Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSIEK V1
NOVEMBER 2024
PUNTE: 120
TYD: 3 uur
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 1 vel manuskrippapier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)
Grade 12 Music Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Music · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 948.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
- Question 1Scales, Keys, Modes & Intervals22 marks
- Question 2Harmony, Chords & Composition15 marks
- Question 3Harmony, Chords & Composition30 marks
- Question 4Harmony, Chords & Composition15 marks
- Question 5Music Technology & Presentation Skills10 marks
- Question 6Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]20 marks
Show all 13 questions
- Question 8Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]6 marks
- Question 9Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]10 marks
- Question 11Jazz — General Knowledge & Set Works [Jazz]20 marks
- Question 14Jazz — General Knowledge & Set Works [Jazz]5 marks
- Question 16Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]20 marks
- Question 17Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]5 marks
- Question 18Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]5 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Musiek/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
D en E. Nov
2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
3. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM), AFDELING D: JAZZ en
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) is keusevrae. Beantwoord
slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E).
4. Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en AL die geskrewe
teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.
5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink
in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel
is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet let op die puntetoekenning vir elke vraag om genoeg inligting
in hulle antwoorde te gee.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
AFDELING A moet op die VRAESTEL beantwoord word.
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1 (25 minute)
1.1 Dui die korrekte tydmaatteken-verandering op die notebalk onder elke
asterisk (*) aan.
(2)
1.2 Skryf die enharmoniese ekwivalent van die gegewe toonsoortteken.
Antwoord:
(1)
1.3 Skryf EEN majeurdrieklank wat in die G blues-toonleer voorkom. Skryf die
drieklank in grondposisie.
(1)
1.4 Skryf die verminderde drieklank wat diatonies in die toonsoort van E majeur
voorkom. Skryf die drieklank in eerste omkering.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.5 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
1.5.1 Noteer die omkering van die interval by (M) sonder toonsoortteken.
(1)
1.5.2 Verander die onderste noot by (N) om 'n interval van 'n verminderde 5de
te vorm. Noteer die interval hieronder.
(1)
1.5.3 Gee die tegniese naam vir die tweede noot in maat 3.
(1)
1.5.4 Verduidelik hoe hierdie uittreksel in terme van tempo uitgevoer sal word.
(1)
1.6 Skryf die toonlere hieronder volgens die gegewe instruksies.
1.6.1 Voeg SES note onder die asteriske (*) by om 'n afgaande Doriese modus
te vorm.
(2)
1.6.2 Die opgaande verwante melodiese mineurtoonleer van G majeur
(2)
1.6.3 'n Opgaande heeltoontoonleer wat op die gegewe noot begin
(2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.
2.1 Gebruik die opening hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm te
skep. Skryf in solfanotasie OF in balknotasie.
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Notasie
Solfanotasie: ritme- en toonhoogte-aanduidings 2
Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering en skuiftekens
Kwaliteit
10
Musikaliteit (omvang, kontoer, geïmpliseerde harmonie)
TOTAAL 15 [15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.2 Skryf 'n oorspronklike twaalfmaat-melodie in drieledige vorm in solfanotasie OF
in balknotasie. Skryf vir enige enkellyn melodiese instrument OF stemtipe van
jou keuse. Noem die instrument OF stemtipe.
Gebruik die volgende elemente om 'n sinvolle melodie te skep:
Plagale kadens aan die einde
Ritmiese motief:
Solfanotasie:
La is G
Balknotasie:
Diskantsleutel OF bassleutel OF altsleutel
Toonsoort: G mineur
Instrument/Stemtipe: __________________________
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Notasie
Solfanotasie: ritme- en toonhoogte-aanduidings
2
Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering en
skuiftekens, aanduiding van sleutel en toonsoortteken
Kwaliteit
Toepaslikheid vir instrument of stem (omvang), gebruik van gegewe
10
ritmiese motief en musikaliteit (omvang, kontoer, geïmpliseerde
harmonie)
TOTAAL 15 [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.1.1 Die hooftoonsoort van hierdie uittreksel is G majeur. 'n Modulasie
vind binne die eerste agt mate plaas. Noem hierdie nuwe toonsoort.
