Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSIEK V1
NOVEMBER 2025
PUNTE: 120
TYD: 3 uur
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
.
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 1 vel manuskrippapier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper View all
Music P1 Nov 2025 Afr
Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 26
- File size
- 1.6 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 26
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Musiek/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING 2025
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D
en E.
2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
3. AFDELING C: Inheemse Afrika-musiek (IAM), AFDELING D: Jazz en
AFDELING E: Westerse Kunsmusiek (WKM) is keusevrae. Beantwoord slegs
EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E).
4. Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en AL die geskrewe
teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.
5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink
in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel
is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting
in hulle antwoorde te gee.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1 (25 minute)
1.1 Toon die korrekte tydmaattekenverandering op die balk onder elke asterisk (*).
(2)
1.2 Herskryf die volgende maat deur die nootwaardes te verdubbel.
Antwoord:
(1)
1.3 Skryf die mineur drieklank wat in die Eb majeur pentatoniese toonleer aangetref
word. Skryf die drieklank in grondposisie.
(1)
1.4 Skryf die vergrote drieklank wat diatonies in G harmoniese mineur voorkom.
Skryf die drieklank in eerste omkering.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.5 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.5.1 Verander die boonste noot by (M) om 'n interval van 'n verminderde
6de te vorm. Noteer die interval hieronder.
(1)
1.5.2 Noteer die omkering van die interval by (N) sonder toonsoortteken.
(1)
1.5.3 Skryf die enharmoniese ekwivalent van die noot by (i).
(1)
1.5.4 Hoe moet hierdie melodie uitgevoer word? Maak 'n kruisie (X) in die
toepaslike blokkie.
Grasieus Presies Vrolik Kragtig (1)
1.6 Identifiseer die toonlere/modusse wat in die volgende melodieë gebruik word.
1.6.1 Neem slegs die gegewe note in ag wanneer hierdie toonleer
geïdentifiseer word.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.6.2 Identifiseer die modus gebou op F in hierdie melodie.
(1)
1.7 Skryf die toonlere hieronder volgens die gegewe instruksies.
1.7.1 Die afgaande blues-toonleer wat op die gegewe noot begin
(2)
1.7.2 Die opgaande harmoniese mineur toonleer van die verwante mineur
van Gb majeur
(2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.
2.1 Gebruik die opening hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm te
skep. Skryf in balknotasie OF in solfanotasie.
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Notasie
Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering en
skuiftekens 2
Solfanotasie: polsslae per maat, ritme- en toonhoogte-
aanduidings
Kwaliteit
10
Musikaliteit (omvang, kontoer, geïmpliseerde harmonie)
TOTAAL 15 [15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.2 Skryf 'n oorspronklike twaalfmaat-melodie in drieledige vorm in balknotasie OF
solfanotasie. Skryf vir enige enkellyn- melodiese instrument OF stemtipe van
jou keuse. Noem die instrument OF stemtipe.
Gebruik die volgende elemente:
• Ritmiese motief:
Balknotasie:
• Toonsoort: D mineur – dui die toonsoortteken aan
Solfanotasie:
• La is D
Instrument/Stemtipe: ______________________________
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Notasie
Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering, skuiftekens,
2
aanduiding van sleutel en toonsoortteken
Solfanotasie: polsslae per maat, ritme- en toonhoogte-aanduidings
Kwaliteit
Toepaslikheid vir instrument of stem (omvang), gebruik van
10
gegewe ritmiese motief, musikaliteit (omvang, kontoer,
geïmpliseerde harmonie)
TOTAAL 15 [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (g) met Romeinse syfers op die
partituur, bv. iii6/iiib. (7)
3.1.2 Besyfer die akkoorde by (X) en benoem die kadens op die partituur. (3)
3.1.3 Lewer kommentaar op die D# in die bassleutel in maat 11.
(1)
3.1.4 Noem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).
(i)
(ii) (2)
3.1.5 Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
Gebruik 'n agstenootwaarde vir die antwoord.
