GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
CERTIFICATE
GRAAD 12
MUSIEK V1
NOVEMBER 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 120
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 42 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 42 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 42 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 42
- File size
- 2.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 42
This exam
NSC November Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Musiek/V1 2 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1 (25 minute)
1.1 Toon die korrekte tydmaattekenverandering op die balk onder elke asterisk (*).
Antwoord:
2x1 (2)
1.2 Herskryf die volgende maat deur die nootwaardes te verdubbel.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte (1)
1.3 Skryf die mineur drieklank wat in die Eb majeur pentatoniese toonleer aangetref
word. Skryf die drieklank in grondposisie.
Antwoord:
OF
1 punt
Geen ½ punte
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.4 Skryf die vergrote drieklank wat diatonies in G harmoniese mineur voorkom.
Skryf die drieklank in eerste omkering.
Antwoord:
OF
Minus ½ punt vir grondposisie
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 3 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.5 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.5.1 Verander die boonste noot by (M) om 'n interval van 'n verminderde 6de
te vorm. Noteer die interval hieronder.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.5.2 Noteer die omkering van die interval by (N) sonder toonsoortteken.
Antwoord:
OF
1 punt
Geen ½ punte
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.5.3 Skryf die enharmoniese ekwivalent van die noot by (i).
Antwoord:
1 punt
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.5.4 Hoe moet hierdie melodie uitgevoer word? Maak 'n kruisie (X) in die
toepaslike blokkie.
Grasieus Presies Vrolik Kragtig
1 punt (1)
1.6 Identifiseer die toonlere/modusse wat in die volgende melodieë gebruik word.
1.6.1 Neem slegs die gegewe note in ag wanneer hierdie toonleer
geïdentifiseer word.
Antwoord: B (majeur) pentatonies 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 4 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.6.2 Identifiseer die modus gebou op F in hierdie melodie.
Antwoord: (F) Doriese modus 1 punt (1)
1.7 Skryf die toonlere hieronder volgens die gegewe instruksies.
1.7.1 Die afgaande blues-toonleer wat op die gegewe noot begin
Antwoord:
OF
Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte (2)
1.7.2 Die opgaande harmoniese mineur toonleer van die verwante mineur van
Gb majeur
Antwoord:
OF
Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte
Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 5 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.
2.1 Gebruik die opening hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm te
skep. Skryf in balknotasie OF in solfanotasie.
Konsep-antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 6 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3
Notasie
Balknotasie: polsslae per
maat, nootstele,
groepering en skuiftekens Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2
Solfanotasie: polsslae per
maat, ritme- en
toonhoogte-aanduidings
Uitstekend
Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit;
9–10 suksesvolle gebruik van toonsoort; melodiese kontoer
meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot keuse van
toonhoogtes en ritme
Goed
Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
Kwaliteit 7–8½ aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele toonsoort;
Musikaliteit (omvang, melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes
en ritme akkuraat 10
kontoer, geïmpliseerde
harmonie) Gemiddeld
Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
4–6½ aanvangsmotief nie goed gebruik; toonsoort onstabiel;
melodiese kontoer onoortuigend; keuse van
toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
Onaanvaarbaar
Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
0–3½ aanvangsmotief geïgnoreer; geen sin vir toonsoort;
geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme lukraak
TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 7 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.2 Skryf 'n oorspronklike twaalf-maat melodie in drieledige vorm in balknotasie OF
solfanotasie. Skryf vir enige enkellyn- melodiese instrument OF stemtipe van jou
keuse. Noem die instrument OF stemtipe.
Gebruik die volgende elemente:
• Ritmiese motief:
Balknotasie:
• Toonsoort: D mineur – dui die toonsoortteken aan
Solfanotasie:
• La is D
Konsep-antwoord:
Instrument/Stemtipe:
• Sopraansleutel: Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool/Sopraan/Alt/Tenoor/, ens.
• Bassleutel: Kontrabas/Tjello/Fagot/Tromboon/Eufonium/Bariton, ens.
• Altsleutel: Altviool
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 8 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3
Notasie
Balknotasie: polsslae per
maat, nootstele,
groepering, skuiftekens,
aanduiding van sleutel en Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2
toonsoortteken
Solfanotasie: polsslae per
maat, ritme- en
toonhoogte-aanduidings
Uitstekend
Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit;
9–10 suksesvolle gebruik van toonsoort; melodiese kontoer
meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse
Kwaliteit van toonhoogtes en ritme
Toepaslikheid vir Goed
instrument of stem Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
(omvang), gebruik van 7–8½ aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele toonsoort;
melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes
gegewe ritmiese motief, en ritme akkuraat 10
musikaliteit Gemiddeld
(omvang, kontoer, Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
geïmpliseerde 4–6½ aanvangsmotief nie goed gebruik; toonsoort onstabiel;
harmonie) melodiese kontoer onoortuigend; keuse van
toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
Onaanvaarbaar
Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
0–3½ aanvangsmotief geïgnoreer; geen sin vir toonsoort;
geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme lukraak
TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 9 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
Antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 10 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (g) met Romeinse syfers op die
partituur, bv. iii6/iiib.
Antwoord: Sien partituur
1 punt per akkoord = 7 punte
Minus ½ punt indien omkering of 7de weggelaat of foutief is (7)
3.1.2 Besyfer die akkoorde by (X) en benoem die kadens op die partituur.
Antwoord: Sien partituur Akkoorde = 2 punte
Kadens = 1 punt (3)
3.1.3 Lewer kommentaar op die D# in the bassleutel in maat 11.
Antwoord:
• Dit skep 'n (harmoniese) sekwens van maat 9.
• Dit is 'n chromatiese deurgangsnoot tussen die D in maat 102 en E
in maat 121.
• Dit skep 'n sekondêre (tussen-) dominant in eerste omkering.
• Dit is die leitoon van E mineur in die twee-maat sekwens (maat 11-
12) op maat 9-10.
• Dit skep ‘n majeur akkoord op die submediant (VI).
1 punt (1)
3.1.4 Noem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).
Antwoord:
(i) Deurgangsnoot
(ii) (Onder) Hulpnoot/Wisselnoot 2x1 (2)
3.1.5 Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
Gebruik 'n agstenootwaarde vir die antwoord.
Antwoord: Sien partituur
(iii) Terughouding
(iv) Vooruitneming 2x1 (2)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 11 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
Antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 12 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in die
spasies wat bokant die notebalke verskaf is, bv. G/B.
Antwoord: Sien partituur
1 punt per akkoord = 7 punte
Minus ½ punt indien omkering of akkoorduitbreiding weggelaat of foutief is (7)
3.2.2 Skryf die akkoordsimbole by (m) en (n) en benoem die kadens by (X)
op die partituur.
Antwoord: Sien partituur Akkoorde = 2 punte
Kadens = 1 punt
Minus ½ punt as 7de weggelaat is (3)
3.2.3 Lewer kommentaar op die Bb in die bassleutel in maat 11.
Antwoord:
• Dit is die grondnoot van Bb7 wat na A7 oplos.
• Dit is die verlaagde submediant in D majeur.
• Dit skep 'n chromatiese harmoniese progressie met sewende-
akkoorde.
