Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
MUSIEK V1
2019
PUNTE: 120
TYD: 3 uur
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 
View all
Music P1 May June 2019 Afr_hlayiso.com_.pdf
Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 23
- File size
- 889.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 23
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 2 DBE/2019
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
D en E.
2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C óf D óf E).
4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.
5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C óf D óf E met blou of swart ink in
die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
inligting in hul antwoorde te gee.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 3 DBE/2019
SS/NSS
NASIENROOSTER
AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR
A: MUSIEKTEORIE 1 20
(VERPLIGTEND)
2 15
3 10
4 15
SUBTOTAAL 60
EN
B: ALGEMENE
MUSIEKKENNIS 5 20
(VERPLIGTEND)
SUBTOTAAL 20
EN
C: WKM 6 10
7 5
8 5
9 5
10 15
SUBTOTAAL 40
OF
D: JAZZ 11 10
12 5
13 5
14 5
15 15
SUBTOTAAL 40
OF
E: IAM 16 10
17 5
18 5
19 5
20 15
SUBTOTAAL 40
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 4 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is.
VRAAG 1 (25 minute)
1.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.1.1 Noem die verwante dominante toonsoort van hierdie werk.
____________________________________________________ (1)
1.1.2 Noem die intervalle by (a) en (b) volgens tipe en afstand.
(a) __________________________________________________
(b) __________________________________________________ (2)
1.1.3 Transponeer die regterhandparty van mate 7–8 by (e) 'n majeur
tweede hoër. Voeg die nuwe toonsoortteken by.
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 5 DBE/2019
SS/NSS
1.1.4 Herskryf die melodie in mate 7–8 by (e) in saamgestelde
drieslagmaat. Voeg die nuwe tydmaatteken by.
(3)
1.1.5 Noem die drieklanke by (c) en (d) volgens tipe en posisie.
_____________________________________________________ (2)
1.2 Skryf 'n sekwens vir Motief A in die spasie wat voorsien word.
(2)
1.3 Skryf 'n melodiese omkering vir Motief B soos aangedui.
(1)
1.4 Bestudeer die musiekvoorbeeld en volg die instruksies.
1.4.1 Omkring VIER opeenvolgende note wat deel van 'n chromatiese
toonleer vorm. (1)
1.4.2 Omkring EEN noot wat die subdominantnoot van die nuwe
toonsoort is. (1)
1.4.3 Herskryf die akkoord in die basparty in maat 2 in die altsleutel
sonder toonsoortteken.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 6 DBE/2019
SS/NSS
1.5 Identifiseer die toonleer wat in elke uittreksel hieronder gebruik word.
1.5.1
_______________________________________________________________ (1)
1.5.2
______________________________________________________________ (1)
1.6 Skryf die lettername neer van enige TWEE note wat enharmoniese
ekwivalente van mekaar is.
______________________________________________________________ (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 7 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2.
2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem
die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en
artikulasie-aanduidings op geskikte plekke in.
Instrument: __________________________________
Tempo: _____________________________________
Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT
BESKRYWING
TOEKENNING SE PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid
Nootstele, polse per maat, toevallige 2
tekens, spasiëring, uitleg
Kwaliteit
Toepaslikheid van instrument, tempo,
10
artikulasie, dinamiek,
musikaliteit
TOTAAL 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 8 DBE/2019
SS/NSS
2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem
die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en
artikulasie-aanduidings op geskikte plekke in.
Instrument: __________________________________
Tempo: _____________________________________
Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT
BESKRYWING
TOEKENNING SE PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid
Nootstele, polse per maat, toevallige 2
tekens, spasiëring, uitleg
Kwaliteit
Toepaslikheid van instrument, tempo,
10
artikulasie, dinamiek,
musikaliteit
TOTAAL 15
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 9 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 10 DBE/2019
SS/NSS
3.1.1 Noem die toonsoort waarheen die uittreksel in mate 5–8 moduleer.
___________________________________________________ (1)
3.1.2 Identifiseer akkoorde (a)–(f) en besyfer dit op die partituur. Gebruik
slegs Romeinse syfers vir die besyfering, bv. IV. (6)
3.1.3 Noem die kadens gevorm by X. Gebruik die spasie wat voorsien
word. (1)
3.1.4 Noem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii).
(i) _________________________________________________
(ii) _________________________________________________ (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 11 DBE/2019
SS/NSS
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kadens: _______________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 12 DBE/2019
SS/NSS
3.2.1 Moduleer hierdie uittreksel? ______________________________
(1)
3.2.2 Identifiseer akkoorde (a)–(f) en besyfer hulle op die partituur.
Gebruik akkoordsimbole bokant die akkoorde, bv. Bb/D. (6)
3.2.3 Noem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii).
(i) _________________________________________________
(ii) _________________________________________________ (2)
3.2.4 Noem die kadens in die spasie wat by X in maat 7 en 8 voorsien
word. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 13 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
en basparty by te voeg.
Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT SE
BESKRYWING
TOEKENNING PUNT
Akkoordprogressie
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van 12
kadens
Korrektheid
Notasie, verdubbeling, spasiëring, 14
stemvoering
Kwaliteit
Musikaliteit, nie-akkoordnote,
stylbewustheid, kreatiwiteit, bv. 4
gebruik van kadensiële 6/4 en
deurgangs 6/4 progressies
TOTAAL 30(÷ 2) = 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 14 DBE/2019
SS/NSS
4.2 Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal in
die oop spasies op die notebalk by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur
die gegewe materiaal in maat 1 voorgestel word.
Die harmonisasie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT SE
BESKRYWING
TOEKENNING PUNT
Akkoordprogressie
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van 13
kadens
Korrektheid
Notasie, verdubbeling spasiëring, 13
stemleiding
Kwaliteit
Musikaliteit, nie-akkoordnote, 4
stylbewustheid, kreatiwiteit
(30 ÷ 2) = 15 [15]
TOTAAL
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 15 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Antwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrikamusiek).
Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.
AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae/stellings
gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 5.1.11 D.
5.1.1 Die musiekbedryf bestaan uit maatskappye en individue wat geld
verdien deur …
A nuwe liedere en werke te skep.
B komposisies en bladmusiek te bevorder.
C klank- en video-opnames te verkoop.
D Al die bogenoemde
5.1.2 Kopieregbeskerming duur oor die algemeen vir …
A 70 jaar.
B die outeur se lewe plus 30 jaar.
C die outeur se lewe plus 50 jaar.
D 100 jaar.
5.1.3 Om 'n CD vir verspreiding te produseer, word ... benodig.
A naaldtydregte ('needletime rights')
B meganiese regte
C geleende regte
D kopiereg
5.1.4 Tantieme vir uitvoeringsregte word aan 'n liedjieskrywer betaal
wanneer een van sy/haar liedjies …
A lewendig uitgevoer word.
B oor die radio uitgesaai word.
C in die skoolsaal gespeel word.
D Al die bogenoemde
5.1.5 Die beste manier om jou komposisie se kopiereg te beskerm, is
om dit …
A by SAMRO te registreer.
B op die internet te adverteer.
C so dikwels as moontlik uit te voer.
D Geeneen van die bogenoemde nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 16 DBE/2019
SS/NSS
5.1.6 EEN van die verantwoordelikehede van 'n musiekregte-organisasie
is om …
A 'n pensioenfonds namens hulle lede te administreer.
B die inkomstebelasting van die kunstenaar te administreer.
C die redigering van kunstenaars se werke te administreer.
D Al die bogenoemde
5.1.7 Musiekrowery is ...
A die aflaai van musiek van die internet sonder om daarvoor te
betaal.
B die duplisering van CD's vir gratis verspreiding.
C die verkoop van opnames wat kopieë van oorspronklike
opnames is.
D Al die bogenoemde
5.1.8 'n Sterk geaksentueerde noot word met … aangedui.
A sp
B sf
C ff
D fp
5.1.9 Tremolo is 'n musikale effek wat geskep word deur …
A vinnig te speel met 'n demper.
B die snare intens te pluk.
C 'n enkel noot vinnig te herhaal.
D 'n enkele ritmiese motief vinnig te herhaal.
5.1.10 Vivace beteken 'n ...
A verandering in tempo.
B vrolike stemming.
C lewendige tempo.
D Al die bogenoemde (10)
5.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
5.2.1 Struktuur in musiek verwys na die algehele vorm van 'n stuk.
5.2.2 Struktuur in musiek verwys na die getal partye in 'n stuk.
5.2.3 Die A-seksie van tweeledige vorm eindig meesal in die tonika-
toonsoort.
5.2.4 Daar word na die drieledige vorm as ABA-vorm verwys.
5.2.5 Menuet en trio-vorm word met saamgestelde drieledige vorm
geassosieer. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 17 DBE/2019
SS/NSS
5.3 Kies enige VYF instrumente in KOLOM A en pas elke instrument by die
korrekte inligting in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–I) langs die
vraagnommers (5.3.1 tot 5.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 5.3.8 J.
KOLOM A KOLOM B
5.3.1 Klarinet A membranofoon
5.3.2 Tuba B E is die laagste toonhoogte op hierdie
instrument
5.3.3 Fagot
C enkelrietinstrument
5.3.4 Viool
D skudkoker
5.3.5 Mbira
E laagste dubbelriet-instrument
5.3.6 Kontrabas
F G is die laagste toonhoogte op hierdie
5.3.7 Moropa instrument
G geplukte idiofoon
H mondboog
I gebruik 'n ventielstelsel om klank te
produseer
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 18 DBE/2019
SS/NSS
Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).
AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 6
6.1 Verduidelik DRIE voordragtegnieke wat deur die Mannheim-skool
bekendgestel is. (3)
6.2 Vergelyk die simfonie met die simfoniese toondig. (2)
6.3 Gee die tempo-aanduiding van die eerste en vyfde bewegings van Beethoven
se Simfonie Nr. 6. (2)
6.4 Verduidelik hoe die struktuur van Beethoven se Simfonie Nr. 6 van die tipiese
Klassieke simfoniese model verskil. (2)
6.5 Watter houtblaasinstrument is by Beethoven se Simfonie Nr. 6 gevoeg? (1)
[10]
VRAAG 7
Beskryf die eerste tema van die Hebrides Ouverture deur Mendelssohn. [5]
VRAAG 8
Motiveer waarom Beethoven se Simfonie Nr. 6 en Mendelssohn se Hebrides
Ouverture programmatiese elemente bevat. [5]
VRAAG 9
Beskryf rondovorm OF menuet en trio-vorm. [5]
VRAAG 10
Skryf 'n opstel waarin jy Mozart se opera, Die Towerfluit, as 'n uitstekende voorbeeld
van 'n Singspiel bespreek. Fokus op die elemente van die genre en verwys na
voorbeelde uit hierdie opera om jou antwoord te motiveer. MOENIE slegs die storie
vertel NIE.
Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Styleienskappe van Singspiel 6
Voorbeelde uit Die Towerfluit 6
Logiese uiteensetting en struktuur van die opstel 3
TOTAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 19 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Beskryf kortliks die musiek van Feya Faku. (3)
11.2 Noem EEN internasionale styl of kunstenaar wat Sakhile en Sipho Gumede
se musiek beïnvloed het. (1)
11.3 Vergelyk die stemtipe en klankgehalte van TWEE van die volgende jazz-
sangers: Miriam Makeba, Dolly Rathebe, Thandi Klaasen (2)
11.4 Noem EEN kunstenaar in die groep Voice en noem die instrument wat hy/sy
speel. (2)
11.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar'
of 'onwaar' langs die vraagnommers (11.5.1 tot 11.5.2) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
11.5.1 Mbaqanga is 'n Suid-Afrikaanse musiekstyl wat sy oorsprong in die
Xhosa-kultuur het.
11.5.2 Marabi-styl is diep in ragtime en blues gegrond. (2)
[10]
VRAAG 12
Beskryf die styleienskappe van die musiek waarvoor Spokes Mashiyane, Lemmy
Mabaso of Elias Lerole baie bekend is. [5]
VRAAG 13
Watter plaaslike en inheemse elemente het 'n invloed op Cape jazz gehad? [5]
VRAAG 14
Bespreek die musiekstyleienskappe van The Brotherhood of Breath en noem 'n
verteenwoordiger van die orkes. [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 20 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 15
Kies EEN van die volgende kunstenaars/orkeste:
The Jazz Epistles
Gideon Nxumalo
Todd Matshikiza
Phillip Tabane
Skryf 'n opstel waarin jy die agtergrond en styleienskappe van jou gekose kunstenaar/
orkes bespreek. Noem TWEE verteenwoordigende albums/treffers.
Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Agtergrond 2
Styleienskappe 8
Albums/Trefferliedjies 2
Logiese uiteensetting en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 21 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING E: IAM
VRAAG 16
16.1 Watter VIER van die stellings hieronder is kenmerke van mbaqanga?
Skryf slegs die vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer.
16.1.1 2/4-tyd
16.1.2 Koorsang
16.1.3 Simmetriese frases en AB-struktuur
16.1.4 Beïnvloed deur marabi en township-jazz
16.1.5 12 maat-blues-struktuur
16.1.6 Lirieke slegs in isiZulu
16.1.7 Bas- en elektriese kitaar speel 'n prominente rol (4)
16.2 Hoe leer inheemse Suid-Afrikaanse volke van verskillende kulture hulle
kinders tradisionele liedere en danse? (3)
16.3 Noem die eerste internasionale kunstenaar wat saam met Ladysmith Black
Mambazo gewerk het en hulle musiek internasionaal gewild maak het. (1)
16.4 Watter EEN van die instrumente hieronder word NIE in die gegewe style
gebruik NIE? Skryf jou antwoord langs die vraagnommer in jou
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 16.4.3 trekklavier.
16.4.1 VRYE KIBA:
Moropa wa diatla Malombo konsertina (1)
16.4.2 MBAQANGA:
kontrabas orrel kitaar (1)
[10]
VRAAG 17
Beskryf die stemming van snare en speeltegnieke van die kitaar in maskanda. [5]
VRAAG 18
Verduidelik die rol van musiek in Afrika tradisionele rituele. Gee toepaslike rituele uit
jou gemeenskap. [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 22 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 19
Beskryf isicathamiya ten opsigte van oorsprong en kenmerke. [5]
VRAAG 20
Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe Phillip Tabane malombo tot 'n gewilde
musiekstyl ontwikkel het. Verwys ook na sy vokale en kitaarspeeltegnieke.
Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Ontwikkeling van malombo-musiek 4
Vokale tegniek 4
Kitaarspel-tegniek 4
Logiese uiteensetting en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 DBE/2019
SS/NSS
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Music P1 May June 2019 Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Music P1 May June 2019 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Music P2 May June 2019 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Music P1 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Music P1 May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Music P1 May June 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Music
Explore more published documents in this catalogue.