(iii) Terughouding
(iv) Vooruitneming (2)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in
die spasies wat bokant die notebalke verskaf is, bv. G/B. (7)
3.2.2 Skryf die akkoordsimbole by (m) en (n) en benoem die kadens by
(X) op die partituur. (3)
3.2.3 Lewer kommentaar op die Bb in die bassleutel in maat 11.
(1)
3.2.4 Noem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).
(i)
(ii) (2)
3.2.5 Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
Gebruik 'n kwartnootwaarde vir jou antwoord.
(iii) Terughouding
(iv) Onderste hulpnoot/wisselnoot (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor-
en baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisasie in:
• Deurgangsprogressie met die gegewe viio6 -akkoord
• Onderbroke kadens met 'n dominantsewende-akkoord in maat 3–4
• Harmoniese realisering van die gegewe iii6 – I-akkoordprogressie
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Akkoordkeuse 14
Notasie en stemvoering 8
Kwaliteit 8
(30 ÷ 2)
TOTAAL
= 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.2 Harmoniseer die gegewe melodie hieronder deur ten minste drie note in
halfnootwaardes vir elke akkoord in te voeg, soos wat in maat 1 voorgestel
word. Sluit die volgende in:
• Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole
• ii – V – I-progressie in G
• Plagale kadens aan die einde
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Akkoordkeuse 14
Notasie en stemvoering 8
Kwaliteit 8
(30 ÷ 2)
TOTAAL
= 15 [15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer,
bv. 5.1.5 E.
5.1.1 Musiekskeppers is geregtig op tantième elke keer wanneer hulle
musiek …
A in die openbaar uitgevoer word.
B afgelaai word.
C in 'n dokumentêre film gebruik word.
D Al die bogenoemde
5.1.2 Vervaardigers van dokumentêre films wat van musiek gebruik maak,
moet aansoek doen vir …
A meganiese regte.
B menseregte.
C naaldtydregte.
D Geeneen van die bogenoemde nie
5.1.3 Watter EEN van die volgende groepe baat by sinchronisasieregte?
A 'n Klankingenieur, voordraer en komponis
B Agtergrondsangers, 'n musiekverspreider en SAMRO
C 'n Opnamekunstenaar, sessiemusikant en komponis
D CAPASSO, 'n verwerker en 'n filmregisseur
5.1.4 Watter EEN van die volgende verduidelik die term openbare
domein?
A Om musiek onderhewig aan kopiereg vir 'n openbare konsert te
kopieer
B Om in die openbaar op te tree
C Om in 'n lokaal wat aan 'n gemeenskap behoort, op te tree
D Die spasie waarbinne komposisies, onbeperk deur kopiereg,
vrylik beskikbaar is (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.2 Voltooi die tabel hieronder deur elke kollekteeragentskap met die
ooreenstemmende regte te verbind. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
vraagnommers (5.2.1 to 5.2.3) neer, bv. 5.2.4 F.
KOLLEKTEERAGENTSKAP REGTE
5.2.1 SAMRO A meganiese regte namens voordraers
en komponiste
5.2.2 SAMPRA
B grafiese regte namens
5.2.3 CAPASSO opnamekunstenaars
C naaldtydregte namens
opnamekunstenaars
D sinchronisasieregte namens
klankingenieurs
E voordragregte namens komponiste en
uitgewers
(3 x 1) (3)
5.3 Beantwoord die volgende vrae oor SAMRO-musieklisensies:
5.3.1 Wie moet aansoek doen? (1)
5.3.2 Wat word deur die lisensie toegelaat? (2 x 1) (2)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
VRAAG 6
6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.4) neer,
bv. 6.1.5 E.
6.1.1 Watter element verwys na die toonkwaliteit van 'n instrument?
A Dinamiek
B Vorm
C Tekstuur
D Timbre
6.1.2 Watter van die volgende kan in tradisionele Afrika-musiek gevind
word?
