Skip to content

Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

MemorandumMusicGrade 12202534 pages

Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 34 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN MUSIEK V1 MEI/JUNIE 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 120 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 34 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 2 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) AFDELING A moet op hierdie VRAESTEL beantwoord word. Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. VRAAG 1 (25 minute) 1.1 Voeg maatlyne op die toepaslike plekke in die musiekuittreksel hieronder by. Antwoord:   1+1 (2) 1.2 Skryf die toonsoortteken van die mineur toonsoort waarin die gegewe leitoon voorkom. Antwoord: 1 punt Geen ½ punte (1) 1.3 Skryf die drieklank op die leitoon van G harmoniese mineur. Skryf die drieklank in eerste omkering. Antwoord: 1 punt ½ punt vir foutiewe posisie Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1) 1.4 Voeg 'n skuifteken by om 'n vergrote drieklank te vorm. Antwoord: 1 punt Geen ½ punte (1) 1.5 Skryf 'n dominantsewende akkoord op die gegewe grondnoot, in noue ligging. Antwoord: 1 punt Geen ½ punte (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 3 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 1.6 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.6.1 Benoem die interval by (P). 1 punt Antwoord: Mineur 10de/Saamgestelde mineur 3de Geen ½ punte (1) 1.6.2 Skryf die omkering van die interval by (Q) in die gegewe sleutel hieronder. Antwoord: 1 punt Geen ½ punte Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1) 1.6.3 Gee die Italiaanse term wat dieselfde as Lebhaft beteken. Antwoord: Allegro/Vivace 1 punt (1) 1.7 Skryf die toonlere hieronder sonder toonsoortteken, volgens die gegewe instruksies. 1.7.1 Skryf 'n opgaande Lidiese modus wat op D begin. Antwoord: Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie (2) 1.7.2 Voeg skuiftekens by om die F natuurlike mineur toonleer te vorm. Antwoord: Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 4 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 1.7.3 Verskaf EEN noot onder elke asterisk (*) om die opgaande chromatiese toonleer te voltooi. Antwoord: OF OF Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte Enige enharmoniese noot is aanvaarbaar (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 5 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Gebruik die opening hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm te skep. Skryf in balknotasie OF in solfanotasie. Konsepantwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 6 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING PUNTETOEKENNING Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Notasie Balknotasie: polse per maat, nootstele, groepering en skuiftekens Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2 Solfanotasie: ritme- en toonhoogte- aanduidings Uitstekend Samehangend en musikaal; frases definieer vorm verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit; 9–10 suksesvolle gebruik van toonsoort; melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme Goed Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan; Kwaliteit 7–8 aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele toonsoort; Musikaliteit: melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes omvang, kontoer, en ritme akkuraat 10 geïmpliseerde harmonie Gemiddeld Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik; 4–6 aanvangsmotief nie goed gebruik; toonsoort onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking; keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos Onaanvaarbaar Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie; 0–3 aanvangsmotief geïgnoreer; geen toonsoort-sin; geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme lukraak TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 7 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 2.2 Skryf 'n oorspronklike twaalfmaat-melodie in drieledige vorm. Gebruik balknotasie OF solfanotasie. Skryf vir enige enkellyn- melodiese instrument OF stemtipe van jou keuse. Noem die instrument OF stemtipe. Gebruik die volgende om 'n samehangende melodie in E mineur te skep: • Ritmiese motief: Balknotasie: • Gebruik die korrekte sleutel vir jou gekose instrument of stemtipe. • Voeg die toonsoortteken by. Solfanotasie: • La is E. Konsepantwoord: Instrument/Stemtipe: • Diskantsleutel: Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool/Sopraan/Alt/Tenoor/, ens. • Bassleutel: Tjello/Fagot/Tromboon/Eufonium/Bariton/Bas, ens. • Altsleutel: Altviool Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 8 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING PUNTETOEKENNING Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Notasie Balknotasie: polse per maat, nootstele, groepering, skuiftekens, aanduiding van sleutel en Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2 toonsoortteken Solfanotasie: ritme- en toonhoogte- aanduidings Uitstekend Samehangend en musikaal; frases definieer vorm verbeeldingryk; gegewe