Skip to content

Music Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

Question paperMusicGrade 12202324 pages

Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN MUSIEK V1 2023 PUNTE: 120 TYD: 3 uur SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 vel manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C ÓF D ÓF E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C ÓF D ÓF E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hul antwoorde te gee. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/2023 SS/NSS NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 15 (VERPLIGTEND) 2 15 3 15 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 10 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 10 EN C: IAM 6 20 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 50 ÓF D: JAZZ 11 20 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 50 ÓF E: WKM 16 20 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 50 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL. Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 ÓF 2.2 EN VRAAG 3.1 ÓF 3.2 EN VRAAG 4.1 ÓF 4.2. VRAAG 1 (25 minute) 1.1 Identifiseer TWEE toonsoorte met die volgende toonsoortteken. (2) 1.2 Skryf die toonsoortteken van Db majeur in die gegewe sleutel. (1) 1.3 Verander die laagste noot om 'n interval van 'n verminderde vierde te vorm. (1) 1.4 Benoem die omkering van die interval hieronder. (1) 1.5 Skryf 'n verminderde drieklank wat in die gegewe majeur toonsoort voorkom. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/2023 SS/NSS 1.6 Skryf 'n majeur drieklank in tweede omkering op die gegewe noot. (1) 1.7 Verbeter die groepering in die volgende TWEE uittreksels. 1.7.1 (1) 1.7.2 (1) 1.8 Die tydmaatteken in die uittreksel hieronder verander. Voeg die korrekte tydmaatteken in by elk van die asteriske (*) in die uittreksel hieronder. (2) 1.9 Dui die halftone aan en benoem die volgende modus. Modus: (2) 1.10 Voeg AGT note by (Y) om 'n afgaande chromatiese toonleer te vorm. (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by. Instrument: __________________________ Tempo: __________________________ Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid 2 Polse per maat, nootstele, groepering, spasiëring en toevallige tekens Kwaliteit 10 Toepaslikheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek, musikaliteit TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/2023 SS/NSS 2.2 Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie OF in balknotasie om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir stem te vorm. Noem die stemtipe en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by. Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Gebruik slegs EEN notasiestelsel. Stemtipe: __________________________ Tempo: __________________________ Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Solfanotasie: ritmiese en toonhoogte-aanduidings 2 Balknotasie: polse per maat, nootstele, groepering, spasiëring en toevallige tekens Kwaliteit 10 Toepaslikheid van omvang, tempo, dinamiek, musikaliteit TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/2023 SS/NSS 3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) met Romeinse syfers op die partituur, bv. iii6/iiib. (8) 3.1.2 Benoem die toonsoort en kadens wat by (Z) gevorm word. (2) 3.1.3 Wat is ongewoon aan die akkoord by VRAAG 3.1.3? (1) 3.1.4 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv). (i) (ii) (iii) (iv) (4) [15] ÓF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/2023 SS/NSS 3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae. 3.2.1 Identifiseer die akkoorde (a) tot (h) en skryf die akkoordsimbole in die spasies verskaf bo die notebalk, bv. C/E. (8) 3.2.2 Benoem die toonsoort en die akkoordprogressie (kadens) wat by (Z) gevorm word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/2023 SS/NSS 3.2.3 Lewer komentaar op die baslyn in maat 1 tot 4. (1) 3.2.4 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv). (i) (ii) (iii) (iv) (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2. 