Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*MLITA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitende 1 antwoordblad
en 2 bylae.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 






%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6cb0661c-9e1c-49bb-a37b-db7f3504733d/v1-0eeecd6946f4492d4fe5/card.webp)
_hlayiso.com_--f1819888-26f6-4ed6-8382-6909354c4789/v1-9e8166dabe212d7041a7/card.webp)


View all


%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)


MATHS LIT P1 QP GR12 SEPT 2015 AFR hlayiso.com
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 24
- File size
- 817.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
3. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Beantwoord VRAAG 4.1.5 op die aangehegte ANTWOORDBLAD. Handig
die ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.
5. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (niegeprogrammeerbare en
niegrafiese sakrekenaar) gebruik, tensy anders aangedui.
6. Toon al die berekeninge duidelik aan.
7. Rond AL die finale antwoorde paslik volgens die gegewe konteks af, tensy
anders aangedui.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE,
tensy anders aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3
VRAAG 1
1.1 Mnr. en Me. Tana, ʼn jonggetroude paartjie is gereed om hul eerste huis
deur BNT Bank te koop. Hulle kry ʼn eiendom waarvan hulle hou teen ʼn prys
van R1 250 000 (ignoreer oordragskoste en prokureurskoste). Mnr. Tana
het 20% van sy ouers vir ʼn deposito gekry. BNT Bank het aan hulle ʼn
verbandlening op die balans toegestaan.
RUSTENBURG R1 250 000
Tabel 1: Verbandterugbetalingsfaktore
Verbandterugbetalingsfaktore
JARE
Rentekoers (%) 5 10 15 20 25 30
10,00 21,25 13,22 10,75 9,65 9,09 8,78
10,25 21,37 13,35 10,90 9,82 9,26 8,96
10,5 21,49 13,49 11,05 9,98 9,44 9,15
10,75 21,62 13,63 11,21 10,15 9,62 9,33
11,00 21,74 13,78 11,37 10,32 9,80 9,52
11,25 21,87 13,92 11,52 10,49 9,98 9,71
11,50 21,99 14,06 11,68 10,66 10,16 9,90
[Bron: www.mortgagemax.co.za]
Gebruik die gegewe inligting en tabel hierbo om die volgende vrae te
beantwoord.
1.1.1 Identifiseer die aantal jare wat hulle aan die verband sal
terugbetaal, as die betalingsfaktor 10,32 en die rentekoers 11% is. (2)
1.1.2 Bereken die totale bedrag wat hulle vanaf die bank moet leen. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.1.3 Gebruik die tabel en inligting hierbo en bereken hulle maandelikse
terugbetaling.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Maandelikse terugbetaling = verbandbedrag x faktor
1 000 (3)
1.1.4 Bereken die totale bedrag wat hulle aan die einde van die termyn
terugbetaal het, uitsluitende prokureurskoste en oordragskoste. (3)
1.1.5 Bereken die totale rente wat hulle op hul verbandlening by BNT
Bank sal betaal. (2)
1.2 Mnr. Tana, ʼn 42-jarige man werk vir die plaaslike munisipaliteit en verdien
ʼn jaarlikse salaris van R476 012,28. Sy aftrekkings per maand is as volg;
LBS: -----------
Pensioenfonds : R2 975,08
Gimnasium : R129,42
Versekeringspolisse : R585,00
Gebruik die belastingtabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Tabel 2: Belastingtabel vir 2015/2016
INKOMSTEBELASTING: Individueel en trust
Belastingkoerse (jaar van aanslag eindig 29 Februarie 2016)
Belasbare Inkomste (R) Belastingkoerse
0 – 181 900 18% van belasbare inkomste
181 901 – 284 100 32 742 + 26% van elke R bo 181 900