1 punt (1)
3.2.4 Noem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).
Antwoord:
(i) Deurgangsnoot
(ii) Vooruitneming 2x1 (2)
3.2.5 Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
Gebruik 'n kwartnootwaarde vir jou antwoord.
Antwoord: Sien partituur
(iii) Terughouding
(iv) Onderste hulpnoot/wisselnoot 2x1 (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 13 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en
baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisasie in:
• Deurgangsprogressie met die gegewe viio6 -akkoord
• Onderbroke kadens met 'n dominantsewende-akkoord in maat 3–4
• Harmoniese realisering van die gegewe iii6 – I-akkoordprogressie.
Konsep-antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 14 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Akkoordkeuse Sluit aangeduide akkoorde in 14
Notasie en
8 – (aantal foute ÷ 4) 8
stemvoering
Uitstekend
Uitmuntende begrip vir koraalstyl; gevorderde akkoordkeuse;
gebruik van omkerings bewerkstellig uitstekende progressie;
6½–8 kreatiewe melodiese baslyn; alt en tenoor meestal
trapsgewys; verbeeldingryke gebruik van nie-harmoniese
note; gladde, akkurate of verbeeldingryke stemvoering
Goed
Aanvaarbare begrip vir koraalstyl; akkoordkeuse sluit
sekondêre akkoorde en omkerings in; baslyn toon goeie
5½–6 balans tussen trapsgewyse beweging en aanvaarbare
spronge; alt en tenoor speel 'n bindende rol binne ʼn
kompakte omvang; meestal gladde en korrekte stemvoering
Kwaliteit 8
Gemiddeld
'n Beperkte begrip vir koraalstyl; akkoordkeuse meestal
3½–5 grondposisie van primêre akkoorde; baslyn onsamehangend,
nie duidelik beplan nie; alt and tenoor toon lukrake beweging;
stemvoering lukraak met tipiese foute
Swak
Geen begrip vir koraalstyl; onsamehangende akkoordkeuse;
stemme is slegs 'ingevul'; geen onderskeibare stemvoering
0–3 tussen akkoorde nie; onsamehangende of geen baslyn; geen
sin vir progressie; substansiële aantal foute; feitlik geen
poging om die vraag te beantwoord nie; akkoorde losweg of
slegs note neergeskryf
(30 ÷ 2)
TOTAAL 15 [15]
Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie
nasienriglyne vervat is nie. Geen punte word vir besyfering van akkoorde toegeken nie.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 15 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
4.2 Harmoniseer die gegewe melodie hieronder deur ten minste drie note in
halfnootwaardes vir elke akkoord in te voeg, soos wat in maat 1 voorgestel word.
Sluit die volgende in:
• Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole
• ii – V – I-progressie in G
• Plagale kadens aan die einde
Konsep-antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 16 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Akkoordkeuse Sluit aangeduide akkoorde in 14
Notasie en
8 – (aantal foute ÷ 4) 8
stemvoering
Uitstekend
Uitmuntende begrip vir die voorgestelde jazz-styl; gevorderde
6½–8 akkoordkeuse; gebruik van uitgebreide akkoorde en
stemvoering ('voicing') bewerkstellig uitstekende vloei
Goed
Aanvaarbare begrip vir die voorgestelde jazz-styl;
5½–6 akkoordkeuse sluit uitgebreide akkoorde, sekondêre akkoorde
en omkerings in; die gebruik van uitgebreide akkoorde en
stemvoering bewerkstellig goeie vloei
Kwaliteit Gemiddeld 8
'n Beperkte begrip vir die voorgestelde jazz-styl; akkoordkeuse
3½–5 meestal grondposisie van primêre drieklanke; gebruik van
akkoorde en stemvoering bewerkstellig aanvaarbare vloei
Swak
Geen begrip vir die voorgestelde jazz-styl; onsamehangende
akkoorde; geen ware progressie en stemvoering; lukrake
0–3 akkoorde; 'n substansiële aantal foute; feitlik geen poging om
die vraag te beantwoord nie; akkoorde en note losweg
neergeskryf
(30 ÷ 2)
TOTAAL 15 [15]
Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie
nasienriglyne vervat is nie. Geen punte word vir akkoordsimbole toegeken nie.
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 17 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING B: MUSIEKINDUSTRIE (VERPLIGTEND)
Nota aan nasiener: Een punt word vir elke korrekte feit toegeken. Kandidate moet gekrediteer
word vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyne gegee word nie.
VRAAG 5
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer, bv. 5.1.5 E.
5.1.1 Musiekskeppers is geregtig op tantième elke keer wanneer hulle musiek
…
Antwoord: D (Al die bogenoemde)
5.1.2 Vervaardigers van dokumentêre films wat van musiek gebruik maak,
moet aansoek doen vir …
Antwoord: D (Geeneen van die bogenoemde nie)
5.1.3 Watter EEN van die volgende groepe baat by sinchronisasieregte?
Antwoord: C ('n Opnamekunstenaar, sessiemusikant en
komponis)
5.1.4 Watter EEN van die volgende verduidelik die term openbare domein?
Antwoord: D (Die ruimte waarbinne komposisies, onbeperk deur
kopiereg, vrylik beskikbaar is)
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 18 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
5.2 Voltooi die tabel hieronder deur elke kollekteeragentskap met die
ooreenstemmende regte te verbind. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.3) neer, bv. 5.2.4 F.
KOLLEKTEERAGENTSKAP REGTE
5.2.1 SAMRO A meganiese regte namens voordraers en
komponiste
5.2.2 SAMPRA
B grafiese regte namens
5.2.3 CAPASSO opnamekunsenaars
C naaldtydregte namens
opnamekunstenaars
D sinchronisasieregte namens
klankingenieurs
E voordragregte namens komponiste en
uitgewers
Antwoord:
5.2.1 E
5.2.2 C
5.2.3 A (3 x 1) (3)
5.3 Beantwoord die volgende vrae oor SAMRO musieklisensies:
5.3.1 Wie moet aansoek doen?
Antwoord:
Enige musiekgebruiker, bv. restourante, tronke, skole,
inkopiesentrums, gimnasiums, ens. (1)
5.3.2 Wat word deur die lisensie toegelaat?
Antwoord:
• Die lisensie laat toe dat musiek in die openbaar uitgesaai (radio,
televisie, internet) kan word.
• Dit laat toe dat musiek lewendig in die openbaar gespeel kan word,
bv. sogenaamde 'covers' van bekende komposisies.
• Dit laat toe dat musiek in publieke venues as agtergrondmusiek
gespeel kan word. (2 x 1) (2)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 19 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
VRAAG 6
6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.4) neer,
bv. 6.1.5 E.
6.1.1 Watter element verwys na die toonkwaliteit van 'n instrument?
Antwoord: D (Timbre)
6.1.2 Watter van die volgende kan in tradisionele Afrika-musiek gevind word?
Antwoord: D (Al die bogenoemde)
6.1.3 Watter ander naam word vir mbaqanga gebruik?
Antwoord: C (Umgqashiyo)
6.1.4 Noem die tradisionele danstipe wat die dryfkrag vir mbaqanga is:
Antwoord: D (Indlamu) (4 x 1) (4)
6.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.4) neer, bv. 6.2.5 Onwaar.