ritmiese motief innoverend 9–10 voortgesit; suksesvolle gebruik van toonsoort; melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme Goed Kwaliteit Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan; Toepaslikheid vir instrument 7–8 gegewe ritmiese motief sinvol voortgesit; stabiele of stem (omvang), gebruik toonsoort; melodiese kontoer bevredigend; keuse van gegewe ritmiese motief, van toonhoogtes en ritme akkuraat 10 musikaliteit (omvang, Gemiddeld kontoer, geïmpliseerde Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik; harmonie) 4–6 gegewe ritmiese motief nie goed gebruik; toonsoort onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking; keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos Onaanvaarbaar Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie; 0–3 gegewe ritmiese motief geïgnoreer; geen toonsoort- sin; geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme lukraak TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 9 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae. Antwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 10 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 3.1.1 Wat is die verwantskap tussen maat 1–2 en maat 5–6? Antwoord: • Maat 5–6 is 'n gevarieerde herhaling van maat 1–2. EEN punt (1) 3.1.2 Lewer kommentaar op die gebruik van toonsoort in maat 1–4. Antwoord: • Die eerste twee mate is in A mineur en maat 3–4 is in C majeur. EEN punt (1) 3.1.3 Besyfer die akkoorde by (a) tot (f) op die partituur deur Romeinse syfers te gebruik, bv. III+6/III+b. Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 6 punte Minus ½ punt as omkering of 7de weggelaat of foutief is (6) 3.1.4 Besyfer die akkoorde by (Z) op die partituur en benoem die kadens. Antwoord: Sien partituur Akkoorde: iv – i Akkoorde = 2 punte Kadens: Plagale kadens Kadens = 1 punt (3) 3.1.5 Benoem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii). Antwoord: (i) (Bo-) Hulpnoot/Wisselnoot (ii) Vooruitneming 2x1 (2) 3.1.6 Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur. Gebruik 'n agstenoot-waarde vir jou antwoord. Antwoord: Sien partituur (iii) Deurgangsnoot (iv) Terughouding 2x1 (2) [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 11 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae. Antwoord: 3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf akkoordsimbole in die spasies bokant die notebalk, bv. G/B. Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 7 punte Minus ½ punt as omkering of uitbreiding weggelaat of foutief is (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 12 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2.2 Skryf die akkoordsimbole by (m) en (n) en benoem die kadens by (X). Antwoord: Akkoorde = 2 punte Akkoorde: E7 – Am Kadens = 1 punt Kadens: Volmaakte kadens Minus ½ punt as 7de weggelaat is (3) 3.2.3 Lewer kommentaar op die bassleutelparty in maat 1–3. Antwoord: • Die eerste maat word twee keer herhaal met 'n klein variasie in maat 3 • Daar is 'n ostinato-patroon in die eerste drie mate • Daar is twee stempartye: bas en tenoor • Die baslyn vorm 'n pedaalpunt terwyl die hoë stem verander en in kwartnote beweeg • Die hoë stem (tenoor) beweeg in halftone Enige EEN (1) 3.2.4 Benoem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii). Antwoord: (i) (Onder-) Hulpnoot/Wisselnoot (ii) Deurgangsnoot 2x1 (2) 3.2.5 Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur. Gebruik 'n agstenoot-waarde vir jou antwoord. Antwoord: Sien partituur (iii) Vooruitneming (iv) Terughouding 2x1 (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 13 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Sluit die volgende in: • Deurgangs-tweede-omkering-( )progressie • 'n Onderbroke kadens • 'n Geskikte progressie vir die stygende leitoon by (X) Konsep-antwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 14 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING PUNTETOEKENNING Akkoordkeuse Insluitend die gelyste akkoorde 14 Notasie en 8 – (aantal foute ÷ 4) 8 stemvoering Uitstekend Uitstaande sin vir koraalstyl; gevorderde akkoordkeuse; gebruik van omkerings bewerkstellig uitstekende progressie; 6½–8 kreatiewe melodiese baslyn; alt en tenoor beweeg meestal trapsgewys; verbeeldingryke gebruik van nie-harmonienote; gladde, akkurate of verbeeldingryke stemvoering Goed Redelike sin vir koraalstyl; akkoordkeuse sluit sekondêre akkoorde en omkerings in; baslyn bevat goeie balans tussen 5½–6 trapsgewyse beweging en aanvaarbare spronge; alt en tenoor speel 'n bindende rol binne 'n kompakte omvang; meestal gladde en korrekte stemvoering Kwaliteit 8 Gemiddeld 'n Beperkte sin vir koraalstyl; akkoordkeuse meestal 3½–5 grondposisie van primêre akkoorde; baslyn onsamehangend en nie duidelik beplan nie; alt en tenoor toon lukrake beweging; stemvoering lukraak met tipiese foute Swak Geen sin vir koraalstyl; onsamehangende akkoorde; stemme is slegs 'ingevul', geen onderskeibare stemvoering tussen 0–3 akkoorde; onsamehangende of geen baslyn; geen sin vir progressie; substansiële aantal foute; feitlik geen poging om die vraag te beantwoord nie; akkoorde losweg of slegs note neergeskryf Nota aan nasiener: Punt uit 30 mag nie ½ punte bevat nie (30 ÷ 2) TOTAAL 15 [15] Kandidate moet krediet ontvang vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Geen punte word vir simbole as sodanig toegeken nie. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 15 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal in halfnote by te voeg. Gaan voort in die styl voorgestel deur die openingsmaat en gee aandag aan stemvoering en spasiëring/uitleg. Sluit die volgende in: • Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole • ii – V – I-progressie in D • 'n Dominantnegende akkoord by die asterisk (*) Konsep-antwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 16 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING PUNTETOEKENNING Akkoordkeuse Insluitend die gelyste akkoorde 14 Notasie en 8 – (aantal foute ÷ 4) 8 stemvoering Uitstekend Uitmuntende begrip vir die voorgestelde jazz-styl; gevorderde akkoordkeuse; gebruik van uitgebreide akkoorde en 6–7 stemvoering ('voicing') bewerkstellig uitstekende vloei; verbeeldingryke realisering van stemvoering in verhouding tot die melodie Goed Redelike sin vir die voorgestelde jazz-styl; akkoordkeuse sluit uitgebreide akkoorde, sekondêre akkoorde en omkerings in; 5–5½ die gebruik van uitgebreide akkoorde en stemvoering bewerkstellig goeie vloei; aanvaarbare realisering van stemvoering in verhouding tot die melodie Kwaliteit 8 Gemiddeld 'n Beperkte sin vir die voorgestelde jazz-styl; akkoordkeuse meestal grondposisie van primêre drieklanke; gebruik van 3–4½ akkoorde en stemvoering bewerkstellig aanvaarbare vloei; baie basiese realisering van stemvoering in verhouding tot die melodie Swak Geen sin vir die voorgestelde jazz-styl; onsamehangende akkoorde; geen ware progressie en stemvoering; lukrake 0–2½ akkoorde; 'n substansiële aantal foute; feitlik geen poging om die vraag te beantwoord nie; akkoorde en note losweg neergeskryf Nota aan nasiener: Punt uit 30 mag nie ½ punte bevat nie (30 ÷ 2) TOTAAL 15 [15] Kandidate moet krediet ontvang vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Geen punte word vir simbole as sodanig toegeken nie. TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 17 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK. Nota aan nasiener: een punt word vir elke korrekte feit toegeken. Kandidate moet gekrediteer word vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyn gegee word nie. AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer, bv. 5.1.6 E. 5.1.1 Die bestuur van musiekgebruikers se lisensiefooie is die verantwoordelikheid van … Antwoord: C 'n kollekteeragentskap. 1 punt (1) 5.1.2 SAMRO … Antwoord: D Al die bogenoemde 1 punt (1) 5.1.3 Die korrekte volgorde van stappe voordat 'n nuwe lied bemark word, is … Antwoord: D Al die bogenoemde 1 punt (1) 5.1.4 Meganiese regte word deur … geadministreer. Antwoord: B CAPASSO. 1 punt (1) 5.1.5 Om tantième te ontvang, moet 'n komponis … Antwoord: D by 'n kollekteeragentskap registreer. 1 punt (1) 5x1=5 5.2 Beantwoord die volgende vrae: 5.2.1 Verduidelik naaldtydregte. Antwoord: Dit is die reg van kunstenaars en komponiste om 'n fooi te ontvang wanneer hul musiek uitgesaai of gestroom word. Wie = ½ punt Waar = ½ punt Uitsaai = 1 punt (2) 5.2.2 Skryf die naam neer van 'n kollekteeragentskap wat naaldtydregte hanteer. Antwoord: RISA/SAMPRA 1 punt (1) 5.3 Noem TWEE opnamemaatskappye. Antwoord: EMI/Gallo/Universal/Sony Enige TWEE (2) TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 18 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Beantwoord AFDELING C (IAM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 6 6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer, bv. 6.1.6 E. 6.1.1 In isishameni word die maskanda-kitaar op … gestem. Antwoord: D DADABD 1 punt (1) 6.1.2 Watter EEN van die volgende instrumente sal waarskynlik NIE in maskanda gebruik word NIE? Antwoord: A Djembetromme 1 punt (1) 6.1.3 Ukuvamba is 'n kitaartegniek waar … Antwoord: C die kitaar perkussief getokkel word. 1 punt (1) 6.1.4 Watter EEN van die volgende is 'n kenmerk van isihlabo? Antwoord: B Isihlabo stel aan die begin van die stuk die toon vas. 1 punt (1) 6.1.5 Umakhweyane is … Antwoord: C 'n booginstrument wat botone produseer. 1 punt (1) 5x1=5 6.2 Verduidelik melodie in inheemse Afrika-musiek. Antwoord: • Melodie word in roep en antwoord gebruik. • Melodie word meestal gesing (eerder as om op instrumente gespeel te word). • Melodiese kontoer word deur die tooninfleksie van die taal beïnvloed. • Melodielyn is dikwels gefragmenteer/gebroke eerder as lank. • Melodiese fragmente word herhaal. Enige TWEE (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 19 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 6.3 Verduidelik DRIE wyses waarop die woord kwêla in die verlede gebruik is. Antwoord: • Dit is dikwels gedurende 'n voordrag uitgeroep om mense aan te moedig om op te staan en te begin dans. • Die opdrag 'kwêla!' is onder musikante gebruik om iemand aan te moedig om 'n solo te doen. • Die term is deur die polisie gebruik om iemand te beveel om in 'n polisie- vangwa