Skip to content

Music Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paperMusicGrade 12201721 pages

Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 NOVEMBER 2017 PUNTE: 120 TYD: 3 uur SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/November 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hulle antwoorde te verskaf. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/November 2017 NSS NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/November 2017 NSS AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/November 2017 NSS 1.1 Is hierdie stuk in tweeslagmaat of vierslagmaat? __________________________________ (1) 1.2 Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand. 1.2.1 ______________________________ 1.2.2 ______________________________ (2) 1.3 Omkring die enharmoniese ekwivalent van Bb op die partituur. (1) 1.4 Benoem die drieklanke by A en B volgens tipe en posisie, bv. majeur, tweede omkering. (Oorweeg SLEGS die note in die blokkie.) A: ______________________________ B: ______________________________ (2) 1.5 Transponeer die soloparty by X 'n majeur tweede hoër. Onthou om die nuwe toonsoortteken by te voeg. (2) 1.6 Herskryf die vokale party by Y TWEE oktawe laer vir die tjello. Gebruik die korrekte sleutel en toonsoortteken. (3) 1.7 Wat is die betekenis van die Italiaanse term andante? _______________________________________ (1) 1.8 Voltooi die chromatiese toonleer hieronder. Gebruik toepaslike ritmiese materiaal. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/November 2017 NSS 1.9 Skryf die melodiese vorm van die Bb-mineurtoonleer opgaande. Gebruik die altsleutel, 'n toonsoortteken, heelnote. Dui die halftone aan. (3) 1.10 Die uittreksel hieronder het veranderinge in die tydmaatteken. Vul die korrekte tydmaattekens in waar daar 'n asterisk (*) is. * * * (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/November 2017 NSS VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: ____________________________________________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNTE Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polsslae per maat, 2 toevallige tekens, spasiëring Kwaliteit Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, 10 tempo-aanduiding, musikaliteit TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/November 2017 NSS 2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: ____________________________________________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNTE Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polsslae per maat, 2 toevallige tekens, spasiëring Kwaliteit Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, 10 tempo-aanduiding, musikaliteit TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/November 2017 NSS VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die aangepaste uittreksel uit die Klaviersonate in D, Op. 28 deur Beethoven hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.1.1 Die stuk moduleer vanaf maat 10–12. Dui die nuwe toonsoort in die spasie op die partituur aan. (1) 3.1.2 Besyfer akkoorde (a)–(g) in die spasies op die partituur. Dui die toonsoort, akkoord en posisie in elke geval aan, byvoorbeeld C: iiib/iii6 (7) 3.1.3 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii). (i) _______________________________________ (ii) _______________________________________ (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/November 2017 NSS 3.2 Bestudeer die uittreksel uit Second Hand Rose deur James F Hanley hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Benoem die hooftoonsoort van hierdie stuk. _______________________________________ (1) 3.2.2 Identifiseer akkoorde (a)–(g) en skryf die akkoordsimbole in die spasies bokant die notebalk op die partituur, bv. D/A. (7) 3.2.3 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii). (i) _______________________________________ (ii) _______________________________________ (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/November 2017 NSS VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en basparty by te voeg. Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNTE Akkoordprogressie 12 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens Korrektheid 14 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, 4 kreatiwiteit 30 ÷ 2 TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/November 2017 NSS 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal op die leë notebalke by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 voorgestel word. Die harmoniese materiaal sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNTE Akkoordprogressie 14 Akkoordkeuse; korrekte gebruik van kadens Korrektheid Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering 12 Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, 4 kreatiwiteit 30 ÷ 2 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/November 2017 NSS AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek). Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.11 D. 5.1.1 Die term bariton beskryf 'n tipe … A vroulike stem met 'n hoë omvang. B manlike stem in die middel-omvang. C vroulike stem in die middel-omvang. D manlike stem met 'n hoë omvang. 5.1.2 Daar word na onbegeleide vokale musiek as … verwys. A mbaqanga B scat-sang C a cappella D Geeneen van die bogenoemde nie 5.1.3 Watter eienskap(pe) word algemeen in jazz aangetref? A Improvisasie word selde toegepas. B Sonatevorm word uitvoerig gebruik. C Gesinkopeerde ritmes en die swing-gevoel word gebruik. D Al die bogenoemde 5.1.4 Beskryf 'n noot wat met 'n artikulasietipe tussen staccato en legato uitgevoer word: A Agitato B Portato C Tenuto D Martellato 5.1.5 Die term krepitasie verwys na 'n ... A instrumentale tegniek tipies van Inheemse Afrika-musiek. B speeltegniek op die viool tipies van Westerse Kunsmusiek. C klaptegniek op die baskitaar tipies van jazz-musiek. D vokale tegniek tipies van Inheemse Afrika-musiek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/November 2017 NSS 5.1.6 Die dwarsfluit is beide 'n … A houtblaasinstrument en 'n aërofoon. B houtblaasinstrument en 'n chordofoon. C koperblaasinstrument en 'n aërofoon. D houtblaasinstrument en 'n idiofoon. 5.1.7 'n Ostinato is 'n ... A motief wat 'n melodiese patroon 'n oktaaf hoër herhaal. B motief wat herhaal terwyl materiaal daarrondom verander. C motief wat gedurig in die loop van die stuk verander. D seksie musiek wat deur 'n volgehoue of herhaalde noot gekenmerk word. 5.1.8 Die djembe word gewoonlik … gespeel. A in die slaginstrumentseksie van 'n big band B saam met marsorkesmusiek as deel van die begeleiding C in die slaginstrumentseksie van 'n simfonieorkes D saam met koormusiek as deel van die begeleiding 5.1.9 Vers en refreinvorm word algemeen in … gebruik. A Barok-musiek B 12-maat-blues C populêre liedjies D orkesmusiek 5.1.10 'n Koda word aan die einde van ... gevind. A elke musiekfrase B 'n musiekstuk C die brugpassasie D die eerste seksie in drieledige vorm (10 x 1) (10) 5.2 Beskryf die funksie van 'n musiekuitgewersmaatskappy. (3) 5.3 Wat is 'n uitvoeringsregte-lisensie? (1) 5.4 Vir hoe lank is kopiereg geldig? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/November 2017 NSS 5.5 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (5.5.1–5.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.5.6 G. KOLOM A KOLOM B 5.5.1 Toonsoort A roep en antwoord 5.5.2 Instrument B tonaliteit 5.5.3 Ululasie C polsslag 5.5.4 Melodiese interaksie D vokale tegniek 5.5.5 Metrum E toonkleur F tekstuur (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/November 2017 NSS Antwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 6 6.1 Noem TWEE transponerende instrumente wat in die standaard- Klassieke orkes gebruik word. (2) 6.2 Noem die vormtipe van die volgende: 6.2.1 Mendelssohn: Fingal se Grot Ouverture ('Fingal's Cave Overture')/Hebrides Ouverture ('Hebrides Overture') (1) 6.2.2 Beethoven: Pastorale Simfonie – vierde beweging (1) 6.2.3 Mozart: Die Towerfluit – ouverture (1) 6.3 Gee EEN musikale term in opera vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (6.3.1–6.