6.2.1 Liedere en danse word spesifiek gebruik om tydens verskeie seremonies
met die voorvaders te kommunikeer.
Antwoord: Waar
6.2.2 In Afrika-godsdienste is dit moontlik dat alle liedere en danse 'n staat van
vervoering teweeg kan bring.
Antwoord: Onwaar
6.2.3 Tradisionele genesers mag persoonlike liedere hê wat hulle aan hulle
voorvaders verbind.
Antwoord: Waar
6.2.4 Die tempo van dans word deur die polsslag van die trom bepaal.
Antwoord: Waar (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 20 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
6.3 Definieer die volgende terme:
Antwoord:
6.3.1 Oorvleueling
Wanneer die antwoord op die roep begin voordat die roep klaarmaak
6.3.2 Krepitasie
Spontane geluide wat gebruik word om opwinding of instemming te wys
6.3.3 Ukupika
Kitaarspel in 'n plukstyl
6.3.4 Isicathamiya
Tradisionele a cappella musiek vir TTBB in 'n roep en antwoord-styl wat
ukucothoza (om stadig te loop) insluit
(4 x 1) (4)
6.4 Definieer die woord roep in roep en antwoord.
Antwoord:
'n Roep is 'n melodiese of ritmiese fragment wat deur 'n solis gesing/gespeel
word, wat deur 'n musikale antwoord/antwoordfrase deur 'n koor/groep opgevolg
word.
1 punt (1)
6.5 Beantwoord die volgende vrae oor malombo-musiek.
6.5.1 Noem die TWEE Suid-Afrikaanse kulture wat deur Philip Tabane in
malombo-musiek saamgesmelt is.
Antwoord: Bapedi en vhaVenda
6.5.2 Hoe het hierdie twee kulture malombo se gewildheid beïnvloed?
Antwoord:
• Hierdie kulture het malombo aan 'n groter verskeidenheid van bronne
blootgestel:
o die tromme en fluite van die Bapedi
o die malombo- en murundzi-tromme van die vhaVenda
• Die gebruik van twee aparte tale (Sepedi en Tshivenda) het beteken
dat meer mense hierdie musiek kon verstaan.
(2 x 2) (4)
6.6 Noem die instrument wat die penniefluitjie in mbaqanga-musiek vervang het.
Antwoord: Saksofoon 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 21 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
6.7 Beskryf die rol van izihlabo in maskanda.
Antwoord:
• Dit stel die individuele voordraer (kitaarspeler/konsertinaspeler) en sy
speeltegniek voor.
• Dit dien as inleiding vir die lied voordat die groep begin saamspeel.
• Dit word gebruik om die klank en stemming van die solis se kitaar te
kontroleer.
(2 x 1) (2)
[20]
VRAAG 7
Beskryf hoe maskanda-musiek 'n gewilde genre geword het.
Antwoord:
• Die ryk Zulu-erfenis en die betekenis daarvan vir die Zulu-bevolking het maskanda
hoofsaaklik in KwaZulu-Natal gewild gemaak.
• Maskanda het na ander streke van die land versprei toe inwoners vanaf die platteland
na groter stede getrek het om 'n beter lewenskwaliteit te vind.
• Maskanda was 'n gewilde vorm van straatmusiek in Durban en het groot skares
getrek.
• Maskanda is gewild gemaak deur John Bhengu, wat bekend was vir sy
straatoptredes in die laat 1940's.
• Die akoestiese kitaar is in die 1970's vervang deur elektriese kitare, en dit het die
klank van moderne maskanda geskep.
• Die bekende en gewilde klank van maskanda soos ons dit ken, is geskep deur die
kombinasie van tradisionele maskanda met die swaar baslyne van mbaqanga.
• Gewildheid is ook aangehelp deur die kompeterende aard van maskanda-feeste wat
by hostelle en stadiums dwarsoor die land en veral in KwaZulu-Natal en
Johannesburg gehou is.
• Gewildheid is verder aangehelp deur radio-uitsendings, wat hierdie genre aan 'n wyer
gehoor bekendgestel het.
(5 x 1) [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 22 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8
Voltooi die tabel hieronder deur die ontbrekende inligting in te vul. Skryf slegs die
antwoord langs die vraagnommers (8.1 tot 8.5) neer, bv. 8.6 Antwoord.
ITEM KWÊLA MBAQANGA
Invloede 8.1 Marabi en kwêla
Vierakkoord sikliese harmonie
Harmonie met primêre drieklanke: 8.2
I – IV – V – I OF I – IV – I 4 – V
6
Melodieë Kort herhalende melodieë 8.3
Instrumentasie 8.4 Kitaar-/Orrelgedrewe
Vokaal of
8.5 Gebruik lirieke in Afrika-tale
instrumentaal
Antwoord:
8.1 Marabi en inheemse penniefluitjie musiek
8.2 Vierakkoord sikliese harmonie met primêre drieklanke:
I – IV – V – V/I OF I – IV – I64 – V
8.3 Mbaqanga melodieë is herhalend van aard en bestaan uit verskillende lae.
8.4 Penniefluitjie-/Saksofoon-/Kitaargedrewe
8.5 Instrumentale musiek met lirieke bygevoeg in die meer moderne kwêla-styl.
(5 x 1) [5]
VRAAG 9
Verduidelik hoe musiek in inheemse Afrika-inisiasierituele gebruik word. Verwys na die
volgende fases van inisiasie:
• Voorbereiding van nuwelinge (1)
• Besnydenis (2 x 1)
• Terugkeer van nuwelinge (2 x 1)
Antwoord:
Voorbereiding van die nuwelinge
• 'n Seremonie word gehou waartydens na die voorvaders geroep word om die
nuwelinge tydens die proses van inisiasie te beskerm.
o Lofsang word gebruik om die teenwoordigheid van die voorvaders te versoek met
die gebruik van hulle stamname wanneer die nuwelinge na die inisiasiegebied
vertrek.
• In sommige kulture sing die nuwelinge liedere aan die gemeenskap om die inwoners
te laat weet dat hulle na die inisiasieskool vertrek.
1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 23 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Inisiasie-area
• Inisiasieliedere varieër in verskillende kulture, bv. domba (vhaVenda) en umtshilo
(amaXhosa).
o Liedere word gebruik om die voorvaders te ontbied voordat die nuwelinge die
proses van inisiasie by die berg ondergaan.
o Ander liedere word gedurende inisiasie onderrig sodat die nuwelinge verskillende
menslike kwaliteite en kulturele waardes deur lirieke kan aanleer.
• Musiekinstrumente word dikwels gedurende inisiasie gebruik om geeste te
beliggaam en diere na te boots.
• In sommige kulture skep die nuwelinge klein modelle van diere en komponeer liedere
oor hierdie modelle, bv. 'n luislang in die vhaVenda-kultuur wat 'n simbool van
vroulike fertiliteit is. Daarom demonstreer die uitvoer van die luislangdans gedurende
domba die vrugbaarheid van die nuwelinge en dat hulle gereed is om met 'n gesin te
begin.
