Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*MLITA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitende ʼn bylaag van 1 bladsy.
Skip to contentAll 2015 papers %202015%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4/v1-fadb7835022fd7b70e96/card.webp)





View all


%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)


Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 2.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Gebruik BYLAAG A om VRAAG 4.1 te beantwoord.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
4. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en
niegrafies) gebruik, tensy anders aangedui.
5. Toon AL die berekeninge duidelik aan.
6. Rond AL die finale antwoorde paslik af volgens die gegewe konteks,
tensy anders aangedui.
7. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
8. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE,
tensy anders aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 Mnr. Pather hoor van sy vriende hoe belangrik dit is om voorsiening te maak vir
onvoorsiene omstandighede soos ʼn skielike sterfgeval as gevolg van tragiese
ongelukke. Hy besef dat indien ʼn geliefde tot sterwe sou kom, dat daar altyd ʼn
nood sal wees van ʼn kontantvloei. Hy het verskillende begrafnisdekkings van
verskeie maatskappye bestudeer. Die een wat sy oog gevang het, word in die
onderstaande tabel geïllustreer. Mnr. Pather se familie bestaan uit sy vrou en
twee kinders.
Die volgende tabel illustreer die voordele en premies inligting in RAND van ʼn
begrafnisdekkingpolis.
Tabel 1
Begrafnis- Hoof- Eggenoot Kind Kind Kind Gesins-
dekking versekerde Ouderdom Ouderdom Ouderdom plan
14-21 6-13 1-5 Premies
Jaar 1 20 000 20 000 20 000 10 000 5 000 89,95
Jaar 2 21 000 21 000 21 000 10 500 5 250 97,15
Jaar 3 22 050 22 050 22 050 11 025 5 512,50 A
Jaar 4 23 152,50 23 152,50 23 152,50 11 576,25 B 113,31
Jaar 5 24 310,13 24 310,13 24 310,13 12 155,06 6 077,53 122,38
Jaar 10 31 026,57 31 026,57 31 026,57 C 7 756,64 179,81
Jaar 15 39 598,64 39 598,64 39 598,64 19 799,32 9 899,66 264,20
Jaar 20 D D D 25 269,50 12 634,75 388,20
Verpligte Jaarlikse Verhogings: Jaarlikse Premie Verhoging 8%
Jaarlikse voordele verhoging 5%
1.1.1 Bereken die volgende ontbrekende waardes:
(a) Die premie in die 3de jaar (A) (2)
(b) Die uitbetalingswaarde vir ʼn kind van die ouderdom 1–5 jaar in
die 4de jaar (B) (2)
(c) Die uitbetalingswaarde vir ʼn kind van die ouderdom 6–13 jaar in
die 10de jaar (C) en (3)
(d) Die uitbetalingswaarde vir ʼn kind van die ouderdom 14–21 jaar,
die eggenoot of die hoofversekerde in die 20ste jaar (D). (3)
1.1.2 Verduidelik die verwantskap tussen die bedrae vir ʼn kind van die
ouderdom 1–5 jaar, van die ouderdom 6–13 jaar en die ouderdomme
van 14–21 jaar. (3)
1.1.3 Soos die premie elke jaar verhoog, verhoog die begrafnisdekking ook.
Waarom dink jy is dit nodig vir die verhoging in die begrafnisdekking? (2)
1.1.4 Waarom dink jy is daar ʼn verskil in die persentasie verhoging tussen die
uitbetalingswaardes en die premiewaardes? (2)
1.1.5 Gee EEN voordeel en EEN nadeel om geld in ʼn begrafnisplan te betaal. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.2 Mnr. Pather, ʼn 37-jarige winkelbestuurder, bestudeer die belastingtabelle vir
die 2014–2015 en 2015–2016 finansiële jare om die verskil in die belasting
wat hy vir die twee finansiële jare sal betaal, te bepaal. Hy ignoreer die
mediese- en pensioenaftrekkings. Om die vrae hieronder te beantwoord,
gebruik die volgende belastingtabelle.