te klim. • Die woord 'Kwêla-Kwêla' het na die berugte polisievangwaens gedurende die apartheidsjare verwys. Enige DRIE (3) 6.4 Kies die item in KOLOM A wat by die kunstenaar/groep in KOLOM B pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (6.4.1 tot 6.4.5) neer, bv. 6.4.6 G. KOLOM A KOLOM B 6.4.1 Umama A Soul Brothers 6.4.2 TTBB B Lemmy Mabaso 6.4.3 Umgqashiyo C Thee Legacy 6.4.4 Penniefluitjie D Philip Tabane 6.4.5 Koedoehoring E Inkunz' Emdaka F Mahlathini Antwoord: 6.4.1 E 6.4.2 C 6.4.3 F 6.4.4 B 6.4.5 D 5x1 (5) 6.5 Beskryf die rol van abavumayo in maskanda. Antwoord: • Abavumayo (agtergrondsangers) skep en stel die atmosfeer en algehele stemming van die lied vas. • Hulle sing die antwoord op die voorsanger se roep. • Hulle is kundig oor die verwerkings van die maskanda-liedjies wat hulle uitvoer. • Hulle skep 'n ritmiese en harmoniese vokale begeleiding. • Hulle skep/choreografeer en voer die dansbewegings tydens 'n voordrag uit. Enige DRIE (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 20 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 6.6 Verduidelik hoe izibongo in die lied Kuke Kwagijim' Iveni gebruik word. Antwoord: • Izibongo (lofdig) kom reeds vroeg in die liedjie voor. • Die sanger gebruik 'n natuurlike spraakinfleksie eerder as die gebruiklike falsetto. • Dit word teen 'n vinnige pas opgesê. • Krepitasies word gebruik om opwinding op te wek, bv. gefluitery of plofgeluide. • Die sanger groet en stel homself voor (self-lofdig), sê waar hy vandaan kom, vertel hoe sleg dit gegaan het en hoedat dit, deur die genade van God, nou beter gaan. Enige TWEE (2) [20] VRAAG 7 Beskryf die sangstyl van Philip Tabane. Antwoord: • Falsetto-sang roep 'n melankoliese en nostalgiese gevoel op. • 'n Vokale wieg-effek kom voor. • Fonestetika, bv. 'ilili, lalala, welele', word algemeen gebruik as deel van die melodiese vloei. • Onomatopeïese en scat-sang word gebruik om malombo-geeste gedurende uitvoerings op te roep. • Hy boots die melodie wat hy op die kitaar speel na. • Hy wissel harmoniesang en unisoonsang met die kitaarmelodie af. • Glysang ('scooping') is 'n algemene kenmerk. Enige VYF [5] VRAAG 8 Bespreek die gebruik van ritme in kwêla. Antwoord: • Die ritme van die begeleiding kan beskryf word as 'n wiegende skiffel. • • Die basiese ritme word deur die kitaar eerder as die tromstel verskaf. • Die perkussieparty versterk die kitaarparty. • Kwêla word in 'n swing-styl gespeel. • Die tromstel gebruik dikwels die 'kick' of 'fill' om die einde van 'n viermaat- siklus/vers aan te dui. • Die ritmiese basis stam af van die soliede vier-vier maatslag en swing-gevoel van die Count Basie-tipe big band. • In sommige liedere word 'n subtiele twee-teen-drie kruisritme tussen die instrumente gehoor. • Die nousluitende (of 'hocket') tegniek kan duidelik gehoor word in komposisies wat uitroepe en gefluitery op die agstenote tussen maatslae bevat. Enige VYF [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 21 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 9 Bespreek die tradisionele isicathamiya-sangstyl. Antwoord: • Isicathamiya is 'n a cappella-koor-sangstyl. • Dit word afgelei van die tradisionele roep en antwoord musiek wat gekombineer word met 'n gesang-agtige klank. • Dit is 'n kombinasie van Christelike koorsang en swart Amerikaanse troebadoersang. • Dit word uitgevoer deur mansensembles wat in grootte wissel van ongeveer 4 tot 20 sangers. • Ensembles sing in vierstemmige harmonie en word gewoonlik deur 'n tenoor-solis gelei. • isiZulu is die hooftaal van die uitvoerings, alhoewel heelwat liedere ook Engels mag bevat. Enige VYF [5] VRAAG 10 Skryf 'n opstel en bespreek kortliks die ooreenkomste en verskille tussen Mahlathini en die Mahotella Queens, en Soul Brothers. Verwys na Melodi Yalla en Wamuhle. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Ooreenkomste 4 Verskille 8 Logiese aanbieding van feite; struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] Antwoord: Voorbeeld van 'n inleiding Mahlathini en die Mahotella Queens, en Soul Brothers se musiek toon baie styl- ooreenkomste, maar ook -verskille. Ooreenkomste • Beide sing en speel in 'n mbaqanga-styl. • Die begeleidingsgroep vir albei bestaan uit tromstel, ritme- en baskitaar, en klawerbord. • Mbaqanga gebruik 'n sikliese harmoniese progressie wat uit drie akkoorde bestaan: I – IV – V. • Beide gebruik roep en antwoord. • Herhalende melodieë word meer gereeld aangetref as melodiese ontwikkeling. Enige VIER Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 22 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Verskille Mahlathini en die Mahotella Queens - Soul Brothers - Melodi Yalla Wamuhle • Hulle gebruik tradisionele Zulu-musiek • Hulle gebruik tradisionele Zulu wat deur swart Amerikaanse funk en musiek wat deur Amerikaanse soul rock beïnvloed is. beïnvloed is. • Die kitaar is die hoof begeleidings- • Die orrel is die hoof begeleidings- instrument. instrument. • Die musiek is energiek en vinnig. • Die musiek is sagter en ligter. • amaZulu indlamu dansbewegings word • Ukucothoza dansbewegings en in 'n voordrag gebruik. moderne dans word in 'n voordrag gebruik. • Melodi Yalla het 'n mansvoorsanger en • Wamuhle word deur 'n mansgroep vroue-agtergrondsangers. uitgevoer. • Improvisasie is dikwels op saksofoon en • Improvisasie is dikwels op orrel. kitaar. Enige VIER korrelerende verskille x 2 = 8 Voorbeeld van 'n slot Alhoewel Mahlathini en die Mahotella Queens, en Soul Brothers heelwat in gemeen het wat styl betref, is elkeen kreatiewe kunstenaars in eie reg en is daar heelwat verskille tussen die twee groepe. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Ooreenkomste 4 Verskille 8 Uitstekend Inleiding, afsluiting en stewige argument in die = 3 punte middeldeel van die opstel Goed Inleiding, afsluiting en redelike argument in die = 2-2½ punte middeldeel van die opstel Logiese Gemiddeld Inleiding, afsluiting en vae argument in die = 1½ punte aanbieding van middeldeel van die opstel 3 feite; struktuur Ondergemiddeld van die opstel Geen duidelike inleiding of afsluiting en swak = 1 punt argument in die middeldeel van die opstel Swak Enkele paragraaf, swak poging met die skryf van die = ½ punt opstel Onaanvaarbaar = 0 punte Slegs enkele puntsgewyse feite TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 23 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) neer, bv. 11.1.6 E. 11.1.1 'n Suid-Afrikaanse styl wat die ontwikkeling van mbaqanga beïnvloed het, is … Antwoord: D kwêla. 1 punt (1) 11.1.2 'n Chordofoon word … Antwoord: A gepluk. 1 punt (1) 11.1.3 Watter EEN van die volgende is NIE gewoonlik deel van 'n big band NIE? Antwoord: C Basklarinet 1 punt (1) 11.1.4 In watter EEN van die volgende musiekelemente sou 'n sikliese patroon meer algemeen voorkom? Antwoord: B Harmonie 1 punt (1) 11.1.5 Watter EEN van die volgende verwys na comping? Antwoord: C Ritmiese en akkoordbegeleiding 1 punt (1) 5x1=5 11.2 Beskryf die oorsprong van marabi. Antwoord: • Marabi ontstaan in die 1920’s in Johannesburg. • Die musiek is gebruik vir sosiale geleenthede. • Die styl is beïnvloed deur: o Kaapse volksdanse/tiekiedraai. o Xhosa volksliedere. o vroeë Amerikaanse populêre musiek en jazz. o ragtime en blues. Enige DRIE (3) 11.3 Verduidelik DRIE maniere waarop die woord kwêla in die verlede gebruik is. Antwoord: • Dit is dikwels gedurende 'n voordrag uitgeroep om mense aan te moedig om op te staan en te begin dans. • Die opdrag 'kwêla!' is onder musikante gebruik om iemand aan te moedig om 'n solo te doen. • Die term is deur die polisie gebruik om iemand te beveel om in 'n polisie- vangwa te klim. • Die woord 'Kwêla-Kwêla' het na die berugte polisievangwaens gedurende die apartheidsjare verwys. Enige DRIE (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 24 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 11.4 Kies die item in KOLOM A wat by die kunstenaar/groep in KOLOM B pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (11.4.1 tot 11.4.5) neer, bv. 11.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 11.4.1 Mra A Zim Ngqawana 11.4.2 Ghoema B Spokes Mashiyane 11.4.3 Langa More C Abdullah Ibrahim 11.4.4 Skiffel-agtige maatslag D Philip Tabane 11.4.5 Fluit E Brotherhood of Breath F The Flying Jazz Queens G Feya Faku Antwoord: 11.4.1 E 11.4.2 C 11.4.3 F 11.4.4 B 11.4.5 D 5x1 (5) 11.5 Beskryf TWEE belangrike bydraes van Zim Ngqawana. Antwoord: • Sy musiek demonstreer 'n progressiewe/avant-garde benadering tot moderne jazz deur 'n samesmelting van talle eksterne invloede sonder om sy oorspronklike ryk erfenis en inheemse Afrika-klank te versaak. • Hy ontwikkel 'n plaaslike saksofoonstyl deur sy eie vokale nuanses na te boots. 2 punte (2) 11.6 Beskryf melodie in Cape jazz kortliks. Antwoord: • Cape jazz-melodie is improvisatories in karakter. • Dit is gesang-agtig, met soepel en vloeiende lyne. • Dit is gebaseer op blues en volksliedere. • Dit is gebaseer op Kaapse Maleier, Khoi en San vokale tradisies. Enige TWEE (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 25 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 12 Beskryf die styl van Brotherhood of Breath. Antwoord: • Die styl is beïnvloed deur: o die ritmiese voortstuwing van gedrewe blues. o die eksperimentalisme wat in die musiek van Thelonious Monk en Charles Mingus gevind word. o die herhalende patrone van populêre en tradisionele Suid-Afrikaanse musiekstyle soos marabi, kwêla en boogmusiek. • 'n Big band-klank was die basis, beïnvloed deur 'n wisselende ensemble van instrumentaliste. • Instrumentaliste is artistieke vryheid gegee in die groep se vroeë styl. • Die groep se latere styl het meer nougesette verwerkings met minder improvisasie ingesluit. Enige VYF [5] VRAAG 13 Bespreek die gebruik van ritme in kwêla. Antwoord: • Die ritme van die begeleiding kan beskryf word as 'n wiegende skoffel. • • Die basiese ritme word deur die kitaar eerder as die tromstel verskaf. • Die perkussieparty versterk die kitaarparty. • Kwêla word in 'n swing-styl gespeel. • Die tromstel gebruik dikwels die 'kick' of 'fill' om die einde van 'n viermaat- siklus/vers aan te dui. • Die ritmiese basis stam af van die soliede vier-vier maatslag en swing-gevoel van die Count Basie-tipe big band. • In sommige liedere word 