroulik 154 69,85 Manlik 13,2
Vroulik 136 61,69 Manlik 16,7
Manlik 83 37,65 Vroulik 26
Vroulik 220 ves Manlik 25,6
Manlik 102 a Manlik 31.6
Manlik 55 — Vroulik 36,5
Manlik 36 we Manlik 18,8
Vroulik we 68,04 Vroulik 43,2
Manlik | 29,10 13,2
[Bronne: http:/www.biggestloserclub.com en www.weighless.co.za]
LET WEL: | pond = 0,453592 kg
MOND-EN-SNOR-DIAGRAMME;:
GEWIGSVERLIES (IN KG) VIR MANS EN VROUE
VIR DIE GEKOMBINEERDE GEWIGSVERLIESPROGRAMME
13,2 4627
| —| Mans
16,52 34,63
16,2 43,2
27,97 64,87 Vroue
10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
Gewig in kg
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2015
NSS
BYLAE B
VRAAG 3
VLOERPLAN VAN MNR. VERMEULEN SE HUIS
7 100 |
3550 3 550
wi
A
Kombuis | |
Ss w2 ~
N
e | ai |
2350 Sem 1 200 8
[een ent tintntatncnee ”
PT 7 é °
J | Slaapkamer 1
Ss wa omen
5 yet ob
T Badkamer &
© _— = a
—J So
C) zg
Pr Woonvertrek Pr
NN Slaapkamer 2
i 4h ere i T
wi w1
SLEUTEL: ITEMS AFMETINGS (in mm)
W1 (vensteropening) 1511 x 949
W2 (vensteropening) 1 022 x 949
Binnehoogte vanaf vloer tot plafon 2 650
Standaarddeuropening 2 032 x 750
Deuropening na gang 2 082 x 750
Kopiereg voorbehou
[Bron: http://www.saplans.co.zap 1003]
Z
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2015
NSS
BYLAE C
VRAAG 4,1
GEMIDDELDE JAARLIKSE ONDERRIGKOSTE VIR VOORGRAADSE STUDIES,
STUDENTETOELATINGSGELD EN AKKOMMODASIEGELD BY UJ VIR 2016
A: Toelatingsgeld
Alle nuwe studente moet aansoek doen om toelating en die vereiste toelatingsgeld betaal.
Gelde betaalbaar
e Aansoekgeld van R200 vir 2016 (aansoek met die hand ingevul)
(Geen aansoekgeld vir aanlyn aansoeke nie)
B: Gemiddelde koste vir eerstejaaronderrig by die Departement van Sport en Bewegingskunde
Gelde betaalbaar
e 'n Aanvangspaaiement van 30% van die onderriggeld is by registrasie betaalbaar.
Ten minste 35% van die jaarlikse onderriggeld is teen 30 April betaalbaar.
Die saldo van die onderriggeld is teen 31 Julie betaalbaar.
UJ sal 5% afslag aanbied indien alle onderriggeld by registrasie betaal is.
Studente wat nie burgers van Suid-Afrika is nie, betaal 'n bykomende en verpligte R2 000-
onderriggeld by registrasie.
Jaarlikse onderrigfooie
BA (Sportsielkunde) R28 470 tot R35 260
BA (Kommunikasie) R20 130 tot R32 870
BA (Sportontwikkeling) R28 470 tot R35 260
BCom (Sportbestuur) R30 270 tot R37 970
C: Akkommodasiegeld
'n Deposito van R1 220 vir 2016 by registrasie plus 'n minimum van die eerste maand se
akkommodasiekoste
Jaarlikse koshuisgelde
e Amper Daar- en Kruinsig-dameskoshuise (dubbelkamers) R18 928,00
e Sophia Town (enkelkamers) R31 668,00
LET WEL: Vir koshuise moet die volle jaarlikse betaling of 11 gelyke maandelikse betalings vir
die eerste studiejaar gedoen word.
[Bron: www.uj.ac.za/0861 00 00 UJ en UJ_Student fees2015/6_Rollfold.indd]
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2015
NSS
BYLAE D
VRAAG 4.3
STROOKKAART WAT DIE PADAFSTANDE IN KILOMETER
VAN WINDHOEK NA PRETORIA AANTOON
Mariental Rehoboth ® f] Windhoek °
handjo
i
eam SO —'”"
I +— Grenskruising
BOTSWANA Shakawe ©) Moremi
310 a
498 49, val 2, a 888
Ghanzi 28° Maun
Makgodik-} [11303
a gadi G.R.
738 tshane Kang Me, £48
898 , Sekome! Nato 488
232
Wel Kanye Francis- aa
Gaborone, town
i BOTSWANA Lobatse 4 I ,
<+— Grenskruising
SUID-AFRIKA
Zeerust zai
Madikwe
G.R.
1288 Rustenberg a8
1347 Hartbeespoor! Pilanesberg 39
~~ Dam} IC ) Hartbeespoort
Johannesburg cg
Protoria Se o
[Bron: www.google.com]
Kopiereg voorbehou
noyaqsooa Basd1doyy
[SqES/MAIS/AOT BIS MMM :U01g]
, sscererenenenemenrienrteeemnosnne J
MDE 000s 0
£& dooy 91905 aip dev
oO H 91905) aIp duey
O
fo}
a ie
~~
S ‘@ a «|
epee e % © =
ZHULOF] ° 1 yA
daays.iva Sep x"
qopury-[9 qeg eo aod aye uaolilW znUHOH é r) ss ‘ i .
smodsog;~ doing 7,
as aisy mo vyLouly
sniodsog e = gh1OON
vuleueg e
SDDOTAN TALLO
a)
SVd Wadd NAOT ND ALTONA ALVA TV.LAD AIG NA SALAOUAAS NI AYMAN TALLOG NVA LYVV
eS OVVUA
a aAV TAR
SSN
SLOT JOQUISAON/Fad ZA/PIOUPseHI[eH Isipunysi
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Limpopo

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Limpopo

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 North West

Question paper
MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2024 English hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 GR12 QP JUNE 2024 English hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
MLIT P2 QP SEPT2015 AFR hlayiso.com

Addendum
Mathematical Literacy P2 Nov 2021 Addendum Eng hlayiso.com

Addendum
Mathematical Literacy P2 Nov 2020 Addendum Afr hlayiso.com

Memorandum
Mathematical Literacy P2 Nov 2017 Memo Afr hlayiso.com

Addendum
Mathematical Literacy P2 Nov 2016 Addendum Afr hlayiso.com
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper hlayiso.com
More from Grade 12 Mathematical Literacy
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL

Addendum
MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR

Memorandum
Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State
%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers

Addendum
Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN

Memorandum