Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDE
SKOOLGEBASEERDE
ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD 12
LEERDERGIDS
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – i KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
You're offline
Skip to contentDocument 





%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b8d5ec37-18cd-443c-976d-f6ddeb339d23/v1-b592a7d0e655ab20c65d/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--141815e5-df0c-4d8f-a354-4ef5b9b2a2e2/v1-4b62509df3cd172e560e/card.webp)




View all





Maths Learner Guide Afrikaans hlayiso.com
Mathematics · Grade 12 · Afrikaans. SBA exemplar, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Document
- Publisher
- Learner guide
- Pages
- 20
- File size
- 545.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDE
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD 12
LEERDERGIDS
1
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
INHOUD
Inleiding. ..............................................................................................................................................3
1. Werkstuk....................................................................................................................................4
Rye en reekse
2. Ondersoek 1..............................................................................................................................6
Funksies en inverse
3. Ondersoek 2..............................................................................................................................12
Toepassing van differensiaalrekene
4. Projek.........................................................................................................................................15
‘n Praktiese toepassing van differensiaalrekene
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 2 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
1. INLEIDING
Een van die doelwitte van ons kurrikulum is om te verseker dat leerders kennis en vaardighede verwerf en toepas op
maniere wat in hulle eie lewens sinvol is. Met die oog hierop, en waar toepaslik, streef die assesseringstake in hierdie
dokument daarna om praktiese kennis binne ‘n gegewe konteks te toets.
Die tabel hieronder toon die vereistes vir skoolgebaseerde assessering vir die jaar. Let asseblief daarop dat hoewel die
projek/ondersoek in die eerste kwartaal aangegee word, dit in die tweede kwartaal afgehandel kan word.
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING
TAAK GEWIGSWAARDE (%)
Toets 10
Kwartaal 1 Projek/Ondersoek 20
Werkstuk 10
Toets 10
Kwartaal 2
Junie-eksamen 15
Toets 10
Kwartaal 3
Voorbereidende Eksamen 25
Skoolgebaseerde assessering as ‘n % van die promosiepunt 25%
3
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
1. WERKSTUK: RYE EN REEKSE TOTAAL: 60
INSTRUKSIES
1. Beantwoord al die vrae.
2. Toon alle berekeninge wat jy in die bepaling van jou antwoorde gebruik het, duidelik aan.
3. Rond antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders vermeld.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word.
5. Skryf netjies en leesbaar.
VRAAG 1
Lucy is besig om 1-sentstukke en 5-sentstukke in rye te rangskik. Die patroon van die munte in elke ry word hieronder
getoon.
Ry 1
Ry 2
Ry 3
Ry 4
Ry 5
1.1 Bereken die totale getal munte in die 40ste ry. (3)
1.2 Bereken die totale waarde van die munte in die 40ste ry. (4)
1.3 Watter ry bevat munte met ‘n totale waarde van 337 sent? (6)
1.4 Toon aan dat die totale waarde van die munte in die eerste 40 rye 4 800 sent is. (6)
[19]
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 4 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 2
Die som van die eerste n terme van ‘n ry word gegee deur: Sn = n(23 – 3n)
2.1 Skryf die eerste DRIE terme van die ry neer. (5)
2.2 Bereken die 15de term van die ry. (3)
[8]
VRAAG 3
Die som van die tweede en die derde term van ‘n geometriese ry is 280, en die som van
die vyfde en die sesde term is 4 375. Bepaal:
3.1 Die gemeenskaplike verhouding EN die eerste term (6)
3.2 Die som van die eerste 10 terme (2)
[8]
VRAAG 4
Bepaal die waarde van k as:
∞
∑ 4.k
t =1
t −1
= 5
[6]
VRAAG 5
Gegee die reeks: 2(5)5 + 2(5)4 + 2(5)3 + ...
Toon aan dat die reeks konvergeer. [2]
VRAAG 6
As 2; x; 18; ... die eerste drie terme van ‘n geometriese ry is, bepaal die waarde(s) van x. [4]
VRAAG 7
Gegee Tn = 3n+1 . Watter term sal eerste 20 000 oorskry? [4]
VRAAG 8
Die ry 3; 9; 17; 27; ... is ‘n kwadratiese ry.
8.1 Skryf die volgende term van die ry neer. (1)
8.2 Bepaal ‘n uitdrukking vir die nde term van die ry. (4)
8.3 Wat is die waarde van die eerste term van die ry wat groter is as 269? (4) [9]
TOTAAL: 60
5
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
2. ONDERSOEK 1: FUNKSIES EN INVERSE TOTAAL: 50
INSTRUKSIES
1. Beantwoord al die vrae.
2. Toon alle berekeninge wat jy in die bepaling van jou antwoorde gebruik het, duidelik aan.
3. Rond antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders vermeld.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word.
5. Skryf netjies en leesbaar.
DEEL 1: WATTER VERHOUDINGS MAAK FUNKSIES UIT?
Een-tot-een-verhouding: ‘n Verhouding is een-tot-een indien daar vir elke insetwaarde slegs een uitsetwaarde is.
Baie-tot-een-verhouding: ‘n Verhouding is baie-tot-een indien daar vir meer as een insetwaarde slegs een
uitsetwaarde is.
Een-tot-baie-verhouding: ‘n Verhouding is een-tot-baie indien daar vir een insetwaarde meer as een uitsetwaarde
is.
1.1 Bepaal die tipe verhouding in elke geval en verstrek ‘n rede.
1.1.1
___________________________________________________________
___________________________________________________________ (1)
1.1.2 {(1 ; 3), (2 ; 5), (6 ; 13), (7 ; 15)}
___________________________________________________________ (1)
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 6 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
1.1.3
___________________________________________________________
___________________________________________________________ (1)
‘n Funksie is ‘n stel geordende getallepare waar geen twee geordende pare dieselfde x-koördinaat het nie, of, anders
gestel: ‘n funksie is ‘n stel geordende pare waar daar vir elke waarde van x een en slegs een waarde van y is. Vir
dieselfde waarde van y kan daar egter verskillende waardes van x wees.
1.2 Watter verhoudings (in VRAAG 1.1.1 tot 1.1.3) is funksies? Waarom?
(a)_______________________________________________________________ (2)
(b)_______________________________________________________________ (1)
(c)_______________________________________________________________ (1)
7
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Die vertikalelyntoets word gebruik om te bepaal of ‘n gegewe grafiek ‘n funksie is of nie.
Om te bepaal of ‘n grafiek ‘n funksie is, moet jy die vertikalelyntoets doen. Indien enige vertikale lyn die grafiek van
f slegs een keer sny, is f ‘n funksie; en indien enige vertikale lyn die grafiek van f meer as een keer sny, is f nie ‘n
funksie nie.
1.3 Bepaal of die volgende grafieke funksies is of nie. Gee ‘n rede vir jou antwoord.
b d
(a)_______________________________________________________________ (1)
(b)_______________________________________________________________ (1)
(c)_______________________________________________________________ (1)
(d)_______________________________________________________________ (1)
(e)_______________________________________________________________ (1)
(f)_______________________________________________________________ (1)
(g)_______________________________________________________________ (1)
(h)_______________________________________________________________ (1)
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 8 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
DEEL 2: DIE INVERS VAN ‘N EKSPONENSIALE FUNKSIE
2.1 Beskou die vergelyking g(x) = 2x. Voltooi nou die volgende tabel:
x –3 –2 –1 0 1 2
y (1)
2.2 Skets die grafiek van g.
2.3 Skets die grafiek van f(x) = x as ‘n stippellyn op dieselfde assestelsel as g. (1)
2.4 Voltooi die tabel hieronder vir h, indien h gelyk is aan g wanneer die x- en y-waardes omgeruil word.
x
y
Skets h op dieselfde assestelsel as g. (4)
9
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
2.5 Skryf vervolgens die x-afsnit van elke grafiek neer.
y = 2x x = 2y
2.5.1 ___________________________________________________________
2.5.2 ___________________________________________________________ (2)
2.6 Skryf die definisieversameling (gebied) en waardeversameling neer van:
2.6.1 y = 2x
Definisieversameling: ___________________
Waardeversameling: ____________________ (2)
2.6.2 x = 2y
Definisieversameling:____________________
Waardeversameling :_____________________ (2)
2.6.3 Wat is die verhouding tussen die definisieversameling en die waardeversameling van die twee grafieke?
___________________________________________________________
__________________________________________________________ (1)
2.6.4 Is beide grafieke funksies? Gee redes.
__________________________________________________________ (2)
2.6.5 Skryf die vergelyking van x = 2y neer in die vorm y =
__________________________________________________________ (1)
2.6.6 Merk jy enige simmetrielyn in jou skets op? Wat is die vergelyking van hierdie lyn?
___________________________________________________________ (1)
2.6.7 In wiskunde noem ons h die invers van g. Maak ‘n veronderstelling omtrent die grafiek en sy invers.
___________________________________________________________ (3)
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 10 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
DEEL 3: WANNEER IS DIE INVERS VAN ‘N KWADRATIESE FUNKSIE OOK ‘N FUNKSIE?
3.1 Gegee: , vir
3.1.1 Skryf die vergelyking neer van die invers van f.
___________________________________________________________ (1)
3.1.2 Skryf die draaipunte neer van beide f en sy invers.
___________________________________________________________ (2)
3.1.3 Skets die grafieke van f en sy invers op dieselfde assestelsel. (2)
3.1.4 Besluit of die invers van f ‘n funksie is of nie, en gee ‘n rede vir jou antwoord.
___________________________________________________________ (2)
3.1.5 Verduidelik hoe jy die definisieversameling van f sodanig sal beperk dat sy invers ‘n funksie sal wees.
___________________________________________________________ (2)
3.1.6 Skryf vervolgens die ooreenstemmende waardeversameling neer van die invers van f indien:
(a) _______________________________________________ (1)
(b) ______________________________________________ (1)
3.1.7 Op afsonderlike assestelsels, skets die grafieke van die invers van f met beperkte definisieversamelings
soos in VRAAG 3.1.6. Dui die definisieversameling en waardeversameling van elk aan.
(2)
3.1.8 Is die twee grafieke in VRAAG 3.1.7 funksies? Gee ‘n rede of redes vir jou antwoord.
___________________________________________________________ (2)
TOTAAL: 50
11
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
3. ONDERSOEK 2: TOEPASSING VAN DIFFERENSIAALREKENE
TOTAAL: 50
INSTRUKSIES
1. Beantwoord al die vrae.
2. Toon alle berekeninge wat jy in die bepaling van jou antwoorde gebruik het, duidelik aan.
3. Rond antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders vermeld.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word.
5. Skryf netjies en leesbaar.
DOEL: Om ondersoek in te stel aangaande die infleksiepunt van ‘n kubiese grafiek en sy verhouding met die grafiek
van die eerste en tweede afgeleide.
GEVAL 1
Gegee: f (x) = x3 – 7x2 + 36
1.1 Skets die grafiek van f netjies op grafiekpapier. Dui alle afsnitte en die koördinate van draaipunte duidelik
aan. (8)
1.2 Bepaal die eerste afgeleide van f en noem dit g. (1)
1.3 Skets die grafiek van g op dieselfde assestelsel as f. Dui alle afsnitte en die draaipunt duidelik aan.
(3)
1.4 Bepaal die tweede afgeleide van f en noem dit h. Skets dan die grafiek van h op dieselfde assestelsel as f
en g. Toon al die afsnitte van die grafiek met die asse duidelik aan. (3)
1.5 Wat merk jy op aangaande die x-afsnitte van die kwadratiese funksie en die x-koördinate van die draaipunte
van die kubiese funksie? (1)
1.6 Die infleksiepunt kan bepaal word deur f “ (x) = 0 op te los. Dit kan ook bepaal word deur die middelpunt van
die draaipunte van die kubiese grafiek te bereken. Bepaal vervolgens die infleksiepunt van f. (3)
1.7 Wat merk jy op aangaande die simmetrie-as van g, die x-afsnit van h en die x-koördinate van die infleksiepunt
van f ? (1)
[20]
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 12 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
GEVAL 2
Gegee f (x) = – x3 – 2x2 + 4x + 8
2.1 Skets die grafiek van f netjies op grafiekpapier. Toon al die afsnitte en koördinate van die draaipunte duidelik
aan. (7)
2.2 Bepaal die eerste afgeleide van f, en noem dit g. (1)
2.3 Skets die grafiek van g op dieselfde assestelsel as f. Toon al die afsnitte en die draaipunt duidelik aan.
(4)
2.4 Bepaal die tweede afgeleide van f en noem dit h. Skets dan die grafiek van h op dieselfde assestelsel as f
en g. Toon al die afsnitte van die grafiek met die asse duidelik aan. (3)
2.5 Wat merk jy op aangaande die x-afsnitte van die kwadratiese funksie en die x-koördinate van die draaipunte
van die kubiese funksie? (1)
2.6 Die infleksiepunt kan bepaal word deur f “ (x) = 0 op te los. Dit kan ook bepaal word deur die middelpunt van
die draaipunte van die kubiese grafiek te bereken. Bepaal vervolgens die infleksiepunt van f. (3)
2.7 Wat merk jy op aangaande die simmetrie-as van g, die x-afsnit van h en die x-koördinate van die infleksiepunt
van f? (1)
[20]
3. GEVOLGTREKKING
Op grond van die twee gevalle, watter gevolgtrekking kan jy maak omtrent die infleksiepunt van ‘n kubiese
funksie in verhouding met die grafieke van die eerste en tweede afgeleides? [2]
13
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
4. TOEPASSING
Die parabool hieronder is die grafiek van die afgeleide van ‘n funksie f.
4.1 Vir watter waarde(s) van x sal f :
4.1.1 Toeneem (2)
4.1.2 Afneem (2)
4.2 Gee die absisse van die draaipunt(e) van y = f (x). (2)
4.3 Klassifiseer die stasionêre punt(e). (2)
[8]
TOTAAL: 50
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 14 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
4. PROJEK: ‘N PRAKTIESE TOEPASSING VAN DIFFERENSIAALREKENE
TOTAAL: 50
INSTRUKSIES
1. Beantwoord al die vrae.
2. Toon alle berekeninge wat jy in die bepaling van jou antwoorde gebruik het, duidelik aan.
3. Rond antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders vermeld.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word.
5. Skryf netjies en leesbaar.
6. Skets die houers volgens die gegewe spesifikasies.
7. Wiskundige metodes en formules moet gebruik word om die houers te beplan en te skets.
8. Alle berekeninge en die beplanning van die sylengtes en oppervlaktes moet netjies en duidelik in geskrewe dele
en sketse aangebied word.
HOUERS
A: ‘n Houer met ‘n reghoekige basis
B: ‘n Houer met ‘n sirkelvormige basis
C: ‘n Houer met ‘n driehoekige basis
SPESIFIKASIES
• Elke houer moet presies een liter vloeistof kan bevat.
• Elke houer moet ‘n minimum oppervlakte hê.
• Die oppervlakte van elke houer moet die deksel insluit.
• Die lengte van die reghoekige basis moet twee maal die breedte wees.
• Die driehoekige houer moet ‘n gelyksydige basis hê.
15
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
VERDERE VERGELYKING
Afgesien van jou gevolgtrekking op grond van die drie opsies, watter ander vorm sou jy gebruik vir ‘n koeldrankhouer in
die vervaardiging van koeldrankblikkies? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
WENK: Die betrokke vorm kan die mees ekonomiese een wees om te vervaardig maar nie die mees praktiese keuse
nie.
RUBRIEK
KRITERIA MAKSIMUM PUNTE TOEGEKEN
PUNT A B C
Korrekte wiskundige formules 3x3
Korrekte berekeninge:
Afmetings van basisse 4x3
Hoogte van die houers 2x3
Logiese redenering en aanbieding 3x3
Tydige inlewering 2
Gevolgtrekking oor die minste materiaal 1x3
gebruik
Laaste verdere vergelyking 1x3
Sketse 2x3
TOTAAL 50
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 16 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
17
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 18 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Addendum
MATHS P1 ANSWER BOOK GR12 SEPT 2025 English Afrikaans

Memorandum
MATHS P2 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A

Question paper
Maths Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Gauteng

Question paper
Maths Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Afr Limpopo

Memorandum
MATHS P1 GR 12 MEMO SEPT 2024 English+Afrikaans hlayiso.com

Question paper
MATHS P2 QP GR12 SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b8d5ec37-18cd-443c-976d-f6ddeb339d23/v1-b592a7d0e655ab20c65d/card.webp)
Memorandum
Gr 12 Mathematics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers hlayiso.com
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--141815e5-df0c-4d8f-a354-4ef5b9b2a2e2/v1-4b62509df3cd172e560e/card.webp)
Question paper
Gr 12 Mathematics P1 (Afrikaans) June 2024 Question Paper hlayiso.com

Question paper
MATHS P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans

Question paper
MATHS P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
MATHS P1 GR12 MEMO JUNE 2022 English Afrikaans hlayiso.com

Question paper
MATHS P2 QP GR12 JUNE 2022 Afrikaans hlayiso.com
More from Grade 12 Mathematics
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
FS Gr 12 Sept 2024 Afr en Eng P1 hlayiso.com

Question paper
G12 Maths P2 Sept Free State 2024 hlayiso.com

Question paper and memo
KZN Maths Grade 12 March 2024 QP and Memo hlayiso.com

Question paper
Mathematics Maths NSC Prac P1 QP May June 2024 KZN hlayiso.com

Question paper
KZN GR 12 MATHS P2 SEPT 2024 hlayiso.com

Memorandum