Tabel 1: Belastingtabel vir 2014–2015 finansiële jaar
Belasbare Inkomste (R) Belastingkoers
R0 – R174 550 18% van elke R1
R174 551 – R272 700 R31 419 + (25% van die bedrag bo R174 550)
R272 701 – R377 450 R55 957 + (30% van die bedrag bo R272 700)
R377 451 – R528 000 R87 382 + (35% van die bedrag bo R377 450)
R528 001 – R673 100 R140 074 + (38% van die bedrag bo R528 000)
R673 101 + R195 212 + (40% van die bedrag bo R673 100)
KORTINGS
Primêre korting R12 726
Sekondêre korting (Persone 65 en ouer) R7 110
Tersiêre korting (Persone 75 en ouer) R2 367
[Bron: www.sars.gov.za]
Tabel 2: Belastingtabel vir 2015 – 2016 finansiële jaar
Belasbare Inkomste (R) Belastingkoers
R0 – R181 900 18% van elke R1
R181 901 – R284 100 R32 742 + 26% van die bedrag bo R181 900
R284 101 – R393 200 R59 314 + 31% van die bedrag bo R284 100
R393 201 – R550 100 R93 135 + 36% van die bedrag bo R393 200
R550 101 – R701 300 R149 619 + 39% van die bedrag bo R550 100
R701 301 + R208 587 + 41% van die bedrag bo R701 300
KORTINGS
Primêre korting R13 257
Sekondêre korting (Persone 65 en ouer) R7 407
Tersiêre korting (Persone 75 en ouer) R2 466
[Bron: www.sars.gov.za]
1.2.1 Vanaf die twee belastingtabelle hierbo, is dit ooglopend dat die
belastingkoerse vanaf een finansiële jaar na die volgende finansiële
jaar verskil. Gee ʼn rede vir hierdie verskil. (2)
1.2.2 Mnr. Pather beweer dat hy meer belasting per maand in die 2015–
2016 finansiële jaar sal betaal as in die 2014–2015 finansiële jaar.
Hy het hierdie bewering aan die einde van Februarie 2015 gemaak.
Hy verdien ʼn maandelikse salaris van R15 800,75 wat onveranderd
in Maart 2015 bly. Verifieer met die nodige berekeninge of sy
bewering waar is of nie. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
1.3 ʼn Opname was deur Mnr. Pather in die omgewing waar hy woon gedoen
aangaande die bedrae (in rand) wat mense elke maand spaar vir
onvoorsiene omstandighede. Een honderd en veertig mense het aan die
opname deelgeneem.
Mnr. Pather het die data wat hy opgeneem het in die volgende snor-en
baarddiagram geïllustreer.
Bestudeer die snor-en baarddiagram en beantwoord die volgende vrae.
1.3.1 Watter persentasie mense spaar meer as R65 per maand? (2)
1.3.2 Hoeveel mense spaar minder as R25 per maand? (2)
1.3.3 Bereken die waarde van die interkwartiel-omvang. (2)
1.3.4 Verduidelik wat beteken die waarde van die interkwartiel-omvang
wat in VRAAG 1.3.3 bereken is. (3)
1.3.5 Dink jy dat die mense in hierdie omgewing ernstig is oor spaar?
Verduidelik jou antwoord. (3)
[44]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 2
2.1 Me. Harker vra ʼn bouer om ʼn skaaltekening van ʼn voornemende verbouing
van haar huis te teken. Die vloerplan van die voornemende verbouing word
hieronder geïllustreer.
2.1.1 Meet die plan (afmetings) van die stoep en bereken die werklike
afmetings van die stoep in meters. (5)
2.1.2 Me. Harker sou graag die stoep met keramiek teëls wat R79,99 per
vierkante meter kos, uitgelê hê. Die teëler versoek haar om ʼn 10%
voorsiening te maak van die stoepoppervlakte vir vermorsing en
breekskade wanneer die teëls gelê word. Indien die teëler R55 per
vierkante meter kwoteer vir arbeid, bereken die totale koste om die
stoep te teël.
Die volgende formule mag nuttig wees:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
2.1.3 Bestudeer die plan sorgvuldig en skryf TWEE tekortkominge neer
wat nie op die plan voorkom nie wat jy aan die bouer wil voorstel
om die plan te verbeter. (4)
2.2 In een van Me. Harker se ander kamers in haar huis, is daar ʼn boekrak
soos hieronder aangedui. Onder die boek is een van die rakke.
Bestudeer die diagramme sorgvuldig voordat jy die vrae beantwoord.
Hierdie diagramme is nie volgens skaal geteken nie.
Breedte
250 mm
2.2.1 Die totale oppervlakte van die rakke waarop die boeke gepak
word, is 0,45 m2 en die breedte van een rak is 250 mm. Bereken
die lengte van EEN rak in sentimeter.