'n subtiele twee-teen-drie kruisritme tussen die instrumente gehoor. • Die nousluitende (of 'hocket') tegniek kan duidelik gehoor word in komposisies wat uitroepe en gefluitery op die agstenote tussen maatslae bevat. Enige VYF [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 26 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 14 Skryf 'n paragraaf waarin jy die wêreldmusiekstyle wat Miriam Makeba beïnvloed het, bespreek. Antwoord: • Miriam Makeba is beïnvloed deur marabi, mbaqanga, tradisionele Afrika-musiek en Afro-soul. • Sy vermeng tradisionele en internasionale style. • Invloede van kultuur-gebaseerde liedere, bv. Engelse ballades, Portugese fados, Brasiliaanse bossa novas, Hebreeuse en Jiddisje melodieë en Haïtiese dreunsange word in haar musiek gehoor. • Daar is invloede van haar erfenis van die tradisionele liedere van die amaXhosa- en amaZulu-kulture. • Sy gebruik unieke klanke van haar moedertaal, isiXhosa, bv. klik-klanke. • Sommige liedere gebruik helings-dreunsange van die amasangoma (tradisionele helers). • Jazz-invloede sowel as R&B en popmusiek is ook deel van haar styl. • Sy het dikwels mansagtergrondsangers wat deur mbube kore geïnspireer is by haar opvoerings ingesluit. Enige VYF [5] VRAAG 15 Skryf 'n opstel waarin jy die lied Ujomela deur die Makgonatsohle Band beskryf. Sluit die oorsprong en styleienskappe van mbaqanga in. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Ujomela 8 Oorsprong en styleienskappe van mbaqanga 4 Logiese aanbieding van feite; struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] Antwoord: Voorbeeld van 'n inleiding Ujomela is 'n tipiese voorbeeld van mbaqanga-styl. Ujomela • Ujomela is 'n instrumentale stuk. • Ujomela gebruik baskitaar, elektriese kitaar, saksofoon en tromstel. • Die stuk begin met 'n kort geïmproviseerde inleiding op kitaar. • Die inleiding word gekenmerk deur 'n ritmies dubbelslagtige solo-kitaarlyn. • Die tromme en baskitaar stel 'n viermaat-akkoordprogressie vas. • Die hoof melodiese instrument is die saksofoon. • Die baslyn verskaf die harmoniese raamwerk met 'n duidelike I – IV – V – I akkoordprogressie. • Die baslyn het ook 'n kragtige voorwaarts-gedrewe klank en polsslag met herhalende ritmiese idees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 27 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne • Roep en antwoord tussen die kitaar en baskitaar kom dikwels voor. • Daar is ook roep en antwoord tussen die saksofoon en baskitaar. • Die lied het 'n danskarakter. Enige AG Oorsprong en styleienskappe van mbaqanga • Die kitaarinleiding, tipies van hierdie styl, is deur die Afrika kalbasboog beïnvloed. • Mbaqanga het as 'n instrumentale genre ontstaan (soos in Ujomela) maar het later meer gewild geword toe die Mahotella Queens 'n vokale weergawe gesing het. • Die hoof melodiese instrument was die saksofoon (wat die penniefluitjie wat in kwêla-musiek gebruik is, vervang het). • Die styl toon 'n vermenging van kulture - toe mense van die platteland na die stede gemigreer het, is hulle beïnvloed deur die vroëere style van marabi en kwȇla. • Migrasie na die stede het mense ook aan die herhalende struktuur van marabi blootgestel. • 'n Vermenging van Amerikaanse jazz, mbube, kwȇla en marabi het in die stede plaasgevind. • Mbaqanga sluit tradisionele dansstyle, bv. die amaZulu indlamu in. • Tradisionele amaZulu-musiek is gekombineer met township-musiek. • Mbaqanga behou die danskarakter, maar word met 'n meer kragtige klank en gedrewe polsslag as kwȇla en ander dansgenres gespeel. • Die gebruik van Westerse instrumente het daartoe bygedra dat mbaqanga ontwikkel het in 'n Suid-Afrikaanse weergawe van jazz. Enige VIER Voorbeeld van 'n slot Ujomela reflekteer die ware oorsprong en styleienskappe van mbaqanga. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Ujomela 8 Oorsprong en styleienskappe van 4 mbaqanga Uitstekend Inleiding, afsluiting en stewige argument in die = 3 punte middeldeel van die opstel Goed Inleiding, afsluiting en redelike argument in die = 2-2½ punte middeldeel van die opstel Gemiddeld Logiese aanbieding Inleiding, afsluiting en vae argument in die = 1½ punte van feite; struktuur middeldeel van die opstel 3 van die opstel Ondergemiddeld Geen duidelike inleiding of afsluiting en swak = 1 punt argument in die middeldeel van die opstel Swak Enkele paragraaf, swak poging met die skryf van = ½ punt die opstel Onaanvaarbaar = 0 punte Slegs enkele puntsgewyse feite TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 28 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 16 16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer, bv. 16.1.6 E. 16.1.1 Die korrekte kombinasie van Italiaanse terme wat 'n rustige looppas aandui, is … Antwoord: D andante tranquillo. 1 punt (1) 16.1.2 Basso continuo is tipies van die … Antwoord: A Barok-stylperiode. 1 punt (1) 16.1.3 'n Standaard Klassieke orkes sluit NIE ... in NIE. Antwoord: C tubas 1 punt (1) 16.1.4 'n Menuet en trio ... Antwoord: B is in saamgestelde drieledige vorm. 1 punt (1) 16.1.5 'n Voorbeeld van 'n dubbelriet-blaasinstrument is 'n … Antwoord: C fagot. 