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 6.3.1 Musiekinleiding wat deur 'n orkes gespeel word en dikwels uit uittreksels uit die opera bestaan 6.3.2 Teks van 'n opera 6.3.3 Solo vir stem met orkesbegeleiding 6.3.4 Stuk wat deur 'n groot groep mense op 'n verhoog gesing word 6.3.5 Italiaanse komiese opera (5) [10] VRAAG 7 7.1 Noem DRIE verskille tussen 'n uiteensetting en 'n heruiteensetting, soos dit in sonatevorm voorkom. (3) 7.2 Identifiseer 'n musiekstruktuur wat in saamgestelde drieledige vorm is. Gee 'n skematiese voorstelling, byvoorbeeld AB. (2) [5] VRAAG 8 Die vierde beweging (Die Storm) van Beethoven se Simfonie Nr. 6 is 'n vroeë voorbeeld van programmusiek. Beskryf hoe die programmatiese inhoud in die musiek voorgestel word. [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/November 2017 NSS VRAAG 9 9.1 Watter tipe orkes gebruik Mendelssohn in sy Hebrides Ouverture? (1) 9.2 Al VIER seksies van 'n orkes word in hierdie werk verteenwoordig. Noem die instrumente wat in die partituur verskyn. Skryf slegs die instrument langs die vraagnommer (9.2.1–9.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 9.2.6 harp, kitaar. 9.2.1 Strykers (1) 9.2.2 Houtblasers (1) 9.2.3 Koperblasers (1) 9.2.4 Slaginstrumente (1) [5] VRAAG 10 Bespreek in 'n opstel hoe die karakters van Tamino en Papageno deur musiek uitgebeeld word. Verwys na die volgende arias: • Dies Bildnis ist bezaubernd schön (Hierdie beeltenis is betowerend mooi) • Der Vogelfänger bin ich ja (Ja, ek is die voëlvanger) Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Tamino: Enige drie karaktereienskappe wat by drie 6 uitbeeldings in die aria pas Papageno: Enige drie karaktereienskappe wat by drie 6 uitbeeldings in die aria pas Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/November 2017 NSS AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Definieer marabi in TWEE sinne. (2) 11.2 Motiveer waarom jy Abdullah Ibrahim se musiek as Cape jazz beskou. (4) 11.3 Noem die musiekinstrument wat deur ELK van die volgende kunstenaars bespeel word: 11.3.1 Mahlathini 11.3.2 Spokes Mashiyane 11.3.3 Chris McGregor 11.3.4 Feya Faku (4) [10] VRAAG 12 Skryf 'n paragraaf oor die sosiale en musikale oorsprong van mbaqanga. [5] VRAAG 13 Bespreek die stylkenmerke van EEN van die kunstenaars/groepe van jazz by die huis ('jazz at home'). Noem ten minste EEN treffer/album: • Zim Nqawana • Sakhile • Spirits Rejoice [5] VRAAG 14 Skryf 'n paragraaf oor die musiek van die vroeë Suid-Afrikaanse vroulike groepe. [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/November 2017 NSS VRAAG 15 Skryf 'n opstel waarin jy kwêla as 'n jazz-genre bespreek. Verwys na die musikale oorsprong van die musiek, sosiale/maatskaplike waarde en musiekkenmerke. Sluit EEN kunstenaar en EEN treffer/album in. Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Musikale oorsprong 3 Sosiale/Maatskaplike waarde 2 Musiekkenmerke 5 Kunstenaar en treffer/album 2 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/November 2017 NSS AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 16 16.1 Definieer mbaqanga in TWEE sinne. (2) 16.2 Watter musiekkenmerke van malombo is tipies van Afrika? (4) 16.3 Noem die moderne style (konstrukte) van inheemse Afrika-musiek wat met die terme hieronder geassosieer word. Skryf slegs die musiekstyl langs die vraagnommer (16.3.1–16.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 16.3.5 Malombo-jazz. 16.3.1 Konsertina 16.3.2 TTBB 16.3.3 Orrel 16.3.4 Moropa (4) [10] VRAAG 17 Bespreek hoe izibongo in maskandi gebruik word. [5] VRAAG 18 Bespreek watter kenmerke vrye kiba anders as tradisionele kiba maak. [5] VRAAG 19 Skryf 'n paragraaf oor die eienskappe van isicathamiya. [5] VRAAG 20 Skryf 'n opstel waarin jy die sosiale konteks en tipiese musiekelemente van Suid-Afrikaanse Inheemse Musiek beskryf. Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Sosiale konteks 5 Tipiese musiekelemente 7 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 DBE/November 2017 NSS Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all