A Pentatoniese toonleer
B Poliritme
C A cappella
D Al die bogenoemde
6.1.3 Watter ander naam word vir mbaqanga gebruik?
A Marabi
B Kwêla
C Umgqashiyo
D Geeneen van die bogenoemde nie
6.1.4 Noem die tradisionele danstipe wat die dryfkrag vir mbaqanga is:
A Borankana
B Isibhaca
C Isitshikitsha
D Indlamu (4 x 1) (4)
6.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.4) neer, bv. 6.2.5 Onwaar.
6.2.1 Liedere en danse word spesifiek gebruik om tydens verskeie
seremonies met die voorvaders te kommunikeer.
6.2.2 In Afrika-godsdienste is dit moontlik dat alle liedere en danse 'n staat
van vervoering teweeg kan bring.
6.2.3 Tradisionele genesers mag persoonlike liedere hê wat hulle aan
hulle voorvaders verbind.
6.2.4 Die tempo van dans word deur die polsslag van die trom bepaal.
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 18 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.3 Definieer die volgende terme:
6.3.1 Oorvleueling
6.3.2 Krepitasie
6.3.3 Ukupika
6.3.4 Isicathamiya (4 x 1) (4)
6.4 Definieer die woord roep in roep en antwoord. (1)
6.5 Beantwoord die volgende vrae oor malombo-musiek.
6.5.1 Noem die TWEE Suid-Afrikaanse kulture wat deur Philip Tabane in
malombo-musiek saamgesmelt is.
6.5.2 Hoe het hierdie twee kulture malombo se gewildheid beïnvloed?
(2 x 2) (4)
6.6 Noem die instrument wat die penniefluitjie in mbaqanga-musiek vervang het. (1)
6.7 Beskryf die rol van izihlabo in maskanda. (2 x 1) (2)
[20]
VRAAG 7
Beskryf hoe maskanda-musiek 'n gewilde genre geword het. (5 x 1) [5]
VRAAG 8
Voltooi die tabel hieronder deur die ontbrekende inligting in te vul. Skryf slegs die
antwoord langs die vraagnommers (8.1 tot 8.5) neer, bv. 8.6 Antwoord.
ITEM KWÊLA MBAQANGA
Invloede 8.1 Marabi en kwêla
Vierakkoord sikliese harmonie
Harmonie van primêre drieklanke: 8.2
I – IV – V – I OF I – IV – I64 – V
Melodieë Kort herhalende melodieë 8.3
Instrumentasie 8.4 Kitaar-/Orrelgedrewe
Vokaal of
8.5 Gebruik lirieke in Afrika-tale
instrumentaal
(5 x 1) [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 19 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 9
Verduidelik hoe musiek in inheemse Afrika-inisiasierituele gebruik word. Verwys na die
volgende fases van inisiasie:
• Voorbereiding van nuwelinge (1)
• Besnydenis (2 x 1) (2)
• Terugkeer van nuwelinge (2 x 1) (2)
[5]
VRAAG 10
Bestudeer die skets hieronder.
[Bron: Eksaminators se eie skets]
Die skets hierbo beeld 'n inheemse gemeenskapsaktiwiteit uit.
Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe isicathamiya in 'n moderne styl ontwikkel het en
hoe die komposisiemetodes verbind is aan die gemeenskapsaktiwiteit wat in die skets
hierbo uitgebeeld word.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Ontwikkeling van die styl 7
Komposisiemetodes 6
Opstelformaat 1
Relevansie van argument 1
TOTAAL 15
TOTAAL AFDELING C: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 20 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) neer,
bv. 11.1.6 E.
11.1.1 Watter tipe vorm is ook bekend as AABA-vorm?
A Strofiese vorm
B 32-maat-vorm
C 12-maat-blues
D Vers-refrein-vorm
11.1.2 'n Saksofoon is 'n ...