• Gedurende die inisiasieproses sing hulle liedere soos mokorotlo (Basotho) of
somagwaza (amaXhosa) om hulle manlikheid te bevestig en pyn te verminder.
2x1 (2)
Terugkeer van die nuwelinge
• Wanneer hulle terugkeer, was die nuwelinge hulself in die rivier (waar geglo word dat
die voorvaders bly) terwyl hulle liedere, bv. izidlalo (Amampondo), sing en dans.
• 'n Seremonie word by die nuwelinge se tuistes gehou om die voorvaders vir veilige
terugkeer te erken.
o In sommige Xhosa-kulture sing die mans somagwaza en die kinders feestelike
liedere gedurende die terugkeer van die nuwelinge.
• In sommige kulture moet die nuwelinge sing of dans om te wys dat hulle teruggekeer
het en dat die ritueel afgehandel is.
• Tipes liedere, bv. mangae (baPedi), word gesing en gedans as deel van die
afhandeling van hierdie ritueel.
2x1 (2)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 24 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 10
Bestudeer die skets hieronder.
[Bron: Eksaminators se eie skets]
Hierdie skets hierbo beeld 'n inheemse gemeenskapsaktiwiteit uit.
Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe isicathamiya in 'n moderne styl ontwikkel het en
hoe die komposisiemetodes verbind is aan die gemeenskapsaktiwiteit wat in die skets
hierbo uitgebeeld word.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die
opstel.
Antwoord:
Voorbeeld van 'n inleiding
Isicathamiya is tradisioneel beïnvloed deur die kulturele Zulu-geloof in die
samehorigheid van die gemeenskap. Die bou van 'n hut is 'n gemeenskapsaktiwiteit
vanaf begin tot voltooiing. Dit is 'n kreatiewe proses wat ooreenkomste toon met die
komponeer van 'n lied of die ontwikkeling van 'n musiekstyl.
Ontwikkeling van die styl
• Isicathamiya is gewortel in die gemeenskapdogma van die Zulu-kultuur, 'Umntu
ngumntu ngabantu'.
• Verstedeliking het migrasies na stede tot gevolg gehad omdat die mense werk
probeer vind het.
• Om die eensaamheid te verdryf, het die mans wat in hostelle gewoon het hulself
vermaak deur tradisionele liedere en kerkliedere te sing.
• In die hostelle is verskeie kulture vermeng en kultuurgroepe het mekaar se
musiekmaak beïnvloed.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 25 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
• Vanuit hierdie integrasie het imbube-koormusiek en kompetisies ontwikkel.
• Hostelle was digbevolk en knap gebou, dus het die harde mbube nagtelike
kompetisies probleme veroorsaak. Daarom het groepe sagter begin sing en op tone
begin dans (ukucothoza) in plaas daarvan om voete te stamp.
o 'n Nuwe weergawe van imbube ontwikkel en word isicathamiya genoem,
gebaseer op ukucothoza.
• Een van die prominente groepe in hierdie kompetisies was 'Ezimnyama' (die swartes)
wat later Ladysmith Black Mambazo geword het en in 1960 deur Joseph Shabalala
gestig is.
• Hulle het internasionaal saamgewerk, opnames gemaak en getoer met bekende
kunstenaars soos Paul Simon op sy Graceland-album en -toer, en Michael Jackson.
• Deur met ander kunstenaars saam te werk het hulle musiekinstrumente begin
inkorporeer in 'n styl wat tradisioneel a cappella was.
• Ladysmith Black Mambazo het met ander bekende Suid-Afrikaanse groepe
saamgewerk, bv. die Soweto Strykkwartet.
• Hulle het Engels in die lirieke ingesluit om die styl meer toeganklik te maak.
• Meer moderne isicathamiya-groepe het uit die moderne isicathamiya wat deur
Ladysmith Black Mambazo gevestig het ontwikkel, bv. Thee Legacy.
7x1
Komposisiemetodes
• In isicathamiya word die skep van liedere beskou as 'ukwakha' (om 'n huis te bou),
wat as 'n gemeenskapsprojek eerder as 'n individuele onderneming aangepak word.
• Om 'n lied te komponeer is 'n gedeelde taak soos waar take gedeel word wanneer 'n
hut gebou word.
• Die meesterbouer lei die bouproses terwyl die res van die groep aan die verskillende
dele van die hut werk. Dis dieselfde manier waarop 'n komposisie 'gebou' word:
o Die komponis (gewoonlik die leier) onderrig slegs sy indlela (pad/gedeelte) van
die komposisie.
o Die leier as die ivulindlela (padvinder) laat sy izigqi (voetspore) op die pad,
naamlik sy styl van komposisie.
o Die res van die groep volg met hulle eie persoonlike voetspore terwyl hulle die
inmekaarsluitende ritmes en harmoniese rigting wat deur die leier verskaf is, volg.
• Daar word gesamentlik besluit oor harmonisering deur die loop van hierdie proses.
• Deur die loop van die samewerking staan die ivulindlela (leier) in die middel en die
groepslede staan rondom hom.
• Samewerking vind ook plaas wanneer die toonsoort van die lied deur die groepslede
bepaal word.
6x1
Voorbeeld van 'n slot
Die ontwikkeling van isicathamiya is beïnvloed deur die geloof in die gemeenskap, of
Umntu ngumntu ngabantu, ' 'n mens is 'n mens as gevolg van ander mense'. In die Zulu-
kultuur is die sin vir die gemeenskap 'n waarde wat die identiteit van die volk aanspreek.
Dit verduidelik hulle gemeenskaplike benadering tot komposisie. Ladysmith Black
Mambazo het hierdie unieke genre toeganklik gemaak vir 'n wyer gehoor.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 26 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Ontwikkeling van die styl 7
Komposisiemetodes 6
Uitstekend
• 'n Inleiding, slot en substansiële argument
in die middeldeel van die opstel = 1 punt
• Geen opskrifte of puntsgewyse sinne
• Verbeeldingryke gebruik van volsinne
Gemiddeld
Gedeeltelike nakoming van opstelformaat, bv.
• Inleiding maar geen slot
• Slot maar geen inleiding
• Gebruik van opskrifte in 'n opstel wat = ½ punt
Opstelformaat andersins voldoen aan opstelformaat 1
• Gebruik van puntsgewyse sinne wanneer
items gelys word
• 'n Konsekwente gebruik van volsinne
Nie aanvaarbaar
• Geen poging om 'n opstel te skryf nie,
slegs 'n enkele paragraaf
• Puntsgewyse skryfwyse en/of opskrifte = 0 punte
deurgaans
• Geen inleiding of slot
• Gebruik van volsinne is beperk
Uitstekend
• Logiese argument wat deurgaans = 1 punt
toepaslik tot die onderwerp bly
Gemiddeld
• Argument is meestal logies maar met
Relevansie van sommige misplaaste en/of irrelevante
stellings
= ½ punt 1
argument
• Slotparagraaf/inleiding is nie relevant tot
die middeldeel van die argument
Nie aanvaarbaar
• Die opstel hou nie verband met die = 0 punte
onderwerp nie
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 27 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) neer,
bv. 11.1.6 E.