284 101 – 393 200 59 314 + 31% van elke R bo 284 100
393 201 – 550 100 93 135 + 36% van elke R bo 393 200
550 101 – 701 300 149 619 + 39% van elke R bo 550 100
701 301 + 208 587 + 41% van elke R bo 701 300
Belastingkortings en belastingdrempels:
Korting
Primêre korting (belastingbetaler onder 65) : R13 257
Sekondêre korting (Persone 65 en ouer) : R7 407
Tersiêre korting (Persone 75 en ouer) : R2 466
Ouderdom Belastingdrempel
Onder ouderdom 65 R73 650
Ouderdom 65 na onder 75 R114 800
Ouderdom 75 en oor R128 500
[Bron: www.sars.gov.za]
1.2.1 Bepaal die aantal belastingkoerse beskikbaar in die bogenoemde
belastingtabel. (2)
1.2.2 Bereken Mnr. Tana se maandelikse bruto salaris. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5
1.2.3 Gebruik die belastingtabel, en bereken die totale maandelikse
belasting wat vanaf Mnr. Tana se salaris afgetrek word. (5)
1.2.4 Bereken Mnr. Tana se bydrae tot die Pensioenfonds as ʼn
persentasie van sy bruto salaris. (2)
1.2.5 Verduidelik die betekenis van die konsep belastingdrempel. (2)
1.3 Mnr. Tana ontvang ʼn rekening van die munisipaliteit. Bestudeer die tabel
wat ʼn uittreksel is van ʼn munisipale rekeningstaat wat die waterverbruik
bedrag wat betaal moet word, wys. Beantwoord die vrae wat volg.
Datum Diens Besonderhede Koste BTW Koste
(uitsluitend (insluitend
BTW) BTW)
20/03/15 Water Meter no.B- R184,66 ----- R210,51
ZGD543 Tarief:
Water
Huishoudelike
lesingdatums:
Huidig (09/2/15)
= 2 384
Vorige (07/01/15)
= 2 368
Water 16 kℓ
WATER SKULD
KOLLEKTERINGSAKSIE
WA 0100: 6 kℓ @ 9,941230 Die voorsiening van dienste mag
WA 0100: 4 kℓ @10,136180 opgehef word indien enige
WA 0100: 10 kℓ @14,077830 bedrag onbetaald is na die
WA 0100: 10 kℓ @18,249050 betaaldatum en die deposito mag
WA 0100: 30 kℓ +@ 22,901530 gelyktydig hersien word. Neem
kennis dat die betaaldatum nie
van toepassing is op agterstallige
rekeninge nie.
1.3.1 Bereken die bedrag BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde) wat
belas is vir die watertarief wat in die tabel gegee is. (2)
1.3.2 Toon alle berekeninge hoe die totale bedrag van R184,66 bereken
was. (4)
[33]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 2
2.1 Me. Tana reis vanaf Oos-Londen na King William’s Town. Die
spoedmeterlesings hieronder was by tye van aankoms afgeneem.
Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die spoedmeterlesings:
Tyd geneem vir die
rit
2.1.4
Brandstofverbruik → 2.1.4
← Gemiddelde spoed
2.1.1 Skryf neer die maksimum temperatuur vir daardie dag. (2)
2.1.2 Bereken die motor se brandstofverbruik in liter per kilometer
(ℓ/km). (2)
2.1.3 Bereken die totale aantal liter brandstof wat die motor sal verbruik
indien 13 570,84 km per jaar afgelê word. Gee jou antwoord tot
die naaste liter. (3)
2.1.4 Bereken die afstand wat deur hierdie motor is vanaf Oos-Londen
na King William’s Town afgelê. Gee jou antwoord in meter.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Afstand = Gemiddelde spoed x tyd (3)
2.1.5 Bepaal die tyd wat Me. Tana Oos-Londen verlaat het om na
King William’s Town te reis. (3)
2.1.6 Meld of die rit, in die oggend, middag of aand geneem was. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7
2.2 Linda, ʼn graad 11-Toerisme onderwyseres koop vyftien 2-liter bottels
koeldrank vir 116 leerders wat op ʼn uitstappie gaan. Sy gebruik ʼn 250 mℓ