(1)
3.1.2 Besyfer die akkoorde by (Z) op die partituur en benoem die kadens.
(3)
3.1.3 Besyfer die akkoorde by (a) tot (f) op die partituur deur Romeinse
syfers te gebruik, bv.iii6/iiib. (6)
3.1.4 Lewer kommentaar op die gebruik van die E in maat 181.
(1)
3.1.5 Noteer die volgende nie-harmonienote by (i) en (ii) op die partituur.
Gebruik 'n kwartnoot-waarde vir jou antwoord.
(i) Vooruitneming
(ii) Deurgangsnoot (2)
3.1.6 Benoem die tipe nie-harmonienote by (iii) en (iv).
(iii)
(iv) (2)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in
die spasies wat daarvoor verskaf is, bokant die notebalke, bv. G/B. (7)
3.2.2 Skryf die akkoordsimbole by (m) en (n) en benoem die kadens.
(3)
3.2.3 Lewer kommentaar op die baslyn in maat 11 tot 122.
(1)
3.2.4 Noteer die volgende nie-harmonienote by (i) en (ii) op die partituur.
Gebruik 'n agstenoot-waarde vir jou antwoord.
(i) Deurgangsnoot
(ii) Bo-wisselnoot (2)
3.2.5 Benoem die tipe nie-harmonienote by (iii) en (iv).
(iii)
(iv) (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vokale vierstemmige harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
en baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisering in:
Kadensiële tweede-omkering-( )-progressie
Deurgangs-tweede-omkering-( )-progressie
Dominantsewende akkoord
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Akkoordkeuse 15
Notasie en stemvoering 8
Kwaliteit 7
(30 ÷ 2)
TOTAAL
= 15 [15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.2 Voltooi die agtmaatstuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal in
halfnote by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die openingsakkoord in
maat 1 gesuggereer word en gee aandag aan stemvoering. Sluit die volgende
in:
Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole
ii – V – I-progressie in C
'n 13de akkoord by die asterisk (*)
Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Akkoordkeuse 15
Notasie en stemvoering 8
Kwaliteit 7
(30 ÷ 2)
TOTAAL
= 15 [15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer,
bv. 5.1.5 E.
5.1.1 Intellektuele eiendom (IE) …
A is die individuele of groepseienaarskap van 'n idee of konsep.
B is 'n moontlike bron van inkomste vir kunstenaars.
C word geregistreer by en beskerm deur kopieregkollekteer-
agentskappe.
D Al die bogenoemde (1)
5.1.2 Inkomste van liedjieskrywers en musiekuitgewers vir CD-verkope of
die digitale aflaai van musiek kom hulle toe omdat … ter sprake is.
A publiseringsregte
B meganiese regte
C uitvoerregte
D sinchronisasieregte (1)
5.1.3 Watter EEN van die volgende groepe baat by naaldtydregte?
A 'n Klankingenieur, voordraer en liriekskrywer
B Agtergrondsangers, 'n musiekverspreider en SAMRO
C 'n Opnamekunstenaar, sessiemusikant en opnamemaatskappy
D CAPASSO, 'n musiekverwerker en 'n platejoggie (DJ) (1)
5.1.4 Watter EEN van die volgende is NIE 'n voorbeeld van musiekroof
NIE?
A Kopiëring van bladmusiek vir 'n orkesuitvoering
B Ongemagtigde kopiëring van opgeneemde materiaal van
lewende konserte
C Verkoop van roof-opnames as oorspronklike opnames
D Transkribering van 'n soloparty met toestemming van die
kopiereg-eienaar (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.2 Voltooi die volgende sinne:
5.2.1 Die tipe maatskappy wat verantwoordelik is vir die bevordering van
musiekkomposisies namens liedjieskrywers word 'n … genoem. (1)
5.2.2 Betalings deur die gebruiker aan die eienaar van 'n werk wat deur
kopiereg beskerm word, word … genoem. (1)
5.2.3 'n Werk wat nie meer deur kopiereg beskerm word nie, sal in die ...
geplaas word. (1)
5.3 Waarvoor staan die akroniem SAMRO? (1)
5.4 Beskryf wat met die waardeketting in die musiekbedryf bedoel word. (2)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
VRAAG 6
6.1 Noem die kunstenaar/groep van DRIE van die volgende werke. Skryf die
kunstenaar/groep langs die nommer van jou keuse, bv. 6.1.5 Mahlatini.