4.1 4.1.1 Demonstreer die gebruik van 'n tweede omkering kadensiële akkoord om 'n plagale kadens te versier. (3) 4.1.2 Voltooi die vokale vierstemmige harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Korrektheid 11 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering Akkoordprogressie 9 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens Kwaliteit 4 Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit (24 ÷ 2) TOTAAL = 12 (12) [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/2023 SS/NSS 4.2 4.2.1 Voltooi die harmoniese progressie hieronder deur akkoorde by die bassleutel in te vul. Gebruik halfnote. (3) 4.2.2 Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 en 2 gesuggereer word. Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Korrektheid 11 Notasie, spasiëring, stemvoering ('voicing') Akkoordprogressie 9 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens Kwaliteit 4 Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit (24 ÷ 2) TOTAAL = 12 (12) [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/2023 SS/NSS AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer, bv. 5.1.6 E. 5.1.1 Rolspelers in die musiekbedryf sluit … in. A uitgewersmaatskappye en SAMRO B opnamemaatskappye en bemarkingsagentskappe C liriekskrywers en liedjieskrywers D Al die bogenoemde (1) 5.1.2 'n Voorbeeld van 'n insamelingsagentskap in Suid-Afrika is … A SONY. B CAPASSO. C Universal Royalty Association. D Al die bogenoemde (1) 5.1.3 SAMRO administreer … A uitvoeringsregte. B meganiese regte. C naaldtydregte. D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 5.1.4 Kopiereg verseker dat 'n komponis betaal word wanneer sy/haar komposisie wettiglik … A verwerk word. B opgeneem word. C versprei word. D Al die bogenoemde (1) 5.1.5 Tantièmes is betalings gemaak aan 'n … A proefleser wanneer musiek gepubliseer word. B ateljeekunstenaar wanneer musiek vrylik versprei word. C opnamekunstenaar wanneer musiek uitgesaai word. D musiekuitgewer wanneer musiek bemark word. (1) 5.2 5.2.1 Verduidelik die verskil tussen meganiese en naaldtydregte. (2) 5.2.2 Gee die naam van EEN organisasie in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir die administrasie van meganiese regte en EEN vir naaldtydregte. (2) 5.3 Noem EEN digitale musiekplatform. (1) TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/2023 SS/NSS Beantwoord AFDELING C (IAM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 6 6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer, bv. 6.1.6 E. 6.1.1 Watter orkes is deur David Masondo en Zenzele Mchunu gestig? A Malombo Jazz Men B Soul Brothers C Thee Legacy D Makgonatsohle Band (1) 6.1.2 Na watter musiekstyl verwys mqgashiyo? A Mbaqanga B Kwêla C Isicathamiya D Malombo (1) 6.1.3 Watter EEN van die volgende is die tipiese harmoniese progressie van kwêla? A I–IV–I64–V B V–IV–I–V C IV–I64–V–I D Al die bogenoemde (1) 6.1.4 Watter EEN van die volgende toonlere word tipies in inheemse Afrika-musiek gevind? A Chromatiese toonleer B Majeur toonleer C Pentatoniese toonleer D Blues-toonleer (1) 6.1.5 Watter EEN van die volgende instrumente is NIE 'n idiofoon NIE? A Mbira B Kora C Xilofoon D Beesklok (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/2023 SS/NSS 6.2 Verduidelik die volgende met verwysing na inheemse Afrika-musiek: 6.2.1 Meloritme (1) 6.2.2 Geestelike aspek ('divinity') (1) 6.2.3 Ikati (1) 6.3 Beskryf kortliks 'n tipiese harmoniese kenmerk van inheemse Afrika-musiek. (1) 6.4 Bespreek tromspel in tradisionele Afrika-musiek. Fokus op die volgende kontekste: 6.4.1 Die rol van die hooftromspeler (3) 6.4.2 Tromspel as begeleiding vir dans (2) 6.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (6.5.1 en 6.5.2) neer. 6.5.1 Afrika-musiek is meestal siklies met veelvoudige intredes (1) 6.5.2 Afrika-koormusiek word gewoonlik deur die klavier begelei (1) 6.6 Kies TWEE instrumente uit KOLOM B wat by TWEE danse in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A tot I) langs die vraagnommers (6.6.1 tot 6.6.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.6.10 J. KOLOM A KOLOM B 6.6.1 Tshikona A dithopana 6.6.2 Borankana B mbila mutondo 6.6.3 Muchongolo C matlawana 6.6.4 Mohobelo D ingulule 6.6.5 Isitshikitsha E xitende 6.6.6 S'bhaca F impempe 6.6.7 Indlamu G lesiba 6.6.8 Iintlombe H igubhu 6.6.9 Dinaka I impalampala (2) 6.7 Wena Wedwa is 'n moderne isicathamiya-liedjie. Noem TWEE eienskappe van hierdie liedjie wat NIE kenmerkend van tradisionele isicathamiya is NIE. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 7 7.1 Noem TWEE maniere waarop tradisionele kwêlamusiek ná die 1950's verander het. (2) 7.2 Noem DRIE tipiese kwêla-eienskappe wat in Spokes Mashiyane se Banana Ba Rustenburg voorkom. (3) [5] VRAAG 8 Bespreek die rol wat Ladysmith Black Mambazo gespeel het om isicathamiya gewild te maak. [5] VRAAG 9 Verduidelik hoe die sosiale en politieke omstandighede in die Suid-Afrikaanse radio- en opnamebedryf die ontwikkeling van mbaqanga gedurende die apartheidsera beïnvloed het. [5] VRAAG 10 Inheemse Afrika-musiek is deel van die daaglikse lewe, 'n refleksie van sosiale omstandighede. Skryf 'n opstel waarin jy die sosiale konteks en die tipiese musiekelemente van Suid- Afrikaanse inheemse musiek beskryf. Verwys na die sosiale konteks, ritmiese eienskappe, melodie en harmonie. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Sosiale konteks 4 Musiekelemente  Ritmiese eienskappe 4  Melodie en harmonie 4 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/2023 SS/NSS AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.1.6 E. 11.1.1 In 'n 12-maat-blues is die … A lirieke in AAB-vorm. B melodie in AB-vorm. C akkoordstruktuur I-vi-ii-V. D B-seksie uitgebrei. (1) 11.1.2 Die volgende toonlere bevat GEEN halftone NIE: A Mineur pentatonies B Majeur pentatonies C Heeltoon-toonleer D Al die bogenoemde (1) 11.1.3 Die volgende vrouegroep word met beide marabi en mbaqanga geassosieer: A The Mahotella Queens B The Flying Sisters C The Soul Sisters D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 11.1.4 Abdullah Ibrahim word met … geassosieer. A The Jazz Epistles B Mannenberg C hard bop D Al die bogenoemde (1) 11.1.5 Watter van die volgende modusse het 'n majeur tonikadrieklank? A Ionies, Dories en Lidies B Ionies, Lidies en Miksolidies C Eolies, Ionies en Lidies D Eolies, Ionies en Miksolidies (1) 11.2 Verduidelik die volgende: 11.2.1 Poli-akkoord (1) 11.2.2 Swing (1) 11.2.3 Ritmeseksie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/2023 SS/NSS 11.3 Noem EEN internasionale kunstenaar wat Abdullah Ibrahim se styl beïnvloed het. (1) 11.4 Vroeë mbaqanga is 'n samesmelting van marabi- en kwela-invloede. Gee EEN eienskap van marabi en EEN van kwêla wat 'n bydrae tot die styl van mbaqanga gelewer het. (2) 11.5 Dui aan of die volgende stellings oor mbaqanga WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (11.5.1 tot 11.5.3) neer. 11.5.1 Mbaqanga is hoofsaaklik in enkelvoudige tydmaat. (1) 11.5.2 Slegs mans word toegelaat om in hierdie styl te speel. (1) 11.5.3 Lofdigte bepaal die toon aan die begin van 'n tipiese mbaqanga. (1) 11.6 Kies 'n item uit KOLOM B wat by 'n styl in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (11.6.1 tot 11.6.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.6.5 G. KOLOM A KOLOM B 11.6.1 Kwela A a cappella 11.6.2 Mbaqanga B Spokes Mashiyane 11.6.3 Cape jazz C Manhattan Brothers 11.6.4 Marabi D Abdullah Ibrahim E Miriam Makeba F Amerikaanse geestelike liedjies (4) 11.7 Skryf TWEE kenmerke van Cape jazz neer. (2) [20] VRAAG 12 Beskryf kortliks hoe die volgende elemente in Mra deur Chris McGregor se groep, The Brotherhood of Breath, toegepas word.  Instrumentasie (1)  Melodie (1)  Ritme (1)  Stylinvloede (2) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 13 13.1 Noem TWEE maniere waarop tradisionele kwêlamusiek ná die 1950's verander het. (2) 13.2 Noem DRIE tipiese kwêla-eienskappe wat in Spokes Mashiyane se Banana Ba Rustenburg voorkom. (3) [5] VRAAG 14 Skryf 'n paragraaf waarin jy die historiese betekenis van die Jazz Epistles se bydrae tot Suid-Afrikaanse jazz ondersoek. Verwys na die liedjie Vary-oo-vum in jou antwoord. [5] VRAAG 15 Miriam Makeba was een van die eerste vrouekunstenaars om Afrika-musiek internasionaal gewild te maak. Skryf 'n opstel waarin jy haar loopbaan bespreek. Verwys na haar lewe in ballingskap, noem die invloede op haar styl en die kenmerke van haar musiek. Verwys na EEN album/treffer in jou antwoord. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Lewe in ballingskap 4 Invloede (nasionaal en internasionaal) 4 Kenmerke van haar musiek 3 Album/Treffer 1 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/2023 SS/NSS AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 16 16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer, bv. 16.1.6 E. 16.1.1 'n Italiaanse term vir 'dubbel die tempo' is … A stringendo assai. B doppio movimento. C con moto ma non troppo. D sehr bewegt. (1) 16.1.2 Watter instrument is NIE deel van 'n standaard klassieke orkes NIE? A Altviool B Saksofoon C Timpani D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 16.1.3 Die camerata word met die oorsprong van … geassosieer. A opera in Florence B operalokale in Venisië C Barok-opera in Italië D die da capo aria in Duitsland (1) 16.1.4 Watter EEN pas NIE? A Altsleutel B Altviool C Klavier D C-sleutel (1) 16.1.5 Behalwe vir Die Towerfluit, is … nog 'n opera van Mozart. A Orfeo e Euridici B Phantom of the Opera C Rigoletto D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 16.2 Verduidelik die volgende: 16.2.1 Tutti (1) 16.2.2 Melisma (1) 16.2.3 Motief (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/2023 SS/NSS 16.3 Noem die instrument wat deur beide Beethoven en Mozart by die standaard klassieke orkes gevoeg is. (1) 16.4 Noem EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen 'n simfonie en 'n simfoniese toondig. (2) 16.5 Kies 'n toonsoort uit KOLOM B wat by 'n komposisie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (16.5.1 tot 16.5.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 16.5.5 G. KOLOM A KOLOM B 16.5.1 Beethoven: Simfonie Nr. 6: A F majeur Donderstorm B F# mineur 16.5.2 Beethoven: Simfonie Nr. 6: Herderslied. Opgewekte en C F mineur dankbare gevoelens na die storm D B mineur 16.5.3 Mendelssohn: Hebrides Overture E F# majeur 16.5.4 Mozart: Der Vogelfänger bin ich ja F G majeur (4) 16.6 Skryf die ontbrekende inligting oor die duet Pa-Pa-Pa-Papageno uit Die Towerfluit van WA Mozart neer. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (16.6.1 en 16.6.2) in jou ANTWOORDEBOEK neer. KARAKTER STEMTIPE Papageno (16.6.1) (16.6.2) Sopraan (2) 16.7 Skryf 'n definisie van die spesifieke werktipe (genre) van Die Towerfluit van WA Mozart neer. (3) [20] VRAAG 17 Skryf TWEE ooreenkomste en DRIE verskille tussen 'n simfonie van die Mannheim- skool en die Pastorale Simfonie van Beethoven, neer. [5] VRAAG 18 Verduidelik die gebruik van toonsoort in die volgende seksies in sonatevorm: 18.1 Eerste tema/onderwerp 18.2 Brug 18.3 Tweede tema/onderwerp 18.4 Ontwikkeling 18.5 Koda [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 19 Der Hölle Rache is een van die sleutelarias in Die Towerfluit deur WA Mozart. Beskryf hierdie aria in 'n paragraaf met betrekking tot karakter en stemtipe, tempo, stemming en enige ander spesifieke eienskappe. [5] VRAAG 20 Felix Mendelssohn se Hebrides Ouverture is gewortel in Klassieke styltradisies en toon ook eienskappe van die vroeë Romantiese stylperiode. Skryf 'n opstel waarin jy verduidelik hoe elk van hierdie twee stylperiodes in die komposisie manifesteer. Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van die feite en die struktuur van jou opstel ontvang. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Klassieke elemente 6 Romantiese elemente 6 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 50 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 DBE/2023 SS/NSS Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all