koppie om die koeldrank vir elke leerder af te meet. Sy word deur ʼn graad
12-leerder gehelp om die koeldrank te skink.
2.2.1 Wys deur berekeninge dat die beskikbare koeldrank genoeg sal
wees vir al die graad 11-leerders om ‘n koppie koeldrink te kry.
1 koppie = 250 mℓ, 1 ℓ 1 000 mℓ (3)
2.2.2 ʼn Leerder wat uithelp kry twee derdes van die koppie koeldrank by
Linda. Bereken die verskil in koeldrank wat ontvang is deur ʼn
graad 11-leerder en ʼn helpende leerder in milliliter. (3)
2.3 Mnr. en Me. Tana het inkopies in Phuket, Thailand gedoen en het 4 dae in
ʼn hotel gebly. ʼn Direkte vlug vanaf Johannesburg na Thailand neem 11
uur 2 minute en die afstand is 8 471 km. Hulle het ʼn klein geskenkie vir
hul dogter gekoop waarin sy haar oorringe en haarbykomstighede kan
bêre.
[Bron: www.google.com]
2.3.1 Bereken die totale aantal ure wat hulle in die hotel gebly het. (2)
2.3.2 Herlei die afstand tussen Thailand en Johannesburg na myl.
0,6214 myl = 1 km (2)
2.3.3 Bereken die oppervlak van die bokant van hul dogter se geskenk
as die deursnit 9 cm is.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Oppervlak van ʼn sirkel = r2, waar = 3,142 (3)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die kaart van Grahamstad, BYLAAG 1 en beantwoord die vrae
wat volg.
3.1.1 Gee die ruitverwysing van die Diocesan Skool vir Meisies. (2)
3.1.2 Identifiseer die aantal krieketvelde wat in hierdie gebied van
Grahamstad gevind word. (2)
3.1.3 Daar is ʼn straat wat deur Tauntonstraat gaan. Noem hierdie
straat. (2)
3.1.4 Verwys na ruitverwysing GU15, suidwes van Graham Protea
geleë. Identifiseer die instelling wat ʼn versameling van kunsvlyte
en ander voorwerpe van wetenskaplike, kunstige, kulturele en
historiese belang versorg. (2)
3.1.5 Gee die algemene rigting van Somerset Heights ten opsigte van
Oatlands. (2)
3.2 Mnr. en Me. Tana koop ʼn TV-kabinet vanaf die Leeckay Meubelwinkel. Met
aflewering was dit in stukke en in groot bokse gedra. Hulle het iemand
gestuur om dit in die Tana-gesin se huis aanmekaar te sit.
Gebruik BYLAAG 2 om die volgende vrae te beantwoord.
3.2.1 Noem die deel genommer 14 in die diagram. (2)
3.2.2 Identifiseer die deelnommer(s) wat as die stoorrakke gebruik
word. (2)
3.2.3 Bepaal die aantal dele genommer 20 wat in die boks moet wees. (2)
3.2.4 Meet die afstand van die boonste deel (13) van die kabinet in mm
en gee die verhouding as die werklike lengte 1 755 mm is. (2)
3.2.5 Hoeveel glasskroewe is nodig om die TV-kabinet aanmekaar te
sit? (2)
3.2.6 Alle skroewe is saam gemeng in ʼn houer wanneer die TV-kabinet
aanmekaar gesit word. Bepaal die waarskynlikheid dat die skroef
wat uit die houer gehaal word, ʼn houtskroef is. (3)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9
VRAAG 4
4.1 Die Maatskaplike Departement voorsien maatskaplike hulp aan mense in nood.
Die voorsiene feitelys is ʼn statistiese opsomming van maatskaplike toelae in die
verskeie provinsies streke van Suid-Afrika. Maatskaplike toelae verwys na
Ouderdomstoelaag (OAG), Oorlogveteraantoelaag (WVG),
Ongeskiktheidsoelaag (DG), Toelaag in bystand (GIA),
Kinderonderhoudstoelaag (CSG), Pleegsorgtoelaag (FCG) en Sorg
Afhanklikheidstoelaag (CDG).
TABEL 3: Totale aantal maatskaplike toelaes by tipe toelaag en
provinsies soos op 31-05-2014
Streek OAG W DG GIA CDG FCG CSG TOTAAL
VG
OK 519072 59 180475 12907 18555 119285 A 2655420
VS 177963 6 79000 1584 6221 40962 638187 943923