6.1.1 Phamba Madiba
6.1.2 Kuke Kwagijim' Iveni
6.1.3 Wena Wedwa
6.1.4 See You Later (3 x 1) (3)
6.2 6.2.1 Vergelyk die lofdigte wat in malombo- en maskandamusiek gevind
word ten opsigte van tempo en taalgebruik. (4)
6.2.2 Noem TWEE oorspronge van maskandamusiek. (2)
6.3 Definieer die volgende terme:
6.3.1 Krepitasie (1)
6.3.2 Isihlabo (1)
6.3.3 Umgqashiyo (1)
6.4 Watter houtblaasinstrument word gewoonlik in 'n malombogroep aangetref? (1)
6.5 Beskryf kortliks die funksie van perkussie in tradisionele genesing. (3)
6.6 Noem VIER prominente kenmerke wat jy in die musiek van Lemmy Mabaso sal
hoor. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 7
Bespreek die rol van perkussie in die musiek van Philip Tabane. [5]
VRAAG 8
8.1 Identifiseer die lied waaruit die volgende uittreksel kom.
(1)
8.2 Beskryf hoe Westerse instrumente die tradisionele instrumente in mbaqanga
vervang het. (4)
[5]
VRAAG 9
9.1 Definieer die term meloritme. (1)
9.2 Kies TWEE danse hieronder en noem die relevante kultuur en EEN
begeleidingsinstrument vir elk. Skryf die antwoorde langs die vraagnommers
(9.2.1 tot 9.2.8) van jou keuse neer.
9.2.1 Tshikona
9.2.2 Borankana
9.2.3 Muchongolo
9.2.4 Mohobelo
9.2.5 Isitshikitsha
9.2.6 Indlamu
9.2.7 Dinaka
9.2.8 Sibhaca (2 x 2) (4)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 18 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 10
Maskanda-kitaarspelers is bekend vir hulle tegniese vaardigheid asook vir die feit dat
hulle baie kompeterend is, selfs al is hulle selde formeel as musici of kitaarspelers
opgelei.
Bespreek maskanda kortliks in 'n opstel en verwys na die kitaartegnieke en
stemmingstelsels wat met hierdie styl van musiek geassosieer word. Noem EEN
maskandalied en die kunstenaar wat daarmee geassosieer word.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Beskrywing van maskanda 2
Kitaartegnieke 5
Stemmingstelsels 3
Lied en kunstenaar 2
Logiese aanbieding van feite en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 19 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Noem die instrument wat deur DRIE van die Suid-Afrikaanse jazz-kunstenaars
hieronder bespeel word. Skryf die instrument langs die nommer van jou keuse,
bv. 11.1.5 tromstel.
11.1.1 Chris McGregor
11.1.2 Feya Faku
11.1.3 Kippie Moeketsi
11.1.4 Jonas Gwangwa (3 x 1) (3)
11.2 11.2.1 Vergelyk die inleidings van Jikelela Emaweni en Umjomela. Verwys
na instrumentasie en tempo. (4)
11.2.2 Watter titel wat in VRAAG 11.2.1 genoem word, is 'n instrumentale
werk? (1)
11.3 Definieer die volgende terme:
11.3.1 Plaasvervanging (1)
11.3.2 Comping (1)
11.3.3 Improvisasie (1)
11.3.4 Scat-sang (1)
11.4 11.4.1 Noem EEN plaaslike invloed op Miriam Makeba se musiekstyl. (1)
11.4.2 Noem EEN Europese styl wat Mirian Makeba se musiek beïnvloed
het. (1)
11.5 Maak 'n lys van DRIE verskille tussen AABA-vorm en 'n 12-maat blues-vorm. (3)
11.6 Noem DRIE prominente melodiese en/of harmoniese kenmerke van die musiek
van Spokes Mashiyane. (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 20 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 12
Bespreek die Afrika-invloede wat Abdullah Ibrahim aangewend het om 'n kenmerkende
klavierstyl te vorm. [5]
VRAAG 13
Kies EEN beskrywing uit KOLOM B wat by 'n aspek van Vary-oo-Vum in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–K) langs die vraagnommers (13.1 tot 13.5) neer,
bv. 13.6 L.
KOLOM A KOLOM B
13.1 Styl A Swing
B Bebop/Hard bop/Blues
13.2 Harmonie C Diatoniese harmonie in inleiding
D Chromatiese harmonie in inleiding
13.3 Inleiding E Gesinkroniseerde ritmiese patrone
F Poliritmiese eienskappe
13.4 Blaasinstrumente G Tromboon, trompet en saksofoon
H Tuba, horing en saksofoon
13.5 Ritmeseksie J Klavier en blaasinstrumente
K Klavier, baskitaar en tromstel
(5 x 1) [5]
VRAAG 14
14.1 Noem die kunstenaar/groep wat jy met die uittreksel hieronder assosieer.
(1)
14.2 In watter dekade het die styl/genre in VRAAG 14.1 ontstaan? (1)
14.3 Noem DRIE invloede wat hierdie musiekstyl help vorm het. (3)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 21 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 15
Zim Ngqawana het van sy Zimphonic Suites geskryf dat dit oor die 'harmonie tussen die
antikwiteit (antieke) en moderniteit' gegaan het.
Beskryf die persoonlike styl van Zim Ngqawana se musiek in 'n opstel. Verwys na
algemene stylinvloede op sy musiek en sy werk, eBhofolo.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Algemene styl-invloede 6
eBhofolo 6
Logiese aanbieding van feite en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 22 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 16
16.1 Noem die vorm van DRIE van die werke wat jy bestudeer het. Skryf die
vormtipe langs die nommer van jou keuse, bv. 16.1.5 fuga.
16.1.1 Die Hebrides
16.1.2 Laaste beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur
Op. 68
16.1.3 Ouverture tot Die Towerfluit
16.1.4 Der Vogelfänger bin ich ja (3 x 1) (3)
16.2 Beskryf TWEE verskille tussen opera buffa en opera seria. (4)
16.3 Noem EEN ander operatipe behalwe dié wat in VRAAG 16.2 genoem is. (1)
16.4 Verduidelik die volgende terme wat in opera aangetref word:
16.4.1 Aria (1)
16.4.2 Melisma (1)
16.4.3 Libretto (1)
16.5 Skryf EEN woord of term vir die volgende beskrywings:
16.5.1 Die klawerbordinstrument wat deel was van die Barok-orkes, maar
nie van die Klassieke orkes nie (1)
16.5.2 'n Nie-transponerende instrument in die koperblaasseksie van 'n
standaard Klassieke orkes (1)
16.5.3 'n Dubbelrietinstrument wat die tenoorsleutel gebruik (1)
16.6 Maak 'n lys van DRIE verskille tussen 'n kodetta en 'n koda. (3)
16.7 Noem DRIE komposisietegnieke wat jy in die musiek van die Mannheim-skool
sal hoor. (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 23 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 17
17.1 Skryf 'n paragraaf waarin jy die virtuose elemente in die aria waaruit die
uittreksel hieronder geneem is, beskryf. Verduidelik hoe hierdie elemente by
die verhaal van die opera inpas.
(4)
17.2 Noem die karakter wat die aria genoem in VRAAG 17.1 sing. (1)
[5]
VRAAG 18
18.1 Kies EEN beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas ten opsigte
van struktuur in Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur Op. 68. Skryf slegs
die letter (A–G) langs die vraagnommers (18.1.1 tot 18.1.4), bv. 18.1.5 H.
KOLOM A KOLOM B
18.1.1 Eerste beweging A Menuet en trio, F mineur
18.1.2 Tweede beweging B F majeur, sonatevorm
18.1.3 Vierde beweging C Vinnig en lewendig, F mineur
18.1.4 Vyfde beweging D Allegretto, tonika-toonsoort
E F mineur, sonatevorm
F Allegro ma non troppo, F mineur
G Verwante toonsoort, stadige beweging
(4 x 1) (4)
18.2 Hoeveel bewegings het 'n standaard Klassieke simfonie? (1)
[5]
VRAAG 19
Skryf 'n paragraaf waarin jy die ooreenkomste en verskille tussen die konsert-ouverture
en die simfoniese toondig bespreek. [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 24 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 20
Beethoven gebruik 'n standaard Klassieke orkes in sy Simfonie Nr. 6 in F majeur
Op. 68.
Skryf 'n opstel waarin jy die vierde en vyfde bewegings van hierdie simfonie beskryf, met
spesifieke verwysing na instrumentasie en orkestrasie.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Standaard Klassieke-orkes-instrumentasie 4
Vierde beweging 4
Vyfde beweging 4
Logiese aanbieding van feite en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 50
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Musiek/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Music

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (English)

Memorandum