11.1.1 Watter tipe vorm is ook bekend as AABA-vorm?
Antwoord: B (32-maat vorm)
11.1.2 A saksofoon is 'n ...
Antwoord: B (enkelriet-blaasinstrument)
11.1.3 'n Jazz-styl met 'n gesinkopeerde melodie en 'n stabiele nie-
gesinkopeerde ritmiese begeleiding:
Antwoord: C (Ragtime)
11.1.4 'n Gliss of glissando is …
Antwoord: A ('n ononderbroke opwaartse of afwaartse gly tussen
note)
11.1.5 Watter element verwys na die toonkwaliteit van 'n instrument?
Antwoord: D (Timbre) (5 x 1) (5)
11.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (11.2.1 tot 11.2.4) neer, bv. 11.2.5 Onwaar.
11.2.1 Blues is 'n musiekstyl wat die gewildste tussen 1910 en 1940 was en dit
beïnvloed steeds komposisies wat deesdae geskryf word.
Antwoord: Waar
11.2.2 Roep en antwoord is 'n sangstyl waarin 'n groep gewoonlik 'n frase sing
waarop ‘n solis met 'n beantwoordende frase reageer.
Antwoord: Onwaar
11.2.3 Swing jazz is oorwegend as dansmusiek bedoel.
Antwoord: Waar
11.2.4 'Comping' is akkoorde, ritme en teenmelodieë wat die ritmeseksie
gebruik om 'n sololyn te ondersteun.
Antwoord: Waar (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 28 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
11.3 Definieer die volgende terme:
Antwoord:
11.3.1 Koor
• 'n Gedeelte van 'n lied wat na elke vers herhaal word
• 'n Volledige siklus deur die vorm van die liedjie/melodie
• 'n Klankeffek wat op 'n pedaal/versterker/klawerbord beskikbaar is
• 'n Werk wat deur 'n groot groep/ensemble op 'n verhoog gesing word
11.3.2 Vamp
• 'n Aaneenlopende herhalende baslyn waaroor 'n solo gespeel word
• 'n Kort aansteeklike motief wat soveel kere as wat nodig is herhaal
word
11.3.3 Sinkopasie
'n Aksentuering van swak polsslae
11.3.4 Uitbreiding
Die byvoeg van note om 'n akkoord uit te brei, bv. 'n negende, elfde of
dertiende.
(4 x 1) (4)
11.4 Beskryf hoe agstenote in 'n swing-ritme uitgevoer word.
Antwoord:
• Reëlmatige agstenote word met 'n triool-agtige gevoel gespeel.
• Vinnige swing skep 'n geaksentueerde gevoel op die tweede agstenoot
(sinkopasie).
1 punt (1)
11.5 Beskryf die 12-maat-blues-progressie.
Antwoord:
• Die 12-maat-blues-progressie is 'n herhalende/sikliese harmoniese
progressie.
• Daar is drie 4-maat frases wat soos volg gestruktureer is:
o Maat 1 tot 4: I – I – I – I (jazz-blues gebruik I – IV – I – V of I – ii – I – V),
o Maat 5 tot 8: IV – IV – I – I,
o Maat 9 tot 12: V – IV – I – I/V (terugkeer-herhaling)
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 29 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
11.6 Kies die instrument in KOLOM B wat by die kunstenaar in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (11.6.1 tot 11.6.3) neer, bv.
11.6.4 F.
KOLOM A KOLOM B
11.6.1 Feya Faku A klavier
11.6.2 Zim Ngqawana B saksofoon
11.6.3 Chris McGregor C penniefluitjie
D trompet
E tromstel
Antwoord:
11.6.1 D
11.6.2 B
11.6.3 A (3 x 1) (3)
[20]
VRAAG 12
Verduidelik hoekom die bydrae van die Jazz Epistles vir Suid-Afrikaanse jazz belangrik
is.
Antwoord:
• Die Jazz Epistles was Suid-Afrika se eerste bekende bebop-groep in die 1950's.
• Hulle invloed en nalatenskap lê daarin dat hulle hard bop met die ontwikkelende
Afrika jazz-kultuur gekombineer het.
• In 1959 word hulle album Jazz Epistle, Verse 1 die eerste album wat deur 'n swart
Suid-Afrikaanse groep vrygestel word.
• Al die lede van die Jazz Epistles het hulle eie oorspronklike material gekomponeer,
en sodoende is 'n groot hoeveelheid werk geskep.
• Die groep bestaan uit Dollar Brand (later Abdullah Ibrahim) op klavier, Kippie
Moeketsi op altsaksofoon, Jonas Gwangwa op tromboon, Hugh Masekela op
trompet, Johnny Gertze op bas, Early Mabuza of Makaya Ntshoko op tromstel (almal
het later Suid-Afrikaanse jazz-ikone in eie reg geword).
• Die Jazz Epistles het 'n spesifieke Suid-Afrikaanse klank begin skep en dit is verder
deur latere kunstenaars oor die daaropvolgende dekades ontwikkel.
• Hierdie komposisies het die kultuur en tradisies van hulle Afrika-erfenis bevestig.
• Baie van hierdie musikante het verkies om in ballingskap te bly en het hulle styl
verder ontwikkel deur blootstelling aan Europese musikante. Die groeplede was,
onder andere, betrokke by die gewilde jazz-musiekblyspel, King Kong, wat oorsee
getoer het.
• Hulle het hulle nuutgevonde kennis en vaardighede teruggeploeg in die Suid-
Afrikaanse konteks met hulle terugkeer. (5 x 1) [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 30 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 13
Beskryf die rol van die baskitaar in Ujomela. Verwys na die ritmiese en harmoniese
ondersteuning en die interaksie met ander instrumente.
Antwoord:
Ritme
• Die baskitaar voorsien 'n ritmiese basis saam met die tromstel om 'n soliede gevoel
te skep.
• Dit help om die tempo en voortstuwing van die liedjie te vestig.
Harmoniese ondersteuning
• Die baskitaar versterk/ondersteun die harmoniese struktuur (I – IV – V) deurdat die
akkoordprogressies omlyn word, dikwels deur die grondnote van die akkoorde te
speel en diepte aan die klank as 'n geheel te verleen.
Interaksie met ander instrumente
• Die baskitaar tree in noue wisselwerking met die tromme op en skep sodoende 'n
soliede ritmeseksie.
• Die baskitaarspeler werk ook nou saam met die kitaar en voorsien 'n brug tussen die
harmoniese en ritmiese elemente om seker te maak dat alle instrumente naatloos
saamvloei.
• Die baskitaar antwoord ook op die roep van die leierkitaar.
• Die baskitaar speel 'n belangrike rol om die 'gevoel' van die liedjie en die invloede op
die oorkoepelende energie en 'vibe' van die voordrag vas te stel.
Ten minste EEN ritme, EEN harmoniese ondersteuning
en EEN interaksie met ander instrumente
(5 x 1) [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 31 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 14
Voltooi die tabel hieronder deur die ontbrekende inligting in te vul. Skryf slegs die
antwoord langs die vraagnommers (14.1 tot 14.5) neer, bv. 14.6 Antwoord.
ITEM KWÊLA MARABI
Ontwikkel uit Amerikaanse jazz
Oorsprong 14.1
en tradisionele Afrika-liedere
Instrumentaal 14.2 Beide vokaal en instrumentaal
of vokaal
Liedere begin gewoonlik met 'n
Inleiding 14.3
penniefluitjie-inleiding
Ritmiese Ritmiese invloede van marabi 14.4
invloede
Melodie 14.5 Klavier het 'n melodiese rol
Antwoord:
14.1 Dit ontwikkel uit marabi.
14.2 Kwêla is instrumentaal.
14.3 Liedere begin dikwels met 'n kort inleiding wat die klavier/klawerbord voorop
stel.
14.4 Ritmiese invloede van ragtime
14.5 Penniefluitjie of saksofoon het 'n melodiese rol. (5 x 1) [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 32 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 15
Miriam Makeba was 'n Suid-Afrikaanse sangeres en menseregte-aktivis wat Afrika-
musiek regoor die wêreld gewild gemaak het.
Skryf 'n opstel waarin jy beskryf hoe Miriam Makeba 'n wêreldbekende kunstenaar
geword het. Sluit haar nasionale en internasionale suksesse en haar politieke aktivisme
in jou bespreking in.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Antwoord:
Voorbeeld van 'n inleiding:
Zenzile Miriam 'Mama Africa' Makeba is in 1932 in Johannesburg gebore en sing vanaf
'n vroeë ouderdom. Sy begin haar sangloopbaan as 'n lid van die koor van die Kilnerton
Instituut in Pretoria.
Nasionale suksesse
• Sy begin haar professionele sangloopbaan in die 1950's met die Manhattan Brothers.
• Daarna vorm sy haar eie vrouegroep, The Skylarks, en hulle sing 'n mengsel van
jazz, marabi en tradisionele liedere.
• In 1956 stel sy haar bekende lied Pata Pata vry.
• Haar groot deurbraak kom wanneer sy in die anti-apartheid dokumentêr Come back
optree en dit help haar om die vroulike hoofrol in King Kong in 1959 te kry.
• Sy stel die liedjie Sing me a Song in 1993 vry.
4x1
Internasionale suksesse
• RCA Victor kontrakteer haar in 1959 en stel haar album Miriam Makeba vry.
• In 1962 sing Makeba en Belafonte by JF Kennedy se verjaarsdagpartytjie.
• In 1963 stel sy haar tweede album, The World of Miriam Makeba, vry.
• Sy ontvang 'n Grammy Toekenning vir beste folk-liedjie-opname saam met Belafonte
in 1966 met die album, An Evening with Belafonte/Makeba.
• Soos wat haar roem en reputasie groei stel sy ook Qongqothwane (The Click Song)
en Malaika vry.
• In 1967 word Pata Pata opgeneem en vrygestel as 'n enkelsnit in die VSA en word
'n internasionale treffer.
• Sy tree hierna wyd op in Afrika, Europa en Asië.
• Sy was een van die hoof vermaaklikheidsterre in 1974 by die geveg tussen
Muhammed Ali en George Foreman in Zaire (Demokratiese Republiek van Kongo).
• Met haar optrede saam met Paul Simon op sy Graceland-album en -toer is sy weer
prominent op die wêreldtoneel.
• Warner Bros. Records kontrakteer haar en sy stel Sangoma as 'n eerbetoon aan
haar moeder vry.
• Haar outobiografie is gepubliseer en ook vertaal in Spaans, Duits, Nederlands,
Frans, Italiaans en Japanees.
• In 1991 neem Makeba Eyes on Tomorrow op saam met Dizzy Gillespie, Nina Simone
en Hugh Masekela; 'n kombinasie van jazz, R&B, pop en Afrika-musiek.
• Makeba en Hugh Masekela onderneem 'n wêreldtoer om die album te promoveer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 33 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
• Gedurende 1991 verskyn sy in 'n episode van The Cosby Show.
• In 2000 word haar lied Homeland genomineer vir 'n Grammy Toekenning; dit word 'n
liefdeslied aan Afrika genoem.
• In 2004 word Makeba as die 38ste op die Top 100 reklamebord vir haar lied Pata Pata
gelys.
5x1
Politieke aktivisme
• In 1959 neem sy self-ballingskap op in London toe die musiekblyspel King Kong in
Engeland klaarmaak.
• Gedurende die laaste deel van 1963 getuig Miriam voor die VN teen apartheid in
Suid-Afrika. Haar musiek word verban in Suid-Afrika. Haar burgerskap en haar reg
om na die land terug te keer word teruggetrek.
• In 1966 stel sy die album An Evening with Belafonte/Makeba vry, wat oor die politieke
situasie van swart Suid-Afrikaners onder apartheid handel.
• Haar huwelik in 1968 met Stokely Carmichael (menseregte-aktivis) het rasgedrewe
kontroversie veroorsaak.
• Haar opnamekontrakte en toere is gekanselleer en sy moes na Guinea vlug as
gevolg van die kontroversie wat haar huwelik veroorsaak het. Sy woon daar vir die
volgende 15 jaar.
• In 1988 neem sy deel aan die Nelson Mandela 70ste verjaarsdageerbewys by
Wembley Stadion. Hierdie optrede het bygedra daartoe dat die Suid-Afrikaanse
regering onder druk geplaas is om Mandela vry te laat.
• Sy is deur Nelson Mandela oorreed om terug te keer na Suid-Afrika nadat hy
vrygelaat is, wat sy dan ook in Junie 1990 doen.
• In 1992 speel sy die rol van Angelina – die hoofkarakter se ma in Sarafina!
• In 2001 ontvang sy die Otto Hahn Vredesmedalje in Goud vir uitstaande
dienslewering vir haar dekades-lange teenstand teen rassisme en apartheid in Suid-
Afrika, en om vrede en internasionale begrip te bewerkstellig.
• Sy neem deel aan die dokumentêr Amandla - A Revolution in Four-Part Harmony.
4x1
Voorbeeld van 'n slot
Miriam Makeba het 'n verskeidenheid style in haar musiek gebruik, onder meer Engelse
ballades, Portugese fados, Brasiliaanse bossa novas, Hebreeuse en Yiddishe melodieë,
Italiaanse dreunsange en ander volk- en populêre style vanoor die wêreld. Dit het haar
bemind gemaak in haar eie land sowel as by 'n groter internasionale gehoor.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 34 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Nasionale suksesse 4
Internasionale suksesse 5
Politieke aktivisme 4
Uitstekend
• 'n Inleiding, slot en substansiële
argument in die middeldeel van die
opstel
= 1 punt
• Geen opskrifte of puntsgewyse sinne
• Verbeeldingryke gebruik van volsinne
Gemiddeld
Gedeeltelike nakoming van opstelformaat,
bv.