GP 455457 103 113090 2294 15686 57222 1575990 2219842
KZN 616132 54 296083 31651 35919 130170 2702811 3812820
LP 423090 28 91999 13591 12745 60996 1650665 2253114
MP 218554 18 77355 3778 8998 35436 999473 1343612
NK 77409 11 48473 5304 4694 14735 279724 C
NW 226434 15 85939 5484 8683 42060 766593 1135208
WK 277680 113 149920 10377 11312 29491 883802 1362695
TOTAAL 2991791 407 1122334 86970 B 530357 11302312 16156984
[Bron: SOCPEN-stelsel] [LW: Die totaal sluit die toelaag in bystand in]
4.1.1 Bepaal die getal provinsies (streke) wat van maatskaplike hulp deur
Maatskaplike Ontwikkeling voorsien word. (2)
4.1.2 Identifiseer die provinsie wat die minste aantal Ouderdomstoelaag
begunstigdes (OAG) het. (2)
4.1.3 Bereken die verskil tussen die aantal beguntigdes wat
kinderonderhoudstoelae (CSG) ontvang tussen Gauteng en Noordwes
provinsies. (3)
4.1.4 Bereken die volgende ontbrekende waardes in die tabel:
(a) A (2)
(b) B (2)
(c) C (2)
4.1.5 Teken ʼn lyngrafiek deur die Oorlogsveteraantoelaag (WVG) per
Provinsie te teken op die assestelsel wat op die ANTWOORDBLAD
voorsien is. (4)
4.1.6 Gee die verhouding van die Oorlogsveteraanbegustigdes (WVG) in die
Vrystaat teenoor dié in die Mpumalanga streek. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
4.1.7 Identifiseer die provinsie met die hoogste aantal mense wat ʼn Sorg
Afhankliheidstoelaag (CDG) ontvang. (2)
4.1.8 Skryf neer die totale aantal mense wat maatskaplike toelae in die
Wes-Kaap ontvang in woorde. (2)
4.2 Die bestuurder van ʼn groothandelaar, Ludwe, maak ʼn opname van die
verkope van Roomys, Sjokoladestawe en Coke vir die hele jaar. Die
uitslag word in die onderstaande grafiek uitgebeeld.
Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Verkope vir die jaar
70000
60000
50000
Verkope (R)
40000
Coke
Coke
30000
Chocolate Bars
Sjokoladestafies
20000 Ice cream
Roomys
10000
0
Winter
Winter Lente
Spring Somer
Summer Herfs
Autumn
Seisoene
4.2.1 Bepaal die hoeveelheid (in R) van Coke-verkope wat deur die
winkel tydens die somer die gemaak is. (2)
4.2.2 Identifiseer die seisoene met ʼn verskil van R4 000,00 vir die
verkope van Sjokoladestawe. (2)
4.2.3 Verskaf ʼn naam vir die tipe grafiek hierbo. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 11
4.3 Me. Ncombo woon in Port Edward. Sy maak ʼn opname van al die
elektrisiteitsverkope en die aantal eenhede wat ontvang is.
Tabel 4: Opname van Elektrisiteitsverkope
Maande April Mei Junie Julie September Oktober November
Bedrag 500 500 550 1 200 500 250 500
(in Rand)
Eenhede
ontvang 338,2 338,2 371,95 758,7 311,7 155,9 251,4
4.3.1 Bereken die gemiddelde aantal eenhede wat ontvang is tot die
naaste eenheid. (4)
4.3.2 Bepaal die omvang (reikwydte/variasiewydte) op elektrisiteit
gespandeer. (3)
4.3.3 Bepaal die modale bedrag wat op elektrisiteit gespandeer is. (2)
[38]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 5
5.1 Ncumisa, ʼn onthaalkomiteelid het drie kwotasies gemaak vir ʼn graad 12-
afskeidsfunksie. Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
Plek A = R5 000 + 125n
Plek B = R25 000
Plek C = R2 500 + 250n
Vergelyking van plekke vir ʼn afskeidsfunksie
50000
45000
40000
35000
Koste in Rande
30000
25000 Venue A
Venue B
20000
Venue C
15000
10000
5000
0
0 50 100 150 200
Aantal mense
5.1.1 Hoeveel sal dit kos om ʼn funksie by Plek A vir 100 mense te hou? (2)
5.1.2 Identifiseer die duurste plek om 180 mense te onthaal. (2)
5.1.3 Bepaal die aantal mense wat vir R4 000,00 by Plek C onthaal kan
word. (2)
5.1.4 Skryf neer die drie snypunte van die grafieke. (6)
5.1.5 Identifiseer die vaste koste vir Plek A. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 13
5.2 Na die formele deel van die afskeidsfunksiedag, sal die leerders swem en
pret op die strand hê. Een van die onderwysers soek op die internet wat
die temperature vir die Afskeidsfunksiedag sal wees. Die lesings is soos
volg:
Temperatuur Laag 16 °C Hoog 78,8 °F
Windspoed 19 km/
Windrigting O
Vogtigheid 61%
Kanse van reën 10%
[Bron: weather.news24.com]
5.2.1 Herlei 78,8 °F temperatuur na °C.
Jy mag die formule gebruik:
°C = (°F – 32°) ÷ 1,8 (3)
5.2.2 Bepaal die waarskynlikheid dat dit sal reën op die dag van die
afskeid. Gee jou antwoord in die eenvoudigste breuk. (3)
5.2.3 Bepaal die waarskynlikheid dat die huidige weerstoestand geen
vogtigheid het nie. (2)
5.3 Een van die minibus-taxi’s wat die skool gebruik om die leerders na en
vanaf die strand te vervoer, gebruik 22,5 liter om 289 km tussen Oos-
Londen en Port Alfred af te lê . Die bestuurder vra R45 per leerder vir 86
leerders, 38 seuns en 48 meisies.
5.3.1 Bepaal die aantal minibus-taxi’s wat benodig word indien een
minibus 14 leerders kan vervoer. (3)
5.3.2 Die brandstofprys is R10,83 per liter. Bereken die totale koste vir
die rit vir EEN minibus insluitende die betaling per leerder. (3)
[28]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
14 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
ANTWOORDBLAD
VAN EN NAAM
GRAAD 12: ……..
VRAAG 4.1.5
Oorlogsveteranetoelaagbegunstigdes vir die verskeie provinsies
140
120
100
Aantal begunstigdes
80
60
40
20
0
VS NK NW MP LP KZN OK GP WK
Provinsies
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 15
BYLAAG 1
KAART VAN GRAHAMSTAD
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
16 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
BYLAAG 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Limpopo

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Limpopo

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 North West

Question paper
MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2024 English hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 GR12 QP JUNE 2024 English hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
MLIT P2 QP SEPT2015 AFR hlayiso.com
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper hlayiso.com
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6cb0661c-9e1c-49bb-a37b-db7f3504733d/v1-0eeecd6946f4492d4fe5/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (English) 2015 Preparatory Examination Question Paper hlayiso.com
_hlayiso.com_--f1819888-26f6-4ed6-8382-6909354c4789/v1-9e8166dabe212d7041a7/card.webp)
Question paper
MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2020 English (Printready 18 August 2020) hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P1 GR12 SEPT2016 QP Engl hlayiso.com
More from Grade 12 Mathematical Literacy
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL

Addendum
MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR

Memorandum
Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State
%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers

Addendum
Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN

Memorandum