1 punt (1) 5x1=5 16.2 Verduidelik kortliks enkelvoudige drieledige vorm. Verwys na struktuur en toonsoort in jou antwoord. Antwoord: • Drieledige vorm het drie seksies: A-B-A. • Die tweede A-seksie dupliseer die materiaal van die eerste A-seksie terwyl die B-seksie kontrasterende materiaal bevat. • Die twee A-seksies is in die tonikatoonsoort terwyl die B-seksie in 'n kontrasterende toonsoort is, bv. dominant, verwante mineur/majeur, ens. 3 punte (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 29 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 16.3 Kies die korrekte beweging van 'n tipiese Klassieke simfonie in KOLOM B wat by die vormtipe in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.3.1 tot 16.3.3) neer, bv. 16.3.4 E. KOLOM A KOLOM B 16.3.1 Sonatevorm A eerste beweging 16.3.2 Menuet en trio B tweede beweging 16.3.3 Tema en variasies C derde beweging D vierde beweging Antwoord: 16.3.1 A 16.3.2 C 16.3.3 B 3x1 (3) 16.4 Watter van die volgende word met toonhoogte geassosieer? • Register • Metrum • Ritme • Melodie • Omvang • Dinamiek Antwoord: • Register • Melodie • Omvang 3x1 (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 30 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 16.5 Beskryf TWEE verskille tussen resitatief en aria met betrekking tot begeleiding en storielyn. Antwoord: Resitatief Aria • Dit word gewoonlik op die • Dit word deur orkes klawesimbel en tjello begelei. begelei. Begeleiding • Die yl aard van die • Die orkestrasie akkoordbegeleiding ondersteun die emotiewe ondersteun die verhalende inhoud van die aria. aard van die libretto. • Die libretto het 'n vinnige • Die libretto se pas wissel. pas. • Die aksie kom tot • Die libretto beskryf die stilstand. Storielyn aksie. • Die aria beskryf die • Die resitatief gee 'n karakter se emosie of monoloog of dialoog weer. reaksie op iets wat in die verhaal gebeur het. Enige TWEE korrelerende feite x 2 = 4 (4) 16.6 Gee EEN woord of term vir ELK van die volgende beskrywings: 16.6.1 'n Aangehoue toon in een stem met veranderende harmoniese materiaal in die oorblywende stemme Antwoord: Pedaalpunt/dreunbas 1 punt (1) 16.6.2 'n Instrumentale ensemble van drie instrumente waarvan een 'n klavier is Antwoord: Klaviertrio 1 punt (1) 2x1=2 [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 31 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 17 17.1 Noem TWEE Vrymesselaarstemas en beskryf die manier waarop dit in die musiek van die opera Die Towerfluit geïnkorporeer word. Antwoord: Temas • Die beginsel van lig (goed) teenoor donkerte (boos): o Die karakter van Sarastro (edele karakter, basstem) kontrasteer met die Koningin van die Nag (bose karakter, koloratuursopraan). o Sarastro sing die laagste noot en die Koningin van die Nag die hoogste noot in die opera. Dit omlyn die uiterstes tussen goed en boos. • Die nommer 3: o Drie akkoorde word aan die begin van die ouverture gehoor. o Drie trombone word by die orkes gevoeg. o Die toonsoort van E-mol majeur met drie molle word gebruik. • Die ideale van vryheid, gelykheid en broederskap: o Die libretto omarm hierdie ideale regdeur die opera. o Die musiek benadruk die storielyn wat vorder vanaf chaos en woede aan die begin van die storielyn (die Koningin van die Nag sing in 'n mineur toonsoort teen 'n vinnige tempo) tot waar die karakters in die rasionele en vredeliewende beginsels van die Vrymesselaars opgevoed is. o Die laaste duet is in 'n majeur toonsoort, met gebalanseerde frases wat vrede, rus en tuiskoms suggereer. Tema + beskrywing x 2 = 4 (4) 17.2 Noem EEN ander opera wat deur Mozart gekomponeer is. Antwoord: Don Giovanni/Die Huwelik van Figaro/Cosi fan Tutte/Enige ander korrekte titel 1 punt (1) [5] VRAAG 18 Skryf 'n paragraaf waarin jy die oorsprong van opera beskryf. Antwoord: • Die konsep van opera het aan die einde van die 16de eeu in Florence (Italië) ontstaan. • Opera was 'n belangrike nuwe genre in sekulêre musiek, in 'n tyd toe musiek meestal gewyd van aard was. • 'n Groep kunstenaars, skrywers en musikante, die Florentynse Camerata, wou die antieke Griekse praktyk van teateropvoerings waarin die teks deur solo-stemme gesing is, laat herleef. • Dit was ongewoon, want die meeste vokale musiek was destyds polifoniese koormusiek. • Rolspelers in die ontwikkeling van opera was: o Jacopo Peri, wat die eerste opera, Dafne, in 1597 geskryf het o Giulio Caccini, wat sy Euridice in 1602 geskryf het o Claudio Monteverdi, wat La favola d’Orfeo in 1607 geskryf het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 32 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne • Monteverdi het gehelp om die grondslag van die operastruktuur te vestig: o die eerste opera met orkes o die eerste opera met 'n instrumentale inleiding o die eerste opera met 'n gedrukte libretto wat deur die gehoor gevolg kon word o die eerste opera wat ‘n onderskeid tussen aria en resitatief gemaak het • In opera het 'n nuwe vokale styl verskyn; monodie, waar 'n solo-melodie deur basso continuo begelei word. Enige VYF [5] VRAAG 19 Beethoven het 'n beweging by die standaard Klassieke simfonie in sy Simfonie Nr. 6 in F majeur, Op. 68 gevoeg. Beskryf