A transponerende koperblaasinstrument.
B enkelriet-blaasinstrument.
C nie-transponerende instrument.
D Geeneen van die bogenoemde nie
11.1.3 'n Jazz-styl met 'n gesinkopeerde melodie en 'n stabiele
nie-gesinkopeerde ritmiese begeleiding:
A Blues
B Swing
C Ragtime
D Bebop
11.1.4 'n Gliss of glissando is …
A 'n ononderbroke opwaartse of afwaartse gly tussen note.
B 'n deurlopend herhalende musikale frase of ritme.
C 'n lang, vibrerende, hoë vokale klank.
D Geeneen van die bogenoemde nie
11.1.5 Watter element verwys na die toonkwaliteit van 'n instrument?
A Dinamiek
B Vorm
C Tekstuur
D Timbre (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 21 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
11.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (11.2.1 tot 11.2.4) neer, bv. 11.2.5 Onwaar.
11.2.1 Blues is 'n musiekstyl wat die gewildste tussen 1910 en 1940 was
en dit beïnvloed steeds komposisies wat deesdae geskryf word.
11.2.2 Roep en antwoord is 'n sangstyl waarin 'n groep gewoonlik 'n frase
sing waarop 'n solis met 'n beantwoordende frase reageer.
11.2.3 Swing jazz is oorwegend as dansmusiek bedoel.
11.2.4 'Comping' is akkoorde, ritme en teenmelodieë wat die ritmeseksie
gebruik om 'n sololyn te ondersteun. (4 x 1) (4)
11.3 Definieer die volgende terme:
11.3.1 Koor
11.3.2 Vamp
11.3.3 Sinkopasie
11.3.4 Uitbreiding (4 x 1) (4)
11.4 Beskryf hoe agstenote in 'n swing-ritme uitgevoer word. (1)
11.5 Beskryf die 12-maat-blues-progressie. (3 x 1) (3)
11.6 Kies die instrument in KOLOM B wat by die kunstenaar in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (11.6.1 tot 11.6.3) neer,
bv. 11.6.4 F.
KOLOM A KOLOM B
11.6.1 Feya Faku A klavier
11.6.2 Zim Ngqawana B saksofoon
11.6.3 Chris McGregor C penniefluitjie
D trompet
E tromstel
(3 x 1) (3)
[20]
VRAAG 12
Verduidelik hoekom die bydrae van die Jazz Epistles vir Suid-Afrikaanse jazz belangrik
is. (5 x 1) [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 22 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 13
Beskryf die rol van die baskitaar in Ujomela. Verwys na die ritmiese en harmoniese
ondersteuning en die interaksie met ander instrumente. (5 x 1) [5]
VRAAG 14
Voltooi die tabel hieronder deur die ontbrekende inligting in te vul. Skryf slegs die
antwoord langs die vraagnommers (14.1 tot 14.5) neer, bv. 14.6 Antwoord.
ITEM KWÊLA MARABI
Ontwikkel uit Amerikaanse jazz
Oorsprong 14.1
en tradisionele Afrika-liedere
Instrumentaal
14.2 Beide vokaal en instrumentaal
of vokaal
Liedere begin gewoonlik met
Inleiding 14.3
'n penniefluitjie-inleiding
Ritmiese
Ritmiese invloede van marabi 14.4
invloede
Melodie 14.5 Klavier het 'n melodiese rol
(5 x 1) [5]
VRAAG 15
Miriam Makeba was 'n Suid-Afrikaanse sangeres en menseregte-aktivis wat Afrika-
musiek regoor die wêreld gewild gemaak het.
Skryf 'n opstel waarin jy beskryf hoe Miriam Makeba 'n wêreldbekende kunstenaar
geword het. Sluit haar nasionale en internasionale suksesse en haar politieke aktivisme
by jou bespreking in.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Nasionale suksesse 4
Internasionale suksesse 5
Politieke aktivisme 4
Opstelformaat 1
Relevansie van argument 1
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 23 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 16
16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.4) neer,
bv. 16.1.5 E.