• Inleiding maar geen slot
• Slot maar geen inleiding
= ½ punt
Opstelformaat • Gebruik van opskrifte in 'n opstel wat 1
andersins voldoen aan opstelformaat
• Gebruik van puntsgewyse sinne
wanneer items gelys word
• 'n Konsekwente gebruik van volsinne
Nie aanvaarbaar
• Geen poging om 'n opstel te skryf nie,
slegs 'n enkele paragraaf
• Puntsgewyse skryfwyse en/of opskrifte = 0 punte
deurgaans
• Geen inleiding of slot
• Gebruik van volsinne is beperk
Uitstekend
• Logiese argument wat deurgaans = 1 punt
toepaslik tot die onderwerp bly
Gemiddeld
• Argument is meestal logies maar met
Relevansie van sommige misplaaste en/of irrelevante
stellings
= ½ punt 1
argument
• Slotparagraaf/inleiding is nie relevant tot
die middeldeel van die argument
Nie aanvaarbaar
• Die opstel hou nie verband met die = 0 punte
onderwerp nie
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 35 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 16
16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.4) neer,
bv. 16.1.5 E.
16.1.1 In rondovorm word die tema ook … genoem.
Antwoord: C ('n refrein)
16.1.2 'n Brug word gewoonlik … van sonatevorm gevind.
Antwoord: B (tussen die eerste en tweede temas)
16.1.3 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n nie-transponerende
instrument?
Antwoord: B (Altviool)
16.1.4 Watter EEN van die volgende verwys NIE na tempo NIE?
Antwoord: C (Senza) (4 x 1) (4)
16.2 Definieer die volgende terme:
Antwoord:
16.2.1 Tutti
'n Aanduiding in 'n orkespartituur wat aandui dat alle instrumente (en
sangers) saam speel.
16.2.2 Ostinato
'n Deurlopend herhalende musikale frase of ritme terwyl ander musikale
materiaal daarrondom verander.
16.2.3 Koor
• 'n Werk wat deur 'n groot groep/ensemble op 'n verhoog gesing word,
bv. as deel van 'n opera.
• 'n Gedeelte van 'n lied wat ná elke vers herhaal word.
• 'n Klankeffek wat op 'n pedaal/versterker/klawerbord beskikbaar is.
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 36 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
16.3 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (16.3.1 tot 16.3.4) neer, bv. 16.3.5 Onwaar.
16.3.1 'n Ander term vir sonatevorm is eerstebeweging-vorm.
Antwoord: Waar
16.3.2 Sonate-rondo-vorm word gewoonlik in die derde beweging van die
Klassieke simfonie aangetref.
Antwoord: Onwaar
16.3.3 Die simfoniese toondig en konsert-ouverture is onafhanklike,
enkelbeweging-werke vir orkes.
Antwoord: Waar
16.3.4 Die A-seksie van drieledige vorm eindig meestal in die tonika-
toonsoort.
Antwoord: Waar (4 x 1) (4)
16.4 Beantwoord die volgende vrae oor Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur Op.
68:
16.4.1 Skryf die titel en tempo-aanduiding van die vierde beweging neer.
Antwoord:
Titel: Gewitter Sturm/Donderstorm
Tempo-aanduiding: Allegro (2 x 1) (2)
16.4.2 Noem TWEE blaasinstrumente wat die jodeltema aan die begin van die
vyfde beweging speel.
Antwoord: Franse horing en klarinet ( 2 x ½) (1)
16.4.3 Noem die vormtipe van die derde beweging.
Antwoord: Scherzo en trio 1 punt (1)
16.4.4 Gee TWEE voordrag- of speeltegnieke van die Mannheimskool.
Antwoord:
Die gebruik van
• tremolo
• skielike sfz
• openingsarpeggio's
• crescendo's en decrescendo's
• Mannheim-vuurpyl
• Mannheim-sug
• Mannheim-voëls (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 37 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
16.5 Skryf EEN woord of term vir ELK van die volgende beskrywings:
16.5.1 Die groep musici, digters en intellektuele in die laat-Renaissance wat met
die oorsprong van opera vereenselwig word
Antwoord: (Florentynse) Kamerata
16.5.2 Die stemtipe van Papagena in Die Towerfluit
Antwoord: (Liriese) sopraan
16.5.3 'n Nie-transponerende koperblaasinstrument wat die bassleutel gebruik
Antwoord: Tuba/Tromboon (3 x 1) (3)
[20]
VRAAG 17
Skryf 'n paragraaf oor die inleiding (2 punte) en uiteensetting (3 punte) van die ouverture
tot Die Towerfluit deur Mozart.
Antwoord:
Inleiding
• Adagio
• Dit is in E-mol majeur
• Begin met drie stadige akkoorde
• Dit is vyftien mate lank
Uiteensetting
• Allegro
• Dit begin met die eerste tema in E-mol majeur wat 'n paar keer deur die loop van
die ouverture voorkom.
• Dit word gespeel in polifoniese tekstuur (fugale passasie).
• 'n Modulerende brug lei tot die tweede tema in B-mol majeur.
Inleiding = 2 punte
Uiteensetting = 3 punte [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 38 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 18
Voltooi die tabel hieronder oor die uiteensetting van Mendelssohn se Hebrides
Ouverture. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (18.1 tot 18.5) neer, bv.
18.6 Antwoord.
ELEMENT EERSTE TEMA TWEEDE TEMA
Toonsoort 18.1 18.2
Instrumentasie 18.3 18.4
Tempo-aanduiding 18.5
Antwoord:
18.1 B mineur
18.2 D majeur
18.3 Altviole, tjello's en fagotte speel die tema en word begelei deur die res van die
(standaard) Klassieke orkes.
18.4 Tjello's en fagotte speel die tema en word begelei deur die res van die
(standaard) Klassieke orkes.
18.5 Allegro moderato (5 x 1) [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 39 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 19
Skryf 'n paragraaf waarin jy die verskille tussen 'n tipiese Klassieke simfonie en
Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur Op.68 bespreek.
Antwoord:
• 'n Tipiese Klassieke simfonie het vier bewegings, terwyl die Simfonie Nr. 6 in F
majeur Op.68 vyf bewegings het.
• In 'n tipiese Klassieke simfonie is al vier bewegings los van mekaar, terwyl die laaste
drie bewegings van die Simfonie Nr. 6 in F majeur Op.68 aan mekaar verbind is.
• 'n Tipiese Klassieke simfonie word gespeel deur 'n standaard Klassieke orkes, terwyl
Beethoven twee trombone en 'n piccolo in die vierde beweging van die Simfonie Nr.
6 in F majeur Op.68 bygevoeg het.
• Modulasie is gewoonlik na verwante toonsoorte in 'n tipiese Klassieke simfonie,
terwyl modulasie na verwante en afgeleë tonsoorte in die Simfonie Nr. 6 in F majeur
Op.68 aangetref word.
• 'n Tipiese Klassieke simfonie se bewegings het geen titels nie, terwyl die Simfonie
Nr. 6 in F majeur Op.68 titels vir elke beweging bevat.
• 'n Tipiese Klassieke simfonie is 'n voorbeeld van absolute musiek, terwyl die Simfonie
Nr. 6 in F majeur Op.68 programmatiese elemente bevat, veral in die vierde
beweging (Donderstorm).