die ekstra beweging deur na konteks, vorm, toonsoort en enige TWEE programmatiese elemente te verwys. [5] Antwoord: • Beethoven het 'n ekstra beweging tussen die derde en vierde bewegings van 'n standaard Klassieke simfonie bygevoeg, wat vyf bewegings tot gevolg gehad het. • Die vierde beweging is in episodiese (vrye) vorm. • Die toonsoort is F mineur, wat die parallelle tonika toonsoort van die hooftoonsoort (F majeur) is. • Die titel van hierdie ekstra beweging is Donderstorm. • Instrumente (twee trombone en 'n piccolo) word by die standaard Klassieke orkes gevoeg om die effek van 'n donderstorm in die platteland soos volg te versterk: o Die aanvanklike reëndruppels word deur staccato's op die strykers voorgestel. o Die piccolo boots die klank van die wind na wat bokant die gedreun van donderslae gehoor kan word. o Die timpani kry 'n prominente rol deur donderslae na te boots. o Vinnig-stygende arpeggio-figure in die strykerseksie boots die opbou van die storm na. o Die trombone voeg intensiteit en gravitas by. Konteks = 1 punt Vorm = 1 punt Toonsoort = 1 punt Programmatiese elemente = Enige TWEE [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 33 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 20 Skryf 'n opstel oor Mendelssohn se Die Hebrides waarin jy die oorsprong en vorm, sowel as instrumentasie en orkestrasie bespreek. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Oorsprong 2 Vorm 6 Instrumentasie en orkestrasie 4 Logiese aanbieding van feite; struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] Antwoord: Voorbeeld van 'n inleiding Mendelssohn word algemeen beskou as 'n Klassieke-Romantiese komponis, en Die Hebrides Op. 26 is 'n vroëe voorbeeld van 'n konsertouverture. Oorsprong • Die Hebrides is in 1830 gekomponeer terwyl hy Skotland besoek het, spesifiek Staffa Eiland wat een van die binne-Hebrides eilande langs die kus van Skotland is. • Na afloop van 'n bootrit na die eiland het hy dadelik die eerste tema, die sogenaamde 'lapping wave'-tema, neergeskryf. • Hy verduidelik in 'n brief aan sy suster hoedat sy ervaring hom geïnspireer het om hierdie tema neer te pen. • Die eerste werkstitel was The Lonely Island, maar is in 1832 hersien en hernoem. Enige TWEE Vorm • Hierdie is 'n konsertouverture, 'n losstaande enkel-bewegingwerk vir orkes. • Dit is in sonatevorm. • Die uiteensetting is in B mineur en begin sonder inleiding met die eerste tema (die 'lapping wave'-tema). • 'n Brugpassasie lei na die tweede tema in D majeur. • Die ontwikkeling word deur 'n trompet fanfare aangekondig. • Die twee hooftemas word ontwikkel en toonsoortveranderings volg vinnig opmekaar. • 'n Opgaande chromatiese toonleer in unisoon deur die volle orkes lei terug na die heruiteensetting in B mineur. • Die brugpassasie na die tweede tema in B majeur bevat nuwe materiaal. • Die koda is uitgebrei. Enige SES Instrumentasie en orkestrasie • Die Hebrides is geskryf vir 'n standaard Klassieke orkes, d.i. houtblasers in pare (fluite, klarinette, hobo's, fagotte), koperblaasinstrumente (trompette en Franse horings), perkussie (timpani) en strykers (eerste viole, tweede viole, altviole, tjello's en kontrabasse). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 34 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne • Mendelssohn het nie enige instrumente by die orkes gevoeg nie, maar vereis 'n hoë vlak van vaardigheid van die standaard orkes. • Hy gebruik innoverende orkestrasie met nuwe kombinasies van timbres om die atmosfeer van 'n seelandskap te suggereer. • In die uiteensetting word beide eerste en tweede temas deur die lae strykers en houtblasers (tjello's, altviole en fagotte) gespeel. • In die heruiteensetting word die tweede tema deur twee klarinette gespeel. • Instrumente word op spesifieke maniere aangewend: o tremolo's in die strykers o sf akkoorde in die strykers o arpeggio-figure van die openingstema en legatospel van die strykers en fagotte o hoë tremolo's in die viole o Die opgaande arpeggio-figure wat in die laaste mate deur die fluite gespeel word, skep 'n vreedsame slot. Enige VIER Voorbeeld van 'n slot Mendelssohn het hierdie werk binne die raamwerk van die Klassieke orkes en sonatevorm gekomponeer, maar het ook die diepte van sy emosionele ervaring tydens sy besoek aan Staffa Eiland gereflekteer deur sy orkestrasie. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Oorsprong 2 Vorm 6 Instrumentasie en 4 orkestrasie Uitstekend Inleiding, afsluiting en stewige argument in = 3 punte die middeldeel van die opstel Goed Inleiding, afsluiting en redelike argument in = 2-2½ punte die middeldeel van die opstel Gemiddeld Logiese aanbieding Inleiding, afsluiting en vae argument in die = 1½ punte van feite; struktuur middeldeel van die opstel 3 van die opstel Ondergemiddeld Geen duidelike inleiding of afsluiting en swak = 1 punt argument in die middeldeel van die opstel Swak Enkele paragraaf, swak poging met die skryf = ½ punt van die opstel Onaanvaarbaar = 0 punte Slegs enkele puntsgewyse feite TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 50 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all