16.1.1 In rondovorm word die tema ook … genoem.
A ABACA
B 'n episode
C 'n refrein
D 'n codetta
16.1.2 'n Brug word gewoonlik … van sonatevorm gevind.
A in die ontwikkelingseksie
B tussen die eerste en tweede temas
C tussen die uiteensetting en ontwikkeling
D ná die heruiteensetting
16.1.3 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n
nie-transponerende instrument?
A Klarinet
B Altviool
C Kontrabas
D Horing
16.1.4 Watter EEN van die volgende verwys NIE na tempo NIE?
A Bewegt
B Rubato
C Senza
D Langsam (4 x 1) (4)
16.2 Definieer die volgende terme:
16.2.1 Tutti
16.2.2 Ostinato
16.2.3 Koor (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 24 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
16.3 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (16.3.1 tot 16.3.4) neer, bv. 16.3.5 Onwaar.
16.3.1 'n Ander term vir sonatevorm is eerstebeweging-vorm.
16.3.2 Sonate-rondo-vorm word gewoonlik in die derde beweging van die
Klassieke simfonie aangetref.
16.3.3 Die simfoniese toondig en konsert-ouverture is onafhanklike,
enkelbeweging-werke vir orkes.
16.3.4 Die A-seksie van drieledige vorm eindig meestal in die
tonika-toonsoort. (4 x 1) (4)
16.4 Beantwoord die volgende vrae oor Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur
Op. 68:
16.4.1 Skryf die titel en tempo-aanduiding van die vierde beweging neer.
(2 x 1) (2)
16.4.2 Noem TWEE blaasinstrumente wat die jodeltema aan die begin van
die vyfde beweging speel. (2 x ½) (1)
16.4.3 Noem die vormtipe van die derde beweging. (1)
16.4.4 Gee TWEE voordrag- of speeltegnieke van die Mannheimskool.
(2 x 1) (2)
16.5 Skryf EEN woord of term vir ELK van die volgende beskrywings:
16.5.1 Die groep musici, digters en intellektuele in die laat-Renaissance
wat met die oorsprong van opera vereenselwig word
16.5.2 Die stemtipe van Papagena in Die Towerfluit
16.5.3 'n Nie-transponerende koperblaasinstrument wat die bassleutel
gebruik (3 x 1) (3)
[20]
VRAAG 17
Skryf 'n paragraaf oor die inleiding (2 punte) en uiteensetting (3 punte) van die ouverture
tot Die Towerfluit deur Mozart. [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 25 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 18
Voltooi die tabel hieronder oor die uiteensetting van Mendelssohn se Hebrides
Ouverture. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (18.1 tot 18.5) neer,
bv. 18.6 Antwoord.
ELEMENT EERSTE TEMA TWEEDE TEMA
Toonsoort 18.1 18.2
Instrumentasie 18.3 18.4
Tempo-aanduiding 18.5
(5 x 1) [5]
VRAAG 19
Skryf 'n paragraaf waarin jy die verskille tussen 'n tipiese Klassieke simfonie en
Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur Op.68 bespreek. (5 x 1) [5]
VRAAG 20
Baie van Mozart se operas is in die genre van opera seria geskryf, maar hy word vandag
oorwegend vir sy opera buffa en die Singspiel hoog geag.
Skryf 'n opstel waarin jy hierdie DRIE operatipes kortliks beskryf en aandui hoe die
elemente van elke operatipe in Mozart se Die Towerfluit neerslag vind.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Opera seria 2
Opera buffa 2
Singspiel 2
Die Towerfluit 7
Opstelformaat 1
Relevansie van argument 1
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 50
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Musiek/V1 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 12 Music
Explore more published documents in this catalogue.

