Die volgende formule mag nuttig wees:
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
2.2.2 Vervolgens, bereken die aantal boeke wat op rak gepak kan word
as die boeke ʼn dikte van 23 mm het. (3)
2.2.3 Die maksimum gewig wat een van die rakke kan dra, is
16 kilogram. Indien die gemiddelde gewig van een boek op die
boonste rak 1 493 gram is, bereken die maksimum aantal boeke
wat met hierdie gewig op die boonste rak gepak kan word. (3)
2.2.4 Een van die boeke wat Me. Harker het, kan nie regop (vertikaal)
gepak word soos in die boonste diagram nie, maar kan teen die
kant leen soos in die onderste diagram. Toon met die nodige
berekeninge en verduideliking waarom dit onmoontlik is om die
boek regop te pak.
Die volgende formule kan nuttig wees:
Waar:
(7)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 9
VRAAG 3
3.1 Jano wil ʼn nuwe motor koop, maar voordat hy enige kontrak teken, wil hy na
verskeie opsies kyk. Hy is in ʼn Hyundai i30 geïnteresseerd. Hy het ʼn
afspraak gereël met een van die verkoopspersoneel om hom die verskeie
opsies te wys.
Die volgende tabel was aan hom voorgelê.
Tabel 2
Opsie 1 Opsie 2
Gekoppelde koers Restantbetaling
(Balloon Payment)
Kontantprys R165 000 R165 000
Deposito R10 000 R0
Leningsbedrag R156 140 R166 140
Rentekoers 12% 12%
Leningstermyn 6 jaar 6 jaar
Maandelikse
terugbetaling R3 122,49 R2 921,08
Restantbetaling R0 25% van kontantprys
ʼn Verpligte eenmalige van R1 140,00 is betaalbaar.
’ M i s mi is si fooi R57,00 word by die
maandelikse terugbetaling gevoeg.
ʼn Restantbetaling is ʼn finale bedrag wat betaalbaar is in die laaste
maand van die kontrak.
Bestudeer die bostaande tabel en beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Wys hoe die Leningsbedrag van Opsie 1 bereken was. (2)
3.1.2 Bereken die totale bedrag wat Jano na die ses jaar in Opsie 1 sal
betaal. (3)
3.1.3 Bereken die totale bedrag wat Jano na die ses jaar in Opsie 2 sal
betaal. (4)
3.1.4 Bereken die verskil tussen die bedrae in VRAAG 3.1.2 en
VRAAG 3.1.3. (2)
3.1.5 Verduidelik waarom die maandelikse terugbetalings van Opsie 2 laer
is as die van Opsie 1 waar ʼn deposito betaal is. (2)
3.1.6 Jano het advies nodig oor watter opsie hy moet kies. Watter van
hierdie twee opsies sal jy Jano adviseer om te kies? Verskaf TWEE
redes vir jou antwoord. (5)
3.1.7 Die restantbetaling opsie lyk aantreklik, maar het sommige nadele
vir ʼn koper. Noem TWEE nadele van die restantbetaling. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
3.2 Om Jano te oortuig om die Hyundai i30 te koop, wys die verkoopspersoon vir
hom twee grafieke aangaande die verkope van die Hyundai i30 oor ʼn periode
van ses maande.
Bestudeer die grafieke en beantwoord die vrae wat volg.
GRAFIEK 1
Verkope van die Hyundai
i30 oor ses maande
50
40
Aantal verkoop
30
20
10
0
1 2 3 4 5 6
Maande
GRAFIEK 2
Verkope van Hyundai i30
oor ses maande
45
40
Aantal verkoop
35
30
25
20
15
10
1 2 3 4 5 6
Maande
3.2.1 Die verkoopspersoon maak die volgende stelling: “As jy na beide
grafieke kyk, sal jy sien dat ons 15 verkoop het in die eerste maand en
dit het toegeneem na 42 in maand 6.” Stem jy saam met hierdie
stelling? Staaf jou antwoord met bewyse vanaf beide grafieke. (4)
3.2.2 Watter EEN van die twee grafieke was die mees toepaslikste grafiek
om vir Jano te wys? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 11
3.3 Nadat Jano besluit het om die Hyundai i30 te koop het die
verkoopspersoon hom gevra om ʼn kleur vir sy motor te kies. Hy is na die
pakhuis geneem om na die verskillende kleure te gaan kyk wat hulle in
voorraad het. In die pakhuis was daar verskillende Hyundai modelle in
verskeie kleure. Die volgende tabel wys die verskeie modelle en hul
kleure.
Model Kleure
Rooi Wit Silwer Swart Blou
Elantra 3 0 1 2 5
i10 2 3 1 3 4
i20 1 4 2 3 4
i30 4 5 3 5 6
Sonata 2 1 0 0 0
Velostar 1 0 0 1 0
3.3.1 Hoeveel Hyundai motors was in die pakhuis? (2)
3.3.2 Watter van die modelle sou jy sê is mees populêr? Gee ʼn rede
vir jou antwoord. (3)
3.3.3 Bereken die waarskynlikheid dat die kleur van die Hyundai i30
wat Jano sal kies, swart sal wees. Druk jou antwoord as ʼn
persentasie uit. (2)
3.3.4 Bereken die waarskynlikheid dat Jano nie ʼn swart of blou
Hyundai i30 sal kies nie. Druk jou antwoord uit tot 3 desimale
plekke. (3)
3.3.5 Die verkoopspersoon beweer dat hulle verkoop twee keer die
aantal swart Hyundai’s as die silwer Hyundai’s. Toon met
berekeninge of jy met die stelling saamstem of nie. (3)
[41]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 4
4.1 Grant is ʼn toergids vir Haven se Reise en Toere. Hy reis daagliks ʼn
afstand van 700 km rondom die Johannesburgse Stadsentrum. Hy word
slegs toegelaat om teen ʼn spoed van 80 kilometer per uur te reis. Hy
word ook slegs twee rusperiodes toegelaat, vanaf 11h00 tot 11h30 en
weer vanaf 13h30 tot 13h45.
BYLAAG A toon die kaart van die Johannesburgse stadsentrum.
Bestudeer die kaart sorgvuldig voordat jy die vrae beantwoord.
4.1.1 Bereken die tyd wat dit Grant sal neem om die toer rondom die
Johannesburgse stadsentrum te voltooi sonder dat hy enigsins
stilhou. Gee jou antwoord in ure en minute. (3)
4.1.2 Met die nodige berekeninge wys hoe laat Grant sy rit moet begin,
as hy om 18h00 by die huis wil wees. (3)
4.1.3 Grant bestuur ʼn voertuig met ʼn tenkkapasiteit van 60 liter. Indien
Grant se voertuig 7 kilometer dek op elke liter brandstof, dink jy
dat ʼn vol tenk hom sal hou vir sy toer? Wys met die nodige
berekeninge. (4)
4.1.4 In watter rigting moet Grant ry as hy deur Smitstraat wil reis
(Blokke 1A)? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
4.1.5 Gewoonlik gebruik Grant sy Geografiese Puntstelsel (GPS) om
vir hom rigting aan te dui, maar om een of ander rede is sy GPS
disfunksioneel. Hy is by die Stadsaal (City Hall in Blok 3B) en wil
by die Planetarium (Blok 1A) uitkom. Gee vir Grant spesifieke
aanwysings vanaf die Stadsaal na die Planetarium. (4)
4.2 Die spoedgrens in hierdie gebiede is 80 kilometer per uur. ʼn
Verkeersbeampte vertel aan Grant dat bestuurders nie die spoedgrens
gehoorsaam nie. Hy wys Grant dat hy die volgende spoed vir die
spesifieke dag opgeteken het vir twee verskillende gebiede
(Braamfontein en Hillbrow). Gebruik die data (spoed in kilometer)
hieronder om die vrae te beantwoord.
Braamfontein – 81 ; 76; 95; 101, 99; 71; 85; 67;62
Hillbrow – 62; 83; 73; 77; 96; 99; 76; 68
4.2.1 Die verkeersbeampte noem aan Grant dat as jy na die
gemiddelde spoed van die twee gebiede kyk, is dit duidelik dat
Braamfontein ʼn hoë risiko ongeluksgebied is. Toon deur middel
van berekeninge of jy met die verkeersbeampte saamstem of nie
saamstem nie. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 13
4.2.2 Kan die modale waarde gebruik word om die spoed wat in een
gebied gery word, die beste te beskryf? Gee ʼn rede vir jou
antwoord. (2)
4.2.3 Indien jy hierdie data grafies wil vertoon, watter tipe grafiek of
grafieke sou jy gebruik om ʼn vergelyking in hierdie twee gebiede
te maak? (2)
4.2.4 Indien die verkeersbeampte spoedboetes uitgereik het aan die
spoedoortreders, hoeveel boetes het hy vir daardie spesifieke
dag uitgereik? (2)
[30]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
BYLAAG A
VRAAG 4.1
A B C
1
Hillbrow
Plane-
tarium
2
Braam-
fontein
3
Smit Street City Hall
Smitstraat Stadsaal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject
%202015%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4/v1-fadb7835022fd7b70e96/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo
%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum