Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paperMathematical LiteracyGrade 12202514 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie en ʼn addendum met 4 bylaes. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. 2.1 Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord: BYLAE A vir VRAAG 1.1 BYLAE B vir VRAAG 2.1 BYLAE C vir VRAAG 4.3 BYLAE D vir VRAAG 5.3 2.2 Beantwoord VRAAG 1.4.2 en 5.2.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE. 2.3 Skryf jou NAAM en VAN in die spasies wat op die ANTWOORDBLAAIE voorsien word en handig die ANTWOORDBLAAIE saam met jou ANTWOORDEBOEK in. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop. 6. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders vermeld. 7. Toon ALLE bewerkings duidelik. 8. Rond ALLE finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders aangedui. 9. Dui maateenhede aan, waar van toepassing. 10. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui. 11. Slegs antwoorde sal NIE noodwendig volpunte verdien NIE. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 BYLAE A toon ʼn uittreksel uit Amanda se maandelikse staat van die Staatswerknemer Mediese Skema (GEMS). Amanda het vier afhanklikes, een van hulle het die apteek vir medikasie besoek. Gebruik BYLAE A om die volgende vrae, te beantwoord. 1.1.1 Identifiseer die maand wat deur hierdie staat gedek word. (2) 1.1.2 Skryf die naam van die apteker wat besoek is, neer. (2) 1.1.3 Bereken die totale bedrag wat van die mediese skema geëis is. (2) 1.2 Die seunsskool het vir ʼn vasvrae-kompetisie ingeskryf en ʼn minibus gewen. Die skoolbeheerliggaam (SBL) het instandhoudingskoste vir die minibus nagegaan. TABEL 1 hieronder toon die instandhoudingskoste. TABEL 1: INSTANDHOUDING ITEMS EN HUL KOSTE ITEMS KOSTE Motor lisensie R330,00 Versekering R325,50 (per maand) Wielsporing R225,00 Bande (4 benodig) R899,00 per band Herstelwerk R535,25 Ghries en olie verandering R398,00 Gebruik TABEL 1 om die vrae wat volg, te beantwoord. 1.2.1 Bereken die jaarlikse totale koste vir versekering. (2) 1.2.2 Skryf die koste om een band te vervang, in sent neer. (2) 1.2.3 Skryf neer, as ʼn verhouding, die koste van wielsporing tot die koste van ghries en olie verandering. Laat jou antwoord as 1 : … (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.3 Mev. Lara het haar maandelikse begroting saamgestel en haar inkomste en uitgawes in TABEL 2 hieronder opgesom. TABEL 2: MEV. LARA SE MAANDELIKSE BEGROTING Inkomste Maandelikse Salaris R15 000 Uitgawes Huur R6 000 Kruideniersware R3 500 Vervoer R2 000 Vermaak R2 000 Selfoonkontrak R300 Spaargeld R2 000 TOTAAL --- Tekort/Surplus R800 Gebruik TABEL 2 hierbo om die volgende vrae te beantwoord. 1.3.1 Gee EEN voorbeeld van ʼn vaste uitgawe uit mev. Lara se begroting. (2) 1.3.2 Bereken mev. Lara se totale uitgawes. (2) 1.3.3 Kies die KORREKTE woord uit die tussen hakkies om die volgende stelling WAAR te maak. R800 is ʼn (tekort/surplus). (2) 1.4 ʼn Graad 9-leerder het ʼn opname gedoen oor die mees gesproke Huistaal wat deur haar maats gebruik word. Die resultate van die opname word in TABEL 3 hieronder getoon. TABEL 3: RESULTATE VAN DIE MEES GESPROKE HUISTAAL TAAL TELLING FREKWENSIE PERSENTASIES (%) Engels 45 50,6 Afrikaans 7 7,9 isiXhosa 23 25,8 isiZulu 14 15,7 Gebruik TABEL 3 om die vrae wat volg, te beantwoord. 1.4.1 Bepaal die derde mees algemene gesproke taal by die skool. (2) 1.4.2 Gebruik ANTWOORDBLAD 1 om die telkolom te voltooi. (3) 1.4.3 Skryf die waarskynlikheid neer om lukraak ʼn isiXhosa Huistaalsprekende leerling by die skool te kies. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 1.5 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A‒G) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.5 H. KOLOM A KOLOM B 1.5.1. Debiet A rou inligting wat ingesamel is sonder enige organisasie of ontleding 1.5.2. Gelykbreekpunt B twee of meer gebeurtenisse waar die uitkoms van een gebeurtenis nie die uitkoms van die ander gebeurtenis beïnvloed nie 1.5.3. Onafhanklike C die inkomste is gelyk aan die uitgawes gebeurtenis 1.5.4. Data D wanneer iemand of ʼn organisasie geld uit jou rekening neem E ʼn raming van inkomste en uitgawes F twee of meer gebeurtenisse waarin die uitkoms van een gebeurtenis die uitkoms van die ander gebeurtenis beïnvloed G inligting wat verwerk en ontleed is (8) [34] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 2 2.1 BYLAE B toon ʼn deel van die maandelikse aftrekkingstabelle wat vir werkgewers toon hoeveel belasting van ʼn werknemer se maandelikse salaris afgetrek moet word, afhangende van hoeveel ʼn werknemer verdien. Die tabel word deur die SAID aan werkgewers uitgereik. Annie is ʼn 76-jarige werknemer wat by ʼn plaaslike maatskappy werk. TABEL 4: BELASTINGTARIEWE VIR 2024/2025 BELASTINGJAAR (1 MRT. 2024 TOT 28 FEB. 2025) BELASTING- BELASBARE BELASTINGKOERSE (R) KATEGORIE INKOMSTE (R) 1 0–237 100 18% van belasbare inkomste 2 237 101–370 500 42 678 + 26% van belasbare inkomste bo 237 100 3 237 5001–512 800 77 362 + 31% van belasbare inkomste bo 370 500 4 512 801–673 000 121 475 + 36% van belasbare inkomste bo 512 800 5 673 001–857 900 179 147 + 39% van belasbare inkomste bo 673 000 6 857 9001–1 817 000 251 258 + 41% van belasbare inkomste bo 857 900 7 1 817 001 en meer 644 489 + 45% van belasbare inkomste bo 1 817 000 TABEL 5: BELASTINGKORTINGS EN BELASTINGDREMPEL VIR DIE BELASTINGJAAR 2024/2025 BELASTINGKORTINGS BEDRAG BELASTINGDREMPEL Onder ouderdom 65 R17 235 R95 750 Ouderdom onder 65 tot onder 75 R9 444 R148 217 Ouderdom 75 en oor R3 145 R165 689 Gebruik BYLAE B, TABEL 4 en TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.1.1 Gebruik BYLAE B om die maksimum maandelikse inkomste, vir ʼn werknemer ouer as 75, voor hy/sy aanspreeklik is vir enige belastingbydrae, neer te skryf. (2) 2.1.2 Skryf die jaarlikse inkomste vir Annie neer. (2) 2.1.3 Gebruik die inligting oor belastingkortings in TABEL 5, om die jaarlikse betaalbare belasting deur Annie te bereken en verduidelik jou antwoord. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 2.2 Phindi dra R4 118,40 per jaar tot die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) by. Bereken Phindi se maandelikse salaris. (4) 2.3 ʼn Winkeleienaar het 20 skootrekenaars teen R5 000 elk gekoop. Sy verkoop 10 skootrekenaars teen R6 000 elk en bied 10% afslag op die oorblywende 10 skootrekenaars aan. 2.3.1 Bereken die totale wins wat deur die winkeleienaar gemaak is. Jy mag die formule gebruik: Wins = Inkomste ‒ Uitgawes (8) 2.3.2 Bereken die persentasie wins van die 20 skootrekenaars tot die totale wins ontvang. (3) 2.4 ʼn Toeris ruil R10 000 in Euro’s teen ʼn wisselkoers van 1 EURO = R19,92. Sy spandeer dan €500 op aandenkings. Bereken die hoeveelheid kleingeld wat sy oor het, tot die naaste rand. (6) [31] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 3 3.1 TABEL 6 hieronder toon museums met die hoogste bywonings in Europa van 2021 tot 2023. Al die waardes word in duisende gegee. TABEL 6: MUSEUMBYWONING (IN DUISENDE) EIENSKAPPE 2021 2022 2023 Louvre, Parys (Frankryk) 9,600 7,726 8,860 Vatikaan Museum (Vatikaanstad) 6,883 5,081 6,765 Britse Museum Londen (Verenigde Koninkryk) 6,208 4,097 5,821 Natuurhistoriese Museum, Londen (Verenigde Koninkryk) 5,424 4,655 5,689 Tate Modern, Londen (Verenigde Koninkryk) 6,098 3,883 4,742 Musee D’Orsay, Parys (Frankryk) 3,652 3,270 3,871 Museo Nacional Del Prado, Madrid (Spanje) 3,203 2,457 3,338 Staat Hermitage, St. Petersburg (Rusland) 4,957 2,813 3,274 [Bron: Statisca.com] 3.1.1 Skryf neer die jaar met die minste totale aantal bywonings. (2) 3.1.2 Skryf die aantal museums neer wat in Frankryk gevind word. (2) 3.1.3 Bereken die verskil tussen die aantal 2021-bywonings van die Vatikaan Museum (Vatikaanstad) en die getal na die Natuurhistoriese Museum, Londen (Verenigde Koninkryk). (3) 3.1.4 Bepaal, as ʼn persentasie, die waarskynlikheid om lukraak ʼn toeris wat die Verenigde Koninkryk museums in 2023 besoek, te kies. (5) 3.1.5 Bepaal of die data in TABEL 6 deurlopend of diskreet is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 3.2 Die sirkeldiagram hieronder toon die verspreiding van leerders wat by Star Senior Sekondêre Skool toegelaat is. In totaal is 780 leerders toegelaat. AANTAL LEERDERS TOEGELAAT BY STAR SSS Graad 12 10% Graad 8 Graad 11 30% 15% Graad 10 20% Graad 9 25% Graad 8 Graad 9 Graad 10 Graad 11 Graad 12 3.2.1 Bepaal die persentasie leerders wat in die laaste twee jaar van hul Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO) is. (3) 3.2.2 Bereken die aantal leerders in graad 10. (3) 3.2.3 Die senior bestuurspanlede (SBL) van Star Senior Sekondêre Skool het rapporteer dat daar meer leerlinge in graad 8 dan in graad 9 is. Bereken die verskil tussen die aantal leerders in graad 8 en graad 9. (6) [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 4 4.1 Die ses onderling-gekoppelde-stadiums van die statistiese proses word hieronder gegee: Organiseer data; Om data grafies voor te stel; Ontwikkeling van vrae; Analiseer data; Som data op; Data in te samel 4.1.1 Rangskik die stadiums in die korrekte volgorde van stadium 1 tot stadium 6. (3) 4.1.2 Noem DRIE tipe grafieke, behalwe ʼn sirkelgrafiek, wat gebruik kan word om data-inligting voor te stel. (3) 4.2 TABEL 7 toon die nuwe tariewe (op ʼn glygrafiek) vir die Cola Busdiens, effektief vanaf 1 Julie 2023 tot 30 Junie 2024. Sommige inligting is weggelaat. TABEL 7: NUWE TARIEWE VIR COLA BUSDIENS AFSTAND 2022/23 TARIEF PER 2023/24 TARIEF PER km BTW UITGESLUIT km BTW UITGESLUIT 0–5 km R9,50 R10,00 5,1–10 km R12,00 R12,50 10,1–15 km R14,50 R15,00 15,1–25 km R16,00 R17,00 25,1–35 km R18,00 R19,00 35,1–45 km R20,00 R20,00 Meer as 45 km R25,00 R26,00 Gebruik TABEL 7 hierbo om die volgende vrae te beantwoord. 4.2.1 Bereken die persentasie verhoging van die tariewe vir ʼn afstand van 10,1 km tot 15 km, van 2023 tot 2024. (4) 4.2.2 Nancy woon in Boksburg en moet na Johannesburg reis vir onderhoude. Die afstand van Boksburg na Johannesburg is 24,1 km. Nadat sy pryse vergelyk het, het sy uitgevind dat ʼn eenrigtingrit met ʼn metertaxi R600,00 sal kos. Sy het egter ontdek dat die gebruik van die Cola Busdiens ʼn meer bekostigbare opsie is. Gebruik TABEL 7 en die 2023/24-tariewe om te verifieer of Nancy se stelling korrek is. (7) 4.3 Voltooi die volgende paragraaf deur die ontbrekende waardes in te vul. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (4.3.1 en 4.3.2) in jou ANTWOORDEBOEK neer. Gebruik die groeikaart in BYLAE C om die volgende vrae te beantwoord. Die grafiek toon dat op die ouderdom van 2 jaar, 95% van seuns minder as (4.3.1 ...) duim is. Op (4.3.2 ...) jaar is 95% van seuns minder as 75 duim (ongeveer 189 cm). (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 11 4.4 Liggaamsmassa-indeks vir ouderdomspersentiele vir seuns tussen die ouderdomme 2 tot 20 jaar word op BYLAE C getoon. Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord. Bereken die Liggaamsmassa-indeks (rond jou antwoorde tot EEN desimale plek af) van ʼn 18-jarige seun wie se gewig op die 75ste persentiel is en wie se lengte op die 25ste persentiel is. 𝐦𝐚𝐬𝐬𝐚 𝐢𝐧 𝐤𝐠 Jy mag die formule gebruik: 𝐋𝐌𝐈 = (𝐥𝐞𝐧𝐠𝐭𝐞 𝐢𝐧 𝐦𝐞𝐭𝐞𝐫)𝟐 (5) [26] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 5 5.1 Die graad 11-leerders by Hoërskool X Kit wil ʼn skoolsnoepie begin en moet ʼn yskas aankoop. Hulle het een geprys teen R12 000 gekry en besluit om dit deur ʼn huur- koopopsie te koop. Hulle sal ʼn deposito van 25% vooraf betaal en die oorblywende bedrag oor 36 maande in gelyke paaiemente terugbetaal, teen ʼn jaarlikse rentekoers van 15%. Bereken hul maandelikse paaiement. (8) 5.2 Die Suid-Afrikaanse Netbalspan het aan die 2025 Netbal Nasiesbeker deelgeneem en het 4 wedstryde gespeel. Die uitslae van die wedstryde word in TABEL 8 getoon. TABEL 8: SUID-AFRIKAANSE NETBALSPAN UITSLAE 2025 WEDSTRYDE PUNTE AANGETEKEN 1 75 2 58 3 61 4 55 5.2.1 Gebruik ANTWOORDBLAD 2 om ʼn staafgrafiek te teken van die punte wat aangeteken is. (4) 5.2.2 Die netbalafrigter noem dat die verskil tussen die gemiddeld en die mediaan 2,75 is. Verifieer met berekeninge of die afrigter se stelling waar is of nie. (8) 5.3 Wayne het ʼn aankoop by CKS Apteek gedoen en ʼn kwitansie ontvang. ʼn Afskrif van die kasregisterkwitansie word in BYLAE D getoon. Gebruik BYLAE D om die volgende vrae te beantwoord. 5.3.1 Skryf die metode neer wat gebruik is om vir die items te betaal. (2) 5.3.2 Bereken die persentasie afslag wat Wayne op twee gemak luukse produkte ontvang het. (5) 5.3.3 Bepaal die totale bedrag wat deur hierdie kliënt betaal is, indien hy die kontantterugbedrag gebruik het. (4) 5.4 Vanaf Desember 2024 het Suid-Afrika se inflasiekoers op 3,0% gestaan. Intussen het werkers ʼn jaarlikse salarisverhoging van 5,5% ontvang. Bereken die werklike toenamekoers. (2) [33] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 13 ANTWOORDBLAD 1 NAAM VAN LEERDER: …………………………………… GRAAD: …… VRAAG 1.4.2 TAAL TELLING FREKWENSIE Engels 45 Afrikaans 7 isiXhosa 23 isiZulu 14 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2025) ANTWOORDBLAD 2 NAAM VAN LEERDER: ……………………………………. VRAAG 5.2.2 ........................................................................... 70 60 50 TELLINGS 40 30 20 10 0 WEDSTRYD 1 WEDSTRYD 2 WEDSTRYD 3 WEDSTRYD 4 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP | Hlayiso