• Vormtipes:
o Klassieke simfonie:
I (Sonatevorm), II (Drieledig), III (Menuet en trio), IV (Sonatevorm/Sonate-
rondo/Rondovorm)
o Beethoven Simfonie Nr. 6:
I (Sonatevorm), II (Sonatevorm), III (Scherzo en trio), IV (Episodies), V (Sonate-
rondo)
• 'n Tipiese Klassieke simfonie het 'n beperkte tonale omvang, terwyl die Simfonie Nr.
6 in F majeur Op.68 'n uitgebreide tonale omvang het.
• Die koda was selde omvangryk ontwikkel in die tipiese Klassieke simfonie, terwyl die
Simfonie Nr. 6 in F majeur Op.68 'n uitgebreide koda het.
VYF korrelerende verskille: 5 x 1 [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 40 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 20
Baie van Mozart se operas is in die genre van opera seria geskryf, maar hy word vandag
oorwegend vir sy opera buffa en die Singspiel hoog geag.
Skryf 'n opstel waarin jy hierdie DRIE operatipes kortliks beskryf en aandui hoe die
elemente van elke operatipe in Mozart se Die Towerfluit neerslag vind.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Antwoord:
Voorbeeld van 'n inleiding
Mozart was 'n komponis wat operas in die styl van opera seria, opera buffa en Singspiel
geskryf het. Sy laaste voltooide verhoogwerk, Die Towerfluit, was 'n Singspiel wat
elemente van beide opera seria en opera buffa gekombineer het.
Opera seria
• Dit is 'n ernstige opera.
• Daar was geen gesproke dialoog nie.
• Die libretto was in Italiaans.
• Hierdie tipe opera was hoofsaaklik gemoeid met aristokratiese karakters en is
dikwels gebaseer op mitologiese Griekse en Romeinse tragedies en heldeverhale.
• Die tradisionele model vir opera seria bestaan uit drie bedrywe.
• Dit gebruik hoë stemtipes (beide soprane en castrati) vir die hoofkarakters, dikwels
selfs vir die uitbeelding van monarge.
• Die da Capo-aria was 'n vertoonvenster vir virtuoso soliste.
• Die gebruik van 'n aria vendetta is tipies aan opera seria.
• Elke bedryf het 'n streng formaat van recitativo secco en arias gevolg, en is met 'n
koor geëindig.
2x1
Opera buffa
• Dit is 'n komiese opera.
• Daar is gesproke dialoog.
• Die libretto was in Italiaans.
• Opera buffa sluit komiese tonele, alledaagse karakters en storielyne met 'n
alledaagse strekking in.
• Opera buffa het gewoonlik twee bedrywe.
• Komiese karakters is deur lae manstemtipes gesing.
• Komiese operas is aanvanklik gekenmerk deur gewone omgewings, plaaslike
dialekte en eenvoudige vokale skryfwyse.
• Opera buffa is geskryf vir gewone mense en het gewone mense uitgebeeld.
• Gesofistikeerde taal is vermy sodat die plaaslike idiomatiese dialek van die
werkersklas met die gehoor aanklank kon vind.
2x1
Singspiel
• Komiese elemente, romanse, magie en die bonatuurlike is deel van die storielyn.
• 'n Singspiel is 'n Duitse opera.
• Dit bevat gesproke dialoog.
• 'n Singspiel het gewoonlik twee bedrywe.
• Die Singspiel is beskou as middel-na-laer klas vermaak teenoor die oorheersende
aristokratiese genres van opera seria.
2x1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 41 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die Towerfluit
Opera seria
• Virtuose elemente in arias, soos Der Hölle Rache kocht in meinem Herzen wat deur
die Koningin van die Nag gesing word.
• Die ernstige karakters, bv. die prins en die priester, is tipies van opera seria
karakterisering.
o Die keuse van die basstemtipe in Sarastro se O Isis und Osiris beeld sy karakter
as wys en moreel uit.
o Die prins sing die liriese aria Dies Bildnis is bezaubernd schön en sy hoë stemtipe,
naamlik liriese tenoor (wat die element van heroïsme uitbeeld), ondersteun hierdie
karakterisering.
o Die spanning tussen die goeie en die bose word omlyn deur die keuse van 'n baie
hoë stemomvang (Koningin van die Nag) en 'n baie lae stemomvang (Sarastro).
Opera buffa
• Eienskappe van opera buffa is duidelik deur sy vernuwende gebruik van musiek wat
die alledaagse karakters uitbeeld, soos die volksagtige aria Der Vogelfänger bin ich ja.
• Die karakterisering van 'n alledaagse karakter, soos die voëlvanger en sy gesel, is
tipies van opera buffa.
• Komedie en komiese verligting is deel van die storielyn, soos wat dit deur Papageno
versinnebeeld word.
• Die gebruik van volksagtige melodieë, soos in Der Vogelfänger bin ich ja (Papageno)
toon die invloed van opera buffa as vermaak vir die werkersklas.
• Gesproke dialoog word in kombinasie met arias, duette en kore aangewend.
• Die Towerfluit het twee bedrywe, en stem ooreen met die model van opera buffa.
Singspiel
• Die libretto is in Duits.
• Die storielyn sluit magiese elemente in, soos die towerfluit en die towerklokkies wat
aan Tamino en Papageno gegee word om hulle deur moeilike tye te help.
• Gesproke dialoog word in kombinasie met arias, duette en kore gebruik.
7x1
Voorbeeld van 'n slot
Mozart het die balans tussen opera seria en opera buffa in sy finale Singspiel, Die
Towerfluit, vervolmaak. Hy het elemente van komedie, drama, romanse en diepte van
musikale karakterisering met elegante en liriese melodieë en helderheid van orkestrasie
gekombineer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 42 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Opera seria 2
Opera buffa 2
Singspiel 2
Die Towerfluit 7
Uitstekend
• 'n Inleiding, slot en substansiële
argument in die middeldeel van die
opstel = 1 punt
• Geen opskrifte of puntsgewyse sinne
• Verbeeldingryke gebruik van volsinne
Gemiddeld
Gedeeltelike nakoming van opstelformaat,
bv.
• Inleiding maar geen slot
• Slot maar geen inleiding
= ½ punt
Opstelformaat • Gebruik van opskrifte in 'n opstel wat 1
andersins voldoen aan opstelformaat
• Gebruik van puntsgewyse sinne
wanneer items gelys word
• 'n Konsekwente gebruik van volsinne
Nie aanvaarbaar
• Geen poging om 'n opstel te skryf nie,
slegs 'n enkele paragraaf
• Puntsgewyse skryfwyse en/of opskrifte = 0 punte
deurgaans
• Geen inleiding of slot
• Gebruik van volsinne is beperk
Uitstekend
• Logiese argument wat deurgaans = 1 punt
toepaslik tot die onderwerp bly
Gemiddeld
• Argument is meestal logies maar met
Relevansie van sommige misplaaste en/of irrelevante
stellings
= ½ punt 1
argument
• Slotparagraaf/inleiding is nie relevant tot
die middeldeel van die argument
Nie aanvaarbaar
• Die opstel hou nie verband met die = 0 punte
onderwerp nie
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 50
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)
More from Grade 12 Music

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper